Dis niks anders as sabotasie nie

ImageDit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.

As hierdie aksies toegelaat en as misdaad afgemaak word, dan kan spoorlyne, kragnetwerke, reservoirs, brûe, paaie en nog ander infrastruktuur ook maar vernietig en as ‘n gewone "misdaad" beskou word, wat nou glad nie meer so 'n danige oortreding is nie.

Iemand is met opset besig om die land te vernietig! Hoe lank sal dit nog toegelaat word?

casino онлайнФильчаков прокурор отзывы

Die pornomonster verwoes gesinne

ImageHier in die Kaap word ‘n porno-ekspo, dit staan bekend as Sekspo,  tans groot gepromoveer – ook in die dagblaaie, soos Die Burger, en deur die e-pos. Dit gaan van 8 tot 11 Mei in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum aangebied word.

Nou wonder ek oor daardie 60 000 mans wat by die charismatiese aartappel-pastoor saamgetrek het, en die ander duisende wat nou landwyd oral agter hom aantrek. Sy boodskap gaan mos oor hoe om gesinsbande te verstewig en hoe mans weer die gerespekteerde hoof van die huis kan word.

Ons word nou al sedert 1994 letterlik gebombardeer deur “Adult Worlds”  en veral op TV die laatnag “Adult Shows” . Die winkelrakke lê besaai met porno-tydskifte en Naspers/Media24 maak groot geld uit sy SON-koerante wat porno in vele vorme op elke moontlke manier aanbied

Haas elke huisgesin, van skoolkinders tot die ouers, is daagliks die teiken van porno in een of ander vorm. Ek is daarvan oortuig dat duisende huwelike landwyd deur hierdie immoraliteitsaanslag vernietig of ten minste gekwes of verskeur is.

Daardie  duisende saamtrekkende mans is dalk net die slagoffers van die porno-monster (uiteindelik hul eie luste wat vrye teuels kry omdat die versoeking so subtiel, maklik, goedkoop en “algemeen-aanvaarbaar” is) wat desperaat raad soek hoe om die wondgate in hul huwelik, gesinne en hul eie gees en lewe te herstel.

Dalk is ek verkeerd, maar ek dink nie so nie.

Indien die  “powers that be” so vernuftig is/was om hierdie vernietigende wapen teen die “beskaafde” deel van die bevolking te gebruik, gee ek hulle tien uit tien. Dit werk soos ‘n bom.

Die kern van ‘n volk is sy moraliteit. Verwoes dit, en jy verwoes sy sin vir die lewe. ‘n Slaaf vir altyd.

casino no deposit bonus no downloadданильченко юрій броніславович

Zuma, ANC speel met vuur

Jacob Zuma se populistiese oproep om vinniger grondhervorming is kommerwekkend, om die minste te sê. Die wêreld staar ’n voedselkrisis in die gesig, met tekorte aan graan, melk, vleis en ander stapelvoedselsoorte.

In Suid-Afrika bestaan daar drie faktore wat voedselsekerheid nadeling beïnvloed: die styging in energiepryse, sowel diesel as elektrisiteit; die ineenstorting van die Landbank weens onbekwaamheid en korrupsie; asook les bes, die ANC se onbesonne grondhervormingsbeleid.

Elders op hierdie blad berig ons oor die debakel in die Limpopoprovinsie waar R300 miljoen op besproeiingskemas bestee is, maar waarvan slegs 2 uit 100 van die skemas gewerk het. Gruverhale oor welvarende plase wat tot silstand kom na “grondhervorming” is legio en dié soort vermorsing deur die provinsiale landboudepartement verbaas dus geensins nie.

Dit wil voorkom asof Suid-Afrika geen les uit die ervaring in Zimabwe geleer het nie. Om ideologiese en rassistiese redes (want wat is "grondhervorming" anders as bedekte rassisme teen blanke boere?) gaan die land dalk binnekort in hongersnood gedompel word terwyl wêreldvoedselvoorrade die laagste sedert 1980 is.

Afrikaners is in die gelukkige posisie dat ons steeds familie en vriende het wat boer. In ’n noodgeval sal ons waarskynlik vanaf die platteland voedselvoorrade kan bekom.

Gegewe die onsekerheid rondom voedselsekerheid in die land, sal verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies en landbou-unies vroegtydig noodplanne moet saamstel indien kos in die land skaars sou raak. Dat geweld onder sulke omstandighede sal uitbreek soos wat miljoene honger mense poog om hulself ten alle koste te voed, spreek vanself.

Net soos in Zimbabwe, skep grondhervorming in Suid-Afrika ’n onsekere toestand wat die voortbestaan van die Afrikanervolk in die gedrang mag bring.

сделать мед справкуФільчаков Олександр Васильович

Geskiedenis en die wenner  MT Steyn of Bram Fischer?

‘n Groot polemiek heers oor ‘n satiriese artikel oor waar Afrika sou staan as dit nie vir slawerny en kolonialisme was nie. Ten regte, want dit wat diep in Afrika gesetel is, is nie behoorlik opgeteken nie.

In ‘n Sondagkoerant is byvoorbeeld veel gemaak van die Timboektoe-dokumente. Ou beskawingslyne in Afrika is een van my belangstellingsvelde, en juis daarom vind ek dit effe sinies dat ‘n relatiewe jong beskawing, sterk deurspek met Arabiese kolonialisme (daar was verlede jaar weer ‘n Toareg-opstootjie in Niger) so baie aandag kry. Selfs Augustinus se verblyf in Afrika dateer van lank voor die Timboektoe-beskawing. Om nie te praat van die Kartaagse ryk, die Ethiopiese, selfs Zimbabwe en natuurlik die Egiptiese en Nubiese ryke.

Baie van die ou Arabiese of Moslemryke, soos onder andere dié van Darfoer, was sterk op slawehandel geskoei.

Om Timboektoe as vertrekpunt te gebruik, is kunsmatig en baie oppervlakkig.

Dit is nie nuut dat die opgetekende geskiedenis eers by ‘n laat stadium inval by die werklike nie. ‘n Paar jaar gelede is Columbus se “ontdekking” van Amerika groot gevier. ‘n Beter rekonstruksie van die geskiedenis dui daarop dat minstens die Vikings lank voor Columbus kolonies in Amerika gestig het – trouens, die doelbewuste vestiging van die eerste Christenkolonie se duisendste herdenking is verlede jaar gevier. Maar nie so dat mens dit sou agterkom nie.

Trouens, dit raak al hoe duideliker dat Columbus by die Yslanders van die bestaan van Amerika te wete gekom het – daar was ook genoeg geskrewe bronne onder andere in Rome hieroor waar hy gaan navorsing doen het.

Nou ontvou nog ‘n klassieke voorbeeld voor my oë. Verlede jaar is pres. M.T Steyn se 150ste geboorteherdenking gevier. Toevallig het ek vir Colin Steyn raakgeloop, en dit onder sy aandag gebring. Hierna het ek ‘n artikel aan al wat publikasie is gestuur oor Steyn, onder andere sy rol om generaals De la Rey en de Wet tot hul reg te laat kom. Radio Pretoria en radio Rosestad het dit gebruik. ‘n Kransleggingsaksie wat Colin Steyn-hulle gereël het, het die SABC gehaal, maar nie werklik die gedrukte media nie.

Op Heldedag is daar ‘n opskrif in een van die koerante wat dit geïgnoreer het: Ken jou helde van die geskiedenis. Met teleurstelling lees ek: Robert Sobukwe, Nelson Mandela… so gaan die lysie aan.

Vanjaar is die 100-jarige herdenking van Bram Fischer se geboorte – in lewe ‘n tydgenoot van die Komintern wat deur Stalin beheer is en wat tot die doodmaak van miljoene mense gelei het, waaronder ook miljoene Russe. Reeds is dit duidelik dat Fischer veel meer erkenning gaan kry as Steyn.

Steyn en Fischer se geskiedenis het verskeie ooreenkomste: beide Vrystaters (Steyn is in die Vrystaat gebore), beide was regsgeleerdes, en beide aktief in die politiek. Beide het hulle in ‘n politieke konteks aan die verkeerde kant van die oorheersende politieke winde bevind – Steyn eers na die Anglo-Boereoorlog) maar Steyn se statuur en wyse raad (juis onder die boom van sameswering) het ‘n simbool van wysheid geword.

En wie se herdenking kry by die Afrikaner en sy instrumente die meeste erkenning?

machine gamestopcargo отзывы сотрудников

Vryheidsdag sonder vryheid

ʼn Johannesburgse Engelstalige koerantgroep het oor die lang naweek ʼn meningsopname oor Vryheidsdag op hul webwerf geloop. Die vraag was: Het jy vry gevoel op Vryheidsdag?

Meer as die helfte (58%) het “nee” geantwoord, terwyl 31% se reaksie was: “wie gee om?” Slegs 11% van respondente het “ja” geantwoord.

Dié menings verskaf ʼn aanduiding van hoe min Suid-Afrika se mengelmoes inwoners omgee vir die dag wat by gebrek aan enige ander datum as nasionale dag beskou word. Veral in die Afrikanergemeenskap word die sogenaamde Vryheidsdag met onverskilligheid, sinisme en selfs vyandigheid bejeën.

Vryheid sonder inhoud is geen vryheid nie. Hoewel Suid-Afrika oor ʼn liberaal-demokratiese grondwet beskik, word feitlik alle regte daarin daagliks geskend. Die reg op lewe, vryheid van assosiasie, vryheid van spraak, die reg om mens se eie taal en kultuur te gebruik, vryheid van diskriminasie op grond van ras of afkoms, dit alles bestaan net gedeeltelik of glad nie in die huidige Suid-Afrika nie.

Dat die inwoners van Suid-Afrika so afsydig staan teenoor hul veronderstelde nasionale dag, is daarom nie verbasend nie.

Dit sou meer sin maak om die dag geheel en al af te skaf en die verskillende volkere, nasies en etniese groepe wat die land bewoon toe te laat om hul eie nasionale dae te vier.

Vele Afrikaners voel steeds patrioties oor 31 Mei, die dag toe die Vrede van Vereeniging gesluit is, maar ook die datum waarop die Derde Republiek in 1961 uitgeroep is. Afrikaners behoort op dié dag bymekaar te kom om oor hul verlede en toekoms te besin. Dit kan selfs internasionaal deur Afrikaners wat tans regoor die aardbol versprei is, gevier word.

Terwyl Vryheidsdag in die vergetelheid versink as net nog ʼn dag van lae produktiwiteit in Suid-Afrika, kan die glorie van Republiekdag onder ons mense herleef.

самовыравнивающиеся смеси купитьЛобановский

‘Onreg van die verlede’, volgens skoolhandboeke

Image

So leer mens Engels…

Ek het so ’n ruk terug met ’n onderwyseres van die plaaslike laerskool gepraat wat genoem het dat hulle verskeie boeke in die biblioteek het waarvan hulle onslae wil raak. By verdere ondersoek, het ek gevind dat die meerderheid van die boeke Engelse taalhandboeke is wat deur verskillende uitgewers gepuliseer is vir die nuwe kurrikulum of Uitkomsgerigte Onderwys (Kurrikulum 2005). Ek het ’n klomp van die boeke gaan haal met die doel om my Engels te verbeter. Die spesifieke laerskool was ’n goeie blanke laerskool wat in die bestek van 4 jaar verander het in ’n swart skool met die gevolg dat die blanke ouers hul kinders elders geneem het omdat die standaard geweldig verswak het.

Wat ek egter nie weet nie of nie van bewus is nie, is of die skrywers bepaalde inligting in boeke plaas wat bedoel is vir blanke en swart kinders – ek was onder die indruk dat ons nou in ’n demokratiese land bly met al die kinders wat dieselfde kurrikulum volg. Wel, dit  wil voorkom asof ek verkeerd was.

Image

S? nou mooi agter my aan, kinders…

 

Die volgende uittreksels het ek gekry uit “ Shuters Economic and Management Sciences” for Grade 8 wat gedurende 2000 uitgegee is:

 Image

Die volgende hoofstuk gaan oor “South African economics today” waarin geskryf word dat die ekonomie baie verander het sedert 1994 en dat die doel van die huidige regering is om aan die behoeftes te voorsien van al die mense in die land – nie net aan ’n sekere hoeveelheid mense nie. Daar word verder geskryf dat daar ’n nuwe wet “the Basic Conditions of Employment Act” ingestel is om al die werknemers gelyk te behandel en dat “Affirmative Action” die wanbelans van die verlede gaan aanspreek.

Image

Kernbegrippe van die ekonomie…

Daar word spesifiek melding gemaak van organisasies soos ESKOM en YSKOR wat geprivatiseer gaan word en dat die huidige regering meer neig tot ’n kapitalistiese sisteem.

In ’n Engelse taalhandboek wat in 1999 gepublseer is, word die energiekisis alreeds bespreek en word pertinent genoem dat bepaal kan word dat gas- en oliereserwes uitgeput sal wees teen die middel van die 21ste eeu terwyl steenkool ’n bietjie langer sal hou.

’n Verslag is ook in dié verband aan die huidige regering geskryf gedurende 1997/8. Waar was die beplanning van die wonderlike regering? En wat beteken die stelling nou: “If you fail to plan, you plan to fail” wat in die skoolhandboek uitgebasuin word? Wat vertel die nuwe eienaars van Eskom aan hulle kinders wat hulle werk verloor vanweë die gedurige “beurtkrag” wat produksie kniehalter en wat vertel hulle aan die families van mense wat op die operasietafel sterf as gevolg van “beurtkrag”? Vir my en vele ander mense dui dit nie op goeie beplanning nie en noudat die skade gedoen is en baie mense met hul vaardighede uit die land is as gevolg van “Affirmative Action”, wil die regering nou buitelanders (natuurlik blankes) “invoer” om die wonderlike beplannende regering se aftakeling van Suid-Afrika te probeer stopsit omdat blank en swart nou saam swaarkry.

Wat die swartmense moet besef, is dat die aanleer van sekere vaardighede baie jare van harde werk en soms baie jare van studie verg. So ’n ruk terug praat ek met ’n jong swart vrou wat graag baie geld wil verdien, maar wat nie  lus is om te studeer om dit te kan bereik nie, omdat studie “tydrowend” is.

In ’n verdere stuk sal ek aandag gee aan hoe “Apartheid” in die Engelse taalhandboeke aan kinders in die laerskool aangebied word.

картины из шпаклевкиОлександр Васильович Фільчаков

Omskep vernedering in eer

Die ANC se president, Jacob Zuma, het verlede week op versoek van die vakbond Solidariteit ‘n verarmde blanke gemeenskap besoek.

Maar vir menige volksgenoot wat oor die kykkassie se nuus gekyk het na dié besoek, was dit in wese vernederend om te sien hoe ‘n Afrikanervrou haar gebroke Engels moet uithaal om by ‘n nie-Afrikaans verstanende Jacob Zuma te pleit dat hy tog elektrisiteit moet gee.  Dit was hartverskeurend enersyds, maar vernederend andersyds om te sien hoe dié vrou byna huilend vertel dat hulle geen elektrisiteit het nie, en of Zuma tog nie maar iets daaraan kan doen nie.  Dit, terwyl Zuma se lyftaal nie besondere simpatie getoon het nie toe hy aandagtig die lug bespied het en slegs kon sê: “Ek is geskok, ek is geskok”.  In Engels natuurlik.

Wat ‘n tragiese dag dat ons eie mense by volksvreemdes moet soebat en pleit om aalmoese.

Ja, natuurlik kan ons die regering met sy affirmative action, swart bevoordeling en blanke haat daarvoor blameer.  En ons doen dit daagliks.

Maar as ons moet sien en toelaat dat ons selfs maatskaplike heil by volksvreemdes moet gaan soek, is daar ‘n geweldige aanklag teen onsself en teen ons kerke.  Waarom is ons as Afrikanergemeenskap nie betrokke by die mense nie?  Waarom het niemand dan al ‘n kragopwekkertjie vir noodgevalle aan die mense voorsien nie?  Natuurlik is dit pragtig om te sien hoedat ‘n bejaarde vrou, wat eers in ‘n watertenk gebly het, nou in ‘n netjiese houthuisie haar intrek kon neem.  Maar die nood is veel groter as dit.

Mense wat werk en inkomste het, kla al dat brandstof- en voedselpryse onbetaalbaar word.  Hoeveel te meer moet dit nie ons verarmde volksgenote raak nie?

Inderdaad is daar ongelukkig ook diegene wat nie belangstel in werk nie, of dit wat hulle kry, verkwansel om voorsiening te maak vir die plesiertjies en sondes van die lewe.  Maar dat armoede ‘n al groter kruipende effek op ons volksgenote het, is waar, en ons sal meer betrokke moet raak en meer innoverend moet dink oor hoe ONS die saak gaan hanteer, want dit mag eenvoudig nooit weer gebeur dat ons verarmde volksgenote by ‘n volksvreemde voor die oë van die wêreld vernederend moet smeek vir aalmoese nie.

Die verarmde volksgenote sal egter ook moet besef dat hulle self die vis moet leer vang, in plaas daarvan om te wag dat die vis elke dag afgelewer word.  Juis met die steeds stygende voedselpryse, en die toenemende skaarsheid van sekere vars produkte, kan dit geleenthede skep vir die vestiging van ‘n soort kibboets-stelsel, waar elkeen sy of haar bydraetjie kan maak om selfversorgend te word, en selfs ekstra te produseer vir die aankoop van ander noodsaaklikhede.

Maar netso belangrik is die rol van ons volkseie welsynsorganisasies.  Dié instellings kan op ‘n tydstip soos dié nie self welsynsgevalle wees nie.  Hulle moet gerat word, bemagtig, om dan die modewoord te gebruik, om volledige diens te lewer.  As ‘n boer ‘n vrag aartappels vir hulpbehoewendes beskikbaar stel, moet daar nie van hom verwag word om dit nog te kom aflewer ook nie.  As iemand ‘n yskas wil skenk, moet die afwesigheid van ‘n bakkie om dit te gaan haal, nie in die pad staan van moontlike verligting wat in ‘n huishouding gebring kan word nie.

En laastens sal veral kinders en kleinkinders weer moet besin oor die Skriftuurlike opdrag om na sy bejaardes en armes om te sien.  Dit bly ons plig, ons s’n alleen, om na ons ou en arm volksgenote om te sien.  Nie Jacob Zuma s’n nie.  Dan kan ons vernedering in eer omskep, want almal weet tog hoe lekker dit is om te kan deel en te kan uitdeel, en sodoende ook ons oumense en armes ‘n eervolle en waardige bestaan gee.

архитектурная подсветка и освещение зданийлобановский депутат

Jaap Marais was reg

Ek het probeer om kommentaar op HJF se bydrae Zim, ANC wil blankes uitjaag te lewer.  Drie probeerslae het dieselfde gevolg gehad: "document processing stopped due to suspicious activities".  Nou moet ek dit noodgedwonge  as ‘n brief deurstuur. Wat HJF se bydrae betref, is hy waarskynlik reg.   Indien u die boeke "None dare call it conspiracy", "Pawns in the Game" en nog vele ander soortgelyke boeke lees, sal u alles beter verstaan.

Dit is vir my baie interessant dat u en ander besig is om alles te beaam wat 'n groot politieke denker en ware heer (mnr. Jaap Marais) jare gelede voorspel het.  Ten tyde van sy waarskuwings het die misleide Afrikanerstemvee (90 % of meer) egter verkies om hom met tamaties en eiers te gooi.  Hierdie artikels wat met soveel venyn en hoon na hom geslinger was, ontplof nou in die 90% se gesigte, kry vir julle!   Net jammer die nie-stemvee moet nou saam met hulle in die gemors deel.   Aan die ander kant ons doen dit graag want dit begin vir my lyk of hierdie skepping van die NP (dr. Roodt waar was u?) nou die ou volkie se oë oopmaak, werklik 'n heuglike gebeurtenis alhoewel bietjie laat, maar liewer laat as nooit.

Ek wil nie spog nie (eintlik lieg ek nou) maar lees weer my brief (Mugabe se Chinese kaart) wat op 19 Augustus 2007 geskryf is.  Mugabe het die Chinese trekkers toe geskenk soos my vriend James voorspel het.   Vir u gerief haal ek die laaste paragraaf aan:

"Aan die ander kant, indien die poging (hierbo genoem) van die  IMF en die WB om Zimbabwe onder die ekonomiese invloedsfeer van Big Brother (VSA en sy bondgenote) in te trek misluk, sal Big Brother, indien Suider-Afrika van strategiese belang vir hulle is, in hul strewe na wêreldoorheersing (op bevel van hul base), tot optrede in Zimbabwe  gedwing word.  Dit sal dus nie verbaas as Big Brother skielik ‘n belangstelling in die skending van menseregte in Zimbabwe openbaar en ‘n ‘Irak’ op Mugabe trek nie."  (Pieter Oosthuisen op RSG berig dat daar Engelse en Australiese soldate in Botswana saamgetrek is om "bystand te verleen indien nodig", verder is daar VSA soldate in Madagaskar opgemerk.   Dit lyk so al of oom Siener se dinge in plek begin kom.   Chaos in SA (rasse- en stamoorlog), dan gryp 'n oorsese mag in, herstel orde en handig die regering aan FW en sy trawante oor.  Vergesog?   Moenie weer dieselfde fout as met oorlede mnr. Marais maak nie. 

Nou ja, sommige mense het net meer insig as ander maar ek moet bysê ‘n sekere mate van kennis is nodig dan hoef mens nie 'n profeet te wees om die toekoms te voorspel nie.

Nota van die redakteur: Jammer oor die probleem met ons kommentaarstelsel onderaan berigte. Die beste is om in die kassie wat sê "Onthou my" te klik as mens op die voorblad links aanteken, dan is daar gewoonlik nie probleme as mens die kommentaar wil plaas nie.

casino games ukпрокурор Фильчаков

Sjina het selfvertroue

Sjina het skynbaar genoeg selfvertroue om die Weste te opponeer ter wille van Suidelike Afrika se bodemrykdomme.

Zimbabwe is net 'n strategiese afspringplek om totale beheer oor hierdie gebied te verkry. Die Swart Broederskap sal Sjina se kant kies tensy die Weste hulle kan omkoop. So n vendusie kan 'n kraak in die Swart Broederskap laat ontstaan sodat n Westerse/Afrika-aliansie te staan gaan kom teen 'n Sjinese/Afrika-alliansie.

Die Weste sal nie so maklik afsien van hierdie minerale skatkis nie en grootskaalse militêre konflik in die streek is 'n sterk moontlikheid. Dit kan elkeen van ons se lewens ingrypend beïnvloed om dit sagkens te stel.

купить липецк маски сварщикапрокурор Фильчаков