Held sterf nadat hy rower skiet

Durban – ’n Man is dood en drie ander ernstig gewond tydens ’n skietery wat tussen omstanders en gewapende mans uitgebreek het tydens ‘n gepoogde rooftog op ‘n hengelwinkel.

Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die skietery het gister in Sidarweg losgebreek.

Twee mans het Bills Fish Tackle-winkel binnegegaan en die werknemers met vuurwapens gedreig, waarna hulle met R2 000 kontant en voorraad, weggehardloop het. 

“’n Omstander wat gesien het wat gebeur het, het ‘n vuurwapen uitgeruk en een van die skurke twee keer in die maag geskiet,” het Wicks gesê.

Wicks het gesê die man het toe saam met nóg twee omstanders, die vlugtende rowers in ‘n bakkie agterna gesit.

Die rowers het hulle in ‘n paarkeerarea ingewag en op hulle gevuur.

Die man wat die eerste rower geskiet het, is noodlottig getref.

“Hy is deur paramedici aan die bestuurderskant van die bakkie in ‘n plas bloed gevind, en het gesterf weens ‘n skietwond in die mond en bors.

“Die twee ander mans is na onderskeidelik die Wentworth-hospitaal en die Bluff mediese sentrum geneem voor paramedici op die toneel verskyn het. Die man wat die bakkie bestuur het, is in ‘n ernstige maar stabiele toestand in die Wentworth hospitaal en ontvang behandeling.”

‘n Derde man veg vir sy lewe in die hospitaal maar daar word nie verwag dat hy sal oorleef nie.

Die polisie soek tans na die rowers wat gevlug het.

Die toestand van die rower wat geskiet is, is nie bekend nie. 

play slots freeФильчаков прокурор

Meer haatmisdade in die VSA gerapporteer

Verslae van haatmisdade teen homoseksueles en godsdiensgroepe het skerp gestyg in 2008, volgens data van die FBI wat gister vrygestel is.

Oor die geheel het gerapporteerde haatmisdade met omtrent twee persent toegeneem. Dieslefde syfers toon ‘n amper 11 persent styging in haatmisdade gebaseer op seksuele oriëntasie en ‘n bykanse nege persent gebaseer op godsdiens.

Die grootste kategorie, rasgemotiveerde haatmisdade, het met minder as een persent gedaal.

Joe Solmonese, die president van Menseregte Veldtog, die grootste Amerikaanse homoseksuele-regte groep, het die getalle onaanvaarbaar genoem en gesê dit toon ‘n noodsaaklikheid vir die uitbreiding van die federale haatmisdaadwet wat verlede maand deur president Barack Obama geteken is.

Onder al die kategorieë van haatmisdade hou omtrent ‘n derde verband met vandalisme of saakbeskadiging. Omtrent dertig persent sluit intimidasie van een of ander aard in en nog dertig persent is fisiese aanvalle.

Brian Levin, direkteur van die Sentrum vir die Studie van Haat en Ekstremisme by die Universiteit van Kalifornië in San Bernadino waarsku dat die getalle misleidend kan wees omdat sekere state soos Kalifornië, Nieu Jersey en Ohio die getalle nougeset aanmeld, terwyl ander – Georgia, Hawaii, Mississippi en Pennsylvania – dit nie doen nie.

Konserwatiewe kommentators wys ook uit dat die praktiese toepassing van die wet nie voorsiening maak vir sogenaamde haatmisdade wat deur anderskleuriges teenoor blankes gepleeg word nie.

 

справки 086уФильчаков прокурор

Duitsers herstel hoogspringrekord van 1936

Duitsland se atletiekvereniging het ‘n hoogspringrekord van 1936 in ere herstel aan Gretel Bergmann wat daarvan gestroop was en van daardie jaar se Berlynse Olimpiese Spele deur die Nazi’s verban is omdat sy ‘n Jodin was.

Die vereniging sê in ‘n verklaring dat die gebaar om Bergmann se sprong van 1,60 meter in die rekordboeke te herstel “op geen manier kan opmaak” vir die verlede nie maar dat dit “‘n daad van geregtigheid en ‘n simboliese gebaar was.”

Dit het ook versoek dat die 95-jarige Bergmann in die Duitsland se sportroemsaal ingesluit sal word.

Bergmann is in Laupheim gebore maar het in 1937 na die Verenigde State geëmigreer waar sy steeds woon.

 

pearl hair combsлобановский депутат

Twee Franse in Afrika ontvoer

Twee Franse hulpwerkers is in ‘n plofbare gebied van die Sentraal Afrika Republiek naby die grens met Tsjaad en Soedan ontvoer, het ‘n hulpgroep gister gesê.

Die twee personeellede is van die Triangle-hulpgroep van Lyon, Frankryk en is laat Sondag in Birao in die land se noordooste ontvoer, sê Christian Lombard, die groep se mededirekteur. Hy sê hy kan geen inligting oor die omstandighede of die ontvoerders verskaf nie.

Die Sentraal Afrika Republiek, een van die wêreld se armste lande, is ernstig belemmer deur gevegte in die aangrensende Darfoer-streek in Soedan. Triangle se pogings daar sluit die verbetering van watervoorrade en die bou van skole in, volgens hulle webblad.

Die Franse Buitelandse Ministerie sê hulle “verdoem hierdie kriminele optrede wat, weereens, hulpwerkers tref in ‘n streek waar NRO’s essensiële bystand aan die bevolking lewer.”

Die ministerie het ‘n oproep gedoen vir die “onvoorwaardelike en onmiddellike” vrylating van die gevangenes. In hulle verklaring sê die ministerie dat hulle en die ambassade in die Sentraal Afrika Republiek in nabye kontak is met die hulpgroep en die families van die ontvoerdes.

Die personeellede se identiteit is nie vrygestel nie.

 

винтовые компрессоры remezaФільчаков Олександр Васильович прокурор

Hamas wil gevangenes vir Israelisoldaat ruil

Hamas-leiers het hulleself gister na Egipte gehaas te midde van tekens van vooruitgang in ‘n ooreenkoms om honderde Palestynse gevangenes vir ‘n Israeli-soldaat wat vir meer as drie jaar deur die militante Islamitiese groep gevange gehou is, te ruil.

Die uitruiling kan Hamas ‘n hupstootjie ten koste van hulle sleutelopponent, die Westersondersteunde president Mahmoed Abbas gee, deels omdat een van die gevangenes wat vrygelaat sal word Marwan Barghouti, sy hoofuitdager, is.

Amptenare aan beide kante het gemaan teen oordrewe optimisme oor ‘n ooreenkoms wat nog beklink moet word. Tog lyk dit of omstandighede aan beide kante ryp word vir so ‘n ooreenkoms.

Israel en Hamas is gewikkel in aan-en-af gespreke sedert Gasa-militantes ‘n tonnel tot in Israel gegrawe en sersant Gilad Schalit in 2006 gevangene geneem het in ‘n strooptog waarin nog twee soldate gedood is. Tot onlang het die samesprekinge wat deur Egipte bemiddel word, weinig vordering opgelewer.

Die Israeli eerste minister, Benjamin Netanyahu is gretig vir ‘n deurbraak. Om Schalit huistoe te bring sal vir hom ‘n groot huishoudelike hupstoot gee en ‘n belangrike diplomatieke deurbraak verskaf in ‘n tydperk waarin die internasionale gemeenskap hom kritiseer dat hy nie genoeg doen om vrede te bevorder nie.

 

crystal tiarasОлександр Васильович Фільчаков

Medisynemaatskappy met miljoene beboet oor kanker

‘n Jurie het in Philadelphia in die VSA die Wyeth Farmaseutiese Maatskappy beveel om ongeveer R500-miljoen in strafvergoeding te betaal nadat ‘n skakel tussen borskanker en ‘n hormoonvervangingsmiddel gevind is.

Dit is volgens die prokureur vir die aansoeker, Connie Barton.

Verlede maand het die jurie omtrent R13-miljoen se skadevergoeding in die saak toegestaan en bevind dat Wyeth doelbewus bewyse van ‘n kankerskakel verdoesel het.

Die strafvergoeding vir Barton van Peoria, Illinois, is geseël gehou tot Maandag omdat ‘n ander Prempro-saak in dieselfde hofgebou aan die gang was.

‘n Segsman vir Pfizer Ing. wat onlangs Wyeth bekom het, sê die maatskappy sal die Barton-uitspraak betwis asook nog ‘n uitspraak wat Maandag aangekondig is.

Barton se saak is een van ‘n handvol Prempro-sake wat gereed staan om verhoor te word uit duisende wat regoor Amerika aanhangig gemaak is.

 

подъемникидляшиномонтажаданильченко юрій броніславович

Dlamini-Zuma bespreek nuwe migrasiebeleid met Cosatu

Minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gaan Cosatu Dinsdag ontmoet om die ontwikkeling van ‘n nuwe migrasiebeleid te bespreek, het ‘n departementele woordvoerder Maandag aangekondig.

Die ontmoeting met Cosatu se sentrale uitvoerende komitee kom nadat die kabinet goedkeuring verleen het aan die minister om ‘n nuwe beleid te formuleer, sê woordvoerder Ronnie Mamoepa.

“Die behoefte vir ‘n nuwe beleid is van kritiese belang sodat die regering tussen vesrkillende ekonomiese migrante en asielsoekers kan onderskei wat tot dusver opeenhopings in die prosesering van sulke aansoeke veroorsaak het,” sê Mamoepa.

Die ontmoeting met Cosatu se leierskap is deel van ‘n breër konsultasieproses waaar Dlamini-Zuma met die onderskeie rolspelers sal beraadslaag.

“Die doel is om uit te kom by ‘n konsensus oor die basiese beginsels van ‘n nuwe migrasiebeleid,” aldus Mamoepa.

Nadat die konsultasieproses voltooi is, sal die minister aanbevelings aan beide die kabinet en parlement voorlê vir goedkeuring en implementering.

 

ten play appАлександр Фильчаков прокурор

Etniese geweld vlam in DRK op

Sektariese geweld het ten minste 100 lewens geëis en 53 000 mense verdryf sedert die einde van Oktober in die Demokratiese Republiek van die Kongo se noordoostelike Orientaleprovinsie, het die VN Maandag gesê.

Verlede Vrydag is twee dorpe aangeval en in die een, Burburu, het 8 000 mense gevlug voor die aanval, volgens die VN se missie, Monuc, in die DRK. Hulle kon nie die aantal sterftes vasstel nie.

Die dorp is 150km suid van Dongo aan die oewer van die Oubangirivier wat die grens is tussen die DRK en die Kongo-Brazzaville. Dinsdag en Donderdag was daar skermutselinge in Sabasaba, 25km suidoos van Dongo waarin ongeveer 10 mense omgekom het.

Die geweld het op 29 en 30 Oktober uitgebreek tussen die Lobalastam, of die Enyele, en die Bamboma-mense, wat onderskeidelik van die dorpe Enyele en Monzaya afkomstig is, maar ook elders woon.

Die geskil tussen die etniese groepe gaan hoofsaaklik oor watergebied wat ryk is aan vis en die twis het geëskaleer na geweld.

Volgens die VN is kapmesse en wapens gebruik in die konflik.

Verskeie mense het verdrink nadat hulle gepoog het om na veiligheid in die Kongo, oorkant die Oubangirivier, te vlug.

Dongo is tans ‘n spookdorp met lyke wat besaai lê in die strate en talle huise en winkels afgebrand.

Ongeveer 53 000 mense het voor die geweld gevlug, waarvan 37 000 na die Kongo volgens die VN se hoëkommissaris vir vlugtelinge. Nog 16 000 is steeds in die DRK volgens Monuc.

Dongo se minister van binnelandse sake, Guy Inenge, het aan AFP gesê die beweegredes agter die geweld is baie dieper as net visvangregte en het dit as ‘n “rebellie” beskryf.

Volgens Inenge is ten minste 400 lede van die MLC, die hoofopposisieparty in die DRK, betrokke by die geweld.

‘n DRK-regeringswoordvoerder Lambert Mende het die Lobala se optrede as “kriminele etniese suiwering” beskryf. Volgens Monuc word “jong lede op die oomblik met behulp van kontant gewerf” om deel te neem aan die geweld.

Monuc oorweeg tans of hulle lug- of rivierpatrollies na die afgeleë gebied sal stuur “om ‘n beter prentjie van die situasie te kry” en “om te help om ‘n oplossing vir vrede te vind,” het ‘n amptenaar gesê.

 

карданные светодиодные светильникиЛобановский Харьков

Lekota verdedig Mbeki

Cope se president Mosiuoa Lekota het oproepe om voormalige president Thabo Mbeki en diegene wat onder hom gedien het, vir volksmoord aan te kla, as onverantwoordelik bestempel en ‘n gevaarlike verdraaiing van die geskiedenis van die land, het die SAUK Maandag berig.

Lekota het gereageer op oproepe van die Jong Kommuniste-liga dat Mbeki aangekla word omdat hy na bewering die MIV-Vigs-kwessie tydens sy ampstermyn wanbestuur het.

Hy het gesê vir die misdaad van volksmoord moes daar ‘n opsetlike beleid gewees het of ‘n besluit om mense dood te maak. Hy het gesê daar was geen so ‘n besluit deur die ANC of die kabinet nie.

Lekota se verklaring kom slegs ‘n week nadat jeugleier Julius Malema gesê het dat die ANC-jeugliga nie sal toelaat dat Mbeki vir volksmoord aangekla word nie.

“Ons moet nooit ons leiers afstaan nie,” het Malema by ‘n glansgeleentheid van die Pan-Afrika Jeugunie by Emperor’s Palace in Boksburg verlede Maandag gesê.

“Thabo Mbeki het dalk foute gemaak, maar ons kan hom nooit aankla nie.”

“Ons kan nie een van ons eie aankla nie. As ons dit toelaat, gaan dieselfde ding met [Zimbabwiese President Robert] Mugabe, en dieselfde ding met [President Jacob] Zuma gebeur, en die volgende wat jy weet, kom hulle vir jou,” het Malema gesê.

 

купить футболку хаки детскуюдепутат лобановский

Staatskoolgetalle neem af

Die uitslag van ’n opname wat Maandag bekendgestel is, het aangedui dat al hoe meer leerlinge deesdae privaatskole bywoon.

Die aantal leerlinge wat privaatskole verkies, het van 256 283 in 2000 tot 366 201 in 2008 toegeneem.

Dit verteenwoordig ‘n groei van 4.2% in vergelyking met die toename van 1.9% wat openbare skole getoon het, luidens die ondersoek wat gedoen is deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rassebetrekkinge.

Gauteng het die hoogste getal leerlinge in 2008 gehad wat privaatonderwysinstansies bygewoon het.

“Die drastiese toename onder leerlinge wat onafhanklike skole bywoon is ‘n bewys van die min vertroue wat ouers in Suid-Afrika se onderwysstelsel het,” het ‘n navorser, Marius Roodt gesê.

“Dit  toon aan dat ‘n groeinde aantal ouers verkies om buite die staatstelsel te tree.”

KwaZulu-Natal het nogtans die grootste aantal leerlinge wat in in openbare skole onderrig word, terwyl die ander provinsies se getalle afgeneem het iun dié verband.

Die Oos-Kaap het ‘n afname van 4.3% getoon,  die Vrystaat 11.9%, Limpopo 5.1% en  Noordwes het ‘n 5% daling geregistreer.

“Sulke syfers behoort die departement van onderwys iets te gee om oor na te dink,” het Roodt gesê.

 

баки длялобановский александр компромат