Vrystaatse koshuisintegrasie skend regte

ImageDERTIEN jaar ná die ANC-oorname in 1994 en 20 jaar ná die einde van segregasie in Suid-Afrika, verkry die debat oor “koshuisintegrasie” aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n nuwe aanskyn. Immers gaan dit nie hier om kritiek jeens segregasionistiese wetgewing soos dit in die ou Suid-Afrika, die suide van Amerika en Britse kolonies in Afrika toegepas is nie, maar om die ordening van die multikulturele samelewing wat oral ter wêreld krake begin vertoon.
In hierdie kort tydjie is die Afrikaner in die naam van “transformasie” meedoënloos van alle politieke mag gestroop en word sy kulturele en selfs ekonomiese voortbestaan vandag bedreig deur die verlies van sy instellings, asook die mees radikale regstellende-aksiewetgewing wat die wêreld nog gesien het, buiten die anti-Joodse wetgewing van Nazi-Duitsland.
Is prof. Frederick Fourie (Volksblad, 29/08/07) daarom werklik eerlik as hy beweer dat die gedwonge integrasie van UV-koshuise om “opvoedkundige redes” geskied? Waarskynlik weet elke leser van dié koerant dat die saamvoeg van rasse- en taalgroepe in koshuise hoofsaaklik om politieke redes geskied en as deel van die algemene transformasieproses wat deur die ANC-bewind afgedwing word.
 
Die huidige koshuisreëling aan die UV het min of meer spontaan tot stand gekom waar Afrikanerstudente verkies om saam in sekere koshuise tuis te gaan en swart studente weer om saam met hul ras- en taalgenote in ander koshuise te woon.
Fourie betreur hierdie sogenaamde “enklawes”, maar kan ons in die omstandighede waar studente wat kultureel en andersins so ver van mekaar verwyder is, werklik die teenoorgestelde verwag? In ’n Europese land soos België het dit onmoontlik geblyk om blanke Christenstudente wat slegs ’n ander taal praat, hetsy Nederlands of Frans, aan dieselfde universiteit te akkommodeer. Daarom het die voorheen tweetalige Katolieke Universiteit Leuven van 1972 af in twee verdeel en bestaan daar vandag twee afsonderlike universiteite net enkele kilometer van mekaar.
Die internasionale ervaring is juis dat taal- en kultuurgroepe hul eie opvoedkundige instellings verkies en dat gedwonge assosiasie, veral waar een groep politiek of kultureel oorheers, as irriterend en selfs verdrukkend beskou word.
Die Marxistiese navorser van Wits Irma du Plessis gaan selfs verder as Fourie in haar pleidooi vir gedwonge integrasie deur ’n striemende aanval op prof. Danie Goosen van die FAK te doen en te beweer dat die pleidooi vir kultuurkoshuise aan die UV neerkom op “die logika van apartheid en Afrikaner-nasionalisme”.
Hierdie amalgaam wat so tipies van die agtergehaalde Engels-linkse denke in ons land is, doen Rip-van-Winkelagtig aan, asof 1994 nooit gebeur het nie.
Om vandag te argumenteer asof die toestande van 20 of 30 jaar gelede nog geld, is om ’n agterhoedestryd te veg. Nêrens erken die voorstanders van gedwonge integrasie en sy meer radikale broer, transformasie, dat die multikulturele model in vele lande ter wêreld ernstige probleme ondervind nie.
Sedert die Sweedse ekonoom Gunnar Myrdal die eerste keer die gedagte van die “smeltkroes” in sy boek An American Dilemma (1944) gepropageer het, is die meeste van sy aannames foutief bewys.
Onderliggend aan Fourie se pleidooi vir “diversiteit” in koshuise is Myrdal se beroemde uitspraak dat blanke diskriminasie die oorsaak van swart mislukking is, wat deur rasse-integrasie reggestel moet word: “Blanke vooroordeel en diskriminasie hou die Neger se lewenstandaard, asook standaarde van gesondheid, opvoeding, maniere en sedes laag. Op sy beurt ondersteun dit weer blanke vooroordeel. Blanke vooroordeel en Negerstandaarde ‘veroorsaak’ mekaar dus onderling.”
Ongeag Myrdal se wêreldvreemde aannames oor rasseverhoudinge en swart prestasie wat deur gedwonge integrasie vanself sou verbeter, moet Afrikaner-magteloosheid en die gevaar wat die meerderheidskultuur, Engels, vir Afrikaans inhou, in ag geneem word as belangrike kwessies by koshuisintegrasie.
Wat ek elders, in navolging van die Keniaan Ali Mazrui, die “Afro-Saksiese” kultuur genoem het, is vandag die dominante kultuur van ons land.
Afrikaans en Afrikanerkultuur verteenwoordig die minderheidskultuur wat wesentlik deur die oorweldigende Afro-Saksiese kultuur van Afro-Amerikaners en die verengelsde elites van Afrika bedreig word. Een van die uitwerkinge van koshuisintegrasie sal wees dat hierdie Afro-Saksiese kultuur die minderheidskultuur sal verdring en dat die resultaat dus nie “meer diversiteit” sal wees nie, maar minder.
Dit is een van die paradokse wat voorstanders van “diversiteit” nie begryp nie: Om alle kulture deur ’n worsmasjien te jaag, produseer nie verskeidenheid nie, maar eenselwigheid. Pleks van multikultuur het ons dan monokultuur. Koshuisintegrasie gaan in dié verband maar net nog ’n stap in die rigting van die totale verengelsing van die UV wees. Ontwortel uit die koshuise, sal Afrikaans net verder as kampustaal kwyn en uiteindelik verdwyn. Sosiolinguïste noem Engels die killer language wat Afrikaans outomaties in ’n multikulturele situasie gaan verdring.
In Fourie se argument dat ’n student aan die UV noodwendig ’n mate van onvryheid aanvaar en moet verduur, skuil ’n totalitêre logika wat indruis teen die demokratiese etos, ten minste in sy Westerse opvatting. Gegewe die feit dat ons regering Zimbabwe as ’n demokrasie beskou en ook by herhaling die Mugabe-bewind as sodanig getipeer het, kan dit wees dat die opvatting van Afro-demokrasie nou in ons land en ook aan die UV geld. In so ’n geval mag dit wees dat Fourie die “noodwendige onvryheid” van assosiasie met sy universiteit as normaal beskou, maar ek meen die meeste Afrikaners, asook die meeste Westerlinge, sal dit verwerp.
Die Westerse begrip van vryheid berus op die selfbeskikkingsreg van die individu en by uitbreiding dié van die kultuurgroep of volk waartoe hy behoort. Daar kan geen situasie wees waar ’n student sy reg op vrye assosasie “prysgee” die dag as hy met die UV assosieer deur ’n inskrywingsvorm in te vul nie. Wat word dan van akademiese vryheid? Het hy nie deur die inskrywingsvorm te teken ook sy reg op vrye meningsuiting weggeteken nie?
Vryheid as selfbeskikking is terug te voer na die denke van Immanuel Kant. Artikel 235 van ons Grondwet waarborg ook ons selfbeskikking as kultuurgroep en as volk. Interessant is dat dié artikel insgelyks deur adv. Pelser opgehaal is tydens die onlangse hofsaak rakende die Pretoriase naamsverandering.
Eie aan koshuisintegrasie is ook naamsveranderings van sodanige koshuise. Immers wil Afro-Saksiese studente nie in koshuise woon met Afrikaanse name nie. Die stelselmatige vervreemding van die Afrikaner se kultuurerfenis druis in teen sowel artikel 235 van ons Grondwet as teen internasionale norme, soos vervat in die Internasionale Konvensie oor Ekonomiese, Sosiale en Kultuurregte (1966). Die eerste artikel van daardie konvensie, wat deur Suid-Afrika onderteken en bekragtig is, bepaal: “Alle volke het die reg op selfbeskikking. Ooreenkomstig daardie reg bepaal hulle vrylik hul politieke status en streef vrylik hul ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na.” Uit hierdie oogpunt beskou, skend koshuisintegrasie die Afrikanerstudent se menseregte omdat dit hom van sy sosiale en kulturele selfbeskikking ontneem.
Indien diversiteit so aangenaam, nastrewenswaardig en verrykend is, waarom moet dit juis afgedwing word? Volgens Fourie sal die student deur sy gedwonge assosiasie met kultuurvreemdes “ ’n waardering vir hierdie ryk diversiteit kan ontwikkel . . . (en sodoende) sal hy of sy dit ook in die werkplek en breër samelewing na waarde skat.”
Die teendeel mag egter bewaarheid word, dat gedwonge assosiasie lei tot diversiteitsafsku, minagting en rassehaat. Ons het gesien hoe swart en wit kinders wat heen en weer tussen skole in Amerika gebus is, die vlak van skoolintegrasie oor vyftig jaar van 23% tot 17% laat daal het. Wil ons Amerikaanse rasseverhoudinge, wat deur intense spanning en agterdog gekenmerk word, as model neem en slaafs navolg deur Amerikaanse metodes op ons kampusse toe te pas?
 
Hierdie artikel het op 19 September 2007 in Die Volksblad verskyn. 

отбеливание зубов москваФільчаков Олександр Васильович прокурор

Boere is nou by keerpunt

Voorverlede week het ons gesien hoe die regime op die amptelike opposisie toeslaan. Klaarblyklik steier die DA so erg onder die regime se intimidasie dat daar ’n week later nog geen samehangende teenaanval op die ANC gerig is nie. Die ANC se intimidasie het dus ’n besliste uitwerking gehad. Die DA is nou voor sy grootste toets: Gaan hulle terwille van hul parlementêre poste en die meegaande vergoedingspakkette hulself verwater tot ’n „stille“ opposisie of gaan hulle vir die demokrasie veg en hul bevoorregte posisies in die weegskaal plaas? Ek vermoed ons gaan dalk ’n ietwat afgewaterde DA-opposisie van hier af aanskou. Alhoewel, miskien is dit nog te vroeg en dalk verbaas “Auntie“ Helen en haar anglofiele kollegas ons binne die volgende dag of twee. Moet egter nie asem ophou nie.

Wat net soveel indien nie meer kommer as die intimidasie van die opposisie in die parlementêre poppekas ontstel, is dit wat in die daaropvolgende week gebeur het. Verlede week het die ANC-mister van landbou en grondsake, asook haar Afrikaner-meeloper Dirk du Toit, boere gedreig oor plaasafsettings. Behalwe dat daar geen statistiese bewyse bestaan dat sodanige onwettige plaasafsettings plaasvind nie, kom Xingwana met vergesogte getalle na vore dat agt miljoen mense die afgelope tien jaar van plase verdryf is. Daarbenewens dreig sy en Du Toit  dat boere wat hierdie beweerde onwettige afsettings pleeg van hul grond onteien sal word. Nou ja, behalwe dat die valse aantygings duidelike gevalle van haatspraak is, is dit ook niks minder as provokasie deur paniek te saai nie. Enersyds motiveer dit swartes om hulle geweldsaanvalle op boere te verskerp en andersyds is dit bedoel om die boeregemeenskap te ontsenu.

Hierdie gebeurde het nie ’n enkele oorsaak nie, maar staan ook nie los van die intimidasie van die DA nie. Dit bring my weer by my vroeëre bewering dat die doktrine nou een is van onderdrukking en blykbaar ook uitdaging. Die sg. minister en haar skoothondjie Du Toit se herverdelingsprogram is erg agter skedule. Hulle gryp nou na ’n radikaal linkse/Leninistiese tegniek om vinnig grond vir die armes te bekom, maar terselfdertyd voer hulle die nuwe doktrine uit. Hierdie doktrine het ten doel om alle afvalligheid van ANC-denke die mond te snoer en om die ANC agter die Afro-facistiese Mbeki te verenig. Deur die blanke en veral die boer as gemeenskaplike vyand te indentifiseer wat swates onderdruk, word die aandag verplaas na die “gemeeskaplike vyand“.

Eintlik het Xingwana die boere ’n ultimatum gegee. ’n Ultimatum wat op niks minder as oorlog neerkom nie, want geen boer met selfrespek sal so, sonder teenstand, van sy grond verwyder word nie.

Hoewel die landbou-unies, vernaam Agri-SA aanvanklik heftig gereageer het, het hulle self gou weer daarna koue water op hul woorde gegooi. In die swart kultuur en veral by die boere-hatende Xingwana sal dit as blote swakheid waargeneem word. Dit wil voorkom asof hierdie organisasies nie wil leer met watter werklikheid hul te make het nie.  Daar bestaan myns insiens twee redes hiervoor:

  1. Hierdie organisasies is nie ideologies toegerus om die stryd teen die regime te veg nie.
  2. Sekere burokrate het ’n belang in die status qou deurdat destabilisering hul betalende posisies in hierdie organisasies kan beduiwel.

Na my mening behoort die landbougemeenskap veral die volgende strategieë te volg (sommiges hiervan het ek in ’n vroeére skrywe ook aangevoer):

  1. Boere moet sorg dat hulle oor daadkragtige leierskap beskik wat die nuwe situasie na behore kan ontleed en optree.
  2. Staak alle praatjies met Xingwana en die regering en kommunikeer allleen deur regsverteenwoordigers wannneer nodig.
  3. Ontglip ideologies van die ANC se houvas d.m.v. die volgende punte:
    1. Verwerp die noodsaaklikheid van transformasie en grondherverdeling, gebasseer op die feite dat apartheid swartes in hierdie land van geleenthede verskaf het wat in geen ander Afrikastaat bestaan nie.
    2. Beklemtoon die enorme skade wat grondherverdeling d.m.v. voedseltekorte sal meebring. Hierop het TLU-SA se onlangse kongres gefokus, maar dit moet wyer in die media en aan die buiteland gekommunikeer word.
    3. Eis ’n morele reg op die grond gebasseer op geslagtelange bewoning daarvan en die feit dat waar daar wel inboorlinge voorheen was hulle nie die grond doeltreffend, indien enigsins, benut het nie.
    4. Beklemtoon die immoralitiet van swart kleinboere wat bestaansboerdery op voorheen blanke grond beoefen te midde van wêreldwye voedselskaarste.
    5. Aanvaar dat die ooreenkoms van 1994 reeds in skerwe is en dat die waarborge en verpligtinge daarvan nie meer geld nie.
  4. Eskaleer SA grondherverdeling tot ’n internsasionale krisis.
  5. Begin met openbare aksies, optogte ens.
  6. Wees georganiseeerd om “enige“ taktiek deur die regime te kan weerstaan.
  7. Gebruik jul kundigheid in gemeenskapsveiligheid deur stedelike beveiligingstakke te stig en bou daardeur  vennote in jul stryd teen die regime. Stedelinge verkeer in ’n desperate veiligheidskrisis en die boeregemeenskappe het die antwoord op hul probleme.
  8. Indentifiseer verdedigbare grense vir ’n kernstaat, sou dinge tot daardie spits gedryf word.

Indien boere nie nou lateraal („buite die boks“) gaan begin dink nie, is dit in elk geval neusie verby met hulle, want hierdie regering soek niks minder as die totale zanufikasie van ons landbou nie.

штукатурка внутренних стентопкарго

Die jeugbom, demografie en geskiedenis

ImageNormaalweg is dit moeilik om die toekoms te voorspel, ten spyte daarvan dat huidige neigings dikwels duidelik aandui dat een of ander langtermynresultaat van huidige tendense skynbaar onvermydelik is.  Dit word ook algemeen aanvaar dat die vloei van die geskiedenis dikwels verander word deur onvoorsienbare gebeure soos natuurrampe, migrasie of klimaatsverandering.  Dus is die vooruitprojeksie van huidige sosiale en demografiese tendense taamlik onbetroubaar, en “Geskiedenis” word derhalwe hoofsaaklik beskou as ‘n relaas oor die verlede, waar oorsake en gevolge (dikwels onderworpe aan interpretasie en herinterpretasie) net by nabetragting erken en ondersoek kan word.

Geskiedenis bly dus hoofsaaklik ‘n versameling van feite oor die verlede wat handel oor mense, volke, tale, en gebeure wat reeds was. Oor die “nog sal wees” stry politici en ander spelers heftig, dikwels sonder om die verlede of huidige toestande genoegsaam te verstaan of in ag te neem.

Daar is nietemin pogings om die prosesse wat geskiedenis veroorsaak in die algemeen te ondersoek.  Op hierdie oorhoofse of metavlak word aannames gemaak oor meganismes wat geskiedenis in die toekoms invoer, terwyl daar driftig geargumenteer word oor watter prosesse en tendense belangrik is in menslike samelewings en in die omgewing, veral oor die langtermyn. 

Op die metavlak is die “Groot Man-teorie” ‘n gewilde en aanvaarde teorie vir die prosesse onderliggend aan die loop van die geskiedenis.  Dié teorie stel voor dat geskiedenis nie soseer onderhewig is aan die kollektiewe kragte wat deur massas mense of natuurrampe veroorsaak word nie, maar dat enkele “Groot Manne” hulle omgewing (en ander mense) sodanig beïnvloed en domineer dat hulle die gang van die geskiedenis (en dus die toekoms) primêr bepaal.  Onder die “Groot Manne” tel mens veral figure soos Bismarck, Stalin, Hitler, Churchill en Mao (en verder ook die politieke filosowe wat vir invloedryke idees verantwoordelik is).

Die argument is nie soseer dat die “Groot Manne” die toekoms beplan het nie, maar dat hulle teenwoordigheid die primêre oorsaak of invloed in die geskiedenis was as dit geëvalueer word by wyse van ‘n terugblik.  Dus sien mens dikwels in geskiedenisboeke hoofstukke met titels soos “Bismarck en Duitsland”,  “Mao Tse Toeng se Lang Mars”, of “Ghandi en Indië in1948”, en dies meer.  Die implikasie is dat Duitsland sonder Bismarck nie Duitsland kan wees nie, dat China sonder Mao onmoontlik is en vandag iets anders sou wees.

Terwyl die “Groot Man-teorie" steeds aanvaar word as ‘n metateorie oor geskiedenis, is ‘n alternatiewe teorie hedendaags besig om meer aandag te kry.  Dit gebeur veral in Westerse departemente van Verdediging, en selfs in Westerse sentra wat ontsenu is na die reeks terreuraanvalle sedert die middel van die 1990s.

Die nuwe benadering heet die “Youth Bulge” (Jeugbom, afkorting: JB), en is die produk van filosowe soos Gunnar Heinsohn en Gaston Bouthoul.  Reeds in 1997 het die Amerikaanse weermag die JB-teorie aanvaar as ‘n nuttige benadering om bedreigings te erken en te ontleed.  John Gannon (nog ‘n proponent) sê byvoorbeeld in getuienis wat hy voor die National Intelligence Committee (‘n Amerikaanse Senaatskomitee) in 1997 gelewer het dat  “The Youth Bulge [provides the ultimate] intelligence challenge for the next generation”.

Dat die JB-teorie ernstig beskou word, is vanselfsprekend as mens opmerk dat stede met verlinkse stadsrade soos London simposia gehou het met titels soos “Demography and War” met Gunnar Heinsohn as genooide spreker.  Dit is merkwaardig dat selfs Westerse linkse ideoloë, wat die indiwidu as die onaantasbare rolspeler in beskawing beskou, JB as ‘n faktor in Westerse sekuriteit kan beskou. Veral inaggenome dat JB uiteraard kollektiewe gedrag deur anderskleurige of minderheidsgroepe se “jeugdiges” in Europa is. 

Soms word daar eufemisties na JB verwys om dit as polities beskaaf voor te hou, iets wat dit definitief nie is nie.  In dié opsig is die interpretasie wat voorgehou word dat die onluste in Frankryk sedert 2005 kollektiewe gedrag deur indiwiduele Moslemjeugdiges met geldige griewe is, eerder as die gevolg van JB wat deur bevolkingsgroei in die banlieues (voorstede) rondom Parys en ander stede veroorsaak is.

Onder al die "aanvaarbare" redes wat vir die onluste verskaf is, is daar nie ‘n JB nie maar eufemisties soms vae verwysings na Moslemghettos in die banlieues en groot getalle radikale “jeudiges” wat as gevolg van onvriendelike sosiale omstandighede rebelleer. "Jeudiges" is natuurlik op sigself ‘n term wat gebruik word om etno-kulturele- en rasseverskille te verbloem. Dié soort politieke korrektheid verhoed nugtere denke om die onluste te verstaan en in die toekoms te vermy, maar dit is die prys van moderne selfbedrog.  Selfs in Heinsohn se werk is daar nie veel verwysings na onluste en probleme in moderne Europa nie.  Dit is egter myns insiens ‘n fout om die uitwerking van ‘n JB in sommige Europese lande soos Denemarke, Frankryk, Holland en Engeland te ontken as jy die stabiliteit van daardie samelewings oor die langer termyn wil verstaan.

Wat is die vooruitsig in Frankryk, of in Denemarke?  Wel, dit kan mens probeer vasstel deur te tel, en ek is seker dat die Franse en Dene en andere in die geheim hard besig is om te tel en om die godsdienstige karakter van die onluste met regeringsbeleid (immigrasie en assimilasie) te probeer rym.

Wat is ‘n JB?

Die streng definisie is dat ‘n JB “gebeur” as 30% tot 40% van die mans in ‘n gemeenskap in die “vegtersouderdomsgroep” tussen 15 en 30 jaar behoort.  JB volg op ‘n “kinderbom” wanneer ten minste een derde van alle mans kinders onder 14 jaar oud is.

Waarom is dit ‘n probleem? 

Basies omdat jong mans hulle ambisies as onbereikbaar beskou in ‘n omgewing met baie mededinging as gevolg van JB.  Jong mans vind uit dat hulle demografies oortollig is, dat hulle nie kan werk kry nie, en dat ‘n (wettige) sekslewe onmoontlik is sonder ‘n toekoms waar hulle inkomste kan verdien om vir kinders te sorg.  Daar is uitlaatkleppe vir die frustrasies.  Die “oortollige” jong mans kan emigreer, of kan met kriminele gedrag bates verkry, of hulle kan natuurlik met revolusie, burgeroorlog of selfs kolonisering die bates van ouer mans of ander gemeenskappe steel of bekom.

Die uitwerking van JB is in verskeie gevalle ondersoek.  Dit word nou algemeen aanvaar dat die oorlog tussen 1981 en 1992 in El Salvador (met 70000 ongevalle) die direkte gevolg van ‘n JB was.  Tussen 1960 en 1975 het vroue in die land gemiddeld elk amper 7 kinders gebaar, die bevolking het gegroei van 2.5 miljoen tot 5 miljoen, en teen 1970 was een derde van mans onder 15.  Dieselfde soort analise dui aan dat oorloë in Sri Lanka, eers ‘n Sinhalese en toe ‘n Tamoelguerilla-oorlog, voorafgegaan is deur ‘n JB. Nog ander gevalle sluit Libanon, Iran, en selfs Japan voor die Tweede Wêreldoorlog in.

Die ironie van JB is dat terwyl vredesaktiviste ploegskare, vrede en vol mae preek, dit juis dikwels vrede (en vol mae) is wat JB en daarna groot aantalle honger jong mans baar wat dan oorlog veroorsaak.  Ek dink dat ‘n mens Suid-Afrika in die tydperk 1950-1970 op dieselfde manier behoort te beoordeel.  Vrede en voorspoed en die ekonomiese en maatskaplike toestande asook beter mediese en ander sosiale dienste onder veral die swart bevolking, wat (ironies genoeg) deur wit politici geskep is, het uiteindelik ‘n swart JB gebaar wat die einste wit regering en gemeenskap ondermyn het.

Heinsohn skryf dat miskien die belangrikste gebeurtenis in die moderne wêreld se geskiedenis plaasgevind het met ‘n edik deur Pous Innocentius VIII (1484-1492) wat geboortebeperking onder Katolieke (in Europa) met die dood strafbaar gemaak het.  Die aantal kinders per vrou het hierna toegeneem van tusssen 2 en 3 tot ongeveer 8.  Binne enkele dekades het die gepaardgaande JB afgereken met ‘n Moslembedreiging, oor oseane geseil om die Amerikas te verken en te koloniseer, en om Afrika geseil om met Indië handel te dryf. 

Die JB sou honderde jare duur, Europa se wêreldoorheersing veroorsaak, en sou eers na die Eerste Wêreldoorlog uitgewoed wees.  Die Tweede Wêreldoorlog het Europese oorheersing finaal geknak, en hierna het Europeërs nog nie weer ‘n oorlog gewen nie. Die sogenaamde Baby-boom van die na-oorlogse jare onder Europeërs en Amerikaners is in der waarheid maar ‘n flou demografiese eggo vergeleke met die JB tussen 1500 en 1918. 

Wat beteken ‘n JB in ander gevalle?

Kom ons kyk na Irak. Vandag is die bevolking 26 miljoen, en vroue baar elk ‘n gemiddelde 4,80 kinders.  Tot 2020, word geprojekteer, sal ten minste 350 000 jong mans elke jaar die ouderdom van 15 jaar bereik, terwyl daar net werk en bates vir ongeveer 150 000 sal wees.  Die ander 200 000 is demografies oortollig en dus reeds geradikaliseer en gereed vir oorlog.  Dit is ‘n miljoen elke 5 jaar.  Daar is steeds Amerikaners wat glo dat hulle die oorlog in Irak kan wen op ‘n morele manier en met ‘n “menslike benadering”. Dit wil sê, sonder om toestande te skep wat die demografie en JB sal omkeer met hongersnood of ‘n verskroeide-aardebeleid.

Ander wêrelddele is soortgelyk besig om ‘n JB in die gesig te staar teen 2020.  Dit sluit Soedan, Pakistan, en Palestina in. Andersins is daar ander lande wat nou baie meer vreedsaam is nadat ‘n JB uitgewoed is, byvoorbeeld Libië, Algerië en Tunisië.

Die globale distribusie van mans in die ouderdomsgroep tussen 15 en 30 vertel verder ‘n interessante storie. In Europa neem dit af van 89 miljoen in 2006 tot 71 miljoen in 2020 (en meeste van die jeugdiges is of enkelkinders of enigste seuns).  In Afrika neem dit toe van 160 miljoen tot 182 miljoen oor dieselfde tydperk.  In die Moslemwêreld neem dit toe vanaf 280 miljoen tot 300 miljoen terwyl dit in die Weste (Noord-Amerika, Australasië en Europa) afneem van 128 miljoen tot 115 miljoen.  Die Moslemwêreld ervaar tans ‘n JB, en die einde hiervan is nog nie in sig nie en kan trouens eeue duur. Teenoor Wes-Europa se babadroogte en demografiese ondergang is dit van geskiedkundige belang. Op wie gaan u wed? En in watter mate veroorsaak ‘n kultuur of ‘n godsdiens ‘n JB en uiteindelik oorheersing oor verslane vyande en beslag van hulle bates?

Daar is ‘n paar paradokse in die JB-fenomeen.  Dit is ‘n sosiale en demokratiese reg om 7 of meer kinders groot te maak (vra maar vir Jacob Zuma), selfs as die gedrag kollektief is, ‘n JB veroorsaak en oorlog baar vir ander se bates in die volgende geslag.  Paradoksaal is dit verkeerd vir ‘n JB om minderhede en ander slagoffers uit te wis of van hulle bates te ontneem, selfs al is dit skynbaar onvermydelik, en geen minderheid kan aksies neem om ‘n JB in ‘n vyandiggesinde meerderheid te verhoed nie  Nog meer paradoksaal kan dit gebeur dat ‘n minderheid (soos in Suid-Afrika) die ekonomiese en sosiale klimaat self skep wat ‘n JB veroorsaak oor ‘n tydperk van twintig of dertig jaar.  Die gevolge is soveel later eers waar te neem sodat die verband met aanvanklike oorsake nie verstaan of ingesien word nie.

Westerse insigte het ‘n paar voorstelle hoe om ‘n JB te hanteer.  Ten eerste moet ‘n JB geïsoleer word om sy natuurlike gang te gaan.  Ten tweede moet alle hulp (en gedrag) wat demografiese bewapening wat deur ‘n JB veroorsaak word, afgesny word.  Ten derde moet ‘n JB eerder in ‘n burgeroorlog teen homself gedraai word om sodanig uitgewoed te word, en laastens, moet toestande nie verbeter word nie tot die JB verby is (selfs al neem dit baie dekades).   Opgesom is dit ‘n immorele lys voorstelle, maar Westerse lande sal hopelik immorele selfbehoud bo morele ondergang verkies, alhoewel dit nie altyd so duidelik is nie.

Hierby wil ek ook vra:  Waar is die “goedvoelteorie” van geskiedenis wat gewoonlik deur linksgesinde meningsvormers aangehang word en wat voorhou dat mense inherent goed en vredeliewend is? In dié opsig kan ek net opmerk dat Margaret Thatcher eenkeer gesê het dat die feite van die lewe konserwatief is.  En hierby wil ek voeg dat indiwidue nie in ‘n vakuum leef nie, maar meegesleur word deur die fisiese omstandighede waarin hulle leef, en waaraan hulle soms nie kan verander nie. Daarom moet toestande geskep word om te oorleef.  Die Voortrekkers het dit uiteindelik glashelder in hulle konteks begryp.  Maar besef mense dit nog vandag?

игрушки купить киевОлександр Васильович Фільчаков

SA se nuwe tydvak van verdrukking

Dit is moontlik dat Suid Afrika tans ’n nuwe tydvak van politieke verdrukking betree. Reeds sedert die onderhandelde oorname het die ANC-regime geleidelik begin om die voorheen opgestelde prosesse en strukture van demokrasie te beskadig. Wydverspreide korrupsie, wanbestuur, nepotisme en verskeie ander vorme van partydige bedrywigheid en staatswanfunksionering het oor die afgelope 14 jaar ’n enorme tol geëis.

Sg. onpartydige waghonde en instellings soos die NV,  die howe,  OKASA, die Menseregtekommisie, die Taalregtekommissie en ander is bykans deurgaans deur die ANC gekaap. Daar is dus nie kans dat enige van hierdie strukture op die lang duur demokrasie sou bevorder nie.

Twee dinge het egter oor die afgelope enkele dae gewys dat  ons waarskynlik ’n nuwe fase van demokratiese aftakeling binnegaan. Die een is die skorsing van mnr. Mike Waters verlede week oor sy ‚“ongemaklike" vrae rakende die onbekwame minister van Gesondheid (Me. Manto-Msimang) in die parlement. Laat ons net vir ’n oomblik by hierdie aangeleentheid stilstaan.

Ten eerste is die Speaker (me. Mbete) ’n lid van die ANC. Dit bring ons terug by die problematiek wat reeds vroeër in hierdie stuk aangeroer is, naamlik dat sg. “onpartydige” posisies deur ANC lede gevul word. Selfs ten beste, wannneer die opposisie betreklik min druk op die ANC plaas, sou dit onmoontlik vir me. Mbete wees om objektiwiteit te handhaaf. Ideaal moet ’n Speaker los staan van enige party.  Dat partylojaliteit in die Afrika-konteks soveel te meer ’n rol speel en dat daar dan boonop ’n element van rassevooroordeel is, hoef mens nie eers te noem nie. Ten spyte daarvan dat haar inherente partydigheid haar rol as Speaker kon teenwerk, het dit tot ’n paar dae gelede geen ernstige probleme opgelewer nie. Die toets lê egter daarin as dinge moeilik raak.

Te midde van die huidige magstryd om die ANC-leierskap (en dus die presidentskap van die RSA) het die Nosizwe-Routledge-Manto-Msisimang debakel tot groot mate verpolitiseerd geraak. Die hele aangeleentheid het die onbevoegdheid van Mbeki se keuses rondom sake soos kabinetslede na die oppervlak gebring. Boonop is Nosizwe-Routledge oornag tot ’n soort ’n|Messiaanse martelaar verpopuliseer. Sy is immers die een wat die “sterwende massas probeer red” het en toe met haar kabinetspos daarvoor moes “betaal”. Christus het die Romeine en Jode gehad, Ghandi het die Britse Ryk gehad, Dawid het vir Goliat gehad en Nosizwe-Routledge het Thabo en Manto. Nou ja, nie dat Nosizwe-Routledge werklik die leiding van ’n Christus, die opoffering van ’n  Ghandi of die oorwinning van ’n Dawid beleef nie, maar in die NSA is ’n adjunk-minister van Gesondheid wat haar werk doen amper ’n heilige (veral as sy daarvoor bestraf word).  Nietemin, dit is die skynbaar onskuldige weerlose teenoor die ooglopende magtige.

Teenoor die populêre protagonis, Nosizwe-Routledge, staan die antagonis, Manto-Msimang (Mbeki se keuse). Nosizwe-Routledge se nuutverworwe “Messiaanse” status gee vir haar selfs meer mag as wat sy ten tye van haar adjunk-ministerskap gehad het. Enige faksie binne die ANC met wie sy haarself sou assosieer sal onmiddelik tot die morele hoégrond verhef word, of so sou sulkes altans kon hoop. Daarenteen is Manto-Msisimang se morele status soos ’n stuk lood in dryfsand. Haar onbevoegdheid en skandes sal enige een wat aan haar gebind is die verdoemende dieptes intrek.

Dit kom al meer na vore dat die Mbeki-faksie ’n verbete stryd om oorwinning binne die ANC voer. Behalwe die Zuma-probleem (en dis ’n groot probleem) blyk daar nog verskeie ander faksies en magte aan die werk te wees.

Onder “normale” omstandighede sou Mike Waters se ongerieflike vraag dalk met ’n mate van irritasie verduur word. Normaalweg is die DA soos die kefferbrak op die stoep. Basies irriteer die brakkie almal binne die huis, maar tog kan die bure sien dat jy ook ’n “diereliefhebber” is. As daar egter onmin en rusie in die huis is,  dan is ’n lastige brak net te veel, veral as die gekef gaan om ’n waarheid wat jou skade kan berokken. Wat normaal weg net ’n irritasie is, word skielik ’n bedreiging. 

Die Nuwe Suid-Afrika was nog nooit ’n demokrasie nie. Dit was van die begin af ’n Bantoe-diktatuur oor ’n blanke minderheid. Daar was geen manier hoe die blankes d.m.v. die stembus die regime omver sou kon werp nie. Nogtans het die ANC se verdraagsaamheid teenoor die parlementêre stelsel en die minderhede se samewerking die wanindruk van demokrasie geskep. Eintlik was dit net een groot verneukspul en die een wat die meeste ingeboet het, was die blanke kieser. Valslik is hy onder die indruk gebring dat ’n stem vir die DA ’n verskil sal maak.

Die  DA en die ander partytjies was uitlaatkleppe vir blanke frustrasies. Dit het voorkom dat blanke frustrasie omsit in woede wat die deksel sou afblaas.  Dit het sodoende ’n disfunksionele en verdrukkende sisteem help legitimeer. Hierdie partye het dus inherent ’n aandeel aan die Afrikaner se onderdrukking. Hulle speel dieselfde gekoöpteerde rol as wat die Kleurling- en Indiërpartye in die ou Driekamerparlement gespeel het.

Onder die sg. “normale” omstandighede waarin ons oor die afgelope 14 jaar woon, is die opposisie se kritiek bloot afgemaak as wit rassisme. Hierdie effektiewe verweer is keer op keer aangevoer en sekerlik ook tot groot mate geglo, deur beide die ANC en hul ondersteuners. Die “rassisme”-aanklag was bykans elke keer effektief genoeg om opposisie-aanvalle te neutraliseer. In werklikheid was daar nooit ’n kans dat swart kiesers vir enige blanke party, selfs die mees liberale, sou stem nie. Nogtans, as daar die geringste vertwyfeling by die swart kieser sou ontstaan, sou die „wit rassisme”-aanklag meebring dat hy die opposisie geen oorweging skenk nie.

Maar wat as dit nie om die swart kieser gaan nie? Hoe gemaak as dit nie gaan oor keuse tussen wit of swart nie, maar wel oor ’n keuse tussen swart en swart? Ook, as die keuse nie deur die massa uitgevoer word nie maar wel deur partylede wat self beroepspoliteke ideale het? Sulke kaders soek immers ’n leier wat hul goedgesind is en wat polities sal oorleef. Gemeet aan sulke standaarde lyk Mbeki se saak sleg; immers moet hy ’n derde termyn bewerkstellig en boonop ’n swak baanrekord as president oorkom.  Wanneer die ANC as verenigde front teenoor die wit opposisie staan, is dit maklik maar as die eenheid verbrokkel, is dit ’n ander saak. Dit gaan om die regerende (Mbeki-)faksie binne die ANC se politieke oorlewing. Dat die aanklag (‚rassisme”) wat normaalweg voldoende verweer sou wees, nie nou alleen die ding kan doen nie, dui vir mens presies hoe netelig en broos die regerende faksie se posisie is. Dit dui ook hoe intens onstabiel die ANC geword het.

Om weer terug te gaan na die sg. “normale omstandighede” (wat glad nie gesond is nie) sou nóg Mike Waters, nóg die DA enige skade kon berokken. Klaarblyklik is die tektoniese fout(e) wat tans deur die ANC loop so onstabiel dat geen bykomende “versteurings” geduld kan word nie. Eintlik hoef die ANC nooit die opposisie enigsens geduldig gewees het nie.  Waar dit dus om die regerende faksie se politieke oorlewing gaan, is die las van ’n demokratiese masker een wat dalk net te veel is.

Die DA het altyd die idee van ’n kritiese opposie volgens die liberaal-demokratiese ideaal nagestreef. Die klem het daarop geval om die regering onbevoeg te bewys en die indiwidu daarvan te oortuig dat die DA ’n beter opsie is. Helen Zille het hierdie beginsel ’n trappie verder gevoer deur te onderneem om sulke goeie diens in die bestuur van Kaapstad te lewer dat dit swart kiesers sou oorreed om vir die DA te stem. Nie Helen Zille, Tony Leon, die DA, DP, PFP of hul voorganger het ooit die rassewerklikheid van SA verstaan nie. Helen Zille se verspotte idee het nie net haarself mislei nie maar ook die blanke kieser. Daar is drie realitiete wat hulle (die liberaliste) nie kán of wíl begryp nie.

  1. Die ANC sal nooit die mag vrywillig afstaan nie. Dit het R.W. Johnson, wat ’n liberale kritikus van die vorige bewind was, ook onomwonde gestel.
  2. In die Afrika-konteks ontvang die bevydingsbeweging vir dekades lank ongekende lojaliteit.
  3. Oor die algemeen stem mense volgens rasverdelings. Ghandi se woorde geld: „enige volk verkies sy eie swak regering bo ’n ander volk se goeie regering.” Dit is die rassewerklikheid.

Met die verjaging van Waters en die inhegtenisname van Zille het die masker finaal afgekom. Uiteindelik het die ANC homself ontbloot vir wat dit werklik is: ’n Eenpartydiktator.

Dat Waters geskors is, het gedui daarop dat die ANC nie meer kritiek gaan duld nie. Met Zille se inhegtenisname kom ons by die tweede belangrike gebeurtenis van die afgelope dae. Streng volgens die wet  is sy oor ’n onbenulligheid (sy het ’n tegniese aspek van die wet oortree tydens ’n anti-dwelmprotesoptog) in hegtenis geneem. Dit lyk meer asof die regime gewag het vir die geleentheid om haar agter tralies te kry, al was dit net vir ’n paar uur. En, dit is belangrik, want dit laat mens onwillkeurig wonder/besef dat die Waters-insident nie ’n geisoleerde gebeurtenis is nie en dat ons ten minste hier te make het met ’n nuwe styl in die hantering van die opposisie. My persoonlike gevoel is egter dat dit baie meer as ’n stylverskuiwing verteenwoordig en meer waarskynlik ’n geheel nuwe doktrine behels, nl. ’n verskuiwing van geïrriteerde verdraagsaamheid (met ’n aansienlike mate van verskuilde verdrukking), na ’n toestand van openlike onderdrukking.

Die boodskap aan Zille (en alle opposisielede) is baie duidelik: “Kritiek gaan nie meer geduld word nie.” Zille se inhegtenisname is niks minder as die intimidasie van die leier van die amptelike opposisie om hierdie punt tuis te bring nie. Soos wat Zille self  oor die gebeurde in die polisiekantoor sê: „Die vertoon van mag was duidelik.”

Boodskap versend, boodskap ontvang…

Of Zille haar aan die boodskap gaan steur of nie is waarskynlik onbelangrik, aangesien Zille se rol in elk geval futiel is. Wat wel belangrik is, is hoe die politieke kultuur gaan ontwikkel met die pylvak na die ANC-presidentskap en veral daarna. In hierdie periode sal dit duidelik word of ons wel ’n tydvak van die absolute onderdrukking van opposisiepolitiek binnegaan. Myns insiens is daar drie moontlike scenario’s wat kan uitspeel. Meer daaroor volgende week.

влагоотделитель дляФильчаков прокурор харькова

Is dit Zille se skille?

ImageHelen Zille, leier van die DA en uitvoerende burgemeester van Kaapstad, is op Sondag 9 September gearresteer omdat sy meegedoen het aan ‘n “vreedsame en ordelike optog” om te betoog teen dwelmhandelaars en dwelmmisbruik.  Haar woorde daaroor was: “Wat ek nie kan verstaan nie, is dat die polisie so aggressief was teenoor ons volkome vreedsame optog.” Maar daarby voeg sy vol selfvertroue dat sy darem baie dankbaar is omdat die Grondwet en Kgalema Motlanthe, seketaris-generaal van die ANC, sal keer dat Suid-Afrika nie weer ‘n polisiestaat word soos dié tydens die apartheidsera nie.  En tog wil sy die polisie dagvaar vir onregmatige arrestasie!

Die vraag duik onwillekeurig op of Zille op haar eie eiland bly, dié dat sy nie ‘n idee het wat werklik in die land se politiek aangaan nie?  Suid-Afrika het nie net ‘n korrupte polisiemag wat presies maak soos hulle lus het nie, maar word ook beheer deur ‘n kommunistiese regime met ‘n Grondwet wat bedoel is om die diktatorskap van die ANC te pas.  Daarom sal Zille se ontnugtering nog veel groter word terwyl sy salig gerus is dat “die reg op vreedsame protes in die Grondwet verskans is, en dat dit ‘n bousteen is van enige demokrasie – veral van Suid-Afrika se demokrasie, wat as’t ware op die rug van openbare protes gebou is”.

‘n Mens kan nie glo dat Zille se skille nie reeds van haar oë afgeval het toe Mike Waters, haar DA-woordvoerder oor gesondheid, enkele dae voor haar inhegtenisname, vir vyf dae lank uit die vergadering geskors is deur Baleke Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering nie.  Die skorsing het gevolg op sy geregverdige vraag: “Is minister Manto Tshabalala-Misimang in 1976 aan diefstal skuldig bevind terwyl sy in diens van ‘n hospitaal in Botswana was, en is die inligting aan pres. Thabo Mbeki oorgedra toe sy in haar portefeulje aangestel is?”  Dat die vraag van openbare belang is, het egter nie die diktatorskap van die speaker beïnvloed nie en daarom beweer Mbete steeds dat haar besluite nie bevraagteken sal word nie. Mike Waters se ontnugtering was egter groot: “Dit is kommerwekkend dat die ANC dit regkry om so ‘n vraag te laat verwyder!  Die magsmisbruik in die parlement is skokkend!”  En nog sit Zille se skille…

Dalk moet Helen Zille haar weer vergewis oor hoe die ANC met die Grondwet omgaan.  Een voorbeeld die afgelope twee weke is die “Tshwane-metroraad” se voorneme om geen kleinsake-transaksies voortaan met wit ondernemings te doen nie.  Slegs ondernemings wat uitsluitlik in swart besit is, sal mee onderhandel word.  Dat dit totaal teenstrydig met die Grondwet is, is nie vir hulle van belang nie.  Artikel 217 in die Grondwet stel dit duidelik dat die proses billik, deursigtig, mededingend, gelyk en kostedoeltreffend moet wees; dus, as die raad ‘n laer prys aangebied word, moet hulle dit oorweeg. Advokaat Werner Zybrands, kenner van munisipale regering, sê dat die besluit ook strydig is met ‘n kennisgewing wat die nasionale tesourie in Januarie 2006 aan alle munisipaliteite gestuur het waarin bepaal word dat “’n regsmening van die hoof-staatsregsadviseur bevestig dat enige tender-voorwaardes wat kategorieë van moontlike bieërs uitsluit, ongrondwetlik is”.

Voorts moet Zille eerder ondersoek instel na die ANC se permanente ideologiese “regstellende aksie” waarin hulle ongeag die Grondwet se “beskerming”, besig is met rassediskriminasie deur middel van magsmisbruik, korrupsie en onmenslike optrede teen blankes. Zille mag in die waan verkeer dat “regstellende aksie” ‘n tydelike noodmaatreël is wat met “positiewe maatskaplike en ekonomiese gevolge toegepas word”.  Haar ontnugtering sal egter groot wees wanneer sy uitvind dat die Grondwet haar ook nie sal beskerm wanneer die ANC aanhou met sy toenemende en permanente rassestelsel waarin hy alle blankes wil uitwis nie.  Om die proses te vergemaklik, moet elke skoolleerling sy ras op sy inskrywingsvorms invul, en moet ‘n koper se ras ook deesdae vermeld word wanneer hy eiendom aankoop.  Hierdie maatreëls is slegs die begin van ‘n poging tot etniese suiwering deur ‘n staat wat hom nie aan sy eie Grondwet steur nie.

Oor die ANC se polisie het Zille ook nog heelwat te leer.  In dieselfde week as haar arrestasie, bepleit Mbhazima Shilowa, Gauteng se premier, “samewerking tussen die polisie, metropolisie, gemeenskapspolisiëringsforums en ander groepe, om ‘n veldtog teen alkoholisme en dwelmmisbruik te lei aangesien daar ‘n verbintenis tussen sekere sosiale misdade en alkohol- en dwelmmisbruik is”. Dit is die rede waaroor Zille aan die optog deelgeneem het. Net daarna braak Leonard Ramatlakane, waarnemende premier van die Wes-Kaap, gal oor Zille “omdat sy moeilikheid gesoek het” en daarom gearresteer is. Intussen swyg Mbeki in al elf tale hieroor en verwys alle navrae aan sy kantoor na die polisie.  Maar Zille sê sy verstaan hierdie dinge glad nie. Ai…

Ons “wonderlike” polisiemag wat volgens Zille “danksy die Grondwet darem nie weer sal word soos dié tydens die polisiestaat van die apartheidsera nie”, is dan seker nie dieselfde polisiemag wat onskuldige kinders op die agtersitplek van ‘n bakkie doodskiet omdat polisielede sogenaamd ‘n Isuzu-bakkie verkeerdelik vir ‘n gesteelde Colt-bakkie aansien nie, soos die afgelope week in Witbank gebeur het nie.  En dit kan onmoontlik dieselfde polisie wees wat reeds dae lank weier om Andrew van Staden se vrywillige verklaring af te neem oor die moord op die sestienjarige Charlene du Preez van Arcadia.  En dit kan nie dieselfde polisiemag wees wat op 5 September vir die drie-en-tagtigjarige mev. Vera de Bruyn wat deur rowers oorval is in haar bed in die aftree-oord waar sy woon, gesê het: “Sorrie, ons kan jou nie nou help nie, daar is net een kar en een persoon aan diens en 40 klagtes.” Maar dis tog dieselfde polisie wat nog op dieselfde dag, 5 September, toe ‘n Hino-vragmotor gelaai met brood vir aflewering omgeval het, vinnig gekeer het dat omstanders van die brood steel?  Soos hulle woordvoerder gestel het: “Ons ouens was vinnig op die toneel en het gekeer dat hulle enige van die brode steel.”  Wat ‘n kordaatstuk!

Daar is niemand so blind soos diegene wat nie wíl sien nie!

марка масла для компрессоралобановский александр игоревич

As Afrikaners die Estlandse Russe sou naboots

‘n Paar maande gelede het die Estlandse regering doelbewus die Russsiese minderheid in daardie land probeer ontstel deur ‘n standbeeld van ‘n Russiese soldaat uit die Tweede Wêreldoorlog te verskuif. Estland met sy bevolking van sowat 5 miljoen was vroeër deel van die Russies oorheersde Sowjetunie. Die Estlanders beskou die Russiese minderheid van sowat 300 000 in hul land met soortgelyke minagting en haat as wat die ANC-regime die Afrikaner sien. Die Estlanders se besluit om die Sowjeterastandbeeld te verwyder was ‘n doelbewuste poging om vir die Russiese minderheid te wys wie is baas. Mens sou die Estlandse regering se poging kon vergelyk met die ANC-gedrewe naamsveranderings of selfs die vernietiging van die Voortrekkermonument in Standerton.

Hoewel die Russe in Estland nie naastenby onder dieselfde mate van verguising gebuk gaan as wat die Bantoebewind in Suid-Afrika teen die Afrikaner voer nie het die Russiese minderheid onmiddellik en millitant gereageer. Bo en behalwe opstande was die mees effektiewe wapen waarna die Russe hulself gewend het die internet. Deur ‘n menigte onbenullige navrae, sowel as elektroniese wurms, na die Estlandse staatsdepartemente (sowel as die bankwese wat die regering ondersteun) te stuur, het die Russiese minderheid veroorsaak dat die Estlandse staatsdiens se netwerkbedieners die een na die ander in duie gestort het. Die impak was so dramaties dat die funksionering van die hele Estlandse staat binne ‘n paar uur tot stilstand geruk is. Die Estlandese regering was magteloos teen die aanslag en moes aan die Russe toegee. Die standbeeld van die Russiese kryger het in ere gebly.

As Afrikaners dit egter in hul kop sou kry om die Tsjwannie-metroraad op soortgelyke wyse binne die kuberruim met onbenullige navrae en ander elektroniese peste aan te val sou dit ‘n soortgelyke uitwerking as in Estland, op die stadsadministrasie hê Indien Afrikaners dan sou besluit om terselfdertyd plaaslike belastings te weerhou sou die Tsjwannie-owerheid vir alle praktiese redes geheel en al in duie stort. Om die onthalwe van die Tsjwannie-metroraad kan mens alleen hoop dat Afrikaners nie ‘n truuk of twee by die Estlandse Russiese minderheid leer nie.

free slots free playАлександр Фильчаков Васильевич

Rooilig van verraad

ImageDie afgelope week is die ANC en veral Thabo Mbeki, van verraad beskuldig. Die hele MMM-sage (Manto, Madlala en Mbeki) was een te veel vir sommige ander ANC-lede en ou bondgenote. Mbeki is onder andere daarvan beskuldig dat hy alles vernietig het wat Mandela opgebou het en dat “die exilers, met Mbeki vooraan, met hul Leninistiese styl en vervolgingswaan die UDF se stryd om goeie regering, geregtigheid en demokrasie kom vertrap het – bevrydingsleiers word vrot demokrasie.”

Dit het mens weer daaraan herinner dat daar altyd verraaiers sal wees waar daar mag ter sprake is, maar om ‘n ware verraaier te wees, is dit ‘n vereiste dat hy naby aan jou moet wees, iemand in jou binnekring van beweging, ‘n vertroueling in die situasie; dus iemand wat oor soveel kennis beskik dat hy suksesvolle verraad kán pleeg. Die bekende vyand kan mens nie in daardie sin verraai nie omdat hy reeds teenoor en nie by jou staan nie en jy sy vyandskap te wagte is. Juis daarom is verraad een van die mees fatale aksies om ‘n bondgenootskap vir ewig te vernietig en kan daar nooit weer vertroue en samewerking tussen die verraaier en sy slagoffer wees nie, hoogstens ‘n kruitvat van vyandskap wat tot groot ontploffings kan lei met die regte lont.

Daar was reeds talle bekende gevalle van verraad dwarsdeur die wêreldgeskiedenis, en ook lank daarna is menige gesagsfiguur deur suksesvolle verraad uit die pad gevee. Een daarvan was Adolf Hitler. Min mense is bewus van die volgehoue pogings van verraad wat deur sy omgekoopte weermagoffisiere gepleeg is en uiteindelik gelei het tot die laaste aanval op Hitler op 20 Julie 1944.

Op 13 Maart 1943, het dr Fabian von Schlabrendorff en Henning van Tresckow, saamgewerk om ‘n bom te versteek in ‘n pakkie waarin brandewynbottels was wat Tresckow na ‘ ‘n vriend’ van hom by Hitler se hoofkantoor probeer stuur het op ‘n vlug waarop Hitler was. Die bom het egter nie afgegaan nie. ‘n Week later het ‘n jong offisier, kolonel von Gersdorff, hom vir ‘n selfmoordmisie in Berlyn bereid gestel waar Hitler die opening van ‘n oorloguitstalling sou waarneem. Von Gersdorff sou tydbomme in sy jas se groot sakke dra, maar omdat Hitler nie meer die verrigtinge kon open nie, het ook hierdie plan deur die mat geval.

Nog ‘n jong offisier van Rastenburg het aangebied om ‘n pistool tot by Hitler in te smokkel en hom so te dood, maar as gevolg van sy rang was hy nie naby genoeg aan Hitler toegelaat nie. In November 1943 wou ook Axel von dem Bussche ‘n selfmoordmissie onderneem om die bomme in sy jassakke tot by Hitler te dra tydens ‘n demonstrasie van die “nuwe weermagjas” wat Hitler kon besigtig, maar die demonstrasie is uitgestel. Vir die volgende datum van die demonstrasie het Heinrich von Kleist sy dienste aangebied, maar weer is die demonstrasie uitgestel.

Op 20 Julie 1944 het die verraaiers die laaste geleentheid gekry toe ‘n bom in ‘n aktetas deur Clause Schenk von Strauffenberg by Hitler se voete tydens ‘n konferensie in Rastenburg, neergesit is. Strauffenberg se poging is egter in die wiele gery toe ‘n ander offisier per ongeluk oor die tas gestruikel het en dit ‘n hele entjie van Hitler gaan neersit het. Daar is vier mense gedood maar Hitler het slegs ‘n paar skrape opgedoen.

Adolf Hitler het geweet dat solank as sy vyande, wat reeds in 1933 oorlog teen Duitsland verklaar het, die Westerse verenigde leierskap beheer, daar geen hoop op ‘n vredesooreenkoms was nie. Hy het ook geweet dat Rooseveldt en Churchill ooreengekom het om met niks minder tevrede te wees as die algehele ondergang van sy mag in Duitsland nie. Dit tesame met al die verraad, het gelei tot die feit dat die eens magtige Duitse leier vernietig is.

Om die onomkeerbaarheid van samewerking tussen voormalige bondgenote ná verraad te besef, kan ons maar net in die volgende maande die ANC en hulle alliansies dophou. Waar die Verenigde Demokratiese Front (VDF) (‘United Democratic Front – UDF’), op 20 Augustus 2003 sy 20e verjaardag gevier het, was dit duidelik dat hulle verhouding met die huidige ANC-regering toe reeds op onvaste voet verkeer.

Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het met groot vertoon dit duidelik gemaak dat die VDF wel ‘n front vir die ANC en sy meelopers was, maar ook ‘n front vir honderde ander alliansies. Sy klem het gelê op die SAKP se slagspreuk : “Socialism is the Future, Build it Now!”, en op die feit dat die VDF wel geïnspireerd was deur die liberale beweging van die ANC, maar dat die VDF eintlik die groot inspireerder vir die ANC was.

As die amptelike mondstuk van die VDF, Isizwe, onlangs sê: “It is true that the fullest consolidation of people’s power is still in the future. It is true that control over central state power is the key to many things… Nevertheless, the building of people’s power is something that is already beginning to happen in the course of our struggle. It is not for us to sit back and merely dream of the day that the people shall govern. It is our task to realise that goal now”, behoort die ANC daardie bloedrooi lig teen samewerking raak te sien!

En as die VDF in September 2007 die ANC van verraad beskuldig, gaan daardie stopplek nie meer ver wees nie. Daarby moet ons ook weet dat dit nie in die swart kulture lê om dit oordeelkundig te doen soos veronderstel by ‘n vierrigtingstop nie, maar dat dit ‘n kruising van groot botsings en slagting sal wees waar die blankes as die groot “onderdrukker”, reeds in die middel van daardie kruising staan. Is die blanke se betrokkenheid daarin enigsins vermybaar?

uslugi-poligraf.comФильчаков прокурор харькова

Dan Roodt antwoord Deon Maas

Image Rassisme en die ‘gentleman cow’

Klik hier vir ‘n skakel na vandag se By waarin Dan Roodt vir Deon Maas antwoord op sy uitdaging tot ‘n debat oor ras en rassisme.

липецк средстводанильченко юрий брониславович прокурор

Alan Paton se nalatenskap

ImageÊrens op die web sirkuleer ‘n brief wat taamlik ongemak veroorsaak.  Die brief is reeds 9 jaar gelede geskryf, was vergete, en het nou weer skielik begin sirkuleer.  Dit is onderaangeheg vir diegene wat dit nog nie gelees het nie.

Aan die woord is Anne Paton, die weduwee van Alan Paton, wat wêreldwyd bekend is vir sy boek “Cry the Beloved Country”.  Alan Paton was die leier van die South African Liberal Party wat eerstens gekwalifiseerde stemreg vir swart mense voorgestaan het, en later deur die Progessiewe Party vervang is.  Paton se liberale getuigskrifte is onberispelik.  Hy is in Natal gebore, die seun van ‘n staatsamptenaar, is geskool in Maritzburg College en University of Natal, waarna hy as ‘n onderwyser opgelei is.  Paton was eers onderwyser by Ixopo High School (vir wit studente), maar word later ‘n onderwyser aan ‘n skool vir swart studente in Pietermaritzburg.  In 1928 trou hy met Dorrie Francis Lusted, en sy sterf in 1967.  In 1969 trou hy met sy sekretaresse, Anne Hopkins.

 
Tussen die jare 1935 en 1948 is Paton die prinsipaal van die Diepkloof Reformatory School vir jong swart oortreders.  Hy voer baie progressiewe hervormings in, onder meer ‘n oop-deur konsep en ‘n huisbesoekbeleid.  Gedurende ‘n besoek aan Noorweë in 1948 skryf hy sy novelle Cry, The Beloved Country, en dit word in San Francisco deur Aubrey en Marigold Burns gepubliseer.  Laurens van der Post was deurgaans ‘n groot ondersteuner van Paton, en het finansiële hulp verskaf vir sy projekte.  Paton was self gekant teen gewelddadige teenstand teen Apartheid, en bepleit eerder vreedsame verset.  Sommige figure in die South Africa Liberal Party verkies egter geweldadige verset, en die stigma kleef steeds aan Paton se Party.  In 1960 word sy paspoort deur die regering gekonfiskeer, nadat hy in New York die Freedom Award verwerf het.

‘n Ondersoek na Alan Paton se politiek, skrywe en aksies toon sonder twyfel aan dat Paton ‘n voorstaander van ‘n een mens, een stem demokrasie in Suid-Afrika was, ten spyte van die Liberal Party se oorspronklike beleid vir ‘n gekwalifiseerde stemreg.

Onderliggend aan die politieke oortuigings van soveel wit liberale soos Paton was eerstens ‘n ontkenning dat Afrikaners, as ‘n kollektief, ‘n reg op self-beskikking het.  Dit was nie merkwaardig nie, Engelse intellektuele het nog nooit sedert 1910 toegegee dat Afrikaners of Boere self-beskikkingsreg het nie; nie Alan Paton nie, nie Alex Boraine nie, en seer sekerlik nie Joe Slovo of Donald Woods of self Helen Suzman nie.

Tweedens, was wit liberale, en hierby moet mens selfs Afrikaners soos Beyers Naude insluit, oorweldigend oortuig dat Suid-Afrika, met sy diverse populasie, vreedsaam as ‘n eenheidstaat kon bestaan, sonder dat haar verskeie populasies in kompetiese met mekaar sou kom oor bates.  Die feit is inkonsekwent met ‘n erkenning dat mense in der waarheid oor ‘n sterk territoriale instink beskik.  As jy my nie glo nie, kyk maar na die landkaart, opgedeel in  persele, plotte, plase, provinsies en uiteindelik lande, met grense wat soms nie oorgesteek kan word nie, of aggressief verdedig word.

Daar was derdens ‘n algemene aanvaarding onder wit liberale dat die natuurlike taal van Suid-Afrika Engels is, en daar is nog bitter min toegewings hieroor gemaak.  Afrikaanse instellings bestaan vandag in Suid-Afrika slegs met toestemming van die owerhede.

Alan Paton is die aksiomatiese verteenwoordiger van die wit liberale aktivis wat Suid-Afrika se geskiedenis so dramaties sou beïnvloed na Sharpeville, toe hulle die stryd verinternasionaliseer het, en in die strate van Londen en New York begin veg het. Uiteindelik het hulle geseëvier, en hulle verkose kampioene, Nelson Mandela en die ANC, het die regering in Suid Afrika oorgeneem.  Alan Paton is reeds in 1988 oorlede, maar ek kan my voorstel dat baie van sy vriende, familie en mede-stryders, met vreugde Nelson Mandela se vrylating op 11 Februarie 1990 aanskou het – die vrylating van Mandela, en die ANC oorname in 1994, moet ondersoek word as die vindikasie van Paton se stryd as ‘n wit liberaal in die Suid Afrikaanse konteks. 

En hierna loop dinge skynbaar baie verkeerd vir sy weduwee.  Sy word aangeval en begin in vrees lewe.  Sy is nie al wat so deurloop nie, Nadine Gordimer loop soortgelyk deur, maar hulle beserings (indien enige) is minimaal vergeleke met wat ander mense sedert 1994 oorgekom het.  Nietemin, dit is duidelik dat Anne Paton in ‘n toestand van absolute vrees na 1994 verval.  In 1998 beskryf sy dit soos volg:

 

I love this country with a passion, but I cannot live here any more. I can no longer live slung about with panic buttons and gear locks. I am tired of driving with my car windows closed and the doors locked, tired of being afraid of stopping at red lights. I am tired of being constantly on the alert, having that sudden frisson of fear at the sight of a shadow by the gate, of a group of youths approaching – although nine times out of 10 they are innocent of harmful intent. Such is the suspicion that dogs us all.

Among my friends and the friends of my friends, I know of nine people who have been murdered in the past four years.

An old friend, an elderly lady, was raped and murdered by someone who broke into her home for no reason at all; another was shot at a garage.

We have a saying, "Don’t fire the gardener", because of the belief that it is so often an inside job – the gardener who comes back and does you in.

All this may sound like paranoia, but it is not without reason. I have been hijacked, mugged and terrorized. A few years ago my car was taken from me at gunpoint. I was forced into the passenger seat. I sat there frozen. But just as one man jumped into the back and the other fumbled with the starter I opened the door and ran away. To this day I do not know how I did this. But I got away, still clutching my handbag.

On May I this year I was mugged in my home at three in the afternoon….

 

En uiteindelik vat sy haar Britse paspoort, pak haar tassies, en vlug Londen toe, met ‘n finale beskuldiging aan die Boere wat Alan Paton so lank geopponeer het:  “One of the worst legacies of that time [of Apartheid] is that of the Bantu Education Act, which deliberately gave black people an inferior education.” Met ander woorde, dis die Boere se  skuld, hulle het swart Suid-Afrikaners nie opgevoed nie.

Die idee dat Afrikaners verantwoordelik is vir die opvoeding, of dat hulle voogdyskap oor swart Suid-Afrikaners het, is nog altyd een wat ek beide verrassend en verwerplik vind.  Waar dit vandaan kom (het dit iets te doen met sendelinge?) weet ek nie.  Wat ek wel weet, is dat wit Suid-Afrika buitensporig baie gedoen het om opvoeding na ‘n ongeletterde swart bevolking te bring.  Teen 1990 (voor die val van apartheid) was daar reeds 20 kolleges en universiteite vir swart studente (Fort Hare was ‘n sentrum vir anti-apartheid aktivisme), en duisende skole.  Baie onderwysers aan die skole was wit (Alan Paton is ‘n voorbeeld).  Nog nooit het een bevolkingsgroep so baie gedoen om geletterdheid op so ‘n groot skaal na ‘n ander te bring nie. En nog nooit is hulle soveel daarvoor geblameer nie. 

Dit was natuurlik ‘n onbegonne taak – ‘n klein wit minderheid kon nooit, selfs al sou al die wit onderwysers in die land in swart skole gaan klasgee het, ‘n groot meerderheid kon opvoed nie. Dit was fisies onmoontlik.  Dus is Anne Paton se aanklag van ‘n “inferior education” akkuraat, maar dit kon nie anders wees nie.  ‘n Eersteklas opvoeding kon net vanuit die swart bevolking self kom.  Manna val nie meer uit die hemel nie, lank nie meer nie.

Intussen het Suid-Afrika, soos Anne Paton tereg opmerk, verval in ‘n kriminele hel.  En wit liberale het skielik van die terrein verdwyn, of leef in objektiewe ontkenning (Anne Paton, ten minste, leef nie meer in ontkenning nie).  Die standaarde wat wit liberale van die Boere vereis het, is skynbaar nie op die ANC van toepassing nie.  Mens mag opmerk dat die stilte te wyte is aan die feit dat die meeste van hulle reeds dood is:  Alan Paton is dood, so ook Joe Slovo en Donald Woods.  Alex Boraine is nog lewendig, maar hy behoort aan die ANC.  Helen Suzman is oor die tagtig, en het al ‘n paar geluide gemaak.  Maar meestal is die stilte uit wit liberale geledere oorverdowend, maar daar is iets pateties in Anne Paton se vrees vir die resultate van haar gewese man se politieke denke.

Die wit studente, wat agter wit radikale dosente by Wits geprotesteer teen die Boere, of anti-Afrikaanse slagspreuke geskree het, is nou volwasse. Baie het die veilige Engeland opgesoek.  Die doel is dus bereik en die kriminele plaag en die wanregering deur die ANC was onbedoelde resultate: “No hard feelings then”.

Intussen glimlag Wendy Woods (Donald Woods se weduwee) breed met die nuwe standbeeld van Nelson Mandela se inwyding op Trafalgar plein, en is Anne Paton veilig êrens in Engeland, waar sy die verrigtinge waarskynlik met goedkeuring aanskou.  Of dalk nie? Daar is geen aanduiding dat hulle nalatenskap van wanorde, moord en verkragting binnekort gaan verander nie. Inteendeel.

 

Why I’m fleeing South Africa

 

by Anne Paton (widow of Alan Paton)

 

London Sunday Times—DISPATCHES, Sunday, November 29, 1998

 

I am leaving South Africa. I have lived here for 35 years, and I shall leave with anguish. My home and my friends are here, but I am terrified. I know I shall be in trouble for saying so, because I am the widow of Alan Paton.

Fifty years ago he wrote Cry, The Beloved Country. He was an unknown schoolmaster and it was his first book, but it became a bestseller overnight. It was eventually translated into more than 20 languages and became a set book in schools all over the world. It has sold more than 15 million copies and still sells 100,000 copies a year.

As a result of the startling success of this book, my husband became famous for his impassioned speeches and writings, which brought to the notice of the world the suffering of the black man under apartheid.

He campaigned for Nelson Mandela’s release from prison and he worked all his life for black majority rule. He was incredibly hopeful about the new South Africa that would follow the end of apartheid, but he died in 1988, aged 85.

I was so sorry he did not witness the euphoria and love at the time of the election in 1994. But I am glad he is not alive now. He would have been so distressed to see what has happened to his beloved country.

I love this country with a passion, but I cannot live here any more. I can no longer live slung about with panic buttons and gear locks. I am tired of driving with my car windows closed and the doors locked, tired of being afraid of stopping at red lights. I am tired of being constantly on the alert, having that sudden frisson of fear at the sight of a shadow by the gate, of a group of youths approaching – although nine times out of 10 they are innocent of harmful intent. Such is the suspicion that dogs us all.

Among my friends and the friends of my friends, I know of nine people who have been murdered in the past four years.

An old friend, an elderly lady, was raped and murdered by someone who broke into her home for no reason at all; another was shot at a garage.

We have a saying, "Don’t fire the gardener", because of the belief that it is so often an inside job – the gardener who comes back and does you in.

All this may sound like paranoia, but it is not without reason. I have been hijacked, mugged and terrorised. A few years ago my car was taken from me at gunpoint. I was forced into the passenger seat. I sat there frozen. But just as one man jumped into the back and the other fumbled with the starter I opened the door and ran away. To this day I do not know how I did this. But I got away, still clutching my handbag.

On May I this year I was mugged in my home at three in the afternoon. I used to live in a community of big houses with big grounds in the countryside. It’s still beautiful and green, but the big houses have been knocked down and people have moved into fenced complexes like the one in which I now live. Mine is in the suburbs of Durban, but they’re springing up everywhere.

That afternoon I came home and omitted to close the security door. I went upstairs to lie down. After a while I thought I’d heard a noise, perhaps a bird or something. Without a qualm I got up and went to the landing; outside was a man. I screamed and two other men appeared. I was seized by the throat and almost throttled; I could feel myself losing consciousness.

My mouth was bound with Sellotape and I was threatened with my own knife (Girl Guide issue from long ago) and told: "If you make a sound, you die." My hands were tied tightly behind my back and I was thrown into the guest room and the door was shut. They took all the electronic equipment they could find, except the computer. They also, of course, took the car.

A few weeks later my new car was locked up in my fenced carport when I was woken by its alarm in the early hours of the morning. The thieves had removed the radio, having cut through the padlocks in order to bypass the electric control on the gates.

The last straw came a few weeks ago, shortly before my 71st birthday. I returned home in the middle of the afternoon and walked into my sitting room. Outside the window two men were breaking in. I retreated to the hall and pressed the panic alarm.

This time I had shut the front door on entering. By now I had become more cautious. Yet one of the men ran around the house, jumped over the fence and tried to batter down the front door. Meanwhile, his accomplice was breaking my sitting- room window with a hammer.

This took place while the sirens were shrieking, which was the frightening part. They kept coming, in broad daylight, while the alarm was going. They knew that there had to be a time lag of a few minutes before help arrived – enough time to dash off with the television and video recorder. In fact, the front-door assailant was caught and taken off to the cells.

Recently I telephoned to ask the magistrate when I would be called as a witness. She told me she had let him off for lack of evidence. She said that banging on my door was not an offence, and how could I prove that his intent was hostile?

I have been careless in the past – razor wire and electric gates give one a feeling of security. Or at least, they did. But I am careless no longer. No fence – be it electric or not – no wall, no razor wire is really a deterrent to the determined intruder. Now my alarm is on all the time and my panic button hung round my neck. While some people say I have been unlucky, others say: "You are lucky not to have been raped or murdered." What kind of a society is this where one is considered "lucky" not to have been raped or murdered – yet?

A character in Cry, The Beloved Country says: "I have one great fear in my heart, that one day when they are turned to loving they will find we are turned to hating." And so it has come to pass. There is now more racial tension in this country than I have ever known.

But it is not just about black-on-white crime. It is about general lawlessness. Black people suffer more than the whites. They do not have access to private security firms, and there are no police stations near them in the townships and rural areas. They are the victims of most of the hijackings, rapes and murders. They cannot run away like the whites, who are streaming out of this country in their thousands.

President Mandela has referred to us who leave as "cowards" and says the country can do without us. So be it. But it takes a great deal of courage to uproot and start again. We are leaving because crime is rampaging through the land. The evils that beset this country now are blamed on the legacy of apartheid. One of the worst legacies of that time is that of the Bantu Education Act, which deliberately gave black people an inferior education.

The situation is exacerbated by the fact that criminals know that their chances of being caught are negligible; and if they are caught they will be free almost at once. So what is the answer? The government needs to get its priorities right. We need a powerful, well-trained and well-equipped police force.

Recently there was a robbery at a shopping centre in the afternoon. A call to the police station elicited the reply: "We have no transport." "Just walk then," said the caller; the police station is about a two-minute sprint from the shop in question. "We have no transport," came the reply again. Nobody arrived.

There is a quote from my husband’s book: "Cry, the beloved country, for the unborn child that is the inheritor of our fear. Let him not love the earth too deeply. Let him not laugh too gladly when the water runs through his fingers, nor stand too silent when the setting sun makes red the veld with fire. Let him not be too moved when the birds of his land are singing, nor give too much of his heart to a mountain or a valley. For fear will rob him of all if he gives too much."
What has changed in half a century? A lot of people who were convinced that everything would be all right are disillusioned, though they don’t want to admit it.

The government has many excellent schemes for improving the lot of the black man, who has been disadvantaged for so long. A great deal of money is spent in this direction. However, nothing can succeed while people live in such fear. Last week, about 10km from my home, an old couple were taken out and murdered in the garden. The wife had only one leg and was in a wheelchair. Yet they were stabbed and strangled – for very little money. They were the second old couple to be killed last week. It goes on and on, all the time; we have become a killing society.

As I prepare to return to England, a young man asked me the other day, in all innocence, if things were more peaceful there. "You see," he said, "I know of no other way of life than this. I cannot imagine anything different." What a tragic statement on the beloved country today. "Because the white man has power, we too want power," says Msimangu.
"But when a black man gets power, when he gets money, he is a great man if he is not corrupted. I have seen it often. He seeks power and money to put right what is wrong, and when he gets them, why, he enjoys the power and the money.

Now he can gratify his lusts, now he can arrange ways to get white man’s liquor. I see only one hope for our country, and that is when white men and black men, desiring neither power nor money, but desiring only the good of their country, come together to work for it.

 

 

 

печи для дачилобановский александр отзывы

Welkome terugslag vir hoof-Tshwene

Image

Hoofman “Tshwene”

Welgedaan aan die VF+ en Afriforum wat daarin geslaag het om die Afro-fasciste van die Pretoriase stadsraad tydelik te stuit om Pretoria se naamborde te vervang met naamborde wat na ’n imaginêre stamhoof, ene Tshwane – iemand wat nooit bestaan het nie – verwys. Min Afrikaners is egter so naïef om ons te verbeel dat hierdie oorwinning enigsins meer is as ’n tydelike uitstel van die onvermydelike.

Te oordeel aan die uitsprake van die persoon in beheer van die stadsraad, burgemeesteres (of is dit hoof-Tshwene?) Gwen Ramokgopa, gáán die ANC egter sy kultuurmoord op Afrikaners pleeg, bloot omdat hy kan. Pretoria gaan uiteindelik Tshwane word. So ook gaan Louis Trichardt en Potchefstroom se name verander. Wat staan ons te doen, gegewe bogenoemde realiteite?

Die Amerikaanse wetenskaplike, Carl Sagan, het ’n stuk geskryf oor menslike gedrag en verhoudings met andere. Hoe behoort ons teenoor ander op te tree, het Sagan gevra. Sagan identifiseer ’n paar verskillende benaderings tot interpersoonlike verhoudings. Een is die goue reël, wat ook in die Bybelboek Mattheus opgeneem is: “doen aan andere soos jy aan jouself gedoen wil hê”.

’n Volgende een is die silwer reël: “moenie aan andere doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.” Gandhi was ’n voorbeeld van iemand wat hierdie benadering gevolg het. Hy het sy volgelinge aangemoedig om nie geweld te gebruik nie, maar hulle terselfdertyd ook aangemoedig om nie aan die owerhede gehoor te gee nie.

Die brons reël sê: "beloon barmhartigheid met barmhartigheid, maar kwaad met geregtigheid." Dit kan gesien word as die goue reël gekombineer met “’n oog vir ’n oog”. As iemand jou ’n guns doen, beloon hom ook met ’n guns. As iemand jou benadeel, benadeel hom ook of straf sy optrede. Ons is nie onvergewensgesind nie, maar daar kan nie net oor ons geloop word nie, met ander woorde.

Die ysterreël is: doen met andere net wat jy wil, omdat jy kan, en alvorens hulle dit aan jou doen. Dit kan ook geformuleer word as: die een wat die mag het, maak die reëls en te duiwel met die ander.

Nes hul ideologiese voorgangers soos Marx, Lenin en veral Stalin, val die ANC-regime duidelik in laasgenoemde kamp. In die ANC se werklikheidsmodel is daar slegs die wil van die etniese swart massa, en natuurlik word daardie wil uitsluitlik deur die ANC geïnterpreteer en afgedwing (niemand is verras dat die ANC hom die alleenreg hierop toegeëien het nie). Omdat die ANC deur middel van die manipulasie van stedelike grense op ’n rassegrondslag politieke mag in Pretoria gekaap het, voel hy dat hy uit hoofde van die etniese diktatorskap van die massas, die reg het om van Pretoria Tshwane te maak.

Hoe behoort die meerderheid blankes wat die naamverandering teenstaan, te reageer op die ANC se ystervuis? Na Sagan se mening werk die goue reël slegs in ’n geïdealiseerde samelewing waar almal in volmaakte vrede saamleef. Dit werk met ander woorde nie in die praktyk nie, omdat menslike samelewings onvolmaak is. Die goue reël sou van Afrikaners verwag om bloot die ander wang te draai oor Pretoria, Potchefstroom en Louis Trichardt, iets wat ek persoonlik nie bereid is om te doen nie.

Gandhi se silwer benadering het ook geblyk om totaal oneffektief te wees teen die ANC, want Afrikaners het uit hoofde van hul ordentlikheid al baie probeer om in dialoog met die ANC te tree. Carl Sagan skryf dat Gandhi se benadering daarop gerig was om die harte van sy onderdrukkers week te maak. Die geskiedenis het egter geleer dat die ANC bloot ordentlikheid, onderhandelinge, redelikheid en oop gesprekvoering soos in Potchefstroom se geval vir swakheid aansien, en dan in ieder geval maak presies net soos hy wil. Selfs ’n oorwinning in ’n hofgeding gaan die ystervuis van die ANC slegs tydelik stuit.

Omdat politiek en mag in Suid-Afrika bykans uitsluitlik op ’n rasgrondslag bedryf en misbruik word, is die ysterreël as gevolg van die getalleoorwig nie vir Afrikaners beskore nie. Al wat dus oorbly, is die brons reël. Die ANC se naamsverandering van Pretoria is iets wat ontwerp is om blankes te na te kom, om hul geskiedenis te ontken en om sy mag op blankes af te dwing. Dit kom neer op naakte magsmisbruik gemik teen ’n ras- of etniese minderheid. Daar is ’n sterk saak daarvoor te maak dat blankes dus mag reageer op hierdie aanval, al is sulke optrede streng gesproke onwettig.

Wanneer die regime egter sy mag en die wet gebruik, veral op ’n rassistiese wyse, het hy en nie Afrikaners nie die deur oopgemaak vir vergeldende optrede. Die brons reël tree dan in werking. Sou die regime dus uiteindelik Tshwane se walglike bobbejaannaam op padtekens aanbring, sou Afrikaners heeltemal geregverdig wees om Pretoria se naam terug te plaas op padtekens met behulp van byvoorbeeld plakkers of verf. Ander verset is ook moontlik, byvoorbeeld vir Afrikaners om hul munisipale belasting te weerhou, of doelbewus laat te betaal. ’n Oog vir ’n oog, met ander woorde. Sou die regime dan sy les leer en sy posisie heroorweeg, kan Afrikaners hul optrede dan tydelik opskort.

Laat die verset begin.

воронеж тестерылобановский харьков класс

Ter nagedagtenis aan die NP

ImageDit is moeilik om vandag te verstaan hoe sentraal, hoe effektief, en hoe lank, die Nasionale Party politiek in Suid Afrika oorheers het.  Net so moeilik is dit om mense te kry wat vandag sou erken dat hulle vir die party gestem het, of wie vir die party gewerk het, of wat finansiele steun gegee het.

Dit is egter maklik om oordrewe standpunte oor die party in die pers te lees.‘n Bekende rubriekskrywer skryf onlangs in Beeld oor ‘n vorige leier van die Nasionale Party soos volg: “Die feit is dat Mugabe bloot ’n onaangename diktator is. Net soos Mussolini, P.W. Botha, Pol Pot, Augusto Pinochet en Sani Abacha was.”  Hoe Botha in dieselfde lysie tussen Pol Pot en Mussolini beland sal net Beeld se redaksie weet, hulle gee immers duime kolomspasie aan kommentators van die soort kaliber en ondersteun derhalwe die standpunt.

Ten spyte hiervan, was die Nasionale Party, soos Inus Aucamp en Johan Swanepoel in hulle boek "Einde van ‘n Groot Party" opmerk, ‘n party wat oorweldigend uit eerbare mense bestaan het.  Mense wat met eerlike bedoelings, opregte motiewe, en met dekades se harde werk, onvergoed gewerk het om armoedige toestande onder Afrikaners te verlig, om Afrikaans te bevorder, en om Afrikaners hulle selfrespek terug te gee na die verskrikking van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902.

Wat het dan verkeerd gegaan?  Hoe kon die politieke party, met sy primêre missie as die opheffing van Afrikaners (‘n eerbare doel), so mistas en tekens van die tye so verkeerd lees? Soveel so dat die Party nie net op die kantlyn gerangeer is deur sy eie ondersteuners nie,  maar dat dit selfs deur sy eie verkose lede die doodskoot toegedien is?  En om vandag steeds die teiken te wees van ‘n re-evaluasie en herskrywing van geskiedenis met die doel om die party soortgelyk aan Mussolini se Fascisme te stel, en sy leiers, Verwoerd of Botha, gelyk aan Mussolini of Pol Pot?

Die oorsprong van die Nasionale Party kom vanuit die eerste dekades na die Anglo-Boereoorlog.  ‘n Verarmde, verslane en magtelose Boer het die party as ‘n meganisme gesien om dit te herstel wat in die oorlog verlore gegaan het. Afrikaners, veral Boere, was in die eerste dekades van die twintigste eeu net ‘n skadu van wat hulle in die Boererepublieke was.  Die republieke is tot voortreflike instellings opgebou oor drie geslagte, maar word met die ontdekking van goud en gevolglike migrasie die teiken van Britse Imperialiste. Die Britte vernietig die state in die Anglo-Boereoorlog wat ‘n generasie Boere van al hulle bates, families en kinders sou ontneem, en wat hulle verarm en eensaam, en sonder bates soos skole, banke, en besighede sou laat.  Die Boer in die 1902-1920 was ‘n brandarm en verwese mens in ‘n verskroeide landskap, sonder die simpatie van Europeërs of ander inwoners van die destydse Britse Empaaier.

Uit hierdie omstandighede moet die Nasionale Party se ontstaan as ‘n party wat Afrikanerbelange eerste stel verstaan word.  Dit is weliswaar die geval dat Boere en Afrikanerleiers (Louis Botha en Jan Smuts) leidende rolle in Unie van Suid Afrika gespeel het, en dat staatsbates wel deur hulle aangewend is om Afrikaners in die Unie ‘n helpende hand te gee – daarom het baie Afrikaners Smuts en Botha as helde gesien en hulle ondersteuning vir Smuts en Botha se visie van ‘n Verenigde Suid Afrika in die Britse Statebond was diep-gesetel selfs in die Vrystaat en die Transvaal, ten spyte van voortdurende bitterhede oor die oorlog.

Die Nasionaliste het egter ‘n ander visie gehad, wat verder as net Smuts en Botha se versoening gestrek het.  Nasionaliste wou nie net aan Afrikaners hulle eer teruggee nie, maar wou ook vir selfbeskikking vir die Afrikaner stry, in sy eie land, asof ‘n Boererepubliek weer die lig sou kon sien.  Die nasionalistiese impuls onder Afrikaners het reeds vroeg in die twintigste eeu uiting gekry in die totstandkoming van Afrikaanse instellings soos Helpmekaar, en het later beslag gekry in Afrikaansmediumuniversiteite (byvoorbeeld Potchefstroom) asook besighede soos Volkskas (wat gebou is met die pennies wat brandarm kaalvoet Afrikanerkinders gebring het om te spaar).  Dit is onder dié omstandighede dat Afrikaners kollektief besluit het om hulle taal en kultuur self te bevorder, dat dit edel is om mekaar te help, en dat samehorigheid resultate lewer. Hierdie impulse het ‘n plek gevind in die Nasionale Party, en in organisasies soos die Broederbond (deesdae die Afrikanerbond), wat nog altyd en nog steeds, vol eerbare mense is wat hulle beste probeer in moeilike omstandighede.  Met die oorwinning van die party in 1948, begin die party sy beleid formuleer rondom sy basiese missie.  Afrikaans word in die staatsdiens ingevoer, afsonderlike onwikkeling om Afrikaners self-beskikking in hulle eie gebiede te gee word ingestel, met die vooruitsig dat self-regerende swart state onafhanklikheid gaan kry.

Die beleid staan later bekend as apartheid.  Die gevolglike geskiedenis is goed bekend, en duur tot ongeveer 1990, toe die Nasionale Party erken dat dit onuitvoerbaar is, en dat ‘n nuwe weg gebaan moet word om Suid Afrika konstitusioneel te orden.  Gedurende die periode groei die ANC tot ‘n sterk swart nasionalistiese organisasie, word Nelson Mandela in die tronk gegooi, en vind die skietery by Sharpville en die Soweto-onluste plaas. Uiteindelik breek algemene onluste uit in die laat 1970s en dit duur onverpoos voort tot met kapitulasie in 1994.

En aan die begin van die een-en-twintigste eeu val die Nasionale Party uiteen na ‘n dekade van katastrofes vir die party.  Hoekom het die party so snel ondergegaan?  Hoekom het die idee dat Afrikaners mekaar help, ‘n basiese beginsel onderliggend aan die party se missie, so skielik en heeltemal onaanvaarbaar onder so baie Afrikaners geword?  Waarom het die Nasionale Party sy basiese missie so heeltemal en so vinnig versaak? Hoekom het die idee om Afrikaners te verteenwoordig of kollektief te help, skandalig geword, soos telkens geïmpliseer in rubrieke wat Afrikaanse koerante plaas, en dus aangemoedig?

Dat die Nasionale Party reeds vroeg na 1994 sy missie verander het, is bekend. In 1996 verklaar die party dat dit sy missie is om onder meer “’n gematigde, nie-rassige federale party” te wees wat hulle magsbasis onder “alle Suid-Afrikaners drasties” wil uitbrei.  Mens kan nie veel hiermee verkeerd vind nie, maar dit is tog intessant om op te merk hoe die party sy Afrikanerondersteuners feitlik reeds toe die rug gekeer het.  In ‘n onderhoud in 1996 verklaar ‘n bekende figuur in die party dat “As ons wil uitreik na swart ondersteuners, sal ons noodwendig hulle belange voorop moet stel”, soos gedokumenteer in Aucamp en Swanepoel se boek.  Met ander woorde, van die oorspronklike idee om Afrikaners te bemagtig het daar dadels gekom.  Die ANC, en die NP, gaan swart mense se belange vooropstel.  En miskien as gevolg van die nuwe missie, het die NP se ondersteuners, ontnugterd, die party begin verlaat om by die DA en die Vryheidsfront aan te sluit, om eerder aktief teen die ANC weerstand te bied.

Intussen het die Volkstaatraad hulle werksaamhede voortgesit, maar het skynbaar geen ondersteuning uit die Nasionale Party ontvang nie.  Die verslag van die raad, wat veronderstel was om megamismes vir self-beskikking aan die Nasionale Party se historiese ondersteuners voor te stel is deur Nelson Mandela geïgnoreer, terwyl die Nasionale Party skynbaar ongesteurd voortgegaan het om maniere te vind om ondersteuning onder enige ander groep behalwe Afrikaners te werf, en later, as die Nuwe Nasionale Party, in die bed saam met die ANC te klim.  ‘n Meer eerlose kapitulasie en versaking van die Nasionale Party se basiese missie kan moeilik voorgestel word.

Terwyl die finale woorde nog nie deur historici hieroor geskryf is nie, is dit ooglopend dat die Nasionale Party se ondersteuning onder wit Afrikaners begin afneem het toe die party weggeloop het van sy oorspronklike missie. Dit het die rede vir die Party se bestaan onder verdenking geplaas, en Nasionale Party ondersteuners wat eerstens teen die ANC gekant was, het oorgeloop DA toe, terwyl ondersteuners wat ‘n Afrikaner Party as noodsaaklik beskou om hulle belange te beskerm, oorgeloop het na die Vryheidsfront.

Wie van die twee groepe op die langer duur bevredig gaan word deur hulle keuse, sal die toekoms nog leer.

пародонтит лечение стоимостьАлександр Фильчаков

Die Pers Gevaar

ImageEk weet hierdie onderwerp is seker om omstrede te wees. Laat ek dit dus van die begin af duidelik maak dat hierdie nie ‘n aanval op enige iemand se geloofsoortuigings is nie. Dit is eerder ‘n poging om sin te probeer maak van ‘n historiese verskynsel wat steeds telkens kop uitsteek, naamlik die uiterste vyandigheid van Engelse (en spesifiek Anglikaanse) Christene teenoor Boere en Afrikaners.

Dan Roodt het in ‘n vorige rubriek die punt geopper dat tragedies wat in die verlede oor die Afrikaner of Boer gekom het, dikwels die smerige vingerafdrukke van Engelse sendelinge gedra het. Daar was byvoorbeeld dikwels agterdog onder die Voortrekkers dat sendelinge die swart volkere doelbewus teen die Boere opgesweep het. Die sendeling aan die kraal van Dingaan het glo voorafkennis gehad oor die moord op Piet Retief, maar nagelaat om Retief te waarsku.

Image

Groter gevaar as Karl Marx?

My aandag is ook opnuut gevestig op die verdagte motiewe van Engelse Christene deur ‘n berig op die Praagwerf wat melding maak van ‘n hedendaagse Engelse Christen, Colin Dredge, wat hom beywer vir die behoud van plakkershutte tussen die woonhuise van ‘n woongebied in Pretoria-Oos. Hy tree dus lynreg teen die belange van die grootliks-Afrikaanse inwoners van die gebied op, en gebruik sy Engelse Christenskap as ‘n dekmantel daarvoor, soos soveel keer in die geskiedenis gebeur het.

Onder die vorige bedeling is blankes dikwels attent gemaak op die bedreiging wat kommunisme sou inhou, die Rooi Gevaar. Omdat die Nasionale Party, waarskynlik ter wille van versoening tussen blankes, nie spanning tussen Afrikaner en Engelsman wou aanwakker nie, was die kwaadaardige invloed van die Engelse kerke, en veral die Anglikaanse kerk, egter dikwels verswyg. Die ironie is egter dat die Engelse kerk reeds vóór Das Kapital ‘n soort rewolusionêre, sosialistiese boodskap gepredik het aan die inheemse bevolkings van Afrika, en hulle aangemoedig het om te rebelleer teen die “onderdrukker”. Die onderdrukker was sonder uitsondering nie die Engelse self nie, maar die Hollanders, Boere, Afrikaners of enige iemand wat Britse imperialisme teengestaan het. Rewolusie en rebellie is uiteraard geen vreemde konsep vir die Anglikaanse kerk nie, gegewe dat Hendrik die Agtste die kerk juis gestig het in rebellie teen die Pous nádat laasgenoemde nie ‘n egskeiding aan die koning wou toestaan nie.

Marx het met voortgesette ironie Das Kapital in Londen geskryf, dieselfde stad waaruit sendelinge na Afrika afgevaardig is om ‘n baie soortgelyke boodskap as Marx s’n aan die swart bevolking oor te dra. Vir Marx was daar ‘n klassestryd teen die kapitalistiese klas, waaruit die gepeupel as oorwinnaar sou herrys. Vir die Anglikane was daar ‘n soortgelyke stryd, met swartes as die gepeupel en Afrikaners of Boere as die surrogate vir kapitaliste wat omvergewerp moes word. Die Engelse sendeling het egter ‘n verskuilde motief gehad. Sy ware doel was die bevordering van Engeland se imperialistiese ambisies en later, toe die empaaier vernietig is, ‘n veldtog teen die Engelse se historiese vyande. Die swart gepeupel was slegs huursoldate in hierdie veldtog. Was ons almal wat onder die vorige bedeling grootgeword het, verkeerdelik met Marx en Lenin bang gemaak, terwyl die ware vyand in werklikheid die pers of wit kleed van ‘n Anglikaanse priester gedra het?

Die Engelse sendeling se wapen in die negentiende en twintigste eeue was die mobilisering en radikalisering van die swart massa teen die “verdrukker”. Vergelyk dit met die taktieke suksesvol in Viëtnam en Owamboland deur Marxistiese insurgente toegepas. Die Ooskaap was veral ‘n vrugbare teelaarde vir swart radikalisme, tot ‘n groot mate geïnspireer en aangeblaas deur Engelse sendelinge. Sendingstasies soos Lovedale was instrumenteel daarin om swartes se koppe te draai in die rigting van anti-Afrikaner radikalisme. Wie het hieragter gesit, wie het Lovedale gestig en wie was Lovedale se personeel? Die Engelse sendeling, natuurlik. Die Ooskaap was relatief naby aan die Kaapkolonie, bevolk deur maklik-beïnvloedbare primitiewes, en dus ‘n vrugbare teelaarde vir die kankeragtige invloed van Engelse sendelinge. Tot baie onlangs was die radikale invloed van Engelse sendingwerk in die Ooskaap nog duidelik. Vóór 1990 was die Universiteit van Fort Hare byvoorbeeld ‘n nes van ANC-agitasie.

Laat ons eerlik wees: die Xhosas is nie ‘n stam wat bekend is vir sy denkvermoë of leierseienskappe nie. Vandag is die Ooskaap een van die armste en mees chaotiese provinsies in die land, as gevolg van Xhosas se volslae onvermoë om hul eie streek te bestuur. In die negentiende eeu het Xhosas ‘n soort volksselfmoord gepleeg nádat ‘n profetes aanbeveel het dat hulle al hul beeste moes slag. Die meeste van die ANC regime se leierskorps is Xhosas. Sou die Xhosas vandag op eie stoom in hul dominante posisie gewees het, sonder die kwaadwillige invloed van die Engelse sendeling? Ek twyfel baie sterk.

Nog ‘n Britse kolonie, die provinsie van Natal, was ook erg geradikaliseer deur die invloed van Engelse Christene. Biskop Colenso het dit reeds in die 1850’s gestel dat Christenskap slegs geldig sou wees as dit die Zoeloes se kultuur kon beskerm teen die “bose” invloede van Westerlinge. (Vervang gerus “Boere” vir “Westerlinge” in bostaande sin.) Hy was ‘n pionier in die bevrydingsteologie. Colenso het uiteindelik ‘n soort sinkretisme voorgestaan, waarvolgens die Christenskap teen wil en dank gekombineer moes word met stamgelowe en voorvaderaanbidding. So radikaal het Colenso se sinkretisme uiteindelik geword dat hy sy Zoeloe volgelinge nie wou toelaat om Christus as deel van die Drie-eenheid te aanbid nie.

Ook in die twintigste eeu, veral nadat die Afrikaner mag oorgeneem het in Suid-Afrika, was die Engelse Christene weer voor in die koor van onrusstokers en agitators teen Afrikaners. In die 1950’s het die pedofiel-priester, Trevor Huddleston, sy uitheemse mengsel van goedkoop Engelse sosialisme vir die massas gemeng met irrasionele Afrikanerhaat in die strate van Johannesburg kom verkondig, alles natuurlik toegewikkel in twyfelagtige teologie. Hy het deelgeneem aan rasse-onluste in onder andere Sophiatown en was betrokke by die Sharpeville-skietery.

Huddleston se ideologiese erfgenaam was aartsbiskop Desmond Tutu van die Anglikaanse kerk, ‘n voorbok in die veldtog om Suid-Afrika onregeerbaar te maak. Tutu het eerstens lyding onder sy mede-swartes veroorsaak deur te agiteer vir sanksies, maar later hoogheilig in oordeel teen Afrikaners gesit by die Waarheids- en Versoeningskommissie. Dít terwyl die lieflinge van die Engelse Christenskap, die ANC se lafhartige terreursaaiers en hul marionetmeesters, grootliks skotvry daarvan afgekom het. Een van die ander voorbokke in dieselfde heksejag op Afrikaners was die Metodis Dr Charles Villa-Vicencio, ook ‘n Engelssprekende teoloog. Hy het onlangs baie te sê gehad oor hoe ligtelik Vlok van sy misdaad sou afgekom het.

Die Engelse Christenskap kan beskou word as een van die mees suksesvolle sosialistiese en rewolusionêre bewegings in die onlangse geskiedenis. Dit het nie net vóór Marx reeds ‘n soort sosialisme en bevrydingsteologie begin predik nie, maar ook die val van die kommunisme oorleef. Vandag sterf die Anglikaanse kerk egter in Engeland. Al hoe minder mense gaan kerk toe in Engeland. Kerkgeboue in Engeland word in woonhuise of kantoorblokke omskep. Die Anglikaanse kerk se groot groei en mees dinamiese gemeentes is egter vandag in Afrika, en in daardie opsig het die agitators van die agttiende en negentiende eeue goeie toekomsvisie getoon. Miljoene Nigeriërs is vandag Anglikane. Die volgende aartsbiskop van Canterbury kan heel moontlik ‘n swart Afrikaan wees, ene John Tucker Mugabi(!) Sentamu, die huidige aartsbiskop van York.

Waar die Marxisme misluk het – daar is buiten Suid-Afrika nie veel openlik-kommunistiese lande oor op die kontinent nie – het die Anglikaanse kerk groot sukses in Afrika behaal, ook ten koste van sy ou vyand, die Afrikaner.

 

 

treasures of egyptдепутат лобановский

Ekonomie: wanneer bars die transformasiebel?

ImageSo pas het die hoof van die Switserse reserwebank, Jean-Pierre Roth, die huidige krisis in die Amerikaanse kredietmark as “ongelooflik” bestempel. Volgens hom is die huidige dalings op aandelebeurse “nog lank nie die einde van die verhaal nie. Daar is vraagtekens rondom die ontwikkeling van die Amerikaanse ekonomie. Iets ongeloofliks het gebeur. Mense wat nóg oor ‘n inkomste nóg oor kapitaal beskik, het krediet onder baie gunstige voorwaardes ontvang. Nou slaan die werklikheid terug.”

Mense sonder kapitaal of ‘n inkomste wat krediet ontvang… Klink dit dalk bekend? Feit is dat die Suid-Afrikaanse ekonomie oor die afgelope jare ‘n veel meer onwaarskynlike opbloei as dié van die VSA beleef het.

Kom ons dink vir ‘n oomblik logies oor wat met die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang is. Vanweë regstellende aksie, transformasie, geweld en alles wat daarmee saamhang, verloor ons ons beste mense na Australië en ander lande. Hulle beskik oor opleiding en kapitaal en kan vir hulself in Suid-Afrika ‘n inkomste genereer. Nietemin word hulle deur owerheidsbeleid en swak regering landuit gedryf.

Terselfdertyd word mense sonder kapitaal en sonder kundigheid in die banke, groot maatskappye, universiteite, staatsdiens en elders aangestel teen aansienlike salarisse. Hulle ontvang dan krediet van die banke, gaan koop huise, motors, televisiestelle, klere en alles wat hul hart  begeer, wat weer vraag in die ekonomie skep. Oral word winkelsentrums gebou waar ons Sjinese goedere op skuld aan die sogenaamde “swart diamante” waarvan die advertensiemaatskappye praat, verkoop.

Die laaste maatskappy wat nog klerasie in Suid-Afrika vervaardig het, was Rex Trueform. Hulle kon egter nie met die goedkoper invoere vanuit die Ooste meeding nie en moes hul deure sluit. Suid-Afrika kan nie eens meer in die plaaslike vraag na sement, melk en ander voedselsoorte voorsien nie. Die produksiekant van die ekonomie verkeer op ‘n laagtepunt en verbruik op ‘n hoogtepunt.

Nou onlangs het ‘n takbestuurder van ABSA wat liefs anoniem wou bly, laat val dat sy bank huislenings van tot R700 000 aan kopers van HOP-huise verskaf. So ‘n HOP-huis is gewoonlik 50 vierkante meter groot en kos tot R500 000. Die bank leen dan nog R200 000 by – sonder enige deposito – vir ‘n motorhuis wat nog gebou moet word. In baie gevalle word die motorhuis nooit gebou nie en die R200 000 word op ‘n nuwe motor of ander verbruikersgoedere bestee. Sal die trotse eienaar van ‘n HOP-huis ooit daardie skuld kan terugbetaal binne ‘n stygende rentekoersomgewing? Indien die bank op die eiendom beslag lê, sal hy kwalik ‘n derde van die skuldlas kan delg indien die huis op ‘n veiling beland. Immers het die huis R14 000 per vierkante meter gekos, dieselfde prys as ‘n luuksewoonstel in Londen, Parys of Genève. Blykbaar bestaan daar reeds 20 000 sulke teruggeneemde huise op die banke se boeke.

Maar ons word vertel Trevor Manuel is die mees suksesvolle finansminister in die geskiedenis en Tito Mboweni spog soms dat die res van die wêreld se sentrale bankiers by hom lesse kan neem.

Die grootste seepbel van almal is egter die sogenaamde swartbemagtigingstransaksies self. Weereens word astronomiese somme geld deur die banke aan mense sonder kapitaal of inkomste geleen. Hulle is gewoonlik politici met ANC-bande, vakbondleiers en dergelike meer. Met hierdie geld word aandele aangekoop, gewoonlik teen ‘n afslag op die markprys. Nadat die banke vir hulself aansienlike somme geld in die vorm van kommissies, “struktureringsfooie”, asook “raad en advies”, afgeskep het, sit die pasryk ANC-helde nou met miljoene rande se aandele in ons groot maatskappye.

Solank as wat die aandelebeurs styg, is dit ‘n sogenaamde wen-wen scenario. Die banke het klaar gewen in die vorm van hul kommissies en sekerlik kan bankamptenare hulself groot bonusse vir hul moeite betaal om uit te werk dat 2 + 2 = 5 as dit by swartekonomiesebemagtiging kom. Die swart politici wat by dié transaksies baat, lag al die pad bank toe en word oornag miljoenêrs. Volgens die gangbare wysheid wat ons in die koerante lees en op TV hoor, skep dit “stabiliteit”. Regdeur Afrika is daar ‘n klas van vraatsugtige politici wat bereid is om te moor vir geld en die staatskaste en hulpbronne van hul lande plunder, wat dikwels op burgeroorloë uitloop, maar hier by ons gaan die skep van ‘n superryk swart burgery stabiliteit teweegbring. Of so word ons elke dag verseker deur “die mense wat weet”.

Solank as wat die aandelebeurs en eiendomsmark styg, is daar natuurlik niks wat hierdie kammarykdom wat so fluks uitgedeel word, bedreig nie. Diegene wat vyf jaar gelede aandele op skuld ontvang het, kan hulle vandag verkoop, die skuld teenoor die bank delg en die wins op nog swart afslaankap-Mercedesse en ingevoerde ontwerpersklere gaan uitgee.

Wat gebeur egter as die aandelebeurs en eiendomsmark daal? Dit verteenwoordig die nagmerrie-scenario waarvan u nie in Sake-Beeld of RSG se daaglikse beursverslag gaan hoor nie. In daardie geval gaan die banke nooit die geld wat hulle uitgeleen het, terugkry nie. Die aandele wat daarmee gekoop is in al die swartbemagtigingstransaksies gaan veel minder as die oorspronklike koopsomme plus rente werd wees en afhangend elke ooreenkoms, sal sulke aandele op die mark geplaas word om ten minste ‘n gedeelte van die uitstaande skuld te delg.

Die paniekverkope van aandele deur finansiële instellings wie se eie soliditeit deur die krisis bedreig gaan word, sal natuurlik die JSE nog verder na benede druk. Die kunsmatige likiditeit wat die petrol was vir die huidige opbloei in verbruik, sal net so vinnig omkeer en Suid-Afrika sal weer soos elke ander land ter wêreld die basiese wette van ekonomie moet leer wat bepaal dat geen toename in rykdom sonder ‘n verbetering in produktiwiteit moontlik is nie.

Hoe kan ons produktiwiteit verbeter as ons besig is om al hoe meer goedere van Sjina in te voer? Hoe kan ons produktiwiteit toeneem indien ons kundiges in die vorm van ingenieurs, rekenkundiges, wetenskaplikes besig is om die land te verlaat? Dit is die eenvoudige vraag wat geeneen van die ekonome wat ons op TV sien, wil beantwoord nie. Natuurlik was daar die styging in grondstofpryse wat die mynbousektor bevoordeel het, maar danksy rassistiese regeringsbeleid wat nuwe mynlisensies slegs aan swartes beskikbaar stel, word daar weinig, indien enige, nuwe myne ontwikkel.

Blykbaar word HOP-huise so swak gebou dat hulle na ’n jaar uitmekaar begin val. Dan sit ABSA met gekraakte bakstene wat nie ’n tiende van die R500 000 werd is wat daarvoor betaal is nie. Slegs die buitemure van die HOP-huis kry ’n fondament en die binnemure word sommer op ’n sementvloer gebou.

Die dag as die JSE suidwaarts begin neig, gaan ons agterkom dat hierdie ekonomie met sy wonderbaarlike toename in verbruik en al sy winkelsentrums wat tans soos paddastoele regoor die land verrys soos ’n HOP-huis op sand gebou is. Die stabiliteit wat met al hierdie vinnige geldmaakskemas vir swart politici gekoop moes word, gaan dan in onstabiliteit omskakel. Werkloosheid sal styg. Die laaste bietjie spaargeld wat nog deur die blanke bevolking opgebou is, gaan uitgewis word as die banke se kapitaal deur slegte skuld uitgewis word en hulle nie hul verpligtinge teenoor deposante kan nakom nie. Die res sal deur dalings in batewaardes (aandeel- en eiendomspryse) ingesluk word.

Hoe die huidige kredietprobleme in die Amerikaanse ekonomie gaan uitspeel, weet ons nie. Die invloed daarvan op ons aandelebeurs en eiendomsmark mag egter aansienlik wees. En as die transformasiebel eers geprik is, gaan hy bars. Dan sal ons uitvind hoeveel mooi plannetjies wat deur gierige bankiers met hul oog op hul volgende kommissies en bonusse, water hou en hoeveel nie.

Op ’n manier is die Afrikaner in sy huidige onvryheid afgekoop deur die idee van maklike geld wat op die JSE en in die eiendomsmark bekom kon word. Die dag as ons almal kaal anderkant uitgekom het, sal ons weer die waarde van vryheid en om jou eie ekonomiese beleid te mag bepaal, besef. Gegewe die huidige ontevredenheid onder Afrikaners oor transformasie, mag so ’n toekomstige finansiële krisis selfs aanleiding tot opstand gee.

 

светильники для подвесногоФильчаков прокурор харькова

Brittanje oorsaak van Zim-krisis

ImageThabo Mbeki het lank geswyg oor die ekonomiese en politieke krisis in Zimbabwe.  Dalk het hy so baie tyd nodig gehad net om agter die kap van die byl te kom…  En toe hy sy swye verbreek, toe praat hy sowaar op die man af, dalk onbewustelik, maar tog.  Dit is toe hy beweer dat die blaam vir die krisis in Zim vierkantig voor Brittanje se deur geplaas moet word.

Al wou die presidensie en die departement van buitelandse sake later nie die bestaan van die regeringsverslag erken nie, het hulle tog genoem dat Mbeki se verslag aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) dalk nie bekend gemaak sal word nie. Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, ontken toe ook dat Brittanje se betrokkenheid nie in die verslag genoem word nie, maar tog beweer die Guardian dat hy Mbeki se verslag aan die SAOG bekom het en dat Mbeki net soos Mugabe, die skuld vir die land se probleme plaas op “Westerse sanksies”.  Dus bestaan so ’n verslag, maar het Mbeki klaarblyklik intussen besef watter implikasies sy bewering teweeg gaan bring en betwis hy nou ook die bestaan van so ’n verslag deur middel van sy woordvoerder, Mukoni Ratshitanga. 

Dit is goed om die geheue weer te verfris oor wat Brittanje se betrokkenheid by die Zim-krisis is. Ons moet onthou dat die destydse Rhodesië, toe Ian Smith nog eerste minister vir die nagenoeg 200 000 blanke inwoners daar was, ekonomiese stabiliteit geniet het en polities vir niemand ’n bedreiging ingehou het nie.  Maar die internasionale aanslag om van die hele wêreld een multikulturele staat te maak, was ook vir Rhodesië te fel.  Die metode om Rhodesië tot ’n val te bring, was om soveel leuens as moontlik te versprei oor die “gevaar wat Rhodesië inhou vir wêreldvrede”. In ’n vergadering van die Verenigde Nasies in 1965, het slegs twee lande, Suid-Afrika en Portugal, die oproep om Ian Smith se regering omver te werp, teengestaan. 

Die sosialistiese Britse eerste minister, Harold Wilson, het alles in sy vermoë gedoen om Rhodesië se regering tot ’n val te bring terwyl hy openlik samewerking met die kommunistiese kriminele in die Kremlin bepleit het.  Al die groot internasionale nuusagentskappe sowel as die magtige internasionale finansiële instellings het hom ondersteun. Toe Wilson op die finansiële reserwes in Londen beslag lê en die bestuur afdank, het hy hulle vervang met bankiers wat bekend was vir hulle revolusionêre uitgangspunte.  Die nuwe Voorsitter,  ‘Sir’ Sydney Caine en die bankier SG Warburg, was twee van die lede van Wilson se nuwe bankierraad wat ’n prominente rol gespeel het om Rhodesië te help vernietig. 

As die Smith-regering kon standhou teen die kommunistiese aanslag, sou die ekonomiese voorspoed wat hulle beleef het van Rhodesië feitlik ’n onafhanklike en vry land gemaak het.  Die kommuniste, sosialiste en bankiers van die wêreld (mens kan hulle maar noem wat jy wil), het hierdie feit as ’n groot bedreiging gesien en dit moes ten alle koste verhoed word. Nie net het Wilson op Rhodesië se fondse in Londen beslag gelê nie, maar openlik verkondig dat hy sal voortgaan om ’n enorme finansiële oorlog te voer en selfs ’n militêre aanval teen die Smith-regering te loods wat die ekonomie en vervaardigingsektor daar totaal sou vernietig.  Daarby het Wilson ook ’n Afrikabuurland befonds deur onder andere ’n radiostasie daar op te rig waardeur hy die swartes kon aanhits tot opstand teen Rhodesië. As gevolg hiervan is daar skokkende misdade gepleeg onder die opgesweepte leierskap van Nkomo en Sithole met hulle ZANU- en PCC-bondgenote. Wilson se openlike aanmoediging aan die swart petrolbommakers het ook ’n groot bydrae gelewer tot die onmenslike moorde wat daar gepleeg is. 

Tog interessant dat menige besoekers aan Rhodesië getuig het dat die blankes onder die Smith-bewind rustige inwoners in ’n vooruitstrewende ekonomiese klimaat was wat valslik beskuldig is van “’n gevaar vir wêreldvrede”.  Selfs ’n lid van Wilson se eie party, mnr R.T. Paget, het nadat hy ’n week in Rhodesië was, gesê Wilson se bewerings is “unmitigated and absolute nonsense”. Nietemin het die internasionale breinspoeling teen Rhodesië volmaak geslaag. Harold Wilson se finale aanslag teen die Smith-regering was om binne ure nadat kommuniste soos Nkrumah tydens ’n konferensie in Lagos, Nigerië, geëis het “to restore constitutional goverment in Rhodesia!”,  dit deur te voer. 

Vandag getuig “Zimbabwe” van die sukses van Brittanje se grootse poging om te keer dat Afrika onafhanklik en voorspoedig sou bly.  As NEPAD op 2 Augustus 2007 sy kommer uitspreek oor die “kritieke probleem in terme van produktiwiteit”, is dit duidelik dat die volle beginsel van kommunisme daar neerslag gevind het. Nie eers die honger swartes in Zimbabwe kan dit meer daar uithou onder die bewind van ’n versteurde leier nie en vlug in duisendtalle per dag na Suid-Afrika, presies wat die sosialistiese leiers in Brittanje voorsien het omdat dit Suid-Afrika self ook op sy knieë sou help bring. 

Geen verdere beraadslaging van die SAOG of enigiets wat Mbeki of Mugabe te sê het of doen, sal ’n verskil maak aan die toestand van onwettige immigrasie uit Zimbabwe nie. Daarom sal ons eens voorspoedige Suid-Afrika wat onder ’n swart ekstremistiese regime reeds ’n derdewêreldland geword het, meer en meer gebuk gaan onder die barbarisme van Afrika totdat hier ook geen voedsel, veiligheid of heenkome sal wees nie. 

Soos wat Mugabe in 1983 20 000 Ndebeles laat vermoor het om Joshua Nkomo se magsbasis te vernietig, so sal Suid-Afrikaners onder die ANC-regime bly uitgemoor word in ’n poging om van die hele Afrika weer ’n swart magsbasis te help maak. Tot die swart mense weet dit; daarom dat Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu in die afgelope maand prontuit dreig: “Suid-Afrika sal soos Zim lyk!”  Dit is nie ydele dreigemente nie; ons gaan nog baie stakings tegemoet wat sal meehelp om Suid-Afrika tot ’n Zimbabwe te transformeer.  En eers dan sal die radikales wêreldwyd tevrede wees en Brittanje sekerlik vereer word vir sy leidende aandeel in die verwoesting van die voormalige beskawing van Afrika.

купить демисезонную одежду для девочки недорогоОлександр Фільчаков прокурор