Sal die ware Motsepe opstaan, asseblief

“Die VF Plus verwerp die belaglike idee soos verkondig deur mnr. Patrice Motsepe dat myne genasionaliseer kan word indien dit goed vir Suid-Afrika sou wees. Ons sal graag van mnr. Motsepe wil weet in watter omstandighede in die geskiedenis die nasionalisering van myne ooit voordelig vir ‘n land en sy mense was,” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Mynwese, gesê na aanleiding van mnr. Motsepe se uitsprake oor die nasionalisering van myne.

“Dit is eenvoudig roekeloos om sulke stellings te maak en sodoende lug te gee vir die rewolusionêre gedagtes van Julius Malema. Dit kom ironies genoeg nadat mnr. Motsepe homself oor en oor verryk het by wyse van die Swart Bemagtigingsproses ten koste van meeste armes in Suid-Afrika. Dit is ‘n feit dat die Swart Bemagtigingsproses nog nooit effektief was om armoede te bestry nie en het net sekere politiek-korrekte enkelinge bevoordeel.” het adv. Alberts bygevoeg.  

Mnr. Motsepe se bravade sal aan die hand van drie toetse gemeet moet word: Eerstens sal mnr. Motsepe gewillig moet wees om toe te kyk hoe sy bates sonder vergoeding genasionaliseer word ten gunste van die armes. Die tweede toets sal wees om te kyk of die verspreiding werklik na die armes gaan afwentel, en die derde toets sal wees om te sorg dat die myne effektief en mededingend bly.

“Ek is bevrees mnr. Motsepe en sy ideologiese tydgenote sal nie hierdie drie toetse deurstaan nie. Die geskiedenis tel teen hulle. Mens kry eerder die gevoel hulle soek nog ‘n gaping om die Suid-Afrikaanse ekonomie verder te plunder,” het Alberts gesê.

Die VF Plus het vroeër in ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag aan die regering weereens die onderneming van die ANC gekry dat hulle nie van plan is om myne te nasionaliseer nie. Desnieteenstaande, sal die VF Plus steeds voortgaan om enige sweem van sosialisme aan te vat en uit te wys as ‘n vals belofte vir ‘n beter Suid-Afrika.

roulette online game real moneyдепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae