Westerse bates word herverdeel

CS Lewis het opgemerk dat die Bybel rentes verbied en dat die suksesvolste beskawings so gemaak het.

Daarenteen word  baie onbegyplike dinge kwytgeraak deur slim geleerde ekonome en nog meer onbegryplikhede deur die Amerikaanse Demokrate se Obama oor die kapitalistiese vrye mark.

Ons gewone sterflinge verstaan dat banke geld uitleen aan armes en belê in rykes veral op die aandelebeurse.

Banke leen geld – dit is hulle besigheid. Die aandelebeurs is vir ryk mense om te belê in ander ryk mense se welvaart.

Maar die banke leen ook geld uit om te spekuleer op die aandelebeurs, wat tans bitter min verskil van dobbel met die lotto of kasino of perdewedrenne. En wanneer iets verkoop word wat nie bestaan nie, is dit ‘n onwettige sogenaamde piramideskema.

Nou weet ons as ek my skuld van R100 000 nie kan betaal nie dan is ek in die moeilikheid. Maar as ek my skuld van R100 000 000 nie kan betaal nie, dan is die bank in die moeilikheid – wat sopas wêreldwyd gebeur het.

Dus is die krisis hoofsaaklik die redding van die arme huisbewoners in Amerika. Te veel skuld aan armes word nou deur die staat oorgeneem met belastingbetalers se geld. Te veel spekulasie op armsalige markte van agtergeblewenes en onderontwikkeldes en rehabilitasie van terroristehole. Wat anders is dit as die herverdeling van Westerse bates en welvaart? Sorros en Buffet belê, maar die dollardorstige Olie-Ooste doen niks van die aard om aalmoese aan die armes uit te deel nie.

Die Westerse probleem is dus die absolute roekeloosheid waarmee geld uitgeleen word sonder enige sekuriteit. Geleende geld om te verkwis soos wat die lener goeddunk. Spekuleer, dobbel of belê, is goed genoeg, solank iemand tog net nie spaar nie.

Ken ons nie die bodemlose putte van Afrika nie?

Terwyl die skrif aan die muur is: Net nadat Manuel sy rooskleurige begrotingsrede gelewer het en die Skerpioene ontbind is en die Randwaarde  30% tuimel, kry ek vandag ‘n depositostrokie van R30000 vanaf Sanlam synde 'n aanbod om dit te leen. 'n Ongevraagde en onnodige aanbod.

Wonder ek of ek die enigste ou is wat absoluut niks verstaan van ons ellende nie.

 

безмасляный купитьданильченко юрій броніславович

ANC soek na konfrontasie in Pretoria

Die ANC wil etniese konflik in Suid-Afrika hê. 'n Mens kan tot geen ander gevolgtrekking kom as jy die party se optrede rondom die straatnaamkwessie in Pretoria beskou nie. Gisteraand het geweld uitgebreek tussen Afrikaners wat teen straatnaamveranderings gekant is, aan die een kant, en lede van die ANC/SAKP en die metropolisie aan die ander kant.

Die metropolisie het openlik kant gekies in hierdie etniese konfrontasie waar een groep poog om die geskiedenis en kultuur van 'n ander uit te wis. Dit was die laaste spyker in die doodskis van Suid-Afrikaanse demokrasie. Want demokrasie in die normale sin kan net bestaan waar die staat en veral die polisie onpartydig optree om orde tussen mededingende etniese of belangegroepe te handhaaf. Waar die polisie in kultureel bevooroordeelde gedrag begin verval, verloor hulle alle legimiteit en begin as 'n soort proregeringsmilisie optree soos mens in soveel Afrikalande aantref.

Eintlik is die onlangse wending skokkend. Mens het nog altyd gedink dat Pretoria met sy groot Afrikanerbevolking 'n potensiële territoriale strydperk tussen Afrikaners en die Xhosa- en Zoeloe-oorheersde ANC sou word. Gedurende die Kemptonparkse onderhandelinge in die vroeë negentigerjare het die ANC sy bes gedoen om Pretoria as opposisiegebied lam te lê. In die aanloop tot die munisipale verkiesings in 2000, het die ANC se dr. Michael Sutcliffe die grense so getrek dat die groot aantal Afrikanerkiesers in die gebied geneutraliseer is en verhoed word om enige invloed uit te oefen.

Hoewel ons by Praag reeds 'n aantal jare gelede Pretoria as 'n moontlike konflikgebied uitgesonder het, kon ons nie die huidige situasie voorsien wat so vinnig besig is om in 'n klassieke etniese konflik van die Afrika-tipe te verval nie – baie soortgelyk aan die DRK, Oeganda of die Ivoorkus waar een groep 'n ander probeer uitstoot en alle spore van sy vorige bestaan uitwis.

Eintlik is dit 'n wonderwerk, gegewe die vyandigheid op voetsoolvlak, dat veel meer geweld nie reeds uitgebreek het nie. As mens die internasionale modelle van etniese wrywing toepas, het Pretoria reeds van geel na rooi oorgeslaan.

Dat verdere konflik in Pretoria op pad is, is seker. Sosiale onrus, onluste of erger is binne die volgende ses maande onafwendbaar. Afrikaners sal móét saamstaan om dit te hanteer.

купить детскую качелюлобановский александр игоревич

Geen simpatie met Zimbabwe

07:26:54 Vanoggend op BBC World 'n lang, huilerige relaas oor die hongersnood in Zimbabwe; dit word selfs deur een kommentator 'n "tweede Ethiopië" genoem.

Die hongersnood in Zimbabwe is deur sy eie regering en kiesers veroorsaak deurdat die boerderysektor terwille van politieke gewin en haat teen die blankes vernietig is.

Die ou patroon sal hom herhaal: Amerika en die EU sal met voedsel- en mediese hulp 'n groot klomp inwoners red, sodat hulle net-net gesond genoeg sal wees om nog derduisende vigswesies te teel.

Ek is jammer, maar ek het geen simpatie met Zimbabwe nie. "If you can't feed them, don't breed them…"

вакуумный расширительный бачокФильчаков прокурор харьков

Wat beteken skeuring vir Afrikaners?

Die huidige skeuring in die ANC gaan die party beduidend verswak, hoewel die Zuma-faksie waarskynlik steeds 'n meederheid in die parlement sal verkry. Die splintergroep bestaan hoofsaaklik uit lede van die swart elite wat reeds die skrif aan die muur gesien het sover dit hul eie magsposisies in die staat en die munisipaliteite betref.

Die groot vraag is: wat beteken die skeuring vir die Afrikaner en ander minderheidsgroepe in die land? Waarskynlik gaan die DA daarby baat, hoewel sommige opposisiekiesers dalk vir die nuwe wegbreekparty gaan stem. Trouens, waarskynlik gaan daar min te kies wees in beleid tussen die nuwe swart party en die DA aangesien albei hulself as multikulturele opposisiepartye gaan posisioneer.

Afrikanerkwessies, wat danksy die ywer van die Afrikaanse media en Afrikaanse organisasies oor die afgelope paar jaar na vore gestoot is, gaan te midde van die nuwe swart magstryd waarskynlik nie meer op die voorgrond wees nie.

Die meeste Afrikaners stem ook steeds vir die DA, 'n party met 'n liberale agtergrond en wat deur Engelssprekendes oorheers word. Die party erken nie werklik die bestaan van die Afrikaner as volk en as kultuurgroep nie en gaan na dese nog verder transformeer as 'n tweede ANC.

Die treurigheid van die hele aangeleentheid is die huidige swakheid van die Vryheidsfront Plus. Dié party beskik oor die potensiaal om as nasionale en internasionale drukgroep vir die Afrikaner te funksioneer, maar het tot dusver nog nie die kieserspubliek se verbeelding gaande gemaak nie.

Die optrede van die Jong Turke in die party wat besig is om sowel die ANC as die DA in die Pretoriase stadsraad aan te vat, gee egter hoop dat die Afrikaner in eie reg 'n groter politieke rol kan begin speel en dat ons volk op die duur weer in een politieke beweging saamgesnoer kan word.

техно вектор 6лобановский харьков класс

H. Uys is pateties en swak

Hy voer aan dat dr. Roodt se skrywe op een of ander onverklaarbare wyse Watson en "ander etniese groepe" soos hy dit noem, se menings oor Afrikaners regverdig.

Let wel, in sy direk daaropvolgende sin skryf hy "Ek is n trotse Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner". Die rede hiervoor is: hy wil onmiddellik aan die leser aandui dat hy nie aan dieselfde etniese groep as "die
Afrikaner" behoort nie.

Hy kry heel moontlik skaam om n Afrikaner te wees. Alhoewel hy dit nie bewoord het nie kan 'n mens uit die emosie waarmee hy skryf, aflei dat hy ook eerder op n Springbok trui sal kots en afbrekend na ander Afrikaners verwys sodat die "ander etniese groepe" soos hy hulle beskryf het, nie agterkom dat hy ook een is nie.

Persoonlik weet ek nie of hierdie tipe taktiek gaan werk nie. Ek dink hymoet maar solank op homself begin kots want dit gaan baie kots vat voordat die "ander etniese groepe" hom glo.

воронеж окрасочно-сушильноеФильчаков Александр Васильевич

Dankie, Luke Watson

Ek was nog altyd ongemaklik met die woorde wat ek gebruik wanneer ek na mense verwys wat menings, anders as my eie, huldig.

Ek bedoel nou woorde soos verraaier, gatkruiper, regime-hoer, ens. Ek moet nou vir Luke bedank dat dit nie meer vir my nodig is om sulke kras woorde te gebruik nie. Nou kan ek na die wit Afrikaanssprekendes in die regerende party verwys as die 'Luke Watsons van die Afrikanerdom' en ook na die wit ondersteuners van Belhar in die Kerk as die 'Luke Watsons van die Kerk'. Nogmaals dankie, Luke!

детские пищалки купитьАлександр Фильчаков прокурор

Roodt se mening is pateties en swak

14:08:39 Ek dink die artikel deur Dan Roodt is pateties en swak om die minste te sê. Deur hierdie stellings te maak, regverdig hy die Watsons en ander etniese groepe se uitlatings oor Afrikaners en stel hy homself op dieselfde lae vlak as Watson.

Ek is 'n trotse Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner en deel beslis nie Dan Roodt en PRAAG se sentiment nie! Deur stellings soos dat die Bokke sal swak wees sonder die Afrikaners is net so rassisties soos Luke Watson se kommentaar!

детская одежда илобановский александр

Luke Watson se uitbarsting van Afrikanerhaat

Dis betreurenswaardig dat Luke Watson se uitlating die eeue-oue koloniale haat wat beduidende getalle Engelssprekendes steeds teenoor Afrikaners voel, so kru moet verwoord.

Watson slaan dieselfde trom as Nadine Gordimer en ander ikone van Afrikanerhaat in Suid-Afrika en hul werklike tuiste, Groot Brittanje. Hy wil op die Springboknaam braak omdat dit Afrikaans is. Sy vergesogte wens dat alle sogenaamde "Dutchmen" vanuit die nasionale span verwyder word, kom neer op 'n Freudiaanse verspreking wat die volksmoordfantasieë verraai wat steeds deel uitmaak van wat dit beteken om "Engels" in Suid-Afrika te wees.

Daar bestaan 'n intieme verband tussen Suid-Afrika se flirtasies met linkse totalitêre denke en die koloniale wens om die Afrikanervolk, asook individuele Afrikaners, uit te moor, uit te wis, te onderdruk of van die openbare lewe uit te sluit. Anti-Afrikaanse gevoelens floreer gewoonlik in linkse kringe of onder die verengelsde lede van die swart elite wat tot die klub van jingoïste Rooinek-kommies toegelaat is op grond van hul gemeenskaplike haat vir Afrikaans en die Afrikanervolk.

Waarskynlik is dit nie verbasend dat Watson se aanmerkings aan die Universiteit van Kaapstad gemaak is nie, 'n instelling wat reeds lank 'n sentrum, nie net van linkse denke is nie, maar ook van die gruwelikste Afrikanerhaat. Op 'n sekere vlak, kan mens Watson nie werklik blameer nie, aangesien hy bloot die produk is van Engelse instellings soos die Universiteit van Kaapstad en sommige van die meer elitistiese Engelse skole waar Afrikanerhaat en skeltaal oor "Dutchmen" deel van die amptelike kurrikulum uitmaak.

Watson se bewering dat hy "anti-rassisties" is, is tegelyk lagwekkend en oneerlik. Sowel Robert Mugabe as Idi Amin het al in die openbaar verklaar dat hulle teen rassisme en diskriminasie gekant is. Watson se gebruik van die "Dutchman"-terminologie verraai sy aandadigheid aan die mentaliteit van Kitchener en Roberts, die argitekte van die Boerekonsentrasiekampe, en wat voorhou dat Suid-Afrika 'n Engelse land of kolonie is waarin Afrikaners geen plek het nie.

Wat Watson se idee van Suid-Afrikaanse rugby sonder Afrikaners nog meer belaglik maak, is sy eie middelmatigheid, asook die middelmatigheid van kwotaspelers oor die algemeen. Die waarheid wat moeilik is om te sluk, is dat indien die Springbokspan of 'n nuwe nasionale span met een of ander polities korrekte Engelse naam van Afrikanerspelers gesuiwer sou word, dit konsekwent sou verloor en uiteindelik op die vlak van die huidige Zimbabwiese nasionale span sou beland.

Ons doen 'n beroep op alle Afrikaners en alle patriotte, waaronder daardie Engelssprekendes wat kolonialisme en Afrikanerhaat agtergelaat het, om te verenig in die stryd om die Springboknaam te behou.

длинной прихожейФильчаков прокурор

Lewe in waarheid en maak die volk vry

Image11:40:43 Vir vyf jaar het ek Dan Roodt probeer verstaan, en my kop kaal gekrap.

Tot hierdie onthulling in Rapport van alle plekke: Die revolusie het sy eie kinders verorber.

 

Slim skrywers en intellektuele kunstenaars is ingewikkelde wesens. Dis asof te veel geskrewe woorde nie net die leser se gedagtes nie, maar ook dié van die skrywer self soms mislei.

 

Dit gebeur in die beste families, en volgens die Franse voorbeeld: Hoe hoër die intelligensie, en hoe verder verhewe die verstand, hoe erger die ellende ná die rasionalistiese rewolusie.

 

Net soos in die Tuin van Eden het die Natuur altyd 'n oplossing vir die gevolge van bowedierlike denke en menslike wysheid, naamlik: die les van die lewe. Die lewe in waarheid: van regte realiteit.

 

Welkom in die werklikheid. En dít is dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie van die ANC nou ook sy eie kinders verorber.

 

"Terror" Lekota was vir nege jaar Minister van Verdediging. Lekota tender in die openbaar vir skorsing uit die ANC. Wanneer dit gebeur, strek die ANC se verdeeldheid van hul tak in Timboektoe, tot in die middel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

 

En die SANW staan dan in die middel van die wapenskandaal, met baie beroepsloopbane op die politieke spel. En politiek is 'n spel van lewe en dood.

 

Dan hoef Brink nie meer bekommerd te wees oor die sukkelende stryd teen geweldsmisdaad nie, want dan is veel groter Afrika-avonture die voorland van ons, bedoelende dié wat nie Frankryk toe vlug nie.

 

Voeg daarby die wankelende wêreldorde, bewende Babilonbanke en internasionale ekonomiese inkrimping, en die tafel van die Novemberverkiesing in die VSA, en die 2009-verkiesing in Suid-Afrika is gedek met nog meer revolusionêre nageregte.

 

Dankie vir die waarheid, Dan. Uiteindelik: "Ek ken jou goed genoeg…" Leiers wat uit die lewe leer en hul leerervarings erken, kan hul volk se respek en vertroue wen.

 

En verstandige politieke leierskap is wat die land nou benodig, want die ANC se revolusie het maar so pas begin om sy kinders te verorber…

 

Mede-Afrikanerkamerade en Tim du Plessis, redakteur van Rapport: Hou vas vir die grootste Afrika-avontuur sedert die Groot Trek!ландшафтное освещение монтажФильчаков Александр Васильевич

Wat het die geskiedenis ons te leer?

Wel, nou het ons dit. Ons president na die volgende verkiesing gaan Zuma, 'n Zoeloe, wees. Hy is vrygespreek op tegniese foute alleenlik, deur die NVG begaan, foute wat toevallig tot sy guns uitgespeel het.  Daar is nog nie in ‘n hof bepaal of hy korrup is al dan nie. Die feit dat hy so hard gepoog het om te keer dat verdoemende dokumentasie  in ‘n hof opteken word, sal altyd ‘n vraagteken bly.

Wat het die geskiedenis ons te leer in verhoudings tussen die Zoeloe en die Afrikaner;  tussen Zoeloe en Zoeloe;  tussen Zoeloe en die ander Ngunistamme (soos bv die Ndebele);  tussen die Zoeloe en die Swazi; tussen die Zoeloe en die Natalse Indiers;  tussen Zoeloe en die Engelse?  Verraad kom deurgans in die geskiedenis voor as ‘n eienskap van die Zoeloeleierskap as ‘n strategie in sy poging om mag en grondgebied te wil bekom.

1. Die verraad van die Zoeloe Mzilikaatse teenoor sy koning Shaka.  Mzilikaats moes voor die woede van Shaka vlug wat gelei het tot die Mfekane (swart ontvolking in die Vrystaat en suidelike Transvaal) tot voordeel van die Voortrekkerleiers, wat in hierdie leemte ingetrek het. Later vestig Mzilikaatse sy eie koningryk in Zimbabwe.

2. Die verraderlike moord deur Dingaan op sy halfbroer Shaka om mag vir homself te bekom. Ons kan seker wees, en ek kan dit in my geestesoog sien, hoe die gepeupel saam met die singende Dingaan om Shaka se lyk gejubel en gedans het, soos die gepeupel onlangs in die strate gejubel en gedans het saam met die singende Zuma.

3. Dingaan gebruik die Afrikaner om sy gesteelde beeste vir hom terug te kry. Hy kom vir hulle vriendelik voor. Hy is hulle vriend, want hy het ook Port Natal (Durban) aan die Afrikaner afgestaan ten koste van die Engelse (aan wie hy die gebied ook belowe het). Piet Retief en sy geselskap word deur Dingaan vriendelik na ‘n onthaal uitgenooi. En toe skielik die bevel, “Maak die wit hekse dood!”. Ons ken die daaropvolgende geskiedenis wat tot die slagtings van Blauwkrans en Weenen gelei het, en die uiteindelike Boere-oorwinning by Bloedrivier; die aanstelling deur die Boere van die marionetkoning Mpanda, ens. Dit is kenmerkend dat die Xhosa’s nooit blankevroue en kinders doodgemaak het gedurende die grensoorloë teen die blankes nie. ‘n Bewese eienskap van die Zoeloe was om almal voor die voet dood te maak.

4. Die geskiedenis van koning Cateswayo se optrede teenoor die Engelse is ook bekend.

5. Tydens die Apartheidsera het Gatsha Buthelezi ‘n dubbele rol gespeel. Sy een voet was stewig in die premierskap van die Kwa-Zoeloe tuisland in Natal, en die ander voet in die sogenaamde “bevrydingstryd”. Hy het geweier om onafhanklikheid vir Kwa-Zoeloe te aanvaar, asook geweier om deel te word van die ANC, en eerder sy eie party, nl. die Inkhatha Vryheidsparty gestig. 

Venda, Transkei, Ciskei en Transkei was onafhanklike state buite Suid-Afrika. Met hierdie swart tuislande en mededingende swart etniese hordes buite die Republiek se grense, was die Zoeloe in ‘n baie sterk getalryke posisie gewees om die res van Suid-Afrika alleen vir homself in te palm sodra die blanke regime tot ‘n val gekom het. Ongelukkig en seker teleurstellend vir hulle was dat die genoemde onafhanklike tuislande weer in die Republiek terug ingelyf is, tuislande waar bevolkings saam getalryker as die Zoeloe was om sodoende die oppermag oor die hele land aan die ANC te kon gee.

Moet ook nie sy stryd met die Zoeloekoning vergeet nie. Hy het ook probeer om hom te oorheers of te onttroon. As ‘n Zoeloeprins, wou Gatsha sy oppermag laat geld. Weereens het dit vir hom misluk. Die gevolg van sy optrede was dat die Zoeloekoning sy steun van Inkatha onttrek het en aan die ANC toegesê het. Die Zoeloes in Natal is sedertdien verdeel tussen die ANC en Inkatha. Die ondersteuning deur die Indiërminderheidsparty vir Indiërbelange in Natal, het gesorg dat die ANC, met Zuma aan die spits (en die Zoeloekoning se seën daarby) septer daar swaai. 

Hier is terloops ‘n tasbare bewys van hoe ‘n minderheidsgroep die magsbalans kan swaai. Sodra die ANC verdeel (wat nou in die kort termyn ‘n sterk moontlik is, maar in die middetermyn vorentoe onafwendbaar is), sal dit ‘n gulde geleentheid vir die Afrikaner bied om op nasionale vlak soortgelyk te kan optree. Pleks daarvan om die Afrikaner af te kraak, sal politieke partye ywerig sy guns soek om te kan regeer.

6. Die jongste paleisrewolusie? Zuma onttroon vir Mbeki. Was dit veradelik gewees?  Die geskiedenis sal leer.

Myns insiens moet die Afrikaner self sy eie lot vorentoe uitwerk, sonder toelating van inmenging of deelname van buitestanders in sy sake. Dis hoe die Boere Republieke tot stand gekom het. Die Boere het hul eie heil uitgewerk sonder toetrede van buitestanders. Die Afrikaner self moet besluit of hy voortdurend wil voortgaan om onderling te kibbel oor kleinlikhede en impotent vir altyd verdeeld te wil bly, en of hy self dit wil regkry om sy eie statutêre Afrikanerraad in die lewe te roep wat alle Afrikanerdenke onder een sentrale sambreel saam kan bring. Sodanige Raad moet buite die parlement deurgaans in belang van alle Afrikaners woonagtig binne en buite Suid-Afrika en Namibia optree. Die Afrikaner moet sodanige Raad as sy politieke en kulturele tuiste sien, ‘n Raad vir Afrikaners alleenlik.  Die indiwiduele Afrikaner kan terselfdertyd nog steeds vir enige ander politieke party van sy keuse stem wat volgens hom die breë belang van die land dien.

Die Afrikaner moet voorts ook strewe om ekonomies onafhanklik van enige staatsinstelling of Anglo-Amerikaanse besighede te staan.  Hy moet nooit weer homself in ‘n situasie bevind waar hy in groot getalle weer uit sy werk deur enige ander toekomstige Afrikaneronvriendelike regering of ekonomiese magsblok uitgesmyt word omrede hy Afrikaner is nie.

Die vloek van regstellende aksie het ‘n bedekte seën vir die Afrikaner geword. Die Afrikaner kom nou vir die eerste keer tot sy reg as entrepreneur. Waar die meerderheid Afrikaners voorheen in ‘n bank, ‘n staatsamp, vir Yskor, ondergronds in ‘n myn, vir Anglo American, ens. gewerk het, het ‘n verskuiwing plaasgevind as gevolg van regstellende aksie.  Met vernuf word hy nou sy eie baas, skep sy eie inkomste, gebruik die swartes en swart besighede as front om staatskontrakte te bekom, ens. 

Afrikaners moet nog net leer om mede werklose Afrikaners in diens te neem en op te lei as voorkeur alvorens hulle enigiemand anders in diens neem. Dit is veral in hierdie sfeer waar die Afrikanerraad beleid en rigting kan gee vir arm Afrikaneropheffing.  Die huidige regering kla dat regstellende aksie in bestuursposisies nie veel aan blanke geledere gedoen het nie, wat onwaar is.

In 1994 het blankes 80% van staatinstelllings bestuursposisies beklee. Dit het gedaal tot 18%. Dit wil voorkom asof daar geen noemenswaardige verskil plaasgevind het nie omdat regstellende aksie blanke privaat besighede, veral Afrikanerbesighede, tot stand laat kom het. Sodanige instansies het hulle eie blanke bestuurspersoneel aangestel, ‘n situasie waaroor die gefrustreede regering weinig beheer het.

Dit is vir die Afrikaner belangrik om bondgenote te hê, maar trap versigtig vir die Zoeloe. Tradisioneel is die Zoeloe in die Engelse kamp  en verkies Engels as taal.  Min kan, of is selfs bereid om Afrikaans te praat of met Afrikaners sosiaal te wil verkeer. Ons het vele ander swart volke in Suid-Afrika wat wel Afrikaans magtig is en Afrikaners goedgesind is. Ons bondgenootskap moet eerder onderling met hulle verstewig word. My persoonlike ondervinding is dat dit die Zoeloe is wat volstrek weier om Afrikaans te praat. Die Zoeloe is wyd verspreid buite Natal, in ‘n oorwegende Afrikaanssprekende gebied.уличный светильник наФильчаков прокурор отзывы