Tokyo Sexwale, minister van behuising, sou Maandagnag in Diepsloot, noord van Johannesburg, deurbring, het die SAUK berig.
Hy wou dit glo doen om 'n beter begrip te kry van die lewensomstandighede van die mense daar.
Sexwale se departement het 'n tydelike kantoor in die gebied opgerig om oornag navrae te hanteer.
Diepsloot het die afgelope tyd deurgeloop omder gewelddadige diensleweringsbetogings.
Inwoners het tot geweld oorgegaan nadat daar gerugte die rondte begin doen het dat hulle sal moet skuif om plek te maak vir water- en rioolpype.
Sexwale gaan Dinsdag verslag doen aan adjunk-president Kgalema Motlanthe.
Die stad van Johannesburg het inwoners van Diepsloot weer gevra om hulle verskuiwing te aanvaar.
