Die prys wat SA vir mynbou moet betaal

‘n Jaar of twee gelede het die “Farmer’s Weekly” ‘n artikel oor die besoedeling van die Wonderfonteinspruit geplaas. Met die onlangse gebeure by Marikana en die swak behandeling wat die werkers van die myn moet verduur, is die soeklig opnuut op die verantwoordelikhede van die buitelandse mynbestuur wat blykbaar hul beleggers elders eerder wil tevrede stel, as om na mense hier om te sien.

Boere word al reeds jare lank gewaarsku om nie hul diere uit die spruit te laat drink of hul gewasse te besproei met die water nie. Volgens die berig, is “die radioaktiewe besoedeling van oppervlak-water in die Wonderfonteinspruit-opvanggebied wat veroorsaak word deur langtermyn-mynafvalwater, afloop en diffuse emissies van sypeling van slikdamme” ‘n yslike probleem.

Dit het 7 jaar vir amptenare geneem om te reageer op die versoeke om in te tree oor die Wonderfonteinbesoedeling. Die DA maak natuurlik seker dat hulle geen bewaringsinisiatief steun wat die myne sal benadeel nie en konsentreer op toilette in die Wes-Kaap en goedkoop politiekery oor behuising en “vlugtelinge”. Hulle voer ‘n heksejag teen dr Bool Smuts vir sy bewaringsinisiatief in die provinsie.

Dit is dus geen wonder om weer uit die monde van mynmagnate te moet hoor van die “nalatenskap van apartheid” nie. Gebiede wat gerehabiliteer behoort te word nadat mynboubedrywighede voltooi is, selfs met rehabilitasie, lê egter verweer en ly in sommige gevalle permanente skade. Emosionele oproepe oor apartheid, is ‘n maklike manier om die Afrikaners verantwoordelik te hou vir hulle eie gebreke en plundery.

Die platinum-sektor maatskappye het geen behoefte aan ‘n verenigde front teen besoedeling nie. Die drie grootste platinumprodusente – Anglo American Platinum, Implats en Lonmin – wat ongeveer 135,000 mense tussen hulle in diens in Suid-Afrika het, is op Londen gefokus.

Die mynbousektor betaal bo inflasie, maar misluk om looneise te onderdruk, omdat die laer besoldigde werkers van so ‘n lae basis af kom.

Citigroup het beraam dat Suid-Afrika se platinumreserwes meer as $2 triljoen (R16 triljoen) is. Die sektor het daarin geslaag om goud as die juweel in die land se mynbou-kroon op te eis.

Vleilande en gebiede wat veronderstel is om deur die regering beskerm te word, word onteenseglik verwaarloos. Die debat rondom mynbesoedeling en die vernietiging van die omgewing en die staat se verantwoordelikheid om dit te reguleer, bestaan eenvoudig nie.

Die departement van minerale en energie word vrye teuels gegee om voordeel te trek uit die land se hulpbronne. Maar, wat hulle nie verstaan ​​nie, is dat die korttermyn-winste uit mynbou uiteindelik baie duur kos.

Boere in besoedelde gebiede is onder diegene wat die hoogste prys betaal – met verliese aan gewasse en vee. Hulle kan dit nie bekostig nie.

Malema is reg as hy sê dit is uitbuiting. Maar dis kennelik uitbuiting van die werkers, die boere en die natuur waaroor hy nie omgee nie en sal meedoen as hy ‘n geleentheid gegun word.

 

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae