PRAAG gaan vandag die SA Menseregtekommissie, asook die Statebond se menseregte-eenheid in Londen, van anti-Afrikaner-haatspraak op Facebook in kennis stel.
‘n Swartman van Zimbabwiese afkoms, Julius Magamas, het op sy Facebook-muur geskryf: “Ek gaan al jul wit mense vrek maak, en die wit gatkruipers wat so by gtkruip by die kaffer boer, as ek met my panga kom kak jul almal!!!”
Dr. Dan Roodt het in reaksie gesê: “Ons is ten gunste van spraakvryheid en normaalweg sou ‘n mens nie teen so ‘n stelling beswaar maak nie. Wat ons egter bekommer, is dat so ‘n uitlating ‘n simptoom van ‘n dieper Boerehaat in ons land verraai, wat ook deur die massamedia gerugsteun word. Dit is daarom ‘n manifestasie van ‘n massapsigose wat reeds werksaam is en wat blykbaar volksmoord ten doel het.”
Die Afrikaanse nie-regergingsorganisasie sal ook vir dr. Gregory Stanton van Genocide Watch in kennis stel. Genocide Watch handhaaf sy klassifikasie van Suid-Afrika as ‘n kategorie-5-volksmoordland waarin “polarisering” tans plaasvind. Tydens sy onlangse besoek aan Suid-Afrika, het Stanton egter te kenne gegee dat Suid-Afrika eintlik ‘n grensgeval tussen kategorie 5 (polarisering) en kategorie 6 (voorbereiding vir volksmoord) verteenwoordig.
PRAAG het ‘n beroep op die publiek gedoen wat verdere boodskappe van dié aard teëkom, om dit op rekord te plaas deur aan inlig@praag.org te skryf. “Enige gewelddadige aanval waartydens die slagoffer se ras of etnisiteit ter sprake kom, moet ook gerapporteer word sodat ons ‘n voller prentjie oor die omvang van haatmisdaad in Suid-Afrika kan bekom,” het dr. Roodt gesê. “Hierbenewens sal PRAAG voortaan ook sekere politieke groepe en mediagroepe monitor en waar nodig sulke entiteite as haatgroepe klassifiseer. Dit is ‘n procédé wat in oorsese lande met vrug deur minderheidsgroepe gebruik word.”
