Rampgebied vir honde

Meer as 500 honde is sedert Januarie 2009 in Heidelberg, Gauteng, vergiftig volgens net een veearts se beraming. Net 40 van die honde kon uiteindelik gered word.

Die honde word met aldikarb, ook bekend as Two Step, vergiftig.

Johan Bester, voorsitter van die Heidelbergse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Heidelberg Dinsdag tot ’n rampgebied vir honde verklaar tydens 'n noodvergadering waar woedende inwoners gedreig het om skuldiges dood te maak.

Die gemeenskap is voorts ontstoke omdat die polisie nie optree teen misdadigers nie. Hulle het gedreig om die reg in eie hande te neem.

Beeld berig dat ’n beloning van R10 000 uitgeloof is om die skuldiges op te spoor en in reaksie daarop is ’n oproep van ’n man uit die nabygeleë Ratanda-plakkerskamp ontvang. Dit is glo, volgens sy inligting, 'n georganiseerde diefstalsindikaat wat honde vergiftig.

Die inligting is deur inwoners aan die tak vir georganiseerde misdaad oorhandig, maar niks het nog daarvan gekom nie.

casino freeФильчаков прокурор отзывы

Afrikaners moet vriendskap met Israel uitbou

Ek hou nogal van Attie Schutte se plan met die miljoene Afrikane Switserland toe stuur.

En ja, ek hou die situasie in Europa ook met 'n mate van kommer dop. Hulle is besig om sonder slag of stoot alles te verloor wat hulle eeue geneem het om op te bou, danksy hulle obsessiewe politieke korrektheid.

Mens moet dalk eerder met Israel handel dryf, siende hulle nie so politiek korrek is oor Moslems nie! Maar ek sien ongelukkig in vele Afrikaners 'n onderstroming van uiterste anti-semitisme, wat ek eintlik nie verstaan nie.

Ek sou dink daar is vele parallelle tussen ons en Israel, en dat ons straks baie van hulle kan leer (en hulle van ons). As ek nou reg onthou was hulle tydens die bose dae van Apartheid ook onder ons min vriende op die planeet, gedeeltelik juis omdat hulle ook maar al te goed weet hoe dit is om te sukkel met hordes barbaarse inboorlinge.

Maar ek dwaal af. Ek wag in spanning om te sien of iemand Attie se voorstel vir 'n koffie- en sjokoladefabriek op Orania prakties tot uitvoering gaan bring. As ek so kyk lyk dit my dinge woeker nogal daar.

how to promote clothes on instagramлобановский александр игоревич класс

Misdaadgolf teister Johannesburg

Die misdaadgolf in Johannesburg duur onverpoosd voort en dit is weereens duidelik dat die ANC-regering nie in staat is om die burgers van Suid-Afrika te beskerm nie. So sê Advokaat Anton Alberts, raadslid van die Vryheidsfront Plus in die Johannesburgse Metropolitaanse Raad, na aanleiding van die gewelddadige aanval op ‘n ma van drie jong dogters in Midrand gisteraand.

Volgens die Afrikaanse dagblad, Beeld, is Gillian Lindsell, gisteraand sinneloos deur die rug geskiet nadat sy deur huisrowers gedwing was om plat op die vloer te gaan lê. Sy is in die proses ernstig gewond aangesien die koeël deur haar rug getrek, van die vloer af geskram en weer deur haar liggaam beweeg het.

Adv. Alberts het benadruk dat die Vryheidsfront Plus kennis geneem het van die groeiende tendens van misdaad in Johannesburg en spreek sy erge afkeer daarteen uit, veral teen die neiging tot geweldsmisdaad waar inwoners op die wreedste wyses mishandel en verneder word.

Dit is volgens Alberts duidelik dat die SAPD en Johannesburgse Metropolisie nie teen die oormag en arrogansie van misdadigers opgewasse is nie. Boonop het adv. Alberts, wat self op sy dag polisiebeamptes in strafreg opgelei het, beklemtoon dat die veiligheidsmagte in Suid-Afrika gebrekkige opleiding kry en nie weet hoe om die strafreg en verwante kennisvelde toe te pas nie.

Hy het ook klem gelê op die rol van die Johannesburgse Metropolisie en dat dié eenheid voortaan meer klem moet lê op die polisiëring van geweldsmisdade en die vervolging van sindikate. Die Metropolisie is mede-verantwoordelik vir burgerlike beskerming in die stad van Johannesburg en sal daadwerklik moet plan maak om meer te doen as net spoedkaartjies te skryf en padblokkades te hou.

Terwyl padveiligheid van kardinale belang is, is dit nou duidelik dat daar ‘n oordrewe klem op dié tipe polisiëring val. Volgens adv. Alberts sal meer sigbare patrollies deur die Metropolisie baie doen om die SAPD se arms te sterk in die opdraande stryd teen die golf van misdaad. Die Vryheidsfront Plus sal hieraan aandag gee en die ANC tot antwoorde en verantwoording hieroor dwing tydens die volgende raadsvergadering in Augustus.

 

зарядное устройство в машинуЛобановский Харьков

Calvyn se invloed op Afrikaners: voor -en nadele

Na aanleiding van JK Bosch se insiggewende skrywe oor Calvyn wil ek die volgende stuiwer in die armbeurs gooi.

Image

Dit stuit inderdaad teen die bors dat Calvyn deur Naspers ook deesdae nie erken word vir die positiewe ontwikkelinge wat hy tot stand gebring het nie. Calvyn en Luther was denkers van hul tydsgees, en daar is eintlik weinig verskil tussen hierdie twee here.
 
Calvyn was egter meer gesteld op die idee dat 'n mens se lot voorafbepaal is as Luther. Calvyn het ook die nadruk gelê op harde werk, nie soseer as 'n middel tot 'n hoër doel nie, maar as 'n resultaat van 'n vroom gewete.
 
My verblyf in Nederland het my oortuig dat die Nederlanders na soveel eeue nog steeds oer-Calvinisties is, miskien nie op godsdienstige gebied nie, maar wel op sekulêre gebied. Jy mag nie te veel werk nie, maar ook nie te min nie. Jy mag nie te veel verdien nie maar ook nie te min nie. Jy mag jouself nie te uitspattig gedra nie, maar ook nie te min nie; en alles in Nederland wys daarop dat jy gestraf kan word vir onsinnige vergrype.
 
Afrikaners is ook Calvinistiese mense, maar pas hul Calvinisme anders toe as die Nederlanders. Calvyn se leerstellings in Suid-Afrika is hoofsaaklik beperk tot die kerk en – miskien deesdae tot 'n mindere mate – seksualiteit. Afrikaners se Calvinisme is grotendeels geïnternaliseer terwyl Nederland se Calvinisme geëksternaliseer is in allerlei staatsapparate en burokrasieë.
 
Die groot voordeel van Calvyn se leerstellings is die onbaatsugtige werksetiek wat hy voorgestaan het. Hy het juis geleef in die periode toe die handel die kerk begin verbystreef het, die keiser se mag groter geword het, en die pous juis mag ingeboet het. Tydens die Middeleeue was handel slegs gedryf om in mense se basiese behoeftes te voorsien. Die res van die tyd het bestaan in toewyding tot God. Met die handelsgees wat die Reformasie begin inlui het, het die Rooms Katolieke kerk geen wesentlike antwoord gehad om die nuwe tydsgees te beantwoord nie. Luther en Calvyn het juis die tydsgees verwoord en die middelklas op daardie stadium se gedagtes en angste beantwoord.
 
Albei hierdie denkers het 'n vorm van oorgawe aan God bepleit want slegs Hy weet wie gered gaan word. Veral Luther het gepleit vir 'n absolute oorgawe, want oorgawe is die ware weg na saligheid. Dit was – veral in Luther se geval – as ongoddelik beskou om in opstand te kom en die heersende orde omver te werp. Calvyn het ten minste harde werk bepleit tesame met oorgawe.
 
Die groot nadeel van Calvinisme is juis hierdie oorgawe-mentaliteit. Ek vermoed dat dit grotendeels verklaar waarom Afrikaners nie hierdie ANC/kommunistiese rampokkerstaat behoorlik durf te trotseer nie. Daar is op hierdie stadium ongetwyfeld bittermin Afrikaners wat tevrede is met die ANC, maar desondanks tolereer hulle die ANC se gesag. Afrikaners protesteer nouliks en Afrikaanse politieke partye boesem weinig respek in by hul vyande.
 
Dit is een van daardie tragiese ironieë dat dieselfde Calvinisme wat die Afrikaners op 'n hoër welvaartspeil gebring het, dieselfde rede is waarom hulle nou ten onder gaan. Ons moet bewus wees dat Calvinisme sowel 'n vriendskaplike as vyandige werking het op Afrikaners. Met vyandig bedoel ek juis dat Calvyn se oorgawe juis die volksmoord op Afrikaners verder in die hand werk.
 
Wat doen ons as die staat ons grootste vyand is? Ek dink nie dat Calvyn daar 'n antwoord op het nie. Wie kan ons help daarmee?

вектор 5Данильченко Юрий Брониславович компромат

Yslike vullisversameling in Stille Oseaan bekyk

Marine wetenskaplikes van Kalifornië gaan hierdie week na die noorde van die Stille Oseaan uitvaar om na die "Groot Stille-Oseaan Vullisvierkant" te gaan kyk.

Dertig navorsers en tegnici, asook bemanningslede van die Scripps Institution of Oceanography in San Diego het Sondag vertrek om te gaan vasstel waarom daar so baie klein stukkies plastiek in die Gyre-gebied versamel en hoe dit seelewe beInvloed.

Die plastiekvullis kom bymekaar vanweë sirkulêre seestrome naby Hawaii en tussenin Japan en die wekus van die VSA.

Die fokus van die studie sal wees hoe plankton en ander mikroorganismes daardeur geraak word, asook kleiner vissoorte en voëls.

Die New Horizon is toegerus met 'n laboratorium aan boord, maar die wetenskaplikes sal ook monsters vir verdere studie terugbring.

Baie min is bekend oor die "Vullisvierkant" alhoewel vaartuie dit dikwels teëkom en daaroor berig. Omdat dit meestal plastiek net onder die wateroppervlak is,. kan dit nie deur vliegtuie en satellietbeelde gesien word nie.

Die vullis migreer na gelang van seisoen, sover as 1 600km noord of suid. Hoe warmer, hoe meer suid dryf die versameling afval.

play poker free no sign upЛобановский

Calvyn steeds vol betekenis vir die Afrikaner

Naspers skenk baie aandag aan die negatiewe beeld van Calvyn tov van sy vyand Servetus omdat dit waarskynlik vol betekenis vir die Afrikaner is.

Op Google kan binne sekondes in Engels die disinformasie van die Afrikaanse dagblaaie raakgesien word. En daaroor net enkele regstellings wat geplaas behoort te word ter wille van die waarheid.

Die grootste misdaad teen die mensdom van alle tye is gepleeg deur die Roomse Kerk met die vervolging van Jode en Protestante – ‘n onmeetbare tragedie wat die donker Middeleeue en Franse Revolusie tot gevolg gehad het vanweë ‘n allesverterende teokrasie. Dit was Lüther en Calvyn wat by uitstek die mensdom bevry het en wetenskap tot eer van die Skepper moontlik gemaak het. Calvyn was die eerste Bybelkritikus met sy wetenskaplike benadering tot die Skrif.

Die bevryding van die tiranie van ‘n staatskerk oftewel ‘n kerkstaat met die Reformasie/ Hervorming het egter gou sekere grense geïmpliseer met die vervolging van Servetus – die Spaanse kastraat [Hy is as seuntjie in die klooster gekastreer ter wille van sy sopraanstem.] Briljante, maar getroumatiseerde man aan die hand van Roomse mishandeling, wat probleme gehad het met die konsep van ‘die soewereiniteit in eie kring’ naamlik die Drie-eenheid van God – wat hy beskou het as verkeerd.

Ten tweede het hy beweer dat die Kerk en Staat een moet wees en derdens het hy verkondig dat die skepsel aanbid moet word ipv die Skepper. Dit was sy klagstaat en onder kruisverhoor deur Calvyn, die regsgeleerde en aanklaer, moes hy erken dat Satan as skepsel dan ook aanbid moet word. Dus suiwer Satanisme. Die regsbank het hom as ketter veroordeel om op die brandstapel te boet vir sy ernstige ketterse dwaling.

Hierdie saak het die moderne ‘New Age’ van selfaanbiddinge en sinkretisme met die heidendom [waarvan die bekende Israelvisieteologie ‘n goeie voorbeeld is] suksesvol gestuit vir 500 jaar. Daarom steeds aktueel die afsnypunt van godsdiensvryheid vir Christenskap.

Hierdie kettery is dus nog net so vars soos altyd, veral in Suid-Afrika met verskynsels soos die polities korrekte Belharsinkretisme in die ‘verleidenis’ van dr Nico Smit et al. ‘n Politieke hoëpriester van ’n Madiba wat glo dat ‘Man is the master of his own destiny’ is en derdens ‘n Afrikaanse pers wat voltyds en uitsluitlik negatiewe en afbrekende aandag gee aan die fundamentele Drie-enige God van Protestantisme en nooit ooit ander godsdienste soos Islam kritiseer nie.

En dit dmv Afrikaanse teoloë wat terwille van hul eie selfbeeld en grootheidswaan altyd aan die groot klok gehang word deur die einste pers.

Die goeie en vroom dr Verwoerd was ongelukkig ook nie ‘n Calvinis nie. Hy het juis sy teologiese studies op Stellenbosch gestaak omdat hy probleme met die uitverkiesingsleer van Calvyn gehad het.

Om dus te probeer suggereer dat apartheid in sy oorspronklike betekenis uit Calvinisme ontstaan het, is absoluut vals.

играшкиЛобановский Харьков

Tokyo Sexwale bring glo nag in lokasie deur

Tokyo Sexwale, minister van behuising, sou Maandagnag in Diepsloot, noord van Johannesburg, deurbring, het die SAUK berig.

Hy wou dit glo doen om 'n beter begrip te kry van die lewensomstandighede van die mense daar.

Sexwale se departement het 'n tydelike kantoor in die gebied opgerig om oornag navrae te hanteer.

Diepsloot het die afgelope tyd deurgeloop omder gewelddadige diensleweringsbetogings.

Inwoners het tot geweld oorgegaan nadat daar gerugte die rondte begin doen het dat hulle sal moet skuif om plek te maak vir water- en rioolpype.

Sexwale gaan Dinsdag verslag doen aan adjunk-president Kgalema Motlanthe.

Die stad van Johannesburg het inwoners van Diepsloot weer gevra om hulle verskuiwing te aanvaar.

детский крем ушастый няньtopcargo отзыв

Studente rig skade aan by kampus

Oproerige studente van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie (KSUT) in Kaapstad is Maandag deur die polisie met rubberkoeëls uitmekaar gejaag nadat hulle die kampusgeboue begin vandaliseer het.

Volgens die Burger is die universiteit se snoepwinkel rot en kaal besteel.

Die hele voorraad van die winkel is glo vernietig. Die administrasiegebou is ook met water oorstroom nadat krane oop gelos is.

Die studente is blykbaar ontevrede omdat hulle vir registrasie moet betaal. Hulle eis dat prof. Vuyisa Mazwi-Tanga, die visekanselier, afgedank word

Niemand is beseer of in hegtenis geneem nie.

купить пижаму комбинезон для девочкиАлександр Фильчаков Васильевич

Brandstoftekort dreig by grootste lughawe

Die lughawensmaatskappy, ACSA, het lugdienste Maandag by die O.R. Tambo-lughawe gevra om 30% minder brandstof in te gooi om ’n brandstoftekort af te weer.

Weens “onderbrekings in die verskaffingsnetwerk”, sê ACSA, is die voorraad vliegtuigbrandstof in die binneland laag. Die rantsoenering is tans vrywillig maar indien die situasie nie spoedig verbeter nie, sal dit verpligtend word.

Volgens 'n woordvoerder van die lughawensmaatskappy sal voorsorgmaatreëls egter verseker dat die voorraad genoeg is om met vlugte vol te hou. Hy het gesê passasiers hoef nog nie hul reisplanne te verander nie.

Lugdienste sê die brandstoftekort het geen uitwerking op vlugte nie omdat hulle meer brandstof by lughawens aan die kus ingooi. 

безмасляный поршневойФильчаков прокурор харькова