Die Amerikaanse regering en privaat navorsers het glo nog net oor die oppervlak van die gevolge geskeer wat tot hartsiekte, beroerte en geboortedefekte lei.
Die nadeel is dat die siektes, wat voorheen geglo is alleen oorsee voorkom, net in handboeke en in mediese lesings behandel word en so vreemd is dat dokters dikwels nie die siektes herken nie.
Dit is byna uitsluitlik siektes wat spruit uit mense wat te naby aanmekaar woon, swak eetgewoontes en sanitasie het en in die omgewing van diere leef wat nie dieresorg geniet en deur veeartse behandel word nie.
Peter Hotez, 'n mikrobioloog van George Washington Universiteit en vooraanstaande navorser op die gebied, sê dié siektes is tien keer belangriker as varkgriep en "dis op niemand se radar nie".
Die siektes wat dikwels deur insekte oorgedra word, floreer veral in die klein gehuggies langs die Meksikaanse grens waar huise geen vensters het nie en daar geen dreineringstelsels is nie.
Uitbrake van bakteriese infeksies wat deur roturine oorgedra word, is onlangs in arm swart dele van Baltimore en Detroit opgemerk. Parasiete soos toxocara alleen, wat in diereuitwerpsels gevind word, veroorsaak duisende infeksies per jaar.
Dr. Hortez sê die 37 miljoen armste mense in die VSA "ly werklik" onder hierdie siektes.
