Om revolusiegod te behaag sal Mbeki honger bring

Vandeesweek is daar ‘n internasionale spitsberaad oor voedselsekerheid in Rome gehou. Oor die afgelope vyf jaar het die wêreld naamlik meer voedsel verbruik as wat hy geproduseer het en sodoende opgehoopte oorskotte uit die verlede begin opgebruik.

Terwyl daar toenemende internasionale kommer heers oor stygende voedselpryse wat ook negatief deur die hemelhoë olieprys beïnvloed word, is die ANC-regering besig om die landbou as ‘n proefkonyn te sien vir kwasi-kommunistiese eksperimente in kollektiewe eienaarskap en “sosiale geregtigheid”.

Ongeag die mislukking van “grondhervorming” in Zimbabwe, gaan dié beleid in Suid-Afrika toegepas word met die summiere onteiening van landbougrond wat deur die nuwe onteieningswet moontlik gemaak word.

Suid-Afrikaanse voedselpryse styg reeds vinniger as die algemene inflasiekoers met vele boere wat bankrot speel vanweë stygende insetkoste. Die winsaandeel van supermarkte in die voedselketting is egter besig om te styg terwyl dié van die produsente daal.

In sy onverantwoordelike omgang met een van die mees basiese behoeftes van enige land en sy bevolking – voedselsekerheid – toon die ANC dat hy steeds vasklou aan sy Afro-revolusionêre beginsels en dat die gematigde politieke masker wat hy aan die media en aan die buiteland voorhou, net oëverblindery is. Mbeki is van dieselfde stoffasie as ‘n Mugabe, ‘n Mengistu of ‘n Machel gemaak en sal sy eie bevolking laat verhonger ten einde sy revolusiegod te behaag.

Soos ons reeds voorheen in dié ruimte geargumenteer het, sal die Afrikaner sy eie noodplan moet opstel om ons mense te kan kos gee indien regeringsbeleid tot sy onvermydelike resultaat van grootskaalse voedseltekorte en -inflasie lei.

Soveel Afrikaners is steeds besig om met gevoude hande die naderende krisis gade te slaan. Nou, meer as ooit, is dit die tyd vir besielende leierskap, om ons mense in dié krisisuur bymekaar te bring en te mobiliseer om die bedreiging van voedseltekorte die hoof te bied. Om nie te praat van die onstabiliteit wat gaan volg as die honger massas van Afrika wat oor die afgelope tien jaar rondom ons stede versamel is, ook ten alle koste gaan poog om ‘n volgende ete in die hande te kry nie.

воздушный компрессор безлобановский александр харьков

Fritz Joubert Dequesne

Lesers mag dalk onthou dat Joan Abrahams, tant Mossie van die Troepies, navorsing gedoen het oor Fritz Joubert Dequesne, die susterskind van Genl Piet Joubert, die boerespioen en krygsgevangene op Bermuda wat van daar ontsnap het en ‘n geheime organisasie in die VSA gestig het om Britse bote te saboteer. Die berugte ‘Bermuda Triangle' het sy naam so gekry, word bespiegel.

Gedryf deur sy passievolle haat vir diegene wat sy ma en sussie doodgemartel het tydens die Boereoorlog het hy Kitchener gejag totdat hy hom gedood het in 1914 deur die sinking van die Britse boot in die noordsee deur ‘n Duitse duikboot. Hy was self op die boot en is opgepik deur die duikboot. Die verhaal kom uit die boek The Man Who Killed Kitchener.

Hy was ‘n Duitse simpatiseerder en het vir die VSA se geheime diens gewerk tot en met Pearl Harbour – en is toe in die tronk gesit oor sy Duitse sentimente tot met sy dood in 1958. Sy flambojante lewenswyse het begin as kampioenswaardvegter tydens sy studentejare. Toe die oorlog uitbreek en ‘n Kaapse rebellie veroorsaak, is hy byna tereggestel as Kaapse rebel.

Een van sy skuilname was James Bond en Ian Fleming, die skepper van die karakter, het op Bermuda gebly toe hy sy boeke geskryf het. Hy was ook ‘n tydgenoot van Bram Fischer wie se lewe ook gekenmerk is deur passievolle haat en tragiese dood.

Natuurlik ontstaan die baie belangrike regsvraag of Stellenbosch Universiteit nie ook Fritz Joubert Dequesne moet vereer nie. Sy beroemde lewensstrewe en patetiese dood het veel groter betekenis en waarde het as dié van Bram Fischer.

Beide het wel volksvreemde ideologieë gehad: die een Duits en die ander Russies.

Relevante skakel op Wikipedia

поршневой безмасляный компрессорtopcargo отзыв

Die Afrikaner, die wolf en die kulturele rewolusie

ImageDaar was al profesieë en krisisvrese onder baie volke. Maar die Afrikanervolk reageer met afgryse sowel as afwagting op syne. Daar is Oehoeroe, die nag van die lang messe, asook vrese vir die oliekrisis, die voedselkrisis en ʼn rits ander. Hoewel enigeen van dié krisissse sekerlik ʼn moontlikheid het om op groot skaal skeef te loop, verlekker sommige Afrikaners hul in die verslegtende toestand wat ons tegemoet gaan.

Die Afrikaner sit vasgevang in ʼn lewenswyse wat selfvernietigend is, Niemand was so erg betrokke by die Afrikaner se politieke ondergang as die Afrikaner self nie. Die Republiek is vrywillig aan ander volke oorhandig tussen 1961 en 1994 deur ons eie arbeidspraktyke waar ons werk skep vir ander volke en ons ekonomiese afhanklikheid van ander vergroot het. Kodesa en uiteindelike magsoorgawe was slegs die politieke afsluiting van die voorafgaande proses.

Gedurende die sewentiger- en tagtigerjare het die demografiese werklikheid so verswak dat baie Afrikaners hulle nie meer met die stelsel van apartheid kon versoen nie en drie belangrike breukgroepe kon geïdentifiseer word:

Liberaliste – het die stelsel as verdrukkend gesien, kon nie ʼn rewolusionêre sprong maak na ʼn genormaliseerde bestaan nie en het beroep op die beëindiging van die stelsel sonder die daarstel van enige alternatief.             

Konserwatiewes – het gepleit dat na die oorspronklike apartheidsteorie teruggekeer word afgesien van die feit dat die oorspronklike plan oorambisieus en slegs gedeeltelik in die praktyk toegepas kon word.

Ver-regses – Hulle het geagiteer dat die Boererepublieke herstel moes word o.g.v. historiese regte deur politieke afdwinging ongeag die feit dat weinig Afrikaners se lewenswyses hom daartoe leen en dat geen gebied bestaan het waar ons ʼn etniese meerderheid was nie.   

Daar was individue en regse organisasies wat opgemerk het dat die bestaande orde op ʼn bestaanskrisis gaan uitloop en geskree het: “Wolf!”. Die Afrikaner was egter polities en militêr in beheer van die hele land en kon afsonderlike skole, universiteite en so te sê enigiets afdwing en het dan ook. Daar is so baie “Wolf!” geskree, dat een man gedink het hy is ʼn wolf (wit) en ʼn paar oningeligte individue wou aansluit denkende dat dit ʼn kultuurorganisasie was. Dit is ietwat tong in die kies gestel, maar regse politiek is in die tyd gekenmerk deur ondeurdagte militante optrede maar geen rewolusionêre verandering in die lewenswyse wat die toestand van politieke agteruitgang teweeggebring het nie.

Na 1994 het dieselfde lewenswyse onverpoos voortgegaan en kan ek met gemak argumenteer dat Eugene Terreblanche en Max du Preez dieselfde lewenswyse voer. Die een is bly ons sterf uit, die ander een woedend. Gedragsverskil – geen. Regses en liberaliste verskil slegs in hul ervaring van die NSA, nie in hul optrede nie. Die skrywer Arthur Kemp alhoewel kontroversieel het in ʼn treffende onderhoud  die selfvernietigende gevolge van apartheid en die onhoudbaarheid van selfs die huidige bestel op onbetwisbare wyse uitgewys:

“Apartheid had to fall: the only question was when, not if. And the politicians who sold it to White South Africans as their only hope and salvation, lied: either deliberately, or out of ignorance of the reality of the relationship between demographics and power.”

“The only way in which Afrikaners can be saved, is if they come to understand the relationship between demographics and power: with no risk of over repeating this critical point, namely, that those who occupy a territory, determine the nature of that territory.”

Dis 14 jaar na die einde van apartheid, met dieselfde selfvernietiging maar ons het nou die bykomende aftakeling van ʼn land wat in kriminele anargie gedompel is sowel as ʼn antagonistiese regering, Ons is magteloos tot op die punt waar selfs ʼn afsonderlike koshuis onmoontlik is. Het ons gedink dat ons buurte vandag gaan lyk soos 14 jaar terug? Kan enigeen moontlik dink dat dit oor nog 14 jaar sal lyk soos nou?  Die patroon is vasgelê: emigrasie op ʼn egalige pas met sporadiese opvlamming tydens onsekere tye. Niemand weet eens hoeveel gaan en hoeveel bly nie, baie Afrikaners weier om sensusvorms in te vul, baie gaan met vakansie en kom net nooit terug nie. Die dier kruip nader, in die verte kan ons die gegrom al hoor maar niemand wil eerste skree “wolf!” skree nie.    

Die eerste optrede van Afrikaners wat as kultureel rewolusionêr beskryf kan word, is die stigting van Orania en alhoewel dit as konserwatief en as ver-regs beskou word, is hierdie optrede geensins in lyn met behoudende regse optrede nie, maar eerder links omdat dit skeppend en rewolusionêr 'n gedragsverandering vereis. Selfs met die sterk etniese sy daarvan sou Wladimir Lenin ten aanskoue van ʼn gemeenskap wat saamwerk op alle vlakke ter verbetering, opheffing, groei en geluk van al sy burgers dit as perfekte vrywillige kommunisme kon beskryf. In ʼn Amerikaanse onderhoud met die Chinese president is hy gevra oor die benaming kommunistiese party gegewe die sterk vryemarkstelsel daar, was Lenin se antwoord: “As dit werk, noem ons dit sosialisme”.

Orania behoort dan ook binne sekere perke, tydsgewys verder langs die sosialistiese pad af te beweeg wat toonaangewend gaan wees vir latere Afrikanernedersettings en daarmee impliseer ek direk dat gegewe die huidige demografie en gebruike geen ander bestaan moontlik is nie. Sosialisme is wêreldwyd aangegryp deur verskillende etniese groepe tot voordeel van slegs hul groep. Elkeen het sy eiesoortige styl en vryemark vermenging daarvan geskep; Afrikanersosialisme se aard sal deur onsself bepaal word i.t.v ons eie behoeftes.

Wil ons werklik wag op ʼn krisis, ʼn katastrofiese gebeurtenis van een of ander aard wat ons van materiële bates vervreem en ons verarm en vernietig sal toelaat om saam te span en ons lewens rewolusionêr te verander? Waarom nie saamspan tot rewolusionêre aksie terwyl ons oor daardie bates, kennis en vermoë beskik nie? Of gaan ons aanhou in die verlekkering van alles wat negatief is? Want as ons uit hierdie passiewe náskok van magsverlies wakkerskrik gaan dit alles behalwe lekker wees!       

Carel Boshoff som dit in Afrikanerrewolusie die beste op: “Ook met die ontvlugting in materialistiese individualisme kan die Afrikaner nie vrede kry nie omdat hy ook nie sy gemeenskapsbande heeltemal kon aflê nie. ʼn Nuwe geslag moet opstaan, nie om voortgang te vind met ʼn ou, onherstelbare verlede nie, maar om uitdrukking te gee aan die ideale wat geslag aan geslag verbind en nog nooit heeltemal verlore gegaan het nie.”

“Vir Afrikaners wat hulle met die ou bedeling vereenselwig het, is dit bykans ondenkbaar dat hulle aansprake met sulke linkse inhoud gevul kan word en ʼn Afrikaanse minderheidsbeweging loop ʼn wesenlike gevaar om in reaksionêre agterhoedegevegte om gevestigde belange verstrik te raak. Sonder ʼn grondige breuk, ʼn nuwe begin en mobilisering aan die hand van anderse denkbeelde oor politiek, gemeenskap, taal en kultuur, besit en verbruik, ens., as wat die afgelope dekades aangehang is, is dit moeilik te vermy. Voorwaar ʼn hoë eis vir ʼn verouderende gemeenskap waarop al die kragte van nostalgie losgelaat is”.

free no download slots with bonus no registrationалександр лобановский класс

Afrikaner moet bou op feite, nie drome

10:52:54 In ons huidige politieke bestel, tas die leierlose Afrikaner rond vir oplossings vir die voortbestaan van beide sy taal en sy identiteit.  Talle Afrikanerpolitieke “profete” skaar klein groupies om hulle, elk met sy eie “oplossing” vir die volk, met eie vlag en politieke simbole. Hulle val mekaar en ander Afrikaners vurig aan, meer as wat hulle die Afrikaner se werklike vyande aanval.  Die oorgrote meerderheid Afrikaners steur hulle nie eers meer aan die politiek nie. Wanneer hulle wel by die stembus stem, stem hulle eerder vir politieke partye wat geen program vir Afrikanerbelange het nie, eerder as vir die enigste Afrikanerpolitieke party in die parlement. Die rede? Afrikanerpolitieke “leiers" (sonder meerderheidAfrikanermandaat in elk geval) binne en buite die parlement het nie meer geloofwaardigheid onder die Afrikaners nie.
Dit wil voorkom asof die Afrikaner nie die wil het nie, of nie weet hoe om saam te staan nie.  ‘n Mens kan net met bewondering kyk hoe die swartes onder hewige verskille onderling kan saamstaan, selfs tot so ‘n mate dat hulle hulle eie gekose president kan ontslaan, sonder skeuring.  Die kapitilistiese en sentristiese ANC, die Kommunistiese party en die linksgesinde Cosatu=vakbondunie, ideologies onderling hewig verskillend, maar saam om swart belange te bevorder.  Die Xhosas, Zulus, Pedi. Sotho's, ens., elk met eie afsonderlike taal en kultuur, weet hoe om saam te staan. Die Afrikaner weet hoe om mekaar uit te skel.

 

Die enigste tye wanneer Afrikanereenheid onderling vertoon word, is by die kunstefeeste, hul musiek en rugby.  Die Afrikaner gryp graag na strooihalms, soos bv. die “De la Rey”-lied, wat nou al klaar onder hulle uitgedien geraak het. Volksfeeste soos bv. Geloftedag, waar dit in die verlede tienduisendtalle getrek het, trek vandag net ‘n handjievol Afrikaners.  Die politieke afvalligheid sal feller word totdat die Afrikaner ‘n nuwe visie vir homself formuleer en ‘n breuk met die verlede bewerkstellig.  In die Bybel staan dit selfs, “laat die dode die dooies begrawe” en “soek lewe”,  m.a.w. wat verby is, is verby, spits jou op die toekoms toe.  Vergeet die drome en bou op die werklikhede.  En die werklikhede is soos volg:

 

1.       Naamsveranderings van strate, dorpe en stede sal voortgaan, en daar is niks wat die Afrikaner daaromtrent kan doen nie.  Om dit teen te staan is ‘n steriele stryd; geld- en tydmors.  Dit verskaf net plesier aan diegene wat dit bewerkstellig elke keer wanneer hulle sien hoe die Afrikaner sy impotente wrewel toon. Wie weet, dit hou miskien op wanneer hulle sien dat dit nie meer iets aan die Afrikaner doen nie en dat dit nie meer vir hulle plesier verskaf nie.

 

2.       Aparte politieke gebied vir die Afrikaners:  So iets sal nooit gebeur nie.  Die regering sal nie aparte politieke gebiede vir die  Zulus, Xhosas, Pedi's, Vendas, ens. toelaat nie.  Hoekom sal hulle ‘n uitsondering vir die Afrikaner maak?  Die maksimum politieke bestel wat bv. Orania sal bekom, is munisipale status, onderhewig aan ‘n nie-rassige voorkoms.  In elk geval, Afrikaners sal nie trek soos in die verlede nie, behalwe na die buiteland, en sodoende hul identeit daar verloor.  Onder Afrikaners self sal die konsep van ‘n Afrikanertuisland nie werk nie weens gebrek aan ondersteuning van hulle kant.  Klein groepies Afrikaners wat in die verlede na “ghetto's” getrek het, soos Eldoret in Kenia;  Argentinië; dorslandtrekkers na Humpata in Angola, ens. het almal gekwyn weens die feit dat hulle hul in ‘n afgesonderde Afrikaneronvriendelike omgewing bevind het. 

 

Verbeel jou Suid Afrika word wel in kleiner onafhanklike swart state verdeel.  Dit sal ‘n katastrofe vir die Afrikaner wees.  Afrikaners  binne hierdie swart state sal van ander Afrikaners in die ander swart state afgesonder wees, soos tans die geval met Afrikaners in Namibië is.  Elke Afrikanergroepering sal sy eie identiteit nastreef tot die ondergang van die konsep Afrikaner. Al wat dan sal oorbly, is die gemeenskaplike taal.

 

3.       Bondgenote:  Diegene in Suid-Afrika wat die Afrikaners haat, en hulle eie agenda wil uitvoer tot nadeel van die Afrikaner, sal alle pogings voortdurend aanwend om die taal te probeer onderdruk. Anders as bv. die Palestyne, het die Afrikaner geen bondgenote nie.  Nie onder enige Suid-Afrikaanse swart volk nie, nie onder enige blanke staat in Europa, Australië of Amerika nie. Hulle gee nie ‘n duit om vir die voortbestaan van die Afrikaanse volk en taal nie  (hulle het nie ‘n duit omgegee vir die Engelse blankes in Rhodesië nie).  Die Afrikaanse Boererepublieke het ten minste bondgenote onder sekere van die swart stamme gehad, asook sekere state in Europa.  Waar het ons gefaal dat ons vandag niks het nie?  Selfs die magtige VSA kan nie uitvoering aan sy buitelandse beleid gee sonder die ondersteuning van sy bondgenote nie. Die Afrikaner sal hierdie situasie moet regstel vir sy voortbestaan.

 

4.       Ontworteling:   Die Afrikaner is nie meer boer nie.  Baie meer Afrikaners woon in dorpe en stede as op enige plaas.  Die meeste Afrikaners weet nie eers hoe om te boer nie. Dus het die Afrikaner nie meer ‘n behoefte om sy huidige nering te wil verruil vir boerdery nie.  Hy sal eerder in sy Afrikanervestings soortgelyk aan Centurion bly as ontwortel te word om na plekke soos Orania toe te trek.

 

5.      Afrikanergebiedsmeerderheid:  Die begin van die twintigste eeu was die verhouding tussen blank en nie blank een teen vier.  Nou is die blanke verhouding minder as een teen tien.  Twintig jaar van nou af is voorspellings dat dit minder as een in vyftig sal wees, nieteenstaande die Vigsepidemie.  Suid van die Visrivier in die Kaap, en veral in die Kaapse skiereiland was weinig swartes, met ‘n gesamentlike meerderheid van blank en kleurling met die aanbreek van die twintigste eeu.  Nou in die skiereiland is die swartes besig om die meerderheid te word.  Wat sê dit vir ons?  Daar is nie ‘n kat se kans dat die Afrikaner ooit weer politieke mag in enige deel van hierdie land sal verkry nie.

 

6.       Homogeen: Voor en gedurende die Boererepublieketydperk was die Afrikaner redelik homogeen.  Hy was Calvinisties en lid van een van die drie susterskerke.  Omtrent almal was boere.. Sy denke onderling was soortgelyk.  Nie meer so nie.  Die Calvinistiese trek is vinnig besig om te kwyn met die oorloop na tientalle verskillende kerke buite die Calvinistiese leer.  Selfs die plaaslike Calvinistiese kerke het skeuringe ondervind soos, bv. die totstandkoming van die Afrikaanse Protestante Kerk.  Die nerings onder Afrikaners is soveel soos wat daar verskillende beroepe is.  Die denkpatrone van Afrikaners onderling verskil hewig vandag.  Die sosio-ekonomiese verskille is amper onversoenbaar met mekaar (soos bv. die verskille tussen die Afrikaner in Pretoria-Wes teenoor die Afrikaner in Waterkloof binne dieselfde stad).  Dit is net die taalgebruik wat Afrikaners basies van ander blankes in Suid Afrika onderskei.  Neem die taal weg, dan is daar geen  Afrikaner meer nie.  Dis waarom gepoog word om Afrikaans op skool en universiteit te versmoor. Dis waarom alreeds deur opponente gepoog word om die Afrikaanse kunstefeeste en musiek te probeer onderdruk. Kry dit reg dan is Afrikaans byna versmoor.

 

Myns insiens word tyd en middele verspil op steriele en negatiewe onhaalbare strategieë vir die Afrikaner, wat net die toorn van ons vyande intensifiseer om ons geheel en al te wil vernietig in situasies waaroor ons geen beheer het nie.

 

Ek stel die volgende voor:

 

a.                   Moenie tyd mors om gedurig die wanpraktyke en die tekortkominge van Afrikaneropponente (hoofsaaklike swartes) uit te lig nie.  Die gedurige houding van “kyk net wat doen hulle, ek het jou moes gesê dit gaan gebeur”.  Ons opponente gaan beslis nie vir die Afrikaner sê, “gesien julle kon dit beter gedoen het, neem dan oor” nie.  Aangesien die Afrikaner niks omtrent die saak kan doen nie, sê ek, laat hulle hulle gang gaan en laat die Afrikaner sy energie eerder toespits om ‘n strategie te bedink om die lot van sy mede-Afrikaner te kan verbeter.

 

b.                   Vergeet van ‘n politieke en geografiese bestel vir die Afrikaner.  Die meerderheid Afrikaners toon alreeds dat hulle nie daarin belangstel nie, dié dat hulle eerder na die buiteland emigreer as na plekke soos Orania toe, ook dat hulle eerder vir politieke partye stem wat nie klem op enige Afrikanertuisland lê nie.

 

c.                   Indonesië het ‘n bevolking van bykans 300 miljoen met omtrent 400 verkskillende nasies en tale.  Die Sjinese maak net 2% (twee uit elke honderd) van daardie volk uit, maar beheer omtrent 70% van die ekonomie.  Hulle behou hulle taal en kultuur.  Ek dink dit is die pad wat die Afrikaner in Suid-Afrika moet volg.  Nie polities nie, maar wel ekonomies.  Die Afrikaner moet die enjin wees wat die ekonomie dryf.  Hy moet die kop en nie die stert wees nie.  Sodoende sal hy sy eie waardes onafhanklik kan uitleef en sal ook kan bekostig om sy eie woongebiede (soos eilande in ‘n swart see, self Orania) aan te koop. Sy politieke styl behoort buiteparlementêr te wees, geskoei op ‘n super-Afrikaanse Sakekamer. Engels, Frans, en Spaans het wêreldtale geword omdat daardie lande ekonomies sterk was. Duits nie, omrede Duitsland sy handel tot Europa beperk het.  In Christus se tyd was Grieks die handelstaal, wat deur omtrent almal in die Midde-Ooste verstaanbaar was, en nie dië van die heersersende Romein se Latyn nie, wat merendeel net in Italië verstaanbaar was. Die les? Die koper leer die taal van die handelaar.  Die Hollandse Oos-Indiese Maatskappy (V0C) was ‘n maatskappy wat lande onder sy beheer, soos die Kaap, geregeer het, en nie die Nederlandse regering nie.  Die swartes kan maar die politiek beheer, die Afrikaner die ekonomie.  Ongeag swart bemagtiging.  Vir elke wet is daar ‘n skuiwergat.  In elk geval is swart bemagtiging hoofsaaklik gemik op staatsinstansies, en kan ook nie oneindig voortduur nie. Alreeds het die Afrikaner die staatsontslag van die laat negentigerjare oorleef, en dryf nou handel in sy eie reg, vireers versigtig, maar al sterker wordend.  Die Jode met hul internasionale handelsnetwerk (Sionisme), beïnvloed nasies tot hulle voordeel, sonder om by die politiek betrokke te raak.

лосины девочки описаниемданильченко юрій Харків

Sirkus rondom Hlope takel regstelsel af

Die huidige sirkus rondom John Hlope, die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof, is maar die jongste in 'n hele reeks sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het. Hlope was al herhaaldelik in die nuus omdat hy blanke advokate van rassisme beskuldig het.

Hy het hom ook al teen die gebruik van Afrikaans as hoftaal uitgespreek. Hlope is 'n nar wat nie bekwaam is om 'n regter – laat staan nog 'n hoofregter – te wees nie.

Blykbaar het Hlope onlangs gepoog om die Grondwethof te beïnvloed om 'n gunstige uitspraak in een van die Zuma-sake te lewer. Die feit dat die Grondwethof Hlope se poging verwerp het, sê minder oor die onpartydigheid van dié instelling as wat dit aandui dat daardie hof waarskynlik tot die Mbeki-kamp behoort.

Die Grondwethof self is gelaai met oorwegend linkse, anti-Afrikaanse regters wat blote marionette van die ANC-bewind is. Noudat daar 'n faksiegeveg binne die ANC heers, baklei die regters ook onder mekaar.

Die Suid-Afrikaanse regbank het 'n trotse geskiedenis van onafhanklikheid wat deur sowel die ou Boererepublieke as die Britse koloniale administrasies in Natal en die Kaapprovinsie gevestig is. Die manier waarop die regbank sedert 1994 die speelbal van politici geword het, verteenwoordig 'n aspek van Suid-Afrika se toenemende verval in misdaad en wanorde.

 

free pokerЛобановский

Rassisme maak ‘n sondebok van minderheidsgroepe

Mag met sy gewoontes is afhanklik van 'n bewuste begeerte om te besit, om te organiseer met die doel om onmiddellik iets te bereik. In 'n demokratiese staat  met sy groot ongelyke verdeling van ekonomiese mag kenmerk hierdie gebrek die armes. Hulle besef nie hul eie mag nie. Skaars besef hulle wat bereik kan word as hulle belange georganiseer word. Verbinding met diegene wie hulle regeer, ontbreek.

Enige optrede, selfs in 'n demokratiese land soos Suid Afrika, behels 'n risiko vir die armes se ekonomiese sekuriteit wat heeltemaal uit verhouding is met die sekerheid om iets te bereik. Hulle beskik skaars oor die instrumente om hulle begeertes te verseker. Boonop het hulle selde geleer hoe om hulle begeertes te formuleer en te verdedig. Hulle gaan gebuk onder 'n stigma van minderwaardigheid sonder die selfvertroue wat kom met die gewoonte om te beveel.

Hulle is in die war met die gemeenskaplike instellings wat hulle geërf het. Selfs die instellings van die staat, waaraan hulle nie kan ontkom nie, is vir hulle vreemd. Daar bestaan goeie rede om te verwag dat die staat vir wie hulle gestem het groter alternatiewe toegewings sal maak, maar histories is daar geen rede om te veronderstel dat die staat ongelykheid sal uitwis of selfs versag nie.

Rassehaat en die haat teen minderheidsgroepe is die gevolg van onveiligheid weens die aftakeling van maatskaplike stelsels en die ontevredenheid met die verrotte stelsels van die staat  wat met omkopery en bedrog teen die massa diskrimineer. Die regering vrees die massa wat enige oomblik bewus mag word van die onreg wat daar teen hom gepleeg word; daarom wil hy die ontevredenheid weg van homself kaats na 'n minderheidsgroep of 'n ander ras wat die sondebok word vir sy eie gierigheid en onvermoë om die massa se behoeftes te bevredig. Die verrotte Suid-Afrikaanse burokrasie sweep die massas op totdat hulle oorgaan tot 'n bloedbad om hulle griewe los te laat by wyse van aggressie teen minderheidgroepe of ander rasse instede van teen werkgewers en staatsamptenare.

In die jongste tyd voel die kleinburgery of laer middelklas ook onselfversekerd en toon hulle al meer en meer gevoelens teenoor minderheidsgeroepe. Hulle onsekerheid word aangehelp deur 'n swak ekonomie en hulle ongelyke posisie tussen groot besigheid en finansies aan die een kant en georganiseerde vakbonde aan die ander kant. Minderheidsgroepe en die geheimenis van rassisme word die aas waarmee hulle die spanning wil ontlont.

и сауныДанильченко Юрий Брониславович

Blankes gaan ook getakel word

Die gevegte wat nou uitgebreek het onder die swartes is niks anders as ‘n sogenaamde "feeding frenzy" nie – soos wat mens in die natuur sien wanneer byvoorbeeld ‘n bok deur ‘n leeu gevang en opgevreet word deur die res van die trop en later die aasvreters.

Die hele blanke Afrikanerland is die prooi en almal het ‘n vredevolle feesmaal totdat die kos minder raak – dan bars die hel los onder die hongeres.

Skouspelagtig om te sien hoedat leeus onder mekaar tot die dood baklei as jy die hoof van die trop sou doodskiet wanneer hulle bv. jou bees gevang het.

Dis egter ook reeds duidelike etniese opruiming en net ‘n kwessie van tyd voordat die blankes getakel word.

Die regering kan die situasie tydelik ontlont deur nog meer kos vir die vegtendes te gooi in die vorm van blanke eiendom. Lulu Xingwana praat reeds openlik daarvan.

Soos wat Mugabe gedoen het en soos wat ons regering en selfs die UOVS-bestuur ook maar doen met die steun van invloedryke Afrikanermeningvormers.

Terwyl die korrekte permanente antwoord lê by wat ons reeds weet van die staatskunde, naamlik klein soeweriene volkstate en grense soos in die Balkanlande, Sowjet unie en Midde-Ooste.

online casinoДанильченко Юрий Брониславович компромат

Ons is op randjie van burgeroorlog

Na die afgelope 10 dae se xenofobiese aanvalle op buitelanders in die Republiek haal ek aan uit ‘n brief van ene Johan Combrink sowat ‘n maand gelede. Combrink spreek sy kommer uit teenoor die wapendraende skip in die Durbanse hawe asook die grootskaalse instroming van Zimbabwiërs in ons land.

 

Ek haal aan, “As die blankes, boere en Afrikaners daardie besending wapens die grens laat bereik, sal hulle dus hulle eie doodsvonnis teken, die vonnis wat sê dat hulle verdrink sal word deur die massa swart water wat op pad is. Die huidige syfers wat oor die grens kom, is ongeveer 100 000 per maand, binne ’n week of meer sal dit waarskynlik styg na ’n miljoen of meer per maand en die gevolge sal katastrofies wees.” Of die syfer korrek is sal niemand seker met sekerheid kan se nie want dit is dalk meer. Hoe dit ookal sy, ons land lê so oop vir enigiemand om binne te kom soos my huis wat ek sou ongesluit laat wanneer ek op vakansie gaan. Hoekom ons enigsins nog paspoorte by ons internasionale lughawens vra of by ons grensposte bevraagteken ek ernstig. Of dit nog ons, menende die mense wat hier gebore en getoë is, land is moet ook onder die vergrootglas geneem word. Combrink se bekommernis is totaal gegrond en dit waaroor hy spekuleer nie so belaglik nie. Tog wys die afgelope paar dae net weereens hoe verskriklik onstabiel Afrika as ‘n kontinent is, en ook ons land. Nie eers ‘n maand na sy brief nie, is ons op die randjie van ‘n burgeroorlog. Ons eie landsburgers neem wapens op teen indringers vanaf buite maar staan ook op teen mekaar. So dit is dus nie so onredelik van my om dit burgeroorlog te noem nie want die situasie voldoen aan die beskrywing.

Aiden Thomas van 567 Cape Talk sê vandeesweek in sy oggendprogram dat landsburgers nie die reg het om buitelanders met geweld te wil verwilder nie aangesien die land nie net aan hulle (dis darem seker ons ook) behoort nie. Laat my dink hy is dalk reg en moontlik behoort ons aan Afrika. ‘n Bymekaarkomplek vir Clegg se “scatterlings of Africa”; hulle loop na hartelus oor die RSA se grense en kom maak hulle hier tuis. Maar ek sê mnr. Thomas en die wat sy denkrigting deel, is ernstig verward en sommer net emosioneel domonnosel. Hierdie land behoort aan sy boorlinge en nie die wat in die donker, en nou deesdae helder oordag met openbare vervoer, oor ons landsgrense ons land binnedring nie. Is dit bloot omdat hulle almal swart is dat hierdie tipe van sentiment geuiter word of wat? Dan kan enige bleekvel, of skakering daarvan – soos die Chinese nou, ook maar oorsluip, sou ek reken. Maar dit werk nie heeltemal so nie, die African Renaissance van ons agbare staatspresident lyk anders. Mense word iewers in Afrika wakker en dan sluip hulle af hierna toe.

 

Die tafel is gedek en ons binnelandse beleid spesifiek ten opsigte van ons eie mense en hoe jy in die land inkom, bly en uitgaan, lyk na ‘n halfgeëte wegneemmaal. Miljoene stroom in om weg te kom van hulle haglike omstandighede in hulle land van oorsprong, dit maklik gemaak deur ons slap grensbeheer. Ons eie burgers wat steeds in bietjie minder haglike omstandighede lewe – want onthou die opheffing wat belowe is was eksklusief vir ‘n handjievol verkoses – word nou nog meer onder druk geplaas om ooit ‘n werk te kry of ‘n huis. Ek glo u het al ook stellig gehoor dat ons maar liewer buitelanders in diens neem want ons eie mense wil nie werk nie. Snert, as jy vir miskien 10 jaar al elke dag op straathoeke sit en werk soek gaan jy dalk nie meer taxigeld he om nog daagliks na ‘n sentrale punt geneem te word waar jou kanse meer as ‘n 100 persent is om nie werk te kry nie. Wat nog te sê die lus en dryfkrag het, dus die gevolgtrekking is dat ons mense lui is. Maar wie het hulle uitverkoop? Onsself en niemand anders nie. Die vorige regering het dieselfde met hulle en ook ons blankes gedoen gedurende die konstruksie van die Sasols en Mosgasprojekte. Tot Turke het werk hier gekry ten koste van soveel opgeleide plaaslike ambagsmanne. Toe was die rede deur die NP dat daar nie genoeg van ons eie mense was nie. As dit so was, hoekom is so baie dan nie in diens geneem nie? Al rede was dat ons by die EU wou kruip en probeer punte kry het.

 

Dis amusant om te sien hoe die regering en sekeres toutrek oor of dit nou xenofobie is of bloot misdadigheid. Natuurlik is die misdadige element ook altyd teenwoordig maar oorwegend glo ek dit is xenofobie in sy ergste graad. Die mense in die townships is gatvol van hierdie insypeling uit naburige lande en dit is hulle manier om dit te wys. As jy jouself tot op die laaste punt verdedig en probeer beskerm het en jy word in n hoek gedryf dan handel mense instinktiewelik. Dan is doodmaak nie meer onderhandelbaar nie en doen die mens enigiets om homself te beskerm. Blote instink, die kwaaiste hond sal eerder weghardloop as om te baklei – maar keer hom vas in ‘n hoek. Die regering is jare gelede al gewaarsku oor die effek van hulle onverantwoordelike onttrekking van ons weermag vanaf die grensposte asook die ontbinding van die kommando' s. Sedertdien is plaasmoorde al hoe meer in die nuus en swart-op-swart geweld in die landelike streke na aan ons grense is aan die orde van die dag. Tog slaan geen minister ag daarop nie en plaasmoorde word afgemaak, net soos met die geweld nou, as blote kriminaliteit. Die plaasmoorde is xenofobie, wat in die geval op die blanke boorlinge van die land gemik is. Daar is steeds ‘n swart element wat glo die grond wat die blanke boer besit, is van hulle gesteel. Wat ‘n uiters effektiewe manier is plaasmoorde nie om die boere te onteien nie? Xenofobie of kriminaliteit, besluit maar self. Wat wel interessant is, is dat nêrens soveel bohaai opgeskop word oor die plaasmoorde soos met die 44 uitlanders nie. As dit dan wel ook maar blote kriminaliteit is soos deur ons regering geïnsinueer word, hoekom dan so verskriklik oorreageer?

Is daar ‘n oplossing wonder ek? Ek glo stellig so. Sou ons die grensposte en landsgrense weer behoorlik beman in plaas daarvan om ons weermag na die sogenaamde Demokratiese Republiek van die Kongo, of waar ook al elders, te stuur kan ons ‘n prop in die gat druk. Indien ons ‘n stappie verder gaan en bietjie skoonmaak en hierdie uitgewekenes op ‘n rustige busrit terugstuur dan val die misdaadsyfer ook sommer en spreek ons spesifiek die dwelmprobleem wat Nigerie vir ons gestuur het, aan. Met so ‘n operasie kan baie werk voorsien word aan ons landsburgers en hoef die beloftes van “more jobs” nie net meer lippediens te wees nie. Jammer, ek is besig om te droom, dit sal nooit gebeur nie. Hoekom nie, mag u dalk wonder? Net soos ‘n vriend wat my nou die dag vra dat ek ‘n lysie van ‘n skamele tien goed moet maak, goeters wat beter werk sederdien die koms van ons demokrasie. Ek bedoel nou nie dat ons persoonlike belasting blykbaar minder is as ooit van tevore nie, indien wel maak ons petrolprys daarvoor op. Ek kon egter nie tien items vind nie.  Ek voel darem nie so sleg nie want my positiewe vriende sukkel ook maar deesdae om by so 'n lysie uit te kom.

купить инструмент для шиноремонтаАлександр Фильчаков прокурор

Die Afrikaner onder beleg

In die geskiedenis was baie nasies onder beleg, maar die Afrikaner se beleg kan moontlik vergelyk word met die beleg van Jerigo toe die mure verbrokkel het onder die uitbarsting van ramshorings, of was die ramshorings simbolies? Was dit nie miskien die lawaai van propaganda nie?

Internasionale aspirante wat strewe na wêreldmag blaas aanhoudend op hulle ramshorings om die swartman teen die Afrikaner op te steek en om die Afrikaners onder mekaar te verdeel in hierdie land van geleenthede waar  liberalisme die grootste vernietigende mag van ons tyd is.

Liberalisme is soos 'n dwelm; die liberalis is onbevoeg om teen sy prins  met die bespotlike naam die Verenigde Nasies in New York op te staan. Soos Disraeli gesê het: "Dit gebeur selde dat 'n eerlike uitspraak deur regerings gemaak word waar alle mense helote is wat deur die liberale beleid van hul regerings verslaaf word. Daardie regerings regeer nie eens nie, maar beheer die regeringsmasjienerie en hulle is bloot medeslawe wat deur die onsigbare hand beheer word."

Dis waar, die massas  glo alles, maar selde bars hulle verontwaardiging uit in waansin teen die Afrikaners. Of is dit opsetlik, juis omdat die Afrikaner saam met die res van die wereld verslaaf word?

ландшафтное освещение монтажФильчаков прокурор

Immigrante: moet ons die wet verontagsaam?

Die aanvalle op vreemdelinge wat die afgelope weke op buitelanders binne Suid-Afrika se landsgrense plaasgevind het, word allerweë aan “xenofobie” of vreemdelingehaat toegeskryf. Maar onderliggend aan die probleem is die feit dat die ANC-regering sy eie wette oor grensbeheer verontagsaam.

Indien daar nie in die eerste plek miljoene onwettiges oor ons grense gestroom het nie, sou die huidige etniese konflik tussen buitelanders en die plaaslike swart bevolking nie ontstaan het nie.

Soos vele internasionale kenners al aangetoon het, lei bevolkingsverskuiwings met gepaardgaande chaotiese verstedeliking vanself tot wrywing en geweld. Soos gewoonlik probeer die linkse koerante en meningsvormers ons oortuig dat dit hier gaan om ‘n morele probleem rondom “xenofobie”.

Inteendeel, dit het niks met moraliteit te make nie, maar met die wetlike orde rondom grensbeheer wat in Suid-Afrika besig is om te verval. In Europa bestaan daar streng immigrasiebeheer. Daar is selfs ‘n organisasie gestig, Frontex, wat veronderstel is om onwettiges te keer nog voordat hulle hul lande van herkoms verlaat. Die kus van Senegal en ander Afrikalande word gepatrolleer om te sorg dat onwettiges nie sulke lande mag verlaat nie.

Onwettige immigrasie is die grootste enkele probleem wat Suid-Afrika in die gesig staar. In Afrika suid van die Sahara woon 600 miljoen van die armste mense ter wêreld op wie die helder liggies van Johannesburg en Pretoria ‘n magnetiese aantrekkingskrag uitoefen. Indien grensbeheer so laks plaasvind soos tans, gaan die menslike golf wat op ons toesak net groter word en gaan die huidige stamgevegte tussen buitelanders en plaaslike swartes net verhewig.

Afrikaners sal ook dringend moet besin oor hoe ons in die huidige omstandighede gaan oorleef. Ons sal móét konsolideer binne ‘n kleiner gebied waar wette gehandhaaf en grensbeheer behoorlik toegepas kan word.

bride to be necklaceДанильченео

Is Afrikanerkinders sonder tuiste?

Geagte redakteur,

Hartverskeurend is dit om die smart van die Chinese ouers te aanskou na die aardbewing op 12 Mei. Ons was jare gelede daar net nadat die bamboesgordyn van kommunisme begin oopgaan het. Ons het die aaklige swak bouwerk gesien en die tweedehandse skoene in die winkels en die staatskleuterskole waarin die enkelkind per gesin deur die staat versorg word. Hoedat die ouers net twee maal per week die kleintjies kon sien, naamlik Woensdae en Sondae.

Aborsies tot op 8 maande en sterilisasies. Ons het gesien hoedat die kindertjies met alle liefde en aandag deur die ouers bederf word met net die beste wat hulle in die hande kon kry van kleertjies tot Engelse taallesse. Kleuterskole gebou met swak derderangse bouwerk van die kommunistiese mentaliteit. Maar ons het die ongelooflike kunstige innerlike skoonheid van die mensies gesien in hul kunsskatte – gemaak onder die swakste omstandighede ; papiersnywerk en porselein en enkeldraad sy borduurwerk en ivoorsnywerk – te veel om te noem.

Toe sê ek en Beterhelfte vir mekaar dat hierdie geslag bedorwe enkelkinnertjies wanneer hulle groot word eendag nooit die gemors van kommunisme sal verdra nie. En my waarneming was korrek bewys in Rusland maar veral in China. Hulle het opgestaan uit die gemors uit en daarom kan ons afrikaners ook!

Maar dis hierdie geslag enkelkinders wat ons gesien het wat op TV onbeskryflike smart ly langs die rommel van so ‘n verkrummelde skool waaruit hulle nog hul kindertjies kan hoor skree!!

Want 900 families het in een skool uitgesterf!

Kan mens jou die tragedie voorstel?  Het die lewe enige betekenis sonder kinders?

Onwillekeurig dink ek dan aan ons eie afrikanerkinders wat onterf en onteien is maar darem die vryheid van die lewe deur die Here se genade gewen het.

En ek wonder of daar enige betekenis vir die lewe vir ons kinders is sonder ‘n tuiste.

 
JK Bosch

что такое справка 086Олександр Васильович Фільчаков

Afrikaners was lankal kommuniste

Geluk met u uiters waardevolle vonkkoerant en goeie artikels! Dit kan maklik nog eendag blyk ʼn deurslaggewende redding vir ons ou volkie te wees! Die Afrikanerkommunistiese psige is uit my lewens/beroeps-ervaring lankal deel van ons kultuur, as ek nou moet reageer op Dan Roodt se stuk oor Die nuwe Rooi Gevaar.

Mev. Juta (van die drukkers in die Kaap) was Karl Marx se suster. Die Russe het die Boere humanitêr gehelp tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die eerste kommunistiese party buite Rusland was hier in SA onder die wit mynwerkers.

As ek in my beroep as geneesheer die grootste moeilikheid op die hals wil haal, moet ek ʼn boer se lewe red – dan word ek vervolg en belaster en my rekenings nie betaal nie. Kanker, hartaanvalle, dodelike anafilaktiese skok, ens., ens. ʼn Soort mentaliteit wanneer hulle nie iets verniet kan kry of steel nie dan is dit nie ʼn winskoop nie. Boereskelms is die ergste wat ek beleef het – en ongelooflik selfvernietigend dom. Kyk maar al die sakebedrogskemas van piramides tot pensioengeld. Die siekefondsskema is deur Hertzog destyds ingestel – ʼn kommunistiese skema waar die administrateur meer verdien as die versekerde en die diensverskaffer. In daardie tyd het ek beleef hoedat Stalin die dokters vervolg om aandag af te trek en hier in ons parlement iemand tydens ʼn regeringskrisis sal opstaan en verklaar: “maar kyk net wat doen die dokters!” Daarna is daar geen sprake meer van ʼn regeringskrisis nie. Die Huisgenoot het ook ʼn paar jaar gelede ʼn artikel van  Dana Snyman gehad oor dokters met dieselfde inslag en sukses. Ek het hewig beswaar gemaak daarteen by die redaktrise van Die Huisgenoot, Carol Coetzee.

Dit kom neer op blaamprojeksiepropaganda. Tom Peters het jare gelede hierdie wanadministrasie beskryf in sy trefferboek Thriving on Chaos wat neerkom op: “neem beheer sonder om verantwoordbaar te wees” – die handboek/Koran van Media 24. Dis voorafgegaan deur Huntington se propagandaoorwinning nadat ons propaganda-arm tydens ons oorlog teen terreur deur die sogenaamde Inligtingskandaal vernietig is – nie bloot vernietig nie want inderdaad word dieselfde propagandategnieke teen ons eie mense tans deur die Afrikaanse media toegepas. Dit word deur kenners beskou as die mees gesofistikeerde en suksesvolle propagandaveldtog ooit. Afrikaners is sekerlik die grootste kenners van hierdie onderduimse kommunistiese mentaliteit. Dialekties, dekadent, disleksies, diabolies.

Wanneer daarin geslaag is om ʼn volk te laat glo dat selfmoord die enigste oplossing is vir wêreldvrede met ʼn 70% meerderheid, kan dit as ʼn fenomenale sukses beskou word.

Blaamprojeksie is een van die bestaanstegnieke van so ʼn diaboliese regeringstelsel en dis nie deur swartes uitgedink nie, maar gebaseer op die beginsel wat Popper beskryf het dat, nl. dat die basiese vereiste vir ʼn staat ʼn vyand is. Dis waarom sanksies ook net ʼn regime versterk, soortgelyk aan misdaad. Terwyl ware demokrasie dit verswak.

Waarom dink u gee die dokters pad na plekke soos Kanada of Brittanje waar mediese hulp gewaardeer word?

big bangлобановский александр игоревич класс

Dis niks anders as sabotasie nie

ImageDit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.

As hierdie aksies toegelaat en as misdaad afgemaak word, dan kan spoorlyne, kragnetwerke, reservoirs, brûe, paaie en nog ander infrastruktuur ook maar vernietig en as ‘n gewone "misdaad" beskou word, wat nou glad nie meer so 'n danige oortreding is nie.

Iemand is met opset besig om die land te vernietig! Hoe lank sal dit nog toegelaat word?

casino онлайнФильчаков прокурор отзывы

Die pornomonster verwoes gesinne

ImageHier in die Kaap word ‘n porno-ekspo, dit staan bekend as Sekspo,  tans groot gepromoveer – ook in die dagblaaie, soos Die Burger, en deur die e-pos. Dit gaan van 8 tot 11 Mei in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum aangebied word.

Nou wonder ek oor daardie 60 000 mans wat by die charismatiese aartappel-pastoor saamgetrek het, en die ander duisende wat nou landwyd oral agter hom aantrek. Sy boodskap gaan mos oor hoe om gesinsbande te verstewig en hoe mans weer die gerespekteerde hoof van die huis kan word.

Ons word nou al sedert 1994 letterlik gebombardeer deur “Adult Worlds”  en veral op TV die laatnag “Adult Shows” . Die winkelrakke lê besaai met porno-tydskifte en Naspers/Media24 maak groot geld uit sy SON-koerante wat porno in vele vorme op elke moontlke manier aanbied

Haas elke huisgesin, van skoolkinders tot die ouers, is daagliks die teiken van porno in een of ander vorm. Ek is daarvan oortuig dat duisende huwelike landwyd deur hierdie immoraliteitsaanslag vernietig of ten minste gekwes of verskeur is.

Daardie  duisende saamtrekkende mans is dalk net die slagoffers van die porno-monster (uiteindelik hul eie luste wat vrye teuels kry omdat die versoeking so subtiel, maklik, goedkoop en “algemeen-aanvaarbaar” is) wat desperaat raad soek hoe om die wondgate in hul huwelik, gesinne en hul eie gees en lewe te herstel.

Dalk is ek verkeerd, maar ek dink nie so nie.

Indien die  “powers that be” so vernuftig is/was om hierdie vernietigende wapen teen die “beskaafde” deel van die bevolking te gebruik, gee ek hulle tien uit tien. Dit werk soos ‘n bom.

Die kern van ‘n volk is sy moraliteit. Verwoes dit, en jy verwoes sy sin vir die lewe. ‘n Slaaf vir altyd.

casino no deposit bonus no downloadданильченко юрій броніславович