ANC se einde in sig

Image11:25:01 Met verwysing na al die gissinge in die media oor Thabo Mbeki se skouspelagtige politieke vernedering wat oor die afgelope 10 maande plaasgevind het, het dit duidelik geword dat hy ook maar mens is. En nadat hy November/Desember verlede jaar die ruk-in-die-bek gekry het, het hy tog geprobeer om dinge weer "reg" te doen – synde Zimbabwe. Dis die normale sielkundige reaksie nadat jy met die vingers in die koekblik gevang is.

Sy nederigheid was egter van korte duur en soos sy volgelinge gewaarsku het, het hy toe teruggebaklei op die enigste manier wat hy ken: onderduimse manipulering. Soos in Freek Robinson se TV-program is duidelik voorspel dat Mbeki nou eindelaas nederig aan alle vereistes sal voldoen voordat die SAUK die gesprek "kortgeknip" het.

Maar sy aanhangers meen steeds hy sal oor sowat twee jaar herrys nadat Jacob Zuma oor die moeilike ekonomiese hekkie gestruikel het. Die implikasie is egter dat aangesien Mbeki in elk geval 'n "Insituut" die lig wou laat sien, sou hy nie 'n derde termyn "gegun" word nie, verwag kommentators nou dat Mbeki dalk oor vier jaar 'n politieke party kan begin.

Mbeki staan mos bekend as die "hardkoppige" president en bogenoemde bevestig dié standpunt. Sy parasitiese fokus het egter verskuif van die blanke in Suid-Afrika na die ANC, wat in dié stadium die magsentrum in SA beheer. Onder toenemede druk uit sy eie kombuis het sy beskermende super-ego nou oorgeneem en hy byt nou die hand wat hom al die jare gevoer het.

Myns insiens is die voorspelling in die TV-program Carte Blanche geldig dat die verdere vernedering van Mbeki tot 'n werklike skeuring in die ANC kan lei en dus 'n magsvakuum sal laat. Die ANC sal dit nie doen nie en die aanduiding is dat die ANC-NUK die werklike mag in die land is omdat Mbeki volgens regter Heath krimineel vervolg moet word op grond van die prima facie-getuienis teen hom. Dit sal egter moeilik wees om dit te bewys omdat die mense wat teen hom moet getuig, sy meelopers is en daar hoogs waarskynlik geen opnames, e-posse of enige dokumentasie is wat dié manipulerende gedrag as getuienis vasgelê het nie.

As mens na Mandela luister, is sy mening dat 'n wandaad wel gepleeg is en as die ANC dit sou ignoreer, sal hulle die morele hoë grond verloor om die weg oop te laat vir die volgende presidensiële diktatuur met 'n rubberstempelparlement.

Die dae van die ANC is getel – of dit op kort of lang termyn is, maak nie meer saak nie. Dis al in 1990 voorspel en dit het weliswaar langer geduur as verwag is. Die einde is ook nog nie in sig nie, maar oor die horison is die sangoma se dolosse deur die vuil skuim van die see weggespoel.

107421 карданныйФільчаков Олександр Васильович прокурор

Mbeki: anatomie van ‘n ‘dooie slang’

ImageDie verwagte afdanking van Thabo Mbeki deur die Zuma-faksie het gister plaasgevind. Ná die hofuitspraak in Zuma se guns deur regter Chris Nicholson het Jacob Zuma na sy mededinger op Zoeloe as 'n "dooie slang" verwys.

Waarom het die Mbeki-faksie binne die ANC, wat eens so sterk gelyk het, die onderspit gedelf? Mbeki is immers gesteun deur Brittanje en Amerika wat steeds op die kantlyn poog om die politieke toutjies in Suid-Afrika te trek, asook Groot Besigheid en die magtige mediagroepe Johnnic Communications en Naspers, om van die SAUK nie eens te praat nie.

Hoekom het die kobra wat Thabo Mbeki eens was, verwelk en word hy nou summier deur sy eie partygenote afgedank?

Myns insiens het Mbeki verloor omdat hy oor geen etniese magsbasis beskik nie. En in Afrika is 'n etniese magsbasis, hetsy onder jou eie stam of dié van ander stamme, van kardinale belang. Zuma, daarenteen, beskik oor 'n etniese magsbasis onder die getalrykste en sterkste stam in die land, die Zoeloes. Daar is selfs Xhosa-hoofmanne in die Transkei wat nie tot die Mandela-invloedsfeer behoort nie wat hul steun aan Zuma toegesê het. Toe die Mbeki-faksie begin het om hom van korrupsie te laat aankla, het Zuma toenemend buite die amptelike "stamloosheid" van die ANC getree en sy Zoeloeskap beklemtoon.

Zuma se strategie het uitmuntend geslaag. Mbeki is ontbloot vir wat hy is: 'n geïsoleerde marionet van sy swart sakevriende en die Britte en Amerikaners. Hoewel van Xhosa-afkoms, verteenwoordig Mbeki eintlik 'n ontstamde, 'n "Afrosakser" soos die Keniaan Ali Mazrui die miljoene swart Engelssprekendes beskryf wat mens oral ter wêreld aantref. Sy stam is tegelyk transnasionaal en nie-bestaande: 'n minderheidsgroep binne die groter Anglo-Amerikaanse ryk wat die VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland insluit.

Mbeki was bloot die opvolger van Mandela, die man wat by verstek in die plek van die Groot Xhosa aangewys is. Mandela self het die mag verower danksy die Britse media, Trevor Huddleston van die Britse anti-apartheidsbeweging, asook die honderde miljoene dollar wat die Sweedse regering aan die ANC geskenk het om die destydse NP-bewind te knak.

Die grootskaalse internasionale steun wat Mandela van die Britte en Amerikaners ontvang het, het die illusie van Xhosamag in Suid-Afrika geskep. Hoewel die Xhosa-elite soos springkane op die land toegesak en begin "skep" het, was die werklike magsentrum van die Mandelabewind buite die land gesetel, by die Britse en Amerikaanse ambassades en by hul geheime dienste wat in meer as een geval die ANC-bewind van buite af gemanipuleer of gerig het.

Een van die eerste gevolge van die magsverandering in Suid-Afrika is dat Brittanje en Amerika hul greep op Suid-Afrika gaan verloor. In die internasionale skaakspel wat daar tans aan die gang is, gaan Rusland, China en die Moslems met hul petrodollars probeer om invloed op Zuma en die inkomende regering te verkry.

Brittanje en Amerika wou met die 1994-skikking die Afrikanervolk vir alle praktiese doeleindes laat uitwis of uit sy geboorteland verdryf, maar in hul entoesiasme het hulle die deur oopgemaak vir anti-Westerse en veral anti-Amerikaanse invloed in Suid-Afrika. Sodra die Zuma-faksie oorneem, gaan dit baie interessant wees om te sien watter skuiwe Rusland, China en die Moslems gaan maak. Jan Smuts het gesê dat die lot van Suid-Afrika altyd van buite sy landsgrense bepaal sal word en waarskynlik was hy reg.

Die feit dat die Britse en Amerikaanse media Mandela tot goddelike status verhef het, was 'n verdere faktor wat by ons die indruk gewek het dat die Xhosas 'n oorweldigende magsfaktor in die land was en die ander stamme, asook die blankes en Afrikaners, met gemak kon oorheers.

Mbeki se afdanking deur die ANC  het daarom ook die illusie van Xhosa-mag soos mis voor die opkomende son laat verdwyn. Hoewel die Xhosas steeds oor die grootste aantal ANC-lede en die Ooskaap oor die meeste takke van die party beskik, is hulle besig om te verkrummel en is die Zoeloes met hul veel sterker etniese bewussyn en nasionalisme besig om oor te neem.

As mens daaraan dink, was die Xhosas as volk nog nooit verenig nie. Hulle bestaan uit verskillende stamme, die Temboes, Fingoes en Pondo's. Boonop was hulle voor '94 verdeel in twee tuislande, die Transkei en Ciskei wat geen liefde vir mekaar gekoester het nie. Weens gebrek aan eenheid, was dit dus onvermydelik dat die korstondige Xhosa-empaaier, wat danksy Britse en Amerikaanse steun onder Mandela en Mbeki tot stand gekom het, uiteindelik soos 'n kaartehuis ineen sou tuimel.

Die groot vraag op elkeen se lippe vandag, is: wat gaan 'n Zuma-bewind vir die Afrikaner beteken? Tradisioneel is die Zoeloes en Afrikaners die twee sterkste groepe in die land, met die blanke Engelssprekendes wat hul steeds oorheersende ekonomiese posisie slegs aan hul bande met die groter Angel-Saksiese wêreld – wat veertig persent van die wêreldekonomie beheer – te danke het. Dat Helen Zille die leier van die amptelike opposisie moet wees, verteenwoordig 'n anomalie wat ten minste net so groot is soos die anomalie van die erbarmlike Xhosas uit hul arm, stagnante provinsie wat na Pretoria opgeruk het om die hele land en selfs die subkontinent te oorheers.

Vanweë die verswakking van Britse en Amerikaanse invloed, is die weg nou gebaan vir 'n groter Afrikanerrol in die Suid-Afrikaanse politiek en ekonomie. Die Engelse se mees gevreesde nagmerrie, dat daar 'n bondgenootskap tussen die Zoeloes en Afrikaners mag ontstaan, mag dalk bewaarheid word.

Zuma se verskillende ouvertures aan Afrikaners ten spyt, is dit tans moeilik om oor die moontlikheid van 'n Zoeloe-Afrikanerbondgenootskap te spekuleer. Ras is 'n groot faktor in Suid-Afrika, tans selfs groter as onder apartheid, en daarom kan mens moeilik sien hoe Zuma sy grootliks simboliese toenadering tot Afrikaners verder sou kon voer sonder om deur die erg rasbewuste swart elite verwerp te word.

'n Zuma-presidentskap kan vir die Afrikaner óf goed óf sleg wees, soos dinge nou lyk. Zuma bevind hom eintlik tussen twee vure. Enersyds bestaan daar die radikale faksie in die vorm van Cosatu en die SAKP wat die beroemde "tweede revolusie" wil sien gebeur waardeur Suid-Afrika in 'n werkerstaat na die klassieke kommunistiese of sosialistiese model omskep moet word. Andersyds is Zuma waarskynlik bewus van die intense wrewel in Afrikanergeledere jeens die ANC-bewind en sou hy ons dalk wou paai met 'n toeskietliker beleid oor Afrikaans, Afrikanerkultuur en swart rassevoorkeure in die staatsdiens.

Heel moontlik het Zuma besef dat die land met 'n geweldige gebrek aan kundigheid sit sover dit dit staatsdiens, die munisipaliteite en selfs groot dele van die privaatsektor betref. Die Afrikaner, met sy sterk hoërskole en universiteite wat tot dusver in 'n mate die verwoesting van Asmal en Pandor se onderwysbeleide kon oorleef, verteenwoordig steeds die mees opgeleide en kundige groep in die land.

Dit mag wees dat Zuma nie sonder Afrikanerhulp sou kon regeer nie.

Een van die heel eerste dinge wat Zuma sal moet doen, is om van die vele amptenare ontslae te raak wat aan die Mbeki-faksie lojaal is. Die vraag is egter: met wie gaan hulle vervang word? Soos dit tans daar uitsien, boks die swart elite reeds ver buite hulle gewigsklas, aangesien hulle nie oor die nodige tegniese en bestuursvaardighede beskik om 'n eertyds eerstewêreldland te regeer nie. Heel moontlik besef Zuma dat hy nie oor die nodige bestuurders beskik waarmee die uitgaande Xhosa-magselite wat so heerlik oor die afgelope veertien jaar geplunder het vervang kan word nie. Dit mag wees dat hy sy vyande in die burokrasie met Afrikaners wil vervang, wat sy voorliefde vir braaivleis met die Boere sou verklaar.

'n Historiese geleentheid bestaan tans vir die Afrikaner om dalk self 'n paar kastaiïngs uit die vuur te krap.

Ongelukkig lê daar enkele hindernisse in die weg van die Afrikaner om sonder meer sy verdiende leierskapsposisie in die land weer in te neem. Ten eerste is daar Afrikanerverdeeldheid. Afrikaners is verstrooi oor verskillende politieke partye, sowel die Engels-oorheersde DA as die Vryheidsfront Plus wat tot dusver nie die volk se verbeelding kon gaande maak nie. Dan is daar die horde Afrikaanse organisasies waarvan elkeen glo dat hy eiehandig die Afrikaner se lot gaan bepaal. Sommiges glo ook dat die begrip "Afrikaner" liefs afgesweer moet word en dat ons ons heil onder bruin leiers moet gaan soek.

Ten tweede – en dis 'n baie groot tweede struikelblok – is daar die mediagroep Nasionale Pers wat nie wil toesien dat Afrikaners weer 'n aktiewe rol in die Suid-Afrikaanse politiek begin speel nie. Die koerante in die Nasionale Persstal soos Beeld, Volksblad, Burger en Rapport het eintlik mondstukke vir die Britse en Amerikaanse belang in die land geword en was tot onlangs nog ondersteuners van die Mbeki-faksie. Nasionale Pers gaan aanhou om sy bes te doen om die Afrikaner verder af te kraak, te verdeel en te demoraliseer sodat ons onderdanig sal wees aan watter swart regering ook al volgende oor ons aan bewind mag kom, selfs al staar ons vernietiging in die gesig.

Verdeeldheid, asook Nasionale Pers se filosofie van onderdanigheid, verteenwoordig dus die twee grootste meulstene om die Afrikaner se nek wat hom moontlik gaan verhoed om op die nuwe gegewe in die land te reageer.

Indien ons egter daarin slaag om dié meulstene van ons af te werp, kan 'n uiteindelike Zoeloe-Afrikanerbondgenootskap tot voordeel van die land in sy geheel, asook die hele Afrika suid van die Sahara, tot stand kom.

Zuma sou ons kon help om ons verdeeldheid te oorkom deur 'n statutêre raad vir Afrikaners in die lewe te roep. So 'n stap sou die horde babbelende Afrikanerorganisasies noop om almal aan 'n amptelike Afrikanerraad deel te neem wat deur die regering befonds sou word en sodoende 'n nuwe volkseenheid skep.

Die Zuma-regering kan ook vir Nasionale Pers voor die mededingingstribunaal sleep en die monopolie waaroor die Brits-georiënteerde mediagroep in Afrikaans beskik, begin afbreek. Dit sou ons bevry van die afbrekende en ondermynende invloed wat Nasionale Pers op die volk se psige uitoefen met sy dosyne Afrikanerhaters wat hulle graag as rubriekskrywers en politieke kommentators voordoen.

In ruil vir dié twee gunste, sou Afrikaners Zuma kon bystaan om die staatsdiens en die strafregstelsel reg te ruk en Suid-Afrika weer op die pad van vrede en voorspoed te plaas.

Die ander scenario, waar die linkses van Cosatu en die SAKP die oorhand sou verkry, is – in die woorde van John Vorster – te aaklig om aan te dink.

игрушки детскиеtopcargo развод

Is SA banke nog veilig?

ImageDie Amerikaanse kredietkrisis het reeds $900 miljard se bystand van die Amerikaanse regering geëis. In rand is dit gelykstaande aan R7,2 triljoen rand; dis nou 72 gevolg deur elf nulle.

Nou is daar mense wat sê: dit kan nie hier gebeur nie. Ons deposante se geld is nog veilig by Standard, ABSA, Nedbank en Eerste Nasionaal. Sê wie? vra ek.

Ten eerste: Nedbank het oor die afgelope twintig jaar dit reggekry om twee keer bankrot te gaan. Dis nou sónder enige finansiële krisis wat vernuf en spoedige optrede deur die bestuur vereis het. Elke keer het Ou Mutual tot die bank se redding gekom en is die publiek enige verliese gespaar. Wat gebeur as Nedbank se aandeelhouer, Ou Mutual, net soos die Amerikaanse versekeringsreus AIG self in die moeilikheid raak?

Investec ondervind blykbaar probleme as gevolg van sy Londense kantoor se blootstelling aan die kredietafgeleides. Ons banke is nie sulke groot spelers in die internasionale afgeleides dat hulle groot geld verloor het in die huidige Amerikaanse krisis nie, maar ons huismark kan binnekort dieselfde paadjie as die Amerikaanse bewandel. Eerste Nasionaal het reeds begin om hier in Johannesburg huise terug te neem. As dié eiendomme op die mark kom, gaan die pryse in duie stort en al ons banke het geweldige blootstellings aan die huismark.

Volgens die Reserwebank se reëls hoef banke nie enige kapitaal te hou teen hul blootstelling aan residensiële eiendom nie! Slegs die 8%-reël van die BIS geld op hul totale bates. Indien die huismark net met twintig of dertig persent daal, gaan die banke se kapitaal waarskynlik uitgewis word, gegewe die reusebedrae wat die afgelope tyd aan ontwikkelaars en huiseienaars uitgeleen is, ook aan die swart middelklas wat in poste om politieke redes verkeer en nie omdat hulle 'n wesentlike produktiewe bydrae tot die ekonomie lewer nie.

Dan is daar SEB. Wat weet ons van die omvang daarvan? Dis nou die tientalle (waarskynlik honderde) SEB-transaksies wat deur die banke aanmekaar gesit is en waar begunstigde swartes aandele teen 'n afslag van maatskappye bekom het, met geld wat van die banke geleen is. Die sekuriteit hiervoor is die aandele. Wat gebeur as die onderliggende aandeelwaardes onderkant die uitstaande skuld daal? Word die lenings dan betaalbaar? Gaan al die ryk swartes met hul groot karre en huise en Hollywood-lewenstyl die skielike gate tussen lenings en batewaardes kan terugbetaal? Wie weet watter ooreenkomste daar by die honderde of duisende aangegaan is en waar die banke hulself met strafklousules en dergelike probeer beskerm het? 'n Groot aantal aandele mag dalk so op die mark kom en die pryse nog verder na benede druk.

Kortom, ek dink mens se geld is meer so veilig in 'n bank nie. Trevor Manuel het Saambou toegelaat om bankrot te speel. Moontlik sal hy Standard red, maar is hy in staat om die Groot Vier almal gelyk te red as dinge begin lelik lyk? Ek het persoonlik geen vertroue in die banke se bestuur nie. Hulle is mense wat reëls volg en verder gholf speel. Skielik is daar nie meer reëls nie.

Ek weet dit klink alles baie lelik, maar toe ek 'n handelaar in 'n bank was, is ek altyd vertel ek moet kyk na die sogenaamde "worst case scenario".

Die VSA het so pas $900 miljard uitgegee om sekere van sy finansiële instellings te red of net "ordelik te laat ontbind", waaronder $85 miljard net vir AIG. Dít alles is nog nie die "worst case scenario" nie, want soos die voormalige Amerikaanse sentrale bankier Alan Greenspan (allermins iemand wat onder dié omstandighede paniek wil saai) gesê het: "Dis nog lank nie verby nie."

In SA sit ons met 'n huisborrel en 'n SEB-borrel. Dink daaraan as al twee tegelyk moet bars, wat nie net moontlik nie, maar waarskynlik is, want die twee is aan mekaar gekoppel.

Albei borrels mag binne die volgende maande deur die internasionale gebeure en globale gebrek aan likiditeit geprik word. Ook gaan maatskappye personeel begin afdank en hulle gaan moet dink of hulle polities korrek wil bly met hordes onproduktiewe kwotapersoneel en of hulle wil oorleef. Ek vermoed hulle gaan wil oorleef, wat beteken dat heelwat sogenaamde swart diamante met hul hope skuld skielik werkloos gaan wees. Huise en motors gaan in hul tienduisende teruggeneem word en teen 'n appel en 'n ei op veilings aangebied word. Die banke gaan die pyn vat en as hulle verliese die 8-10% van hul bates (die somtotaal van 'n bank se kapitaal) oorskry, is hulle onderdeur. Dan sal Trevor besluit, soos in die geval van Saambou, watter bank vir hom die moeite werd is om te laat oorleef en watter nie.

Wat sê hulle? Eerder bang Jan as dooie Jan. My raad aan die publiek sou die volgende wees:

1. Raak onstlae van aandele. Gebruik enige opwaartse daaldekkingslopie in die aandelemark (die sogenaamde "dead cat bounce") om te verkoop.
2. Moet geen kontant, behalwe die nodigste, by 'n bank aanhou nie. Koop eerder korttermynskatkiswissels met 'n staatswaarborg. Die banke gaan voor die staat bankrot wees, want die staat kan belastings hef.
3. Koop goud aan, Krugerrande of enigiets anders wat 'n direkte blootstelling aan fisieke goud gee (ek meen ABSA het so 'n produk wat nie aan die bank self gekoppel is nie, maar waardeur mens 'n aandeel in fisieke goud bekom). Gister het goud die meeste nog in een dag gestyg. Onder $1000 per ons is goud myns insiens 'n winskoop. As daar nog 'n AIG uit die kas klim of een van die groot internasionale banke ineenstort, kan goud lag-lag $2000 of meer per fynons haal.
4. Doen dadelik aansoek om 'n deel van jou kontant oorsee te plaas, in euro, jen of verkieslik Switserse frank, ingeval die rand weens ons handelstekort gaan verswak. Trouens, SA het nou meer internasionale skuld as ooit en dit kan insgelyks die rand laat verswak terwyl daar internasionaal na die sogenaamde "veilige hawens" soos goud en die bewese harde geldeenhede soos die euro (waarin Duitsland en Nederland steeds 'n groot rol speel) en Switserse frank gevlug word.

Hierdie is een van daardie "swart swane" soos een beroemde finansiële handelaar dit genoem het; die onwaarskynlike wat nie veronderstel is om te gebeur nie, maar wat wel een keer in 'n honderd jaar gebeur.

Onthou: AIG was tot nou die dag deur Standard & Poor's en Moody's as AAA gegradeer, dieselfde kredietwaardigheid as die meeste Westerse regerings. Nou is dit tegnies bankrot. Ons banke, ook vanweë die sogenaamde "landrisiko", staan nie op hoër as A+ nie. Indien 'n AAA-instelling in die huidige omstandighede kan vou, waarom nie ook ons veel swakker banke met hul toenemende blootstelling aan die meer riskante deel van die krediet- en huismark nie?

 

справка для спорталобановский супермаркет класс

Volk het nie quislings soos Fourie of Coetzer nodig nie

ImageVir my is Jan-Hendrik Coetzer se geskrif een van die mees patetiese voorbeelde van Nuwe-Suid-Afrikaanse sikofansie en meelopery wat ek tot nog toe gelees het. Sy Naspersbase gaan hom waarskynlik bevorder op grond van sy Newspeak, maar sy soort regime-meelopery en gatlekkery is genoeg om geweldige naarheid by enige Afrikaner te verwek.
Op die oog af lyk dit of Coetzer se groot probleem in dr Roodt se rubriek oor Frederick Fourie die feitelikheid daarvan is. Dis egter slegs ‘n oppervlakkige en vlietende indruk.

Hoe verder mens lees in Coetzer se repliek, hoe meer kom mens onder die besef dat Coetzer se geskrif van alle substansie ontbloot is. Dit gaan nie daaroor dat dr Roodt die feite verkeerd het nie. Dit gaan eerder daaroor dat Coetzer ‘n geweldige probleem het dat dr Roodt uitwys dat die politiek-korrekte keiser, Fourie, Coetzer se ikoon, wat oor sy voete geval het om sy eie volk uit te verkoop, nie klere aanhet nie.

Dis baie insiggewend dat Coetzer dus geensins die feitelike inhoud van dr Roodt se geskrif probeer betwis nie, buiten ‘n flou redekaweling oor iets wat in ieder geval duidelik spekulasie is – Fourie se moontlike emigrasie na Australië. Let op dat dr Roodt geensins geskryf het Fourie gaan Australië toe nie – hy het dit nie as ‘n fait accompli voorgehou nie. Hy het wel vermoed dat Fourie waarskynlik Australië toe gaan emigreer.

Met ander woorde, dis spekulasie. Niemand van ons sal egter verbaas wees as Fourie wel soontoe gaan nie, gegewe hoe ‘n ander walglike sikofant, Professor Chris “Stink” Brink van Stalinbos, gevlug het juis van diegene by wie hy so ywerig gekruip het en hom in Engeland gaan vestig het nie.

Nee, tipies van die Naspers-regimemeeloper, probeer Coetzer eerder die man as die bal speel. Nêrens  betwis hy Fourie se walglike meelopery en ANC-gekruip tydens die Reitzhuis-insident nie. Hy probeer eerder om die boodskapper te skiet. Coetzer se verskoning vir sy eie volslae onvermoë om met die feite te verskil, en om ‘n argument op grond van die feite te voer? Hier is dit: ”ken jý die persoon wie jy so slegsê in jou rubriek?”

Soos Gustav Venter uitgewys het in ‘n vernietigende punt wat Coetzer se kinderlike argument met die vloer gelyk vee, ken ek ook nie vir Julius Malema nie, maar dit is nietemin vir my duidelik dat Malema een van Suid-Afrika se voorste morone en suurstofdiewe is. Coetzer se argument is só swak, só onnosel, dat mens dit kwalik kan glo dat iemand Coetzer as joernalis kan aanstel. Moet mens nie minstens Graad 4 kon deurkom om ‘n joernalis by Beed te word nie?

Fourie se uittrede is kennelik ‘n verlies vir die Nuwe Suid-Afrika, maar ‘n aanwins vir alle Afrikaners. Laasgenoemde en eersgenoemde se belange is diametries die teenoorgestelde. Dít wat ten gunste van eersgenoemde is, bots lynreg met die belange van laasgenoemde.

In dierdie opsig is ek dit lynreg eens met Cosas: ek sal Fourie nie mis nie. My volk het nie Quislings soos Fourie of Coetzer nodig nie.

My enigste kommer oor die ganse aangeleentheid is waarom Afrikaners nog geld bestee aan publikasies wat substandaard-joernaliste soos Coetzer in diens het?

new casino inЛобановский

Roodt oor Fourie: Nee, Jan-Hendrik, die waarheid is nie altyd mooi nie

Image…Jan-Hendrik Coetzer,

Die aanhef van hierdie skrywe verskaf vir my 'n probleem. Ek bedoel, hoe moet ek jou aanspreek? “Liewe Jan-Hendrik” is jy nie vir my nie want jou soort onnoselheid maak my toenemend ongeduldig.

 "Beste" is jy nie, want wat ek uit jou gebelgde klein briefie aan Dan Roodt kan agterkom, is dat jy óf geen erg aan jou nering as joernalis het nie, óf dat jy bloot onbeholpe is. “Geagte” kan ek jou nie noem nie; ek het bloot minagting vir iemand wie se karige begrip net oortref word deur die verslonstheid van sy argumente.

Jou soort gee vir my moed vir die Afrikaner se toekoms. Maar voordat die onderlippie van aandoening begin bewe, laat my net verduidelik:

Naspers het, deur sy Afrikaanse koerantgroep, 'n verderflike invloed op die Afrikaner se denke. Gedagtig daaraan dat Naspers die Afrikaner as sy grootste vyand geïdentifiseer het en homself onverpoosd beywer vir die verdwyning van die volk waaruit die mediagroep gekom het, is dit duidelik dat ons hierdie invloed sal moet neutraliseer. Mense soos jy, met julle onbehendigheid en julle halsstarrige ontkenning van die werklikheid, maak ons werk soveel makliker.

As Beeld, Die Burger, Die Volksblad en Rapport se redaksionele lamlendigheid en joernalistieke geploeter nie so aan my bekend was nie, sou dit vir my baie moeilik gewees het om te glo jou knoeiwerk kom uit 'n verslaggewer se pen. Die droewige waarheid is dat die beteuterde gehalte van jou skryfwerk geensins afwyk van die standaard wat elke dag in Naspers se Afrikaanse koerante gedemonstreer word nie.

Die eerste ding wat jy – en die res van die liberale gemeenskap in Suid-Afrika – moet leer, is dat blote gebelgdheid nie 'n standpunt in 'n samehangende redenasie kan omskep nie. 'n Ferm vertrekpunt, deeglike ontwikkeling van die argument en 'n verantwoordelike toepassing daarvan is darem ook nodig. Ek weet jy is nie oortuig nie, so, as jy nog tot hier kon konsentreer, volg my gerus in 'n ontleding van 'n paar van jou stellings.

Kom ons begin met hierdie raaiselagtige uitlating van jou: “Ek wou gister al kommentaar lewer op bogenoemde rubriek , maar het eers daaroor gedink en besluit om nie óók so laag te daal nie.

Jy moet dit probeer – dan sal iemand soos ek jou dalk ernstig opneem – ongeag jou siening of standpunt.”

Dit is dus jou mening dat om kommentaar op 'n rubriek te lewer 'n veragtelike daad is. 'n Mens wat dit doen “daal laag.” En… dan doen jy dit in elk geval. Nie net doen jy so die verwerplike nie, jy dring by Dan Roodt aan dat hy dieselfde doen. In daardie geval, dui jy aan, sal jy hom ernstig opneem “ongeag” sy “siening of standpunt”. (Liederlike oorbodigheid in die laaste paar woorde, stem jy nie saam nie?)

Nou sien, Jan-Hendrik Coetzer, dis waar ons van julle liberaliste verskil. Ons neem 'n persoon ernstig op vanweë die inhoud en die gehalte van sy standpunte. Jy neem hom ernstig op as hy probeer om “laag te daal”. Uit die res van jou brief lei ons af dat jy Professor Frederick Fourie baie ernstig opneem. Gedagtig aan jou vereiste moes hy darem baie laag gedaal het.

Dit is moeilik om te dink dat 'n “joernalis”, selfs uit die Naspers-stal, so lamlendig kan wees om 'n gemors van die woord “so” te maak, maar julle spul se lompheid ken geen perke nie. Laat ek jou help: Wanneer jy die woord “so” aan die begin van 'n sin gebruik, dui jy daarmee aan dat jy 'n voorafgaande gevolgtrekking gaan toepas. Wat was hierdie gevolgtrekking in hierdie geval? Dit is dat Dan Roodt so laag soos jy moet daal deur kommentaar op 'n rubriek te lewer sodat jy hom ernstig kan opneem.

Hier is jou toepassing van die gevolgtrekking. “So dit gaan dwaas wees van my om jou persoonlik aan te val soos jy met Prof. Frederick Fourie gedoen het  – vir die eenvoudige rede – ek ken jou nie.”

Kom ons sit dit nou alles aanmekaar: Dan Roodt moet so laag soos jy daal deur kommentaar op 'n rubriek te lewer sodat jy hom ernstig kan opneem en dit vir jou dwaas sal wees om hom persoonlik aan te val want jy ken hom nie persoonlik nie. Sien jy Jan-Hendrik? Jy kan nie die “so” op hierdie manier gebruik nie. Jou gevolgtrekking en die toepassing het niks met mekaar te doen nie. Daar is geen koherente ontwikkeling van die argument nie.

En Jan-Hendrik, asseblief, 'n vindingryke skrywer kan die aandagstreep op allerhande skeppende maniere aanwend. Maar jy kan hom nie 'n dubbelpunt se werk laat doen nie, al is jy gewoond aan 'n disleksiese sub-redaksie.

Asof ons nie al genoeg deur jou broddelwerk vererg is nie, irriteer jy ons nou met een van daardie temerige vrae wat 'n handelsmerk van liberalisme geword het.

“Ken jý die persoon wie jy so slegsê in jou rubriek?” vra jy vir Dan.

Wat die antwoord ook al is – ja, nee, miskien – wat het dit met die geldigheid van Dan se rubriek te doen?

In enige logiese stelsel word 'n persoon beoordeel volgens die gevolge van sy woorde en dade. Dan het, soos jy aandui, Frederick Fourie “'n lafaard, verraaier en veral kruiperige suurstofdief” genoem. Jy redeneer dat Dan dit slegs kon doen indien hy Fourie deeglik persoonlik geken het. Was Hitler 'n sielsieke, moorddadige klein tor gewees? Het jy hom persoonlik geken? Moet ek iets meer hieroor sê?

Jy striem Roodt omdat hy volgens jou mening “ongelooflike twak” skryf en dan die vermetelheid het om sy reg op vrye spraak uit te oefen deur dit op sy webwerf te plaas. Jy wend geen poging aan om Dan se uitsprake op die grond van feite of logika te ontleed en te weerspreek nie. (Behalwe om te tjank omdat Roodt gesê het Fourie gaan hom in Australië vestig. Hierdie is die onbenulligste van al Roodt se stellings en al gaan woon Fourie in Dakar, sal dit geen belemmering wees vir Dan se redenasies nie. Maar ek en jy weet Fourie gaan nie in donker Afrika bly nie. Die skrilste advokate vir integrasie, as hulle die geleentheid kry, neem hulle intrek waar daar geen transformasiekwessie is nie omdat die omgewing die suiwerste blank is wat jy kan kry. Wat wed ek jou die liewe Frederick gaan dié patroon voortsit?)

Jou beswaar gaan daaroor dat Dan “persoonlik” raak oor Fourie. Ek sou met jou saamgestem het – as hy Roodt verkeerd was of die beledigings aangewend het bloot om Fourie te kwets. Dit doen hy glad nie. Hy wend feite en goeie logika aan om sy stellings dat Fourie 'n lafaard en verraaier is, te ondersteun. Dis eenvoudig: Fourie het deurgaans stelselmatig in woord, daad en beleid teen sy eie mense gekies. Dit maak van hom 'n verraaier. Toe vlug hy eerder as om die gevolge van sy verraad die hoof te bied. Dit maak van hom 'n lafaard. En 'n kosbare element soos suurstof behoort nie op verraaiers en lafaards gemors te word nie. Dit maak van Fourie 'n suurstofdief.

Soos enige ander liberalis druk jy jou kop onder jou arm wanneer jy dié redenasies nader. Jy het geen behoefte en geen bevoegdheid om die argumente te weerlê nie. Dan tjank jy maar oor Roodt se vermeende onbeskofdheid.

Die arme Frederick Fourie. Nie net is hy afgetakel en gestroop deur sy eie onnosele en verraderlike optrede nie, nou moet hy nog die vernedering ondergaan om verdedig te word deur 'n waghond wat maar toe uiteindelik 'n porseleinkakebeen en droplekkertande het. Jou manhaftigste poging om sy eer te verdedig is om aan te voer dat hy “sy werk met liefde en passie gedoen het”.

Jan-Hendrik, ek was in die weermag en ek het 'n lafaard of twee raakgeloop wat heeltemal in druksituasies gekraak het. Kom ek verseker jou, daar is niemand wat meer hartstogtelik is as 'n lafaard wat bedreig word nie. En verraaiers word dikwels deur hulle emosies oorweldig. Gaan vra maar die Amerikaners en hulle sal jou vertel dat Benedict Arnold 'n hartstogtelike man was. Passie is nie 'n inenting teen óf lafhartigheid, óf verraderlikheid nie.

Dis min of meer hier wat jy weer kripties raak in jou betoog. Jy tree vir Fourie in die bres, nie net omdat “hy sy werk met liefde en passie gedoen het” nie, maar ook onder andere omdat hy “saam met my (Jan-Hendrik Coetzer) hartseer moet wees omdat hy sy uittrede aangekondig het”.

Sug. Ek gaan nie eers iets sê nie.

Jan-Hendrik, jou liberale haarwortels wys onder die kleursel van jou verontwaardiging. Ek glo nie vir 'n oomblik dat jou gebelgdheid ontstaan het omdat Roodt valse aantygings teen Fourie gemaak het nie. As hy skromeloos gelieg het, sou jy tuis gevoel het by hom.

Maar dat hy so blatant die waarheid kan praat, dit is darem te erg vir enige liberalis om te sluk.

(En, Jan-Hendrik, ek is self besig om 'n rubriek oor Frederick Fourie en die integrasiedebakel by Kovsies te skryf. As jy dit te lese kry en jy voel genoop om daarop te reageer, probeer darem om iets sinvols in jou reaksie te sê.)

интернет магазин детских игрушек украинаДанильченко Харьков

Rasse-insident ontlok geen reaksie

ImageEk hoop en vertrou dat daar 'n orgie van verontwaardiging sal losbars oor hierdie aanval waarin drie blanke mans deur Asiate in Durban vermoor is in 'n uiters vreemde voorval wat skynbaar gehandel het oor 'n argument rondom penisgrootte.

 Dit sou komies gewees het, as daar nie 'n rasse-tragedie afgespeel het nie. Die feite spreek vanself: drie blankes is deur Indiërs vermoor nav 'n argument wat byna per definisie rasse-ondertone het, naamlik die verband tussen ras en penisgrootte.

 
Nietemin word die berig glad nie aan die groot klok as 'n rasse-insident gehang nie, veral nie in die Beeld nie. Mens kan jou

kwalik indink watter storm daarenteen sou losgebars het as dit die blankes was wat die Indiërs vermoor het. Dit sou vir weke lank voorbladnuus gewees het.

 

Beeld sou redaksionele stukke skryf wat die insident in skril terme veroordeel, soos oor die gewaande "insident" waar 'n swart vrou glo deur rassiste geteister is, maar wat niemand van die 54 000 toeskouers buiten sy glo gesien het nie.

 

Ek is kennelik naïef as ek uitsien na histeriese beriggewing op CNN, die BBC, Australiese, Chinese en Indiese koerante, soortgelyk aan dit wat plaasgevind het nav die Reitzhuis-voorval. In laasgenoemde het die "slagoffers" uiteraard vrywillig saamgewerk en is niemand beseer nie, maar daar was 'n grootskeepse uitbarsting en al wat blank en Afrikaner is, is kollektief veroordeel.

 

Helaas kan ek met vertroue voorspel dat hierdie blatante rassistiese moorde 'n stil dood sal sterf. Niemand gaan iets wat op die mees gewelddadige rassisme denkbaar neerkom, veroordeel nie. Daar gaan nie betogers buite die hof in Durban wees nie. Ons sal niks daarvan hoor in die buitelandse media nie.

 

Bes moontlik sal die kranksinnige linkervleuel wel reageer, maar dan bloot om die moord op die slagoffers self te blameer en die rassistiese moordenaars as die eintlike slagoffers te identifiseer. Apartheid sal sekerlik ook bygesleep word ter verontskuldiging.

 

Al gevolgtrekking wat mens hieruit  kan maak, is dat blankes se lewens veel minder belangrik is as andere se persepsies van swart skoonmakers se waardigheid.

— стоимость брекетов на зубыФильчаков

Praat kos niks; is jy bereid om die daad by jou goedkoop woorde te voeg?

Image09:12:23 "Gedurende apartheid het ons ons eie landsburgers opvoeding en menseregte ontneem en baie van hulle uit baie beroepe gehou en hulle is stelselmatig afgetakel. Ons skuld die land baie, maar ons waai omdat dit ons nie pas nie. Waar is ons gewete, waar is ons menseliefde, waar is ons geloof?"
Bostaande woorde is dié van die bekende mode-ontwerper Marianne Fassler in Sarie van Oktober 2008.

Geagte Marianne,

Ek wonder of jy al nagedink het oor wat dít jy so gladdebek tussen die glansblaaie kwytraak? Dit is maklik om te praat as jy nie die daad hoef te doen nie, maar is jy een van die mense wat die daad by die woord voeg?

Uit wat voorheen oor jou in tydskrifte publiseer is, is dit duidelik dat jy 'n baie bevoorregte jeug en kleintyd gehad het.

Daar is vele van ons wat nie die voorreg gesmaak het van onderrig by 'n Hongaarse kleremaakster nie. En nog baie meer van ons wat nie weet wat dit beteken om oorsee te gaan nie, anders as jy, wat verkies om na Mosambiek en die Seychelle te gaan omdat die water heerlik warm is daar. En ons kanse om dié voorregte te geniet, is seker nou nog minder nadat jy en jou soort die land op 'n skinkbord aan onopgevoede barbare oorhandig het.

Al wat ons vra, is 'n regverdige kans in die lewe, maar ons word dit nie gegun nie omdat ons blank is, en nie onbeholpe swartes nie.

Jou woorde getuig van iemand wat in absolute onkunde leef, iemand met rooskleurige brillense wat die lelik uit ons alledaagse lewe filtreer. En duidelik lewe jy die lewe van een van die bevoorregtes in ons die land, nie saam met ons wat moet spartel net om te bestaan nie.

Ek wil graag so paar goedjies vir jou uitlig:

Wat die ontneming van menseregte betref, glo ek dat baie van die swartmense in die apartheidsjare 'n heelwat beter en baie veiliger lewe gelei het as nou, al is hulle volksgenote aan die stuur van sake. Ek sê nie dat alles reg was nie, maar ek stel dit wel dat die meeste swartmense nou baie minder het om oor te lag as jare terug.

Jy moet dalk meer spesifiek wees oor watter menseregte hulle ontneem is, want een reg wat hulle wel gehad het, was die reg op veiligheid, en 'n doeltreffende polisiemag wat hulle beskerm het. Dit is meer as wat hulle nou kan sê. En ek kan byvoeg dat dit dié keer swartes is wat swartes van regte ontneem. Soos ook ’n doeltreffende regstelsel en howe. Hul foute ten spyt, het die gereg en die howe destyds die werk gedoen gekry.

As die apartheidsregering die swartmense wou ontneem het van onderrig, sou daar geen swart skole gewees het nie. Eintlik het die regering destyds uit sy pad gegaan om hulle van onderrig te voorsien. Blanke onderwysers is tydens die onluste met gepantserde voertuie na die skole in die townships aangery. Swart onderwysers het geskitter in hul afwesigheid, maar die blanke onderwysers het uit pligsbesef steeds elke dag skoolgehou. Moet dus nie praat oor onderwys wat die swartmense ontneem is nie.

En wie dink jy was die onnoseles wat elke keer as swartmense 'n skool – waarvoor hulle nie betaal het nie –  afgebrand het, die ding weer gaan bou het? Verseker nie die swartes nie. Dit was ons blankes wat so onnosel was om hulle te bederf met iets wat hulle nie verdien het nie.

Misdaad is buite beheer, gesondheidsorg is in sy peetjie en elektrisiteitsvoorsiening en onderwys al op die afdraande pad. (Natuurlik sal dit jou nie pla nie, want jou kleinkinders sal niks anders as die beste privaatskole besoek nie.) En jy dink dat die swartmense goed gedoen het sover? Dalk behoort jy ook aan ander dinge te dink.

Die staatsdiens wat destyds die land se paaie en ander infrastruktuur redelik goed in stand gehou het, is ten gronde. Dink jy dis die blankes se skuld? Jy mag reg wees, maar dis julle bloeiende liberale harte wat dit veroorsaak het, nie ons rassiste nie.

Want ons het probeer balans handhaaf, waar julle alles oorboord gegooi en die swartman net ingestop het, sy onvermoë om die taak te doen ten spyt. Julle liberale elemente het presies geweet waar dinge gaan eindig, maar hou julle nou blind vir wat nou aan die gang is. En nou is julle blaamvry en pak julle die skuld op ons, wat wel 'n werkende stelsel probeer behou het.  

Wat het ons nou? Totale wanorde en anargie, wat nog net nie op ’n volskaalse gewapende stryd uitgeloop het nie. En dan het julle die skaamteloosheid om ons Afrikaners te beskuldig?

Het jy al besluit wanneer "ons" genoeg betaal het en het jy al besluit watter deel van die "skuld" joune is om te betaal?

Wel, hier is so paar voorstelle om jou skuld te betaal.

1) Jy kan saam met jou familie (of sonder hulle) 'n Marianne Fassler Akademie, soortgelyk aan dié van Oprah Winfrey, stig. Dan kan jy gratis onderrig gee aan swart kinders, wat wel die potensiaal het om volgens jou beskeie mening êrens te kom in die lewe.

2) Jy kan jou pa ompraat om altyd gratis mediese sorg aan die swartmense te lewer.

3) Jy kan 'n mode-akademie stig wat swart mans en vroue gratis as mode-ontwerpers oplei, let wel, gratis. (Ek dink dit is iets wat jy dalk sou wou vermy, want hulle sal jou vinnig verbysteek met geldmaak omdat hulle velkleur tot hul voordeel sal wees.)

4) Jy kan dalk jou ma ompraat om gratis kunsklasse aan die arme agtergeblewe swartes te gee, om te help regstel vir wat jy aan hulle (die swartes) gedoen het.

Die feit dat jy as Marianne Fassler werk aan mense verskaf, maak verseker nie van jou 'n redder van die volk nie, en dit gee jou nie die reg om my as Afrikaner te beskuldig nie. Daar is blankes wat ondernemings het wat baie swartmense in diens het. Hulle lewer hulle bydrae om die sogenaamde "sosiale" skuld te betaal.

Wanneer sal jy tevrede wees dat ons en jou skuld betaal sal wees? Vertel tog asseblief sodat dat ons blanke Afrikaners kan leer wat om te doen.

Die feit dat jy sê mense vlug omdat hulle nie wil "betaal" nie, is sprekend van die arrogansie wat die geldstatus aan jou verleen. Daardie mense wat wel die land verlaat, het dalk baie meer betaal as wat jy ooit kan besef: met die verlies van lewens, besittings, verkragtings, aanrandings …

Hulle het besluit om te gaan omdat die prys te hoog is, en ek neem hulle nie 'n oomblik kwalik nie. Want dit kos moed om jou land agter te laat – dalk sal jy nog vorentoe uitvind presies hoeveel.

Jy matig jou regte aan waarop jy nie geregtig is nie, soos om mense te beskuldig van dinge waarvan jy niks weet nie. Dit is oningeligte, naïewe martelaars soos jy wat die land grootliks in die gemors gedompel het waarin ons nou is, en wat, as dinge te erg word, op die eerste die beste vliegtuig sal klim na groener weivelde en ’n veiliger lewe.  

железная дорога игрушкиtopcargo отзывы сотрудников

Ons gee nie om vir die publiek nie, s? polisie

Image“Geen polisielid sal sy werk verloor met die veranderings wat in werking gestel word nie.”

Met dié een sinnetjie van direkteur Sally de Beer, vertel die regering vir ons dat hulle nie ons belange as burgers op die hart dra nie, maar eerder dié van die kriminele elemente in die land.

Direkteur Sally de Beer wys net weer hoe min die land se regering in werklikheid omgee vir die gemiddelde Jan Alleman, wat ook indirek verantwoordelik is vir die pos waarin die dame haarself as ‘n huidig onaantasbare bevind.

Dit is net die jongste in ‘n vlaag aanhoudende en soms lagwekkende stellings wat die polisiebestuur van SA weer gemaak het. Wel, oor die algemeen is hulle in die verkeerde beroep, want die sirkusring sou dalk ‘n beter plek wees vir die klomp narre wat blou uniforms dra. Die verklaring van die adjunkminister van justisie, Johnny de Lange, so ʼn paar weke terug was seker net die inleiding tot die volgende vlaag grappies waarmee hulle nou te voorskyn kom. Die sewepuntplan teen misdaad se volgende episode.

Die herstrukturering van die diens is sekerlik deel van die plan, wat in elk geval gedoem is om te faal indien die wil om ‘n verskil te maak nie met daadwerklike aksie opgevolg word nie. En ek praat nie hier net van herstrukturering van die diens nie, maar van die uitkap van dooie hout. Ek praat van die indiensneming van mense wat verstand het om te dink, mense wat misdaad wil oplos, en nie net lippediens daaraan wy nie.

Indien ek reg gelees het, was daar wel komitees, rade en ander groepe aan die dink (is dit moontlik?) oor sekere dele van die sewepuntplan om misdaad te beveg, maar daar was nog nie sprake daarvan dat sekere dele van die plan reeds redelik ver gevorder was nie.

En skielik kom die direkteur uit met die stukkie nuus, dat sekere dele van die herstrukturering reeds ver gevorder was. Nou begin ek wonder, is die herstrukturering deel van die plan, of maar net nog ‘n aksie om ons te laat dink dat hulle besig is? Die vraag is: besig met wat?

Die herstruktureringsproses behels onder andere dat die vlakke waarin die polisie opgedeel is van vier na drie verminder word. Wat wel belangrik is hier, is dat daar geen poste in die proses verlore sal gaan nie, en daar is gevolglik rimpelings wat wyer kring van daar waar die klippie in die water land. Die eindresultaat is dat die swak polisiemanne wat verplaas word steeds in die diens behou word en dat daardie swak polisiemanne steeds sal aanhou om swak werk te doen. Dit doen die land absoluut geen guns nie, inteendeel, dit maak dat die swakhede net versprei word, om dan deur ander se harde werk gedra te moet word.   

Die feit dat daar jaarliks sowat 11 000 nuwe rekrute opgelei word soos wat in die berig beweer word, is absoluut niksseggend. Wat wel saak maak, is die kwaliteit van die opleiding, en die kwaliteit van die rekrute, nie hoeveel daar opgelei word nie.

Indien die meeste van die rekrute van die swak kaliber is wat ek al gesien het, sal hulle nie vir ‘n oomblik ‘n verskil kan maak om misdaad te verminder soos wat die regering klaarblyklik wil doen nie.

Daar is veel meer wat nodig is in ‘n persoon om ‘n goeie polisieman te wees. Daar is ten minste die vereiste om beide Engels en ‘n ander taal goed vaardig te kan wees. Om nie eers van Afrikaans te praat as die persoon geplaas gaan word in ‘n oorwegende Afrikaanssprekende gemeenskap nie. Daarmee saam is goeie kommunikasievaardighede ook nodig, soos telefoonetiket, die vaardigheid om helder en duidelik te kan praat, om hoflik en behulpsaam te wees.

Die verdere vaardighede is natuurlik die vermoë om behoorlik en noukeurig te kan lees, skryf en ook die aanleg om analities te kan dink. Dit is veral belangrik wanneer die persoon dalk vorentoe die oog vang met moontlike opleiding as speurder of ander spesialis. Dat daar wel swartmense is wat die vermoë het, betwyfel ek nie, maar hulle verteenwoordig ‘n absolute minderheid.       

Ek kan dit dalk so stel. Ek kan 31 mense per dag leer skiet, wat my met 11 315 mense per jaar sal laat, maar dit sal nie maak dat ek aan die einde van ‘n jaar ‘n leër van 11 315 mense het nie. Want buiten die skietkomponent is daar ander faktore wat ook in aanmerking geneem moet word.

Die aanleg en ingesteldheid van die persone is net so belangrik, indien nie meer nie as die vermoë om te kan skiet nie. En dieselfde is van toepassing op die polisieman se beroep. Indien die persoon nie werklik ‘n verskil wil maak en misdaad wil keer nie, help al die opleiding in die wêreld niks nie.

Die nering van polisieman is geen blote werk nie; dis ‘n roeping. Dit is nou as mense daardie roeping volg om misdaad hok te slaan en nie bloot om in sy pos te sit en vegeteer nie.

Die feit dat daar duidelik gestel word dat niemand hulle poste sal verloor nie, spreek boekdele oor die polisie se verbintenis tot die bevegting van misdaad. En wat dit wel sê, is dat die slegte elemente in die mag behou sal word, oneag die uitwerking daarvan.

Die spreekwoord oor een vrot appel wat die res slegmaak, bestaan nie verniet nie. Dit bevat ‘n groot waarheid wat tot vandag toe bly staan. Indien die slegte elemente met hulle kriminele rekords vir allerhande onheilighede in die mag behou word, sal dit baie vinnig die res van die mag deurweek, soos wat kanker in’n liggaam versprei, totdat die hele liggaam siek is en later doodgaan. En daardie verspreiding is reeds sterk op pad om die mag lam te lê.

In hierdie opsig is die herstrukturering ‘n bitter gevaarlike proses. Want pleks daarvan dat die vrot plekke uitgesny word, word dit nou oorgeplant elders op die liggaam, wat beteken dat dit weer wortel skiet en daar verder die siekte van “misdaad in uniform” in die liggaam versprei.

Wat dit verder ‘n absolute klug maak, is dat daar plasingskomitees landwyd in die provinsies sal rondbeweeg en kyk na die behoeftes van stasies. Die vraag is: presies waarna kyk hulle dan, en waarvoor soek hulle ?

Ek dink wat ons wel tot kommer kan stem hier is dat hulle kyk waar daar nog stasies is wat goed werk, waar hulle dan die vrot appels kan plaas, sodat die vrot appels die goeies in die vaatjie ook kan slegmaak.

Die feit dat die skuiwe na gelang van behoeftes aan vaardighede gedoen sal word, sê ook nie veel nie. Die vaardigheidstekort strek dieper en verder as wat die een of ander komitee landswyd in ‘n maand sal kan raaksien.

Dit impliseer dat die reisende sirkus nie net ons belastinggeld gaan mors nie, maar ook beplan om dit vorentoe op ‘n baie groter skaal te doen. Ook sal belastingbetalers moet opdok vir die kostes verbonde aan verhuising en verplasing van beamptes wat nie verskil sal maak in die nuwe plekke wat vir hulle beoog word nie.

Ja, ek is wel bewus van die feit dat “nuwe besems skoon vee”, maar ek het absoluut geen vertroue in die sisteem nie. En ek dink dat ‘n redelike groot meerderheid van my mede-Afrikanerburgers ook geen vertroue in die stelsel koester nie.

Die polisiediens het hom reeds as feilbaar bewys en voordat hulle enigsins vertroue kan inboesem, sal hulle eers vir baie lank moet presteer. Die paar sporadiese gevalle waar die polisie wel sukses behaal, is nie genoeg om te vertroue te herstel nie.

Ek dink ek kan amper sover gaan as om te sê dat dit die regering is wat in ons tronke sit en die vingers klap, waarna die marionette wat in die parlement sit, asook op die presidentstoel net vra hoe hoog daar gespring moet word. Die tronkbevolking wat vonnisse uitdien beskik immers oor meer regte as die res van ons wat nie misdadigers is nie.

Of dit so is, kan mens nie in alle eerlikheid sê nie, maar alle aanduidings bestaan dat daar êrens agter die skerms baie oorleg gepleeg word met misdadigers om seker te maak dat die polisiediens verder in anargie en ondoeltreffendheid verval. Totdat dit later so afgewater gaan wees dat geen polisieman hoegenaamd meer respek sal kan afdwing nie.

casino slotsФильчаков Харьков

Het die begrip ?Suid-Afrikaanse burger? nog enige sin?

ImageOnwettige immigrasie is besig om Suid-Afrika onherroepelik te verander. In die volksmond praat mense al geruime tyd daarvan dat “De Klerk die land weggegee het”. Tot onlangs het ons gedink dat hy Suid-Afrika, sy rykdom en sy instellings op ʼn skinkbord aan die Xhosas oorhandig het sodat hulle hul swartbemagtigingspartytjie kan hou.

Deesdae sou ons egter met veel meer akkuraatheid kon beweer dat FW die land aan die Nigeriërs en die Kongolese geskenk het, want te oordeel aan die vreemdelinge wat oor ons landsgrense stroom, gaan hulle oor ʼn paar jaar die land beheer.

De facto is ons grense reeds opgehef, want elke Jan Rap en sy maat kan maar hier kom woon en werk, asook gratis onderwys en gesondheidsdienste ontvang. En al poog die plaaslike bevolking om so ʼn onwettige immigrant met geweld te verdryf, sal biskop Paul Verryn van die sentrale Metodistekerk in Johannesburg hom onderdak bied en die media hulself oorgee aan histrioniese betuigings van simpatie met sogenaamde slagoffers van xenofobie.

Hoeveel onwettiges verkeer binne ons landsgrense? Hoeveel van hulle het reeds ID-boekies by die korrupte departement van binnelandse sake aangekoop, soos ʼn episode van die program Special Assignment ʼn tyd gelede aan ons getoon het? Het die begrip “Suid-Afrikaanse burger” – in die lig van die verval van ons grense – nog enige sin?

Demograwe skat die aantal buitelanders binne ons grense tussen 10 en 15 miljoen. Met ander woorde, een kwart tot een derde van die land se inwoners is onwettiges! ʼn Staat wat nie sy grense kan beheer nie, het misluk. Want eie aan die definisie van ʼn spesifieke staat is tog die geografiese entiteit wat daardie land uitmaak.

Suid-Afrika begin by Kaap Agulhas en eindig aan die Limpopo. Of altans, so het ons jare lank gedink. Post-Zimbabwe en die helfte van daardie land se bevolking wat suid verskuif het, kan ons net sowel van ʼn Suider-Afrika praat wat tot aan die Zambesi of selfs die Kongo strek.

Zimbabwe en sy $100 miljard-dollarnote wat geen brood kan koop nie is gereeld, byna te gereeld, in die nuus. Dog Suid-Afrika se horde oorselfversekerde kommentators wy min rubriekspasie aan die Panafrikanisme wat onder Mbeki en sy buitelandse minister, Nkosazana Dhlamini-Zuma, gedy het.

Die begin van ʼn etniese konflik op 12 Mei vanjaar wat aan ons as “xenofobie” voorgehou is, was maar ʼn vulletjie vergeleke met die soort oorlog wat gaan ontstaan indien die drome van een groot Saogland wat Mbeki en naïewe sakemanne saam-saam koester ooit bewaarheid word. Die veertien state van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) modelleer hulself op die Europese Unie. Volgens ʼn verklaring verlede week gaan die subkontinent teen 2018 ʼn gemeenskaplike geldeenheid hê, ʼn Saogdollar of –kwatsja. Ons hoop maar die Reserwebank verhuis nie Harare toe nie, want Harare is so min of meer in die middel van Saogland.

Die punt omtrent die Europese Unie is egter dat alle lidlande ekonomies, polities en kultureel stabiel is. Tagtig miljoen Duitsers gaan nie môre die Ryn oorsteek ter wille van ʼn hoër lewenstandaard in Frankryk nie, want hulle beskik oor ʼn vergelykbare inkomste per kop as Frankryk s’n.

Die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zimbabwe is egter lande waar die gemiddelde inwoner onderskeidelik dertig en vyftig keer armer as ʼn Suid-Afrikaner is. Die blink liggies van Johannesburg, Pretoria en Kaapstad oefen dus ʼn onweerstaanbare aantrekkingskrag op die bykans 200 miljoen mense in die SAOG-streek uit en dit sou wensdenkery wees om te dink dat die toevloei van arm, ongeskoolde buitelanders hierheen gestuit of selfs gerem gaan word. Inteendeel, soos wat die ANC se imperiale droom van een groot Suider-Afrika verwesenlik word, gaan die stroom ekonomiese vlugtelinge oor die Limpopo versnel.

ʼn Meer sinistere interpretasie van SAOG-integrasie is dat sowel die Weste as Afrika eintlik erken het dat die lande suid van die Kongorivier nooit werklik gaan ontwikkel nie en dat die beskikbare rykdom en infrastuktuur in Suid-Afrika onder 200 miljoen mense verdeel behoort te word. Biskop Paul Verryn het onlangs op RSG, nogal in Engels op ʼn Afrikaanstalige radiostasie, ʼn roerende pleidooi gelewer dat al ons landsgrense formeel afgeskaf moet word sodat die groot suidwaartse migrasie vinniger en ongehinderd kan plaasvind.

Oral waar ek kom, probeer ek mense aan die verstand bring dat onwettige immigrasie, asook die komende wettige migrasie van Saoglanders na hul ekonomiese hartland in die PWV-gebied, ʼn veel groter probleem as misdaad is. Ja, dis waar, duisende mense sterf, word verkrag of vermink deur misdadigers, maar indien ons in ʼn oorlog betrokke was, sou ons bevolking ook daaronder gely het. State en volke oorleef oorloë, soos die platgeslane Duitsland en Japan ná die tweede wêreldoorlog aan ons getoon het.

Suid-Afrika as ʼn staat, om van die reënboognasie nie eens te praat nie, staan egter op die punt om in iets groters op te los. Dit gaan geen gestruktureerde Europese Unie wees waar ekonomiese en politieke integrasie deur desentralisering en groter magte aan streke en provinsies gebalanseer word nie, maar ʼn demografiese gletser wat onstuitbaar in die rigting van sy ekonomiese swaartepunt gaan gly.

Die geweld van enkele maande gelede was te wyte aan arm, ongeskoolde mense wat om dieselfde hulpbronne in ʼn reeds oorbevolkte PWV meeding. Soos wat die demografiese druk op behuising en infrastruktuur toeneem, sal die etniese drukkoker hier by ons insgelyks ontploffingspunt bereik.

Blykbaar is Lagos in Nigerië ʼn stad wat oorspronklik vir 100 000 mense deur die koloniale owerheid ontwerp is, maar wat tans 14 miljoen mense in die allerhaglikste omstandighede huisves. Hoewel die gemiddelde Nigeriër op R14 per dag moet oorleef, is Lagos ook die duurste stad in Afrika waar ʼn ete in ʼn restaurant jou R1200 kos. ʼn Drankie kos R120 en ʼn pak ontbytkos in die supermark R96. Waarskynlik het die infrastruktuurbeplanners in die PWV-gebied ʼn bevolking van twee tot drie miljoen voorsien, wat binne ʼn kort bestek tot tien miljoen vermeeder het.  Maar kan die PWV twintig miljoen of selfs veertig miljoen mense hanteer wat in eindelose plakkerskampe volgens hul eie etniese patrone saamleef, meer dikwels teen vyandelike groepe veg?

Nou onlangs het twee bekende swart vroue in die land, Wendy Luhabe en Ramphele Mamphele, erken dat die eertydse Bantoe-onderwys aan hulle ʼn veel beter opvoeding verskaf het as dít wat vandag in die meeste SA skole onderwys genoem word. Komende van swart vroue is dit seker wysheid, want toe ek iets in dié trant sewe jaar gelede by die KKNK op Oudtshoorn kwytgeraak het, is ek as rassis en apartheidsapologeet uitgekryt.

Apartheid het in ons land ʼn afskuwelike fiksie geword, wat niks met ons geskiedkundige belewenis te make het nie. Selfs die ergste oordrywings oor apartheid gaan egter oortref word deur die postapartheidsnagmerrie wat uiteindelik tot die ondergang van Suid-Afrika, die eertydse sameflansing van twee Britse kolonies en twee Boererepublieke, moet lei.

Afrikaners, veral in die huidige tydvak, vind dit moeilik om vir hulself ʼn toekoms los van Suid-Afrika in ʼn eie staat of gebied te sien. Die volkstaatgedagte is eenvoudig nie polities korrek nie. Moontlik sal die naderende werklikheid van ʼn Saog-imperium met ʼn groot Lagos of Luanda in die PWV-gebied egter ons mense oor hul toekoms aan die dink sit. Ons kan onsself seker apart van die DRK, Malawi en Zimbabwe begin sien, nie waar nie?

Die Afrikaner het al soveel tyd verspeel om aan sy eie politieke toekoms te begin dink dat mens soms vrees dat dit al te laat is met emigrasie as enigste redelike uitweg. Maar chaos en revolusies is soms goeie stimulante vir denke, soos die geskiedenis keer op keer bewys het.

Dat daar meer chaos op pad is, is gewis.

 

 

купить куклаалександр лобановский харьков класс

Frederick Fourie en ander lafaards

ImageDie nuus dat prof. Frederick Fourie, die Groot Transformeerder van die Vrystaatse Universiteit, die aftog blaas en homself heel waarskynlik in Australië gaan vestig, maak reeds deel uit van 'n patroon wat Afrikaanse universiteite teister. Voor hom was daar prof. Chris Brink van Stellenbosch wat hom insgelyks ten doel gestel het om daardie universiteit sogenaamd te transformeer of te verengels en toe inderhaas Engeland toe geëmigreer het.
Nie net het Fourie sy studente en personeel gefaal nie, maar deur sy gebrek aan ruggraat het hy in die hande van die vyande van Afrikaans en die Afrikaner gespeel. In die eerste instansie het Fourie self die saad van rassekonflik op die kampus van die Vrystaatse universiteit gesaai deur sy onbekookte beleid van gedwonge koshuisintegrasie. Die Reitz-video was 'n vorm van studenteprotes en -satire teen die koshuisintegrasie waarteen Afrikanerstudente en hul ouers oorwegend gekant was, gegewe die groot taal- en kultuurverskille tussen swart en wit studente.

In 'n Europese land soos België is die Universiteit van Louvain/Leuven in die sestigerjare ná hewige botsings in Franstalige en Nederlandstalige kampusse opgedeel. Nietemin het Fourie gemaak asof dit die normaalste ding ter wêreld is dat studente van uiteenlopende kulture in dieselfde koshuise saamgegooi word. Hierdeur het hy ook sy gedienstigheid aan die Mbeki-bewind vertoon en sy minagting teenoor sy eie mense, die Afrikaners, wie se kulturele en selfs fisisiese voortbestaan deur die huidige orde bedreig word.

Pleks van die Reitz-videokwessie op 'n ewewigtige en redelike manier te hanteer, het prof. Fourie eenvoudig gekapituleer voor die hewige media-aanslag. In die Afrikanergeskiedenis is daar voorbeelde soos Koos de la Rey of Paul Kruger wat telkens die dood in belang van hul volk getrotseer het. Hierteenoor het Fourie slap in die knieë geraak van 'n bietjie negatiewe publisiteit en toi-toi wat daarop gevolg het. Volgens Fourie se eie verklaring is hy "uitgemergel" deur die verskriklike "stres".

Afrikanerstudente op die Kovsie-kampus is dit eens dat sowel Fourie as die universiteitsbestuur hulle gruwelik in die steek gelaat het. Daar was geen debat, geen argument, geen ontleding oor die Reitz-video nie, net 'n skandelike oorgawe aan druk van buite wat in elk geval bewys het dat daar in die huidige Suid-Afrika geen akademiese vryheid bestaan nie.

Indien figure soos Frederick Fourie of Chris Brink Jode was, sou die Israelse Mossad hulle in die lande waar hulle nou gaan wegkruip iewers in 'n stasietoilet van die gras afgemaak het. Nie net is hulle ellendige verraaiers nie, maar ook sulke kruiperige suurstofdiewe dat hulle ons planeet 'n slegter plek maak.

Eendag in die toekoms wat nie so ver is nie, sal ons eietydse geskiedenis opgeskryf word en gaan Frederick Fourie en ander meelopers wat so ywerig hul eie mense ondermyn het aan die kaak gestel word vir wat hulle is: swakkelinge wat die naam "Afrikaner" nie werd is nie.

купить банюДанильченко Юрий прокурор

Watter regstelsel, Zapiro?

ImageDie herrie rondom Zapiro se spotprent van Zuma wat regstaan om die regstelsel te verkrag is interessant aangesien dit 'n illustrasie van pro-Xhosa en anti-Zoeloe Britse disinformasie verteenwoordig.

Die gekrenkte melodrama wat die voorstelling omgeef maak dit klaarblyklik moeilik vir sommiges om die opsetlik verkeerde voorstelling te oorweeg te oordeel aan die talle Facebook- en blokinskrywings om Zapiro te ondersteun.

Die onjuiste voorstelling lyk min of meer só:

Zuma het 'n HIV-positiewe vrou, byna nakend, in sy kamer onthaal wat 'n babaoliemasseering versoek het.

Daarna beweer sy sy is verkrag en lê 'n klag teen hom.

Die steeds funksionerende regstelsel – neem ons aan want dit was vóór Hlope – bevind Zuma onskuldig.

Nietemin stel Zapiro Zuma as 'n verkragter voor, kennelik 'n manier om die uitspraak in die guns van die ANC-president belaglik voor te stel.

Die feit is dat kinderverkragting, 'n erger misdaad, met 400% toegeneem het sedert Mbeki aan bewind gekom het.

Zuma kan duidelik nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.

Maar die koppeling, danksy Zapiro, is gemaak.

Benzi Ka-Soko segsman vir die Polisie se Burgerregte-unie het intussen vir Zapiro uitgedaag om iets te teken wat wit grondbesit ten koste van swartes uitspel. Ek kan die man verseker dat organisasies soos PLAAS, Programme for Land and Agrarian Studies, dit reeds met ywer aangepak het, al is dit nie met behulp van spotprente nie. Met befondsing van die Ford Foundation en Atlantic Philantropies is PLAAS tewens besig om voedselproduksie in Suid-Afrika in gevaar te stel deur klein, onwinsgewende lappies grond te wil sien realiseer.

Oxfam en die Britse Overseas Development Institute skakel ook met PLAAS.

Terwyl 80% van News24 se lesers dink Zapiro se spotprent is in die kol, het 13% gedink dit gaan te ver. Nie juis denkende mense, die lesers van News24 nie…

детектор лжи проверить себяtopcargo отзывы сотрудников

Die wit en swart skerpioene

ImageSo ʼn tyd terug het ek die film “Jarhead” gesien. Ek hou nogal van oorlogflieks, veral dié met ʼn boodskap. Ek gaan my nie hier as ʼn kenner op die gebied van films uitleen nie, maar daar was een stukkie in die film wat nogal opvallende ooreenkomste met die situasie in Suid-Afrika getoon het. Ek wil wel hier stel dat ek nie oorlog aanhang en verromantiseer nie; ek hou net van oorlogfilms.

In die toneel het ʼn hele groep Amerikaanse soldate in die woestynd rondom ʼn omgekeerde krat wat as tafel gedien het gebondel, jillend en rasend terwyl geld vir weddenskappe van hande verwissel het. Dit was manne van verskeie bevolkingsgroepe wat in die VSA verteenwoordig is, so op die oog af.  Op die “tafel” was daar iets soos ʼn platterige oop boksie waarin twee skerpioene besig was met ʼn stryd tot die dood toe, ʼn geveg waarin daar slegs een oorwinnaar uit die ring gehaal kan word. Dis die oorwinnaar wat in sy donker boksie teruggesit word en gepamperlang word totdat hy weer vir die volgende geveg uitgehaal word.

Die verloorder het ook ʼn klein boksie gekry, wat saggies deur die eienaar van die betrokke vegter in die droë aarde van Saoedi-Arabië begrawe is.

In die plat boksie het die twee skerpioene mekaar versigtig benader, al sirkelend soos ʼn mot om ʼn kersvlam. Asof hulle nie die geveg wat binne oomblikke kon uitbreek, kon weerstaan nie. Die verskil tussen die twee kon egter nie meer opsigtelik wees nie. Die een was ʼn massiewe swart skerpioen, groot swaar lyf, sterk groot knypers en ʼn lang stert met groot angel. ʼn Bul van ʼn skerpioen. Die voorkoms was nogal bedrieglik, want hy het beweeg soos vetgesmeerde weerlig.

Die ander skerpioen was wit, so woestynsandwit. Met ʼn kleiner lyf en fyn knypers, en heelwat fyner as die teenstaander gebou. Hy was rats, maar nie genoeg nie en het die prys met sy agtpotige lewe betaal.

Hy het baie versigtig uit die pad van die grote gebly tot dié hom gegryp het, een knyper wat die angel vashou en die ander een wat die een fyn knyper vasgevat het, die dik swart stert het rustig oor die lyf en kop geswaai en die angel het in die lyf van die kleiner dier weggesink, eenkeer, toe nog ʼn keer waarna die grote net gewag het.

ʼn Paar oomblikke later is die kleiner een gelos. Trillings het deur die lyf geruk en toe was dit verby. Die wit liggaam het roerloos gelê, dood. Soos slagoffers ná ʼn plaasmoord, net so dood.

Dit het my redelik aan die dink gesit. Hoewel my gedagtes soms maal rondom die punt het ek verskeie ooreenkomste gesien met dít in ons geboorteland “lewe” genoem word.

Konflik, dié vorm van interaksie wat die meeste van ons land se inwoners maar net te goed ken, was iets wat vir die twee teenstanders vanselfsprekend was. Ons, die wit skerpioene, hoop dat die konflik op een of ander manier vermy kan word of laat vaar kan word, maar dis ʼn beskamende hoop. Die sogenaamde Suid-Afrikaanse demokrasie is byna soos die geslote omgewing waarin die skerpioene geplaas word en waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Ons word saam in een houer gegooi en daar word verwag dat die swart skerpioene die wittes sal uitlos, maar ongelukkig sal dit nie gebeur nie. Die omstandighede sal dit nie toelaat nie. Dus is daar net een uitweg: konflik, geen ander interaksie nie, maar konflik. Wanneer die opsie om te vlug die een of ander kant ontneem word gaan daar stryd wees, dis ʼn onvermydelike deel van die natuur, of dit agtpotiges is, of leeus en luiperds, hulle sal mekaar die stryd aansê. Waar in die diereryk dit deel is van hulle voortbestaan, is dit in die mensdom deel van hulle ondergang.

Die klomp mans wat rondom die drama in die kleine gestaan en raas het, was ook van belang, met die dollars wat hande gewissel het om op die twee vegters verwed te word. So asof die twee wat baklei nou iets van die ongeordende geroesemoes sou verstaan. Of skerpioene kan hoor, weet ek nie, maar daar is iets hier wat my opval.

Elkeen wat geld verwed, wil die een of die ander kant as wenner in die stryd sien. Net soos die buitewêreld tans maak met al wat Afrikastaat is. Hulle kan nie vinnig genoeg die dollars rondswaai in die lug om dit op die een of die ander kant neer te lê nie. Mens kan net wonder wat die wedders dink hulle gaan kry as die wenner van keuse wel bo sou uitkom. En die antwoord is niks.

As die wedders wat die dollars in Afrika inpomp teen verbysterende tempo dink dat hulle die swart skerpioen sal kan beheer, hom na die geveg terugsit in die donker boksie tot hy weer nodig is, moet hulle weer dink. Dit sal nie gebeur nie. Die skerpioen wat wen gaan wel terug in sy donker boksie, maar dis waar die ooreenkoms eindig.

Want daar in sy donker skuiling sal hy gaan sit en planne smee om sy gevegsloopbaan te verbeter, planne maak om na die volgende geveg uit die sirkel wat hom in die geslote omstandighede hou weg te breek. Sodat hy in sy nuutgevonde vryheid sy stryd kan voortsit. ʼn Stryd wat nie meer net gerig is teen die opponente wat vir hom aangedra word nie, maar een wat gerig word teen wie ook al in sy pad kom. En as dit die dollardraer is, maak dit nie veel saak nie; solank hy kan baklei, is hy op sy gelukkigste. Dis die een ding wat die Westerse wêreld nou na al die jare van dollars rondswaai steeds nie geleer het nie. Mense, daardie geld wat julle so lekker rondswaai en in die bodemlose Afrika inpomp is nie beleggings waarop julle ongekende opbrengste gaan verdien nie, dis verlore, soos wat in weddenskappe soms maar gebeur. Maak maar solank vrede daarmee, julle het dit reeds verloor, ek wou julle net op dié betrokke punt inlig.

ʼn Baie goeie voorbeeld hiervan is ʼn onlangse nuusbrok, waar navorsing bewys het dat geld wat vir Afrika geskenk word om vir noodleniging aangewend te word, gebruik word om wapens te koop. Wapens wat aangewend gaan word om die oorblywende dollarwaaiers verder te vertrap en te bedrieg, sodat hy verder die dollars sal aandra. En of dit nou dollars, ponde of euro’s is, die eindresultaat bly dieselfde. Die ou storie van aangeleerde hulpeloosheid waarvoor daar geen genesing bestaan nie.

In David Bullard se gewraakte stuk waarvoor die Sunday Times hom die trekpas gegee het, word melding gemaak van iemand om te blameer, en dis presies wat die Afrikaboorling soek, altyd iemand om die blaam te dra.

Die wenner van die stryd gaan vir seker nie vir die een wat geld op hom verwed die reg verleen om in Afrika te maak soos hy wil nie. In weddenskappe verloor mens dikwels geld, net soos in die film gebeur het.

Die diamante, olie, minerale en ander rykdomme wat wel op die kontinent beskikbaar is, gaan nie sonder ʼn titaniese stryd deur die swart skerpioen afgegee word nie.

Die lewensverlies wat die Weste gaan lei as hulle hier wil inkom en begin om opbrengste bymekaar te maak, is iets wat hulle in hul wildste drome nie raaksien nie. In die geval van diamante sal dit wel bloeddiamante wees, en hier is die feite, dis julle bloed wat sal vloei en die diamante sal hulle s’n bly, aanvaar dit maar. Want die skerpioen gee niks verniet weg nie.

In sy natuur, wat volgens die Darwin-volgelinge reeds millenia oud is, is hy gebrei, taai gemaak om vir die daaglikse stryd opgewasse te wees. Dis een ding wat die Westerling nog tot sy bittere spyt sal leer, net soos die wit skerpioen in “Jarhead”. En spyt kom altyd te laat.

дизельный передвижнойФильчаков прокурор

Dingaan, die held

ImageDie aankondiging deur die premier van Kwzulu-Natal, Sbu Ndebele, dat die sluwe massamoordenaar Dingaan deur die ANC gerehabiliteer gaan word, verteenwoordig ʼn berekende klap in die gesig van die Afrikaner.

Dingaan beklee dieselfde status in die Afrikanergeskiedenis as Adolf Hitler in die Joodse geskiedenis. Nie net het Dingaan Piet Retief en sy geselskap van tagtig op ʼn geslepe wyse gevange geneem en doodgemartel nie, maar hy het ook 500 mense – hoofsaaklik vroue en kinders – by Bloukrans en Weenen in ʼn massamoord laat uitwis.

Die ANC beskik oor geen morele kompas meer nie en is reeds kop in een mus met Mugabe. Binnekort sal die party seker ook vir Charles Taylor, Idi Amin en Mengistu Haile Miriam, Afrikaleiers wat een en almal die gruweldade van Dingaan geëwenaar of oortref het, tot helde verklaar.

Die Voortrekkers se bedoelings was vreedsaam; vandaar ook die feit dat onskuldige vroue en kinders onverhoeds deur die Zoeloe-impi’s betrap en vermoor is. Tot die lafhartige moord op Piet Retief en sy geselskap plaasgevind het, was daar geen sprake van kwade bedoelings aan die kant van die Voortrekkers nie.

Die situasie van die Natalse Voortrekkers in 1838 toon ooreenkomste met die buitelanders in hedendaagse Suid-Afrika. Hulle was vlugtelinge wat die Britse verdrukking in die Kaap nie langer kon verdra nie, maar het slagoffers van Dingaan se xenofobie geword.

Sbu Ndebele wil met sy verklaring sy volslae minagting vir die Afrikaner en die lewens van Afrikanervroue en –kinders wat deur Dingaan geneem is, oordra.

Die feit dat onskuldige Afrikaanse vroue en kinders vandag weereens soos op 17 Februarie 1838 aangeval en vermoor word, toon dat “hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde”.

Met sy verheerliking van die volksmoordenaar Dingaan, dra Ndebele ook die boodskap oor dat daar hoegenaamd geen gemeenskaplike waardestelsel of siening van die geskiedenis in Suid-Afrika bestaan nie. Dingaan se barbaarse filosofie van "mag wat reg is", is ook die ANC s’n. Daarom gaan die geskiedenis herskryf word om van Dingaan ʼn held te maak en van Piet Retief en sy mede-Voortrekkers naïewe slagoffers wat in hul swakheid en goedgelowigheid ʼn verskriklike dood oor hulself gebring het.

Danksy die xenofobiese houding wat die ANC teenoor die Afrikaner se geskiedenis, taal en kultuur ingeneem het, is daar vandag geen toekoms meer vir ons in Suid-Afrika nie.

Hoe ironies dat die Afrikaner meer as anderhalfeeu ná sy heroïese Groot Trek met al sy ontberinge nog steeds na ʼn vaderland op soek is. In weerwil van die kolossale bydraes wat hy met sy belastings en kundigheid aan Suid-Afrika gemaak het, word hy steeds as vreemdeling gesien waaroor daar telkens ʼn nuwe pogrom afgeroep kan word.

zoom отзывылобановский александр досье

‘n Praager in Praag

ImageDie afgelope naweek het ek besoek afgelê by die Tsjeggiese hoofstad Praag om weer ná elf jaar kontak te maak met 'n ou vriendin van my RAU-jare wat deesdae in Australië woon. Aangesien Praag 'n anderhalf uur se vlieg van Amsterdam is, het ek besluit om ná agt jaar hierdie indrukwekkende stad weer te besoek.
Die weer was warm, so 25 grade, maar in teenstelling met Nederland, was dit 'n droë hitte soos op die Hoëveld en dus houdbaar. 'n Soortgelyke temperatuur in Nederland is meestal klam en uitputtend wat 'n lekker stadswandeling moeilik maak. Hoewel die grootste drukte agter die rug was, was die stad nog behoorlik bont van die toeriste. Ek en my vriendin het toevallig verby 'n paar Afrikaners op die Karelsbrug geloop.

 

Benewens die uitstekende argitektuurstyle wat strek van neo-Goties tot Barok, van Jugendstil tot postmodern, staan hierdie stad ook vir sy kristalwerke bekend. Die binnestad het seker dosyne kristalhandelaars wat nie verleë is om hul mooiste pronkstukke ten toon te stel nie. Dit sluit in piramides, kandelaars, blompotte, ketels, blomme, karikature en diverse diersoorte wat 'n kleurryke verlokking vir die oog vorm, terwyl die strate 'n gesellige drukte het van toeriste en plaaslikes wat deur die strate flaneer.

 

Soos altyd is die bekendste erfenisse van die stad, die Sint Vituskatedraal, die Karelsbrug, sterrekundeklok, Joodse wyk, Pilsener Urquell, beeldskoon vroue, Antonin Dvorak, Franz Kafka, Bedrich Smetana, Jan Hus, die Golem en andere op een of ander manier sigbaar.

 

Die stad het egter ook in die teken gestaan van 'n grimmiger gebeurtenis. Die afgelope Augustus was dit veertig jaar gelede toe die lande van die Warskou-verdrag Praag binnegeval het om die Tsjeggoslowaakse president Alexander Dubcek te dwing om af te sien van sy "Sosialisme met 'n menslike gesig"-beleid, beter bekend as die Praagse Lente. Met hierdie beleid wou Dubcek wegbreek van die streng kommunistiese bestel van die Sowjetunie.

 

Bo aan die Vaclav Havel-straat – die Praagse ekwivalent van die Champs d'Elysée – is die Nasionale Boheemse Museum wat die besetting ten toon gestel het. Hierdie museum dra nog steeds die littekens van die inval. Die pleisterwerk waar artilleriegeskut getref het is nog goed te sien op die swart pilare. Aan die voet van die museum was daar 'n graffitimuur opgerig met allerlei protestekste en plakkate, soos onder andere "Dubcek! Svoboda!" (Dubcek! Vryheid!), "Potsjemu??Potsjemu? Potsjemu!!!" (Waarom?? Waarom? Waarom!!!) en wat my besonder geïnteresser het, was 'n plakkaat van 'n moeder wat haar kind vashou met in Russies onderaan geskryf: "Wat sê jy vir jou ma by die huis?"

 

Ook by die voet van die museum is daar twee bulte in die plaveisel met 'n brons Christuskruis daarin gelê. Op die kruis se dwarsbalk is die name Jan Palach en Jan Zajic gegraveer, 'n huldeblyk aan twee jong martelaars wat hulself aan die brand gesteek het uit protes teen die kommunistiese besetting, Palach in Januarie en Zajic in Februarie 1969. Hul gedenksteen so 'n paar meter verder is nog steeds besaai met blomme, kerse en tekste van simpatisante.

 

Toe ek agt jaar gelede Praag besoek het, maak ek 'n fout toe ek 'n Tsjeg wat my 'n advertensiebrief op straat uitgedeel het vriendelik bedank het met die Russiese "Spasiba". "Spasiba??!!", antwoord hierdie kêrel heel verontwaardig, maar ek het gewoon verder geloop. Eers later sou 'n Tsjeggiese kennis my vertel dat om Russies te praat in Tsjeggië nog erger is as om Engels in Parys te praat. Die Tsjegge is nog baie giftig teenoor enigiets Russies. My Tsjeggiese kennis het op 'n stadium vertel dat selfs op skool in die tagtigerjare het hulle massaal geweier om Russies as tweede taal te leer. 'n Mens kan liewer Duits praat, aangesien hierdie stad oor 'n gevestigde geskiedenis van Duitse invloed beskik. Immers, een van Praag se grootste skrywers, Franz Kafka, het in Duits geskryf.    

 

In die sentrum van die stad loop ek toevallig verby 'n gebou met 'n interessante plakkaat voor die deur. Op die plakkaat is 'n Russiese matrosjka te sien (daardie houtpoppie met kleiner en kleiner wordende hout poppies binne-in) met sulke groot slagtande en bo-aan die teks "Museum of Communism is here". Heel frappant. Ek het 'n foto daarvan geneem en vir myself gedink dat dit is nou presies waar Kommunisme tuishoort: in 'n museum! Was die Suid-Afrikaanse regering maar so slim.

 

Die stad is behoorlik bruisend en 'n mens sou skaars kon dink dat hierdie 'n laeloonland is. Vir 'n bedrag so min soos 100 krone (ongeveer 45 rand) kan 'n mens vir 24 uur op die moltreine en trams deur die hele stad rondry. Elke 7 minute is daar 'n moltrein en om te wys dat die Tsjegge hul sake goed gereël het, is daar selfs 'n tydsaanduiding wanneer die volgende moltrein oppad is.           

 

Op die heuwel by die St. Vituskatedraal en Braagse Burg is die parlementsgebou en presidensiële ampswoning. Teenoor die ingang van die parlementsgebou is 'n standbeeld van die eerste president van Tsjeggoslowakye, Thomas Masaryk. Die regterhand van Masaryk reik 'n bietjie vorentoe met sy wysvinger en middelvinger teen mekaar, en ek moes dink aan John Vorster se gunsteling brandewyn-en-Coke-bestelling ("Twee vingers. Nie meer nie en ook nie minder nie.") Inmiddels bestaan Masaryk se Tsjeggoslowakye nie meer nie. Ná die val van die Berlynse Muur het hierdie staat die Fluweelrewolusie ondergaan en is in twee geskeur, met die Tsjeggiese Republiek in die weste en Slowakye in die ooste. Praag is nog steeds die hoofstad van Tsjeggië en Bratislawa is sedert 1989 die hoofstad van Slowakye.  

 

Daar is duidelike veranderinge besig om te gebeur in Praag. Ou fabrieke en industrieë word gesloop en nuwe hipermoderne kantoorgeboue is besig om opgerig te word. Net soos in die geval van baie Europese stede vind die meeste bouwerke aan nuwe wolkekrabbers plaas buite die ou stadsentrum, en eksklusiewe motorhandelaars soos Maserati en Lamborghini kan 'n mens ook deesdae daar aantref. Daar was ook betreklik min boemelaars in die hoofstad, en ek vermoed dat baie van hulle Sigeuners is. Daar is nuwe winkelsentrums wat geopen het sedert ek laas daar was, en ek vermoed dat oor 'n dekade Tsjeggië al heelwat vordering gemaak het om op peil te kom met die Weste.

 

Sedert verlede jaar behoort hierdie land aan die EU maar handhaaf voorlopig nog sy eie munteenheid. Dit lyk soos 'n slim taktiek om eers die kleiner lande te moderniseer en op peil te bring, aangesien kleiner bevolkings beter met veranderings kan omgaan. Die EU is egter goed met uitbreiding maar swak om mag te vertoon. Of die EU Amerika se politieke spierkrag ooit sal oortref, is bedenklik.

 

Solank hierdie kosbare juweeltjie van 'n stad beskerm sal bly vir die nageslag sal dit 'n ryk geskiedenis saamdra. Dit was deur die eeue heen 'n belangrike trekpleister vir mistici en ideoloë gewees, vandaar die begrip "Boheem", vermoed ek.

 

Ongelukkig was my besoek slegs beperk tot 'n naweek, anders sou ek meer uitvoerig hieroor kon skryf.

 

Dalk volgende keer.воронеж стробоскопылобановский александр досье