FIFA voor Afrikasokkerdilemma

Die Beweging vir die Emansipasie van die Nigerdelta, bekend as MEND, het 'n e-pos aan FIFA gestuur om hulle te waarsku dat sokker nie in Afrika sonder meer sonder probleme gespeel gaan word nie. Hulle het die wêreldsokkerliggaam aangeraai om nie die onder-17 toernooi in Nigerië aan te bied nie.

Om die erns van hulle versoek te onderstreep is Abiel Tabor, kaptein van Bayelsa United wat Sondag Nigerië se Premierligasokkertoernooi gewen het, kort na die eindstryd deur Mend-rebelle vermoor.

FIFA sit tans met 'n kopseer in Suid-Afrika waar skeidsregters nie hulle werk doen nie, stadions half leeg is en velde veel te wense oorlaat. Daarbenewens word die atmosfeer vir besoekers bederf deur die aanhoudende lawaai van die vuvuzelas wat Afrikane nou as 'n kulturele reg om algar se gehoor permanent te beskadig, geëien het.

Die hopelose Suid-Afrikaanse span is 'n verdere verleentheid vir sokkerbaas Sepp Blatter en om die gasheerland vir 2010 se toernooi se tekorkominge te verbloem het hy juis die vriendelike Afrikagees aan voornemende toeskouers probeer verkoop.

Chevron, wat olie in die Delta pomp, is hoogs kwesbaar nadat die VSA ook vir die jeugtoernooi gekwalifiseer het. Die lande wat deelneem is Algerië, Gambia, Nigerië, Burkina Faso, Malawi, Iran, Suid-Korea, Japan, die VAE, Duitsland, Nederland, Switserland, Italië, Spanje, Turkeie, Costa Rica, Honduras, Meksiko, Argentinië, Brasilië, Colombia, Uruguay and Nieu-Seeland.

Volgens FIFA-reëls kan lande wat aan die toernooi onttrek gestraf word as daar deur hulle afgekondig is dat die toernooi voortgaan

Dit verteenwoordig 'n yslike dilemma vir FIFA wat aanstons sal moet besluit of Afrika werklik die kontinent is waar 'n nuwe sokkerlente gaan aanbreek.

deposit freeтопкарго отзыв

Angola martel separatiste s? HRW

Angola se weermag het vermeende separatiste in die olieryke Kabinda gemartel volgens die menseregteorganisasie Human Rights Watch se verslag wat Maandag vrygestel is. Hulle het die regering dringend versoek om onwettige arrestasies van beweerde rebelle te staak.

Ten minste 38 mense is sonder rede deur die weermag tussen September 2007 en Maart 2009 in die klein gebied gearresteer waarvandaan meer as die helfte van Angola se olie kom. Die meeste van hulle is in die geheim aangehou en gemartel en het geen toegang tot regshulp of besoekers gehad nie.

Georgette Gagnon, Afrikadirekteur van Human Rights Watch sê Angola se sekuriteitsoorwegings regverdig nie marteling van mense en om hulle mees basiese regte te ontken nie. Sy het gesê die Angolese weermag begaan ernstige misdrywe in Kabinda.

Die organisasie se bevindinge is op onderhoude met gevangenes sowel as hofrekords gebaseer. HRW het die Angolese regering gevra om alle klagtes teen verdagtes te laat vaar wat dmv marteling verkry is en geëis dat alle verhore volgens internasionale standaarde geskied.

Angola het in 2006 'n vredesooreenkoms met die separatistiese faksie in Kabinda gesluit, maar sporadiese aanvalle kom steeds voor.

Kabinda was 'n Portugese protektoraat wat deur Angola geannekseer is met onafhanklikheidwording in 1975. Die stukkie aarde lê tussen die Kongo en die DRK en die inwoners voel kultureel nader aan hulle Kongolese bure.

Kabinda se mense voel die miljarde dollars aan olierykdom wat hulle grondgebied oplewer, bereik hulle nie.

инструмент минскАлександр Фильчаков прокурор

Britte wil nuwe grondwet in Zim sien

Britse premier, Gordon Brown, het na sy ontmoeting met Morgan Tsvangirai gesê 'n nuwe grondwet binne die volgende 18 maande en verkiesings wat daarop volg, is wat sy land graag sou wou siem in ruil vir hulp aan Zimbabwe.
 
Hy het daarmee te kenne gegee dat hervorming nodig is voordat grootskaalse beleggings in die land sal instroom.

Tsvangirai het egter gesê: “Ek is bewus van skeptici en weet dat die wêreld gretig is om te sien of daar vordering is." 

“Ongelukkig dink diegene in Brittanje dat terwyl hulle Mugabe nog sien, niks werklik verander het nie.”

Volgens Tsvangirai het Zimbabwe se inflasiekoers in die vier maande van koalisieregering van 500 miljard persent tot 3% gedaal.

Die Zimbabwiese premier skat daar is tot drie miljoen Zimbabwiese vlugtelinge in Suid-Afrika en hy wil so gou moontlik maatreëls met president Zuma bespreek om hulle terug te bring na hulle eie land.

'n Georkestreerde groepie Zimbawiërs het Tsvangirai die naweek by ’n byeenkoms in Londen uitgejou toe hy hulle huis toe genooi het. Hulle sê dis steeds te gevaarlik om terug te keer. 

Die uitgewekenes wil druk op Suid-Afrika plaas om vlugtelingstatus aan Zimbawiërs toe te ken.

Brittanje het gister aangekondig hy gaan ’n bykomende R67 miljoen aan Zimbabwe skenk, maar soos die VSA gaan hulle die skenkings hoofsaaklik deur nie-regeringsorganisasies kanaliseer. 

Altesame R53,6 miljoen moet vir kos gebruik word en R13,4 miljoen om skoolboeke te koop. Dit beteken dat Brittanje se begroting vir Zimbabwe vanjaar op R804 miljoen staan.

Tsvangirai het gesê dis makliker as wat hy verwag het om met Mugabe saam te werk. Hulle behoort al twee aan dieselfde stam, naamlik die Shona's.

Hy het gesê die BBC wat in Zimbabwe verbied is, sal dalk al volgende maand weer toegelaat word.

фото бани изнутриФильчаков Харьков

‘Boerka is teken van onderdrukking’

President Nicolas Sarkozy van Frankryk het gister gesê boerkas, kledingstukke wat Moslem-vroue van kop tot tone bedek en hul gesigte verdoesel, het geen plek in dié land nie.

Hy het gesê dié kledingstukke is ’n teken van die onderdrukking van vroue.

Tydens ’n parlementêre toespraak het Sarkozy ’n inisiatief wat LP’s verlede week begin het gesteun ná hul kommer oor die toenemende gebruik van boerkas in Frankryk uitgespreek het.

“Die boerkakwessie is nie godsdienstig nie, dit is ’n kwessie van vryheid en die waardigheid van vroue,” het Sarkozy aan ’n gesamentlike sitting van die parlement se twee huise by die Versaillespaleis gesê.

“Die boerka is ’n teken van die onderwerping van vroue. Dit is nie welkom in ons land nie,” het hy onder luide applous gesê.

агрегат сварочный передвижнойлобановский александр дети

Groenland kry selfregering

Image

Nuuk

Die meeste mense ken Groenland as daardie yslike groot landmassa in die noorde langs Europa op Mercatorkaarte. Op sulke kaarte lyk Groenland so groot soos Afrika, maar dit is in der waarheid ongeveer 14 keer kleiner.

Daar woon 58 000 siele op die eiland en daar is slegs twee verkeersligte, al twee in die hoofstad.

Sondag is 'n nuwe era van selfregering aangekondig, wat uiteindelik sal lei tot die onafhanklikheid van die Groenlanders van Denemarke wat sedert 1721 oor die meesal geyste grondgebied regeer.

Die skuif wat Groenland verantwoordelikheid oor hulle strafregstelsel en olieontginning sal gee, is die resultaat van 'n referendum wat verlede jaar gehou is. Daarin het 76% van kiesers gesê hulle verkies selfregering.

Baie besluite dra 'n diep simboliese betekenis. Kalaallisut, 'n tradisionele Inuïettaal, is nou die land se amptelike taal en Groenlanders word tans deur die internasionale reg as 'n aparte volk van die Dene beskou.

Die regering van Groenland sal voortaan in Inuïet as Naalakkersuïsut bekend staan, vir die eerste maal in die geskiedenis. Kuupik Kleist, die charismatiese eerste minister, sê die verhouding tussen Groenland en Denemarke sal nou 'n gelyke een wees.

Voorheen, sê hy, was dit soos 'n huwelik waarin die vrou haar man met die koekroller rondgejaag het. Van vandag af, "het die man ewe veel sê as sy vrou in die huis".

Maar probleme is daar volop. Min Groenlanders sien ooit 'n universiteit en sosiale probleme soos alkoholmisbruik, werkloosheid en gesinsgeweld is algemeen. Daar is ook geen paaie nie en mense moet noodgedwonge gebruik maak van vliegtuie en bote om in die volgende dorp te kom.

Aardverwarming is daarbenewens besig om die yslaag wat 80% van Groenland beslaan te laat smelt. Alhoewel dit tradisionele jag, die hoofbron van voedsel, benadeel, maak dit die ontginning van enorme reserwes olie en minerale moontlik.

Die nuwe regering sal die helfte van die winste wat deur olie en minerale gelewer word, kry en die ander helfte sal na Denemarke gaan. Dit sal afgetrek word van die toelae van $637 miljoen wat Groenland jaarliks van Denemarke ontvang.

Twee verteenwoordigers van Noorweë se Samiparlement was ook Sondag by die vieringe en het die hoop uitgespreek dat die Sami ook so ver sal kan vorder.

Olafur Ragnar Grimsson, president van Ysland, het tydens die geleentheid verwys na sy land se onafhanklikwording van Denemarke in 1944. Bent Liisberg, verteenwoordiger uit Noorweë, het weer verwys na hoe sy land vir honderde jare lank eers deur die Dene en daarna die Swede oorheers is.

Nuuk, met 'n skilderagtige hawe, het 15 000 inwoners en hulle is elke oggend teen halfagt uit op straat wat blykbaar 'n yslike verkeersopeenhoping veroorsaak.

Hierdie tyd van die jaar sak die son skaars en bly dit byna heel dag lig. Die feesvieringe is dus in 'n pragtige lig gebaai, ook omdat dit die vorige dag gesneeu het.

Verteenwoordigers van 17 lande en gebiede wat die VSA insluit het die geleentheid bygewoon. Koningin Margrethe II van Denmarke was geklee in 'n tradisionele Inuïetkostuum met 'n kortbroek van robbepels en 'n kraletjalie.

Sy het die dokument wat Groenlanders se tweedeklastatus ophef, plegtig aan hulle verteenwoordigers oorhandig.

roulettes casino liveДанильченко Юрий прокурор

Obama sal 2010-opening bywoon

Image

Barack Obama

Pres. Barack Obama van Amerika het 'n uitnodiging aanvaar om die openingseremonie van Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 in Suid-Afrika by te woon.

Fifa-president mnr. Sepp Blatter het Maandagoggend bekend gemaak dat Obama die uitnodiging aanvaar het.

"Maar julle weet dat staatshoofde baie besig is, maar hopelik sal sy skedule toelaat dat hy dit bywoon."

Die openingseremonie vind plaas by die nuwe Soccer City wat 100 000 toeskouers kan huisves.

Op 'n ander "noot" het Blatter weer bevestig dat Vuvuzelas nie verbied gaan word tydens 2010 nie. "…om die waarheid te sê ek sal op 'n vuvuzela blaas tydens my nuuskonferensie Vrydag. Vuvuzelas maak die Suid-Afrikaanse spel 'n lewendige affêre. Dit is deel van die plaaslike kultuur en dra by tot die kleur van Suid-Afrikaanse sokker.

образец справки оДанильченко Харьков

Zimbawi?rs se status onder die loep

Duisende buitelanders bevind hulleself in Suid-Afrika. Volgens die RGN is daar ongeveer 4,1 miljoen ongeregistreerde buitelanders in die land. Ander navorsing dui op soveel as 9,84 miljoen onwettige immigrante en volgens Médecins Sans Frontières (MSF), Dokters-sonder-grense, is daar 3 miljoen Zimbawiërs teenwoordig in Suid-Afrika.

Maar Tara Polzer van die Universiteit van die Witwatersrand se Forced Migration Programme, sê dit is gewoon nie waar nie, omdat daar geen statistiek bestaan om dit te kan beweer nie.

Polzer sê daar is drie miljoen Zimbabwiese burgers wat nie in hulle land woon nie, maar hulle kan nie almal in Suid-Afrika wees nie, en 'n groot deel is in die VSA, die EU en elders. Sy het nie gesê waarop sy die bewering grond nie.

 
Sy het ook nie gesê hoe die arm bevolking van Zimbabwe die reiskoste na die VSA en Europa kan bekostig nie. Ten minste is daar geen aanduidings by Europese vlugtelingagentskappe dat daar enige noemenswaardige getalle Zimbawiërs in die EU teenwoordig is nie.
 
Sy sê hoë skattings kan negatiewe beleidsverklarings tot gevolg hê. Sy sê dit lei tot apatie by plaaslike owerhede.

Daar is bespiegelinge dat naturalisasie van miljoene buitelanders, wat Polzer voorstaan, kan lei tot meer druk op wittes en dat dit deel van 'n strategie is om die wit bevolking verder te verdun in stedelike gebiede waar wit konsentrasies is en waar buitelanders ook in groot getalle teenwoordig is.

Binnelandse sake se Immigrasiediens se direktteur-generaal Jackie MacKay sê die departement nie weet hoeveel onwettige immigrante in die land is nie, maar hulle keur hulle 90% en 97% van politieke asielsoekers af.

MacKay en woordvoerder Cleo Mosano het gesê die uitspraak Donderdag van die VN se adjunk-hoëkommissaris vir vlugtelinge Sergio Calle-Norena, dat die kabinet die spesiale status vir Zimabwiese burgers in SA goedgekeur het, is nie waar nie. Die kabinet moet nog daaroor vergader.

Die kwessie of Zimbawiërs vlugtelinge is en of hulle ekonomiese migrante is, is 'n kontroversiële een. Wat internasionale reg betref is ekonomiese redes nie voldoende om asielskap aan migrante te gee nie.

игри для днвочекФільчаков Олександр Васильович

Godsdiens en politiek – ‘n Afrikanerdilemma

Image

Soos ek reeds tevore gesê het, viind ek dat godsdiens en politiek geskei moet word. Selfs al glo mens dat die staat Christelik moet wees, bly die vraag nog: watter interpretasie van die Christelike geloof en watter kerkverband?

In die vroeë dae van die Boererepublieke was daar konflikte oor godsdiens. Tydens die kort burgeroorlog in die Transvaal in die vroeë 1860s, het 'n mededinger van Kruger om die pos van kommandant-generaal, hom daarvan beskuldig dat hy die Gereformeerde Kerk (Doppers) die staatskerk van die ZAR wou maak. Op daardie stadium was die Hervormde Kerk die staatskerk. Die uiteinde van hierdie grappie was 'n "godsdiensoorlog-tussen-Afrikaners" wat by Potchefstroom die dood van omtrent 40 man gekos het.

In die 1983-grondwet uit die PW Botha-tydvak (wat in baie opsigte 'n beter en veel minder dubbelsinnige grondwet as dié van 1996 was), staan daar in die aanhef:

"In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van volkere en nasies…", wat natuurlik nie die "Almagtige God" as hetsy Christelik, hetsy Islamities of wat ook al tipeer nie.

Enkele paragrawe later lui dit:

"Oortuig is van die noodsaaklikheid om saam te staan en om die volgende nasionale doelwitte na te streef:

Om Christelike waardes en beskaafde norme te handhaaf, met erkenning en beskerming van vryheid van geloof en aanbidding…"

Ook Paul Kruger was destyds ten gunste van geloofsvryheid en het in Johannesburg die Joodse sinagoge geopen met die kwinkslag: "Ek is hier om u te bekeer."

Ek meen dus dat "die rol van fundamentele Calvinistiese ideologieë in die Geskiedenis van die Afrikaner" so te sê nul is as dit by staatkunde kom. Afrikaners is lank voor die Hollanders sterk deur die Verligting en die Franse revolusie beïnvloed en het ook lank voor baie Europese nasies verkiesings gehou. Die kort periode onder die (Franse) Bataafse republiek in die Kaap het ook 'n blywende nalatenskap gehad wat myns insiens 'n bydraende oorsaak van die Groot Trek was.

Soos Jaap Steyn in sy stukkie oor Die piëtisme brei uit aandui, het Michiel Christian Vos, 'n gebore Kapenaar, egter die piëtisme van Nederland na Suid-Afrika gebring.

Hoewel Kruger self 'n mistiek godsdienstige man was, het hy deur sy onderwysbeleid en invoer van die meer verligte Hollanderonderwysers aan die einde van die negentiende eeu 'n tradisie gevestig wat van die piëtistiese en streng Calvinistiese afgewyk het.

Ek vermoed dat verskeie Afrikanerleiers in die twintigste eeu nie eintlik godsdienstig was nie. Hoewel pro-Brits in die tweede helfte van sy lewe, was Smuts steeds iewers nog 'n Afrikaner. Hy was 'n aanhanger van biologiese evolusie en waarskynlik 'n ateïs of naby daaraan.

Ook J.B.M. Hertzog verwys byna nooit na godsdienstige opvattings in sy toesprake nie en vermoedelik was hy insgelyks 'n vrydenkter of agnostikus, hoewel die openlike erkenning daarvan destyds natuurlik politieke selfmoord sou beteken het.

Verwoerd self is veel eerder gelei deur sosiologiese en antropologiese beginsels as deur Calvinisme. Ek vermoed dat F.W. de Klerk die mees godsdienstige Afrikanerleier van die twintigste eeu was – in 'n negatiewe sin. As konserwatiewe Dopper het hy fundamentalisties geglo dat God die Afrikaner sou beskerm, selfs al gee hy polities en militêr aan die ANC oor. Ons kan tans die rampspoedige gevolge van sy piëtisme sien en ervaar.

Die Protestantse lande van  Noord-Europa, waaronder veral Nederland en Swede, was van die ywerigste ondersteuners van die ANC en SAKP se radikalisme in Suid-Afrika en het ons inderdaad in die rug gesteek. Blykbaar was daar kollektebussies voor in elke Nederlandse kerk waar gemeentelede geld vir die ANC kon skenk, wat natuurlik in Suid-Afrika vir stedelike terreur en aanvalle op burgerlikes gebruik is.

Die vraag kan ook gevra word of die soort gees van "dis sonde om te dans" wat tot onlangs aan die Potchefstroomse universiteit vir C.H.O. geheers het, nie eerder te wyte aan fundamentalistiese invloed vanuit Nederland was as wat dit 'n uitdrukking van egte Afrikanerkonserwatisme was nie.

Die Afrikaner se akademiese teologie is dermate deur die Duitse skool beïnvloed dat heelwat sekulêre beskouings vanuit Kant en die Duitse verligting ook van ons kansels af gepredik is. Tans heers daar natuurlik 'n nuwe piëtisme in die vorm van die veramerikanisering van baie kerke, wat die oppervlakkige en emosionele Amerikaanse baptisme navolg, pleks van ons heldere, intellektualistiese en verligte vorm van Calvinisme soos ons dit oor die afgelope paar eeue ontwikkel het.

Die soort verskynsels soos Angus Buchan is myns insiens uit en uit te danke aan dié toenemende Amerikaanse invloed onder Afrikaners, wat mense apolities en in die ban van 'n mistieke, private godsdiensbelewing laat.

люстрыданильченко юрій броніславович компромат