‘Top Gun’ se regisseur spring

“Top Gun” se regisseur Tony Scott het na sy dood gespring van die Vincent Thomas-brug in San Pedro Kalifornië Sondagmiddag. Hy was 68 jaar oud.

Die fliek, met Tom Cruise in die hoofrol, is vrygestel in 1986 en was ‘n lokettreffer met $175 miljoen verkope.

Produsente Don Simpson en Jerry Bruckheimer het Scott as regisseur raakgesien nadat hy ‘n Saab-advertensie gemaak het waarin hy ‘n Sweedse vegvliegtuig ingespan het.

Sy liggaam is deur die Los Angeles Hawepolisie, wat eerste op die toneel was, uit die water getrek.

Verskeie getuies het aan die polisie gesê hulle het Scott uit sy swart Toyota Prius sien klim op die brug om 12:30. Daarna het hy oor ‘n 10-voet heining geklim en afgespring sonder enige huiwering.

‘n Selfmoordnota is later gevind in sy kantoor. Die inhoud daarvan is nie geopenbaar nie.

Scott, van Britse afkoms en broer van die ewe bekende Ridley, was besig om aan ‘n film oor die dood van Lincoln te werk. Hy het in flieks oor Amerikaanse spioenasie-intriges gespesialiseer.

Die boek waarop hy die film wou baseer is Killing Lincoln: The Shocking Assassination That Changed America Forever, en is deur historici Bill O’Reilly en Martin Dugard geskryf. In die voorwoord word lesers gewaarsku The story you are about to read is true and truly shocking.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae