Wat het geword van die KP-stemmers?

Die Konserwatiewe Party, of beter bekend as die KP, was sterk Konserwatief en Nasionalisities. Die party was vir meer as 12 jaar die amptelike opposisie in Suid-Afrika. Die KP-kiesers was van jou mees konserwatiewe en nasionalistiese kiesers. Wat het van hulle geword na 1994?

Die KP het in die 1987-verkiesing 574 502 stemme (26,6%) op hom verenig. In die 1989-verkiesing het hulle 680 131 (31,5%) stemme verwerf. Hulle het in 1992 -Referendum as die nee-stem 875 619 stemme (31,27%) verkry. As daar ooit ‘n verkiesing voor 1994 sou wees , het mense berig dat die KP die NP sou onsetel as die regerende Party.

Maar die vraag bly staan , wat het van hierdie amper 900 000 KP-kiesers geword? Die KP was pro-Afrikaner en tog was dit vir baie konserwatiewe Engelse ‘n politieke tuiste.

Sal hierdie eens trotse KP-kiesers weer vir ‘n soortgelyke party stem in die nuwe Suid-Afrika? Dit kan ‘n magbasis word in die Nuwe Suid-Afrikaanse Politiek en ‘n Party wat die belange van die Konserwatiewe en Nasionalistiese kieser sal beskerm.

лобановский харьков

Sekere lewensbeskouings kan misleiding wees

Ek het al dikwels gewonder waarom dit vir baie mense so belangrik is om te fokus op die najaag van daaglikse plesiere en om hul kortsigtige materiële behoeftes te bevredig en waarom hulle nie erns daarvan maak om meer uit te vind aangaande belangriker sake soos die moontlikheid van lewe na die dood, die aard van die Goddelike en wie ook al die meeste mag en invloed in die wêreld het nie. Is dit maar toevallig so, is dit deel van hulle sg. sondige natuur, of word dit waarin hulle belangstel en hul prioriteite grootliks beïnvloed deur ander mense? Waarom is dit so dat die meeste mense in ‘n spesifieke land min of meer dieselfde lewensbeskouing en godsdienstige idees het? Is dit moontlik dat daar selfs sekere magtige belangegroepe “agter die skerms” is wat doelbewus ander mense aanmoedig om sekere lewenswaardes te hê?

Vir duisende jare was daar in die meeste samelewings magtige mense wat daarna gestreef het om hul eie magsbasisse en rykdomme nog verder uit te brei – meesal ten koste van die welsyn van die meeste ander inwoners van daardie betrokke samelewings. Hulle het dikwels nie geskroom om allerlei immorele metodes te gebruik nie en het skaamteloos leuens vertel, baie mense benadeel en selfs oorloë begin ten einde hul doelwitte te bereik. Hul leuens en misleiding het soms gepaardgegaan met mooiklinkende woorde soos “verandering”, “demokrasie”, “vryheid”, “geregtigheid” en “gelyke regte”. Soms het hulle en hul ondersteuners gebruikgemaak van vreesaanjaende dogmas en leerstellings wat verwys het na God/gode wat diegene sal straf wat nié voldoende gehoorsaam is aan die veronderstelde God/gode se verteenwoordigers op aarde nie.

Baie magsugtige mense was en is nog steeds deeglik bewus daarvan dat die oorgrote meerderheid mense nog altyd onnadenkend sekere idees nagevolg het wat deur andere aan hulle opgedis is. Die meeste mense het ook nog altyd meer klem gelê op hul emosies i.p.v. rasionele denke. Daarom “voel” die meeste inwoners van ‘n demokrasie dat hulle darem op ‘n manier seggenskap het in die besluite van hul land se regering, juis omdat hulle kan deelneem aan verkiesings. In werklikheid bepaal die eienaars van die hoofstroommedia die uitslae van die verkiesings, omdat hulle so ‘n geweldige invloed het op die denke van die meeste stemgeregtigde mense – veral m.b.v. hul tydskrifte, koerante en beide nuuskommentaar en “vermaak” op die tv en radio.

Sommige idees is oënskynlik baie wonderlik en ondersteuners daarvan gee dikwels voor dat hulle die welsyn van andere probeer bevorder deur die navolging van daardie idees. Die langtermyn gevolge van die toepassing van sekere idees en ideologieë kan egter skrikwekkend wees en bevorder gewoonlik hoofsaaklik die belange van die magsugtige, super ryk mense. ‘n Goeie voorbeeld daarvan is die gedurige propagering van “demokratiese” regeringsvorms deur die Amerikaanse regerings as regverdiging vir hul aggressie teen oorwegend-Moslem lande in die Midde-Ooste. Nadat ontslae geraak is van die gewese vyandiggesinde regering, raak die Amerikaanse regering en media maatskappye toenemend betrokke in die land en indoktrineer hulle die plaaslike bevolking om politici te ondersteun wat meer geredelik die Amerikaanse maghebbers en eienaars van multinasionale maatskappye se belange sal bevorder.

Die meeste Suid-Afrikaners ondersteun Godsdienstige Fundamentalisme, terwyl ‘n groeiende minderheid Materialistiese Ateïsme ondersteun. Die gebruikmaak van hierdie twee lewensbeskouinge het al heelwat pyn en lyding in die wêreld veroorsaak – eersgenoemde het veral baie agteruitgang en oorloë veroorsaak in “godsdienstige” lande gedurende die Middeleeue, terwyl volgelinge van laasgenoemde, miljoene mense onderdruk en vermoor het in die ateïstiese diktature van die ou Sowjetunie, Noord-Korea en Rooi-Sjina. Godsdienstige Fundamentaliste glo in die bestaan van ‘n Persoonlike God en dat slegs sommige mense bestem is om eendag hemel toe te gaan, terwyl Materialistiese Ateïste glo in die onwerklikheid van enige God of Goddelike en dat daar geen “lewe na die dood” is nie. Daar is egter ‘n derde belangrike lewensbeskouing, nl. ‘n Nuwe Spirituele lewensbeskouing, waarvan die ondersteuners glo in reïnkarnasie/die verhuising van siele en die onpersoonlike aard van die Goddelike en waarvan ek ook ‘n ondersteuner is. Baie magtige mense se lewenswaardes, wat fokus op hulle en hul familie en vriende se selfverryking, is nader aan ‘n Materialisties-Ateïstiese lewensbeskouing as wat dit is aan óf Godsdienstige Fundamentalisme óf ‘n Nuwe Spirituele lewensbeskouing. Ek impliseer beslis nié hiermee dat alle Materialistiese Ateïste noodwendig selfsugtige mense is wat daarna streef om hulself te verryk ten koste van die welsyn van baie ander mense nie!

Godsdienstige idees aangaande ‘n Persoonlike God wat “omgee” vir Sy volgelinge omdat Hy kwansuis sorg dat hulle uiteindelik die ewige lewe sal beërwe, ontmoedig baie gelowiges om te fokus op die verbetering van lewensomstandighede in die “hierNOUmaals”. Aan die ander kant is godsdienstige dogmas soos bv. die erfsondeleer en bewerings oor die helse bestemming van halsstarrige “ongelowiges”, dikwels misbruik om baie mense in knegskap te hou. ‘n Gevoel van samehorigheid ontwikkel naderhand tussen gelowiges, terwyl daar ‘n al groterwordende kloof ontwikkel tussen aan die een kant die regeringsgesinde, godsdienstige meerderheid en aan die ander kant die ongelowiges wat weier om klakkeloos die godsdienstige idees en politieke beginsels van die breë gemeenskap te aanvaar. Goeie voorbeelde van oënskynlik “Christelike” lande waarbinne regerings eensgesindheid bevorder het deur gebruikmaking van godsdienstige idees, was Keiser Konstantyn wat Christelike dogmas aangaande die drie-enige aard van God misbruik het om die ou Romeinse Ryk te verenig en die ou Suid-Afrika waarbinne Calvinistiese lewenswaardes deur die meeste blanke Afrikaners nagevolg is. Daar was vir baie jare ‘n mate van eensgesindheid onder die meeste blanke Afrikaners, wat daartoe aanleiding gegee het dat hulle vervolgens organisasies soos o.a. die ou Nasionale Party en Afrikaanse Driesusterkerke ondersteun het. As gevolg daarvan het hulle die “ongelowige” ateïstiese kommuniste beskou as die nommer één vyand van die Christendom en van die Afrikanerdom.

Wanneer magtige belangegroepe egter besef dat sekere godsdienstige idees ‘n struikelblok word vir die verwesenliking van hul ideale, poog hulle derhalwe om ander lewenswaardes onder die massas te bevorder – waardes wat vir die belangegroepe uiteindelik meer voordelig sal wees. Sodoende kan selfs sekulêre humanisme en verbruikerisme voorgehou word as geldige plaasvervangende lewenswaardes vir uitgediende godsdienstige dogmas. Namate baie lede van die ou Afrikaner Broederbond begin afwyk het van die oorspronklike ideale van Afrikanernasionalisme en nouer begin saamwerk het met georganiseerde geldbelange, het baie ánder Afrikaners ook (toevallig?) wegbeweeg vanaf hul tradisionele Calvinistiese waardes en word daardie waardes vandag nog in toenemende mate vervang met die nuwe “gode” wat as’t ware die plek van Jesus ingeneem het – sport beheptheid en verbruikerisme. Die georganiseerde geldmag het jare gelede besef dat ‘n verenigde (Christelike) Afrikanervolk o.l.v. ‘n Verwoerdiaanse regering, ‘n struikelblok was vir hul planne om Suid-Afrika toenemend “leeg te suig” van soveel as moontlik minerale rykdomme. Baie hedendaagse “Afrikaanses” se omhelsing van selfgesentreerde “egoïstiese” materialisme en verbuikerisme, word dus verwelkom deur die Nuwe Suid-Afrika se eintlike maghebbers – die georganiseerde geldmag. Daardie Afrikaanses wat tot ‘n groot mate hul tradisionele Christelike waardes verruil het vir sport beheptheid en verbruikerisme, is ook nie oorywerig om die belange van die Afrikaanse gemeenskap of die van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap, te beskerm teen magsmisbruike nie.

Diegene wat nog altyd ‘n groot bedreiging vir die parasitiese belange van magtige belangegroepe ingehou het, was filosowe en denkers wat die geldigheid van Godsdienstige Fundamentalisme en die wenslikheid van verbruikerisme bevraagteken het. Hulle is dikwels as “ketters” gebrandmerk, gemarginaliseer en selfs op gewelddadige wyses vervolg. Magtige belangegroepe poog om uiteindelik ontslae te raak van onafhanklike denkers en van ‘n té groot middelklas. Die arm werkersklas word gedurig gesus en gepaai deur die leë beloftes van opswepers soos Julius Malema en organisasies soos COSATU en die SAKP wat hulself op die oog af beywer vir die welsyn van die meeste swartmense. Baie swartmense “voel” goed oor die onteiening van blanke boere se plase, maar hulle besef nie dat daardie selfde plase deur internasionale belange opgekoop kan word nadat dit verval het onder die nuwe “opkomende” swart boere nie. Die gevolglike wanadministrasie van die plase veroorsaak dus op die ou end moontlike voedseltekorte en die verdere verarming van die meeste swartmense, met die gepaardgaande verdere toename in rykdomme van internasionale maatskappye. Die vervalle plase kan ook moontlik genasionaliseer word deur ‘n toekomstige kommunistiese bewind wat ook korrupte marionette van die groot geldmag sal wees.

Sekere ideologieë, lewensbeskouinge, norme en waardes is dus handige hulpmiddels vir magsugtige opportuniste wat nie noodwendig self daardie idees ondersteun nie. Hulle bevorder dus sekere lewenswaardes onder hul onderdane en moedig hulle aan om teen “andersdenkendes” te diskrimineer. Die gewone “man op straat” polisieer dan naderhand sy medeburgers en diskrimineer teen sy eie andersdenkende familielede en werkskollegas. Vandaar die jarelange diskriminasie teen vrydenkers en ateïste in tradisionele “Christelike” lande en die hedendaagse optrede teen kunstenaars soos Zapiro wat die skynheiligheid van die “demokraties-verkose” leiers van die N(R)uwe Suid-Afrika probeer ontbloot.

Gedurende die ou Suid-Afrika is baie invloedryke lede van die Afrikaner Broederbond finansieel bevoordeel omdat die meeste blankes organisasies ondersteun het wat grootliks deur lede van die AB geïnfiltreer was, terwyl die hedendaagse maghebbers “agter” die ANC, kleinlike selfsug en verbruikerisme onder alle Suid-Afrikaners probeer bevorder. Dit is dan ook deel van lg. maghebbers se strategie om uiteindelik een reënboognasie te hê wat sal bestaan uit individue wat wegbeweeg het vanaf die tradisionele godsdienstige en kulturele waardes van hul voorouers en dit vervang het met selfgesentreerde materialisme. Mense wat sodanig fokus op selfverryking en hul daaglikse bekommernisse, is ook van staanspoor af minder gretig om eendragtig op te tree teen korrupte politici. Die meeste blankes word deur die hoofstroommedia geïndoktrineer om hierdie lewenshouding te aanvaar en dit weerhou hulle daarvan om gesamentlik passiewe weerstand te bied. Indien die meeste blankes egter sou besluit om sekere eise te stel aan die regering en te weier om verder belastinggelde te betaal alvorens voldoen is aan hul vereistes, kan die regering beslis nié almal van hulle gelyktydig tronk toe stuur nie! Die blankes lewer tans so ‘n groot bydrae tot die totale belastinggelde, dat die Suid-Afrikaanse regeringsleiers twee keer sal dink voor hulle sal weier om toe te gee aan die “melkkoeie” se vereistes.

Sommige elemente binne die georganiseerde geldmag strewe na die daarstel van ‘n eenwêreldorde waarbinne ‘n magtige, super ryk elite sal heers oor miljoene onderdrukte mense wie se lewensbeskouing sodanig van aard sal wees dat dit hoegenaamd geen bedreiging sal inhou vir die parasitiese belange van die elite nie. Daar sal dan ‘n toenemende “Donker Era” wees waartydens die meeste mense sal vergeet van ware spirituele norme en waardes. ‘n Suid-Afrika bestaande uit ‘n geldgierige elite wat heers oor ‘n arm en geïndoktrineerde bevolking, is dus ‘n wesenlike stap in hierdie rigting.

Indien ‘n redelike aantal mense egter sou besef wat aan die gang is en indien daardie mense sou besluit om iets te doen aan die skadelike invloede van die georganiseerde geldmag, kan hulle die nadelige lewensbeskouinge wat deur die groot geldmag gepopulariseer word, ontbloot en selfs vervang met ‘n meer Spirituele lewensbeskouing wat gebaseer is op die ideaal van die uiteindelike bevryding van alle mense en alle ander lewende wesens. In so ‘n geval sal die wêreld dan ook verder wegbeweeg vanaf ‘n moontlike onderdrukkende fascistiese eenwêreldorde en sal mense beter geleenthede hê om hul unieke spiritualiteit en skeppingsvermoëns meer doeltreffend te kan uitleef.

Данильченко Юрий прокурор

Noord-Kaap brand deur Siener voorspel?

Die brand wat duisende hektare in die Noord-Kaap verwoes het is moontlik amper honderd jaar gelede deur Siener van Rensburg voorspel.

Volgens oorlewering het hy kort voor sy dood gepraat van ‘n ontsaglike vuur by Andalusië, dit is in daardie tyd die Jan Kempdorp distrik gewees, wat die ergste brand sal wees wat die land nog gesien het.

Die brand, wat al volgens gerugte oor die 120 000 hektaar vernietig het, is in die omgewing van Koopmansfontein en Boetsap, reg langs Jan Kempdorp. Landbouweekblad beskryf die brand as “een van die ergste in mense heugenis”

Talle van die Siener-volgelinge het baie lank vermoed dat die wapen-opslag by Jan Kempdorp dalk kan ontplof en ‘n brand laat onstaan, maar met hierdie nuwe verwikkeling krap almal kop.

‘n Ander gesig wat onlangs dalk vervul is is die moeilikheid wat by die koppie naby Rustenburg ontstaan het (Marikana) wat ook voorspel was.

Daar is talle mense wat nie glo in Siener van Rensburg nie, maar indien hierdie “die grootste brand is wat die land nog gesien het” en dit minder as ‘n klipgooi van Jan Kempdorp is, kan mens nie help om te wonder of dit blote toeval is nie?

Лобановский Харьков

‘n Ontleding van geweld in die Wes-Kaap tot dusver

Donderdag was ‘n dag van effens minder geweld in die Wes-Kaap in ‘n week van deurlopende protes. Spanning het egter merkbaar toegeneem, sê ontleders op die grond. Die mees kommerwekkende is aanduidings dat die protes versprei na gebiede waar plaasarbeid geen kwessie is nie.

Die nuusmedia se tipering van geweld wat deur ontevrede plaaswerkers as steunwerwing aangewend word vir ‘n styging in die minimumloon tot R150 ‘n dag, is nie meer voldoende om die onrus in die Kaap te verduidelik nie. Donderdag, is groot druk in die gebied van die Overberg, van spesifiek Swellendam, ondervind waar die kwessies heeltemal verskil van De Doorns.

In Swellendam is bande aan die brand gesteek, rotse gegooi en winkels geplunder. Swellendam se munisipale sake kry nie aandag in die media buite die streek nie, maar dit blyk dat daar ‘n aaneenlopende sage onderliggend aan hierdie geweld is, met beskuldigings van korrupsie, wanadministrasie, en die onontkombare party-politiekery.

Tydens ‘n ondersoek deur die regering se Spesiale Ondersoekeenheid Eenheid is verskeie onreëlmatighede in die bedrywighede van die stadsraad geïdentifiseer waar “moontlike konflikte van belang en onregmatige sakebelange van nie minder nie as 61 lede van die personeel en die raad” te berde gebring is.

Tot en met Oktober, het die stadsraad bestaan ​​uit vier DA-raadslede en vier ANC-raadslede, met die balans in die guns van die DA weens ‘n koalisie met ‘n eensame ACDP-raadslid. Die ANC beweer dat hulle die raad beheer omdat die ACDP-raadslid oorgeloop het na die ANC.

‘n Hofstryd het gevolg, want die DA beweer dat die ANC-beheer onwettig is en ‘n hele klomp geld is al uitgegee om die saak te besleg. Dinsdag, het die appèlhof beslis dat die DA wettige beheer oor die stadsraad behou weens ‘n tegniese punt. Verslae dui daarop dat die Swellendam-onrus begin het kort daarna as ‘n gevolg van ontevredenheid met die hofbesluit.

Verslaggewers wat Donderdagnag by die ingang van Railton, ‘n informele nedersetting in Swellendam was, is aangeval tydens die spanning wat tussen die polisie en betogers opgevlam het.

Betogers wag vir sonsondergang ten einde hul aktiwiteite te eskaleer, want in die duisternis is dit moeilik vir die polisie om individue te identifiseer. Die gemeenskap is woedend en voel dat die DA die munisipaliteit onregmatig gekaap het.

Swellendam was nie die enigste dorp wat Donderdag met oproer te kampe gehad het wat niks met plaaswerkers se protes te make gehad het nie. In die kusdorp van Gansbaai, het 300 mense, werkers by die Atlantiese perlemoenplaas, opgeruk in protes teen lae lone. Hierdie werkers eis na bewering dat hul salarisse verdubbel word.

Elders in die provinsie, ten spyte van die regering se ooreenkoms, het baie plaaswerkers voortgegaan om weg te bly van die werk. Die Food and Allied Workers Union (Fawu) het gesê dat plaaswerkers is bang om terug te keer uit vrees dat hulle geviktimiseer sal word. In De Doorns staak die meerderheid werkers steeds.

Teen Donderdag was meer besonderhede oor die omstandighede van die dood van ‘n man in Wolseley Woensdag bekend. Die Cape Times berig dat Michael Daniels, 28, net op pad na die winkels was toe hy deur die polisie geskiet is. ‘n Plaaswerker het aan die koerant gesê dat ‘n senior vroulike polisiebeampte die bevel gegee het om “die goed vrek te skiet” in Afrikaans. Daar is nog onsekerheid oor of Daniels met rubberkoeëls of lewendige ammunisie geskiet is. Sy oom Dino Sass het aan die Daily Voice gesê: “Ek glo dat hy geskiet is met lewendige ammunisie – rubberkoeëls is nie veronderstel om mense dood te maak nie.”

Terwyl rubberkoeëls mense kan doodmaak – soos Ficksburg se inwoner Andries Tatane – lyk dit toenemend waarskynlik dat die polisie wel lewendige ammunisie op die Wolseley-skare gebruik het. Die Cape Times berig dat ‘n inwoner van die dorp gesê het dat die polisie se rubberkoeëls opgeraak het en die oproermakers het begin klippe gooi wat die gebruik van lewendige ammunisie genoodsaak het.

‘n Bron by ‘n Ceres-hospitaal het bevestig dat ‘n totaal van vyf mense behandel is Woensdag wat deur lewendige ammunisie getref is, insluitende een wat geskiet is in die bekken. Die dokter het egter gesê hy dra geen kennis oor die omstandighede van Daniels se dood nie.

Die Ceres-dokter het gesê die atmosfeer in die dorp bly gespanne, met padversperrings, maar slegs een persoon is met protes-verwante beserings in die hospitaal opgeneem. Die meerderheid van die inwoners met wonde van oproerammunisie het gesê hulle het nie mediese hulp gesoek nie, aangesien hulle arrestasie vrees.

Zille het in reaksie gesê sy is oortuig dat ‘n militêre teenwoordigheid sal lei tot ‘n afname in geweld. 

Zille sê dat haar grootste bekommernis is dat boere direk sal ingryp. Agri SA het intussen voorgestel dat boere direk met hul werkers oor lone onderhandel. Sy het aan die media gesê: “Dit is waarom ons permanent ‘n teenwoordigheid moet volhou, want dit sal help om wet en orde te herstel en om te verhoed dat mense die wet in eie hande neem.”

Of die teenwoordigheid van die SANW tot totale kalmte sal lei in ontstoke gemeenskappe is ‘n ope vraag. Dit mag die olie op die reeds brandende vuur word.

 

лобановский класс

MO: Asimmetries en onstabiel

Ontleders sê die situasie in die Midde-Ooste is tans baie gevaarlik in die sin dat ‘n stryd mag ontketen waarby ander lande rondom Israel en Gasa noodwendig sal aansluit. Dit gaan ongetwyfeld lei tot nog groter politieke onstabiliteit in die streek. Sedert 2008-09 en Operasie Cast Lead is baie min van wat vernietig is in die operasie weer opgebou.

Soos Cast Lead, is die konflik in Gasa ‘n baie eensydige oorlog. Dit was te bespeur in die ongevallesyfers van drie weke: Meer as 1400 Palestyne het omgekom, die meeste van hulle burgerlikes. En daar was 13 Israeli’s, van wie sewe dood is, en vyf van hulle was burgerlikes in vriendelike vuur. Die verskil tussen die aantal slagoffers van die twee strydende groepe was toe enorm, en die asimmetriese verhouding sal voortduur.

Gasa het nog steeds nie elektrisiteit nie 24 uur ‘n dag nie. Dit is net vir ‘n paar uur beskikbaar. As die bombardement van tans weer die elektriese kragopwekkers beskadig, soos vier jaar gelede, sal dit nog ‘n tydperk van jare duur voor dit weer herstel kan word.

Op die politieke front kan ons waarskynlik ‘n veel groter verwydering tussen die Israeliese en Egiptiese regerings sien. Die Egiptiese regering sal egter nie direk militêr betrokke raak nie, maar ‘n soort van heroorweging van die Camp David-ooreenkoms en die bepalings daarvan is seker. Dis waarskynlik die rede waarom die Egiptiese regering besluit het om sy ambassadeur van Tel Aviv net gister te onttrek.

 

Фільчаков прокурор

Wat beteken die VSA se heerskappy?

Teen 2025 sal ‘n Amerikaanse “driedubbele dak” van gevorderde toesig en gewapende onbemande tuie die hemelruim tot aan die eksosfeer beheer. ‘n Wonder van die moderne tyd, wat wapens op enige plek op die planeet met ‘n verbysterende spoed sal kan rig, ‘n vyand se satellietkommunikasiestelsel sal kan vernietig, en individue biometries oor groot afstande sal kan volg.

En dit alles staan tans onder die beheer van ‘n swart man.

Saam met die land se gevorderde kuberkapasiteit, is dit ook die mees gevorderde gemilitariseerde inligtingstelsel wat ooit geskep is en ‘n versekeringspolis vir Amerikaanse globale heerskappy diep in die 21ste eeu. Wit Amerikaners weet egter bitter min oor die ontwikkeling.

Hulle sit nog steeds in ‘n ander era vas. “Ons vloot is nou kleiner as op enige tydstip sedert 1917,” het Republikeinse kandidaat Mitt Romney gedurende die laaste presidensiële debat geteem.

Waarop president Obama met die spottende woorde gereageer het: “Wel, Goewerneur, ons het ook minder perde en bajonette, omdat die aard van ons militêre kompleks verander het… die vraag is nie ‘n spel van skepe tel nie. Dit is wat ons vermoëns is.”

Obama het later uitgebrei: “Ons nodig het om te dink oor kubersekuriteit. Ons moet praat oor die ruimte.” Daar was intussen selfs gerugte dat Microsoft Romney se Orca-stelsel tydens die verkiesing gesaboteer het sodat hy misluk, omdat hy die ou orde in die Weermag verteenwoordig.

Te midde van al die post-verkiesingstamheid het die detail verlore gegaan. Vir die afgelope vier jaar, werk die Pentagon in stilte en geheimhouding aan die volskaalse bewapening van die ruimte.

Hierdie unieke Amerikaanse stelsel van imperiale insameling van inligting, het sy oorsprong in briljante Amerikaanse innovasies in die bestuur van tekstuele, statistiese en visuele data. Dis ‘n nuwe inligting-infrastruktuur met ‘n ongekende kapasiteit vir massatoesig.

Onder die druk van ‘n nimmereindigende oorlog in Viëtnam, het die bestuur van die Amerikaanse inligtinginfrastruktuur hulle destyds na gerekenariseerde data-bestuur gewend. Aangedryf deur die mees gevorderde IBM hoofraamrekenaars, het die VSA se militêre magte maandelikse tabelle van sekuriteit in al Suid-Viëtnam se 12.000 dorpe opgestel en in bewaring gehou.

Die CIA het daarmee saam gerekenariseerde diverse data van die kommunistiese burgerlike infrastruktuur as deel van sy berugte Phoenix Program vergelyk.

Na ses jaar van mislukte teen-insurgensie pogings in Irak, het die Pentagon die krag van biometriese identifikasie en elektroniese toesig die land se uitgestrekte landskap begryp. Hulle het toe ‘n biometriese databasis met meer as ‘n miljoen Irakse vingerafdrukke en iris-skanderings dmv Amerikaanse patrollies op die strate van Bagdad ingesamel wat onmiddellik gestuur is dmv die satellietskakel na ‘n rekenaarsentrum in Wes-Virginia.

Teen 2020, moet hierdie nuwe verdedigingsargitektuur teoreties in staat wees om die ruimte, die kuberruimte en infanterie te integreer deur middel van robotika, en ‘n naatlose oorgang van inligting na dodelike aksie wees. Maar dit is ook hoogs ongereguleerde domeine van militêre konflik, grootliks buite die internasionale reg.

Die vraag wat Washington sal moet antwoord is dus: Hoe hoog is nasionale soewereiniteit, letterlik? Daar is geen internasionale ooreenkoms oor die vertikale omvang van soewereine lugruim nie, sedert ‘n konferensie oor internasionale lugreg, belê in Parys in 1910, misluk het. Soos ‘n Pentagon se regsverteenwoordiger antwoord: Slegs so hoog as wat jy dit kan afdwing.

So vroeg as 2020, hoop die Pentagon om die hele wêreld onophoudelik te patrolleer, via ‘n driedubbele dak wat ‘n ruimtelike skild tot aan die eksosfeer bied, gedryf deur onbemande tuie met ratse missiele, gekoppel aan ‘n modulêre satelliet-stelsel, roboties gemonitor deur ‘n teleskopiese Panopticon.

Uiteindelik sal die impak van hierdie derde inligtingsrewolusie gevorm word deur die vermoë van die VSA se militêre magte sy verskeidenheid van ruimtewapens te integreer in ‘n bevelstruktuur wat in staat sal wees om alle domeine, naamlik ruimte, kuberruimte, lug, see en land, te beheer.

Maar dit laat elke planeetbewoner ‘n enorme eksistesiële vraagstuk. Sal dit ten behoewe van Westerse kultuur aangewend word?

As die toekoms van Amerika se wêreldmag gevorm gaan word deur ‘n nuwe tegnologiese rewolusie, bly die vraag of die Amerikaanse politieke wil sterk genoeg sal wees om die blankes wat dit geskep het, se voortbestaan te verseker.

Александр Фильчаков Васильевич

Wat Obama vir die EU en Australië beteken

President Obama se herverkiesing het in verskeie lande tot groot verligting gelei. Benewens die Britse premier David Cameron se erkende noue bande met die Amerikaanse leier, het Angela Merkel en Francois Hollande ook hul tevredenheid uitgespreek oor die uitslag. In Australië was die reregring merkbaar bly, maar moontlik nie vir dieselfde redes as in Europa nie.

Die Verenigde State het Beijing voorheen van valutamanipulasie en industriële spioenasie, asook goedkoop invoere uit China beskuldig wat ‘n bron van ‘n besonder intense twis tussen die twee lande is. Spanning tussen die VSA en China kan op die duur baie nadelig vir lande soos Duitsland en Australië wees. Kanselier Merkel sien in Obama ‘n vennoot wat die wrewel tussen die VSA en China kan ontlont.

Kritici in Washington, veral Republikeinse stemme, beweer die Chinese die wisselkoers word kunsmatig laag gehou ten einde uitvoere te verhoog en ‘n perk op invoer te plaas. Enige groot konflik dus tussen die Verenigde State en Beijing, hetsy by wyse van ‘n handelsgeskil of ‘n geborgde konflik in China se invloedsfeer in die Suidoos-Asiatiese streek, kan ‘n baie negatiewe invloed op die Duitse ekonomie hê. Vandaar die verligting in Duitsland met Obama se prestasie, aangesien die Demokrate nie ‘n openlike vyandige houding aanmoedig nie en Duitsers glo dat Obama die kandidaat van vrede sal wees.

“Ons het ‘n groot belang om te verseker dat ‘n konfrontasie tussen die VSA en China nie vorm aanneem nie,” sê Rolf Mützenich, die buitelandse beleidskenner in die parlement vir die sentrum-linkse Sosiaal-Demokratiese Party. “Europa het ‘n paar voorstelle hier gemaak.” Wat lede van Merkel se regeringskoalisie graag tans wil sien is dat Obama diep nadink oor China. “Wanneer dit kom by die Asiatiese uitdaging,” het die CDU se buitelandse beleidsdeskundige Missfelder gesê, “moet daar ‘n beter en strenger uitruil [van inligting] tussen Amerika en Europa wees.”

In ‘n nuutgepubliseerde boek deur die Australiese joernalis David Uren egter, skryf hy dat die Australiese regering se 2009 Verdedigingswitskrif ‘n “geheime hoofstuk” insluit wat Australië se vermoë bespreek om ‘n lug-see stryd saam met die Verenigde State teen China te veg.”

Die hoofstuk is weggelaat uit die openbare weergawe omdat dit verwysings bevat na die Australiese magte wat die VSA se militêre magte help om ‘n vlootblokkade van China se handelsroetes te bewerkstellig.

Die bestaan ​​van die vertroulike hoofstuk is onlangs prominent op die voorblad van ‘n Australiese koerant, die Australian, aangekondig. Uren, die ekonomiese redakteur, bied geen bron vir sy inligting nie, maar hy het kontak met Australiese politieke, militêre en diplomatieke bronne.

Sy boek oor die dieselfde onderwerp, The Kingdom and the Quarry: China, Australia, Fear and Greed, is hoofsaaklik ‘n bespreking van die enorme dilemma wat die Australiese regerende elite mee te kampe sal kry as die Verenigde State hul belangrikste strategiese en militêre bondgenoot dwing om ‘n meer aggressiewe houding teenoor China, Australië se grootste handelsvennoot, in te slaan.

Uren sê: “Die vermoë van China om oor 5000 kilometers te reik en Australië te tref is ‘n nuwe element van die strategiese omgewing.”

Vir oorlogsvoorbereidings het die Witskrif aanbeveel dat meer as $100 miljard bestee word oor die volgende dekade of so om die Australiese weermag toe te rus met nuwe duikbote, aanvalsvaartuie, vegvliegtuie en ander gevorderde toerusting.

Die voormalige Australiese eerste minister Kevin Rudd het die Witskrif – met felle teenkanting van sy militêre intelligensie adviseurs – aggressief ondersteun, maar sy pogings om tussen die VSA en China as bemiddelaar op te tree in die geval van konflik, is nie deur die Obama-administrasie ondersteun nie. Julia Gillard, sy opvolger, was baie meer inskiklik teenoor die VSA.

Diplomatieke korrespondensie wat deur WikiLeaks gelek is, het Gillard voor haar verkiesing uitgewys as Amerikaanse amptenare se gunsteling om as ‘n pro-Amerikaanse alternatief vir Rudd aangewys te word.

Terwyl Uren nie daaroor berig nie, het die US Naval War College ‘n studie in Januarie 2011 die lig laat sien waarin Australië se “talle voordele” as ‘n basis beskryf word, waaruit die VSA se militêre magte beheer oor die belangrike seeroetes in die geval van konflik met China kan uitoefen. Die studie se skrywers, James Holmes en Toshi Yoshihara, het gesê “die Australiese regering is Washington se mees betroubare bondgenoot in Asië, naas Tokyo.”

Onder premier Julia Gillard, het Australië vir die Obama-administrasie die spilpunt in die Asië-Stille Oseaanstreek geword. Australiese hawens en lughawens is opgegradeer vir gebruik deur die Amerikaanse weermag en die Cocos-eilande in die Indiese Oseaan is beskikbaar gestel as ‘n basis vir Amerikaanse onbemande tuie.

Die Chinese Kommunistiese Party wys Donderdag ‘n nuwe leier aan wat die wêreld se grootste supermoondheid teen 2025 sal lei. Xi Jinping (59), huidige president en sekretaris-generaal van die party, sal Hu Jintao opvolg.

Xi sal in Maart by Hu as staatshoof oorneem en het aangekondig dat hy China na nuwe hoogtes sal lei. China het ‘n oorwig van manlike inwoners.

 

лобановский александр дети

Watter illusie: Obama of Romney?

Die Amerikaanse verkiesing is op ‘n mespunt, maar nuuskieriges sal nie veel langer hoef te wag vir die uitslag van die tweemanresies nie.

Die ironie van Barack Obama se veldtog en sy ampstermyn, kan nie groter wees nie. Hy is die gesig van swart burgerregte en verworwe vryheid. Onder Obama egter is ‘n skerp aanval op Amerikaanse burgerlike vryhede geloods, insluitende die ondertekening van Artikel 1021 (b) (2) van die National Defense Authorization Act (NDAA), baie strawwer as wat George W. Bush voorsien het.

Artikel 1021 (b) (2), laat toe dat die VSA se militêre magte burgers van die VSA onbepaald mag aanhou in militêre fasiliteite, en stroop hulle van ‘n behoorlike regsproses. Obama kon dit natuurlik alleen regkry omdat hy swart is. Na alles sal niemand waag om ‘n swart man vir onvryhede te verkwalik nie.

Die Obama-administrasie het dadelik geappelleer teen uitsprake wat nie in hul guns was oor aanhouding sonder verhoor nie. Obama ondersteun selfs die FISA Wysigingswet sodat die regering miljoene burgers sonder lasbriewe kan deursoek. En dan is daar die sogenaamde “kill-lists” of doodslyste om teenstanders met aanvalle van onbemande tuie uit te wis, selfs burgers van die VSA, diesulkes wat die regerende elite as terroriste beskou.

Die definisie is nie altyd helder nie. Terwyl die VSA amptelik ontken dat hulle in ‘n oorlog teen Islam betrokke is, is hulle in Afghanistan, Irak en in Afrika tans uitsluitlik in oorloë met Moslems gewikkel. Vir die oomblik is die probleem dus elders, maar met sulke wette op die wetboeke, kan die nasionaliste of rasrealiste dalk volgende deurloop.

Wat Romney betref, weet geen kieser eintlik hoe sy vroeë ervarings binne die Mormoonse Kerk sy karakter en wêreldbeskouing beïnvloed het nie. Sy kerk se hoogste leierskap bestaan ​​uit mans alleen en ontken steeds enige openbare rol vir vroue, maar nie van swartes nie. Dit laat kommer ontstaan ​​of hy vroue se ondergeskikte rol in die Mormoonse Kerk ook wil uitdra na die breër Amerikaanse gemeenskap.

Is Goewerneur Romney se gedagtes oor die Christelike godsdiens versoenbaar met Mormoonse waardes? Daar is vele Christene wat meen dat Mormone nie deel van die Christelike tradisie is nie, aangesien hulle nie in die heiligheid van Jesus Christus glo nie.

Baptiste, by monde van hul pastore van die Greater Hampton Roads Christian Leadership Conference, byvoorbeeld, stem vir Obama, selfs al is baie van hulle teleurgesteld dat Amerika se eerste swart president besluit het om dieselfde-geslag huwelike te ondersteun. Vir baie is Obama se Christelike waardes nader aan hul eie as Romney se “onchristelike” sekte.

Obama sal sy linkse, liberale kiesers wat vreedsame naasbestaan en multikulturalisme nastreef – indien hy herkies word – waarskynlik verraai. Ook die goedgelowige Christene wat vir hom gaan stem, sal hy verraai. Maar dan is dit te verwagte van mense in magsposisies, volgens Elias Canetti.

“Enigeen wat oor mense wil heers, sal eers probeer om hulle te verneder, om hulle van hul regte te vervreem asook hul vermoë om weerstand te bied, totdat hulle so magteloos is voor hom soos diere,” skryf die Switser Canetti in 1960 in sy seminale werk oor massas, Masse und Macht. Obama het ongetwyfeld ‘n voorsprong bo Romney in daardie opsig, want hy doen hom voor as die “vriendeliker” keuse teenoor die reëlgebonde en streng Romney, en het daardeur baie kiesers se vertroue gewen.

Walter Lippmann, Leo Strauss en die romanskrywer Ayn Rand stem egter ook saam oor die elite se diep minagting vir die sans-culottes. Hierdie skrywers postuleer dat die massas nie rasioneel reageer teenoor die kompleksiteit van mag nie. ‘n Klein, beherende elite wat propaganda en simbole goed gebruik, soos Lippmann geskryf het, kan wondere verrig. Soos die simboliek van Martin Luther King waarop Obama briljant inspeel.

Die elite se stelsels van propaganda is ontwerp om emosie te vergroot en die vermoë van kritiese denke te vernietig. Kafka was in een opsig reg: Die moderne wêreld het die irrasionele gerasionaliseer.

“Skares staan altyd onder die invloed van illusies,” het Gustave Le Bon, een van die eerste pioniers van die studie van massa-sielkunde, geskryf. “Wie hulle met illusies kan voer, is maklik hulle meester, en elkeen wat poog om hul illusies te vernietig, is altyd hul slagoffer.”

 

Данильченко Юрий отзывы

Media24 medepligtig aan volksmoord!

Vlak 8 van Volksmoord soos beskryf deur GenocideWatch handel oor die ontkenning van die volksmoord. Die realititeit vir duisende blankes is dat hulle vermoor word omdat hulle wit is, dat hulle weerhou word van werk omdat hulle wit is en dat die swaard van hervorming en transformasie oor ons hang omdat ons ‘n wit volk is.

Media 24 het sowat ‘n jaar terug die VVK verbied om ‘n advertensie te plaas (ter waarde van R80 000). Die doel van die advertensie was om mense te registreer vir ‘n volksverkiesing om te voldoen aan die VN se vereistes.

So paar maande gelede het ek ‘n hele aantal briewe aan die redakteurs van die Afrikaanse koerante gerig om hulle te nooi om in die publiek ‘n vergadering aan te bied sodat ons, ons griewe kan lig oor die media wat swyg oor die aanvalle op ons volk. Hulle het my botweg ignoreer.

Met projek 4020 het ons gepoog om iets ekstreems genoeg te doen met die hoop dat die media weer die saak op die tafel sal sit. ‘n Joernalis van die Beeld het selfs bevestig hy sou opdaag en het toe nie.

Die nuutgestigde politieke party, die FVP, word net so ignoreer deur die media. HIerde party wat die belang van die volk wil verteenwoordig word eenvoudig ignoreer.

Wat moet ons nog doen om gehoor te word? HIerdie volk wat Naspers opgebou het word nou vermoor en Naspers swyg…

Hiermee vra ek dat Media24 daadwerklik toetree tot die gesprek. Indien julle nie eers bereid is om die gesprek aan te voer nie, sal dit ons as volk dwing om julle mede-aanspreeklik te hou vir die slagting op ons mense. Dan is die bloed op julle hande…

Олександр Васильович Фільчаков

‘Wie het die wêreld verloor?’

Wie het Libië verloor? Wel, tewens die hele Midde-Ooste? Met “Benghazi-gate” in die nuus enkele dae voordat die wenner van die Withuis beslis gaan word, bly die tergende vraag: Hoe het ‘n tragiese maar geïsoleerde voorval by ‘n Amerikaanse konsulaat, op ‘n plek waarvan min Amerikaners nog ooit gehoor het, ‘n sentrale kwessie geraak in ‘n Amerikaanse presidentsverkiesing?

Die kort antwoord: Die ou-ou gedagte dat Amerika oor ‘n onvervreembare reg beskik om die wêreld te beheer, enige moontlike plek denkbaar. Hoe anders? Want ‘n mens kan nie verloor wat jy nooit gehad het nie.

Dit is soos tydens die Koue Oorlog toe Republikeinse staatmakers verontwaardig uitgeroep het: “Wie het China verloor?” Meer as ses dekades later, is dit nog steeds verbasend maklik om die politieke lug te vul met angs deur Amerikaners te laat glo hulle het verloor. ‘n Geveg, ‘n land of, erger nog, ‘n hele streek op een of ander manier.

Wie is in beheer?

Die voorval in Benghazi was vol verrassings, en daarby word nie bedoel die dood van die ambassadeur nie. Weke na die dood van J. Christopher Stevens (en drie ander Amerikaners, terloops) het die strydkreet om die veldtog om Barack Obama te ontsetel, opgeklink. Nog meer verbasend: toe die nuus van die tragedie gebreek het, het dit na ‘n doodgebore politieke kwessie gelyk.

Die dag na die aanval op die konsulaat, het Mitt Romney sy teenstander aangevat: “Amerikaanse leierskap is nodig om te verseker dat die gebeure in die streek nie buite beheer raak nie.”

Die Republikeinse presidensiële kandidaat is weer aangeval om dat hy gewaag het om die voorval te “verpolitiseer”. Republikeinse staatmaker Ed Rogers het egter Obama ondersteun en gesê: “Romney het gestruikel,” terwyl “die president die regte dinge met die regte toon gesê het.”

Daar was oplaas konsternasie in altwee die kampe, met die hulp van die media, natuurlik.

Deels was dit die media se behoefte om te midde van ‘n beslote presidensiële wedstryd die publiek se belangstelling gaande te hou. Ten tye van die Libiese voorval is algemeen saamgestem dat Obama besig was om voor te loop in die wedloop, potensieel beslissend, en enigiets wat Romney se kanse kon verbeter, was ongetwyfeld welkom op ‘n redakteur wat papier moet verkoop, se lessenaar. Anders het die nuusvooruitsigte maar vaal gelyk.

Libië was die nuusplatform om die vervelige en eensydige verkiesing ‘n bietjie op te kikker. Die publiek het ‘n eindelose aptyt vir aangrypende stories oor uitdagings vir Amerika se “beheer”, sy globale mag en sy reg om die wêreld te bestuur. 

In sy eerste groot buitelandse beleidstoespraak, het Romney die pap besonder dik aangemaak en die Libiese aanval in elke wit middelklashuis ingedra: “Ons ambassades is aangeval. Ons vlag is verbrand … Ons nasie is aangeval.”

Die president se werk is om Amerikaners te beskerm deur die vyand te domineer, het die uitdager verkondig. Romney het die teerste teerpunt aangeroer, die gewilde verhaal van Amerikaanse buitelandse beleid, naamlik die ewige stryd teen “swakheid”: Wie is in beheer van die wêreld?

Na alles, wat is die punt van ‘n globale supermoondheid indien hy nie in beheer van die gebeure rondom die wêreld is nie? Soos Romney dit bondig gestel het: “Dit is die verantwoordelikheid van ons President om Amerika se groot krag te gebruik om die geskiedenis te vorm.” En Obama het klaaglik misluk en ‘n Amerikaanse ambassadeur het betaal vir die versuim met sy lewe .

Teen die tyd dat die derde debat moes plaasvind, het Romney se strateë blykbaar geen voordeel meer gesien nie en baie risiko in die Libiese vraagstuk. Maar hulle het nog steeds enorme voordeel gesien om die breër kwessie van Amerikaanse oppermagtigheid aan die lewe te hou. Romney het deurgedruk met die groot “aantal ontstellende gebeure” wat die land moet trotseer.

Vir dekades lank was al die regerings in die Midde-Ooste, die energiehartland van die planeet, Amerikaanse bondgenote, en eintlik kliënte. Hul weermagte is onderhou, asook hul outokratiese regimes, en enige uitdrukkings van anti-Amerikaanse sentiment is dadelik onderdruk. Onder Obama, is hierdie belangrike gebied van die wêreld buite beheer.

Obama se oomblik van triomf was die dood van Osama bin Laden. Obama was, na alles, die man wat bin Laden laat betaal het vir sy sondes. Romney het in Libië duidelik ‘n kans gesien om daardie oomblik waar Amerika se oppergesag en mag geseëvier het, terug te steel.

Die debat tussen die Republikeine en Demokrate was nooit oor die doelwitte in die Midde-Ooste, waar ondersteuning vir outokratiese vriende soos Saoedi-Arabië en Bahrain aanvaarbaar is nie. Dit gaan uitsluitlik oor Amerikaanse belange. Wat goed is vir Amerika is goed vir die wêreld.

Beide kante stem heeltemal saam oor die behoefte aan demokratiese verkiesings, godsdienstige pluralisme, ‘n vrye pers, die bemagtiging van vroue, die bevordering van vrye onderneming, en die vernietiging van Islamitiese terroriste.

Beide kante stem saam dat Washington se oorheersende buitelandse beleidsdoelwit moet wees om die geskiedenis te vorm, beheer oor die wêreld uit te oefen, en dit moet Amerikaanse waardes weerspieël en Amerikaanse belange dien.

Elke volk en elke nasie op die planeet is dus, teoreties, die VSA s’n om te verloor, ongeag of die Republikeine of Demokrate wen.

Vir die meeste Amerikaners is hierdie houding nie blote hubris en vergiftig deur imperiale magslus nie. Dit is net goeie gesonde verstand. Die aanname is dat die VSA die wêreld se “lokomotief” is en al die ander lande “die kondukteurswa”.

Die probleem hiermee is dat daar iewers op die planeet, selfs in die verste hoekie, ‘n kwessie sal opduik wat Amerika se nasionale veiligheid bedreig. Elke oomblik is daar die gevaar om iets te verloor. Die naam van die bedreiging kan verander met verrassende gemak. Maar die gevaar is altyd teenwoordig.

Soos die New York Times-rubriekskrywer Maureen Dowd skryf: “Elke verkiesing het dieselfde verhaal: Kan die sterk pa die huis teen invallers beskerm?” Is ‘n kandidaat ‘n sterk genoeg “vader” om die wêreld te beheer en sodoende die beskerming van die “huis” te verseker?

Elke uitdager speel op daardie angs, net soos die Republikeine destyds uitgeroep het: “Wie het China verloor?”

Soos Mitt se eis van ‘wie het Libië verloor?’ of liewer ‘wie het die Midde-Ooste verloor?’ bevestig dit beide die gerusstellende belofte dat Amerikaners verdien om die wêreld te beheer en die ontstellende angs dat hulle kan verloor wat in wese alles aan hulle behoort.

Dit is hoekom ‘n klein gebeurtenis in Libië ‘n sentrale veldtogkwessie geword het, want dit bevat die hele psigologiese pakket: Amerika se mag en heerskappy is nog ongeskonde.

Teen 2020 of selfs 2016 sal die politieke strydkreet dalk wees: “Wie het die wêreld verloor?”

Данильченко Юрий Харьков

Doodsklok lui vir universiteite

Die Nasionale Vergadering se goedkeuring op 30 Oktober van Blade Nzimande se wysigingswetsontwerp oor hoër onderwys is werklik skokkend. Daarmee lui die doodsklok finaal vir outonome owerheidsgefinansierde Suid-Afrikaanse universiteite. Volgens die berig (Die Burger, 31 Okt, p 2) het die DA, OD en Cope besware geopper, maar die ANC-meerderheid het die wet deurgedwing; nog ‘n voorbeeld van suksesvolle massa-aksie.

Die vraag is of die universiteite, bv by monde van die komitee van universiteitshoofde, hulle enigsins vooraf teen hierdie drakoniese wetgewing uitgespreek het. Andersins is die vraag of die universiteite, noudat die koeël deur die kerk is, hulle heftig gaan verset.

Dit is heeltemal onvanpas dat iemand wat ideologies so gepreokkupeerd soos Nzimande is, die minister van hoër onderwys is. Ek het op 22 Oktober op die Praag-webwerf daaroor geskryf. Ek het die gebrek aan weerstand teen Nzimande se maatreëls betreur en voorspel dat hierdie houding staatsinmenging in ons universiteite gaan vererger. Hier het ons nou die klinkklare bewys daarvoor. Nzimande is nou in ‘n sterker posisie as ooit tevore om universiteite oor enigiets af te dreig; dus totdat aan sy wense voldoen is.

“Die wetsontwerp sal aan … Nzimande groter magte gee om universiteitsrade te ontbind en administrateurs aan te stel as hy meen die instellings word wanbestuur … Volgens Nzimande is die doelwit van die wetgewing om vinniger in te gryp wanneer sake by ‘n universiteit skeefloop. Hy het ontken dat hy die magte wil hê om universiteite te beheer of akademiese vryheid in te perk. Hy het gesê kennis en insig kan net toeneem waar daar vrye denke is, maar dat outonomie as sodanig nie ‘n progressiewe eienskap is nie. Universiteite is openbare instellings en moet verantwoordbaar wees.”

Let op hoe Nzimande onmiddellik nadat hy ontken het dat hy groter beheer oor universiteite wil uitoefen, hy hulle outonomie, dus hulle reg om onafhanklik van die regering te funksioneer, tot ‘n nie-progressiewe eienskap verklaar. In die ANC se “bevrydingstryd” het “progressief” deurgaans die betekenis gehad van “iets waarvan die ANC en sy meelopers, soos die kommuniste (waarvan Nzimande een is), hou”. Wat Nzimande hier mee besig is, is die bekende ANC-truuk, naamlik die sentralisering van mag.

Die uitgangspunt is dat die ANC-regering oppergesag oor alles in die land het. Op grond daarvan moet alle openbare instellings, soos die universiteite, na die ANC se pype dans. As die universiteite nie maak soos die ANC voorskryf nie, ontvang hulle verminderde staatstoelaes. Dit is nou as daar nie gedreig word om die subsidies heeltemal te staak nie. Voortaan kan selfs die direkte beheer oor universiteite na goeddunke deur die ANC-regering oorgeneem word. Pleks van ‘n skynakademikus as strooipoprektor kan ‘n halfgeletterde ANC-kameraad voortaan in so ‘n pos ontplooi word.

In die praktyk is daar nie beleidsverskil tussen die ANC en die ANC-regering nie. In baie groter mate as tydens die vorige politieke bedeling, word universiteite na die wil van die regering gebuig. Dit gaan vir die ANC in die eerste plek nie om ons universiteite voortreflike akademiese inrigtings te maak nie. Wat die ANC wil hê, is dat universiteite ooreenkomstig die ANC se wense moet funksioneer en dus, waar nodig, moet verander (eerder as verbeter). Dit is die wese van universitêre transformasie.

Sodanige transformasie word met entoesiasme deur bv Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), omarm. Dit is glad nie ‘n suiwer akademiese pad wat geloop word nie. Dit is erger as bloot ‘n onakademies strategie. Dit is veel eerder anti-akademies, want die gehalte van die onderrig ly daaronder.

Tydens wat deesdae die “apartheidsera” genoem word, was daar by talle geleenthede allerhande soorte proteste, bv optogte, waaraan baie akademici en studente deelgeneem het. In die buiteland het luidrugtige besware opgeklink en is boikotte gereël. Akademiese vryheid en universitêre outonomie is as onskendbare heilige koeie voorgehou.

Waar is daardie entoesiasme en sensitiwiteit nou? Wat ek waarneem, is gedweë papbroekigheid. Aan die US is daar selfs misleide studente, insluitende studenteraadslede, wat Botman se pas van transformasie wil versnel. Botman het belowe om spoedig die doelpale te verskuif deur met ingrypende voorstelle vorendag te kom.

Данильченко

Jonathan Jansen gooi die hele vark

Namate ‘n mens ouer word, word dit al hoe makliker om kanse te vat wanneer bewerings oor die verlede gemaak word. Baie van die mense wat van beter geweet het en dus wilde stellings kon teëspreek, kan dit nie meer doen nie omdat hulle dood is.

Jonathan Jansen is ‘n rubriekskrywer in Media24 se koerante. In Die Burger heet sy rubriek “Kennis in die bloed”, na aanleiding van die titel van een van sy boeke. In daardie boek word blankes en veral Afrikaners vir hewige kritiek uitgesonder. Sy jongste rubriek toon nogeens dat heelwat doelbewuste verdraaiings in omloop in sy kennisbloed is.

As rubriekskrywer moet Jansen kort-kort teks aan die koerante lewer. Om by die spertyd te hou en by gebrek aan iets beter, het hy hierdie keer (Die Burger, 30 Oktober, p 12) in die openbare pers herhaal wat hy in ‘n huldeblyk aan ‘n klein, ontvanklike gehoor opgedis het. Die probleem, vir Jansen, is dat ek oor eerstehandse kennis beskik waarmee ek hom gesaghebbend kan teëspreek.

Die onderwerp van Jansen se rubriek is die destydse Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en spesifiek ‘n dierkunde-dosent, Cecil John Leonard. Ek vermoed dat Jansen die volle voorname verskaf om aan te toon hoe Engels Leonard was, terwyl hy in werklikheid, soos die meeste bruines destyds, veeleerder Afrikaans was. Dit hinder my dat Jansen, as iemand wat in die akademie werksaam is en dus van beter behoort te weet, van “lektore” praat wanneer hy na dosente (“lecturers”) verwys.

Oor Afrikaans het Jansen egter vir hom ‘n agterdeur geskep. Volgens sy outobiografiese boek, waarna hierbo verwys is, is dit baie duidelik dat sy moedertaal Afrikaans is. Deesdae beweer hy heel vindingryk, soos dit iemand betaam wat lank in Amerika studeer het, dat sy “eerste taal” Engels is. As rektor en natuurlik ook om politieke redes is Engels sy voorkeurtaal vir die Universiteit Vrystaat, ‘n eens trotse eentalige Afrikaanse akademiese inrigting.

In sy rubriek dateer Jansen sy oorwegende Engelsheid terug na die vroeë jare sewentig toe hy ‘n UWK-student was. “Ek was nie formele Afrikaans magtig nie en het nie wetenskap in Afrikaans verstaan nie.” Die UWK was destyds, anders as sy huidige eentalige Engelsheid, ‘n tweetalige inrigting. Toe reeds het baie van die bruin studente, al het hulle van bv Garies of Koekenaap gekom, voorgegee dat hulle eintlik Engels is. Die meerderheid studente was oorwegend Afrikaans en hulle was stilswyend baie dankbaar dat die lesings ook (en soms veral) in Afrikaans aangebied is.

Die UWK het destyds oor ‘n dosentekorps beskik wat oor die algemeen akademies uiters bekwaam was. Beter dosente as aan die ander universiteite vir nie-wittes is getrek omdat die UWK in ‘n stedelike gebied, Bellville-Suid, geleë is. Jansen se akademiese grondslag in die natuurwetenskappe is hier gelê. Feitlik al die UWK-studente het beurse van die “apartheidsregime” ontvang, al word dit deesdae nooit erken nie. In die nuwe Suid-Afrika betaam dit daardie studente ook nie om dankie te sê vir die uitstekende akademiese onderrig wat hulle ontvang het nie.

(Anders as die voltydse student Jansen, was ek as witte verplig om deeltyds aan Unisa te studeer. Anders as die “benadeelde” Jansen, wat ses jaar lank met beurse in Amerika studeer het voordat hy ‘n doktorsgraad kon voltooi, was ek as ‘n “bevoordeelde” verplig om op eie koste in Amerika te studeer en ‘n doktorsgraad in agtien maande te behaal. Anders as Jansen het ek in Amerika nie vrye tyd gehad nie en ook nie, soos hy, aan betogings teen Suid-Afrika deelgeneem nie.)

Wat skryf Jansen oor sy voorregte as UWK-student? Dat dit “‘n misrabele bestaan” was. “Die lesings is dikwels deur polisiegeweld en protesoptrede onderbreek.” Wie het pleks van te studeer eerder geprotesteer, klippe gegooi en geboue aan die brand gesteek? Die gesubsidieerde studente. Volgens Jansen was sommige dosente “ongevoelige rassiste”. Die UWK word beskryf as ‘n “verstikkende omgewing” wat “deur die apartheidsbase beheer” is.

Destyds was uitstekende openbare vervoer, sowel trein- as busdienste, aan die UWK-studente beskikbaar. Baie studente het egter verkies om te ryloop, op die gevaar af dat hulle laat vir klasse kon wees. Die “apartheidsregime” het ‘n spesiale spoorwegstasie aangrensend aan die UWK-kampus gebou. Dit is hoogs onwaarskynlik dat Jansen sulke erge vervoerprobleme na sy woonplek in Retreat ondervind het as wat hy in sy rubriek voorgee.

Maar hoeveel lesers het die agtergrondskennis om te besef dat wanneer Jansen vir Leonard goedpraat, hy by implikasie homself komplimenteer? Voordat Leonard ‘n dosent geword het, was hy, soos Jansen, ‘n biologie-onderwyser. Soos Jansen het Leonard danksy beursgeld in Amerika studeer. Maar anders as Jansen het Leonard sonder ‘n doktorsgraad van Amerika af teruggekeer en dié graad eers later plaaslik verwerf. Dit maak Jansen eintlik akademies beter as Leonard, hoewel laasgenoemde ‘n baie korter tyd as Jansen in Amerika studeer het.

Dit is algemeen bekend dat dit vir nie-wittes om politieke eerder as akademiese redes baie makliker as vir wittes was om buitelandse, veral Amerikaanse, studiebeurse te kry. Jansen verwys egter na die beurstoekenning aan Leonard as “die ongelooflike prestasies van hierdie grootse mens”. ‘n Ander doelbewuste verdraaiing is dat Jansen maak asof “professor” Leonard sy dierkunde-dosent was, terwyl Leonard toe (die vroeë jare sewentig) ‘n junior UWK-dosent was.

Jansen erken sy gebrekkige toewyding as student deur te vertel van “halfhartige, onvoltooide werk” wat hy by Leonard ingelewer het. Leonard het hom hieroor aangespreek en dit, glo Jansen, het hom op die spoor van sy suksesvolle akademiese loopbaan geplaas. Maar wat sou Jansen se reaksie gewees het as ‘n wit dosent hom kortgevat het? Hiervan het hy voorheen ‘n aanduiding gegee. ‘n Chemie-dosent aan die UWK, ‘n professor, het Jansen by geleentheid bywoning van sy klas verbied omdat hy laat was. Jansen het hom nie geloof omdat hy gehelp het om hom op die regte pad te plaas nie. Dekades later het Jansen dit wenslik geag om sy rubriek te misbruik om hierdie uitnemende akademikus as een van die bogenoemde “ongevoelige rassiste” te etiketteer.

As iemand in die goeie ou dae erg gelieg het, het ons gesê dat hy nie spek skiet nie, maar sommer met die hele vark gooi.

лобановский александр интервью

VSA gaan op ‘jeugborrel’ konsentreer

Bykans 60% van Suid-Afrika se bevolking is onder die ouderdom van 35, het die Sensus 2011 getoon. Die persentasie kinders van vier jaar en jonger is groter as enige ander groep, waarskynlik ‘n direkte gevolg van maatskaplike toelaes wat hierdie enorme aanwas aanhelp.

Meer as 5,6 miljoen Suid-Afrikaners is onder die ouderdom van vier, terwyl 4,8 miljoen kinders vyf tot nege jaar oud is. Bykans 4,6 miljoen is tussen 10 en 14. Die sensus het ook getoon dat Gauteng se bevolking groter word as dié van KwaZulu-Natal. Die kusprovinsie het egter steeds die grootste aantal kinders. Meer seuns as meisies word in die land gebore, maar daar is meer meisies as seuns tussen die ouderdom van 15 en 19. Kortom, die land ly aan wat bekendstaan as ‘n jeugborrel, ‘n sogenaamde “Youth Bulge”.

‘n Nuwe studie deur Population Action International (PAI), ‘n Washingtonse privaatvoorspraakgroep, dui weer eens op die ou waarheid, naamlik ‘n sterk korrelasie tussen lande wat geneig is tot siviele konflikte en diegene met ontluikende jeugbevolkings. Sosiale wetenskaplikes bekommer dat hierdie demografiese profiel, die jeugborrel, die potensiaal het om lande in die ontwikkelende wêreld te destabiliseer.

PAI se bevindinge is nie soseer nuut nie as wat dit gestruktureer is om in toekomstige Amerikaanse buitelandse beleid vervat te word. Die teorie dat vinnig groeiende jong bevolkings dikwels met werkloosheid en groot poele van “vervreemde” jeugdiges worstel, laat die beleidmakers glo dat sulke groepe meer vatbaar sal wees vir oproepe tot opstand of sal wil aansluit by terreurgroepe. Lande met ‘n swak politieke instellings is veral kwesbaar vir jeugverwante geweld en sosiale onrus, sê die navorsers.

Die term “jeugborrel” is geskep deur die Duitse sosiale wetenskaplike Gunnar Heinsohn in die middel-1990’s en het maar eers onlangs in die VSA mode geraak. Navorsing toon dat ontwikkelende lande ‘n “demografiese oorgang” ondergaan en diegene wat beweeg van hoë na lae vrugbaarheid en sterftesyfers is veral kwesbaar vir burgerlike konflik.

Die Amerikaanse administrasie het ‘n bykomende probleem in dié sin dat hulle hoë vlakke van swart geweld moet probeer verklaar sonder om ‘n kleur daaraan te gee. Die gewilde beskrywing vir swart misdaad is dus, soos hierbo aangedui, “vervreemding”. In Frankryk word dié term, asook “uitsluiting”, dikwels gebruik om swart maatskaplike geweld en opstande te verklaar.

Die PAI-navorsers gee toe dat hoewel hierdie soort van frustrasie en mededinging vir werksgeleenthede nie direk na geweld lei nie, word die waarskynlikheid verhoog dat werklose jeugdiges sosiale en ekonomiese vooruitgang sal soek dmv alternatiewe, onwettige maniere. Volgens Heinsohn, dit is veral die geval onder die jongste seuns van ‘n familie, wat desperaat is vir sosiale vooruitgang, maar Heinsohn praat natuurlik van Duitse jeugdiges wat binne ‘n baie spesifieke Duitse sosiale struktuur funksioneer, waar gesinsorde belangrik is.

Buite konteks, beteken Heinsohn se waarneming dus nie veel nie, aangesien Duitsland nie met jeugdige geweld te kampe het nie. Swart sosiale patrone verskil hemelsbreed van Duitse gesinne, waar daar ‘n pikorde is. Swart kleuters word tot op die ouderdom van twee deur die moeders versorg en daarna word hulle aan die kollektief “bemaak”, as’t ware. Maar kennelik is dit ‘n manier vir multikultibeleidsbepalers om negatiewe kenmerke van sekere rasse te probeer vergoeilik: “Afguns teen ouer, broers word ontketen. So ook ambisie,” skryf rubriekskrywer Christopher Caldwell in die Financial Times. En natuurlik is Caldwell van mening dat die fenomeen absoluut universeel is.

Die feite is ergter verdoemend. Tussen 1970 en 1999, het 80% van alle burgerlike konflikte plaasgevind in lande waar 60% van die bevolking of meer onder die ouderdom van dertig was, volgens die PAI verslag. Vandag is daar 67 sulke lande met jeugborrels en sestig van hulle gaan gebuk onder sosiale onrus en geweld, almal swart. Demograwe is vinnig om te beklemtoon dat die jeug nie alleen hierdie siviele konflikte dryf nie, met korrupsie, etno-godsdienstige spanning, armoede en swak politieke instellings wat ook bydraende rol speel. Oor ras egter, swyg hulle natuurlik in alle tale.

Die konflikgebiede lê naamlik in sub-Sahara-Afrika, Suid-Asië, die Midde-Ooste, en die eilande in die Stille Oseaan, sê demograwe. Twee-en-sestig lande word beskou as “baie jonk”, volgens PAI, wat beteken dat twee-derdes van die bevolking onder die ouderdom van dertig is (en minder as 6 persent is bo die ouderdom van sestig).

Snelle verstedeliking is ‘n migrasiepatroon wat ‘n belangrike rol speel on konflikpotensiaal te verhoog, omdat stede in die ontwikkelende wêreld nie die infrastruktuur, hulpbronne, of werk het om die instroming van landelike werkers te akkommodeer nie.

Jeugborrels lei dikwels tot die agteruitgang van woude, waterbronne, en bewerkbare grond. Dit skep konflikte oor skaars hulpbronne en genereer anti-regeringsimpatie. Dit is glo ‘n algemene kenmerk van sub-Sahara-Afrika, volgens die navorsers.

Die CFR se Independent Task Force on Africa, sê “bevolkingsaanwas is ‘n verwaarloosde area van Amerikaanse beleid, oorskadu deur die fokus op MIV / VIGS en weggelaat deels as gevolg van die godsdienstige en politieke opposisie tot gesinsbeplanning.”

‘n Nuwe Amerikaanse administrasie, ongeag of dit Republikeins of Demokraties sal wees, sal die U.S. Agency for International Development’s Fragile States strategy van Januarie 2005 ongetwyfeld hersien om konflikgebiede op ‘n ander manier te benader, kennelik met die jeugborrel in gedagte.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Hoe Media24-berigte die waarheid rek

Charles Smith, tans adjunkredakteur van Volksblad, was ten tye van die vorige Amerikaanse presidentsverkiesing die verteenwoordiger van Media24 in Washington DC. Toe was hy so opgetrek met die nuutheid (en kontras) van ‘n swarte in die Withuis dat hy beweer het dat Obama die enigste persoon was wat Amerika kon red. Smith skryf steeds asof hy ‘n gesaghebbende oor hierdie onderwerp is, te oordeel aan sy berig op 28 Oktober in Rapport. Maar hoe objektief doen hy dit?

In Smith se beskrywing van die Republikeinse presidentskandidaat, Mitt Romney, word die volgende woorde gebruik: hy is Mormoons, flambojant en grootpraterig. Later word Romney van grootpratery, dubbelpratery en bontpratery beskuldig. Dat Romney ‘n miljoenêr is, word beklemtoon: “Vir hom draai alles om geld” en “Hy blaas baie van sy fortuin van $250 miljoen” in sy poging om in die Withuis te kom.

Assosiasie met wind speel ‘n groot rol in Smith se tipering van “die windbol van Massachusetts”. “Romney is ‘n opblaaspop wat al hoe groter word hoe meer wind hy opskop.” Hy is so “opgepomp” dat hy die Obama-trefferwoord “hoop” glo “afgestof” het. In werklikheid word die woord “hoop” reeds dekades lank in swartmaggeledere vir pro-swartdoeleindes misbruik (vra maar plaaslik vir bv Russel Botman en Nico Koopman). ‘n Ander opsig waarin Romney glo vir Obama na-aap, is met die verandering-refrein. Maar die aandrang op verandering is nog iets wat kenmerkend van die swartmagbeweging is; ook in Suid-Afrika. ‘n Oomblik se nadenke bring ‘n mens egter tot die besef dat dit nie om verandering as sodanig moet gaan nie, maar eerder spesifiek om verbetering.

Met verwysing na die lang periode toe geen witte daarin kon slaag om die wêreldswaargewig-bokskampioen te word nie, word spottend na Romney as “The Great White Hope” verwys. “Die maklikste manier om hom op te som, is: ‘n ‘Reagan Lite’ en ‘n ‘George W Bush Bright'”. Romney word ook vergelyk met Koos Kombuis se “d**s van Bellville-Oos”. “Hy is ‘n gladde, sjarmante smous wat die Amerikaanse droom aan Yanks opdis met ‘n Colgate-wit glimlag en ‘n Reagan-kuif. En Obama is die Moslem/Arabier/swarte/sosialis wat jóú geld vat en uitdeel. Hy en die regses het die vals beeld van Obama as ‘n swart Frankenstein-monster so goed aan die Yanks verkoop dat hulle dit al glo.”

Geen wonder dat Romney glo “amper per ongeluk” die Republikeinse kandidaat geword het nie. Romney beoog om “Obama se pantoffels uit die Withuis” te “smyt”. Dit is duidelik dat Smith dit nie net teen Romney het nie, maar ook teen die regses. Hy praat nie van die regterflank van die Republikeinse Party nie, maar van die “regterfalanks”; ‘n woordkeuse wat moeilik met die HAT versoenbaar is. In die konteks van regse politiek het Smith ‘n ander naam vir die Amerikaners, naamlik “die Yanks”.

In teenstelling met sy beskrywing van Romney, beskryf Smith die Demokratiese presidentskandidaat, Barack Hussein Obama, as ‘n “eens onstuitbare” en “dienende president”, asook as ‘n “stillerige alleenfiguur”. ‘n Argument wat Obama teen Romney gewen het, word ‘n “bekstilmaker soos min” genoem. “Obama het die afgelope week die derde en laaste openbare debat met gemak gewen – en dit reggekry om Romney te laat lyk na die politieke draaijakkals sonder oortuigings en beginsels wat baie glo hy is.” Eers was Romney glo “so regs as kan kom. Nou seil hy in meer gematigde waters in ‘n poging om soos ‘n staatsman te lyk.”

Geen smeerwoord word oor Obama geuiter nie. Anders as met Romney, word daar ook niks oor bv Obama se hare gesê nie. Ons al gewoond daaraan dat bv Richard Nixon en George W Bush met oorgawe sleggesê word. Politiek-korrek word dit nie met Obama gedoen nie; allermins deur Smith. Bill Clinton word as “daardie ou Demokratiese meester” voorgehou.

Ten slotte word gesê die verkiesing is tussen “Meneer Ego” en “President Geheimsinnig”. Let op hoe hierdie onderskeie aanspreekvorme en beskrywings Obama doelbewus op ‘n hoër trappie as Romney plaas. Dit wil voorkom asof Smith dink dat hy met sy skryfwerk Obama in die Withuis kan hou.

Tydens die vorige presidentsverkiesing is daar van wit Amerikaners verwag om hulle “rassisme” agter te laat en vir Obama te stem. Soos in die vorige rondte, dui persberigte daarop dat die Amerikaanse swartes weer bankvas vir Obama steun. Hieroor rep Smith geen woord nie. By swartes is daar mos nie rassisme nie; daar is net solidariteit. Insgelyks, in die nuwe Suid-Afrika is daar van owerheidsweë nie rassediskriminasie nie; daar is net regstelling.

Smith se eensydige en myns insiens bevooroordeelde beriggewing is nie tot die laaste twee Amerikaanse presidentsverkiesings beperk nie. Onlangs het hy die Boertjiesfees op Bultfontein bygewoon. Blykbaar was die enigste motief vir sy besoek die begeerte om uitdrukking aan sy afkeer van tradisionele Afrikaners te gee. Sy verslag oor die byeenkoms is in By, Die Burger se bylae, gepubliseer. Dit strek oor twee bladsye (22 September, p 8-9).

Smith het na Bultfontein gegaan om nie net snedige teks teen Afrikaners te skep nie, maar ook om foto’s te neem. Die hooffoto toon ‘n swart kind wat ‘n pet met die nuwe landsvlag op sy kop het. Die swarte is op die voorgrond geposisioneer, met wit volkspelers in die agtergrond. Die boodskap is myns insiens duidelik. Die voorgrond toon vir Smith die goeie, aanvaarde hede. In die agtergrond is die slegte verlede. In die teks en foto’s vind ek geen aanduiding dat daar by Smith waardering vir goeie, beskaafde mense is wat hulle kultuur in bv Afrikaans, boeremusiek, boeresport en volkspele uitleef nie.

Hoewel ek teen sensuur gekant is, moet die vraag gevra word of die soort joernalistiek waarna hierbo verwys word, hoegenaamd in eerbare of ernstige publikasies tuishoort. Hendrik Coetzee, Die Burger se inwonende “ombudsman”, se standaardverweer is dat Media24 ‘n etiese kode het waarvolgens sy joernaliste hulle tot die waarheid in beriggewing verbind. My indruk is dat daar meningsvormers is wat weet hoe om die waarheid te rek en daarmee weg te kom.

topcargo отзывы