Die euwel van Jansenisme

Jonathan Jansen het ‘n rubriek in Die Burger. Dit word “Kennis in die bloed” genoem. Hierdie titel verwys na sy boek waarin hy sy vooroordele teen bv blankes, veral Afrikaners, uitstal. Sy jongste skrywe het “Hou godsdiens uit universiteit” as opskrif (4 deser, p 8). By Die Burger is dit beleid om positiewe reaksies op Jansen se uitlatings te publiseer en kritiese opmerkings te ignoreer.

As ‘n mens ‘n grondige kennis van universiteite het, bv hulle geskiedenis, sou jy nie (soos Jansen) die bestaansreg van christelike universiteite ontken nie, want alle universiteite was aanvanklik christelik. In hart en niere is die universiteit, soos so baie ander dinge, ‘n Westerse, spesifiek ‘n Europese, uitvinding. Universiteite is nie die nalatenskap van die Koisan, slawe of swartes nie. ‘n Mens kan jouself dus afvra of die volgende nuwe plaaslike gewoonte ‘n akademies voortreflike praktyk is, naamlik om by voorkeur en feitlik uitsluitlik nie-wittes vir die rektorskap van universiteite te oorweeg en dan sulke mense aan te stel.

As ‘n mens ‘n grondige kennis van universiteite het, sou jy ook nie (soos Jansen) te velde trek teen eentalige en monokulturele universiteite nie, want baie universiteite was sodanig en talle is nog steeds so. ‘n Eentalige universiteit toegespits op ‘n enkele kultuur kan daardie groep en meer as net daardie groep voortreflik dien. Dit was plaaslik die geval met bv die Universiteit Vrystaat (UV), totdat Jansen as rektor daar oorgeneem het met die belofte om die inrigting binne ‘n jaar onherkenbaar te verander. Sy ongegronde meerderwaardige houding is onerkentlik en beledigend teenoor al die voortreflike akademici wat voorheen op daardie kampus uitstekende akademiese werk gedoen het.

Waarom dit vir Jansen gaan, is om nie net Afrikaanse universiteite nie, maar ook Afrikaanse skole en eintlik alle Afrikanerinstellings (bv -inrigtings) te verdoem. Jansen sluit sy rubriek op hierdie histeriese noot af: “Ek het genoeg skade gesien wat deur sommige wit, sogenaamd Christelike Afrikaanse private skole aangerig is om te weet dat die uitbreiding van hierdie waansin na universiteite die soort eiegeregtige skynheiliges sal skep wat die Bybel vasklou op pad na die tronksel omdat hulle die land probeer opblaas het.” Die Boeremag het na bewering die land probeer opblaas. Dit was klaarblyklik meer potensieel as werklik. Nelson Mandela het dit werklik gedoen met sy MK-terreurbendes en die daaruit voortspruitende geweld van bv die UDF/ANC. Het Jansen, die opvoedkundige, al hierdie onbeskaafdheid veroordeel of keur hy dit eerder goed? Dit lyk asof hy hom aan selektiewe moraliteit skuldig maak. Die aanhaling is vol onverdunde gif.

Jansen gebruik talle woorde om kultuur- (bv taal- of godsdiens-) eksklusiewe inrigtings en hulle produkte sleg te sê. Hulle is glo belaglik, volkseie, geïsoleerd, eng, bevooroordeeld, geïndoktrineerd en bekrompe. Hulle maak ‘n “marginale gedruis” en het ‘n “geheime politieke agenda”. Sy eintlike beswaar is dat hulle in die politiek regs kan wees. ‘n Mens se kleur is volgens Jansen se besondere insig net “die uiterlike van die epidermis”; iets wat nogal ‘n groot invloed kan uitoefen, want nie net lande nie maar ook ‘n kontinent kan deur agterlikheid gekenmerk word.

Die universiteite wat Jansen voorstaan, is glo “eilande van uitnemendheid”, al word daar (bv aan die UV) op ras- en geslagsgronde, ooreenkomstig die ANC se beleid, kliphard teen die akademies beste studente en die akademies beste dosente gediskrimineer. Wat hierna op Jansen se kampus oorbly, word “broers en susters” en daarby “gelykes” genoem. Daar moenie ‘n sterk onderrigbaan net vir Afrikaans wees nie, maar ook vir die “ander inheemse tale”, asof laasgenoemdes ‘n akademies-wetenskaplike woordeskat het. Universiteite wat nie aan Jansen se ideologiese vereistes voldoen nie, noem hy “speelskool-universiteite”.

Dit is duidelik dat Jansen rasioneel en spesifiek akademies mank aan ernstige tekortkominge gaan. Ten spyte hiervan het hy ‘n kursus in Jansenisme ingestel wat verpligtend vir alle UV-studente is. Dit druis lynreg teen akademiese vryheid in. Dit is gelaai met Jansen se ideologiese voorkeure, bv (volgens ‘n persberig) dat ‘n swart student met drie onderskeidings in matriek akademies net so goed soos ‘n wit student met sewe onderskeidings is. Hoekom mag studente nie sonder indoktrinasie self ‘n mening hieroor vorm nie? Voorheen het Jansen beweer dat een onderskeiding reeds genoeg is om ‘n swarte akademies net so goed soos ‘n witte met sewe onderskeidings te maak. Myns insiens moet ons die jongste uitlating nie toejuig as vordering nie, maar eerder al sy etniesgebaseerde vooroordeel verwerp.

Jansen vereis dat alle studente op die kampus teen wil en dank die klasse in Jansenisme moet bywoon. Aan hierdie tot onlangs eksklusief Afrikaanse universiteit word hierdie kursus net in Engels aangebied, wat dit seker ‘n toonbeeld van ‘n nuwe soort toeganklikheid en inklusiwiteit maak. Wat sou Jansen en sy medestudente op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland gedoen het as professor Sieberhagen (die rektor in die jare sewentig, toe Jansen daar ‘n student was) ‘n verpligte kursus met ‘n groot skeut indoktrinasie (dus ideologiese lading soortgelyk aan die christelikheid waarteen Jansen dit het) ingestel het? Hulle sou sekerlik klippe gegooi en die kampus op horings geneem het.

Nou gaan dit by die UV om Jansenisme, dus om die aantasting van akademiese vryheid. Dit gaan ook om die opheffing van universitêre outonomie, want die kursus is deurtrek met ANC-gedienstigheid, dus met die soort politieke korrektheid wat tans in die mode is. Jansen hou bv van demokrasie, van die mite dat alle mense dieselfde waarde het en dus met stemreg in dieselfde mate die heil van die land mag beïnvloed. Die waarheid is dat mense verskil, dat party mense klaarblyklik meer werd as ander is; ook dat baie akademici akademies, wetenskaplik en andersins baie meer dieptegang as Jansen het.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Die nalatenskap van Neville Alexander

Die nuus van die afsterwe van Neville Alexander, die struggle-held, is oral met lofprysinge vir sy toewyding aan Afrikaans begroet. Vir ander egter, word hy onthou as die man wat sy genoegdoening dat die “Afrikaner ‘n lyk is” te kenne gegee het, ‘n ongelukkige uitspraak wat hom kennelik in dieselfde kategorie as Julius Malema en sy “Kill a boer” plaas.

Prof. Alexander, een van prof. Jonathan Jansen se gunstelingmeningsvormers oor Afrikaans, het een van die wit deelnemers by die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch in 2005 toegesnou: “Die Afrikaner is ‘n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is.”

Alexander het dié uitlating gemaak ter ondersteuning van prof. Jansen. Tydens Jansen se inleiding by die einste Afrikaanse Taalberaad het hy vermeld dat hy nie wil luister na die “kak oor kultuurverskille” nie. As rektor het Jansen terloops intussen akademiese meriete openlik by Kovsies ondergeskik aan rassetransformasie gestel wat selfs Afriforum genoop het om kritiek teen hom uit te spreek.

Hy het by die Taalberaad aanbeveel dat mense wat van hom verskil, “seksuele omgang met ‘n swart persoon behoort te hê sodat hulle kan regkom”, duidelik ‘n gewilde tema by Alexander toe.

Onder aanmoediging van ‘n “transformerende” Stellenbosch, verkeer bruin intellektuele skynbaar steeds onder die indruk dat drie miljoen Afrikaners in 1994 agv plaasmoorde of etniese suiwering verdwyn het. Media24 het intussen amptelik die benaming “Afrikaner” met “Afrikaanse” vervang. Soos in die ou Sowjetunie of Oos-Duitsland mag ons nie na onsself in ou, vertroude terme beskryf nie, maar moet “amptelike” begrippe en identiteite eerbiedig word.

Theo Erasmus van die betaalkanaal KykNET het voorheen ‘n beleidstuk versprei waarin die volgende vermeld word: “Die kanaal mag nooit gesien word as een wat eksklusief op ‘n wit mark gerig is nie. Die persentasie bruin mense wat DStv besit en dus toegang tot KykNET het, is bitter klein, maar die kanaal moet ook toekomstige gehore teiken – nie net in sy eie belang nie, maar in belang van Afrikaans.”

Die enigste afleiding wat ‘n mens hieruit kan maak, is dat KykNET nie van sy huidige kykerspubliek – blanke Afrikaners – hou nie. Daar is min sakeondernemings ter wêreld wat soveel minagting teenoor hul eie kliënte koester soos KykNET.

Dat Alexander, tesame met Jansen, Gerwel en ander aardig besoldigde “sterre” in die transformasie-pleïade tot sulke minagting vir Afrikaners bygedra het, is gewis.

Vroeër vanjaar het hy egter die mees onbesonne projek van sy twyfelagtige loopbaan aangepak deur hom op RSG tydens ‘n byeenkoms in Seepunt tot “die herstandaardisering van Afrikaans” te verbind. Volgens Alexander is Standaardafrikaans ‘n “wit taal” of dan ‘n minderwaardige dialek wat deur ewe minderwaardige Afrikaners gepraat word.

Die gedagte dat die meer as 300 woordeboeke in Afrikaans voortaan in “Kaaps” of watter ander variant van Afrikaans Alexander ook al vir sy herstandaardisering sou verkies, is ‘n Quijotiese gedagte. Nie net is dit absurd nie, maar word slegs deur ressentiment jeens blankes ondersteun.

Dít is ongelukkig die nalentskap van Neville Alexander.

Александр Фильчаков

‘n Waterskeidingsoomblik vir Duitsland

Duitse kanselier Angela Merkel, het onlangs gesê sy is spyt dat China en Rusland ‘n byeenkoms oor Sirië geboikot het. “Dit is nie ‘n goeie teken wanneer twee magte nie deelneem aan sulke konferensies nie,” het Merkel aan verslaggewers oor die Siriese konflik gesê in Parys.

“Maar aan die ander kant kan ons nie altyd alles laat afhang van hierdie lande nie – wat beteken dat dit beter is wanneer almal deelneem, maar ek dink ons ​​moet stap-vir-stap probeer om ander te betrek.”

Die dringendheid van enige resolusie is egter daarmee deur die kanselier van die tafel gevee, tot die frustrasie van die VSA en Brittanje. Wat Obama betref, sal die VSA waarskynlik nie binnekort openlik toetree tot die konflik in dié land nie, ten spyte van sy uitlatings verlede week oor chemiese oorlogvoering.

Die demokratiese president moet weet hoe plofbaar die verwysing is, nadat die nodige getuienis oor Irak se chemiese wapenprogram nie gou genoeg gematerialiseer het om kritici van die destydse inval stil te maak nie.

Merkel besoek China hierdie week om wat haar amptenare sien as Duitsland se “spesiale verhouding” met die Asiatiese swaargewig uit te brei. Dit is ‘n waterskeidingsoomblik vir Duitse diplomasie.

Haar ontmoeting met Hu Jintao, China se president, en Wen Jiabao, die land se premier, bring sy nie minder nie as sewe Duitse ministers saam vir iets wat amper lyk soos ‘n gesamentlike kabinetsvergadering met 13 Chinese eweknieë.

Die kanselier sal dan ook oor die Airbusbestelling gesels – die Europese vliegtuigmaker – asook oor die ondertekening van ‘n groot bestelling, indien gesprekke betyds volvoer word.

Maar sy sal koes die sensitiewe kwessie van Chinese sonkragtoerusting wat onder die koste van produksie op die mark gestoot word en globale teenstanders op hul knieë dwing, om Duitse motorvervaardigers te beskerm.

Amptenare in Berlyn sê Duitsland is ook van die gevaar van ‘n handels-oorlog met China bewus alhoewel ander sê hulle het geen aanduidings nog daarvan gesien nie. “Ons is baie optimisties dat ons ‘n goeie oplossing sal vind.”

Berlyn se verhouding met China is ‘n toets vir die EU. Haar besoek vind plaas net enkele weke voor ‘n China-EU-beraad, wat sommige kenners oorkant die Atlantiese verdeling laat bekommer.

Duitse amptenare dring daarop aan dat Merkel se diplomasie Brussel aanvul, en sê dat Duitsland sal praat vir Europa as ‘n geheel. Duitse amptenare sê die kanselier sal die verloop van die Europese skuldkrisis bespreek, bewus daarvan dat Beijing se valutareserves dit ‘n belangrike speler op die internasionale finansiële markte maak.

 

 

топкарго развод

Voortvarende imperialiste

In ‘n verklaring wat vrygestel is deur sy woordvoerder, Roger Friedman Dinsdag, sê emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu dat Tony Blair se besluit ter ondersteuning van die Verenigde State se militêre inval van Irak, op die basis van onbewese bewerings van die bestaan ​​in Irak van wapens van massa vernietiging, “moreel onverdedigbaar” is.

“Die Discovery Invest Leadership Summit het leierskap as die tema. Moraliteit en leierskap is onvervreembaar. In hierdie konteks, sou dit onvanpas en onhoudbaar vir die Aartsbiskop wees om ‘n platform te deel met die heer Blair.”

As Tutu maar die morele kompas gehad het om plaasmoorde en etniese suiwering in Suider-Afrika te veroordeel met dieselfde ywer. Daar is duisende dooie Ndebeles en Afrikaners wat ‘n sondige onreg verduur weens sy volgehoue stilte.

Lesers moet egter nie hul asem ophou dat die Anglikaanse kerk ooit hul gewelddadige aanslag teen Afrikaners en die orde in Suid-Afrika sal veroordeel nie. Die kerk het aktief wapens in die land ingesmokkel en terreur befonds.

Daarvan was Tutu natuurlik die instrument en “die ure op sy knieë wat hy voor die oorweging van sy mees onlangse besluit deurgebring het”, het hom skynbaar nog nie tot beter insigte gedwing nie.

Dit is eintlik heel plesierig om te sien hoe die Britte hul ou handlanger nie wil verveem nie en ‘n eierdansie uitgevoer het om sy nuutste optrede te verduidelik.

Blair se kantoor in Londen was vinnig om te reageer op Tutu se onttrekking. Volgens Blair se woordvoerder, was Irak nog altyd ‘n “verdelende kwessie” tussen Blair en Tutu. Maar die woordvoerder het die meningsverskil baie hard probeer onderspeel en dit as ‘n “deel van ‘n gesonde demokrasie” aan Reuters beskryf. “Hierdie besluite is nooit maklik nie, moreel of polities.”

‘n Mens wonder of die konsentrasiekampe en sterwende kinders, die aanhitising en ondersteuning van die gewapende stryd teen Afrikaners ooit moeilik was vir ons Britse meesters. By hulle algehele gebrek aan berou, wil dit nie so lyk nie.

“Tutu is ‘n man van God, ‘n man van vrede en ‘n man van geregtigheid,” sê Muhammed Vawda, Sekretaris van die Vereniging vir die beskerming van ons Grondwet. Dinsdagaand het die organisasie ook aan die lig gebring dat hulle ‘n saaknommer gekry het vir die klag teen Blair wat by die NVG ingedien is.

Vawda het Suid-Afrika se “lofwaardige stappe” om sy verpligtinge tov die Statuut van Rome te gehoorsaam, verwelkom. Hy het voortgegaan om te spot met Mbeki oor sy gereelde besoeke aan Blair in Londen.

“Mbeki, wat 21 Downing Street (sic) gereeld besoek en veronderstel is om nog steeds ‘n AU (Afrika-Unie) man te wees, en nie die Suid-Afrikaanse en internasionale verpligtinge verbonde aan die VN en die ISH (Internasionale Strafhof) begryp nie. […] Waar moet Mbeki se lojaliteite lê, in sy pyp wat Engelse tabak brand of in sy ‘roots’ waarvandaan Afrika-tabak kom?” het Vawda gevra.

“Die vraag is, hoekom het Mbeki as ‘n Afrikanis met ‘n wetsagtergrond ons land agteruit laat gaan in die oë van die wêreld en die VN in terme van hierdie vereistes?” aldus Vawda.

Die Suid-Afrikaanse veldtog teen Blair het ongetwyfeld meer globale geloofwaardigheid aan die anti-koloniale en anti-imperialistiese stuwing verleen.

Tutu se onttrekking, al is dit weer uit suiwer opportunisme, kan ‘n kritieke oomblik in die opbou van druk op Britanje wêreldwyd wees om aandag te vestig dat die oproep vir Blair se vervolging weens oorlogsmisdade nie gaan verdwyn nie.

Daar is ‘n prys wat voortvarende imperialiste en hul handlangers uiteindelik sal moet betaal.

Фильчаков Александр Васильевич

Moenie wag vir die begrafnis nie

Die bekende Nigeriese “profeet” Temitope Balogun Josua het in Ferbuarie vandeesjaar “geprofeteer” dat ‘n ou Afrika-diktator binne die volgende 2 maande die emmer gaan skop. Mandela en Mugabe is egter nog springlewendig.

Nou hoor ‘n mens al die gekerm dat Mandela nie ‘n diktator is nie, maar ‘n vryheidsliewende demokraat. Maar sy nalatenskap begin baie soos ‘n diktatorskap lyk en daar in Noord-Korea het hulle al dieselfde sêgoed uitgedink om die honger massas op hulle plek te hou.

TB Joshua het reeds baie van die wêreld se gebeure voorspel, soos die dood van Michael Jackson, die bedanking van Pakistan se voormalige president Pervez Musharraf, en ook die opkoms van die huidige president van Ghana ‘n paar weke voor dit gebeur het. Of hy lees dalk die beter webwerwe op die internet.

“Ek sien ‘n ​​hoof van die staat, deur wat ek bedoel ‘n president. Hy voel nie goed nie. Hy is baie oud. Wat is dit wat ek sien … skielike dood. Ek sien die dood van ‘n ou Afrikapresident oor twee maande.”

TB Joshua het baie Zimbabwiërs opgewonde gehad oor sy vergesigte. President Robert Mugabe is tans Suider-Afrika se oudste presidensiële heerser.

So gewild is TB Joshua dat baie Zimbabwiese politici insluitend Morgan Tsvangirai en ZANU-PF se Vroueligaleidster Orpha Rushesha, die afgelope maande na Nigerië is om daar kerk te hou.

Sonder sukses, vir Zim altans. In plaas daarvan, het Meles Zenawi onlangs die tydelike met die ewige verwissel en deel geword van die ontstellende lang lys Afrika-staatshoofde wat die afgelope paar jaar lepel in die dak gesteek het. Sy woordvoerder het hom dae voor sy afsterwe nog blakend gesond gesien. Zenawi is die vierde slagoffer hierdie jaar alleen, na Guinee-Bissau se Malam Bacai Sanha, Malawi se Bingu wa Mutharika en John Atta Mills van Ghana.

Zenawi se afsterwe het boonop Suid-Afrika se bande met Eritrieë versterk, aangesien dié land – wat bekendstaan as die Noord-Korea van die vasteland – nie veel vriende het nie. Die ambassadeur het dalk moetie kom soek teen die soort nare voorspellings wat daar uit Nigerië kom en wat sy buurman onverwags getref het.

Eens op ‘n tyd, het die hoop van ‘n kontinent op Zenawi se skouers gerus, voordat Mandela oorgeneem het en Mugabe al nader aan die druipsyfer op sý rapport gedaal het. Zenawi het aan bewind gekom in 1991, leier van ‘n rebellegroep wat die diktator Haile Mengistu Mariam, tot ‘n val gebring het. Hy het onmiddellik demokratiese en politieke hervormings geïmplementeer wat Washington se goedkeuring weggedra het.

Teen die middel-1990’s, was hy een van Bill Clinton se berugte “nuwe generasie” van Afrika-leiers, saam met ander belowende manne soos Eritrea se Jesaja Afwerki, Paul Kagame van Rwanda, Oeganda se Yoweri Museveni, en les bes Thabo Mbeki en Nelson Mandela, wat die vaandel van die kontinent hoog sou dra.

Dit was die manne wat die Afrika Renaissance sou lei. En is ons nie getrakteer op dié heropstanding nie! Media24 het die taak om gratis advertensie vir die bende te maak, so goed behartig, dat hulle self onder die invloed van die toormedisyne van die Anglikaanse biskop Tutu gekom het en oor reënboogkleure begin hallusineer het.

Dit was nie veel van ‘n renaissance nie, miljarde later. Skaars is die term geskep of Ethiopië en Eritrea spring aanmekaar in ‘n bloedige grensoorlog, Kagame stuur wapens na die DRK met geweldige sukses sodat agt lande mekaar pak, en Museveni spog met ‘n indrukwekkende reputasie vir korrupsie wat hy lewenslank voorsien. Julius Malema moes ‘n paar jaar wag om Mbeki se drome van swart oorheersing weer gestalte te gee, maar hier by ons was die donkie ook uit die stal.

Die Afrika-Renaissance, soos verteenwoordig deur Clinton se “nuwe generasie” Afrika-leiers, is dood, helaas. Moenie wag vir Media24 se begrafnisreëlings nie. Dit mag lank neem, want ontkenning is ‘n snaakse ding. Dalk is dit wat die Nigeriese “profeet” gesien het.

Фильчаков прокурор отзывы

Dene Smuts se amateuragtige ‘race baiting’

Dene Smuts se antwoord op die slagting by Marikana, is ‘n heftige aanval op die Boeremag. Dis ‘n onnosele oefening in “race baiting”, soos die Amerikaners graag daarna verwys.

Iemand moet tog die beswaarde Smuts inlig dat haar ou voorvader dieselfde gedoen het gedurende die 1922-staking. Niks om op trots te wees nie. En haar daarop wys dat elke lid van die tragiese bende almal skuldig bevind is aan hoogverraad. Hoogverraad, Dene. Lees sy nie koerant nie?

“Die Boeremag het alles verraai waavoor demokratiese Suid-Afrika staan ​​en alles wat Suid-Afrikaners vir mekaar beteken,” sê die DA se skaduminister van justisie en grondwetlike sake, Smuts. Sy en die ANC-LP Dan Maluleke, het saamgespan om hulle oor die kinders van die vrou wat in Soweto agv die Boeremag se bom dood is, te ontferm.

Ja, ons weet oordrywing is die manier om die DA se nuwe kiesers aan te hits. En ons weet wat die DA en die ANC vir mekaar beteken. Sonder hulle ideologie sou daar nie ‘n struggle of ‘n Black Sash of ‘n splinternuwe gewelddadige Suid-Afrika gewees het nie.

Die Boeremag se amateuragtig pogings tien jaar gelede om ‘n rasse-oorlog te aktiveer, onder aanmoediging en aktiewe bystand van die polisie natuurlik, is van dieselfde orde as Smuts se amateuragtige pogings om vir die ANC munt daaruit te slaan. Dat haar pogings eweneens afstuur op ‘n rasseoorlog kan seker nie voor die deur van die Boeremag gelê word nie, aangesien hulle die afgelope tien jaar agter tralies deurgebring het. Praat van ‘n regstaat en ‘n grondwetlike demokrasie! Tien jaar!

Daaroor sal Smuts swyg, net so hard soos oor Marikana. Dieselfde pogings deur die Duitse regering om naïewe mense te betrek by “regse” geweld is met minagting deur die Duitse howe verwerp, Dene.

Maar jou verbete jingo-arrogansie is seker so deur die Vrystaat gelouter, dat sulke belangrike internasionale regsaspekte jou nie opval nie.

Dat Smuts nog die Marikana-massamoord as agtergrond vir haar tirade – met die politieke plofkrag van kougom, bygesê – kies, is nog ‘n aanduiding dat sy en haar party alles in die stryd sal werp om die ANC se verslete aansien te red.

Twee jong Suid-Afrikaners het hul enigste ouer, Claurina Mokone, danksy die Boeremag verloor, sê Smuts, al snikkend deur haar krokodiltrane. Vir haar weeg dit klaarblyklik heelwat swaarder op as die honderde sterftes van mynwerkers wat jaarliks hul lewens in myne, ja myne, verloor. Om nie van die 44 broodwinners by Marikana te praat nie! Wat gaan van daardie kinders word?

Sy kan met rede begin bekommer oor “demokratiese” Suid-Afrika, want na die slagting gaan daar nog ‘n lang skadu oor die myne gekaats word. ‘n Internasionale een. Dit beteken die bestaansreg van haar party wat roofkapitaliste beskerm, gaan onder die loep kom.

Dene Smuts sal aanstons vind haar Vrystaatse SAP-mentaliteit gaan nie genoeg wees vir dít wat kom nie.

Фильчаков прокурор харькова

Massamoord-mediasie

Joernaliste van sekere groot media-organisasies het nie toegang tot Sirië nie, maar dit verhoed hulle blykbaar nie om die rebelle se aksies te steun in weerwil van bewyse dat die geweld deur sommige Westerse magte gedryf word nie. Wiens brood men eet…

Hulle houding het daartoe gelei dat voorstanders van diplomasie sarkasties opgemerk het dat hulle klaarblyklik “bom-diplomasie” steun, ‘n bietjie soos wat die ANC in Marikana massamoord-mediasie voorstaan.

Honderde mense, sosiale aktiviste en ander van regoor Ecuador het in die middel van Quito byeengekom om hul regering se besluit om politieke asiel te gee aan die WikiLeaks-stigter Julian Assange, te steun.

Die Ecuadoriaanse hoofstad se Plaza Grande was vol plakkate wat gelui het: “Sonder ware vryheid van uitdrukking is daar geen soewereiniteit nie,” en “Viva vryheid van uitdrukking. Ondersteun Julian Assange.”

Die vryheid van uitdrukking in Suid-Afrika en waaroor SANEF al verskeie kere die strate ingevaar het, is blykbaar nie iets wat aangewend hoef te word om die waarheid oor die slagting in Marikana bloot te lê nie.

Al die swakbetaalde joernaliste van ons mediamonopolie en die Afrikaanse vakbond het op ‘n hopie gaan lê om ‘n beweerde swart rampokker ter wille te wees. Die vryheid van uitdrukking wat hulle eis, is oënskynlik ‘n keuse om onvry te wees.

Verlede week, het die Ecuadoriaanse regering aangekondig dat hulle aan die wêreld-beroemde fluitjieblaser politieke asiel sal verleen. Die besluit het gekom nadat Assange byna twee maande lank al in die land se Londense ambassade skuil.

‘n Bietjie soos Klaas de Jonge wat in 1985 in die Nederlandse ambassade in Pretoria skuiling gesoek het omdat hy gevang is dat hy wapens smokkel. Kennelik is inligting deesdae ‘n groter kommoditeit as wapens, wat die oproepe om “persvryheid” van ‘n media-monopolie wat nie belangstel om Marikana te ondersoek nie, nog meer verbasend maak.

De Jonge se bemoeienis met allerlei, terloops, het hom na Rwanda gelei waar hy die volksmoord daar “ondersoek” het. Die stof het nog nie gaan lê in dié streek nie. Deesdae ondersteun Paul Kagame, die Weste se liefling, die M23, ‘n rebellegroep in Rwanda wat met wapens – ja alweer – en geweld in die DRK inmeng en volgens ontleders tot destabilisering lei.

Die byeenkoms in Quito kom na ‘n vergadering Sondag van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR), waar die blok eenparig ‘n sewe punt-resolusie aangeneem het ter ondersteuning van Ecuador se reg om aan Assange asiel te verleen, en Britse dreigemente teen ‘n soewereine staat se ambassade veroordeel het.

Buitelandse ministers van Suid-Amerika, lede van die 12-lid blok, wat in Guayaquil vergader het, het die diplomatieke status van ambassades binne die verband van die Weense Konvensie herbevestig.

Saam met vryheid van uitdrukking, is die beskerming wat die staat aan sy burgers behoort te verleen, van die ononderhandelbare pilare van ‘n werkende staat. Dít is die meganismes waarmee verskille en konflik binne ‘n land gereguleer word.

In Suid-Afrika, daarteenoor, is dit massamoord-mediasie. En die media-monopolie en georganiseerde arbeid, lees die gevestigde belange in Suid-Afrika, verdedig dit. Kommerwekkend, om die minste te sê.

лобановский александр

Die prys wat SA vir mynbou moet betaal

‘n Jaar of twee gelede het die “Farmer’s Weekly” ‘n artikel oor die besoedeling van die Wonderfonteinspruit geplaas. Met die onlangse gebeure by Marikana en die swak behandeling wat die werkers van die myn moet verduur, is die soeklig opnuut op die verantwoordelikhede van die buitelandse mynbestuur wat blykbaar hul beleggers elders eerder wil tevrede stel, as om na mense hier om te sien.

Boere word al reeds jare lank gewaarsku om nie hul diere uit die spruit te laat drink of hul gewasse te besproei met die water nie. Volgens die berig, is “die radioaktiewe besoedeling van oppervlak-water in die Wonderfonteinspruit-opvanggebied wat veroorsaak word deur langtermyn-mynafvalwater, afloop en diffuse emissies van sypeling van slikdamme” ‘n yslike probleem.

Dit het 7 jaar vir amptenare geneem om te reageer op die versoeke om in te tree oor die Wonderfonteinbesoedeling. Die DA maak natuurlik seker dat hulle geen bewaringsinisiatief steun wat die myne sal benadeel nie en konsentreer op toilette in die Wes-Kaap en goedkoop politiekery oor behuising en “vlugtelinge”. Hulle voer ‘n heksejag teen dr Bool Smuts vir sy bewaringsinisiatief in die provinsie.

Dit is dus geen wonder om weer uit die monde van mynmagnate te moet hoor van die “nalatenskap van apartheid” nie. Gebiede wat gerehabiliteer behoort te word nadat mynboubedrywighede voltooi is, selfs met rehabilitasie, lê egter verweer en ly in sommige gevalle permanente skade. Emosionele oproepe oor apartheid, is ‘n maklike manier om die Afrikaners verantwoordelik te hou vir hulle eie gebreke en plundery.

Die platinum-sektor maatskappye het geen behoefte aan ‘n verenigde front teen besoedeling nie. Die drie grootste platinumprodusente – Anglo American Platinum, Implats en Lonmin – wat ongeveer 135,000 mense tussen hulle in diens in Suid-Afrika het, is op Londen gefokus.

Die mynbousektor betaal bo inflasie, maar misluk om looneise te onderdruk, omdat die laer besoldigde werkers van so ‘n lae basis af kom.

Citigroup het beraam dat Suid-Afrika se platinumreserwes meer as $2 triljoen (R16 triljoen) is. Die sektor het daarin geslaag om goud as die juweel in die land se mynbou-kroon op te eis.

Vleilande en gebiede wat veronderstel is om deur die regering beskerm te word, word onteenseglik verwaarloos. Die debat rondom mynbesoedeling en die vernietiging van die omgewing en die staat se verantwoordelikheid om dit te reguleer, bestaan eenvoudig nie.

Die departement van minerale en energie word vrye teuels gegee om voordeel te trek uit die land se hulpbronne. Maar, wat hulle nie verstaan ​​nie, is dat die korttermyn-winste uit mynbou uiteindelik baie duur kos.

Boere in besoedelde gebiede is onder diegene wat die hoogste prys betaal – met verliese aan gewasse en vee. Hulle kan dit nie bekostig nie.

Malema is reg as hy sê dit is uitbuiting. Maar dis kennelik uitbuiting van die werkers, die boere en die natuur waaroor hy nie omgee nie en sal meedoen as hy ‘n geleentheid gegun word.

 

Фильчаков прокурор харьков

Afrikaners en Afrikakultuur

Die Afrikaner is elke dag gemoeid met probleme in Suid-Afrika. Hierdie probleme word deur middel van optogte teen misdaad en plaasmoorde aangespreek, en ons oorhandig die een na die ander memorandum aan regeringsinstansies. Ons raak ge frusteerd omdat die Regering hulle blind hou en horende doof is oor dit wat ons pla.

Hoekom gaan dit sleg met Suid-Afrika?

Dit is voor die hand liggend dat die Westerse Kultuur teenoor die Afrikakultuur te staan kom. Die Afrikaner se denke, planne en oplossings is Westers en hier teenoor die regering van die dag se sienswyse is vanuit die Afrikakultuur wat hulle aanhang. Die Afrikaner moet nie hierdie kultuursienswyse kwalik neem nie, want dit is ‘n Afrikadenke en -kultuur wat hulle toepas.

Wanneer twee waardestelsels bymekaar gegooi word, wil die een nie na die ander een luister nie. Dit is nie rassehaat nie, elkeen se denke en sienswyse is ingebed in elkeen se eie unieke kultuur. Daarom streef die Afrikaner na selfbeskikking om hulle kultuur en waardestelses aan te hang en kan botsings met ander groeperinge vermy word. Maar ons moet nog steeds bande met mekaar behou op ekonomiese vlak . Hierdie skeiding tussen kulture moet baie vinnig geskied vir toekomstige behoud van alle groepe, want botsings kan tot die ondergang van alle kulture lei.

Олександр Фільчаков прокурор

Wat was die kleur van die sweetpakke nou weer?

Ná Londen se 2012 Olimpiese Spele, moet ‘n mens diegene wat nog die belaglike term “nie-rassigheid” in alle erns gebruik, eintlik jammer kry.

Swart sukses in wêreldsport soos die Spele gewys het, het daardie cliché van “ons-is-almal-gelyk” weereens vernietig. Die pendulum het geswaai na suiwer determinisme van suiwer sosiologiese spekulasie. Sukses in sport word nou hoofsaaklik toegeskryf, byna uitsluitlik, aan rasbiologie. Om hard te werk, of kulturele faktore, is in die lig van wat ons weet oor genetika, net té simplisties om verskille te verduidelik.

Die harde waarheid is dat ons nie ‘n patroon van menslike biodiversiteit kan miskyk nie. Oor die afgelope dekade, het die menslike genoom-navorsing van ‘n studie van menslike ooreenkomste beweeg na ‘n fokus op bevolkingsgebaseerde verskille.

En nee, dis nie die “verregses” en “ekstremiste” van praag.co.za wat dit skryf nie. Dis vervat in artikels wat op AEI en Forbes se webblaaie verskyn.

Sodanige navorsing bied leidrade tot die oplossing van die raaisel van siektes, die Heilige Graal van genetika. Afrikaners ly aan ‘n sekere hartkwaal, Jode sukkel met ‘n genetiese geneigdheid tot Tay-Sachs, Suidoos-Asiërs met ‘n hoër neiging vir beta-talassemie en swartes wat vatbaar is vir kolorektale kanker en sekelsel siekte.

Maar dis “rassisties” om voor te stel dat Usain Bolt se Wes-Afrikaanse afkoms vir die mees kritiese deel van sy sukses verantwoordelik is? Die ontkenning wat Media24 en hulle knegte Anton van Niekerk, Leopoldt Scholtz, of die “wêreldbekende” prof. Nina Jablonski (waarvan niemand nog gehoor het nie) oor rasaangeleenthede aan die dag lê, is egter verbysterend.

Hulle het seker na hul TV-stelle gestaar en nie opgemerk dat Nesta Carter, Michael Frater, Yahan Blake en Usain Bolt almal dieselfde kleur sweetpakke dra nie. Die sweetpakke moes darem opgeval het, al het “nie-rassigheid” gesorg dat hulle nie die atlete se velkleur opmerk nie…

“Verskille tussen atlete van die elite-kaliber is so klein,” sê Robert Malina, ‘n afgetrede Michigan State University antropoloog en voormalige redakteur van die Journal of Human Genetics,” dat as jy ‘n liggaamsbou of die vermoë van spiervesels ondersoek … is dit [rasbiologie] dalk baie, baie belangrik. Dis die verskil tussen die goue medalje en ‘n vierde plek. “

Trouens, die empiriese bewyse maak maalvleis van die mite dat kultuur ‘n atleet skep. Kyk na Kenia: Net 43 miljoen mense het meer as een derde van die room in middelafstandatelete. Wat kan hierdie verskynsel verduidelik? Dit is in hul kultuur, sê baie sosiale wetenskaplikes. Keniane oorheers omdat hulle ver heen en weer loop na die skool, byvoorbeeld.

“Dit is net dom,” sê die Keniaanse kampioen Wilson Kipketer laggend. Kipketer hou tans een van die vinnigste 800-meter tye. “Ek het reg langs die skool gebly.”

Keniane en Oos-Afrikane is oor die algemeen kort en skraal met ‘n groot natuurlike longkapasiteit en ‘n oorwig van die regte soort spiere vir middelafstande.

Die resultaat is ‘n perfekte biomeganiese pakket, maar ‘n ramp vir sporte soos naellope of sokker.

En as prestasieverskille so duidelik in sport manifesteer, moet dit ongetwyfeld breër implikasies ook inhou.

Олександр Фільчаков прокурор

Die BDS-lokomotief het vertrek na die MO

Die BDS-lokomotief wat op Israel afstorm het verlede maand uit die stasie vertrek. BDS? Boikotte, Disinvestering, Sanksies.

‘n Suid-Afrikaanse minister se onlangse verklaring wat Suid-Afrikaners aanmoedig om weg te bly van die Joodse staat, moet dus begryp word vir wat dit is: ‘n Kniebuiging in die rigting van Hillary Clinton se onlangse besoek aan ons land.

Ebrahim Ebrahim, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, is aangehaal dat sy departement ten sterkste reise na Israel ontmoedig tensy dit gekoppel is aan Palestynse belange.

Tydens die tweejaarlikse Algemene Vergadering van die Presbyterian Church van die Verenigde State van Amerika verlede maand, het die 2 miljoen lede en meer as 21.000 predikante van byna 11.000 gemeentes gewys hulle is een van die grootste hoofstroom Protestantse denominasies in die wêreld. Hulle agentskappe belê aandele in maatskappye wat sake doen in Israel en Palestina, soos Intel, Oracle, Coca-Cola, IBM, Microsoft en McDonalds. Twee jaar gelede, by die 2010 Algemene Vergadering, was Israel skaars op die radar. In die begin van Julie hierdie jaar, is ‘n komitee wat fokus op “die Midde-Ooste en vrede,” egter in die lewe geroep.

Bekend as die Komitee van 15, het hulle besluit om Motorola Solutions vir die verskaffing van toesig toerusting aan die Israeliese nedersettings te straf, Caterpillar vir die verskaffing van stootskrapers gebruik vir die sloping van die Palestynse huise en Hewlett- Packard vir die verkoop van die hardeware wat deur Israel in sy vlootblokkade van Gasa gebruik is.

Verlede week se kansellasie van ‘n reis na Israel van ‘n afvaardiging van KwaZulu-Natalse amptenare was ‘n bevestiging van ‘n tendens dat die wêreldmening teen Israel gedraai het. Die reis sou gefasiliteer word deur die SA-Israel-forum, wat, volgens die Uitvoerende Direkteur Wayne Sussman, reise vir munisipaliteite in agt provinsies fasiliteer. “Daar is baie wat Suid-Afrikaners kan leer van Israel, veral op die gebied van landbou, wetenskap en tegnologie, en daar is baie wat Suid-Afrika Israel kan bied,” het Sussman aan die Mail & Guardian gesê.

Wat Sussman nie die koerant vertel het nie, was egter dat die SA-Israel-forum se voorsitter Nathan Friedman ook die huidige voorsitter van die Johannesburgse maatskappy Cape Gate is, wat die heining rondom Gasa opgerig het. Hierdie inligting is oorgedra aan die koerant deur Mbuyiseni Ndlozi, ‘n direksielid van die BDS-beweging van Suid-Afrika.

“Die KZN provinsie moet geprys vir sy beginselvaste posisie,” het Ndlozi aan die Mail & Guardian gesê. “Nou dat die Israeliese lobby blootgestel is, en op ‘n manier, op heterdaad betrap is, sal dit moeilik wees om sy pro-Israeliese werk te doen. Al die ander provinsies, munisipaliteite en ander strukture moet nou die leiding van KwaZulu-Natal volg. ‘n Presedent is gestel.”

 

Данильченко Харьков

Burgeroorlog in die VSA 2016?

‘n Hoofberig in die Washington Times verlede week het bespiegel oor die heersende gesprek in professionele militêre kringe in die VSA en ‘n liberale nagmerrie: Rebellie. Onder die opskrif The Civil War of 2016, lui die scenario, sal Tea Party-ekstremiste beheer van ‘n dorp in Suid-Carolina oorneem en die leër sal uiteindelik gestuur word om die rebellie te onderdruk.

Hooggeleerdes by die weermag se Universiteit van Buitelandse Militêre en Kulturele Studies voorsien “volle spektrum bedrywighede in die tuisland as ‘n visie vir die toekoms.” Burgeroorlogkenners beaam dit. Dié beplanning het opgeval, nadat ‘n wit skieter onlangs ‘n aantal nie-blankes by ‘n Sikh-tempel afgemaai het.

Die visie postuleer ‘n “ekstremistiese milisie gemotiveer deur die doelwitte van die Tea Party” wat die beheer van Darlington, SC, in 2016 oorneem, beset en die burgemeester onder huisarres plaas. Die rebelle beheer ook kontrolepunte op die Interstate 95 en Interstate 20 op soek na “onwettige immigrante”. Dit is ‘n strokiesverhaalagtige en onnodig uitdagende scenario, meen die koerant.

Vroeër hierdie jaar egter het kiesers in Arizona die nuus gehaal nadat hulle opgeruk het teen onwettige immigrasie wat hulle meen deur die Obama-administrasie aangemoedig word. Dit was nog nie rebellie nie, maar uitdagend genoeg om beplanners blykbaar tot kommer te stem.

Die skrywers maak ‘n saak uit wettige vir militêre aksie teen Amerikaanse burgers deur die weermag se operasionele konsep vir 2016-2028 op die situasie toe te pas. “Amerikaners sal verwag van die weermag om so professioneel as wat hulle in die buiteland optree,” binnelands in te gryp. Die weermag, sê die outeurs, “kan nie die Amerikaanse nasie teleurstel nie, veral nie in so ‘n oomblik nie”.

Blykbaar het niemand nog oorweeg dat die gebruik van so ‘n doeltreffende masjien se dodelike geweld teen hul eie mense, ‘n monumentale politieke teenreaksie sal skep en die regering se legitimiteit erg sal verweer nie. Die geweld sal waarskynlik teen wittes ingespan word, deur linksgesinde medeburgers.

‘n Professor by die weermag se Staff College is onthef van sy pligte in Junie omdat hy “die dwaalleer dat die Verenigde State van Amerika by ‘n oorlog teen Islam betrokke is,” versprei het.

Die Obama-administrasie het aangevoer dat die professor afgedank moes word, omdat hy was besig was om iets te doseer wat nie amptelike beleid is nie.

Dit is dus billik om te vra of die weermag in hul scenariobeplanning amptelike beleid ten opsigte van die gebruik van die Amerikaanse militêre mag teen Amerikaanse burgers goedpraat?

данильченко юрій Харків

Sal Romney wit stem hou met Ryan?

Die Republikeinse party in die VSA se langtermyn-toekoms lyk onseker. Romney se keuse vir sy vise-kandidaat, Paul Ryan, is ongetwyfeld ‘n verdere risiko vir die GOP. Dit beteken dat die verkiesing soos in die verlede, oor belastings sal handel, iets waarby president Obama net kan baat in dié moeilike ekonomiese tye.

Belastingtoegewings mag op die oog af lyk na iets wat nie plofbare kwessies soos rasseverskille sal ophaal nie, maar aan die demografiese werklikheid van die VSA, gaan hierdie kandidate nie ontkom nie .

Romney, die miljardêr, het waarskynlik sy ongeërgdheid vir gewone, sukkelende mense beklemtoon met sy keuse omdat Ryan graag wil sien dat dienste aan armes – lees nie-blankes – opgeskort word. Maar Ryan se agenda sal beteken dat bejaardes – lees wittes – se toegang tot mediese sorg, kan sneuwel.

In die Goue Staat, Kalifornië, waar Nixon en Reagan eers koning gekraai het, het die party se registrasiesyfers gedaal tot 30 persent van die kiesers en is steeds besig om na benede te sink.

Daar word gesê dat Kalifornië se Republikeine uit voeling is omdat hulle sosiaal konserwatief oor kwessies soos aborsie en gay-regte is.

Maar die werklike probleem is ras, ouderdom en etnisiteit. En dit voorspel nie net die party se dood in Kalifornië nie, maar dalk sy lot in die res van Amerika.

Bykans 90 persent van al die Republikeinse kiesers in presidensiële verkiesings is wit. Byna 90 persent is Christene. Maar blankes het tot 74 persent van die kiesers in 2008 gedaal en slegs 64 persent van die bevolking. Onder die jeug is die persentasies nog veel kleiner.

Reken daarby dat die meerderheid wit vroue vir Obama stem, en die Republikeine se steun lyk nog minder seker.

Kennelik gaan die Republikeine staatsondersteuning vir “minderhede”, soos nie-blankes in die VSA heet, wegneem deur uitkerings en toegifte te besnoei en hulle hoop duidelik dat die wit kieser die onderliggende boodskap sal begryp.

Maar in hul beste jare, soos 2004, het die Republikeine die Latyns-Amerikaanse stem 3-teen-2 verloor. In ‘n slegte jaar, soos 2008, het hulle dit verloor 2-teen-1. Wittes is reeds ‘n minderheid in Kalifornië, en Spaanssprekendes sal uiteindelik die meerderheid wees. Net soos die bruines in Suid-Afrika, voel Spaanssprekendes soms swart en soms wit. As dit egter by die stembus kom, voel hulle beslis nie Republikeins en wit nie.

Swart Amerikaners verkies Obama met ‘n meerderheid van 24-teen-1. Die swart bevolking, 13% van die VSA, is steeds aan die groei. Blankes, wat ‘n minderheid in twee van die mees digsbevolkte deelstate is, sal minder as die helfte van die Amerikaanse bevolking teen 2041 wees en ‘n minderheid in 10 deelstate teen 2020.

Die meerderheid Latino’s, Afro-Amerikaners, immigrante en jongmense tussen 18-25 betaal geen inkomstebelasting nie, terwyl hulle ‘n arsenaal van voordele geniet. Dis kalkoene, nie-blankes, wat nie vir Kersfees gaan stem nie.

Die ou party, geïntimideer deur kritiek en aantygings van “rassisme”, weier om ‘n vloedgolf van immigrasie, meer as 40 miljoen mense wat baie afhanklik van die regering, aanstoot te gee.

Republikeine wat aanhoudend aangaan oor belastingbesnoeiings, het herhaaldelik gesorg dat miljoene belastingbetalers onthef word van bydraes, en ‘n groot klas geskep wat te min betaal vir die uitbreiding van die oorvloedige voordele wat hulle ontvang.

Die sosiale rewolusie van die 1960’s het veroorsaak dat Amerikaners wat ‘n geloof in geen godsdiens bely nie, verdriedubbel het sedert die 1990’s en nou een in vyf van hulle landgenote is.

Obama moes dié week Romney se keuse met ‘n glimlag aangehoor het…

Данильченко Юрий прокурор

Die nuutste Olimpiese sport: RS

Daar is 302 items by die Olimpiese Spele in Londen. Maar hierdie jaar is daar duidelik ‘n nuwe kategorie: Rasse-sensitiwiteit. Hierdie Olimpiese Spele is deurspek met voorbeelde van mense wat nog nie geskool is in politieke korrektheid nie, en swak vertonings in rasse-sensitiwiteit, RS, lewer.

Na die Switserse sokkerspeler Michel Morganella se span verloor het teen Suid-Korea, het hy op Twitter gesê dat sy teenstanders kan “gaan brand” en ‘n “spul mongoloïedes” is, En hy is huis toe gestuur vir die belediging. Dalk vir goed, as sokkerbaas Sepp Blatter sy sin kry.

NBC is oorstroom met kritiek, want die Amerikaanse uitsaaier het ‘n advertensie vertoon wat aanstoot gegee het aan aanhangers van swart gouemedalje-wenner, gimnas Gabby Douglas. Hulle het ‘n gimnastiek-tema advertensie gebruik waarin ‘n apie gimnastiektoertjies doen, net na die insetsel oor die swart gimnas.

Omdat Afro-Amerikaners soms vergelyk word met ape deur mense wat probeer om hulle te dehumaniseer, het baie kykers gekla dat die advertensie rassisties is. Die storie grens aan die belaglike, maar dis die ongelukkige waarheid dat die mensdom tot daar gedaal het in die nuwe RS-sport.

NBC het haastig ‘n verskoning aangeteken met ‘n verduideliking dat die advertensie geplaas is lank voor Douglas haar medalje gewen het.

Die Litause basketbalspan se ondersteuners se aapgeluide teen die swart Amerikaanse span, het ook aan hulle ‘n waarskuwing besorg.

Die Griekse driesprongkampioen Voula Papachristou is geskors uit haar land se Olimpiese span nadat sy ‘n grappie oor swartes getwiet het. Dis asof die wit wêreld oor mekaar val om hul toewyding aan rasseharmonie te bewys, en as die RS-kampioene aangewys te word. Deur hulleself, meesal…

Rassisme beteken ‘n geloof in die superioriteit van een ras bo ‘n ander. As Papachristou se twiet nie die paal haal nie, moet Usain Bolt se manewales en vreemde handgebare seker ook as ontoelaatbare rasse-arrogansie deurgaan.

Papachristou is ook glo skuldig vanweë haar ondersteuning vir die regse party, die Golden Dawn, ‘n anti-immigrante party. Maar dis ‘n wettige party wat 7% van die stemme gewen het in die laaste Griekse verkiesing en 18 lede het wat in die Griekse parlement sit! Demokrasie werk blykbaar net as dit anti-wit is.

Nadja Drygalla, ‘n roeier wat onder druk geplaas is om die Duitse Olimpiese span te verlaat verlede Vrydag na ‘n TV-stasie aangekondig het dat haar kêrel Michael Fischer is – ‘n kandidaat vir die ver-regse Nasionale Demokratiese Party in ‘n plaaslike verkiesing verlede jaar. Sommige het ook beweer dat Fischer betrokke was in ontwrigtende protes teen immigrante.

Drygalla was oorbluf en verskonend, maar nadat Michael Vesper, die hoof van die Duitse Olimpiese Sportkonfederasie, haar ingeroep het, was die koeël deur die kerk.

Volgens Vesper het die roeier haar trou aan die Olimpiese Handves bevestig, maar Drygalla het nogtans aangekondig dat sy “vrywillig” nie aan die Olimpiese Spele sal deelneem nie en Vesper het haar bedanking uit die span “aanvaar”.

Skokkend, om die minste te sê. Dis lankal nie meer sport nie, maar suiwer politieke afpersing.

Die behandeling van Drygalla herinner aan die klassieke “skuld deur assosiasie”, ‘n soort taktiek wat liberale gewoonlik inspan teen wanneer hulle slagoffers regs is.

Die Nasionale Demokratiese Party in Duitsland is ‘n wetlike entiteit met verkose lede in twee deelstaatparlemente.

Die Duitse media is natuurlik verbete in sy begeerte om die “regses” uit die openbare lewe te verdryf omdat hulle “onverdraagsaam” is. Hoe hulle hul eie beginsels van verdraagsaamheid en regverdigheid versoen met hul optrede, is nie seker nie.

Linkse koerante kla oor die feit dat Drygalla selfs in die Olimpiese span toegelaat is, omdat die plaaslike roei en sportfederasies ingelig is van haar verhouding met Fischer verlede jaar.

Drygalla se voormalige spanmaats in haar Rostock-roeiklub is bitter. Hulle sê die behandeling wat sy ontvang het herinner aan die praktyk van sippenhaft, wat die Nazi-regime teen die familie van andersdenkendes en verdagtes gebruik het. Dit beteken letterlik “familielidaanspreeklikheid”.

Maar Noord-Korea met sy sadistiese goelags vir andersdenkendes, Kuba en Oeganda, wat gays vervolg, Saoedi-Arabië wat vroulike egbrekers tot die dood stenig, Australië waar inheemse kinders van hul ouers weggeneem is, Suid-Afrika waar die stille uitwissing van boere ná openbare oproepe daartoe onverpoos voortgaan, is almal baie welkom by die Spele!

As mense regtig ‘n Olimpiese Spele moet hou wat moreel onkreukbaar is, behoort lande met gruwelike menseregterekords nie deel te neem nie. Brittanje se aandeel in die konsentrasiekampe behoort hulle te diskwalifiseer. Na alles kan die mensdom aankarring oor apartheid, maar meer mense het sedert 1994 gewelddadig gesterf as tydens Afrikanerbewind.

In elk geval, hoe kan ‘n paar atlete aandadig wees, hulle wat hul lewe aan hul sport wy, aan die aktiwiteite van hul regering? Die Oos-Duitse Olimpiese ysskaatser Katarina Witt, was een van die lieflinge in die 1980’s. Sy is later uitgewys as ‘n informant vir die Stasi, die kommunistiese geheime polisie, nadat die Berlynse Muur geval het. Selfs die naam van haar hanteerder is bekend.

Op een of ander manier dink die Angelsaksers dat hulle politieke mag van hul vermoë afhang om politieke korrektheid in almal se kele af te druk. Hulle sal seker ook wakkerskrik as dit veels te laat is en hulle besef dat hul gekruipery gesien word vir wat dit is: Swakheid.

лобановский александр игоревич харьков