Kundigheid kan Pretoria se finansies herstel

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het in ‘n verklaring gesê dat die party oor die vermoë en strategiese kontakte beskik om die Tshwane-metroraad se geldsake te help herstel, indien die party die geleentheid gegun word.

Die VF Plus het gesê dat langtermyn-oplossings, eerder as korttermyn-krisisbestuur,  benodig word om finansiële vertroue in die metroraad te herstel.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is die metroraad se huidige finansiële verknorsing te wyte aan swak bestuur en ‘n afwesigheid van toekomsbeplanning, wat die gevolg is van ‘n ernstige tekort aan kundigheid in die metroraad se finansiële department.

“Die VF Plus bied aan om die nodige kundigheid te help mobiliseer ten einde die stad op finansiële gebied te red.  Ons het ‘n keuse – ons kan aanhou histeries skree en gil sonder enige resultate en soos die DA hoop dat alles in duie stort. As die stad egter in duie stort, sit almal sonder water en ligte. Of ons kan probeer red wat te redde is,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê die verhoging van die stadsraad se oortrokke fasiliteit vanaf R500 miljoen tot R1.2 miljard is onverantwoordelik vanweë die risiko’s daaraan verbonde.

Volgens Beyers is dit onhoudbaar dat enige instansie se oortrokke fasiliteit byna 10% van die totale begroting uitmaak. Buiten die hoë koste van sulke korttermyn-finansiering is daar groot risiko’s aan verbonde. Indien die finansierders bekommerd raak oor die sekuriteit van hulle fondse, kan hulle eis dat oortrokke skuld onmiddellik terugbetaal word. Gevolglike beslaglegging op die munisipaliteit se kontant kan tot ‘n totale ineenstorting lei.

Die VF Plus is tans in gesprek met verskeie organisasies wat oor die vermoë beskik om finansiële kundigheid te mobiliseer. Die VF Plus self beskik oor mense met sterk agtergrond in finansiële bestuur en aktuariële wetenskap.

Die VF Plus beskik oor ‘n databasis van kundiges wat opgebou is tydens die party se SA Talent-veldtog waarmee die party poog om kundigheid na die staatsdiens terug te bring. Die VF Plus het ook organisasies soos die Afrikanerbond, die Pretoria Sakekamer, die Afrikaanse Handelsinstituut asook ander professionele liggame geïdentifiseer wat hiertoe ‘n bydrae kan maak.

By Donderdag 27 Augustus se raadsvergadering sal die VF Plus die voorstelle ter tafel lê.

диагностические адаптеры для авто на базе компьютералобановский александр биография

‘Dank blankes af, of ons maak julle vrek!’

Image

Wat sou gebeur as 'n groep volkstaatondersteuners iets in die volgende trant sou kwytraak?

"Gee ons 'n volkstaat of anders is daar 'n rasse-oorlog!"

Dit sou onmiddellik 'n koor van veroordeling ontlok, asook natuurlik die onafwendbare aantygings van rassisme. Ongelukkig geld daar egter dubbele standaarde in Suid-Afrika. Swartes, en veral lede van die ANC-bewind, kan met vrymoedigheid selfs die mees opruiende uitsprake besig, sonder enige vrees vir teëspraak of die nagevolge van hulle haatspraak teenoor blankes. Ons almal weet immers swartes kan per definisie nie rassiste wees nie, nie waar nie?

Neem byvoorbeeld die skokkende uitlatings van die minister van arbeid, Membathisi Mdladlana. Mdladlana en Jimmy Manyi, daardie voorste voorbeeld van 'n toutologies gesproke nuttelose RA-aanstelling, is ontstoke omdat werkgewers hardnekkig kundigheid bo passasiers verkies, iets wat totaal strydig is met die ANC se parasitiese en vernietigende kultuur.

(Manyi se pos by Tiger Brands is terloops Direkteur: Korporatiewe Aangeleenthede. Dis uiteraard 'n totaal niksseggende titel. Wat doen hy presies? Sien hy om na die skoonmakers? Hou hy toesig oor die teedames? Dis duidelik dat Tiger Brands se ander direkteure vir Manyi 'n pos geskep het ten einde hom so ver as moontlik te verwyder van enige besluitneming of insae in aktiwiteite wat saakmaak. Manyi ry stellig elke dag in sy luukse motor met die wete dat hy 'n nuttelose bron van uitgawes vir sy maatskappy is, wat g'n dooie duit waarde toevoeg nie.)

Menere Mdladlana en Manyi is kwaad omdat werknemers traag is om blankes af te dank om die heilige staat van transformasie te bereik. Ja, reg gelees: af te dank. Siende dat Suid-Afrika aktief werksgeleenthede verloor en dat dit dus nie moontlik is om demografiese verteenwoordiging met 'n groei in werksgeleenthede te bereik nie, is die grootskeepse afdanking van blanke professionele en bestuurslui die enigste manier om Manyi-hulle se eise te laat realiseer.

Mdladlana se dreigement is onomwonde. Dit kom neer op: "Dank blankes vinniger af, of die swartes maak julle vrek." Hier is dit:

Comply with the law instead of manufacturing a revolution that is not going to take us anywhere," he said referring to apartheid uprisings.

You better touch our hand whilst we are still giving it," he said.

I want to warn them that the revolution will be a revolution of all black people.

Vir jou, meneer en mevrou die blanke werknemer, is die keuse strak: óf jy bedank of word afgedank, óf netnou is 'n volksmoord jou en jou kinders se voorland. Onmoontlik of vergesog, dink jy? Dink weer. Binne slegs 'n paar maande in 1994 is 'n miljoen of meer in Rwanda uitgewis.

Lewer kommentaar en lees ander rubrieke deur Anton Barnard op SAmizdat .

пневмоинструмент в нижнемФильчаков

Is Afrikaans op die internet volhoubaar?

'n Onlangse openbare debat oor die volhoubaarheid van gratis nuus op die internet, wat deur Rupert Murdoch van News Corp ontketen is, het ook na Afrikaans oorgespoel toe Rapport sy lesers gevra het of hulle bereid sou wees om vir aanlyninhoud te betaal.

Die groei in praag.co.za se lesers en ons  begeerte om 'n groter verskeidenheid inhoud aan ons lesers te bied, het nou ook die vraag laat ontstaan of ons lesers bereid sou wees om finansieel tot die blad by te dra.

Stem asseblief in ons meningspeiling onder regs op die voorblad (L.W.); ons waardeer u mening en terugvoer oor die saak.

Wêreldwyd is gedrukte koerante aan die kwyn. Tans word die koerante se aanlynweergawes deur advertensie-inkomste vanaf die gedrukte blaaie gesubsidieer. In die geval van praag.co.za beskik ons natuurlik nie oor 'n gedrukte weergawe nie en word die blad grootliks as 'n gemeenskapsprojek vir Afrikaners bedryf. Die vraag is egter of ons op die duur die blad op die lug sal kan hou en sal kan uitbrei indien ons geen finansiële steun van lesers ontvang nie.

Tans betaal TV-kykers R250 per jaar aan televisielisensies om hoofsaaklik Engelse inhoud van Amerikaanse oorsprong te kyk, asook bendenklike nuus- en aktualiteitsprogramme wat gewoonlik regeringsmenings en -propaganda weerspieël. Met finansiële steun van lesers kan praag.co.za nie net in die grootste Afrikaanse nuusportaal op die internet ontwikkel nie, maar uiteindelik – met huidige ontwikkelings in die tegnologie en goedkoper bandwydte – ook genoegsame videomateriaal aanbied om 'n alternatief vir die SAUK se TV-diens te bied.

best free betsФільчаков Олександр Васильович прокурор

Derdew?reld siektes aan die toeneem in VSA

Parasietinfeksies en ander siektes wat gewoonlik met die Derde Wêreld in verband gebring word is aan die toeneem in die VSA. Die Wall Street Journal berig dat die armstes die ergste geraak word deur die toename.

Die Amerikaanse regering en privaat navorsers het glo nog net oor die oppervlak van die gevolge geskeer wat tot hartsiekte, beroerte en geboortedefekte lei.

Die nadeel is dat die siektes, wat voorheen geglo is alleen oorsee voorkom, net in handboeke en in mediese lesings behandel word en so vreemd is dat dokters dikwels nie die siektes herken nie.

Dit is byna uitsluitlik siektes wat spruit uit mense wat te naby aanmekaar woon, swak eetgewoontes en sanitasie het en in die omgewing van diere leef wat nie dieresorg geniet en deur veeartse behandel word nie.

Peter Hotez, 'n mikrobioloog van George Washington Universiteit en vooraanstaande navorser op die gebied, sê dié siektes is tien keer belangriker as varkgriep en "dis op niemand se radar nie".

Die siektes wat dikwels deur insekte oorgedra word, floreer veral in die klein gehuggies langs die Meksikaanse grens waar huise geen vensters het nie en daar geen dreineringstelsels is nie.

Uitbrake van bakteriese infeksies wat deur roturine oorgedra word, is onlangs in arm swart dele van Baltimore en Detroit opgemerk. Parasiete soos toxocara alleen, wat in diereuitwerpsels gevind word, veroorsaak duisende infeksies per jaar.

Dr. Hortez sê die 37 miljoen armste mense in die VSA "ly werklik" onder hierdie siektes.

hair headbandsФильчаков прокуратура харьков

Drie miljoen kinderagtige Afrikaners?

Image

Jonathan Jansen

Tydens 'n radio-onderhoud vanmôre met Freek Robinson het prof. Jonathan Jansen, onlangs aangestelde rektor van die Vrystaatse Universiteit, sowel dr. Chris Landman as dr. Dan Roodt se pogings om tot die debat by te dra as "kinderagtig" afgemaak. Jansen het verder teen Roodt te velde getrek en hom as "skadelik vir Afrikaans en vir Suid-Afrika" bestempel.

Dr. Chris Landman het as "anoniem van Pretoria" ingeskakel en aan Jansen gesê dat die SA Grondwet vir gemeenskapsregte voorsiening maak en dat gemeenskappe (soos die Afrikanergemeenskap) daarom oor die reg van vrye assosiasie beskik wat nie deur 'n owerheid of 'n universiteit ontken mag word nie. Jansen het hierdie regsfilosofiese argument van dr. Landman summier as "kinderagtig" en 'n "voorbeeld van apartheidsdenke" bestempel.

Nadat Roodt sonder sukses gepoog het om in te bel, het hy die volgende e-pos via RSG se webblad aan die ateljee gestuur:

e-pos aan Ateljee       

Jou boodskap sal deur die aanbieder(s) in die ateljee gelees word. Hulle mag dalk op die radio daarop kommentaar lewer, maar kan NIE aan jou terugskryf nie. As jy 'n boodskap het waarop jy kommentaar/reaksie verwag, klik hier om RSG te kontak. As jy 'n lys van Kontaknommers vir RSG benodig, klik hier.

Dankie vir jou bydrae.

Jou boodskap was :

Jonathan Jansen het so pas 'n baie redelike vraag van "Anoniem" van Pretoria rondom die mens se reg om in 'n gemeenskap vrye assosiasie te beoefen as "kinderagtig" afgemaak. Enkele jare gelede het Jansen egter 'n kritiese vraag van my by die Taalberaad beantwoord met: "Gaan slaap eers by 'n gekleurde vrou en dan sal jy regkom!" Blykbaar is dit nie kinderagtig nie, maar 'n voorbeeld van "volwasse", akademiese debat. Kennelik verwerp Jansen die hele Afrikanertradisie, -identiteit en -geskiedenis as "apartheidsdenke". Op watter verhewe beginsel grond hy hierdie verwerping? Waarom is ons Afrikaners almal kinderagtig en hy soveel wyser en meer volwasse as ons?

Aan die einde van die program het Robinson op die lug egter net een reël uit die boodskap, "Kennelik verwerp Jansen die hele Afrikanertradisie-, identiteit en – geskiedenis as 'apartheidsdenke', voorgelees wat Jansen se standaardreaksie van "kinderagtig" ontlok het.

Dr. Roodt dring egter nou by sowel Jansen as die Raad van die Vrystaatse Universiteit daarop aan dat Jansen moet verduidelik waarom hy so ver bokant Afrikaners verhewe is dat hy hulle as "kinders" sien waarvan hy die argumente en besware nie hoef te beantwoord nie. Op grond van watter kenteoretiese of ander beginsel is Jansen se vorm van kennis verhewe bo dié van twee Afrikanergeleerdes wat gereeld in Afrikaans publiseer?

Roodt het gesê: "Dr. Christo Landman is 'n vorige kommissaris van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en is 'n kenner op die gebied van gemeenskapsregte, sowel plaaslik as internasionaal. Om sy redelike en beleefde beswaar, vanuit 'n grondwetlike perspektief, teen die onderdrukking van 'n Afrikanergemeenskapslewe op die Kovsiekampus as 'kinderagtig' te tipeer, getuig van 'n gebrek aan akademiese en intellektuele etiket."

Roodt eis 'n verskoning van die Universiteit van die Vrystaat omdat hul uitvoerende amptenaar "hom in die openbaar en in die media arrogant en beledigend teenoor Afrikanerintellektuele en Afrikaanse skrywers gedra".

вихревой насосФильчаков прокурор

Afrika bedel om aardverwarming om te keer

Afrika gaan ryk lande $67 miljard per jaar vra sodat die gevolge van aardverwarming aangespreek kan word.

Tien Afrika-leiers het by die AU-hoofkwartier byeengekom in die hoofstad van Ethiopië om ooreen te kom om 'n gemeenskaplike standpunt oor klimaatsverandering te formuleer voordat die VN se spitsberaad in Kopenhagen afskop

Kenners sê Afrika dra min by tot aardverwarming, maar gaan die hardste getref word deur droogtes, vloede, hittegolwe en stygende seevlakke.

Die konsepresolusie wat nog deur die tien leiers aanvaar moet word, het ryk lande gevra om te betaal om die gevolge van aardverwarming teen te werk.

Afrikaregerings se onvermoë om 'n gemeenskaplike standpunt te huldig, het in die verlede daartoe bygedra dat die kontinent se bedingingsmag nie gemonster is nie.

Die Ethiopiese eerste minister Meles Zenawi het vroeër vanjaar 'n beroep op ryk lande gedoen om Afrika vir die klimaatskade te vergoed, nadat hy gesê het dat sy land se vernietigende droogtes gedurende die tagtigerjare deur die ryk lande in die noorde veroorsaak is

Die Global Humanitarian Forum in Geneve sê in 'n verslag wat in Mei bekend gestel is, arm lande moet nege tiendes van die menslike en ekonomiese las van klimaatsverandering dra.

Volgens die verslag produseer die 50 armste lande net 1 persent van die koolstofdioksied wat wetenskaplikes as 'n berdreiging vir die planeet beskryf.

Twintig van die vyftien heel armste lande is in Afrika. Die ander is in Asië en klein ontwilkkelende eilandgroepe.

Ontwikkeldende lande kla dat die ryk lande nie geld en tegnologie beskikbaar stel om die skade om te keer nie.

'n Nuwe klimaatsverdrag sal na verwagting in Desember Kopenhagen onderhandel word, maar 'n VN-amptenaar het gewaarsku dat die samesprekinge kan misluk as dit versnel word.

Yvo de Boer, hoof van die VN se Klimaatsveranderingsekretariaat, sê "selektiewe vooruitgang" is gemaak in die konsepverdrag van 200 bladsye wat in Bonn opgestel is.

how to get sponsored instagramФільчаков Олександр Васильович

Nederlandse Vermeulen ontdek Suid-Afrikaanse werklikheid

Bram Vermeulen, die Nederlandse joernalis van “Het jaar 2009” het pas ‘n lesenswaardige boek gepubliseer oor sy ervaringe as buitelandse korrespondent van die NRC Handelsblad, die NOS TV Joernaal, die VRT asook die Nederlandse Wereldomroep. Die boek is getiteld “Help, Ik Ben Blank Geworden" en is uitgegee deur Promethius/NRC Handelsblad Amsterdam/Rotterdam (241 paginas).

Vermeulen bied sy TV kykers, luisteraars en lesers waardevolle aanvullende inligting en nuus rondom die geweldspiraal in SA. Johan Nel, die agtienjarige boerseun van Swartruggens, wie se kop “uitgehaak het” en vier mense in die swart woonwyk doodgeskiet het, is die sentrale figuur in die storie.

Vermeulen soek “wanhopig naar een toegangspoort tot Afrika” (51p.), maar dan sonder sukses. Volgens Vermeulen is woede miskien die enigste konstante in die geskiedenis van SA (110 p.). Die grootste woede spruit uit die onrealistiese beloftes van 1993.

“Na 1994 zou alles beter worden. Iedereen zou een huis krijgen, een baan, een beter leven. Armoede is in Afrika alleen maar groter geworden in de afgelopen jaren” (124, 125p.).

Vermeulen kom na SA met ‘n tipiese linkse geestesinstelling, assosieer sterk met die sg. onderdrukte swartes, maar word oor tyd “ongeneeslijk blank”. Hoe dieper Vermeulen in die problematiek tussen wit en swart delf, hoe meer het “Zwarte vlekken in mijn integratiedroom” (60p.) vorm aangeneem.

In Nederland het Vermeulen nooit blank gevoel nie, maar “in Afrika was ik ongeneeslijk blank geworden) (61p.). Blank beteken in Afrika soveel meer as alleen die kleur van die vel, ontdek hy (62p.). Hy siteer ‘n blanke wat verklaar dat “wij (de blanken) en zij (de zwarten) verschillen van elkaar zoals de dag van de nacht en dat zal nooit veranderen” (131p.).

Vermeulen kyk terug op sy verslaggewing van insidente oor sewe jaar en kom met betrekking tot die moorde tot die gevolgtrekking dat hy toe “onzin had uitgekraamd” (65 p.).

Op soek na die waaroms van die moorde probeer Vermeulen grotere vrae te vra en te beantwoord oor die situasie van die blankes in die suide van Afrika, sedert 1993. Sekondêre temas wat aan die orde kom is:

  * Swart op swart geweld.

  * Die tragiek van Zimbabwe.

Die geestelike ommekeer wat Vermeulen maak is dat, in plaas daarvan dat hy integreer met die swart massas – die hoofdoelwit van sy koms – hy verder wegdryf en sy blankheid ontdek. Hy tipeer dit so:

“… ik haalde mijn doelstellingen niet. … ik integreerde niet … ik dreef er steeds verder vandaan. Ik faalde zoals Johan (Nel) had gefaald. Ik bleef proberen, telkens weer, totdat ik zeker wist dat mijn falen niet te vermijden was.” (p. 49).

Die oorhoofse gevolgtrekking waartoe Vermeulen kom is dat die groeiende rassisme in SA sedert 1993 die direkte resultaat is van die brutale plaasmoorde, xenofobie teen buitelandse swartes en verkeerdstellende aksie (affirmative action).

Blank en Swart in Suider-Afrika verteenwoordig twee mekaaruitsluitende beskouings oor die lewe, oor private eienaarskap van grond en van besittings. In Afrika word anders na geld gekyk as in Nederland (191p.).

In die Westerse kultuur draai alles om die individu, maar in Afrika gaan dit om die groep, haal hy Jacob Zuma aan (202p.). Daar is ‘n reaksionêre element teenwoordig: Blanke rykdom teenoor onoplosbare swart armoede en die feit dat private grondbesit by die swartes se kaart en transport geleë is in familiegrafte.

“Als het op gerechtighied aankwam, lagen de ideëenwerelden van blanken en zwarten mijlenver uit elkaar” (209p.).

Hy kom tot die gevolgtrekking dat “echt opgaan in een andeere cultuur, assimileren, integreren of wat voor een naam politici er ook aan geven, onmogelijk is” (237p).

Vermeulen eindig sy boek met ‘n dag-tot-dag beskrywing van die hofsaak en veroordeling van Johan Nel tot 76 jaar gevangenisstraf vir elf aanklagtes van poging tot moord tot en verbode wapen en ammunisiebesit. Hy skryf dat “iedereen in deze rechszaalcreëert zijn eigen waarheid” (230p).

Vermeulen gaan akkoord met dr. Irma Labuschagne se gevolgtrekking in die hof dat in Johan Nel se getraumatiseerde wêreld hy sy greep op die werklikheid verloor het. Die skrywer vind dit jammer dat die geweldskonteks in die lewe van Johan Nel nie genoegsaam in die hofsaak beklemtoon is nie.

Die woede van Johan Nel wat stelselmatig in sy kop opgehoop het, hou direkte verband met fisiese aanslae op sy gesin en vriende. Vermeulen verwys na die geheime taal – gevegstekens – van swart aanvallers op blanke gesinne (78p.). Daar is plastieksakke aan bome opgehang. ‘n Blik aan ‘n boom het ‘n boodskap verraai.

“Een platte steen betekende dat die boeren sliepen. De kleur roodt betekende: gevaar, pasop de boer is gewapend en zal zich verzetten” (79p.).

Vriende van die Nels se huis is oornag gestroop (79p.). Misdaad was nie ‘n klassestryd nie, maar ‘n industrie (90p.). Vermeulen tipeer die fisiese aanslae op mense as “beestachtig” en “pervers” (92 p.).

Johan Nel se broer is aangehou terwyl die Nels in die kerk was. Johan Nel is self op die plaas met ‘n sekel aangeval. “Iets in Johan Nel is gewoon geknapt” (101 p.) , skryf Vermeulen. Van die twee duisend boere wat sedert “de komst van de democratie … waren vermoord, kwamen er vijf uit Swartruggens” (136p.).

Wat xenofobie betref, skryf Vermeulen dat swartes op ‘n goeie nag van huis tot huis aanklop, van die inwoners verwag om sekere kodewoorde korrek te gebruik en indien hulle nie die tradisionele begrippe kon gebruik nie, dan summier doodgemaak is (122p.). Derhalwe het vele Suid-Afrikaanse swartes hulle lewe ingeboet.

Zimbabwe is tipologies van die eliminasie van die witman. By onafhanklikheid op 18 April 1980 was daar 250 000 blankes in Zimbabwe wat vandag na 25 000 gekrimp het (149p.). Die enigste verskil tussen toestande tans in SA vergeleke met Zimbabwe is 14 jaar, skryf Vermeulen (149p.). Die waarheid is dat daar geen metode is waarvolgens blankes in ‘n groeiende diktatuur kan oorleef nie, haal hy ‘n blanke Rhodesiër aan (158p.).

Die algemeen verslegtende toestande in SA word treffend deur die skrywer toegelig.

“Het water in de rivieren was vies en vrot. De boeren sproeiden nu ontlasting van de omliggende dorpen op de tamaten, uien en cool”(130p.).

Die skrywer siteer boere wat verklaar dat voor die koms van die witman hier niks gaande was nie. Die swartes het met hulle blote “konte” rondgeloop (131p.).

Betreffende die slepende boeremagsaak rapporteer Vermeulen dat die groep geïnfiltreer was deur die veiligheidsdienste.

“Het was deze infiltrant die de naam Boeremag had verzonnen en de verdachten aanspoorde met de bommen-campagne te beginnen” (177p.).

Die waarde van Vermeulen se boek lê daarin dat die verskil tussen wit en swart nie ‘n kwessie van pigmentasie is nie, maar dat pigmentasie saamval met twee mekaar uitsluitende sosiale ordes wat in een en dieselfde staatsverband onverenigbaar is.

Die vraag bly onopgelos hoe twee gemeenskappe – Wes-Europees teenoor Afrikasentries – met twee verskillende staatsidees vreedsaam deurmekaar in een en dieselfde staat kan bly bestaan.

купить зарядное устройство для автомобильных аккумуляторовданильченко юрій броніславович компромат

Lancet: Jong swart mans pleeg geweld

Die redakteur van die gesiene Britse mediese joernaal Lancet, Richard Horten, sê die verkiesing van Jacob Zuma vroeër dié jaar as president, skep 'n geleentheid om die foute van die verlede reg te stel.

Hy het gesê die katastrofiese vorige leierskap het die Suid-Arikaanse publiek sowel as die internasionale mediese gemeenskap se vertroue geskend.

In 'n artikel wat die gapende verskille in sorg en koördinasie tussen die verskillende provinsies beklemtoon, sê Horten ook dat die geweld en misdaad waarmee die land te kampe het, 'n bykomende las op die gesondheidstelsel plaas.

Hy het manslag, gesinsgeweld en verkragting uitgesonder as die kwessies wat bydra tot die geweldige las.

Horten sê geweld in Suid-Afrika word hoofsaaklik deur jong swart mans gepleeg tussen die ouderdomme van 15 en 29. Die helfte van vroue wat vermoor word, word deur intieme vriende om die lewe gebring.

Benewens Vigs, wat die grootste uitdaging vir die gesondheidstelsel in Suid-Afrika bly met 5,5 miljoen mense – 17% van die wêreldtotaal – wat besmet is, is daar al hoe meer gevalle van vetsug, hartsiekte, dwelmverslawing en depressie.

Suid-Afrika is een van 12 lande waar kindersterftes ook besig is om toe te neem sedert 1990.

no depositАлександр Фильчаков