Benewens webblaaie wat aan die groot Suid-Afrikaanse mediagroepe behoort en ‘n humoristiese webwerf, is praag.co.za die grootste onafhanklike Afrikaanse nuusblad.
Met sy lewendige nuus en kommentaar, het PRAAG sodoende stof in die oë geskop van veel groter organisasies en instellings wat ook gretig is om hul invloed op die internet uit te brei, soos die ATKV, Solidariteit, Afriforum, die FAK, Afrikanerbond, die Vryheidsfront Plus en vele ander.
PRAAG is ook groter as al die politieke partye se webwerwe, waaronder die ANC, DA en Vryheidsfront Plus (sien hier onder).
Volgens die gesaghebbende ranglys van Alexa.com wat die miljoene webwerwe oral ter wêreld volgens hul verkeer en “globale reikwydte” gradeer, sien die ranglys van onafhanklike Afrikaanse webwerwe só daar uit:
Webwerf Eienaar Globale rangorde .za-rangorde
-
watkykjy.co.za Watkykjy 126 798 852
-
praag.co.za PRAAG 204 039 2 463
-
woes.co.za Woes 283 354 5 537
-
da.org.za DA 318 044 2 843 (nie-Afrikaans, maar interessantheidshalwe)
-
suidlanders.co.za Suidlanders 442 424 4 833
-
anc.org.za ANC 517 644 19 108 (nie-Afrikaans, maar interessantheidshalwe)
-
maroelamedia.co.za Solidariteit/Afriforum 624 417 5 774
-
boerevryheid.co.za Boerevryheid 664 912 onbeskikbaar
-
atkv.org.za ATKV 697 266 6 007
-
dievoorblad.co.za VF Plus 2 610 411 te klein om te meet
-
fak.org.za FAK 3 579 428 te klein om te meet
-
solidariteittydskrif.co.za Solidariteit 8 316 183 te klein om te meet
Bogaande ranglys is gegrond op Alexa se gemiddeld vir drie maande. Die afgelope maand het praag.co.za egter heelwat boontoe geskuif en verkeer op ‘n maandgrondslag nou globaal in die 169 374ste posisie.
Ondersteun alternatiewe media in Afrikaans deur nóú by PRAAG aan te sluit!
PRAAG skryf die volgehoue belangstelling in die webwerf toe aan daaglikse, vars inhoud met sowel Suid-Afrikaanse as internasionale nuus.
Tot dusver het ons organies gegroei en nie veel moeite gedoen met soekenjin-optimaliseringspeletjies nie. Ons is egter vasbeslote om na die top-100 000 webwerwe ter wêreld deur te breek en na die top-1 000 in Suid-Afrika. Daarvoor sal ons ‘n paar tegniese toertjies moet aanwend. Ons eerste teiken is om watkyk.co.za in te haal, wat ons binne die volgende paar maande behoort reg te kry. As ‘n mens daaraan dink dat ons die afgelope maand ongeveer so groot soos The Citizen se webwerf geraak het, is dit eenvoudig fenomenaal.
Alexa stel praag.co.za ook bokant die smerige tabletkoerant Sondag se webwerf sondag.co.za. Ons is op die za-lys nommer 2463 terwyl Sondag nommer 3109 is. Dis vir ons ‘n riem onder die hart dat Afrikaners op die internet ons intelligente, beskaafde leesstof in Standaardafrikaans bokant Sondag se Afrikanerhaat en dekadensie in Engfrikaans verkies.
Ook is daar meer mense wat Dan Roodt se rubriek op PRAAG in Afrikaans lees as wat “Helen’s weekly newsletter” op die DA se webwerf in Engels lees, want da.org.za is globaal meer as honderdduisend webwerwe agter praag.co.za.
Tans is praag.co.za en die radiostasie RSG eintlik die enigste twee media in Afrikaans wat aan ons mense ‘n begrip van die wêreldsituasie bied. Terwyl RSG se perspektief eintlik maar dieselfde as dié van die BBC en ander Britse media is, het ons by PRAAG ‘n unieke blik op die wêreld ontwikkel wat vir Afrikaners geld. Ook ons kommentaar en rubrieke is van hoogstaande gehalte en kan kers vashou by dié van Media24 wat deesdae sukkel om Afrikaanse rubriekskrywers te vind wie se menings nie verslete en voorspelbaar is nie.
Alexa meet nie die webwerwe in die Naspersgroep apart nie, dus word beeld.com en dieburger.com saam met news24.com beskou. Webwerwe (Afrikaans en Engels) wat met die groot mediagroepe of die SABC verbind is, sien so daar uit:
Webwerf Eienaar Globale rangorde za-rangorde
-
news24.com Naspers/Media24 1 342 10
-
iol.co.za Independent-groep 3 379 21
-
timeslive.co.za Avusa 8 743 67
-
businessday.co.za Avusa 24 099 257
-
dailymaverick.co.za Daily Maverick 51 535 370
-
litnet.co.za Litnet/Media24 69 709 362
-
rsg.co.za SABC 98 573 534
-
politicsweb.co.za Moneyweb 105 215 1 021
-
citizen.co.za Caxton 157 371 1 131
-
sondag.co.za Media24 182,921 3 109
Ondersteun alternatiewe media in Afrikaans deur nóú by PRAAG aan te sluit!
