In 2010 gaan ons almal so véílig voel…

Geagte mnr. Sep Blatter,

Hiermee wil ek u net die versekering gee dat wanneer die 2010-sokkertoernooi plaasvind u geheel en al veilig sal wees, gegewe u hoë posisie in die sokkerwêreld en ook as vriend van regerings op die Afrikakontinent. Die blinkswart duur Duitse motors met koeëlvaste ruite en spesialiste in persoonlike beskerming wat u elke tree volg en bereid sou wees om die koeël te vat wat vir u bedoel kon gewees het. En dis waar dinge gaan ophou.

Indien u so gek sou wees om te glo dat die huidige regering die misdaadsyfers met 7% tot 10% per jaar kan laat afneem, het ek geen hoop vir u nie. Want net ʼn gek sien die feite en ignoreer dit dan so blatant.

Ek weet nie in watter fantasiewêreld polisiekommissaris Pruis bly nie, maar dit kan nie die Suid-Afrika wees waarin ek woon nie, want nie eers in sy drome gaan die misdaadsyfers krimp soos hy dit voorspel het nie. Of dalk is dit die enigste plek waar dit wel kan gebeur, en dan is dit tyd dat die man wakker word en die koffie ruik.    

Kan u my dalk net vertel hoekom u skielik beangs is omtrent die veiligheid van die besoekers wat die toernooi wil kom kyk, in plaas daarvan om u eerder te bekommer oor die inwoners van ʼn land wat reeds in vlamme opgaan? Dalk bang dat iemand gaan seerkry? Wel, nuusflits – iemand gaan seerkry – en as u so onnosel sou wees om te glo dat die derduisende mense wat beoog om die sokker te kom kyk almal ongedeerd daarvan gaan afkom, sit u die pot mis, geheel en al.

U sien, daar is net soveel polisiemanne en ook net soveel gepantserde blinkswart Mercedes-voertuie in die land, en dan is dit op. Ongelukkig kan daar nie derduisende polisiemanne aangestel word om elke besoeker op te pas nie; ons land het nie die vermoë nie. Vir u hogere groepie sal die beskerming daar wees, dis ongetwyfeld so.

Die res sal maar moet doen met die standaard wat die inwoner van die land mee tevrede moet wees en as dit nie goed genoeg is nie, wel, jammer, maar maak vrede daarmee, want dis hoe die saak staan. Misdaadvry? Ha!  

Dan het ek nog ʼn vraag. Watter soort nonsens is dit van die Duitsers en ander Europese nasies wat skielik beweer dat dit onveilig is om Suid-Afrika te besoek, en veral om die lokasies te vermy indien hulle wel hiernatoe sou kom? Besef julle nie dat die land se miljoene swartmense afhanklik is van die euro’s en ponde wat julle hier inbring nie? Hoe is julle harte dan nou? Watter soort rassiste is julle dat as dinge nie gaan soos julle daarvan hou nie, julle skielik beweer dat die land onveilig is, en as dit wel goed gaan, is julle die swart Afrikaan se beste vriend. Dit is mos eenvoudig gestel ʼn totaal onaanvaarbare tweegesigbenadering van julle rassiste. ʼn Huigelary in die ergste graad.

 

Ek kan wel verstaan dat sokker u lewe is, u verdien immers sakke vol geld daarmee, maar hoe kan u verwag dat die toernooi suksesvol gaan wees as u lande mense waarsku teen die gevare daarvan om sekere gebiede in te gaan? Dit is teenstrydig met wat u en ander partye normaalweg glo. Gewoonlik wil die besoekende Europeër ʼn wye draai gooi rondom Pretoria-oos of Bellville waar gevaarlike Afrikaners woon en eerder Alexandra, Soweto of die Joe Slovo-informele woongebied besoek om egte Suid-Afrikaanse kultuur en sedes te ervaar.

Indien Duitsland en Swede wat beide groot sokkerlande is so groot kan skrik vir die bietjie geweld wat hulle op die media sien, kan ek nie dink wat hulle reaksie gaan wees as die saak homself verder tydens die wêreldbekertoernooi uitwoed nie.

Om nie eers van die VSA te praat nie. Mens kan net wonder of die woord “barbaars” nie dalk êrens in hulle woordeskat sal opduik nie?

Om die Afrikane enigsins te kritiseer pas nie by die Westerse beleid van gee-gee-gee nie, en om nou skielik dit te verander omdat julle bang is, grens aan rassisme. Dis so eenvoudig as wat dinge is. Anders as in elektronika, waar “grys” logika ʼn plek het êrens tussen “aan” en “af”, bestaan die woord nie in politiek nie.     

Ek weet nie of u die nuus met toe oë gekyk het nie, maar dit is swart Afrikane wat die teiken van die xenofobiese geweld was, nie blankes nie. Dus het u niks om te vrees nie. Ons is darem nog nie Zimbabwe nie, al gaan die ligte soms af. Indien daar sokkergeesdriftiges is wat bietjie donkerder van velkleur is, sou ek wel versigtigheid aanraai.  

Ek het heerlik gelag toe ek lees van Pruis se opmerking dat die toernooi in ʼn partytjie-atmosfeer moet plaasvind. Ek kan hom die versekering gee dat dit wel sal gebeur, miskien nie soos hy dit in sy geestesoog voorstel nie, maar daar sal partytjies wees.

Dit sal geskied ten koste van die sokkertoeriste se sakke, dié wat op die harde manier sal uitvind hoe behendig die Afrikaan met ʼn mes en ʼn skietding kan wees!

Daar sal ongetwyfeld ʼn klompie wees wat sal sien hoe lyk die onveilige kant van die items, wat sal opkyk en in die swart loop van ʼn vuurwapen sal vaskyk. Sy maag gaan draaie maak en hy sal vrywillig verplig wees om al sy geld en goedere te skenk aan die mense wat dit so vriendelik van hom vra. Dit is Afrika en as julle die Afrika-ervaring ten volle wil beleef, is die wonder van regstellende inkopies deel van die ervaring. Die besoekers sal ongetwyfeld meer as een sokkerpartytjie finansier met die regstellende-inkopiemetode. Aanvaar dit nou en maak vrede daarmee.

U beter dié stukkie inligting solank versprei onder die voornemende sokkertoeriste. Dit sou hulle nie skade doen om ekstra versekering uit te neem voor hulle Suid-Afrika besoek nie, want hulle mag dit dalk nodig kry, lewensversekering hierby ingesluit. Want daar gaan ongetwyfeld rooftogte en aanvalle op van die besoekers wees. Die kanse dat daar van hulle mag sterf, is redelik goed as mens na die gemiddelde statistieke in ons land kyk. Die kans dat vroue verkrag kan word, is ook aansienlik, volgens dieselfde statistieke. Dink daaraan voor julle die perd opsaal en hiernatoe kom.

Dus, gesien in die lig van feite moet julle dus nou vinnig besluit of die toernooi steeds ʼn goeie ding gaan wees in Suid-Afrika. Ek het selfs al gewonder of Zimbabwe nie ʼn beter keuse sou wees vir die toernooi nie, want as die geweld in sy volle hitte hier uitbars, gaan daar nêrens oorbly om die wedstryde aan te bied nie; die bouery sukkel reeds met gereelde stakings en dergelike probleme. En om alles te kroon glo u elke versekering wat ons regering uit sy mou uit skud. Hoeveel leuens van dié spul gaan u nog glo, of is dit net solank dit u sak sou pas? Ek wonder hoe lank dinge gaan voortduur voor u oë sou oopgaan, voor die harde realiteit u tussen die oë tref?

Ek noem net al dié kwessies sodat u dit uit die perspektief van die gemiddelde mens in dié land kan sien, en ek wens u alle sterkte en voorspoed met die voorbereidings toe…

casino online gratisалександр лобановский харьков

Skipbreuk van ‘n ideologie

ImageDie uitbarsting van etniese geweld teen buitelanders is die belangrikste politieke gebeurtenis sedert 1994. Dit verteenwoordig niks minder as die skipbreuk van Panafrikanisme in Suid-Afrika nie.

Onlangs het hier op die Praagwerf ʼn artikel deur Johann Wingard verskyn waarin die paradoks van die ANC se “terugkeer na Afrika” onder die loep gegeem word. Alles wat nie van Afrika is nie, moet uitgewerp word. Dis die kreet van Mugabe, maar ook die onderliggende filosofie van Panafrikanisme.

Panafrikanisme predik swart eenheid, ongeag stam, taal of geloof. Die ANC, as een van die oudste swart-nasionalistiese bewegings op die kontinent, onderskryf reeds dekades lank Panfrikanisme. Alles wat ons sedert Mandela se triomfantelike, vuis-in-die-lug-vrylating uit die mond van die ANC gehoor het, was deelagtig aan Panafrikanisme.

Die gedagte dat almal suid van die Sahara broers in een groot familie is, onderlê ook die Afrika-unie en die Panafrikaanse parlement oftewel PAP.

Panafrikanisme verteenwoordig – soos kommunisme, Katolisisme, die Britse Ryk en Hollywood – ʼn universele ideologie. Wat die kommuniste in hul bloeityd tussen die Oktoberrevolusie en die ineenstorting van die Berlynmuur “internasionalisme” genoem het, wil die Panafrikaniste op een vasteland, dié van Afrika, toepas.

Omtrent die hele swart elite in Suid-Afrika is een en almal vurige voorstanders van Panafrikanisme. Vandaar die ANC se immigrasiebeleid wat sonder enige wetlike omhaal eintlik ons landsgrense afgeskaf het. Daar word televisieprogramme gemaak waarin aangetoon word met watter gemak ʼn Zimbabwiër of ʼn Mosambieker die grens byna na willekeur kan oorsteek; en niemand – veral nie die ANC-regering nie – doen enigiets om dié toestand te stuit nie.

ʼn Jaar of twee gelede het ʼn meningsopname onder swart Suid-Afrikaners bevind dat slegs 11% goeie gevoelens teenoor swartes van elders op die kontinent koester of meen dat hulle ʼn “ereskuld” teenoor hulle moes betaal as gevolg van hul rol in die sogenaamde stryd teen apartheid.

Asof dit nie genoeg was nie, het die gebeure van die afgelope twee weke die doodsklok vir Panafrikanisme in Suid-Afrika gelui. Plaaslike swartes het met wapengeweld gewys dat hulle hoegenaamd nie te vinde is vir die gedagte van ʼn “gedeelde Suid-Afrika” waartoe die 600 miljoen suid van die Sahara toegang behoort te hê nie.

Teenoor hierdie politieke werklikheid, die verwerping deur die plaaslike bevolking van universele Afrikaburgerskap of beweeglikheid oor landsgrense, het sowel die media as die regerende ANC gereageer met die moralistiese gedagte van “vreemdelingehaat”. Die werklikheid van enorme maatskaplike en politieke spanning wat deur ongebreidelde immigrasie geskep word, is gewoon geïgnoreer.

Die gevolg is dat ʼn gaping tans in die Suid-Afrikaanse politiek bestaan wat so groot is soos die spreekwoordelike waenhuisdeur. Die ANC se immigrasiebeleid, of liewer die laisser aller wat dit verteenwoordig, het die potensiaal van ʼn swaai na regs geskep.

Selfs die Vryheidsfront Plus, wat waarskynlik die enigste semi-regse party in die parlement verteenwoordig, sou die volgende verkiesing kon wen indien die party bereid was om die risiko van verwerping deur die media en die universalistiese hoofstroom te loop.

In die onlangse tyd het immigrasie en veral onwettige immigrasie die hooftema van die Wes-Europese politiek geword. Anti-immigrasiepolitiek het sulke figure soos Pim Fortuyn in Nederland, Nicolas Sarkozy in Frankryk en Silvio Berlusconi in Italië opgelewer. Laasgenoemde twee politici is tans die staatshoofde van hul onderskeie lande, terwyl die intellektuele en ideologiese invloed van Pim Fortuyn – in weerwil van die sluipmoord op hom – so te sê ʼn ideologiese revolusie ontketen het. Die eertyds linkse intellektueel en voormalige minister vir immigrasie en integrasie, Rita Verdonk, het die natuurlike erfgename van Fortuyn se idees oor Nederlandse eksklusiwiteit en nasionalisme geword en het na haar uitsetting as minister verlede jaar die nuwe party “Trots Nederland” gestig.

Suid-Afrika is geen gewone Afrikaland nie; vandaar die toepaslikheid van Europese modelle op ons binnelandse politiek. Selfs die armste swartman in Suid-Afrika is, gemeet aan sy eweknie elders op die vasteland, ʼn middelklasverbruiker wat vrees dat hy deur die “verworpenes van die aarde” (groete aan Frantz Fanon) oorkant die Limpopo verdring mag word.

Ek verstout my om te sê dat selfs ʼn blanke Afrikaner onder die huidige omstandighede tot die volgende president van Suid-Afrika verkies mag word, mits so ʼn persoon intelligent genoeg sou wees om die nuwe situasie korrek te lees en toepaslike strategieë te ontplooi soos om die immigrasiekwessie tot die hoofitem van die volgende verkiesingstryd te verhef.

Dit is dringend noodsaaklik dat Afrikaners en hul politieke leiers moet besin oor hoe die veldbrand wat op 11 Mei in Alexandra begin en die Panafrikanistiese kaartehuis deur die hele land tot as verbrand het, ʼn verandering in ons situasie teweeg kan bring. Die tyd is nou daar vir alliansies en verbeeldingryke politieke skuiwe. Die land kan nie meer op hierdie trant voortgaan nie, met ʼn kwynende Eskom, riool in die damme en riviere, asook ʼn politieke heersersklas wat soos Marie Antoinette van ouds eenvoudig horende doof bly vir die krete van die gepeupel daarbuite.

Die ANC het sy politiek op ras gebou en tot dusver het dit by die stembus alle verwagtinge oortref. Die nuwe, as’t ware seismiese breuk wat daar tussen binnelanders en buitelanders in Suid-Afrika ontstaan het, mag egter die Panafrikanistiese rassesolidariteit in die gedrang bring. Solank as wat ons onthou dat ons uiteindelike doelwit Afrikanerbevryding en –outonomie moet wees, kan dit interessant wees om te sien watter politieke munt daar uit die swart kieser se klinkklare verwerping van universele swartheid en Panafrikanisme geslaan kan word.

bug bad wolfАлександр Фильчаков прокурор

Terug na Afrika?

ImageVyf jaar gelede het PRAAG 'n belangwekkende rubriek deur Johann Wingard gepubliseer waarin die ANC-regering se "terugkeer na Afrika" as 'n paradoks beskryf word. Met die huidige etniese aanvalle op buitelanders en die skipbreuk van pan-Afrikanisme in Suid-Afrika, plaas ons dit weer.

Suid-Afrika se paradoksale begeerte om na Afrikanisme terug te keer bly ‘n enigma. Voor 1880 het Afrika nog soos die primitiewe wêreld gelyk wat voor die Middeleeue regoor die wêreld bestaan het voordat die nasiestaatgedagte posgevat het.

In die pre-nasiestaat het nie-politieke en nie-morele natuurwesens gewoon; vry om te maak soos hulle wou, slegs deur hul eiebelang en oorlewing beperk. Hul moraliteit was op dieselfde vlak as die norm wat ook vir dief- en roofbendes oor eeue heen gegeld het.  Gemeenskaplike beplanning om vrede en stabiliteit te verseker, was dus ondenkbaar; voorwaar ook ‘n akkurate beskrywing van die pre-1880-Afrika wat arbitrêr daarna tussen Europa se moondhede opgedeel was.

In sy stuk: “SECESSION AND THE MODERN STATE”(1996) ontleed Donald W. Livingston, die kwessie van sesessie.  Hy bevind dat gedurende die afgelope twee eeue, filosowe die politieke opsie van sesessie vanuit ‘n moraliteitsoogpunt geïgnoreer het.  Livingston verwys na die Engelse filosoof, Thomas Hobbes se boek Leviathan (1651) waarin die teorie van die staat en die pre-nasiestaat beskryf word.  Aan die hand van Hobbes se werk verduidelik Livingston hoe dominante individue, wat ‘n anargistiese omgewing ondraaglik ervaar het, ooreenkomste met mekaar aangegaan het.  Hierdeur is soewereine politieke entiteite gevorm wat toesig kon hou oor die dade van enkelinge.  Hy sê dat  Hobbes nie omgegee het of so ‘n staat die vorm van ‘n monargie, aristokrasie, of demokrasie aangeneem het nie.  Wat belangrik was, is dat die soewereine entiteit as onverdeelbaar, onfeilbaar en onweerstaanbaar gesien moes word.  Enige soewereine entiteit moes hierdie drie eienskappe besit, anders sal daar twee of meer ‘soewereine’ stemme wees, sonder ‘n skeidsregter bokant hulle, waarna hulle net weer na die wilde anargie van die natuurstaat sou degenereer.

Livingston beweer dat, hoewel die Hobbesiaanse staat outoritêr was, dit nie totalitêr is nie.  Die Hobbesiaanse soewereine funksies word ‘n skeidsregter wat heers sonder om bevele te gee.  Deur ‘n staat se inkomste te beperk tot invoerbelasting word sy magte outomaties beperk tot dit wat binne ‘n beperkte begroting bekostigbaar is.  Vandag se opgeblaasde staatsdienste was dus vir Hobbes ondenkbaar. 

Livingston konkludeer dat desnieteenstaande, het Hobbes se ‘teorie van die staat’  bygedra tot die ondoeltreffende, vernietigende en bemoeisieke leviatane wat die politieke wêreld van die afgelope byna twee eeue oorrompel het.  Vanuit die doktrine dat soewereiniteit onverdeelbaar, onweerstaanbaar en onfeilbaar is, het die nasiestate van vandag ontwikkel.

Maar daar is nog ‘n ander gevolg:  Soewereiniteit is altyd aan ‘n grondgebied gekoppel.  Deurdat soewereiniteit onverdeelbaar is, is grondgebied dus ook onverdeelbaar, wat tot gevolg het dat ‘n volk binne ‘n veelvolkige nasiestaat nie van so ‘n staat kan afskei nie.  Sesessie sou kwansuis op die territoriale versnippering van ‘n staat neerkom; op sy beurt weer ‘n ontkenning dat soewereiniteit onverdeelbaar is.  Om hierdie rede bevraagteken moderne en post-moderne filosowe nooit die moraliteit van sesessie nie en word hul aandag beperk tot die teoretisering en legitimisering van die moderne nasiestaat.

Sedert 1790 tot 1990 het daar slegs enkele voorbeelde van suksesvolle vreedsame sesessies voorgekom.  België het van Nederland afgeskei in 1830, Noorweë van Swede in 1905 en Singapoer van die Maleisiese Federasie in 1965.

Sedert die val van die Berlynse muur het daar egter ‘n verandering in die soewereiniteit van nasiestate gekom en het verskeie vreedsame sesessies plaasgevind, soos bv. die Tjeggiese en Slowaakse Republieke wat deur sesessie uit Tjeggoslowakye geskep is.  Met die uitsondering van Eritrea van Etiopië, was alle sesessies vreedsaam sedert 1990, ook die sesessie van Walvisbaai van Suid-Afrika na Namibië.  Dit was selfs waar van Joegoslawië waar daar slegs halfhartige weerstand van die sentrale regering, wat deur Serwiërs gedomineer was, bestaan het toe Slowenië en Kroasië afgeskei het.  Die huidige konflik gaan oor die Serwiese enklawes in Bosnië en Kroasië, wat nie toegelaat word om af te skei en by Serwië aan te sluit nie.  Tony Blair se goedkeuring vir selfbeskikking aan Noord Ierland, Wallis en Skotland is ‘n verdere bewys van die verdeelbaarheid van soewereiniteit.

Intussen is Europa aan die opmars. ‘n Groter entiteit soos die EU is geskep, met selfs ‘n gedeelde Euro-geldeenheid, wat ‘n groot verlies aan soewereiniteit van  lidlande verteenwoordig.  Die Europese Parlement is reeds in staat om gemeenskaplike wetgewing aan te neem wat verpligtend op ledelande is.  Daar kan dus met reg beweer word dat soewereiniteit vandag wel wesenlik verdeelbaar geword het.  ‘n Direkte uitvloeisel van die EU is dat landsgrense sagter geword het, deurdat burgers van een lidstaat dieselfde regte geniet as burgers van ‘n ander en dat goedere vryelik tussen lidstate oor grense heen mag beweeg. ‘n Versagting van landsgrense verdeel soewereiniteit nog verder.  In die toekoms sal algehele sesessie van ‘n lidstaat vanaf die Unie moontlik, wettig en prakties  uitvoerbaar wees, hoewel ekonomies dalk ongewens. 

Op die politieke landskap is hierdie verskynsel baie nuut; iets waarmee die VSA, Kanada en Meksiko waarskynlik nog te kampe gaan hê sover dit die oprigting van die Pan-Amerikaanse vryhandelsentiteit aanbetref.  Die afskeiding van Quebec, wat tans ‘n haas onverteerbare vooruitsitg vir Kanada is, sal polities meer aanvaarbaar raak wanneer ‘n groter Pan-Amerikaanse politieke entiteit tot stand kom en waarin Quebec ‘n gelyke vennoot sal kan wees.  Gesien teen die agtergrond dat die VSA sy alleenheerskappy as makro-moondheid waarskynlik eers sal moet inboet, sal so iets egter nie gou gebeur nie.

Om  nou weer na Afrika terug te keer.  Ek noem Suid-Afrika se terugkeer na Afrikanisme ‘n paradoksale enigma, omdat dit impliseer dat daar na Afrika se manier van dinge doen teruggekeer gaan word; soos Afrika dit vir eeue voor die koloniale tydperk gedoen het.  Landsgrense, wat arbitrêr deur koloniale moondhede op die vasteland afgedwing was, mag dus nou in gedrang kom. 

Lande soos Zambië en Mosambiek het reeds hul soewereiniteit oor die beheer van hul geldsake aan die IMF en die Wêreldbank afgestaan, wat daardie lande se begrotings elke jaar moet goedkeur en waar verteenwoordigers van daardie organisasies hul kabinetsvergaderinmgs bywoon.  Die volgende stap sal gemeenskaplike projekte oor aangrensende landsgrense wees. Neem bv. die Groter-Limpopowildreservaat van Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe.  Soewereiniteit se verdeelbaarheid en dus ook territoriale verdeelbaarheid, word sodoende stelselmatig as ‘n gegewe politieke opsie in Afrika aanvaar en stadigaan prysgegee.

Vir Afrikanisme om as ‘n ernstige politieke filosofie gesien te word en nie slegs as die politieke mobilisering van swart nasionalisme om die euforie van die “finale bevryding” te vier nie, sal Afrika se volke bevry moet word soos om te wees soos  hulle tydens die pre-1880 tydperk was.   Dit beteken dat grense wat regdeur stamme, volke en selfs gesinne se huise getrek was, opgeskort sal moet word.

Vroeër was daar dikwels aangevoer dat Afrikalande se buitelandse skuld die  prysgee van grondgebied, asook die verskuiwing van landsgrense onmoontlik maak.  Binne die huidige internasionale politieke klimaat, waar daar op die algehele vergewing van buitelandse skuld vir Afrikalande aangedring word, kan daardie argument dus eersdaags verdwyn.  ‘n Verdere aansporing van die herskikking van Afrikagrense is die NEPAD program, wat reusagtige gesamentlike voedselproduksieprojekte tot gevolg mag hê binne streke waar bepaalde klimatologiese of logistiese voordele bestaan.  Sulke projekte sal noodwendig beteken dat die land waarop ‘n projek geplaas word, nie noodwendig die volle fiskale, politieke of maatskaplike seggenskap oor sodanige projekte sal hê nie.  Sulke projekte mag selfs direk onder die beheer van die Afrika-Unie ressorteer.

Dit is binne hierdie verwysingsraam dat ‘n pre-1880 volk, soos die Afrikaners, wat van die Boerevolk afstam, ook hul eie staanplek sal moet vind.  Hoewel sesessie nie tans moontlik lyk nie, en, gesien teen die agtergrond van die twiste wat bestaan oor watter deel van Afrika aan Afrikaners toegewys moet word selfs onwenslik mag wees, sal sesessie, as ‘n politieke opsie, telkens weer sy verskyning op die politieke terrein maak.

Dit is derhalwe wys om die groter politieke prentjie, asook die filosofiese strominge oor die moraliteit van sesessie noukeurig te volg en om ‘n kultuur van denke te vestig wat gedurig daarop wys dat sesessie wel ‘n morele politieke opsie vir Afrikaners se netelige probleem van selfbeskikking is sodat sy volkskap behoue sal bly.

Julie, 2003

строительство саун москваДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die wiel draai

ImageDie verlede is onvernietigbaar. Vroeër of later kom alles weer terug. Een van die dinge wat terugkom is die behoefte om die verlede te vernietig – Jorge Luis Borges.

Sover ek kan vasstel, het die wêreld se mees invloedryke media melding gemaak van die huidige golf van terreur wat tans in die townships heers. Met ’n bietjie leedvermaak lees ek ’n berig in die Engelse Prawda The Guardian dat Suid-Afrika by die einde van sy reënboog aangekom het – iets wat die meeste van ons al vyftien jaar gelede ingesien het. Dit lyk asof hierdie nuusbron, wat nog nooit geskroom het om elke oneffenheid in Afrikanergeskiedenis as teken van ’n inherente minderwaardigheid uit te basuin nie, nou op sy neus kyk. Dit wil voorkom asof hulle nou ewe skielik ook nie meer weet wat om te doen nie, veral as ’n mens onthou dat Mugabe, wat die hoofoorsaak van hierdie ellende is, ook ’n groot held in hulle oë was.

Demografieë mag verander, maar die onderliggende prosesse, mentaliteite en persepsies verander nouliks. Met hierdie opwelling van geweld, wat nou nie meer ontken kan word nie, verkeer Suid-Afrika in dieselfde ellende as op die vooraand van Verwoerdiaanse apartheid, en dit word nou steeds duideliker dat hierdie golf van geweld nie die gevolge van segregasie was nie, maar die oorsake daarvan. Enige persoon wat in hierdie tydsgewrig nog heul na ekstreem linkse opvattings is óf dom, óf een of ander skurk, óf ’n psigopaat.

As ons terugkyk in die geskiedenis na die Kaapkolonie in die vroeë 1830’s, veral na die totale minagting wat die Boere vanuit die Engelse regering ontvang het, tesame met die voortdurende plaasaanvalle op die grensgebiede en gebrekkige beskerming, kan ons begin verstaan waarom die Groot Trek ontstaan het. Hermann Giliomee maak melding daarvan in Die Afrikaners dat selfs die feministies gesinde Olive Schreiner in haar dagboek opgeteken het hoe skandalig die Boere deur die Engelse elite behandel was. Sommige trekboere het nie eens gewag vir kompensasiegeld vir die afskaffing van slawerny nie. Hulle wou net weg; ’n onmisbare historiese ooreenkoms met die situasie vandag. Baie Afrikaners vandag het egter die Groot Trek voortgesit na Engelssprekende lande, waar hulle nageslagte sal verengels en Milner se droom desondanks ’n stappie nader gekom het.

In die veertigerjare van die vorige eeu was die oorlog in Europa ’n groot bron van welvaart in Suid-Afrika gewees, en die groter stede kon skaars genoeg mense aantrek om die produksie aan die gang te hou. Toe die oorlog aan sy einde was, het werkloosheid weer begin dreig met sporadiese uitbarstings van etnies gebaseerde geweld. Dit was een van die belangrikste oorsake gewees waarom die regering van destyds ’n beleid van segregasie ingevoer het, juis omdat integrasie en werkloosheid saam ’n onstabiele en plofbare kombinasie gevorm het. Die huidige golf van geweld lui ’n terugkeer van hierdie prosesse in. Die een groot voordeel, as ’n mens dit ’n voordeel kan noem, is dat hierdie keer selfs nie eens The Guardian so wêreldvreemd is as om Afrikaners die skuld hiervoor te gee nie, hoe graag hulle ook sou wil.

Hierdie golf van geweld kan egter juis voordelig werk om Afrikaners se internasionale reputasie te versterk. Die Nederlandse skrywer WF Hermans het destyds gestel dat die grootste kritici in Europa teen die Nasionale Party se segregasiebeleid self ook nie ’n antwoord op Suid-Afrika se etniese probleme het nie, en dit begin nou deur te dring. ’n Paar jaar gelede het Buthelezi ook melding gemaak dat die Zoeloes ’n eie tuisland moes opgeëis het vir hulself, en sodoende eensklaps die vorige bedeling se onskuld verder verstewig het.

Nou onlangs is die Afrikaners toegelaat by The Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO), en het ’n stewiger posisie gekry om druk uit te oefen op die ANC se terreurveldtog en onbekwaamheid. Miskien kan dieselfde simpatieë vanuit die buiteland wat uitgegaan het na die Boere tydens die Anglo-Boereoorlog ook weer ’n oplewing beleef. Daar is immers genoeg Afrikaners in die buiteland wat elkeen ’n interessante paar feite kan vertel oor die ware gesig van Suid-Afrika. Trouens, die meeste Afrikaners waarmee ek in Nederland gesels het voel tog meer Afrikaner as Nederlander, selfs na ’n hele paar jaar se verblyf.

Die gevare op voetsoolvlak moet egter nie misgekyk word nie. Van die beter gesitueerde swartes wat ’n goeie werk en inkomste verdien, sien die wittes liewer verdwyn as verskyn, selfs al is Afrika sonder blankes ’n put van hongersnood en chaos. Soos ’n Pawlof-refleks kan hulle stel dat Afrika se probleme die gevolg van witmense se optrede is, hoewel vir hulle die hele debakel oor wittes in Suid-Afrika ideologies van aard is. Hulle het ’n goeie werk, kan daagliks eet en met duur motors die strate onveilig maak, en gee nie ’n flenter om vir die dag van more nie. Baie van hulle beskou Mugabe as ’n groot held, en lê blykbaar nie die verband tussen hongerlydende Zimbabwiërs in Suid-Afrika en sy funeste beleid nie. Selfs die Afrikalande in die Verenigde Nasies het Oom Bob verlede jaar genomineer tot voorsitter van duursame ontwikkeling, tesame met ander interessante portefeuljes, soos die Uitvoerende Raad van die Wêreldvoedselprogram, die Uitvoerende Raad vir die VN se Kinderfonds en die Beheerraad van die VN se Menslike Vestigingsprogram (Governing Council, UN Human Settlements Program – UN HABITAT).

Vanmore, 22 Mei verskyn op die nuus dat Zimbabwe se inflasie nou die eenmiljoenpersent-kerf bereik het. Die absurde toneel van Afrika begin nou onmisbaar op die res van die wêreld af te gee. Waarskynlik is dit ’n belangrike rede waarom die UNPO die Afrikaners onder sy hoede geneem het, tesame met die feit dat Europa en die Verenigde State met dieselfde probleme te kampe het wat migrante uit die derde wêreld aanbetref. (Lees ook Hermann Giliomee se uitstekende referaat.) Hierdie lande begin nou steeds meer apartheidsagtige taktieke toe te pas op hul grense. Ongelukkig genoeg het modernisering tot dusver nie tegnologie soseer in Afrikalande bevorder nie, maar wel die bevolkingsontploffing grootliks veroorsaak, in so ’n mate dat die ontwikkelde wêreld verswak kan word deur arm migrante en sy mededingendheid kan verloor. Die optrede van Mugabe wat swart emigrasie bevorder maak die bewondering vir hom net vreemder.

Die enigste manier hoe diktators in Afrika kan wegkom met hul minagting vir die gepeupel en tegelykertyd op soveel bewondering kan vertrou, is om leuens op leuens te vertel oor hul handelinge. Die koning van Swaziland het destyds sy privaatstraalvliegtuig wat hy aangekoop het, goedgepraat deur sy onderdane te verseker dat hy voedsel vir hulle gaan haal met sy nuwe hipermoderne straler; en Mbeki het melding gemaak toe die Spaanse grenspatrollie in Marokko swartes teruggejaag het uit hul enklawes, dat die Europeërs die mense wegjaag wat vir hulle die beskawing gebring het. Selfs Idi Amin het by sy presidensiële aantrede in 1971 sy volk wysgemaak dat die Grieke en Egiptenare swartes se filosofie en wiskunde gesteel het.

Niemand kan in die toekoms kyk nie, maar met die aksies van bogenoemde Afrikaleiers moet ons maar konkludeer dat hulle voorlopig nog historiese gebeurtenisse sal onderdruk en verdraai om hulself as groot helde en verlossers voor te stel. Geeneen van hulle sal sover gaan as om toe te gee dat hulle eerder die probleem is en nie die oplossing nie.

As hulle maar net die hand in eie boesem kon steek sou dit dinge heelwat makliker gemaak het.

play blackjack 21депутат лобановский

Ope brief aan Rachelle Greeff

Ek wonder of jy dink dat almal in die land lus is om die polities korrekte goed wat in die Sarie of Rooi Rose uitgebasuin word te lees en selfs te glo.

Ek weet dat jy by een van die twee tydskrifte gewerk het of vir hulle geskryf het, maar nou wonder ek, glo jy al die politieke onsin wat jy en jou medewerkers deur die tydskrifte in die volk se kele probeer afdruk?

Net soos ganse wat gedwonge gevoed word om hulle lewers te laat vergroot vir die tafels van die rykes.

As jy werklik dink dat die mense al die snert glo wat vir die volk deur die gekaapte media gedruk word, dink ek dat jy weer moet gaan sit en die grys massa bietjie deurmekaar krap met ‘n werkspoging.

Nie almal glo dat die land verbeter het nie, en as jy dit glo is jy net so blind as die mense wat in die regering sit, of dalk sien jy dinge net in dieselfde lig as die onbeholpe mense wat die land in ‘n poging om te regeer in die grond in vertrap.

Dalk weet jy iets wat ek nie weet nie en dat jy intelligent is gaan ek nie betwyfel  nie, maar waarom moet dinge in die land altyd gebeur soos wat die polities korrektes dit wil hê ?

Ek glo nie dis nodig nie, en ek glo verder dat die land meer as reg is om so ‘n boek te ontvang, een wat dinge vertel soos wat dit is, nie in versiersuiker toegedraai om die gifsmaak van die amandels weg te steek nie.

Baie van dit wat deesdae in die polities korrekte publikasies verskyn, is goed wat nie voor 1994 toegelaat sou word nie, omrede die mense van daardie tyd nog geglo het in waardes, dinge wat reg en behoorlik is.

Die onheilighede wat deesdae daar verkwansel word vir waarhede is loutere snert, al die sogenaamde alternatiewe geneesmetodes, meditasie, ander gelowe wat opgehemel word vir die wonderlike openbarings wat dit teweegbring, dis goed wat nie daar sou wees in die verlede nie, vanweë die volk se afkeer van sulke twak.

Die artikel wat handel oor ‘n aktrise wat skielik op ouderdom 33 ‘n baba wil hê, omdat haar skuimborrelende biologiese klok kwansuis begin uitloop, watter soort voorbeeld is dit vir die jongmense wat die dame aanhang, soos versierings aan ‘n kersboom? Die feit dat sy geswot het in teologie en steeds ongetroud is, maak dit soveel meer van ‘n sieklike gedagte wat deur julle opgehemel word. Iets wat verder uiters ontstellend is, is die feit dat die betrokke jong dame haar “motivering” put uit die brutaliteit en hoop in die land.  Volgens haar laat die kontrasterende fasette van die lewe haar “tiek”.

Dis sulke dinge wat die volk moeg voor raak, en dan vra jy of die beoogde bundel van dr. Roodt enigsins ontvang sal word. Ons is hartlik dik en keelvol vir sulke dinge.  

En om  nie eers van die advertensies te praat nie, die moet-hê-items vir die komende seisoen se drag, klere wat meer kos per item as wat baie blankes kan betaal, inteendeel, meer as wat baie gesinne in ‘n maand verdien, en jy dink dit is reg en billik? Ja, miskien kan jy ‘n R3500.00 se handsak bekostig met ‘n R 1999.00 se sonbril en nog ander derglike items, maar waar gaan dit stop ? Die dag as julle die geweld aan eie bas voel gaan die hele wêreld natuurlik julle geweeklaag moet aanhoor en verskriklik simpatiek wees met julle, haai, die arme vrou wat so verskriklik beroof is, ensovoorts, maar julle dink nie daaraan dat julle eie aksies van julle die teikens maak nie. Dan is dit monsteragtig soos die mense skielik te werk gaan, barbaars, soos professor Brink nou die dag gesê het.

Ja, nou kan jy die stelling maak dat mense dan maar selfsensorskap moet toepas en nie julle publikasies lees nie, maar die feit is dat dit op die rak is, en die mens is soos jy weet ‘n nuuskierige wese, en die tipe publikasies waarvan jy deel was en of is, sal natuurlik opgetel en gelees word. Dis onvermydelik. Dit sal gebeur en dis waarop die gekaapte media nou staatmaak, nuuskierigheid.

Dit is dit waarop hulle reken om die volk wat reeds redelik moeg is vir die land en sy probleme iets anders te bied, die antwoord wat al hulle probleme sal oplos.

Dat die mense reg is vir ‘n antwoord is nie te betwyfel nie, maar nou wonder ek net, geagte Rachelle, het jy nie self al bietjie moeg en keelvol geraak vir die huidige situasie waarin net die een kant gestel word, altyd so korrek, in nuwe terme vir ‘n nuwe land, sonder dat die ander kant ook sy beurt kry om sy storie te vertel nie?

Kry jy nie soms die hunkering om iets anders as die lewens van Mandela, Mbeki en Robert Mugabe te bestudeer in glanspapierhardebandboeke nie? Die lus om net iets te lees, sonder om te dink aan die politieke sy en gevolge daarvan nie. Dit is die een groot rede dat ek weier om die boeke oor die lewens van die “helde van die apartheidstryd” te koop of onder my dak toe te laat. Want buiten die ophemeling van die mense moet ek dan ook nog goeie geld betaal, wat beteken dat ek hulle reeds welbefondsde partypolitiek verder aanhelp, terwyl ek nie daarmee saamstem nie.

Nie almal van ons is kenners wat aanhalings maak uit toesprake van Nobelpryswenners nie en dit hoef ook nie so te wees nie.   

Vir baie van ons gaan dit om oorlewing, en nie om luukses nie, want die lewe bestaan nie net uit lekker nie, maar ook uit die seer, die suur en die bitter, iets wat ek soms wonder hoeveel jy dalk van geproe het, want as ek kyk na wat julle in die gekaapte media uitbasuin, lyk dit of julle nie weet dat die land in helse moeilikheid is nie, en vir julle bestaan die woord swaarkry net nie. Is dit die rede dat jy so krities is oor die beoogde bundel kortverhale ? Dalk bang dat die volk gaan agterkom wat eintlik aan die gang is en julle onder die agterent gaan skop om wakker te word, en te staak met die blatante leuens wat julle vir waarheid verkoop.  Ek wou maar net vra, en jammer as ek verkeerd was omtrent jou, dis niks persoonliks nie.

пальто детское для девочекФильчаков прокуратура харьков

Afrikaners en Afrikaans: positief en negatief

ImageDie ongeëwenaarde emigrasie tesame met ’n lae geboortekoers raak reeds ’n ramp vir Afrikaners en Afrikaans, het ek die vorige keer betoog.

In hierdie stukkie noem ek ’n paar ander negatiewe faktore wat ons posisie beïnvloed, maar daar is gelukkig darem ook enkele positiewe dinge.

’n Negatiewe proses wat ook ander tale raak, is globalisering. Oor die hele wêreld is daar ’n verengelsing van hoëvlak-taalgebruik. Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer noem in ’n Vaste plek vir Afrikaans talle dinge soos die uitbreiding van die internasionale handel, die georganiseerde godsdiens, Amerikaanse leierskap in verskeie soorte tegnologie, Engels as voertaal van internasionale organisasies, in die meeste wetenskaplike publikasies en interaksie.

Sommige kenners meen dat daar 'n wêreldwye Engelse taalimperialisme bestaan wat Engelssprekende mags- en kapitaalbelange bevorder — subtiel maar baie effektief.

Brittanje het voorstelle van die Europese Unie geveto dat kinders in die Europese lande twee vreemde tale op skool leer. Dié voorstel was 'n wanhopige poging om te verhinder dat Engels die dominante tweede taal in Europa word.

Met ’n eg imperialistiese arrogansie het die toonaangewende Britse koerant The Guardian Engels as enigste onderhandelingstaal van die EU gepropageer onder die opskrif: “Just stick to English!”

Naas emigrasie is transformasie die vernaamste proses wat Afrikaans en Afrikaners benadeel het en nog benadeel. Feitlik alles wat gebeur, het taalgevolge, so ook regstellende aksie. Transformasie en integrasie lei tot die uitskakeling van Afrikaans behalwe in werkplekke en situasies waar almal Afrikaans verstaan of waar voorsiening gemaak word vir tolk- en vertaaldienste.

Oor die algemeen word Afrikaans al hoe minder as werktaal gebruik by staatsinstellings en groot ondernemings. Instansies soos Transnet, Eskom, die Weermag en polisie was vroeër Afrikaans. Selfs histories Afrikaanse ondernemings het oorgeskakel na Engels. Baie soorte opleiding geskied in Engels alleen, soos in die Weermag en die polisie.

Afrikaans is afgeskaal op televisie terwyl Afrikaanse skole telkens gedwing word om hul voertaalbeleid te verander..

Die FW de Klerk-stigting verklaar dat Engels die de facto enigste amptelike taal van Suid-Afrika geword het.

Ondanks die skade wat Afrikaans die afgelope anderhalf dekade gely het, is daar darem nog positiewe verskynsels.

Die eerste is dat Afrikaans nog die voertaal is in talle openbare skole. Hulle bied onderrig van goeie gehalte, soos die matriekuitslae elke jaar bewys.

Hoewel universiteite deur die eis van toeganklikheid gedwing word om alles in Engels aan te bied, het sommige histories Afrikaanse universiteite tog Afrikaans behou.

By die Universiteit van die Vrystaat is parallelmedium-onderrig ingestel, al is dit al lank onder druk omdat dit in die pad van rasse-integrasie sou staan en ’n baie swaar las op dosente plaas.

Die Universiteit van Pretoria is amptelik tweetalig, met  parallelle klasse vir die meeste voorgraadse kursusse, maar party dosente wil nie dupliseer nie, en verengelsing is die gevolg.

Dit is nog onduidelik wat die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch gaan behels, en hoe dit toegepas gaan word. Anekdotiese getuienis dui op ‘n verswakkiung van die posisie van Afrikaans in sommige vakke, maar nie in almal nie.

Die Universiteit van Noordwes handhaaf Afrikaans veral op sy Potchefstroom-kampus deur middel van tolking uit Afrikaans. Daarteen kan die politieke maghebbers ook moeilik ideologiese besware inbring. (Hoewel: aan die Universiteit van die Vrystaat het die minister van onderwys op ’n vergadering met studente die tolke weggejaag en gelas dat die verrigtinge in Engels plaasvind.)

Voorgraadse opleiding in alle vakke is dus moontlik in Potchefstroom en Bloemfontein, en in heelparty vakke in Pretoria, Stellenbosch en Johannesburg. Unisa gebruik Afrikaans in baie kursusse.

Wat in die tweede plek positief is, is dat Afrikaans nog in talle werkplekke gebruik word, al is dit in soveel departemente en ondernemings afgeskaf. Om een voorbeeld te gee: by die tak van die bank waarby ek in Bloemfontein is, is al die kassiere, wit, bruin en swart, in staat om mense in Afrikaans te help – hulle sou nie aangestel gewees het sonder daardie kennis van Afrikaans nie. Afrikaans het dus op daardie vlak ’n sekere loopbaanwaarde.

’n Vriend van my in Johannesburg kon egter by ’n tak van dieselfde histories Afrikaanse bank nie deur ’n enkele persoon of die bestuurder in Afrikaans gehelp word nie. Ons wat kliënte is, bewys Afrikaans en Afrikaanssprekendes ’n diens wanneer ons voortgaan om Afrikaans by sulke instellings te gebruik en daarop aan te dring. Mense in talle beroepe – dokters, predikante, onderwysers, prokureurs, agente van allerlei aard ensovoorts – baat daarby as hulle Afrikaans kan praat.

’n Hele aantal mense kry werk in die mediawêreld. Vir my lê die belang van die televisiekanaal kykNET onder meer daarin dat dit werk verskaf aan ’n groot aantal Afrikaanssprekendes uitvoerende kunstenaars en ander mense in daardie bedryf, soos draaiboekskrywers en regisseurs..

Ten derde het Afrikaans groot kulturele waarde. Baie boeke, en ’n groot verskeidenheid daarvan, word in Afrikaans uitgegee. Afrikaanstaliges is volgens opnames die groep wat die meeste boeke in die land koop, en dis verbasend dat Penguin nou boeke in Afrikaans uitgee. Afrikaans het drie dagblaaie en twee Sondagblaaie. Talle kleiner koerante is Afrikaans of deels Afrikaans.

Daar is algemene tydskrifte en gespesialiseerdes, soos Lééf  ('n damestydskrif gemik op geestelike verdieping); die reistydskrifte Weg! en Wegbreek, Wegry en Wegsleep; Boeke-insig, die leefstyltydskrifte Idees en Tuiste, asook Visi vir ontwerp en argitektuur.

Afrikaans word oor RSG en kleiner stasies gehoor. Daar is kunstefeeste. Afrikaanse musiek beleef ’n bloeitydperk.

PRAAG het van vroeg in Mei af as internet-koerant sy verskyning gemaak. Ook LitNet, hoofsaaklik Afrikaans, ontvang daagliks talle besoeke en sy briewerubriek is die lewendigste in die land.

’n Nuwe ontwikkeling is dat samewerking met bruin Afrikaanstaliges binnekort ’n groter moontlikheid sal word. Die Nasionale Forum vir Afrikaans met prof. Wannie Carstens van Potchefstroom as voorsitter het voorbrand gemaak vir die totstandkoming van die Afrikaanse Taalbelangeraad binnekort. Dis ’n koördinerende liggaam wat die mag sal hê om namens die Afrikaanse taalgemeenskap met die maghebbers te praat. Dit is hierdie stap wat groter samewerking tussen wit en bruin Afrikaanstaliges moontlik.

Positief is ten vyfde die groei van ’n aktief pro-Afrikaanse gesindheid en die toename van taalaksies. Dit volg op ’n baie negatiewe verskynsel ná 1994. Dit was die gelatenheid, byna onverskilligheid, waarmee Afrikaanstaliges diskriminerende optredes teen hulleself en teen Afrikaans aanvaar het as iets wat so hoort. Maar dit lyk of daar ’n ander stemming by Afrikaners posvat.

’n Teken daarvan is die wyse waarop die “De la Rey”-liedjie die land stormenderhand verower het. Die mens, veral ’n skrywer, is volgens Etienne Leroux, altyd op soek na ’n lewende mite. Leroux meen dat ’n volk tot “fantastiese dade” kan oorgaan as dit deur ’n “lewende mite” aangespoor word, maar dat, sonder ’n mite, ’n volk “alle belang in die lewe verloor en verdwyn”. Met die De la Rey-liedjie het Sean Else, Johan Vorster en die sanger Bok van Blerk ’n inspirerende mite (wat iets anders is as ’n “versinsel”) geskep.

Prof. Piet Strauss, leier van die Voortrekkers, het in ’n lesing gewys op “verrassende” bevindings in meningsopnames onder Afrikaanse jong mense (nie net Voortrekkers nie). Dit is hul “openlike identifisering” met die Afrikaner. Daar is “’n nuwe golf Afrikanergeesdrif”. Ook: “Afrikanerwees is weer ‘in’. Dit is by baie jong Afrikaners nie ’n debatspunt nie, maar ’n gegewe.”

Met die grootste gemak verklaar mense deesdae dat hulle Afrikaners is, van Ryk Neethling tot die dramaturg Deon Opperman tot die mense van die AB en Solidariteit en Orania en nog baie meer.

Daar kom ’n “maar” by. Dit lyk of daar onder party ’n mate van vreesagtigheid vir hierdie stemming bestaan. Twee voorbeelde.

’n Europese vriend het verlede jaar vir my geskryf oor ’n Geloftedagviering in Londen wat hy bygewoon het. Hy sê: “Die jongmense kon ek aanvoel was reg vir 'n Afrikaner 'light' bemoediging of geskiedenisblik. In plaas daarvan was daar 'n preek oor Antjie Krog se 'Country of my skull'; die opweeg van die Trekkers teen die ongeregtigheid van apartheid, sonder dieselfde verwysing na die nuwe ongeregtighede. Dit was die tegniek van aan die een kant dit, aan die ander kant dat – een kant lig Afrikaner, en aan die ander kant swaar skuldgevoel, sogenaamd gebalanseerde voetwerk, waarmee die ou establishment so goed was. En waarmee hulle tot by oorgawe geskuifel het. Die jongmense in die gehoor het telkens op daardie punt gereageer asof hulle liggies geklap word.

“So kan ons nie aan jong mense en leiers ’n lewenskragtige opvoeding gee om die uitdagings van Afrika te hanteer nie – nie met so ’n weergawe van godsdiens nie. Dis een van die redes waarom ons in die buiteland sit.”

Oor ’n tweede voorbeeld het Rapport ’n berig geplaas. AfriForum en die ATKV Centurion Jeugforum het onlangs standpunt teen die voorgenome eed vir skoolkinders ingeneem en versoekskrifte aan die nasionale onderwysdepartement oorhandig. Hulle beswaar was teen die verwysing na onregte van die verlede waarmee die eed begin.

’n Paar uur daarna het die hoofkantoor van die ATKV hom van die jongeres se standpunt gedistansieer. Die ATKV-leiers meen dat die verwysing na onregte nie net die onlangse verlede insluit nie, maar ook byvoorbeeld die Anglo-Boereoorlog, en dat almal hulle dus daarmee kan vereenselwig.

Hoewel ek waardering vir die ATKV het  en self ’n lid daarvan is, is ek jammer oor sy standpunt. Die waarskynlike interpretasie van die eed gaan wees dat dit na apartheid verwys. So word dit permanent ’n aanklag elke keer as die eed afgelê word. Veral in tweetalige skole gaan dit die Afrikanerleerders stigmatiseer. Hoekom moet ’n eed op negatiewe geskiedenisse gegrond wees? Die aanhef tot die Grondwet praat wel van onregte, maar lui ook: “Ons respekteer diegene wat hulle beywer het om die land op te bou en te ontwikkel”.

So ‘n eed is dikwels baie omstrede. In Maart vanjaar het Skotse leiers dit duidelik gemaak dat hulle die voorstel verwerp dat skoolverlaters ‘n eed van getrouheid aan Brittanje en die koningin aflê. En daar sou nie eens verwysings na die negatiewe in daardie eed wees nie.

набор для рисованияФильчаков прокурор отзывы

Barbare? Nee prof. Brink, dis jou mense daai

Dis nogal hartseer as openbare figure soos Andre P. Brink, alias mnr. Hyde,  die stelling maak dat dieselfde mense vir wie hy so ‘n vurige kampvegter was en dalk in sy hart nog is, nou skielik “barbare” is. Mens kan net wonder wat oor sy lewe geloop het. Dat moord gebeur, is deel van die nuwe Suid-Afrika en – so jammer as wat dit is – moet hy saamleef daarmee, net soos die res van ons. Want dis sy nalatenskap aan ons. Dit is ‘n nalatenskap wat deur sy pen geskep is in die jare her.

Ek sal nie kan sê of sy familie dieselfde politieke oriëntering gehad  het as hyself nie, maar weereens kom sekere dinge sterk na vore. Die sogenaamde monsters na wie hy verwys, diskrimineer nie, nie as dit kom by diefstal van die presidentswoning se weerligafleiers nie, en ook nie as dit kom by diefstal en moord op familielede van apartheidsaktiviste nie. Ek is jammer meneer, dat verlies deel is van die lewe behoort jy reeds teen dié tyd te weet. Ek voel met jou vir die verlies van julle familie lid. En ongelukkig kan ek niks meer doen as meegevoel hê nie.

Wat ek wel sou wil weet, is hoekom skielik nou, nie ‘n paar jaar terug nie, maar nou, nadat die monsters in jou binnekring begin maai het, is hulle skielik monsters? Of is dit juis die ding? As hulle elders wei, is hulle jou mense, maar sodra hulle aan jou binnekring raak, word hulle monsters. Wel, jy kan ongelukkig nie die brood aan albei kante gebotter hê nie.

Soos die Zombies in die rekenaar speletjie “Return to Castle Wolfenstein” (wat ek sterk kan aanbeveel as ontlaaimeganisme wat briljant werk in ons moderne tyd) nie diskrimineer tussen vriend en vyand nie, is die monsters wat jy in jou pen-en-papier-laboratorium geskep het ook glad nie diskriminerend nie.

Hulle weet nie dat jy deel van die span wetenskaplikes was wat hulle geskep het nie, en hulle weet nie dat daar vriend en vyand is nie. Hulle tree op volgens hulle natuur, soos wat hulle gemaak is, sonder denke, sonder om vrae te vra. Dis die mooi van die saak. Geen vrae nie, geen uitsonderings nie, niks.

Hulle is gemaak met leë skedels wat nie denke toelaat nie, vir die grootste hoeveelheid van hulle en dit is nie my toedoen nie, maar joune. Ek is nie die een wat geskreeu het dat hulle meer regte en beter lewens moet hê nie, maar jy. Dus kan jy nie die mense wat jy gehelp skep het sommer net monsters noem nie, dis mos monsteragtig om so te maak. Hoe is jou hart dan nou?

Dat jy hartseer is en baie gewis nie lekker voel nie kan ek begryp. Maar om hulle monsters te noem, nee man, los dit uit. Net ons rassistiese Afrikanerblankes noem die mense wat sulke dinge doen monsters en jy is nie een van ons nie, so moet jou nie daardie reg aanmatig nie.

Die feit dat jy Afrikaans baie goed magtig is, is maar net ‘n klein tegniese toevalligheid. Dat ons jou naam kan verander na Dr. Jekyll is gewis. Die feite is dat jy in die verlede jou met onheil besig gehou het en die slang wat jy getroetel het, het nou te groot geword om te beheer. Dit het verander in ‘n monsterslang, ‘n reusagtige onstuitbare ding waaroor nie jy of jou geesgenote enige beheer het nie. So moenie nou kla nie. Elke aksie het ‘n reaksie; en die reaksie van jou aksies is op ons, en op jou. Die reaksie is dat jy nou die prys moet betaal. Ons almal moet betaal vir die ondier wat jy en jou soort help skep het.

Dat die ding moes gebeur, is totaal onnodig. Indien jy in die verlede, tesame met jou geesgenote dieselfde energie sou bestee het om die land op te bou en nie monsters te maak nie, was die saak dalk nie vandag op die nuus nie, maar dit het gebeur en niks wat jy nou doen en sê sal meer die verlede verander nie.  

Hoewel daar nog ‘n klein kans is indien jy en jou geesgenote die boot kan swaai ná die nodige hartsverandering, selfs ‘n hartoorplanting indien nodig. Dis tyd dat julle vir terapie en sjirurgie sal moet gaan. En dit beter deksels vinnig gebeur ook.

Maar as julle nou niks doen nie, is julle self direk verantwoordelik vir dit wat nog wag, en glo my, ons blanke Afrikaners sien nie tans ‘n mooi toekoms nie. Dis nou die tyd vir julle klomp wat die land in die verlede so afgekraak het om voor die rekenaars te gaan sit en planne te beraam.

Planne om die skeppings van julle te stuit voor dit ons almal verswelg, vernietig en verbrysel, sodat selfs die gedagte van die Afrikaner nie eers meer in die geheue van die eks-Suid-Afrikaners wat oorsee sit, sal oorbly nie.

Dis nou nie meer in ons hande nie, maar in julle s’n. In die pen wat julle so lustig geswaai het in die verlede. Dis tyd dat julle die pen moet opneem en begin om ‘n ander wysie aan die orkes te dirigeer, een van samewerking en lewe, nie een van moord en vernietiging nie. So, begin werk aan die nuwe storie vir ‘n toekoms.

купить трансформерОлександр Фільчаков прокурор

Die ekonomiese leuen haal die ANC in

ImageDie Derde Reich se propagandaminister, dr Josef Goebbels, het gesê dat, mits 'n leuen groot genoeg is, en genoeg herhaal word,  die bevolking dit uiteindelik vir die waarheid sou aansien. Minder bekend is die res van Goebbels se siening, naamlik dat die leuen slegs volgehou kan word vir solank die staat die bevolking kan beskerm teen militêre, ekonomiese en politieke gevolge van die leuen.

In 2008 sit die ANC regime met 'n enorme probleem. Dit het uiteindelik tot die breë bevolking deurgedring dat die keiser geen klere aanhet nie. Alexandra en Diepsloot staan in ligte laaie omdat die swart bevolking, wel, gatvol is vir leuens. Dr Goebbels se leuen vereis 'n sterk staat, maar die falende staat wat die ANC se onbekwaamheid tot gevolg gehad het, het nie meer die vermoë om die leuen vol te hou nie.

Daar is sedert 1994 vir die ganse Suid-Afrikaanse bevolking op baie vlakke gelieg. Daar is vir blankes gelieg dat transformasie en regstellende aksie in ons eie belang sou wees. Die snert is aan ons verkoop dat die grondwet ons teen 'n Marxistiese regime se magsmisbruik sou kon beskerm. Die hoof van Ermelo se Afrikaanse skool kan van iets anders getuig. Daar is egter veral vir die swart bevolking gelieg. Aan die swart bevolking is visioene van 'n post-apartheidsparadys voorgehou, waar 'n swart regering die blankes op hulle plek sou sit, en swartes na Kanaän sou lei. Daar sou 'n hoender in elke pot wees, 'n pot wat op 'n elektriese stoof in 'n ordentlike baksteenhuis sou staan, 'n huis wat bewoon sou word deur 'n gesin met 'n werk en volop ekonomiese geleenthede.

Die realiteit was deprimerend anders. Ja, daar was diegene wat voordeel getrek het uit die nuwe bedeling. Hulle was onder andere die voordeeltrekkers uit swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Die Patrice Motsepes van die lewe het obsene rykdom ontvang in ruil vir – wat? Motsepe was nie 'n besonder begaafde myner of finansiële ghoeroe nie. Hy het veel eerder die regte mense geken, en is beloon vir sy verbintenisse. Blanke maatskappye het oor mekaar geval om bemagtigingsvennote te bekom, vennote wat dikwels nie 'n jota waarde toegevoeg het nie. Dieselfdes is oor en oor "bemagtig", en die bemagtigdes se kinders word op rassistiese wyse steeds bo arm blanke kinders "bemagtig", selfs al gebruik eersgenoemde goue toilette.

Die ander voordeeltrekkers, al was dit op 'n meer beskeie skaal, was die miljoen of wat nuwe, swart staatsamptenare wat voordeel getrek het uit die etniese reiniging van blankes uit die staatsdiens. Kort ná 1994 kon 'n swarte homself bloot by die kantoor van enige staatsdepartement aanmeld, en hy was bykans 'n pos bykans gewaarborg. Sy kundigheidsvlakke het veel ligter geweeg as sy velkleur.  As hy kon lees én skryf, het 'n pos as direkteur gewink.

Ook in voormalig lelieblanke privaatmaatskappye is swartes bevorder tot op vlakke wat min verband gehou het met hulle vlakke van bekwaamheid. Hulle het uiteraard die maksimum voordeel uit die situasie probeer put. Die swart, vroulike hoof van Kansa, die kankervereniging van Suid-Afrika, het byvoorbeeld gholflesse van honderdduisende rande bygewoon. Hoe haar gholfvoorgee kankerpasiënte tot voordeel sou strek, is nie heeltemal duidelik nie, kennelik omdat ek nie getransformeerd is nie.

Die blankes wat uit diens gestel is, het dikwels pakkette ontvang en die pakkette gebruik om hulle eie sake-onderemings te begin. Baie van die voormalige staatsamptenare het hulle dienste begin terugverkoop aan die staatsdiens as konsultante, omdat die nuwe amptenary voorspelbaar nie die mas kon opkom nie.

Al die begunstigdes van SEB en al die reggesteldes in die staat, was egter in totaal minder as drie miljoen mense. Vir die ander vyf-en-dertig miljoen swartes, was die Nuwe Suid-Afrika nie veel beter as die oue nie. Ja, hulle kan vandag stem, maar stemreg verseker nie 'n hoender in die pot nie.

Die netto resultaat van bostaande beleidsrigtings (oorhoofs bekend as transformasie), was dat die ekonomiese leuen vir 'n wyle volgehou kon word. Dit vereis nie 'n Nobelprys in ekonomie om te bedink dat die skielike toevoeging van drie miljoen mense tot 'n relatief klein vorige poel  van voorheen sowat vier miljoen, 'n verbruikgedrewe opbloei tot gevolg sou hê nie. BMW-, Jaguar- en Mercedes-handelaars het luukse-, swart motors soos soetkoek verkoop. Restourante in Sandton kon kaviaar verkoop aan diegene wat voorheen hoenderpote geëet het. Vir 'n wyle was veral die drie miljoen bevoordeeldes in ekstase.

Milton Friedman se beroemde stelling: "There is no such thing as a free lunch", sou Suid-Afrika egter onafwendbaar begin inhaal. Al die ander lande wat in die twintigste eeu ekonomiese sukses behaal het, het dit op grond van harde werk, goeie opvoeding, dissipline en veral grootskeepse nywerhede en uitvoere bereik. Japan het uit die as van Hirosjima verrys as gevolg van sy gedissiplineerde arbeidsmag, goeie skoolopvoeding en uitvoere. So ook Suid-Korea, Singapoer en Duitsland. Die nuutste reus om op te staan is Sjina. In al daardie lande was daar nie 'n onmiddellike, uitgebreide skepping van 'n groot groep rykes nie, maar eerder 'n geleidelike verryking van die breë gemeenskap.

Nie een van bostaande is aanwesig in Suid-Afrika nie. Die arbeidsmag is grootliks ongeskoold, beslis ongedissiplineerd en die land se nywerhede boer agteruit. In plaas daarvan dat die ekonomie gegroei het op grond van verbeterde produktiwiteit en uitvoere, is die tydperk 1998 tot 2006 gekenmerk deur 'n verbruikersgedrewe groei. Die ekonomie het nie gegroei omdat Suid-Afrika beter en goedkoper motors kon bou as Duitsland nie, maar omdat Suid-Afrikaners Duitse motors en Koreaanse yskaste gekoop het.

Buitelanders was vir 'n paar jaar bereid om Suid-Afrikaners se rojale koopgewoontes te befonds, en groot hoeveelhede buitelandse kapitaal was nodig om die inkopie-orgie te finansier. Die breë gemeenskap het egter nie ryk geword nie. Dit was eerder indiwidue soos Smuts Ngonyama, wat honderdmiljoene rande ontvang het as 'n "fasiliteerder" vir die Telkom-transaksie (sy insette: onbekend) wat obsene vlakke van rykdom "verdien" het.

In hierdie tyd het Suid-Afrika egter minder produktief en mededingend geraak, ten spyte van die kunsmatige ekonomiese groei. Suid-Afrikaanse arbeid is militant, onproduktief en onmededingend. Die rand sal tot vyftien teen die dollar moet verswak voordat Suid-Afrikaanse arbeid met Sjinese arbeid kan meeding.  Cosatu en die verdrukkende arbeidswetgewing moet regstreeks die blaam hiervoor dra. G'n rasionele, oorsese nyweraar sal 'n fabriek in Suid-Afrika oprig as hy beter opgeleide Chinese arbeid vir 'n breukdeel van die koste van Suid-Afrika s'n kan bekom nie. Sjinese arbeiders staak nie so graag soos die vullisverwyderaars van Pretoria nie.

Die leuen dat apartheidsonderwys die swart bevolking teruggehou het, is ook ontbloot. In plaas daarvan om beter te begin doen, het swartmense al hoe slegter begin vaar op skool. Die getransformeerde onderwysdepartement was nie dieselfde as die vorige bedeling s'n nie. Dit was in der waarheid veel slegter, onbekwaam en ondoeltreffend.  Terwyl miljoene ingenieurs jaarliks in Sjina en Indië kwalifiseer, sukkel swart matrikulante toenemend om wiskunde deur te kom. Die blote afskaffing van apartheid het toe misterieus nie 'n wiskundige wonderwerk veroorsaak nie – swart matrikulante het nie wonderbaarlik beter begin presteer omdat daar nie meer apartheid was nie.

Vir die armes in Alexandra is daar nie veel ligpunte nie. Ironies juis omdat 'n klein groepie swartes aangestel is in poste ver bokant hulle vuurmaakplek in die Johannesburgse stadsraad en Gautengse provinsiale regering, is goeie dienslewering, behuising en veral goeie onderwys, nie vir hulle beskore nie. Dr Goebbels se waarneming het die ANC ingehaal: dit kos 'n sterk staat om die leuen vol te hou, en die getransformeerde ANC-staat is uit en uit 'n falende staat. Iemand het vir hom gelieg, besef selfs die armste inwoner van Alexandra.

Tans word die swart bevolking se woede egter gefokus op gerieflike sondebokke: onwettiges wat glo behuising "steel". Die ware sondebok, die rampspoedige beleidsrigtings van die ANC, is skynbaar nog nie op 'n breë front in die kollig nie. Vroeër of later gaan ook die swart bevolking egter die regte gevolgtrekkings maak. Die resultate daarvan kan 'n baie interessante uitwerking op die Suid-Afrikaanse politieke landskap hê.

купить платья для новорожденныхАлександр Фильчаков

Wat motiveer kommuniste?

Ons het geen wens om selfmoord te pleeg nie, en dit is die rede waarom ons persvryheid nie sal toelaat nie. – Lenin.

Image In navolging van Dan Roodt se rubriek Die nuwe Rooi Gevaar het ek ’n bietjie ondersoek gaan instel na die verskeie dryfvere van hierdie beweging. Dit bly altyd fassinerend om te ontdek hoe dit moontlik is dat soveel miljoene mense wêreldwyd hierdie stelsel kon aanhang en selfs ten tye van terreur teen hulself nogtans die groot ideaal kon nastreef.
 
Naas die historiese ontwikkeling en verloop van kommunisme is dit ook ’n goeie idee om die Hegeliaanse historiese dialektiek te peil. Hierdie benadering beskou die materiële wêreld as die enigste wat bestaan, en alle vorme van verfyning in kultuur is ingestel om die heersende klas bo te hou en die onderklas onder.

Een van die kenmerke van kommunistiese denke is dat hierdie intellektuele geen vier- of vyfjaar mentaliteit het, wat met elke verkiesing moontlik die mag kan verloor nie. Hulle beplan sisteme jare vooraf, dekades selfs, manipuleer uitkomste, herskryf die geskiedenis en sorg dat hulle op een of ander manier altyd die botoon sal voer. Die belangrikste spelers in die SAKP het al dekades gelede geweet dat die ANC nie in staat is om te regeer nie, maar het hulle gebruik as middel om self aan die mag te kom. Verlede jaar was daar planne in Ronnie Kasrils se kantoor gevind waarin hy die ANC wou omverwerp, net soos wat die kommuniste geprobeer het om Pol Pot omver te werp toe sy terreur nie langer weggesteek kon word nie.

’n Kenner van kommunisme, Erik van Ree, stel dat anders as die Nazi’s, wat uitwissing as doelstelling gehad het, het die kommuniste terreur as doelstelling gehad. Vandaar dat kommunisme waarskynlik nie met dieselfde hoon bejeen word as Nazisme nie. Egter, die Franse skrywer André Gide het sowel Nazi-Duitsland as stalinistiese Rusland besoek en gestel dat van hierdie twee gruwelsisteme Nazi-Duitsland effens beter is, aangesien niks en niemand in die Sowjet-Unie van terreur gevrywaar is nie, selfs nie eens kleuters of hoogbejaardes nie.

Iets wat nie baie aandag geniet het nie, is die terreur in die Baltiese state sedert die Oktoberrewolusie. Sowjettroepe het byvoorbeeld in die dorp Kautla in Esland almal wat hulle kon vang doodgemartel, waarvan die jongste twee maande oud was en die oudste 78 jaar. Die taktieke wat Stalin gebruik het om die Baltiese state te infiltreer lyk verdag baie soos die taktieke wat die ANC/SAKP gebruik om hul hegemonie in Suid-Afrika te verstewig. In die begin het die kommuniste onafhanklikheid gewaarborg aan die Balte, maar agter die skerms het hulle landkaarte gedruk waarin hierdie lande as Sowjetlande voorgestel word (vergelyk Tshwane en OR Tambo lughawe). Met verloop van tyd het die kommuniste die staatsapparaat geïnfiltreer, maar op ’n subtiele manier sodat dit nie sou opval nie. Origens is daar ’n jong man in Esland gewees wat sy eie dagboek aangehou het oor die terreur, soortgelyk aan dié van Anne Frank, maar vir onbekende redes het die Westerse skrywers en media hier nie enige aandag aan bestee nie.

Dit is nogal merkwaardig dat ’n wêrelddeel wat soveel ellende onder die Nazi’s en kommuniste meegemaak het soveel kommunisgesindes in Suid-Afrika opgelewer het. Die mees fanatieke kommuniste en Afrikanerhaters in Suid-Afrika is afkomstig uit die Baltiese state, waarvan baie se voorsate die terreur van kommunisme juis ontvlug het.

Egter, as ons wil weet wat die denkwyse van Marxiste is, is dit ’n goeie idee om hul filosofiese uitgangspunte te verstaan. Wat die filosofiese (Hegeliaanse dialektiek) sy van Marxisme aanbetref, word veronderstel dat alles in terme van wetenskap verklaar kan word. Wetenskap is met ander woorde die hoogste soektog na waarheid. Volgens hierdie denksisteem is daar drie basiese natuurwette te bespeur:

i) Die wet van teenoorgesteldes: Marx en Engels het gestel dat alles in die heelal in terme van teenoorgesteldes werk, en alle vorme van beweging ontstaan uit die wisselwerking van teenoorgestelde kragte. Dink byvoorbeeld aan atome, met positief-gelaaide protone in die kern en negatief-gelaaide elektrone wat daaromheen wentel, of sterre wat ’n sterk aantrekkingskrag het maar vanwee die hitte weer ’n afstotende werking het teen sy aantrekkingskrag in.

ii) Die wet van negering. Met hierdie wet word veronderstel dat vernietiging op een vlak lewe gee op ’n ander. Sodra een orde uitgedien is, baan dit die weg vir ’n ander orde, soos wat ’n veldbrand veroorsaak dat nuwe plante weer kan begin groei. In sosiale terme beteken dit ook dat sosiale ordes val en oor begin. Die Industriële Rewolusie het ’n einde gemaak aan die mag van die adel, deurdat die bourgeoisie hul setel ingeneem het, maar het tegelykertyd die proletariaat laat ontstaan. Op hul beurt sal die proletariaat die bourgeoisie weer omverwerp. Ongetwyfeld is Ronnie Kasrils se lofsang om blankes te vermoor op dieselfde beginsel geskoei as hierdie wet van negering. Dit is die vervanging van ordes, word beskou as ’n onafwendbare natuurlike proses. Vandaar dat dit weinig opspraak maak, dink ek.

iii) Die wet van transformasie: Die ontstaan van kwaliteit uit kwantiteit, of andersom, is die basisaanname van hierdie wet. Soos wat die aantal mense meer word, verhoog dit die kans dat beter tegnologie die mensdom in ’n nuwe rigting stuur, en met die ontstaan van nuwe tegnologie, kan dit ’n groter aantal mense akkomodeer. Dink byvoorbeeld aan nuwe tegnologie om landbou te bevorder, waarmee sodoende meer mense kan eet en die bevolking kwantitatief vermeerder.

Sedert Marx en Engels is hierdie wette verder ontwikkel en uitgebrei, en Mao het ook ’n hele manifes saamgestel oor die aard van vernuwing en teenoorgesteldes. Die skrywers van die boek Mao: The unknown story, Jung Chang en Jon Halliday, vermeld dat Mao ’n obsessie gehad het met vernietiging om sodoende ’n nuwe orde op die been te bring, en anders as die verromantiseerde beeld van kommunisme in die Weste het Mao gestel dat kommunisme nie liefde is nie, maar ’n hamer is om die vyand mee te verslaan.

Interessant genoeg is ’n bekende spreuk van Mao:”Alle reaksionêre is ’n papiertier”. Vanweë die moeilikheid wat teenrewolusionêre organisasies ervaar om die ANC/SAKP hegemonie hok te slaan, skuil daar ’n duidelike element van waarheid hierin. Ek dink op grond hiervan dat die SAKP meer begeesterd is oor Mao as oor die Europese Marxiste.

Soos Van Ree geskryf het, was die groot kommunistiese leiers eerder skurke as digters gewees, en het menselewens verspil omdat hulle kon. Hul state was hul historiese toneelstuk gewees en die miljoene mense wat omgekom het, gewone vervangbare wesens. Dit lyk nogal bekend as ’n mens Suid-Afrika in gedagte hou. Selfs diegene wat die terreur ervaar het en vas geglo het in die ideale van kommunisme, het die tot die gevolgtrekking gekom dat die terreur teen die vyand goed is, maar dat hulle af en toe die fout maak deur goeie mense ook per ongeluk bloot te stel. Op so ’n manier skep hulle politieke klimate waarin alles vir hulle geoorloof is.

Soos wat kommunisme in Rusland geval het en die Russies-Ortodokse geloof weer begin kop uitsteek het na sewentig jaar van verdrukking is ’n bewys van die hardnekkigheid van onvervreembare tradisies en gelowe. Slegs vasberadenheid is die oplossing teen hierdie groep skurke wat alles wil vernietig, sogenaamd omdat dit ’n “natuurlike” verloop van sake is. Die gevoel van apatie of goedgelowigheid wat by blankes voorkom is hul beste wapen.

In die woorde van die Romeinse geskiedkundige Tacitus: ” ’n Slegte vrede is nog erger as oorlog.”

Hoe waar!

игр ы для девочеклобановский класс харьков

Is Alexandra die ANC se 16de Junie?

ImageVir die afgelope paar dae gaan die swart woongebied Alexandra, digby Sandton, gebuk onder sogenaamde xenofobie, en word buitelanders glo deur Suid-Afrikaners aangeval. Twee buitelanders is reeds dood.

Terwyl geweld geensins goedgepraat kan word nie, sou dit nietemin interessant wees om te verstaan wat die oorsake van die geweld is.

Minister Charles Nqakula skimp dat daar 'n "derde mag" betrokke sou wees, 'n aantyging wat herinner aan gerugte uit die vorige bedeling, wat dikwels gebruik is om politieke opponente as verraaiers te etiketteer. Luidens persberigte is inwoners van die kampongs glo betrokke by die geweld. Of dit so is, kan ek nie oordeel nie, maar kampongs is natuurlik 'n kodewoord vir Zoeloes. Die kampongs word dikwels deur trekarbeiders, ook uit Natal, bewoon.

Die geweld word deur die inwoners self op vaaghede geblameer. Buitelanders steel glo hulle werk, of kry glo huise wat na regte aan burgers moes gaan. Swak dienslewering, van 'n ongespesifiseerde aard, kry ook die skuld.

Weer eens, sonder om geweld in enige vorm goed te praat, kan mens gerus ag slaan op die inwoners se klagtes, en lyk dit op die oog af of daar geldige griewe teen buitelanders kan wees.

Skattings raam dat daar sowat 3 miljoen Zimbabwiërs reeds onwettig in die land is. Daar is dus meer Zimbabwiërs in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is! Hulle is sekerlik reeds een van die grootste etniese groepe in die land, naas Xhosas, Zoeloes en kleurlinge. Zimbabwiërs bevind hulle ook te midde van enige iets tussen sewe en twaalf miljoen ander onwettiges, uit Mosambiek, Malawi, Nigerië, die Kongo en talle ander lande op die kontinent.

Menseregte-organisasies hou vol dat onwettige immigrante nie burgers van werksgeleenthede ontneem nie, maar in 'n land met tussen 25% en 40% werkloosheid is dit 'n hoogs twyfelagtige siening. Die burgers wat werkloos is, is grootliks diegene sonder vaardighede. Hulle enigste hoop is om laaggeskoolde arbeid te verrig, en hulle kan ongetwyfeld strawwe mededinging te wagte wees van onwettiges wat bereid is om vir veel laer lone, harder as plaaslike burgers te werk. Onwettiges plaas ook 'n bykans ondraaglike las op infrastruktuur soos behuising.

Toegang tot voldoende dienslewering is insgelyks 'n geldige klagte vir elke Suid-Afrikaner. Die ganse Pretoria gaan byvoorbeeld al vir die afgelope twee weke gebuk onder 'n vulliskrisis, omdat die Tshwenes in Pretoria se stadsraad se rampspoedige beleidsrigtings tot 'n staking gelei het. Dele van Alexandra is 'n reusagtige plakkerskamp, sonder behoorlike behuising, lopende water of spoeltoilette.

Kennelik is dit maklik om, miskien verkeerdelik, die vinger te wys na onwettige immigrante as diegene wat die burgers se huise en dienste "steel". Hulle wat die onwettiges aanrand, is egter kwaad vir die verkeerd mense. Die ware sondebok is die ANC-regime.

Die onwettiges is eerstens in Suid-Afrika juis omdat die ANC weier om effektiewe grensbeheer toe te pas, tot op die punt waar onwettige immigrasie blykbaar die stilswyende goedkeuring van die regime wegdra. Tweedens kan die volslae ineenstorting van dienslewering regstreeks voor die deur van die ANC gelê word. Ek hoef nie uit te brei oor die rampspoedige gevolge wat die ANC se rassistiese etniese reiniging van bekwame blankes uit die diens van die regering veroorsaak het nie, en die korrupte, baantjies-vir-boeties-aanstellings van onbevoegdes in stadsrade is al bykans 'n standaardgrap in Suid-Afrika.

Op presies dieselfde wyse is die ineenstorting van onder andere gesondheidsorg en onderwys, probleme wat ook deur die armes in Alexandra ervaar word, regstreeks te blameer op die volslae onbevoegdheid van die ANC-regering.

Ek is kennelik 'n Westerling en verstaan waarskynlik nie die Afrikaan se psige nie, maar een vreedsame oplossing vir die probleme van die inwoners van Alexandra is nie so moeilik om te bedink nie. As hulle bloot net hulle gesamentlike mag by die stembus wil gebruik, kan hulle vir 'n party stem wat hulle beter dienslewering sal gee. Die ANC is so korrup, onbekwaam, maar ook so houtgerus dat dit maklik is om te veronderstel dat selfs die PAC 'n beter opsie vir 'n inwoner van Alexandra kan wees.

Die begin van die einde van die vorige bedeling was waarskynlik op 16 June 1976, toe die opstande in Soweto begin het.  Is die 12de Mei die begin van die einde van die ANC-regime?

песочный набор для детейтопкарго

Demografiese krisis raak reeds ?n ramp

Image“Die Afrikaner: verlede, hede en toekoms”. Oor dié moeilike tema moes ek onlangs ’n praatjie hou. Nie ek of een van die klompie wat kom luister het, het ’n "oplossing" vir die "Afrikaner-vraagstuk" gehad nie. Nie een van ons het darem ook onder die illusie verkeer dat ons ’n oplossing het nie.

Wanneer ’n mens oor dié saak iets wil sê, is ’n vermaning of voorbehoud van N.P. van Wyk Louw baie ter sake. Dit kom uit ’n opstel wat hy in 1959 geskryf toe ons die “Wonder van Afrikaans”-feeste gevier het. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het daardie jaar vyftig geword, en die FAK het die feeste gereël.

Wanhoop en twyfel was toe iets vreemds; daar was in werklikheid selfs ’n bietjie oormoed by sommiges. Louw het beklemtoon: “Laat ons nie roem nie!” Hy het aangehaal wat hy soms in die buiteland oor Afrikaans aan mense gesê het: “Kyk, honderd jaar gelede het ons niks gehad nie; vandag besit ons iets wat nie niks is nie.” Ook: ons is geregtig op ’n bietjie beskeie trots.

Wat die toekoms betref, het hy opgemerk dit is nie aan ons mense gegee om toekomstige dinge te openbaar nie. Ons kan eintlik net die verlede en die hede ’n bietjie leer ken. “Oor wat ons taal sál word, of oor wat ván hom sal word, kan ons dus nie praat nie – behalwe met hartstogtelike verlange” (Versamelde Prosa 2, bl. 181).

Met hierdie vermanende voorbehoude in gedagte wil ek in hierdie en die volgende paar rubrieke op Praag iets sê oor die hede, die verlede en die toekoms van Afrikaans en die Afrikaners.

Daar is negatiewe en positiewe aspekte aan die hede. Eers die negatiewe. En die negatiefste is op ons demografiese posisie.

Een van die redes vir dié negatiewe posisie is die emigrasie van Afrikaners en ander wit mense. Die Instituut vir Rassebetrekkinge bereken dat sowat 850 000 wittes tussen 1995 en 2005 geëmigreer het. ’n Paar maande vroeër is selfs gesê dis ’n miljoen. In die ouderdomsgroep 25 tot 29 het 550 000 wit mense sedert 1996 uit die land verdwyn.

Die vorige groot demografiese verlies wat die Afrikaners gely het, was in die Anglo-Boereoorlog. Wat dit toe erg gemaak het, is dat dit gepaard gegaan het met enorme menslike lyding en materiële verwoesting.

Maar hoe vergelyk die twee verliese persentasiegewys? Meer as 7000 Boere, onder wie ook Kaapse en Natalse rebelle en ’n relatief klein aantal buitelandse vrywilliters is dood, skryf Thomas Packenham (in Die Boereoorlog, bl. 595). Hy sê daarby kom ’n onbekende aantal vroue en kinders in die konsentrasiekampe, iets tussen 18 000 en 28 000. Volgens die inskripsie op die Vrouemonument in Bloemfontein is die getal vroue en kinders 26 370, sodat die werklike getal nader aan 28 000 is as aan 18 000.

Vergelyk ’n mens dit met die sterftes van veral die twee wêreldoorloë lyk dit na ’n besonder klein aantal. ’n Mens moet dit egter stel teenoor die grootte van die Afrikanervolk in daardie stadium. Volgens G.D. Scholtz (Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, deel IV 1881-1899, bl.22) was daar in 1899 sowat 500 000 Afrikaners, van wie sowat 100 000 in die Vrystaat en 125 000 in Transvaal. Die persentasie wat gesterf het, is dus sowat 15 persent van die Afrikaners in die twee republieke, of sewe persent van die Afrikaners as geheel.

Wat die huidige menseverlies so erg maak, is dat dit veral jong mense is wat gaan – mense wie se kinders nou ander lande gaan verryk.

Ook ander demografiese prosesse werk tot ons nadeel. Geboortesyfers daal en sterftesyfers styg, en dit gebeur ook by die blankes en die kleurlinge uit wie se geledere die Afrikaanstaliges kom. Die blankes het die vervangingsvlak van 2,1 geboortes per vrou in 1990 bereik en  die Asiërs in 1999. By die wit mense is dit nou 1,6 per vrou.

Die gegewens van die 2001-sensus, wat in Augustus 2003 bekend gemaak is, wys dat die posisie van Afrikaans as huistaal persentasiegewys agteruitgaan het.

Koerante het destyds tereg sommige gegewens bevraagteken. Taalstatistiek is dikwels verdag. In België was ‘n deel van die Vlaamste taalstryd gerig teen taalstatistiek omdat dit maklik vervals kan word.

Tog is die syfers belangwekkend. Die getal Afrikaanssprekendes het tussen 1996 en 2001 met 171 876 toegeneem. Afrikaans is die huistaal van meer as 80% van die bruin en 59% van die wit mense. Maar Afrikaans het persentasiegewys “negatiewe groei” beleef. Die persentasie Afrikaanstaliges het gedaal van 14,4% van die bevolking in 1996 tot 13,3%; vir Engels was die daling van 8,6% tot 8,2%.

Die bekende demograaf, prof. Flip Smit, het verlede jaar in ’n lesing in Bloemfontein gewys op ander belangwekkende tendense. Een daarvan is die instroming van immigrante uit Afrika sedert 1994. Skattings verskil, maar die juiste aantal lê waarskynlik tussen 8 en 9 miljoen vreemdelinge. Dis nou sekerlik al meer.

Hy het ook gewys op die verskuiwing van die bevolking in die binneland. Die verskuiwing uit die Oos- na die Wes-Kaap bedreig die posisie van Afrikaans as dominante moedertaal in die Wes-Kaap.

Ook die toename van swartes in sommige stedelike gebiede en die ontvolking van die blanke platteland het gevolge. Wat blankes verdryf, is geweldsmisdaad en verswakkende munisipale dienste, terwyl die aantal kommersiële boere verminder. Grondhervorming kan nog ’n 12 000 wit boere van die platteland verdryf.

Dit alles het gevolge vir kerke en skole. Deeglike beplanning is nodig om te verseker dat Afrikaans as onderwysmedium voortbestaan.

Die afname in die vrugbaarheidskoers van wit vroue is iets wat ons met ander Westerse volkere gemeen het. In 2003 het ’n polities uiters inkorrekte kommentaar daarop verskyn in die bekende Nederlandse dagblad, NRC Handelsblad, se “Web- en weekeditie voor het buitenland”.

Prof. B.M.S. van Praag van die Universiteit  van Amsterdam het in ’n artikel geskryf oor die noodsaak van ‘n aktiewe bevolkingspolitiek vir dié land. Die kop het gelui: “Nederlanders moeten meer kinderen krijgen”.

Volgens hom is dit nog polities taboe is om polities inkorrek te praat oor ‘n aktiewe bevolkingspolitiek. Wel, as dit daar taboe is, hier nog meer. Ook al is die hele kwessie by ons dringender.

Niemand het dit selfs toe al gewaag om te sê: “Afrikaaners moeten meer kinderen krijgen”, want dit sou ‘n herrie ontketen het. So ‘n herrie was daar in die jare sestig toe ‘n minister voorgestel het dat die republiek versterk kan word deur ‘n “republiekbaba”.

Aan emigrasie en die demografiese krisis kan ons as individue of as groep maar min doen. Hoewel: op Sondag 13 April 2008 het 46 bekende figure en leiers in Rapport in gesê hulle wil bly en stry. Hulle het hul verklaring bedoel as teken van hoop vir diegene wat bedruk moet toekyk hoe ander emigreer, en daarby as protes teen alles wat verkeerd is, en teen diegene wat roep: “The whites must go!”

Die emigrante is nie verraaiers nie en is ook nie almal vir ons verlore is nie. Ons moet met hulle kontak hou, en hulle beskou as 'n internasionale netwerk wat gemobiliseer kan word om hier te help.

avto-mechanic.ruлобановский александр

Rassisme en die kerklike debat

Die Sentrum vir Publieke Teologie het op 8 Mei 2008 ‘n seminaar oor die tema van “Kerk en Rassisme” by die Universiteit van Pretoria aangebied. Deelnemers het ingesluit: Neels Jackson, prof. Piet Meiring, prof. Theuns Dreyer en dr. Johan Pienaar.

Die godsdienskorrespondent van Beeld, Neels Jackson, het verklaar dat nóg die NGK, nóg die Hervormde Kerk genoeg doen om rassisme in eie geledere hok te slaan. Prof. Piet Meiring het min of meer die kritiese standpunt van Jackson onderskryf en bygevoeg dat die genoemde kerke die klem te min op die horisontale verhoudinge plaas. Hy het vrylik uit die Belhar-belydenis van die (kleurling-) Verenigde Gereformeerde Kerk aangehaal en dit as navolgingswaardig voorgehou.

Prof. Theuns Dreyer van die Hervormde Kerk het rassisme vanuit ‘n etiese perspektief bekyk en veroordeel. Dit is rassisme wat voortvloei uit die verhouding van een mens tot ‘n ander. Wat strukturele rassisme betref, het Dreyer daarop gewys dat neorassisme in die post-apartheidtydvak ‘n groeiende sosiale verskynsel onder wittes is, basies as gevolg van die regstellendeaksieklousule en die plofbare veiligheidsituasie.

Dr. Johan Pienaar, van die NGK, het min of meer ‘n historiese benadering gevolg en aangetoon hoe die NGK se moeder-dogterkerklike differensiasies ontstaan het. Terselfdertyd het hy statisties daarop gewys dat die teenstand van lidmate teen strukturele eenwording met die dogterkerke besig is om af te plat.

Dit blyk dat die sprekers op twee vermeende vorme van rassisme die klem laat val het:

  • rassisme as etiese verskynsel wat voortvloei tussen mense, ingevolge waarvan een persoon hom verhewe voel bo ‘n ander en die ander minderwaardig ag (prof. Theuns Dreyer, Hervormde Kerk); en
  • vermeende rassisme ingevolge waarvan ‘n “wit” kerk sy deure sluit vir ander (swart Christene) of strukturele eenheid van die wit kerk met die gekleurde kerke afkeur.

Kommentaar uit die gehoor op die standpunte van die inleiers was verskillend. Een persoon het daarop gewys dat almal rassisme van ‘n etiese aard (dus een mens of groep teenoor ‘n ander mens of groep) afkeur, maar dat eenstemmigheid ontbreek oor die vraag of verskillende kerke vir verskillende gemeenskappe met verskillende aanbiddingsbehoeftes op rassisme neerkom.

Die hantering van laasgenoemde kwessie hang af van ‘n teoretiese of dogmatiese raamwerk oor die vraag na die verhouding kerk tot gemeenskap en tot die samelewing. In hierdie verband is daar drie kerkidees:

  • Die universalistiese idee dat kerk en koninkryk saamval en dat daar maar een kerk vir alle gelowiges behoort te wees. Die Roomse Kerkidee is hier van toepassing.
  • Die liberalistiese idee (kollegialisme) dat ‘n kerk die eenheid of optelsom van alle gelowiges is en dat niemand wat gelowig is, die deur gewys kan word nie.
  • Die plurale idee dat ‘n kerk ‘n aanbiddingstruktuur is, wat die verhouding van mense tot die Transendente God reël en orden en dat daar dus ‘n onoorsienbare hoeveelheid van kerke kan en mag wees, wat elkeen uitdrukking is van die partikuliere behoeftes van ‘n bepaalde godsdiensgemeenskap.

Bogenoemde drie kerklike modelle hang ook saam met ‘n antropologie:

  • Die Grieks-heidense dualistiese mensbeskouing dat die mens oor ‘n ewige sielsdimensie beskik, wat vir die duurte van sy/haar lewe tydelik in ‘n materiële liggaam vasgevang is. Hierdie antropologie lei tot ‘n spirituele determinisme.
  • Die Bybelse idee dat die mens een in die tyd is, dat die volle mens by konsepsie ontstaan, dat die menslike geen honderde (ja, duisende) jare die verlede teruggryp, sy huidige potensialiteit medebepaal en ook die moontlikhede van sy/haar nageslag beperk.

Die wekroep tot een kerk vir alle mense is fundamenteel gebaseer op ‘n spirituele determinisme wat die rol van beskawing, kultuur en taal in die samestelling van die menslike persoon totaal onderskat. So ‘n antropologie gee onteenseglik aanleiding tot òf ‘n universalistiese kerkidee òf tot die liberalisme wat van ‘n kerk die optelsom van alle gelowiges maak.

Wat duidelik by sommige sprekers was en kerke is, is om polities korrek te wees. In so ‘n situasie word die kerkidee aangepas om by die politieke omwêreld in te pas.

‘n Spreker het daarop gewys dat as daar maar een kerk vir alle gelowiges moet wees (een algemene Christelike kerk) dat Protestantse Christene, in daardie geval, op hulle spore sal moet terugloop na Rome en verskoning moet vra vir die feit dat die Reformasie die “liggaam van Christus” geskeur het.

 

светильник акцентного освещенияДанильченко Харьков

Die SAPD – ?n misdaadorganisasie?

Imageʼn Kommunistiese staat oorhandig sy burgers aan die mag van rowers – Alexander Solsjinitsin.

Dit het tyd geword dat ons vra wie in dié kommunistiese Suid-Afrika werklik die rowers is.  Wie tel almal onder die misdadigers wat tans terreur teen ons landsburgers voer? Niemand sal dit betwis dat daar vanaf ons buurstate daagliks ʼn beduidende aantal roofgieriges insypel nie, en wat hoofsaaklik as gevolg van werkloosheid en armoede steel en moor onder Suid-Afrikaners. Mens kan sê dat dit nog begryplik is onder ʼn Afrika-kommunistiese regime soos die ANC met hul verslapping van immigrasiebeheer. Maar die groot aantal misdadigers in ons land wat die voorreg het om besoldigde lede in magsposisies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens te wees, is onverskoonbaar.

 

In 2000 berig die Mediese Navorsingsraad dat 20 000 polisielede oor misdaadkrekords beskik. In Beeld van 9 Mei 2008 word genoem dat die destydse teenkorrupsie-eenheid in 2000, 1 048 polisielede vasgetrek het waarvan net 193 uiteindelik veroordeel is.  Ook dat daar tussen 1996 en 2001, 23 000 ondersoeke gedoen is deur die eenheid, en uiteindelik 3 200 polisielede in hegtenis geneem is. In 2002 is hierdie ondersoekeenheid summier ontbind onder leiding van Jackie Selebi wat tans self tereg staan op aanklagte van korrupsie, asook sy bande met georganiseerde misdaad. Die rede vir die ontbinding volgens Selebi was kwansuis dat dit oorbodig was aangesien die eenheid vir georganiseerde misdaad dieselfde funksie verrig.

As gevolg van die publiek se toenemende klagtes oor die stygende misdaadsyfers in ons geteisterde land, stel Selebi ongeveer twee jaar later ʼn 30-bladsye “Plan vir die Voorkoming van Korrupsie en Bedrog” op en stel die SAPD se hoof van strategiese bestuur, George Moorcroft, in beheer van hierdie teenkorrupsieplan. Nou in 2008 is dit nog steeds nie ten volle geïmplimenteer nie. Volgens Moorcroft moet daar nog ʼn nuwe dossierstelsel ingestel word wat die diefstal van misdaaddossiere glo sal bekamp, ʼn stelling wat opsigself ʼn erkenning van volgehoue misdaad in polisiegeledere verteenwoordig.

Polisiewoordvoerder Selby Bokaba verdedig Selebi se plan deur te beweer dat die ou eenheid bloot ondersoeke gedoen het terwyl die nuwe plan die volle omvang van die probleem sal aanspreek.  Het die ou ondersoek-eenheid dalk te veel ontdek tydens sy gespesialiseerde ondersoeke?

Nog ʼn opvallende wending ná die ontbinding van die ou ondersoek-eenheid, was dat die klem wat op die hoë korrupsiesyfer geval het, verdoesel moes word. Vroeër is alle strafregtelike sake in die polisie as korrupsie geklassifiseer, daarom was die syfer hemelhoog.  Om die publiek te probeer sus, is die skorsing van polisielede nou opgedeel in verskeie kategorieë waarvan die korrupsiesyfer net ʼn klein persentasie uitmaak. Ander skorsings word onder hoofde soos omkopery, meineed, bedrog, vervalsing en nog andere gekategoriseer. So was dit dan moontlik om voor te gee dat die korrupsiesyfer in die polisie drasties gedaal het die afgelope paar jaar en is die ontbinding van die ou ondersoek-eenheid voorgehou as die rede daarvoor. Volgens die voorlopige syfers vir 2007-2008 is daar slegs 110 polisielede geskors op aanklagte van korrupsie. Dr Liza Grobler, ʼn kriminoloog wie se doktorale proefskrif juis oor die misdaad in polisiegeledere gehandel het, se siening van hierdie klemverskuiwing lui soos volg:

As jy wil kyk hoe diep die vrot loop, kan jy al die polisielede se misdade kategoriseer as korrupsie weens die aard van hulle werk en die magte wat hulle het. Hulle is nie soos gewone misdadigers nie.

Dit is duidelik dat die SAPD nie van plan is om afsonderlike ondersoekeenhede soos byvoorbeeld in New York en Londen die praktyk is, te duld nie en sal aanbevelings daarvoor ten alle koste beveg. Moorcroft en Bokaba het ʼn gerieflike skuiwergat raakgesien en is dit eens dat ʼn spesiale eenheid om die SAPD te ondersoek kwansuis ʼn bykomende las op hulle beskikbare hulpmiddels sal plaas aangesien daar reeds so ʼn hoë vlak van misdaad in die land is – die polisie, wat ʼn beduidende deel van die self-erkende hoë misdaadsyfer van die land uitmaak, mag nie ondersoek word nie! Daar word wel troosopsies voorgehou soos dat verskillende stede en dorpe se polisiestasies mekaar sal ondersoek in geval van klagtes waar dit nodig blyk en dit daarmee voortaan die SAPD se plan is om hulself te polisieer.  Dr Grobler verwoord dit uitstekend wanneer sy stel dat dit ʼn gekke konsep is wat totaal indruis teen enige internasionale norm, dat dit selfs lagwekkend vir die publiek moet wees om te hoor van die polisie se plan om homself te polisieer.

ʼn Senior navorser van die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening, David Bruce, het ook intensiewe navorsing gedoen oor die SAPD se polisiëringsmetodes.  Sy bevinding is dat daar geen sistematiese optrede teen korrupsie is nie en dat die polisie vrot van korrupsie is as gevolg van die konsep van ʼn parallele loopbaan waardeur baie polisielede reeds in die eerste week ná aanstelling misdadigers word.  In sy ondersoek het hy onder andere by een gevangene verneem dat dié as polisieman 17 jaar lank doenig was met voertuigkapings, ʼn prostitusienetwerk, inbrake en vals vuurwapenlisensies voordat hy aangekeer is.

ʼn Ander verdoemende feit is dat die polisie by die stasie waar hierdie misdadiger nagskof gewerk het, net gereageer het as die plaaslike bende hulle ontbied het aangesien daar betaling aan verbonde was.  Ander oproepe deur die publiek is meestal geïgnoreer. Daar was talle ander gevalle wat die afgelope paar jaar deur die media gedek is waar klagtes deur die publiek op dieselfde situasie gedui het.

Die rede waaroor die R100 miljoen-saak teen die Benoni-polisiekantoor in Februarie in duie gestort het, moet ook ingedagte gehou word – die belangrikste getuies is ál vier vermoor, net soos die vrou wat Januarie in ʼn saak teen twee polisielede van Booyens sou getuig. Wanneer ʼn brawe senior polisieman die afgelope week self aan die media vertel waarom polisiemisdaad nie sonder meer deur mede-polisielede verklap sal word nie, verstaan mens dat die ware toestand verswyg word uit vrees vir hul lewens. Dit gee ook ʼn aanduiding van die doeltreffendheid en omvang waarmee korrupte polisielede hul skrikbewind voer.

 

Wanneer onafhanklike navorsers en kriminoloë ná deeglike ondersoek die polisie se sogenaamde lae korrupsiesyfers openlik verwerp, het die inwoners van Suid-Afrika ernstige rede tot kommer, veral met die oog op die duisende bykomende polisielede wat daar teen 2010 aangestel gaan word. Wanneer Moorcroft daarby erken dat mense in die polisiekollege met vals sertifikate betrap word, hoef ons nie te twyfel oor wat vir ons wag in die komende kraglose, donker Suid-Afrika tussen massas korrupte polisie wat veronderstel was om ons te beskerm maar onder die ANC ʼn vertakking van georganiseerde misdaad geword het nie.

 

встраиваемые светильники называемыеФильчаков прокуратура харьков

Voedsel en voeding

ImageOp 28 April 2008 breek onluste uit in Mogadisho. Duisende Somaliërs, waaronder baie vroue en kinders, hardloop in protes deur die strate, breek winkeldeure af, en beskuldig verbouereerde handelaars van uitbuiting. Ten minste vyf mense sterf in die onluste toe die Somaliese weermag en gewapende handelaars met van die skare oproeriges slaags raak.

Nog ‘n dag in Afrika?  Of nie? In Haïti eet mense modderkoekies. Dit word gebak uit ‘n eetbare geel modder wat uit Haïti se sentrale plato gegrawe word. In die land se Cité Soleil-krotbuurt bak mense soutkoekies uit ‘n mengsel van grond, sout en kookolie. Die geel modderkoekies, en die modder soutkoekies, is ook nie gratis beskikbaar nie. Dit word verkoop teen ongeveer vyf per rand en veroorsaak nie net wanvoeding nie, maar dra ook parasiete oor aan mense wat dit eet.

Daar is gerugte van onluste in die Fillipyne, in Indonesië, in Peru en in Sri Lanka.

Die rede vir al die onluste? Rys.

Niemand is seker oor wat besig is om verkeerd te loop nie. Die droogte in Australië word as ‘n rede voorgehou, of Fillipynse rysboere word daarvan beskuldig dat hulle rys opgaar en van die mark afhou, terwyl Indië openlik verklaar dat rys strategies opgegaar gaan word om moontlike tekorte in die toekoms af te weer. Verder moet lande soos Japan en Suid-Korea skielik rys en ander boon- en graanprodukte invoer, en is hulle nie meer selfvoorsienend nie.  

In Haïti se groot families in krotbuurte het lewe ontaard in ‘n nagmerrie. Daar is nie kos nie, daar is nie skoon water nie. Lewens is kort en goedkoop, en sosiale kapitaal bestaan nie. Haïti se honger onderklas protesteer in Port-au-Prince, brand motors uit, verwoes en besteel winkels, en het selfs die presidensiële paleis probeer bestorm.

Die desperate omstandighede in Haïti is nog nie die norm nie, maar dit is ‘n voorbeeld van die desperate omstandighede wat heers as voedseltekorte begin byt. Die berge kaas en tenkwaens vol melk in die Europese mark van weleer, en die suiers vol graan in die Suider- en Noord-Amerikaanse platteland, begin nou na ‘n vergete oomblik lyk. Koerante en kommoditeitshandelaars berig oor tekorte in koring, mielies, sojabone, terwyl vleis onbereikbaar vir die meeste van die wêreld se mense bly. Met die tekorte in graan styg pryse meedoënloos om dit buite bereik van meer en meer van die wêreld se arm mense te plaas. Oor die afgelope jaar het pryse vir rys, koring en sorghum ten minste verdubbel, en in sommige gevalle vervyfdubbel. Die prys van rys het net in die laaste maand met ongeveer 40% gestyg.

Stygende pryse vir ‘n produk soos rys is normaalweg die gevolg van of ‘n toename in aanvraag na rys, of ‘n afname in produksie van rys, of albei. Dit is bekend dat rysproduksie nie afgeneem het oor die laaste dekade nie, behalwe in Australië, waar ‘n droogte rysverbouing tot stilstand gebring het. Daar is egter ander makroskopiese ontwikkelinge onderliggend aan rys en ander voedsel- en graantekorte. Ten eertse word ‘n groeiende aantal mense in Sjina en Indië sodanig ryker dat hulle meer en beter kos op die internasionale mark koop. Dit verhoog die aanvraag en stoot pryse op. Ten tweede is daar Westerse investering. Westerse beleggingsfondse wat eens in huise en ander vaste beleggings geïnvesteer was, word nou meermale gebruik om op die kommoditeitsmark te spekuleer. Meer geld jaag dus na kommoditeite, en dit stoot die pryse op. Laastens, en in ‘n mindere mate, is daar biobrandstof en stygende oliepryse wat of graan uit die voedselketting neem, of wat andersins produksiekostes verhoog. Terwyl laasgenoemde effek waarskynlik die minste bydra tot die huidige prysstygings, is dit ook waarskynlik ‘n permanente effek wat net gaan toeneem met tyd.

Westerse lande het histories groot hoeveelhede graan en ander kos op die wêreldmark beskikbaar gemaak as hulp aan die derde wêreld. Goedkoop of gratis graan, met die netjies gedrukte letters “gift from the people of X” waar “X” Australië, of Nieu-Seeland of Kanada, of selfs die VSA is, is ‘n geykte beeld wanneer daar in die Weste oor hulp aan die Derde Wêreld, en veral aan Afrika, gepraat word. Hongersnood in Etiopië en in Kameroen, in lande soos Liberië, is histories deur Westerse skenkings verlig. Rock-konserte deur Live Aid,  noodhulp deur CARE, en menige ander Westerse organisasies, hou duisende mense in die Weste besig met hulp en samel geld in om Westersgeproduseerde graan aan te koop en te verskaf aan honger Afrikalande. Die honger kontinent, die geykte beeld van ‘n honger kind met ‘n bedelbak, is diep in die Westerse persepsie ingeskroei. Maar as beskikbare graan in die Weste in etanol omskep word, sal geen Live Aid of CARE geld die graan vind nie, die geykte beeld ten spyt.

Daar is geen sekerheid oor die beskikbaarheid en pryse van rys en graanprodukte oor die korttermyn nie. Veranderinge in die wêreld se produksie van graan het met intensiewe landboupraktyke in die twintigste eeu ‘n historiese rewolusie in voedselproduksie veroorsaak, wat goedkoop hoë kwaliteit produkte op supermarkte orals in die wêreld beskikbaar gemaak het. Die rewolusie was grotendeels te danke aan goedkoop ru-olie (in die vorm van diesel), en goedkoop kunsmis (wat meermaals uit aardgas of uit ru-olie vervaardig word). Pesbeheer vorm ‘n derde been in die landbourewolusie, en die resultaat was dat baie kos deur min mense baie effektief geproduseer is.

Die direkte gevolg van die rewolusie was ‘n aanpassing in die wêreld ekonomie. Die persentasie mense wat primêr met voedselproduksie gemoeid was, het afgeneem. Dit het mense in staat gestel om te verstedelik waar hulle ekonomies gespesialiseer het om ander dele van die ekonomie ontwikkel. Die gevolg was snelgroeiende bevolkings in komplekse en groeiende ekonomieë wat soms fantastiese rykdom geproduseer het. Effektiewe produksie, preservering en verspreiding van kos het lewensstandaarde baie in die Westerse wêreld verhoog. Dit was nie meer nodig om op die plaas te swoeg nie want mense kon spesialiseer in die ekonomie en steeds ‘n vol maag en hoë lewensstandaard handhaaf.

Die landbourewolusie het dus ‘n bevolkingsontploffing en verstedeliking gebaar, en die psigologiese ervaring van voedsel en voeding het verskuif van plase tot in supermarkte. Voedsel is vir meeste mense vandag iets wat volop, en taamlik goedkoop, verkrygbaar is. Resepte uit vervloeë dae om kos te preserveer, hetsy as konfyt, of biltong of droë vrugte, hetsy as soutvleis en dies meer, het in sekere gevalle verander in ‘n restaurant se deftige gereg, waar eters hulleself in die wêreld se stede neerplak om lippe af te lek sonder om die vaagste benul te hê oor die groot en komplekse samewerking tussen die natuur en ekonomiese beginsels onderliggend aan die voedsel wat hulle geniet.

En dit bring ons terug by rys. Met die Amerikaanse dollar se verswakking het Sjinese beleggers die dollar begin verkoop, en begin kyk na ander meganismes om hulle nuutgevonde (relatiewe) rykdom te investeer. Die geld het in die kommoditeitsmark gevloei en rys is aangekoop. Dit aanvraag is opgestoot en kunsmatige tekorte is daardeur veroorsaak. Armer lande soos Indonesië en die Fillipyne, wat rys moet invoer, kan dit nou nie meer teen ‘n billike prys doen nie, en die gevolg is duur en minder rys, en onluste.

Intussen is die duur pryse van rys en graan besig om ‘n politieke ondertoon te verkry, met die Westerse wêreld aan die een kant teenoor ‘n meer onseker en honger Derde Wêreld aan die ander kant. Dit is veral Westerse vervaardiging van biodiesel uit oliesade en etanol uit mielies wat waarnemers in die Derde Wêreld erg ontstig. Biobrandstof verminder die beskikbare hoeveelheid graan op die wêreldmark, en maak minder graan beskikbaar vir noodlenigingshulp aan hongersnoodgeteisterde wêrelddele.  Dit stoot die pryse van graan verder op, met die gevolglike sosiale onrus in armer lande.

Intussen verhoog die prys van ru-olie, en dus ook van diesel en ander brandstof, as gevolg van die groei in aanvraag en die vermindering in beskikbare bronne. Dit veroorsaak verhogings in produksiekoste, en plaas ‘n absolute perk op die hoeveelheid graan en ander landbougewasse wat geproduseer kan word. Vir elke ton mielies wat geproduseer word, is ‘n sekere aantal liters diesel nodig. Verminder die diesel, of die kunsmis, en minder mielies groei. Daar is voorspellings dat die wêreldbevolking teen 2050 met 50% gaan groei van die huidige ses miljard tot ongeveer nege miljard. In dié konteks van afnames in ru-olie produksie, en toenames in die produksie van biobrandstof in Westerse lande om die brandstof tekort te verlig, begin dit al moeiliker lyk om nege miljard mense te voed. Inteendeel, dit blyk dat baie lande hongersnood en ontbering in die gesig gaan staar, en dat ons op die vooraand van permanente voedseltekorte staan.   

Dit is in hierdie internasionale konteks dat Robert Mugabe se vernietiging van produserende plase in Zimbabwe en die komende grondhervorming in Suid-Afrika verstaan moet word.

Soos hierbo opgemerk, het die landbourewolusie baie mense van die arbeid op plase verlos.  Hulle het verstedelik en gespesialiseer, en in baie gevalle merkwaardige tegnologiese en kulturele beskawings gebou. Die vernietiging van kosproduksie in Zimbabwe het die proses ten minste daar omgekeer, en selfbehoud in Zimbabwe beteken dat Zimbabweërs vandag teruggekeer het na 'n primitiewe toestand waar voedselverkryging die primêre daaglike aktiwiteit is.

Die situasie in Suid-Afrika is dalk net so ongebalanseerd. Voorgestelde grondhervorming, en die gevolglik gepaardgaande afname in voedselproduksie, wat verder ook deur tekorte in ru-olie produksie vererger sal word, kan katastrofiese voedseltekorte veroorsaak.  Die persepsie dat voedsel in die algemeen, en dat die fantastiese hoeveelhede graan en rys wat die wêreld produseer, maklik is, of maklik volgehou kan word, is vals. Suid-Afrika se posisie is ook baie meer riskant as wat algemeen aanvaar word. Daar is geen nabygeleë staat wat Suid-Afrika kan voed in die geval dat haar voedselproduksie afneem weens die ANC se politiek of selfs weens ander ekonomiese of fisiese faktore nie. Die waarheid is baie meer ontstellend, en die situasie baie meer kompleks.  

Die ANC regering glo skynbaar steeds dat voedsel maklik deur enige iemand op omtrent enige plek in groot hoeveelhede geproduseer kan word, terwyl hulle punte aanteken oor hoe en aan wie plase moet behoort en dat daar te veel wit boere is. Daarbenewens word hulle geskiedenis op die koop toe as irrelevant afgemaak.

Voedsel is natuurlik nog steeds beskikbaar by die naaste supermark terwyl u hier lees. Maar vir hoe lank?

трековые светильники екатеринбургФильчаков прокурор