Polisie roer nie vinger om sakeman te beskerm

‘n Sakeman van Ermelo, Hendrik Celliers, word nou genoodsaak om hom in die komende week (Dinsdag, 24 November 2009) tot die Hooggeregshof in Pretoria te wend in ‘n poging om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om verskeie hofbevele uit te voer ter beskerming van Celliers se dieselverspreidingsonderneming en personeel. Die SAPD in Ermelo het tot dusver geweier om op te tree, ten spyte van Celliers se versoeke daartoe, asook bindende hofbevele. Celliers word tans deur AfriForum ondersteun.

Die drama het begin toe Celliers se dieselonderneming op 26 Februarie 2008 deur ene Percy Masinga en ses ander mans beset is. Masinga, ‘n aandeelhouer van die onderneming van wie Celliers die perseel wettig huur, het R180 000 van Celliers se diesel tydens die besetting vir sy eie gewin verkoop, voordat die besetting gestaak is. Celliers het ‘n hofbevel bekom wat Masinga verhoed om in te meng in die dieselonderneming se bedrywighede en het ‘n diefstalklag teen Masinga aanhangig gemaak.

Masinga en sy meelopers het die hofbevel geminag deur toegang tot die onderneming te versper. Die SAPD het versuim om teen hulle op te tree. Nog ‘n hofbevel is bekom, wat weer deur Masinga geïgnoreer is, terwyl die SAPD steeds nie opgetree het nie. Na ‘n verdere hofsaak is Masinga op 27 Oktober 2008 weens minagting van die hof tot 30 dae aanhouding gevonnis. Die SAPD het ten spyte hiervan tot op hede nog nie vir Masinga gearresteer nie en ook nie die diefstalsaak teen hom verder hanteer nie.

Masinga het volgens Celliers aangedui dat hy “baie kontakte op hoë plekke het” en “bo die wet verhewe is”.

Celliers se dieselonderneming is op 25 September vanjaar weer deur Masinga beset, sonder dat die SAPD ‘n vinger verroer het om dit te verhoed.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, hou die SAPD se weiering en versuim om hofbevele uit te voer, ‘n ernstige bedreiging vir wet en orde in die land in. “AfriForum sal daarom aanhou om druk toe te pas, sodat diegene wat hiervoor verantwoordelik is, tot orde geroep word,” het Kriel bygevoeg.

 

итальянские люстрыФильчаков

Die VSA dring by Teheran aan om kernaanbod te aanvaar

‘n Senior Amerikaanse amptenaar het gister by Iran aangedring om “in te skakel” by die Weste oor sy kernprogram, nadat ‘n Iranse militêre hoof gewaarsku het dat ‘n aanval op hulle kernterreine verpletter sal word.

“Ons sal verkies dat die Iranse regime werk van die geleentheid om in te skakel, sal maak,” sê Ellen Tauscher, Ondersekretaris vir Wapenbeheer en Internasionale Sekuriteit by die VSA se Staatsdepartement.

Teheran het “vir betrokkenheid van die Verenigde State gevra. Hulle het dit nou. Wat gaan hulle nou doen? Gaan hulle opstaan en sê hulle aanvaar ons aanbod… of gaan hulle een of ander flou verskoning gebruik om dit te ontduik?” wou sy weet.

“Indien oorreding nie werk nie, gaan druk die volgende metode van optrede wees.”

Tauscher het nog ‘n rondte sanksies teen Iran voorgestel.

Sy het by die Halifax Internasionale Sekuriteitsforum gepraat en gesê die Verenigde State gaan voort om “beduidende” kommer oor Iran se kernambisies te hê.

Maar sy het bygevoeg: “Ek glo nie militêre optrede teen Iran is nou op die tafel nie.”

Intussen het ‘n bevelvoerder van die elite Rewolusionêre Wag gesê dat Iran se lugverdediging Israeli-vegvliegtuie sal uitwis indien hulle sou aanval.

купить воронеж горелки для оскtopcargo отзывы

SA se ratte slaan vas op Centurion

Engeland het gister die tweede eendagwedstryd teen Suid-Afrika met sewe paaltjies gewen. Andrew Strauss het die loot gewen en die Suid-Afrikaners ingestuur om te kolf.

Op ‘n blad wat heelwat stadiger en suiniger was as die gewone Centurion-lopiefabriek, het die Proteas lusteloos gekolf. Eintlik was die slag reeds in die negende beurt gelewer toe AB de Villiers knap uitgevang is op punt deur ‘n vlieënde Paul Collingwood. Teen dié tyd het Graeme Smith reeds sy sit in die paviljoen gekry nadat hy vir net 12 uit is.

Amla het vloeiend maar vonkloos gekolf vir 57 lopies in 72 balle en Duminy het goed gelyk tot op 41 toe hy te fraai probeer wees het en die bal nie na derdeman nie, maar na die handskoene van Prior van die kolf laat afgly het. Alviro Petersen het die bal jolig geklop voordat hy dieselfde houtjie probeer het en sy dwarsbalkie gelos het om ‘n Bresnan-bal te keer.

Suid-Afrika se beurt het op presies 250 geëindig.

Hierdie was ‘n blad wat die bloedige, konsentrerende kolfwerk van Engeland beter as die meer flambojante Suid-Afrikaners gepas het. Dit is onderstreep deur ‘n metodiese, geduldige honderdtal van Paul Collingwood.

In eendagwedstryde is daar min terugkeerkanse. Suid-Afrika kan, en sal waarskynlik, beter in volgende wedstryde kolf.

Engeland loop nou een-nul in die reeks voor nadat die eerste wedstryd Vrydagaand uitgereën het.

 

crown graphic vs speed graphicлобановский политик

Reuse motorbom gevind

Lede van die Ierse Republikeinse Leër, IRA, het ‘n 180-kilogram motorbom buite die polisie se hoofkwartier in Belfast geplant maar die tuisgemaakte toestel het nie ontplof nie.

Konstabel Matt Baggott het gesê Saterdag se poging om die Nood-Ierse polisie se hoofkwartiere in die lug te blaas, ‘n aanval op die provinsie se hele vredesproses verteenwoordig.

Die motor wat vol plofstof gestop was het nie ontplof nie en geen skade is aan die gebou gerig nie.

Veiligheidsswagte het gesê hulle het twee mans sien weghardloop. Die verdagtes se voertuig is in die New Lodge-distrik gevind waar dit aan die brand gesteek is om bewysmateriaal te vernietig.

Gedurende dieselfde tyd as wat die motorbom moes ontplof, het drie gewapende mans skote na polisie in Garrison in die noordweste van die land gevuur.

Volgens Baggott het die polisie teruggeskiet maar niemand is beseer nie.

Drie verdagtes is naby Garrison in hegtenis geneem en ‘n vierde is net oorkant die grens gevang.

 

для автомойкиЛобановский Харьков

Die burgeroorlog het reeds begin

Daar is ‘n oorlog in Suid-Afrika aan die gang, ‘n koue oorlog, ‘n koue burgeroorlog en die oogmerk daarvan is, nes die Britte s’n in ‘n warm geskil ‘n eeu gelede, die algehele vernietiging en verdwyning van die Afrikaner. Dit is ‘n burgeroorlog want die bevelvoerders, offisiersklas, onderoffisiere en manskappe daarvan is self blanke Afrikaners. Oorlog is nooit formeel verklaar nie, en dít, volgens die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, generaal Jannie Geldenhuys, is die uitsonderlike kenmerk van ‘n koue oorlog.

Wanneer daar ‘n oorlog verklaar is, en ‘n konvensionele stryd breek uit, is die vyand sigbaar en kan jy hom raakslaan. Maar in ‘n koue oorlog klap die skote nie ooglopend nie. Dit is die terrein van die ondermyner, die propagandis, die sielkundige ondergrawer… Dit is afpersing en omkopery, agterbaksheid en geveinsdheid. Hierdie is nie ‘n arena waar die Afrikaner homself tuis voel nie. En sy vyande weet dit.

Die Afrikaner is ‘n taai ou boom, wat elke vorm van weerlig, veldbrand, winterkoue en droogte weerstaan het. Die manier om hom te laat val, is om hom in die wortel raak te kap. En niemand weet beter waar hierdie wortels lê as die ander Afrikaner, die liberalis, die volkselfmoordlustige nie. Hulle veldtog is nimmereindigend, onvermoeid, geslepe en dodelik.

Hulle strategie is eenvoudig maar, tot dusver, onweerstaanbaar. Hulle dring die een Afrikanerbastion na die ander in deur dit eers op ‘n skrefie oop te kraak en dit dan uit te was met vreemde kulture. Hulle het dit op landsvlak gedoen: Die krakie wat hulle oopgebeur het, was om met die ANC te onderhandel. Dié het, weens hulle getalle, die politieke toneel onkeerbaar oorstroom. Die ANC, die PAC en al hulle polities-misdadige kamerade, met die geldelike en morele ondersteuning van bykans die hele wêreld, en met die daadwerklike gewig van Oosbloklande, kon nie daardie skrefie in die Afrikaner se mondering slaan nie. Dit het ander Afrikaners gevat om dit te doen, en dit was nie net FW de Klerk en Roelf Meyer se binnegekonkel wat dit vermag het nie, dit was ook die nimmereindigende gedreun, die watergedrup van die Afrikaanse pers en intelligentsia wat die Afrikaner beweeg het om die pantserdeur op ‘n skrefie oop te swaai.

Daarna was dit die provinsies en die stadsrade se beurt om uitgekalwe te word. Die dodelike, eenvoudige strategie het in die staatsdiens, die hospitale, die weermag, die polisie, die staatsdiens gewerk. Noem maar die instelling en daar is ‘n koor van verontwaardigde liberaliste wat jodel dat swartmense onbeperkte toegang daartoe moet hê. En sodra die eerstes opdaag, moduleer die koor na ‘n ander sleutel en neurie ontsteld dat dit onregverdig is dat die Afrikanerkultuur primêr of selfs prominent in die betrokke organisasie sal wees. Elke Afrikaanse universiteit is so binnegedring en gepurgeer van die Afrikanerkultuur.

Die boom het nog nie geval nie, en het onverwagse ruimtes gevind om uit te loop of dieper in te wortel. Die linkse aanslag op die N.G. Kerk, byvoorbeeld, het weggevaag toe die verbete verenigingstryd deur plaaslike gemeentes en hulle lede afgeweer is. Afrikaanse kuns en vermaak het ook onverwags ‘n skans vir die Afrikaner geword. Dit is ‘n nasionale sonde om – ten minste as jy blank is – ‘n voorkeur vir jou eie ras en kultuur openlik te verklaar. Maar jy kan dit implisiet doen deur jouself te neem waar hierdie velkleur en tradisie vergader.

Hierdie is nie ‘n gepatenteerde Suid-Afrikaanse tendens nie. In die VSA mag elke ras, geloof en nasionaliteit – behalwe blankes – openlik om hulle identiteit vergader. Daar is honderde organisasies, selfs skole en universiteite, wat eksklusief vir swartmense in stand gehou word. Die Moslems het húlle organisasies, die Latyns-Amerikaners hulle s’n. Die Jode het oor die driehonderd organisasies wat uitsluitlik en openlik hulle doelwitte bevorder. Maar sou ‘n organisasie gestig word om eksklusief blanke belange te beskerm, sal die (hoofsaaklik blanke) pers en vermaakindustrie met ‘n helse kakofonie ontvlam en hulle tot onverwyld en onverpoos verguis.

In die Desember-uitgawe van American Renaissance is daar ‘n uitstekende artikel deur Ellison Lodge oor hierdie verskynsel. Hierin bekyk hy die blankes in Amerika wat uitdruklik anti-blank is, soos deur die huidige politieke tirannie vereis word, maar wat implisiet wit is. Hierdie bevestiging van blanke kultuur en voorkeur word in die paar “flenters” blanke kultuur wat eksklusief gebly het, gevind. Country en Western-musiek is, byvoorbeeld, omtrent uitsluitlik ‘n blanke smaak. Die sangers, met weinig uitsonderings, is blank en hulle albums word omtrent net deur blankes gekoop.

Ellison noem een sport wat so te sê deur net blankes bedryf en geniet word: NASCAR-wedrenne.

Die (hoofsaaklik blanke) pers is uiteraard baie neerhalend oor beide C&W-musiek én NASCAR, wat hulle as ‘n sport vir ingeteelde blikore voorhou. En moenie dink die linkses is tevrede om dinge so te los nie. Hulle doen hulle absolute beste om musiek en sport binne te sypel. Maatskappye bied groot belonings, ondersteuning en opleiding aan om swart renjaers te ontwikkel – sonder sukses. Swartmense het geen belang by óf Cowboy-musiek, óf NASCAR nie.

Dit sou alles nie vir die liberales so vrekkens aanstootlik gewees het as beide dié gereserveerde tydverdrywe nie so skouspelagtig gegroei het nie. Country en Western-sterre se glans is van die mees verblindende in die Amerikaanse musiekruim, en dit sonder die volgehoue, oordonderende bewonderende geraas wat die media oor ander musiekvorme, vernaamlik hip-hop, maak. En NASCAR, waarteenoor die media ten beste ‘n effe vieserige houding het, is die vinnigste groeiende sport in die VSA.

In Suid-Afrika het die blankes ook enklawes gevind waar hulle onbeskaamd die vreugde kan smaak om onbelemmerd in groot getalle met hulle eie kan saamkom. Hierdie motief is die dryfmiddel in die ontploffing van gewildheid van Afrikaanse musiek, die herlewing van die Afrikaanse filmbedryf, die herontdekking deur advertensiemaatskappye van die Afrikaanse koper… Afrikaners wil maar net Afrikaners wees.

Hierdie nuwe geboorte van Afrikanersolidariteit is so onverwags as wat dit deur liberale Afrikaners ongewens is. En hulle veg terug op hulle beproefde, glibberige, tweetongige manier. Die ou eenvoudige, dodelike taktiek van insypeling, uitbreiding en oorheersing word met groter drif ontplooi. ‘n Afrikaanse sepie is net polities gesalf as daar ‘n verteenwoordiger van elke velkleur in die nasionale spektrum – van wit, tot amper wit, tot gekleur tot pikswart – in is. Die Huisgenoot Skouspel kan net aangebied word as die Bala Broers of ‘n ander swart item as politieke lisensieskyf aangebring kan word. Die gedagte aan ‘n suiwere wit vertoning is vir die liberale Afrikaner afstootlik.

‘n Ernstige jong boer keer my onlangs voor om my sosiale koors oor die keuse van ‘n swartman as Voortrekker-kommandant te neem. Hy is geskok oor my weersin daarin.

“Kan ons niks vir onsself oorhou nie?” wou ek by hom weet. “Is daar nie een gebied waar ons op ons eie toegelaat word nie? Is dit nie genoeg dat hulle ons land, ons skole, ons dorpe oorgeneem het nie? Moet hulle nou doodeenvoudig nog die Voortrekkers ook hê?”

“Ek sou gedink het jy sal reken dis ‘n goeie ding,” het hy geantwoord. “Dis dan ‘n manier om ander mense aan Afrikaans voor te stel.”

Ek wou nie verder met hom redeneer nie. Ek sal liewers verveeld wees as om iemand na sulke dwaasheid te antwoord. Maar hy sal leer: Laat een van ‘n vreemde kultuur ‘n vastrapplek in die Voortrekkers kry en gou bring hy sewe wat groter as hy is saam. En dan word die Afrikaner oor die vaatjie van sosiale gedienstigheid gespalk. Siende dat daar nou so ‘n diversiteit in die Voortrekkers is, is dit dan regverdig dat Afrikaans die enigste taal bly? En moet daar nie groter sensitiwiteit vir ander kulture wees nie? Moet die uniform nie verander word om die diversiteit te reflekteer nie? En later – het Afrikaans hoegenaamd nog bestaansreg in die Voortrekkers? En dan, siende dat dit ‘n Engelse jeugorganisasie is, moet die Voortrekkers nie maar met die Boy Scouts saamsmelt nie? My gevoel is, as jy iemand wil blootstel aan Afrikaans, gee vir hom ‘n biblioteekkaartjie.

Gister het ons vyand die radiostasie RSG in ‘n brutale daad van oorlog in hierdie koue stryd ingespan. Terwyl die rugbytoets tussen die Springbokke aan die gang was, het hulle verkies om in gefolterde Afrikaans ‘n sokkerwedstryd tussen Maritzburg United en Supersport United uit te saai. Hulle het dit nie vir redes van inklusiwiteit gedoen nie. Sokker is nie ‘n Afrikaner-ding nie en die Kleurlinge wat dit wel bo rugby verkies, is hoofsaaklik Engelssprekend. Nee, dit was ‘n opsetlike minagtende stywe middelvingergebaar vir die Afrikaner.

Die boodskap is duidelik: Ons weet dat julle rugby vir ‘n enklawe van implisiete blanke solidariteit gebruik. Wel, nie met ons stasie (waarvoor julle betaal nie!) Ons sal sokker uitsaai al kan jy na dieselfde wedstryd op ‘n halfdosyn ander stasies luister. Ons sal sokker uitsaai al is daar nie ‘n enkele luisteraar om dit te geniet nie. Hierdie is minagting van die mees primitiewe, hondsdol soort wat na die Afrikaner gemik kan word.

Dieselfde Amerikaners het ‘n spreekwoord: Kom in die spel. Daar word ‘n verbete, venynige oorlog teen ons gevoer, en ons is nie eens in die spel nie. Hierdie is ‘n oorlog met net een antagonis. Ons Afrikaners het nog altyd ‘n weersin in die hele glyspel van propaganda gehad. Maar ons beter baie gou leer. Ons beter in die spel kom, want daarop berus die daadwerklike oorlewing van ons as volk.

 

автомойку высокоголобановский депутат

Schumacher terug in Formule Een? Wat’s die kans?

Michael SchumacherDit is onwaarskynlik dat Michael Schumacher na Formule Een sal terugkeer, ten spyte van kontak met die nuwe span, Mercedes Grand Prix, het die sewe-keer voormalige wêreldkampioen se segsvrou gister gesê.

“Michael geniet sy lewe. ‘n Terugkeer na Formule Een is nie ‘n onderwerp vir debat op die oomblik nie,” het Sabine Kehm gesê.

“Sover dit my aangaan, is ‘n terugkeer tans hoogs onwaarskynlik.”

Schumacher se bestuurder, Willi Weber, het erken dat daar kontak tussen die motorwedrenlegende en Mercedes is – al is dit informeel.

“Ek weet Michael het informeel met (Mercedes baas Dieter) Zetsche en Mercedes gesels toe hy by die Abu Dhabi-Grand Prix was,” het Weber Bild gister vertel. “En natuurlik gesels hy gereeld met Ross Brawn.

“Maar Michael het nie enige iets vir my persoonlik gesê oor kontak met Mercedes oor ‘n bestuurderskontrak nie.”

Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes, het beheer van Brawn GP vroeër hierdie maand oorgeneem en verslae skimp dat Schumacher gereed is om by die nuwe span in te skakel, nadat hy uit die sport in 2006 getree het.

Om Schumacher te hê om vir hulle te bestuur, sal ‘n reuse aansporing vir die nuwe span wees, maar Mercedes se spanbaas, Norbert Haug, sê die idee is nog steeds grootliks net ‘n droom.

“Dit is duidelik dat daar altyd spekulasie in hierdie sport sal wees, veral wanneer kajuite nog nie gevul is nie,” het Haug gister vir Bild gesê.

“En sommige spekuleringe is net drome wat nie waar sal word nie.”

Spekulasie het oor die naweek gegroei dat Schumacher gereed staan om by die Mercedes-span aan te sluit nadat die BBC sportkenner en voormalige spaneienaar, Eddie Jordan, daarop aangedring het dat die moontlikheid daadwerklik ondersoek word.

Dié skuif sal Schumacher herenig met Ross Brawn, die spanaanvoerder van Mercedes, wat die meesterbrein was agter al sewe die Duitser se wêreldtitels by Benetton en Ferrari.

купить свитер для девочки 12 летФильчаков прокурор харькова

Ons blaps so lekker want ons gaps so lekker

Die huidige regering het nie korrupsie uitgevind nie. Nog nooit nie.

Net vervolmaak. Die minister in die presidensie verantwoordelik vir prestasiemonitering en evaluering, Collins Chabane, gebruik deesdae sy amptelike kredietkaart vir persoonlike uitgawes.

Nee, dis nie Herrie wat so sê nie, dis die regering wat self so sê. Nou nie in soveel woorde nie, maar dit word darem nou erken dat dinge nou heeltemal hande uit geruk het, want hulle wil nie meer daaroor praat nie.

Neem nou maar die parlementêre vliegtuigkaartjies. Dis ‘n ou ding, en Herrie ken ook een wat destyds gevang is persoonlik. Hy is later tronk toe, maar oor iets anders.

Ai, en helikopterritte elke Vrydag na ‘n sekere missieltoetsterrein naby Waenhuiskrans (waar die minister heel toevallig ‘n strandhuis gehad het), en Maandae weer terug parlement toe met die helikopter. Nee, dit was ook nie Herrie wat so briljant was om dit uit te pluis nie, maar die inwoners in die stranddorpe waaroor die heli gevlieg het, soos Hermanus, Onrus, Kleinmond, Gordonsbaai…”Daar gaan die minister weer vir sy naweeklikse inspeksie…”

Nou wie kan dan nou die eerste klip gooi as ‘n huidige minister oor die Kerstyd in ‘n Durbanse strandfront-hotel tuisgaan, en ‘n paar besoeke aan plaaslike polisiestasies bring? Al kon ‘n mens nou met daai hotelrekening die hele missieltoetsterrein koop.

Ai, en ‘n minister se eersteministerplanne wat in die slag bly toe dit kort voor die werping van die lot aan die lig kom hoe heldersiende dié minister was om te weet presies waar damme gebou, en besproeiingsplase uitgelê gaan word. Koop dan droë land, en verkoop besproeiingsgronde. Snaaks, mens sou dink so ‘n heldersiende minister sou ‘n gawe eerste minister kon wees.

Toe Herrie op skool was, was hy self taamlik heldersiende, soos om soos klokslag te weet wanneer die administrateur siek is, en een van die LUK’s as administrateur waarneem. Want dan het sy telgies met daai lang, slap kar, OVS 1, skool toe gekom, chauffeur en al.

Ai, en daai bekaf uitdrukkings toe ‘n paar LUK’s, senior amptenare, ‘n horde vroue en ‘n hele klomp vriende,familie en etlike belangstellendes in Bloemfontein van die êrrie afklim, en die SAUK (ja, toe was dit nog die SAUK) se TV-kameras wag hulle in. Dié lywige afvaardiging sonder ‘n enkele kundige het oorsee gaan besluit watter skandeerder die provinsie moet aankoop.

Natuurlik was die proffie toe al hoeka oorsee gewees om die skandeerder te gaan kies – die afvaardiging kon slegs die kleur gaan uitsoek. Fred Schnetler, destydse skrywer van Volksblad se Stop van Myne en deesdae saliger, het toe ‘n ellelange stuk geskryf oor hoe dit gebeur het dat die verbypad om Senekal 15 jaar geneem het om goedgekeur te raak. Van die afvaardigings wat eers oorsee moes gaan om ondersoek in te stel na die kleur van koppies.

Daardie verbypad, terloops, is nou nog amper 30 jaar later steeds nie gebou nie.

Nou wie kan dan ‘n vinger wys na ‘n hedendaagse brandarm munisipaliteit se toerismebevorderingsekskurie van ‘n half miljoen rand? Verspot goedkoop!

Ook voor die nuwe bedeling vertel ‘n hoofdirekteur van die TPA van ‘n sekere burgemeester wat ‘n kontrak met ‘n ontwikkelaar gesluit het. Die maatskappy sou hom naamlik ‘n miljoen rand betaal, en sy seun in die VSA op universiteit hou. Boonop, een keer jaar, gaan die gesin op maatskappykoste vir boetman in die vreemde kuier. Natuurlik is die teenprestasie nie in die kontrak vervat nie.

Toe lek die spulletjie uit, en die eintlike kontrak byt in die stof. Die maatskappy dog nog die ander kontrak is ook daarmee heen, toe laat weet die, toe gewese burgemeester, aikôna, daar is mos niks van ‘n teensprestasie nie.

Maar soos Herrie sê, al het die nuwe regering nie korrupsie uitgevind nie, hulle het dit vervolmaak. Of dit nou “handling fees” vir kontrakte is, of dit “geskenkies is om die hart bly te maak, en of dit nou sommer doodgewoon tsjôtsjô is, Herrie het dit als gesien..

Selfs ‘n burgemeester wie se onder die tafel-aksies op ‘n versteekte video-kamera vasgelê is. Pleit onskuldig, want, voer hy aan, wetgewing maak net voorsiening daarvoor dat iemand vir prostitusie en diamante in ‘n lokval gevang kan word. Nie korrupsie nie. Hy is onskuldig bevind, maar Herrie weet nie of dit iets met sy verweer te make gehad het nie.

Ja, Herrie het al als gesien.

Of nee, daar was variasies wat Herrie nie geken het nie. Ai, soos die slag wat Herrie deel was van ‘n vergadering met die onderwysbase en die een kollega ‘n geldjie vir die onthaal kry. Die “onthaal” het in inkopiesakkie in die hoek bly staan – doodgewone kruideniersware vir die huis met ongewone fondse.

In geheel was Herrie se verslag aan die Ouditeur-generaal oor die hele projek 86 bladsye.

Herrie se Sothonaam het van Lethola (die een wat sag praat weens ‘n gewas wat die senuwee na die stembande seergemaak het) na Moferefere (die een wat onluste maak) verander. So erg, ‘n hoofdirekteur uit die vorige bedeling het Herrie ingeroep en gesê Herrie skep vir die nuwe regering probleme. Herrie, of dan Moferefere, moet net bietjie diskresie aanleer, leer wegkyk nou en dan, en as Herrie hom ooit aanhaal sal hy dit “voor die Here ontken.”

Sjoe, so lekker gaan dit, ‘n bekende advokaat se naam is glads “Gaps” en ‘n rubriekskrywer “Roof.”

En as iemand dalk self moeite het om in te sien wat verkeerd is met korrupsie – neem dan maar die Wêreldbank se woord daarvoor: Korrupsie is die diefstal van ‘n land se toekoms.

 

 

детские куклыДанильченко Харьков

Nog Moembaaiterro’s vasgetrek

Twee Pakistani’s wat daarvan verdink word dat hulle logistieke ondersteuning verleen het aan verlede jaar se terroriste-aanvalle in Moembaai, is in hegtenis geneem, berig die Italiaanse nuusagentskap ANSA.

Polisiebronne sê die twee mans is Saterdag in hegtenis geneem.

Die mans word daarvan verdink dat hulle ‘n geldoordragmaatskappy gebruik het om geld vir die aanvalle te stuur.

Dié geld is gebruik om ‘n internetrekening vir telefoonoproepe tussen die aanvallers en mense wat met hulle kontak gehou het, te betaal.

Die agentskap sê die twee mans word van onwettige finansiële aktiwiteite, die aanhitsing en hulpverlening in dié aanvalle beskuldig.

 

чем лечить десны при пародонтозеtopcargo кидалы

Obama se gewildheid nou onder 50%

Ondersteuning vir die VSA president, Barack Obama, het onder die meerderheid van 50% geval.

Die navorsingsmaatskappy Gallup het Vrydag die resultate van ‘n meningspeiling bekendgemaak wat toon slegs 49% van Amerika is nou van mening dat die president goed in sy amp presteer.

Volgens ‘n soortgelyke peiling deur Quinnipiac-universiteit verlede Woensdag dink 48% van Amerikaners Obama se prestasie is bevredigend.

Dit is die eerste keer wat ondersteuning vir die president minders as die helfte is.

Obama het in Januarie met 70% ondersteuning afgeskop.

Volgens Gallup is die daling te wyte aan Obama se pogings om die Amerikaanse gesondheidstelsel te hervorm, sowel as die sukkelende ekonomie en miljoene Amerikaners wat werkloos is.

 

super slots no deposit bonusФильчаков Александр Васильевич