Ek verneem graag van Rapport se redaksie die volgende: Flip Buys se rubriek vandag is niks anders as ‘n advertensie vir Solidariteit nie. Dit vertel hoe wonderlik die vakbond is en hoe hulle almal help.
Na aanleiding van die rubriek is dit logies om te aanvaar dat mense sal voel hulle wil die vakbond steun. Dus: Hierdie rubriek handel nie oor ‘n saak nie, maar doen bemarking vir die vakbond, wat finansieel daarby baat.
Dan is dit mos ‘n advertensie!?
Ek het geen kwaal met die werk wat die vakbond doen nie, maar dan moet alle organisasies wat werk doen vir die AfrikanerBoer ook welkom wees om ook so ‘n geleentheid te kry. ‘n Rubriek, geskryf oor hulle doen en late, deur hulle leier/voorsitter.
Ek verwys spesifiek na die advertensie van die VVK wat R100 000 sou beloop, wat deur Media24, uitgewers van Rapport, geweier is.
Dit wil dus voorkom dat hier net twee moontlikhede is:
1. Rapport gee vir Flip Buys die kans om sy eie organisasie gratis te bemark in sy rubriek, of
2. Solidariteit betaal vir ‘n advertensie en dan word dit as ‘n “rubriek” geplaas.

Teen 31 Mei 2017 wil die VVK die Boere-Afrikanervolksraad en die Mandaat aan die Boere-Afrikanervolksraad in herbetragting aanspreek vir die komende siesoen waar o.a. plaasaanvalle nou astronomies eskaleer terwyl die regering en ander burgerregte instansies, vakbonde, kerke en sogenaamde “regdenkende” individue steeds as blote apatiese en lamsakkige kantlyntoeskouers toekyk hoe die Nuwe SA verval en ons eie mense dag na dag ekonomies en fisies doodbloei. Ons werk eerder teen mekaar as saam met mekaar. Die eie ek en eie organisasies bly belangriker as volk, vaderland. vryheid en volhoubare oplossings ten goede van almal, en veral ter wille van ons eie voortbestaan. Of mnr. Buys en Afrikanermedia werklik Volksbelange bo eie belange en buite agendas op die hart dra is steeds onduidelik in 2017.