Tot hierdie onthulling in Rapport van alle plekke: Die revolusie het sy eie kinders verorber.
Slim skrywers en intellektuele kunstenaars is ingewikkelde wesens. Dis asof te veel geskrewe woorde nie net die leser se gedagtes nie, maar ook dié van die skrywer self soms mislei.
Dit gebeur in die beste families, en volgens die Franse voorbeeld: Hoe hoër die intelligensie, en hoe verder verhewe die verstand, hoe erger die ellende ná die rasionalistiese rewolusie.
Net soos in die Tuin van Eden het die Natuur altyd 'n oplossing vir die gevolge van bowedierlike denke en menslike wysheid, naamlik: die les van die lewe. Die lewe in waarheid: van regte realiteit.
Welkom in die werklikheid. En dít is dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie van die ANC nou ook sy eie kinders verorber.
"Terror" Lekota was vir nege jaar Minister van Verdediging. Lekota tender in die openbaar vir skorsing uit die ANC. Wanneer dit gebeur, strek die ANC se verdeeldheid van hul tak in Timboektoe, tot in die middel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.
En die SANW staan dan in die middel van die wapenskandaal, met baie beroepsloopbane op die politieke spel. En politiek is 'n spel van lewe en dood.
Dan hoef Brink nie meer bekommerd te wees oor die sukkelende stryd teen geweldsmisdaad nie, want dan is veel groter Afrika-avonture die voorland van ons, bedoelende dié wat nie Frankryk toe vlug nie.
Voeg daarby die wankelende wêreldorde, bewende Babilonbanke en internasionale ekonomiese inkrimping, en die tafel van die Novemberverkiesing in die VSA, en die 2009-verkiesing in Suid-Afrika is gedek met nog meer revolusionêre nageregte.
Dankie vir die waarheid, Dan. Uiteindelik: "Ek ken jou goed genoeg…" Leiers wat uit die lewe leer en hul leerervarings erken, kan hul volk se respek en vertroue wen.
En verstandige politieke leierskap is wat die land nou benodig, want die ANC se revolusie het maar so pas begin om sy kinders te verorber…
Mede-Afrikanerkamerade en Tim du Plessis, redakteur van Rapport: Hou vas vir die grootste Afrika-avontuur sedert die Groot Trek!
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.