Binnelandse sake is die mees korrupte

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die skorsing van 31 beamptes in diens van die Departement van Binnelandse Sake weens hul betrokkenheid by die onregmatige registrasie van geboortes. Die ondersoeke wat Binnelandse Sake in die verband onderneem, blyk vrugte af te werp. Met hierdie optrede veroorsaak die Minister van Binnelandse Sake, me. Nkosaza Dlamini-Zuma en haar departement, egter dat die publiek daarvan oortuig word dat Binnelandse Sake die mees korrupte staatsdepartement is,” het dr. Corné Mulder, hoof woordvoerder oor Binnelandse Sake vir die Vryheidsfront Plus gesê.

“Binnelandse Sake werk met die status van persone deurdat hulle verantwoordelik is vir die toekenning en uitreiking van statusgewende-dokumentasie. In die opsig moet geen foute en korrupsie geduld word nie. Dit is daarom nie aanvaarbaar dat beamptes wat geskors is steeds hul salarisse ontvang totdat ‘n dissiplinêre verhoor afgehandel is nie. Dit is die belastingbetalers wat die las hiervoor dra terwyl hulle deur die beamptes benadeel is,” meen dr. Mulder.

Dit is die verantwoordelikheid van minister Dlamini-Zuma om die Departement se integriteit te herstel en te behou. Sy moet daarom nie net op ondersoeke konsentreer om korrupsie hok te slaan nie, maar eerder na die kwaliteit beamptes wat aangestel word. Haar departement se eng fokus op transformasie syfers veroorsaak dat effektiwiteit opgeoffer word ter wille van ‘n koppetel-oefening. Die feit dat byna sestig beamptes binne ‘n tydperk van ses weke geskors is vir korrupsie, moet vir die Minister wys dat sy en haar departement totaal misluk met transformasie omdat effektiwiteit in die slag bly en ‘n ernstige verlies aan kundigheid meegebring word,” het dr. Mulder bygevoeg.

 

диагностическое оборудование автоЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae