Hooggeleerdes by die weermag se Universiteit van Buitelandse Militêre en Kulturele Studies voorsien “volle spektrum bedrywighede in die tuisland as ‘n visie vir die toekoms.” Burgeroorlogkenners beaam dit. Dié beplanning het opgeval, nadat ‘n wit skieter onlangs ‘n aantal nie-blankes by ‘n Sikh-tempel afgemaai het.
Die visie postuleer ‘n “ekstremistiese milisie gemotiveer deur die doelwitte van die Tea Party” wat die beheer van Darlington, SC, in 2016 oorneem, beset en die burgemeester onder huisarres plaas. Die rebelle beheer ook kontrolepunte op die Interstate 95 en Interstate 20 op soek na “onwettige immigrante”. Dit is ‘n strokiesverhaalagtige en onnodig uitdagende scenario, meen die koerant.
Vroeër hierdie jaar egter het kiesers in Arizona die nuus gehaal nadat hulle opgeruk het teen onwettige immigrasie wat hulle meen deur die Obama-administrasie aangemoedig word. Dit was nog nie rebellie nie, maar uitdagend genoeg om beplanners blykbaar tot kommer te stem.
Die skrywers maak ‘n saak uit wettige vir militêre aksie teen Amerikaanse burgers deur die weermag se operasionele konsep vir 2016-2028 op die situasie toe te pas. “Amerikaners sal verwag van die weermag om so professioneel as wat hulle in die buiteland optree,” binnelands in te gryp. Die weermag, sê die outeurs, “kan nie die Amerikaanse nasie teleurstel nie, veral nie in so ‘n oomblik nie”.
Blykbaar het niemand nog oorweeg dat die gebruik van so ‘n doeltreffende masjien se dodelike geweld teen hul eie mense, ‘n monumentale politieke teenreaksie sal skep en die regering se legitimiteit erg sal verweer nie. Die geweld sal waarskynlik teen wittes ingespan word, deur linksgesinde medeburgers.
‘n Professor by die weermag se Staff College is onthef van sy pligte in Junie omdat hy “die dwaalleer dat die Verenigde State van Amerika by ‘n oorlog teen Islam betrokke is,” versprei het.
Die Obama-administrasie het aangevoer dat die professor afgedank moes word, omdat hy was besig was om iets te doseer wat nie amptelike beleid is nie.
Dit is dus billik om te vra of die weermag in hul scenariobeplanning amptelike beleid ten opsigte van die gebruik van die Amerikaanse militêre mag teen Amerikaanse burgers goedpraat?
