Griekeland op rand van insolvensie

Die voormalige beleidsmaker van die Bank van Engeland, Willem Buiter, sê Griekeland kan die eerste groot land uit die Europese Unie wees wat in gebreke bly om sy skuld te diens sedert die naloop van die Tweede Wêreldoorlog.

“Dit is vyf minute voor middernag vir Griekeland,” sê Buiter, wat by Citigroup as hoofekonoom gaan aansluit, in ‘n onderhoud met Bloomberg Televisie. “Ons kan ons eerste EU-15 soewereine verstek sien sedert dit met Duitsland gebeur het in 1948.”

Die EU se kommissaris vir ekonomiese aangeleenthede het gister gesê dat amptenare gereed is om Griekeland met sy tekort te help, na kommer oor sy openbare finansies ‘n verjaging in Griekse regeringsobligasies veroorsaak het. Fitch Ranglyste het sy gradering van die land se skuld gesny na BBB+ en twee ander belangrike ranglysmaatskappye dreig om die voorbeeld te volg.

“Verstek is nie onafwendbaar nie,” sê Buiter. “Maar indien daar nie radikale fiskale optrede is nie, langdurige bestedingsbesnoeiïng en belastingverhoging van ten minste 7 persent van BBP is nie, is die skrif aan die muur,” vir Griekeland.

Daar is “geheel en al” geen risiko dat Griekeland in verstek sal gaan nie, het die minister van finansies, George Papaconstantinou, in ‘n onderhoud met Bloomberg Televisie gesê. Griekse banke is “fundamenteel gesond” en Griekeland sal nie ‘n EU-hulppakket soek nie, het hy gesê.

Die Europese Kommissie “staan gereed om die Griekse regering by te staan in die uiteensetting van die omvattende konsolidasie- en hervormingsprogram, in die raamwerk van die verdragbepalings vir Euro-gebiedslidstate,” sê Joaquin Almunia, wat in beheer is van EU ekonomiese en monetêre beleid. Hy het nie gesê watter vorm hierdie hulp kan aanneem nie.

Griekeland kan ‘n redding deur die Europese Sentrale Bank “slegs teen ‘n prys” verwag, sê Buiter. “Hulle sal waarskynlik na die IMF gaan, ‘n geloofwaardige terugvalprogram hê en dan sal hulp van Brussel en bilaterale hulp van uitgesoekte soewereine hulp van uitgesoekte soewereine regerings in Europa en die VSA beskikbaar wees.”

Die maatstaf Atheense Effektebeurs Algemene Indeks het met meer as 11 persent in die afgelope drie dae geval. Die strek tussen die Griekse en Duitse 10-jaar maatstafaandele het tot 221 basispunte van 130 basispunte in Oktober gerek.

Buiter, tans ‘n professor in politieke ekonomie by die Londense Skool van Ekonomie, was een van die stigterslede van die Britse sentrale bank se koersstellende paneel toe hy in Junie 1997 aangesluit het.

 

печиФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae