Hezbollah mag wapens hou

Libanon se parlement het oorweldigend ‘n nasionale eenheidsregering wat Hezbollah sal toelaat om hulle wapens te behou, goedgekeur.

Die stemmery het gister aan die einde van ‘n debat, waarin die militante groep se wapens skerp deur wetgewers van die parlement se Westers-ondersteunde meerderheid gekritiseer is, gekom.

Hezbollah se weiering om hulle wapens op te gee het verdeeldheid in die land asook kommer in Israel, wat in ‘n oorlog met die groep in 2006 betrokke was, opgewek.

Verskeie wetgewers in die Westers-ondersteunde meerderheid wou die groep ontwapen. Tog het die 128-lid vergadering die nuwe kabinet met ‘n stemming van 122 teen 1, met een buitestemming, goedgekeur. Slegs 124 wetgewers het die sessie bygewoon.

 

mobile casino free cash no depositДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Woods-skandaal ‘n meevaller vir internetpublikasies

Soos enige ordentlike skandaal wat ‘n gevierde persoon betrek, het die Tiger Woods-drama ‘n skerp styging in verkeer na webwerwe wat besonderhede van sy motorbotsing en buite-egtelike verhoudinge aangebied het, veroorsaak. Die styging sal egter waarskynlik kortstondig wees, namate die skok van die storie afneem.

Een van die werwe met die swaarste verkeer was Woods se eie webblad, waar hy sy enigste openbare opmerkings oor sy botsing geplaas het en sy vergrype erken het. Die webwerf het 448,000 unieke gebruikers gedurende die week van sy botsing gehad, ‘n verhoging van die minder as 11,000 die vorige week, volgens die Nielsen maatskappy.

Die Orlando Sentinel-koerant, wat die streek van Woods se huis bedien, het omtrent 1,2-miljoen unieke gebruikers aangeteken, meer as twee-en-‘n-half keer soveel as die week voor die ongeluk, sê Nielsen.

Intussen het besoeke aan die vermaakwerf, TMZ.com, en sportnuuswebblad, Deadspin.com, wat albei aap-uit-die-mou nuus oor die voorval gehad het, met meer as vyftig persent toegeneem, volgens Hitwise, nog ‘n webanalisemaatskappy.

Google en Yahoo, wat meer as 80 persent van alle internetsoektogte in die VSA hanteer, sê hulle het ‘n sprong in verkeer gesien van mense wat inligting oor die gholfsuperster soek.

Yahoo sê soektogte vir Woods se naam het amper 4,000-voudig toegeneem oor die voorafgaande 30 dae.

Die verkeerstoename is nie so beduidend soos dié rondom Michael Jackson se dood en Barack Obama se inhuldiging nie, sê beide maatskappye. Yahoo se uitvoerende hoof, Carol Bartz, het hierdie week egter aan ‘n beleggingskonferensie in New York gesê dat die Woods-storie “beter as Michael Jackson wat gesterf het” was, as dit daarby kom om Yahoo te help om geld te maak, omdat dit makliker is om advertensies langs sappige stories te verkoop.

Bartz het selfs gesê dat Woods Yahoo “absoluut” sal help om hulle finansiële vooruitsigte hierdie kwartaal te haal, maar die maatskappy sê die hoof, wat gereeld stuitig is, het net gegrap.

‘n Les van vorige groot nuusgebeure is dat internetmaatskappye vinnig moet kapitaliseer in ‘n stuwing in verkeer, want belangstelling vervaag gou. Google se statistieke wys dat soektogte vir Michael Jackson sterk geloop het in die dae na sy dood maar dramaties afgeplat het binne ‘n paar weke.

 

насос для грязнойлобановский александр отзывы

Duisende betoog teen Obama se Nobel-prys

Duisende mense het gister in Oslo aan ‘n protesoptog in Oslo deelgeneem nadat die Amerikaanse president, Barack Obama, die Nobel Vredesprys met ‘n toespraak wat oorlog regverdig, aanvaar het.

Meer as 6,000 mense het in ‘n vreedsame, flitsligoptog gemarsjeer, in teenkanting teen kernwapens, wat buite Obama se hotel in die Noorweegse hoofstad geëindig het, sê organiseerders.

Obama – wat gister in sy aanvaardingstoespraak gesê het “oorlog is soms nodig, en oorlog is op ‘n sekere vlak ‘n uitdrukking van menslike gevoelens” – het saam met sy vrou Michelle vir verskeie minute vir die skare vanaf sy hotelbalkon agter pantserglas, gewaai.

Verskeie van die betogers het baniere wat “Nee vir Kernwapens” lees, gedra, of het vredestekens vertoon.

3,000 ander betogers het deelgeneem aan ‘n betoging wat deur die Noorweegse Vredesinisiatief gereël is en wat ‘n oproep gedoen het vir die beëindiging van die oorlog in Afghanistan, beheerde wapenhandel, asook ‘n einde aan kernwapens en Israeli nedersettings.

“Ons is hier om vir Obama ‘n hupstootjie te gee sodat hy sal optree in die gees van die Vredesprys, sodat hy daadwerklike stappe neem om die oorlog in Afghanistan te beëindig,” het ‘n organiseerder vir die Noorweegse Vredesinisiatief, Benjamin Endre Larsen, aan AFP gesê.

Hy het ook aangedring dat Obama reëls ” wat wapenhandel beheer” instel, kernontwapening “teen ‘n flukse pas” nastreef, en druk op die Israeli regering uitoefen “sodat die nedersettings op die Wesbank gestaak kan word.”

Polisie sê tussen 12,000 en 15,000 betogers en toeskouers, insluitende gesinne met jong kinders, was die strate rondom die hotel vol en het die plein voor sy hotel toegepak, in die hoop dat Obama hulle boodskap sou hoor en om ‘n kykie te kry – en miskien selfs ‘n foto – van die Amerikaanse president.

 

освещение потолка наtopcargo

Sal die ware Motsepe opstaan, asseblief

“Die VF Plus verwerp die belaglike idee soos verkondig deur mnr. Patrice Motsepe dat myne genasionaliseer kan word indien dit goed vir Suid-Afrika sou wees. Ons sal graag van mnr. Motsepe wil weet in watter omstandighede in die geskiedenis die nasionalisering van myne ooit voordelig vir ‘n land en sy mense was,” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Mynwese, gesê na aanleiding van mnr. Motsepe se uitsprake oor die nasionalisering van myne.

“Dit is eenvoudig roekeloos om sulke stellings te maak en sodoende lug te gee vir die rewolusionêre gedagtes van Julius Malema. Dit kom ironies genoeg nadat mnr. Motsepe homself oor en oor verryk het by wyse van die Swart Bemagtigingsproses ten koste van meeste armes in Suid-Afrika. Dit is ‘n feit dat die Swart Bemagtigingsproses nog nooit effektief was om armoede te bestry nie en het net sekere politiek-korrekte enkelinge bevoordeel.” het adv. Alberts bygevoeg.  

Mnr. Motsepe se bravade sal aan die hand van drie toetse gemeet moet word: Eerstens sal mnr. Motsepe gewillig moet wees om toe te kyk hoe sy bates sonder vergoeding genasionaliseer word ten gunste van die armes. Die tweede toets sal wees om te kyk of die verspreiding werklik na die armes gaan afwentel, en die derde toets sal wees om te sorg dat die myne effektief en mededingend bly.

“Ek is bevrees mnr. Motsepe en sy ideologiese tydgenote sal nie hierdie drie toetse deurstaan nie. Die geskiedenis tel teen hulle. Mens kry eerder die gevoel hulle soek nog ‘n gaping om die Suid-Afrikaanse ekonomie verder te plunder,” het Alberts gesê.

Die VF Plus het vroeër in ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag aan die regering weereens die onderneming van die ANC gekry dat hulle nie van plan is om myne te nasionaliseer nie. Desnieteenstaande, sal die VF Plus steeds voortgaan om enige sweem van sosialisme aan te vat en uit te wys as ‘n vals belofte vir ‘n beter Suid-Afrika.

roulette online game real moneyдепутат лобановский

Binnelandse sake is die mees korrupte

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die skorsing van 31 beamptes in diens van die Departement van Binnelandse Sake weens hul betrokkenheid by die onregmatige registrasie van geboortes. Die ondersoeke wat Binnelandse Sake in die verband onderneem, blyk vrugte af te werp. Met hierdie optrede veroorsaak die Minister van Binnelandse Sake, me. Nkosaza Dlamini-Zuma en haar departement, egter dat die publiek daarvan oortuig word dat Binnelandse Sake die mees korrupte staatsdepartement is,” het dr. Corné Mulder, hoof woordvoerder oor Binnelandse Sake vir die Vryheidsfront Plus gesê.

“Binnelandse Sake werk met die status van persone deurdat hulle verantwoordelik is vir die toekenning en uitreiking van statusgewende-dokumentasie. In die opsig moet geen foute en korrupsie geduld word nie. Dit is daarom nie aanvaarbaar dat beamptes wat geskors is steeds hul salarisse ontvang totdat ‘n dissiplinêre verhoor afgehandel is nie. Dit is die belastingbetalers wat die las hiervoor dra terwyl hulle deur die beamptes benadeel is,” meen dr. Mulder.

Dit is die verantwoordelikheid van minister Dlamini-Zuma om die Departement se integriteit te herstel en te behou. Sy moet daarom nie net op ondersoeke konsentreer om korrupsie hok te slaan nie, maar eerder na die kwaliteit beamptes wat aangestel word. Haar departement se eng fokus op transformasie syfers veroorsaak dat effektiwiteit opgeoffer word ter wille van ‘n koppetel-oefening. Die feit dat byna sestig beamptes binne ‘n tydperk van ses weke geskors is vir korrupsie, moet vir die Minister wys dat sy en haar departement totaal misluk met transformasie omdat effektiwiteit in die slag bly en ‘n ernstige verlies aan kundigheid meegebring word,” het dr. Mulder bygevoeg.

 

диагностическое оборудование автоЛобановский Харьков

Afriforum het ‘rassistiese agenda’

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het skerp gereageer op die aanval wat die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Gwede Mantashe, vanoggend in sy openingstoespraak by die SAKP se nasionale kongres op AfriForum geloods het met sy stelling dat AfriForum vir ʼn “rassistiese agenda” veg.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie hierop soortgelyke woorde as die Afrikaanse skrywer Langenhoven gebruik, deur te sê dit is vreemd dat Mantashe AfriForum se billike aspirasies verkeerdelik as “rassisties” voorhou, terwyl die SAKP se rassisme valslik as billike aspirasies voorgehou word.

“Mantashe se aanval is misplaas, veral in die lig daarvan dat dit juis eerder die SAKP/ANC-alliansie is wat ʼn rasbehepte ideologiese agenda op elke terrein van die samelewing wil afdwing,” het Kriel gesê.

Volgens Kriel sal AfriForum hom beslis nie van stryk laat bring deur Mantashe se aanval nie en sal AfriForum ook nie by ʼn rasse-moddergooiery betrokke raak nie. “Mantashe se rasbehepte uitsprake dien eerder as motivering vir AfriForum om aan te hou stry vir vreedsame naasbestaan, wedersydse respek, billikheid en geregtigheid vir almal in die land,” het Kriel bygevoeg.

casino slotФильчаков прокурор

Griekeland op rand van insolvensie

Die voormalige beleidsmaker van die Bank van Engeland, Willem Buiter, sê Griekeland kan die eerste groot land uit die Europese Unie wees wat in gebreke bly om sy skuld te diens sedert die naloop van die Tweede Wêreldoorlog.

“Dit is vyf minute voor middernag vir Griekeland,” sê Buiter, wat by Citigroup as hoofekonoom gaan aansluit, in ‘n onderhoud met Bloomberg Televisie. “Ons kan ons eerste EU-15 soewereine verstek sien sedert dit met Duitsland gebeur het in 1948.”

Die EU se kommissaris vir ekonomiese aangeleenthede het gister gesê dat amptenare gereed is om Griekeland met sy tekort te help, na kommer oor sy openbare finansies ‘n verjaging in Griekse regeringsobligasies veroorsaak het. Fitch Ranglyste het sy gradering van die land se skuld gesny na BBB+ en twee ander belangrike ranglysmaatskappye dreig om die voorbeeld te volg.

“Verstek is nie onafwendbaar nie,” sê Buiter. “Maar indien daar nie radikale fiskale optrede is nie, langdurige bestedingsbesnoeiïng en belastingverhoging van ten minste 7 persent van BBP is nie, is die skrif aan die muur,” vir Griekeland.

Daar is “geheel en al” geen risiko dat Griekeland in verstek sal gaan nie, het die minister van finansies, George Papaconstantinou, in ‘n onderhoud met Bloomberg Televisie gesê. Griekse banke is “fundamenteel gesond” en Griekeland sal nie ‘n EU-hulppakket soek nie, het hy gesê.

Die Europese Kommissie “staan gereed om die Griekse regering by te staan in die uiteensetting van die omvattende konsolidasie- en hervormingsprogram, in die raamwerk van die verdragbepalings vir Euro-gebiedslidstate,” sê Joaquin Almunia, wat in beheer is van EU ekonomiese en monetêre beleid. Hy het nie gesê watter vorm hierdie hulp kan aanneem nie.

Griekeland kan ‘n redding deur die Europese Sentrale Bank “slegs teen ‘n prys” verwag, sê Buiter. “Hulle sal waarskynlik na die IMF gaan, ‘n geloofwaardige terugvalprogram hê en dan sal hulp van Brussel en bilaterale hulp van uitgesoekte soewereine hulp van uitgesoekte soewereine regerings in Europa en die VSA beskikbaar wees.”

Die maatstaf Atheense Effektebeurs Algemene Indeks het met meer as 11 persent in die afgelope drie dae geval. Die strek tussen die Griekse en Duitse 10-jaar maatstafaandele het tot 221 basispunte van 130 basispunte in Oktober gerek.

Buiter, tans ‘n professor in politieke ekonomie by die Londense Skool van Ekonomie, was een van die stigterslede van die Britse sentrale bank se koersstellende paneel toe hy in Junie 1997 aangesluit het.

 

печиФильчаков прокурор

Internetdebat oor identiteit trek suur

Dit het soos ‘n blink plan geklink – ‘n webwerf waar die Franse kon deelneem aan ‘n debat oor hulle nasionale identiteit.

Maar President Nicolas Sarkozy se hoop op ‘n beskaafde uitruil van gedagtes is blykbaar verydel.

Duisende sogenaamde “rassistiese” bydraes, met die algemene tema dat vreemdelinge huis toe moet gaan, is gepos.

“Frankryk het ‘n Afrika-kolonie geword op ‘n manier wat nie nou omgekeer kan word nie,” lees die een, terwyl ‘n ander sê: “Voorheen het Frankryk kolonies gehad, nou is dit self ‘n kolonie.”

Ander lees: “Niemand in Frankryk het gevra om deur vreemdelinge ingeval te word nie,” “Om Frans te wees is om in Frankryk gebore te word uit twee Franse ouers,” en “Immigrante wat hulle leefstyl op ons wil afdwing, moet huis toe gaan.”

Die Franse eerste minister Francois Fillon het die debat verdedig, en ‘n hartstogtelike toespraak gegee oor die onderwerp “wat dit beteken om Frans te wees,” tydens ‘n dinkskrum in Parys.

Hy het ingestaan vir President Nicolas Sarkozy wat onttrek het en skeduleprobleme as die rede aangedui het, toe die debat suur getrek het.

“Om hierdie debat te weier en om die idee dat die Franse mense ‘n unieke identiteit het te stigmatiseer, gaan daartoe lei dat die veld oop gelaat word vir ekstremiste,” het mnr. Fillon gesê.

Hy het Sarkozy se mening dat tradisionele partye, soos die regerende UMP, die onderwerp van patriotiese trots uit die greep worstel van die anti-immigrante Nasionale Front, wat hulleself lankal as die kampvegter van ‘n “ware Frankryk” plooi.

‘n Segsman vir die minister van immigrasie, Eric Besson, sê die openlike rassistiese uitsprake was “onverskoonbaar,” maar ander negatiewe opvattings was alles deel van die demokratiese debat.

Die segsman het bygevoeg: “Twee weke gelede is ons gekritiseer dat ons die mense sensor, en vandag word ons gekritiseer daarvoor dat ons ‘n groot diversiteit van opinies respekteer.”

Maar Yazid Sabeg, die kommissaris van diversiteit en gelykheid, sê hy “verafsku” die terme van die debat wat deur mnr. Besson se webwerf geopen is, en het bygevoeg: “Nasionale identiteit is ‘n gevaarlike debat. ‘n Mens moet die debat die waardigheid en diepte gee wat dit verdien.”

Alle Franse burgers is uitgenooi om aan mnr. Sarkozy se Groot Debat oor nasionale identiteit, wat veronderstel is om tot die einde van Januarie aan te hou, deel te neem.

Rassespanning het in die onlangse jare gedy, met onluste in hoë-immigrasievoorstede, vrese oor Islamitiese terrorisme, pogings om Moslem-sluiers te verban en vrese dat die Galliese identiteit in die globale ekonomie verdwyn.

Frankryk het een van die grootste immigrantebevolkings in Europa, asook die grootste Moslem- bevolking van omtrent vyfmiljoen.

Mnr. Sarkozy sê dit is belangrik vir almal om hulle identiteit te bespreek, want wat dit beteken om Frans te wees “is vergete en soms ontken.”

Die opposisie Sosialiste het betoog dat die nasionale identiteitsdebat ‘n politieke slenter is wat daarop gemik is om ondersteuning van die verregse Nasionale Front af te rokkel voor die streeksverkiesings in Maart.

Intellektuele en filosowe is ook onder dié wat sê dat die debat xenofobie en rassisme aanmoedig.

 

new games play nowпрокурор Фильчаков

Nuwe Audi-vlagskip bekend

Die Audi A8-sedanAudi AG het onlangs hulle splinternuwe A8 in Miami, VSA bekendgestel. Die motor lyk nou nog meer soos ‘n groot A4, of dit nou goed of sleg is weet ek nie, maar die feit dat hulle dit reggekry het dat ‘n groot motor nou soos ‘n medium sedan vertoon, is ongelooflik.

Die Audi A8 van agter afDie nuwe A8 wemel van die tegnologie en ‘n mens kon sweer jy kyk na die nuwe Merc S-klas se spesifikasie lys as jy deur die nuwe geite gaan. Daar is volle LED-hoofligte, nagsig wat spesifiek uitkyk vir voetgangers, ‘n handskrifherkennende raakskerm vir die navigasiestelsel, Bang en Olufsen-klankstelsel; so gaan die lys aan.

Die nuwe motor weeg presies dieselfde as die vorige model, maar hy is nou nóg groter, langer en breër as die vorige model. Hierdie nuwe A8 het ook meer ratte; ja, hy is toegerus met ‘n 8-spoed- outomatiese ratkas. Natuurlik sal die A8 almal ook met Audi se befaamde Quattrostel toegerus wees en wat die enjin aanbetref, is die 4,2-liter- FSI-petrolenjin nog daar. Die enjin lewer 278 Kw en volgens Audi is daar ‘n brandstofbesparing van 15% op die vorige model.

Met dinge wat so al na die groen kant toe skuif, het Audi ook bevestig dat daar wel ‘n hibriede model later bygevoeg gaan word. Daar sal ook laat in 2010 ‘n langasafstandweergawe bykom. Wanneer ons hom in Suid Afrika gaan sien, sal ons moet wag en kyk. My vermoede is ook in die tweede helfte van 2010 of dalk eers aan die begin van 2011.

купить воронеж сверлаДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Eiervrug

{jathumbnail off}

Kruie, kruie, kruie. Vars roosmaryn, tiemie, oreganum, kruisement en salie. Kap fyn en terwyl jy die verruklike geure inadem, sny ‘n middelgrootte eiervrug in  die lengte in twee en smeer met kruie,  fyngemaakte knoffel en sout. Giet ‘n straaltjie olyfolie oor en bak in ‘n oond teen 200 grade C tot sag en goudbruin. Die eiervrug moet goed gaar wees. As die twee helftes te gou verbruin, bedek met foelie om te keer dat dit brand.

Die eiervrug kan ook aanvanklik oor die braaivleisvuur gerooster word en daarna in foelie toegedraai word en gebak om gaar te word.

Laat afkoel en eet teen kamertemperatuur.

бытовые глубинные насосыФильчаков прокуратура харьков