Volksgenote in diaspora

‘n Oppervlakkige analise van beduidende bevolkings in diaspora is dat hulle in die lande waarheen hulle of hul voorouers uitgewyk het, geneig is om radikaler te wees as hul volksgenote op die tuisfront.

Hierdie siening kan gevorm word aan die hand van die wapens en morele ondersteuning wat die Ierse Republikeinse Leër uit veral die VSA gekry het, die jongste verwikkelinge rondom Sri Lanka en die Tamils, en Armeniërs in diaspora ten opsigte van onder meer die bedrywighede in die 70’ger en 80’ger jare van ASALA.

Wat dan, met bykans ‘n miljoen Afrikaners in diaspora?

Maar alvorens ‘n mens hierdie verskynsel ontleed, is dit nodig om te kyk of dit altyd so geldig is.

Word na Israel en die Jode in diaspora gekyk, is die boodskap baie gemeng. Jode dra wel baie tot Israel se ontwikkeling by, en via hul stemkrag in onder meer die VSA, ook op regerings om minstens verdraagsamer teenoor die Israelse saak te staan.

‘n Gemengde boodskap kom uit die geledere van Palestyne in diaspora. Terwyl niemand kan betwis dat sogenaamde vlugtelingkampe in onder andere Libanon niks meer as Hamas-teelaardes is nie, is die Palestynse lobby in die VSA meer afgerond en beredeneerd.

Verskeie faktore bepaal die georganiseerde aard van volksgenote in diaspora, en nog te meer hoe radikaal hulle is.

Maar selfs dan verskil hulle. So het Suid-Afrikaners hulle in ‘n stadium om elke hoek en draai in winkelassitente en ander mense vasgeloop wat nie Afrikaans magtig is nie, en flink aanvoer: “I come from Rhodesia.” Hierdie Rhodesiërs in diaspora het hulle gou teen die hele politieke spektrum hier bevind, soos Clive Derby-Lewis in die KP en daarna die gevangenis, Cherryllyn Dudley in die ACDP as parlementslid, en Mary Metcalfe binne die ANC. Metcalfe se bande met Rhodesié staan ook meer in die dampkring van ‘n vlaag Zimbabwiese vlugtelinge.

Dit is moeilik om die dinamika te verstaan wat onderliggend was aan die Amerikaanse Iere se fiksasie met die IRL se stryd. In Ierland self was die IRL verbied, maar die Amerikaanse Iere het wapens, geld en ander hulp na dié organisasie en die meer radikale INLA aangestuur asof dit uit die mode raak.

Die Iere in die VSA is ook ongeveer vier keer meer as die Iere in Ierland self. (‘n Tikkie ironie in die lig van ou Keltiese verwysings na die mistieke land in die Weste as “groot Ierland.)”

In die VSA kon hierdie groep, as Rooms Katoliek in ‘n oorwegend Protestantse omgewing, hul identiteit betreklik goed behou. In Ierland, veral Noord-Ierland, is die “inheemse” Iere minderwaardig geag deur Protestantse immigrante uit veral Skotland. Dit is hierdie Skotse nasate wat op bande met Brittanje bly aandring het.

Die Armeniërs in ballingskap is hoofsaaklik afstammelinge van die kernbevolking wie se hartland in die huidige Turkye was. So volledig is hulle vroeg in die 20ste eeu deur die Turke uitgemoor dat min ensiklopedieë eens Armeens as ‘n taal noem wat in Turkye gepraat word. Die Armeniërs was die oudste Christenvolk in die wêreld, en het eeue lank as Christenbolwerk teen Mosleminvalle gedien. Hulle het in die proses dikwels erg die spit afgebyt.

Danksy noue bande tussen ‘n ‘n Armeense ekskalwe aan die Turks-Meditireense kus en die Franse koningshuis, het baie van hierdie Armeniërs na onderdrukking begin het hulle in Frankryk gevestig, maar ook elders in Europa en ‘n beduidende groep in die VSA. In hierdie lande moes hulle toesien hoe dié lande via NAVO in ‘n bondgenootskap met Turkye tree.

‘n Groep wat hulle in Libanon gevestig het, het ten spyte daarvan dat hulle aansluiting by die Libanese Christene gekry het, in noue aanraking met die radikale Palestynse groepe gekom en ASALA (Armenian Secret Army for the Liberation of Armenia) gevorm.

Om die Tamil Tiere se stryd in Sri Lanka in isolasie te sien, is ‘n fout. In Indië maak die Tamils met sowat 65 miljoen sprekers ‘n groot deel van die bevolking uit, en is ‘n belangrike komponent van die land se Drawadiese bevolking wat grootliks deur Indo-Germaanse taalgroepe oorheers word. Trouens, Indië se amptelike taal, Hindi, is ‘n Indo-Germaanse taal en bykans dieselfde as Oerdoe, die amptelike taal van Pakistan. Wêreldwyd is die getal Tamilsprekers sowat 70 miljoen, wat dit getallegewys bo van die wêreld se gerekende tale plaas. Dit het ‘n ou, opgetekende literêre geskiedenis waarop die Tamils baie trots is.

Maar In Sri Lanka is die Tamils ‘n minderheid, nie net in taal nie, maar ook in die Hindoe-godsdiens teenoor die meerderheid Singalese wat hoofsaaklik Boeddhisties is. Buite Sri Lanka en Indië is sowat ‘n miljoen Tamils in diaspora – met ander woorde Tamils wat in die lande waar hulle nou woon, steeds met die Tamilsaak in Sri Lanka identifiseer. Veel meer praat nog Tamil as oorblyfsel uit die koloniale tydperk toe hulle wêreldwyd “uitgevoer” is as arbeid op suikerplantasies soos in Suid-Afrika, Guyana en eilande in die Stille Oseaan.

Na raming het sowat $300 miljoen aan geld en wapens die Tamil Tiere jaarliks in hul 26 jaar lange stryd teen die Singalese bereik.

Van baie bevolkings in diaspora word bykans nooit gehoor nie. ‘n Interessante voorbeeld is die Assiriërs wat nie net in Sirië ‘n Christen-minderheid vorm nie, maar ook in Australië ‘n beduidende gemeenskap in stand hou.

Oor hoe die meerderheid Suid-Afrikaners in diaspora, die sogenaamde eksas, voel, is daar nie eenvormige duidelikheid nie. ‘n Groot groep het duidelik geëmigreer met die doel om burgers van hul nuwe vaderlande te word, ander werk tydelik daar met die idee om terug te keer, en ander bekyk die kat uit die boom.

Hierdie saak sal waarskynlik eers behoorlik onder die loep geneem kan word wanneer ‘n volgende algemene verkiesing gehou word. Met die vorige is op kort kennis via ‘n hofbevel magtiging verkry om te mag stem, maar tyd om die nodige dokumentasie te bekom en as kiesers te registreer was te min, en die logistiek om te stem was dikwels ontoereikend. Wat egter duidelik is, is dat die ANC weinig steun onder die “eksas” geniet. Wat dit betref, is die algemene “hulle” en “ons” karakter van Suid-Afrikaners in diaspora nie anders as ander gemeenskappe in diaspora nie.

монтаж трековых светильников на шинопроводе ценатопкарго кидалы

FW de Klerk se glansende daad van verraad

Op die vooraand van die twintigjarige herdenking van 2 Februarie 1990 toe FW de Klerk besluit het om Nelson Mandela en sy medegevangenes van die ANC en SAKP vry te laat en die verbod op dié twee organisasies op te hef, beleef ons die wrange nalatenskap van die sogenaamde “onderhandelings” van destyds.

In die referendum van 1992 is die toentertydse blanke kiesers gevra om “ja” of “nee” te stem op die volgende, oënskynlik onskuldige, vraag: “Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling?”

In die lig van De Klerk en Roelf Meyer se optrede kort daarna, asook die verwikkelinge sedertdien, sou daardie referendumvraag eerder só moes gelui het: “Is u ten gunste van ‘n militêre oorgawe aan die ANC en SAKP, met die oorhandiging van die weermag en alle outomatiese wapens aan Umkhonto we Sizwe, asook die instelling van grondhervorming, rassediskriminasie teen blankes op alle gebiede en die uitfassering van Afrikaanse skole en universiteite?”

Indien dié vraag destyds gevra is, sou waarskynlik net ‘n klein groepie radikales en Engelssprekendes in 1992 “ja” gestem het. Die res sou saam met die KP en HNP “nee” gestem het.

Vele mense noem Max du Preez, Carl Niehaus, Antjie Krog en Ruda Landman “verraaiers” omdat hulle as gebore Afrikaners die ANC se ideologie verinnerlik het en vandag deelneem aan ‘n politieke en propagandaveldtog teen hul eie mense. Maar ek is van mening dat elkeen, ongeag sy of haar afkoms, vry is om sy politiek of idees te kies. Soos Schopenhauer egter gesê het: “Slegs ‘n minderheid mense is vatbaar vir oortuiging. Die meerderheid is slegs vatbaar vir gesag.” Vele Afrikaners in die huidige bedeling wat die heersende ideologie van politieke korrektheid en anti-blanke rassisme aanhang, is eintlik maar meelopers en hul idees sal waarskynlik môre met ‘n handomkeer verander indien ‘n andersoortige regering aan bewind kom. Soos die hensoppers en hanskakies van ouds, is sulke mense “geleentheidsverraaiers” en doen hulle dit heel openlik, waarskynlik omdat hulle voel dat hulle deur die maghebber teen weerwraak uit eie geledere beskerm word.

Die ergste vorm van verraad, myns insiens, word gepleeg deur iemand wat voorgee om lojaal teenoor sy volk te wees, maar agteraf – en skelm – eintlik met die vyand heul om sy eie mense tot ‘n val te bring. Hierdie soort verraaier is deur die Latynse skrywer Cicero beskryf toe hy gesê het:

“‘n Volk kan sy dwase, selfs die eersugtiges onder hulle, oorleef, maar nie verraad uit die binnekring nie. ‘n Vyand voor die poorte is minder vreesaanjaend, want hy word uitgeken en hy laat sy vlae openlik wapper. Dog die verraaier beweeg vrylik tussen diegene binne die poorte terwyl sy slinkse fluisteringe deur al die gangetjies ruis en selfs in die regeringsetel self hoorbaar is. Want die verraaier verskyn nie as verraaier nie – hy praat op ‘n toon wat aan sy slagoffers welbekend is, sy aangesig en sy gewaad is soos hulle s’n, en hy beroep hom op ‘n soort gemeenheid wat diep in die harte van alle mense verskuil lê. Hy vermurwe ‘n nasie se siel – hy werk heimlik en ongesiens in die duister om die stutpilare van ‘n stad te ondergrawe – hy besmet die staatsmasjinerie totdat dit van alle weerstand beroof is. Selfs van ‘n moordenaar is minder te vrees.”

Vele mense glo dat FW de Klerk en Roelf Meyer nog eendag sal teregstaan en deur ‘n Afrikanerhof, selfs ‘n krygshof in die geval van ‘n staatsgreep of revolusie, verhoor sal word om te bepaal of hulle werklik in hul gemoed aan verraad skuldig was en of hulle bloot uit dwaasheid of naïwiteit gehandel het. Ek wil nie so ‘n, eventuele, verhoor vooruit loop nie en kan daarom nie oor De Klerk se ware motiewe ‘n oordeel vel nie.

Dat daar egter, soos hulle in die reg sê, ‘n prima facie-saak van verraad teen hom en Roelf Meyer bestaan, is gewis. Waarop grond ek dié stelling? Kom ons kyk na enkele aspekte van De Klerk en Meyer se optrede gedurende daardie ysingwekkende maande voor Mandela se kroning by die Uniegebou in 1994.

Hoewel die referendum oor “onderhandeling” gegaan het, beplan De Klerk en veral Meyer reeds vroegaan ‘n volslae oorgawe aan die ANC wat metterwoon ‘n militêre oorgawe sou word, met die oorname van die bevelstruktuur van die weermag, tesame met alle pantser en outomatiese wapens, deur Umkhonto we Sizwe, APLA en ander gewapende groepe aan ANC-kant. De Klerk dank trouens ‘n groot groep van sy generaals op versoek van, let wel, Mandela, af omdat dié sogenaamd dalk die “hervormingsproses” (wat sedertdien die “Nasionale Demokratiese Revolusie” geword het) in die wiele kon ry.

Toe die NP se hoofonderhandelaar, dr. Tertius Delport (tans DA-parlementslid), ‘n regsgeleerde, vassteek by sekere van die ANC se onredelike eise om alle mag, ook oor die Afrikaner se toekoms, te bekom, dank De Klerk hom summier af en stel vir Meyer aan. Volgens oorlede Chris Louw, wat die onderhandelings destyds as joernalis gedek het, het Meyer vroeg-vroeg met die NP-kabinet begin onderhandel om die ANC se voorstelle te aanvaar, eerder as wat hy met die ANC onderhandel het om enige NP-voorstelle aan te neem. Selfs De Klerk het op ‘n stadium blybaar teenoor die voortvarende Meyer, wat enkele jare later letterlik ‘n kaartdraende lid van die ANC geword het, uitgeroep: “Maar my God, Roelf, nou het jy ons mos uitverkoop!”

Soos Pieter Mulder vanoggend op RSG laat blyk het, het De Klerk en die Nasionale Party nog tydens die algemene verkiesing van 1989 ‘n kragdadige standpunt ingeneem dat “terrorisme met hand en tand beveg sal word” en dat Afrikaans en eie skole en woonbuurte “ononderhandelbaar” was. Van “onderhandelings” was daar toe glad nie sprake nie. En van oorgawe allermins!

Die wonderbaarlike oorname van Suid-Afrika, die enigste nywerheidsland in Afrika en ‘n militêre moondheid van formaat, deur ‘n radikale kliek uitgewekenes van die ANC/SAKP wat destyds nog deur die veiligheidsdienste van die VSA en baie ander lande as ‘n derderangse terroristegroep geklassifiseer is, moet as een van die sonderlingste gebeure in die geskiedenis gesien word. Sonder FW de Klerk se verraad teenoor sy eie kiesers, ondersteuners en natuurlik die hele Afrikanervolk, sou hierdie vreemde staatsgreep wat onder die dekmantel van “onderhandelings” oor “wigte en teenwigte”, “groepsregte” en “demokrasie” uitgevoer is, geensins moontlik gewees het nie.

Interessant is ook dat die liberale politikus Frederik van Zyl Slabbert, self ‘n verloopte Afrikaner en destydse kritikus van sogenaamde “apartheid”, verwys na De Klerk in sy boek, Duskant die geskiedenis. Tydens ‘n gesprek tussen Tjol Lategan en Van Zyl Slabbert kom die volgende na vore (bll. 35-36):

“Ek (Slabbert) vra hom eendag tydens middagete, ‘Tjol, wat dink FW gaan hy bereik?’ Hy sê, ‘Moenie jy jou bekommer nie, Van Zyl. Ons kapituleer glad nie. FW gaan hulle by onderhandelinge betrek en dan tien jaar lank die pas markeer.’ Ek sê, ‘Julle besef nie met wie julle te doen het nie.’ Niks som hierdie dwaasheid beter op nie as genl. George Meiring se eie woorde: ‘Ná die inhuldiging is ek gevra om aan die president se tafel te sit. Ek weet nie hoekom ek gekies is nie. FW de Klerk het ook aan die hooftafel gesit – hy sê vir my terwyl ons na die verbyvlug en ander verrigtinge kyk, ‘Ons hoef regtig nie so maklik in te gegee het nie’ (sy woorde). Ek sê vir hom, ‘Maar jy het nooit jou sterk basis gebruik  om vanuit te onderhandel nie, jy het nooit die militêre magte gebruik as ‘n magsbasis wat jy tot  jou beskikking gehad het nie, jy wou dit nooit gebruik nie.’ Hy het net stilgebly, en daarna het ons nie weer gesels nie. Sedert daardie dag is daar nie ‘n goeie gees tussen ons nie.'”

Natuurlik is De Klerk se oorgawe aan die ANC, wat die land sedertdien met sy “ontplooide kaders” en skurke na willekeur regeer en na hartelus plunder, in die Britse en Amerikaanse media as ‘n “wonderwerk” opgehemel. Ons moet egter onthou dat Groot Brittanje oor die afgelope twee honderd jaar nog nooit die bestaan van die Afrikanervolk as inheems aan dié land en aan Afrika erken het nie. Trouens, Brittanje het slegs in die kort wyle tussen 1883 en 1899 ons reg op selfbeskikking erken en in 1910 is die Unie in die Britse Gemenebes ingedwing waar ons onder andere in twee wêreldoorloë as kanonvoer vir die Britte gebruik is. Kort ná die radikale Britse priester, Trevor Huddleston, se terugkeer na Brittanje vanuit Suid-Afrika in die laat vyftigerjare, het Britse linkses begin om ‘n grootskaalse propagandaveldtog teen ons land en veral teen Afrikaners te voer.

Die sogenaamde “wêreldwye kritiek op apartheid” was niks minder as anti-Afrikanerhisterie wat uit Londen en veral deur die linkse Guardian en die BBC aangeblaas is nie. Die plaaslike Engelse koerante wat grotendeels onder beheer van die Britsgesinde koloniale mynhuise gestaan het, het insgelyks Afrikanerregering as ‘n “misdaad teen die mensdom” begin verdoem en die weg op revolusie voorberei. Trouens, niemand minder nie as Bram Fischer, die ondergrondse leier van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, het die rol van die Engelse pers hier te lande in die sestigerjare so beskryf: “They are doing a sterling job.” Die land se komplekse etniese, taalkundige en politieke probleme is tot enkele eenvoudige slagspreuke gereduseer met die onderliggende implikasie: die Afrikaner moet magteloos gestel en liefs vernietig word.

Ontredderd en ontwapen soos tans, is ons ‘n maklike prooi vir sowel die ANC-bewind wat die land se pantser en outomatiese wapens beheer, asook die duisende moordbendes wat huise en plase na hartelus aanval. Die vraag kan gerus gevra word: het terrorisme in 1994 aan sy einde gekom of woed dit tans in ‘n ander gedaante voort, in die vorm van sogenaamde “misdaad”?

De Klerk se ‘nuwe era’

In die lewe van elke volk is daar hoogtepunte en laagtepunte. Terwyl die ANC-gesinde media in dié land en veral Nasionale Pers die oorgawe van 1994 konstant as “onvermydelik” en “‘n goeie ding” probeer ophemel, weet die gewone Afrikaner vandag van beter. Hy ervaar die geweld, onreg en korrupsie van De Klerk se bestel aan eie bas.

Pleks van “die begin van ‘n nuwe era” soos 2 Februarie 1990 aan ons voorgehou word, verteenwoordig dié datum, asook 27 April 1994, ‘n laagtepunt in ons geskiedenis. Soos soveel mense al gesê het: Ná die militêre neerlaag van 1902 teen Brittanje kon die destydse Boereleiers nogtans die eer en waardigheid van hul volk by die onderhandelingstafel red. Hoewel elke plaas deur die verskroeide-aardebeleid vernietig is, het elke boer nog steeds kaart en transport op sy grond gehad. In weerwil van Britse oorheersing, het Nederlands en later Afrikaans tog gelyke status teenoor Engels bekom. Hoewel Engelse die stedelike ekononomie en die mynhuise beheer het, was Afrikaners nogtans grondwetlik gelyk met Engelse en kon hulle op alle regte – ook op Afrikaanse skole en universiteite – aanspraak maak.

Hoe lyk dinge ná 1994? Beskik ons nog oor kaart en transport op ons grond? Is Afrikaans nog gelyk met Engels? Is ‘n blanke Afrikaner gelyk met ‘n Engelssprekende swarte wat vir bemagtiging, regstelling en ander vorme van rasgebaseerde groepsregte kwalifiseer?

Die vreemde bondgenootskap tussen die Naspersbase soos Ton Vosloo en Koos Bekker en De Klerk is iets wat nader ondersoek behoort te word. Hoewel “FW” en “De Klerk” vloekwoorde in die meeste Afrikaners – selfs die liberales, die linkses en die gays – se monde geword het, hou koerante soos Beeld, Die Burger en Rapport vol om oor “ons wonderlike grondwet” en De Klerk se “briljante onderhandelings” te skryf. Tesame met die SAUK wat onder direkte ANC- politieke beheer staan, tap Naspers hierdie propaganda by Afrikanerhuise teen dieselfde tempo in as wat die ANC die riool of suur mynwater in ons spruite en riviere laat loop.

Net gister het Max du Preez – daardie propagandawoewoezêla en meeloper van die ANC-regime – weer honend in Rapport die huidige vlaag Afrikanerontevredenheid só afgemaak:

“Mmm. Vergeet van die Eeu van Onreg of die Nag van die Lang Messe. Ek sien die Oomblik van Groot Ontgogeling in ons nabye toekoms. Die een of ander tyd gaan die besef skielik op die nuwe weerspanniges neerdaal dat daar nie ’n manier is waarop hulle die lokomotief van meerderheidsregering kan stuit nie. Dan gaan hulle voel soos die vier bloeiende Boerekrygers van die AWB in die stof langs hul grys Mercedes aan die einde van die Bophuthatswanakatastrofe in 1994: mislei en verraai deur leiers wat valse hoop verkwansel het.”

In die doktrine van Marx en Engels is daar iets soos “historiese onafwendbaarheid”, wat kortom beteken dat wêreldkommunisme sal seëvier, kom wat wil. Max du Preez se stellings herinnner my nogal daaraan, dat die “lokomotief van meerderheidsregering” onstuitbaar soos Marx en Engels se “spook van kommunisme” deur die geskiedenis donder en alles – ook die lydende Afrikanervolk – in sy dolle vaart uit die pad vee.

Ook dreig Du Preez ons sommer namens die ANC dat ons soos honde doodgeskiet gaan word indien ons hoegenaamd hierdie dwingelandy van rasse- en taaldiskriminasie sou bevraagteken.

In Oos-Europa en elders het diktature of eenpartystate waar die bevolking in elke verkiesing met meer as tagtig of negentig persent vir die regerende party gestem het egter tot ‘n val gekom. Die Baltiese state (Litaue, Letland en Estland) met hul piepklein bevolkings het van die magtige Sowjetunie afgestig en is vandag vry en onafhanklik.

Net so min as wat die Berlynse muur vir altyd die mense van Oos-Duitsland (die sogenaamde Duitse Demokratiese Republiek) van vryheid kon weerhou, gaan De Klerk en Mandela se “Demokratiese Republiek van Suid-Afrika” en sy muur van onvryheid ons permanent in bedwang hou.

Om die gevolge van De Klerk se verraderlike oorgawe in perspektief te stel, hoef ‘n mens net twee kolomme op te stel wat die Afrikaners se posisie vóór en ná 1994 opsom:

Vóór 1994 Ná 1994
Gedeelde gebiedsaanspraak op die 1 200 000 vk. km. van die RSA Geen grondgebied
Taalgelykheid met Engels Taalgelykheid met die onderontwikkelde Afrikatale en ongelykheid teenoor Engels
3000 Afrikaanse skole en 5 Afrikaanse universiteite

300 Afrikaanse skole en geen Afrikaanse universiteite

Min of geen gewelddadige sterftes onder Afrikaners ‘n Tweede volksmoord: ongeveer 5000 gewelddadige sterftes onder Afrikaners per jaar, 80 000 in totaal

Weermag en polisiemag grotendeels onder Afrikanerbeheer

Weermag en polisiemag onder vreemde beheer

500 000 outomatiese wapens, tenks en pantser onder Afrikanerbeheer

500 000 outomatiese wapens, tenks en pantservoertuie onder vreemde beheer

Eskom, Telkom, Transnet, SAL verskaf werk aan Afrikaners Eskom, Telkom, Transnet, SAL dank Afrikaners af
Yskor onder Afrikanerbeheer en staatsbesit Yskor in Britse besit

Eiendomsreg, met kaart en transport vir boere

Eiendomsreg aangetas en grondhervorming
Gelykheid teenoor Engelse Ongelykheid teenoor swartes, kleurlinge en Indiërs
Taal- en kultuurregte Min of geen taal- en kultuurregte
Omgewingsbesoedeling onder beheer Omgewingsbesoedeling buite beheer
Riolering word onderhou
Riolering stort in duie
Onderhoud van paaie Swak onderhoud van paaie
Goed funksionerende staatshospitale Wanfunksionerende staatshospitale
Behoorlike plaaslike bestuur en munisipaliteite Vervallende, korrupte munisipaliteite
Vrye deelname aan die ekonomie Beperkte deelname aan die ekonomie weens rassebepalings van die De Klerk-Meyer-grondwet
SAUK grotendeels onder Afrikanerbeheer SAUK onder ANC-beheer

 

 

 

 

De Klerk se tweede volksmoord

Soos die Britse lords – Milner, Roberts en Kitchener – wat ‘n raps meer as ‘n eeu gelede ‘n volksmoord teen ons gepleeg het, het De Klerk deur sy verraderlike en onvoorwaardelike oorgawe aan die ANC en die Umkhonto-terroristebende ‘n tweede volksmoord teen sy eie mense, die Afrikaners, ontketen. Soos die Britse lords voor hom, was hy sy hande in onskuld. Hy pleeg nie self die geweld nie, maar hy het die omstandighede geskep vir ons mense om vermoor, verkrag en verdryf te word.

Niemand weet presies hoeveel Afrikaners gewelddadig sedert De Klerk se revolusie omgekom het nie. Sulke syfers word geheim gehou, want waarskynlik sal dit ‘n skandaal veroorsaak indien dit ooit moes uitlek. Die globale syfer vir Suid-Afrika oor die afgelope sestien jaar is ongeveer 500 000, ‘n klein bietjie minder as die 800 000 wat in ‘n ander groot Afrikavolksmoord, dié in Rwanda, die lewe gelaat het.

Informeel beweer lede van die polisie wat hulle met moordondersoeke besig hou dat tagtig persent van moorde op blankes in Suid-Afrika “rasgemotiveer” is. Weens die rassehaat wat oor die afgelope sestien jaar – ook via die SAUK se TV- en radiopgramme – aangeblaas is, kan ons verwag dat daar proporsioneel meer Afrikaners as swartes vermoor word. Indien ons slegs ses persent van die bevolking is, is daar waarskynlik meer as ses persent moorde teen ons gepleeg, waarskynlik in die orde van tien persent. Tien persent van die 500 000 moorde sedert 1994 = 50 000.

Nie net is 50 000 Afrikaners oor die afgelope sestien jaar vermoor in die grootste slagting sedert 1899-1902 nie, maar ‘n miljoen Afrikaners het landuit gevlug om aan geweld, besoedeling, gesondheidsgevare en erge rasse- en taaldiskriminasie te ontkom.

In sy boek “Hunnen in Süd-Afrika”, het die Duitser Wilhelm Vallentin oor die Britse en swart verkragtings van Boerevroue tydens die ABO geskryf:

“Wat die gevolge van hierdie gedwonge geslagsverkeer met die gesonde, kragtige Boerevroue en -meisies vir die toekoms van die land inhou, kan aan die fantasie van die onbevooroordeelde persoon oorgelaat word.”

Die onnoembare vraag wat De Klerk se “demokrasie” aan ons opdring, is: Hoeveel Afrikanervroue is sedert 1994 verkrag? Met hul mans en seuns ontwapen, geïntimideer deur wette wat selfverdediging deur ‘n blanke feitlik strafbaar maak en saggemaak deur propaganda, is ons vroue en meisies weereens aan die seksuele geweld van ‘n besetter uitgelewer.

Weereens swyg die regime in alle tale oor verkragtings van Afrikanervroue. Ons weet egter dat daar in De Klerk se “nuwe era” elke sewentien sekondes ‘n vrou verkrag word. Dit beteken rofweg dat daar elke 283 sekondes, oftewel elke vyf minute of so ‘n Afrikanervrou verkrag word, dit wil sê, 12 per uur, 288 per dag, 2016 per week of 104 832 per jaar….

‘n Mens kan verder uit hierdie statistiek aflei dat ongeveer tien persent van die totale Afrikanervrouebevolking jaarliks verkrag word. Vroue, meisies, ma’s, oumas, voor die voet. Verkragting op hierdie skaal is, net soos massamoord, ‘n oorlogsmisdaad of misdaad teen die mensdom.

Dis nie te sterk gestel om te sê dat De Klerk regstreeks of onregstreeks vir hierdie tweede volksmoord in die Afrikanergeskiedenis verantwoordelik is nie. Sonder sy onbesonne daad van volslae oorgawe – “Ons hoef regtig nie so maklik in te gegee het nie,” soos hy dit teenoor genl. George Meiring gestel het – sou hierdie ramp nooit plaasgevind het nie. Selfs die fameuse “bloedige burgeroorlog” wat soveel idiotiese Naspers-kommentators – soos Mad Max, maar daar is ook ander – altyd ophaal as De Klerk se oorgawe bevraagteken word, sou nie tot soveel sterftes en verkragtings gelei het as dít wat die “De Klerk-vrede” ons besorg het nie. ‘n Volskaalse oorlog tussen Afrikaners en die Xhosa-geleide ANC van destyds sou, gegewe ons toentertydse voordeel in wapentuig en opleiding, net een uitkoms gehad het: ‘n Afrikaneroorwinning. Met ‘n ANC wat militêr platgeslaan sou gewees het, sou daar sekerlik maklik “onderhandel” of gehandel kon gewees het.

Pleks daarvan beleef ons tans een van die donkerste ure in ons geskiedenis, waar ons nie eens weet of daar nog plek vir ons kinders in die Suid-Afrika van môre gaan wees nie.

Asof die vrees vir die moordbendes en verkragters wat ons daagliks teister nie genoeg is nie, word ons deur gekoopte lafaards soos Max du Preez in “die grootste Afrikaanse Sondagkoerant” met summiere teregstelling, vermoedelik deur amptenare van die mislukte De Klerk-staat, gedreig.

Dis nou “menseregte”, dis nou “demokrasie”.

free slotsлобановский класс харьков

Plaasmoorde in Nederlandse pers

“Zuid-Afrika Jonge zwarte mannen martelen en vermoorden ongeveer honderd blanke boeren per jaar. In Zuid-Afrika worden gemiddeld twee boeren per week vermoord. Boerenorganisatie Agri SA luidt de noodklok.”

So begin ‘n berig in vandag se uitgawe van Trouw.

Die berig handel in wese oor die hofverskyning van die vermeende moordenaars van die Van Zyl-egpaar van Senekal, wat eers met “een vleeshaak” aangeval is voor hulle vermoor is.

Hierdie berig is die jongste in ‘n skynbare oplewing in die belangstelling oor die lot van kommersiële boere in Suid-Afrika. Die leier van minstens een klein politieke party het al aangedui dat hy kort na mekaar twee media-oproepe oor plaasmoorde uit Europa gekry het – een uit Nederland en een uit Spanje.

Die berig vermeld voorts dat Suid-Afrika deur sowat 750 tot 800 plaasaanvalle per jaar geteister word, wat ongeveer ‘n honderd sterftes per jaar oplewer.

Die berig lig ook die “patetiese” speurwerk in die land uit, en dat maar sowat 12 persent van die sake wat by die polisie aangemeld word, in ‘n veroordeling uitloop.

Volgens die berig meld Agri SA dat die plattelandse veiligheidsplan nie werk nie omdat te veel poilisiebeamptes nie hul werk doen nie, en dat te veel “rotten appels” in die polisie nie ontslaan word nie.

Trouw haal selfs een van Van Zyl se werkers aan oor wat hy tydens die begrafnis gesê het: We hebben lang samengewerkt. Hij was een goede man. Als ik een schaap kwijt was, hielp hij mij zoeken.”

free gambling games no depositданильченко юрий брониславович прокурор

Leierskap en morele kompas

“Die land het sy morele kompas verloor.” So meen Volksblad vanoggend in sy hoofartikel, met ‘n groot voorbladberig dat Helen Zille die president oor sy jongste buite-egtelike kind looi.

Op Sondagaand se Interface-program op TV het die leier van die Christen-Demokratiese Party en ‘n selfverklaarde agnostikus oor die kwessie van poligamie teenoor mekaar te staan gekom. Gereduseer tot die been was dit standpuntstelling van Christen-Demokrasie teenoor liberalisme.

Die hoofverskil tussen die twee standpunte was dat ‘n land se vryhede binne die raamwerk van ‘n morele kompas moet gemeet moet word, of dat die grondwet aan elkeen die reg waarborg om na sy goeddunke te handel, onderhewig aan ‘n vaag-gedefinieerde “bottom line.” Die voorbeeld wat as onaanvaarbaar gebruik word, is dat een nie ‘n ander oor die kop kan slaan net omdat hy nie hou van wat hy sê nie.

Met die opruiming van New York as vuil, misdaadstad, is binne ‘n liberale grondwet egter ‘n beleid van zero toleransie gevolg. Die redenasie was dat hierdie “bottom line” algaande neig om al hoe hoër te word. In wese kom dit daarop neer dat iemand wat nie vasgevat word oor hy ‘n leë sigaretpakkie by ‘n motorvenster uitgooi, of ‘n stopstraat ignoreer nie, later moeite het om te verstaan hoekom diefstal verkeerd is, en dat ‘n volgende nie sal verstaan hoekom dit so verkeerd is om bedrog te pleeg nie. Die uiteinde is wetteloosheid.

In lande met liberale grondwette word egter steeds van leiers verwag om die voorbeeld te stel. Toe ‘n Belgiese regter haar aan iets naastenby skuldig maak van dit waarvan regter Hlope beskuldig is, is sy nie net geskors nie, maar die premier het verklaar dat die demokrasie self deur haar optrede bedreig is.

‘n Deense minister wie se klererekening agterstallig geraak het is gevra om haar pos te ontruim.

Hier word iemand, oor wie ‘n regter uitspraak gelewer het dat hy in ‘n korrupte verhouding met ‘n veroordeelde bedrieër was, die president. Sy verweer teen ‘n aanklag dat hy ‘n MIV-positiewe vrou verkrag het, was dat dit vrywillige owerspel was.

‘n Minister se munisipale rekening was twee jaar agterstallig, maar erger nog, dié minister is vir munisipale aangeleenthede verantwoordelik.

Die Minister van Staatsveiligheid se eggenote word op dwelmsmokkel-aanklagte gearresteer.

‘n Minister wat die stryd teen korrupsie moet koördineer het erken dat hy self sy amptelike kredietkaart misbruik het.

Die ondervoorsitter van die ANC en voormalige adjunk-president van die land beduie hoog en laag hoe die ANC korrupsie gaan vasvat, maar versuim om te vermeld oor hoe sy haar eerste rybewys in Mpumalanga bekom het.

Pas is berig dat die president pa van ‘n twintigste kind geword het. Die ma van die kind is nie een van sy bestaande of gewese vroue nie, en word ook nie as een van sy toekomstige vroue gelys nie.

Terwyl Europa, wat hoegenaamd nie ‘n toonbeeld van ‘n konserwatiewe lewenswyse is nie, se gemiddelde lewensverwagting nou na ongeveer 80 jaar gestyg het, het dié in Suid-Afrika tot net meer as die helfte daarvan gedaal en die onderpunt is nog, aldus die kenners, lank nie bereik nie. Die gevolg is duisende Vigswesies.

As iemand se morele kompas om ideologiese redes koersloos is, moet harde feite immers praat. Maar die oplossing word ook in die liberale dampkring gesoek – die gratis uitdeel van kondome. Hierdie veldtog is vroeg in sy spore gestuit, juis toe dit geblyk het dat dié program buite-huwelikse seks aanmoedig, en Vigsverspreiding versnel. Nie lank egter nie, is die gesonde verstand deur liberale denke opsy geskuif, en het die kondoomverspreiding weer sy volle verloop geneem.

Terselfdertyd het die owerheid se morele herbewapeningsaksie, ironies gelei deur mnr. Jacob Zuma – toe adjunk-president, in die sand uitgeloop.

Daar is ‘n rede hoekom Christen-demokratiese partye nou in soveel belangrike Europese lande aan bewind is ongeveer 20 – 30 jaar na liberalisme in dié wêrelddeel sy hoogtepunt bereik het. Trouens, ‘n opname verlede jaar het getoon dat jong Nederlanders meer Calvinisties as hul ouers is.

Die uitslag van gisteraand se Interface-stemming, was terloops dat vyf persent van die respondente gemeen het poligamie is reg, en 95 % wat gemeen het dit is verkeerd.

 

укладка модульного паркета видеоданильченко юрій Харків

Max-imale pot *&^%

Vroegoggend op die troon terwyl die badwater intap, raak my, Blik Oor, se blikore rooiwarm. Die rede is dat Jors Troelie die gewoonte het om dan gou die nuttige berigte in Rapport deur te lees, sodat ek die res van die dag op kerk, ‘n dinosourussie (hoendertjie) op die kole, ‘n middagslapie en so aan kan spandeer.

Maar so elke twee weke verloop sake anders. Seker die domste ding wat Lise Albrecht gedoen het toe sy redakteur van Rapport geword het, was om haar geliefde Max saam te sleep.

Soos almal wat ook By te lese gekry het toe sy nog daar, van agter die Wingerdgordyn, redakteur was sal weet van dié gebaarde fiksasie.

Max laat my aan ou maer Mal Hêrbe op skool dink. Meer spesifiek as ons in die “liggies”-klas bofbal gespeel het. Ou Malles kon die bal nie aspris raakslaan nie, maar af en toe “konnek” hy darem.

Nie dat dit nou ‘n kuns is om die ANC se droogmakery raak te slaan nie. Trouens, dis ‘n kuns om nie meer “daarin” te trap nie soos dit gereeld in die strate in plaas van twee meter diep aan die agterkant van die erwe afloop.

Vanoggend sien ek, op pad kerk toe, die waarskuwingsbordjie by ‘n groot slaggat in die pad wat iemand al weke gelede aangebring het, is nou ook in die hêppie kanon in gery en net stukkies steek bo die water in die gat uit. Om ‘n boom in die gat te plant en die foto vir ‘n koerant te stuur help ook nie meer nie, want dis net nie meer nuus nie. Miskien as die voëltjies in die nes in daai boom uitbroei – dan.

Maar Max maak ‘n lang genoeg lys van sake wat die regering verkeerd doen. Trouens, daarsonder sou Rapport dunner gewees het, en die bad sou nie kans gekry het om vol genoeg te loop nie.

Die probleem is dat Max vanoggend na alle kante mond uitspoel, selfs …ja …teenoor meerderheidsregering… maar ook moontlike moderne oplossings in die tande skop. Harde werk en om die regering aan te vat oor sy droogmakery, is die antwoord, aldus Max.

Max, dis juis die probleem met liberalisme. En dis nie ek, Blik Oor, wat so slim is nie. Gaan Google eers “danger of liberalism” en dan “dangers of liberalism” en ek waarborg jou ‘n hewige ont-Googleling. Saam maak dit meer as ‘n miljoen trefslae. Gaan Google nou “danger of Christian Democracy” en jy kry een trefslag, van ene Brolloks wat juis daarop wys dat daar nie trefslae is nie. En natuurlik veroorsaak die onnosel trol toe ‘n trefslag.

Vir Christen-volkseie, “danger of Christian people,” is daar twee trefslae.

G’n wonder nie, as vliegtuie van oorsee in Johannesburg kom land, lig die kaptein die passasiers soos volg in: “Goeie môre passasiers. Ons gaan binnekort op Oliver Tambo Internasionaal land. Draai asseblief u horlosies dertig jaar terug, trek u mesbestande baadjies aan en ketting u persoonlike besittings aan u liggaam vas.”

Want Max, en Naspers se ideologiese kartel, liberalisme is buite ons landsgrense dertig jaar gelede uitgedien. Meestal sien ons nou variasies van Christen-demokrasie, of soos hulle hulself dikwels noem, Christian Peoples’ Parties, of hoogstens hebrides van liberalisme waarvan die wortels al goed na moraliteitspolitiek deurgebreek het.

Maar laat ‘n mens dit darem vir ou Max ter ere na gee. As hy eers sy boeldokhond-gebit met ‘n afkeer in iemand se vleis ingeslaan het, is hy soos ‘n skilpad en kan mens die vuilbaard glad nie afgeskud kry nie. Hy sal sommer, net on sy afkeer te laat blyk, sikke bollie in ‘n artikel vir tannie Lise skryf dat ‘n gerekende joernalis nou moet kies of hy joernalis of historikus wil wees.

Hoekom?

Net omdat Max nie veelsydig genoeg is om joernalis (?) en sommer ‘n buitengewone hoogleraar in Geskiedenis te wees nie?

Oor rokers kan ‘n mens nog sê: Wees lief vir hulle want hulle gaan nie lank met ons wees nie.”

Wat ‘n mens met die liberaliste moet maak, is ‘n moeiliker vraag. Ja, die strikkiegriep maai, maar dit het hulle op hulself getrek. As die regering vir hulle ‘n slag ook van die Indiese “balonne” invoer is hulle ook in hulle maai in.

джинсы для девочек 10 летлобановский харьков класс

Herrie se kerrie: Die swaeltjies

Van Herrie maar kon onthou, het swaeltjies hulle tuisgemaak by huise waarin Herrie grootgeword het. Neste van klei met sulke onderstebo iglo-ingange.

Oulike voëltjies, dié wat vlieënde goggas in transito uit die lug “stofsuig” deur met hul oop bekkies so kos te “kollekteer. Maar alles is nie altyd wel met swaeltjies nie. Daar is verskillende soorte, en nie almal is bereid om sulke volledige neste te bou nie. Die gevolg is dat daar soms ‘n kortstondige geveg uitbreek waar ander soorte die bouers uit hul eie neste kom verjaag.

Herrie onthou hoe Ma Johanna met so ‘n oorname “haar” swaeltjies met ‘n swaaiende besem probeer bystaan het.

Van die swaeltjies kan aggressief word. Soos by oom Nico-hulle op die plaas waar die nes bokant die voordeur was, wat lastig was, want elke keer as mens die huis ingegaan of uitgekom het, het die swaeltjies soos wafferse kamikazevegters op ‘n mens afgeduik.

Maar vir 20 jaar was Herrie se huis swaeltjievry, en moes Herrie maar doen met die hadidas en af en toe ‘n hoep-hoep wat Herrie help wortelvretende goggas in die grasperk in bedwang hou, en meer gereelde lysters en mossies wat verseker dat die Herrie niks vye geoes kry nie, en mev. Herrie se persimmons soos goud bewaar moet word.

Om kamikazevegters te kry, moes Herrie en Pumba die koerant by die keraats op die hoek gaan koop, waar twee spreeus Pumba geteiken het.

En toe begin twee blouswaeltjies dié somer hul nes reg bokant die Herries se voordeur op ‘n buitelig bou. Hulle het baie vinnig gebou, maar toe dit by die tuit kom, was nat grond blykbaar skaars en is dit stukkie vir stukkie met verskillende kleure bygebou. Nou is dit ‘n yslike lang gang met ringe van verskillende kleure.

Groot Herrie het gou opgelet met watter vaart daar by daai ingang ingeduik word. Mens sou dink hulle moes ‘n matras teen die agterkant hê om die vlugspoed te breek.

Soms het een ewe kontant by die bek uitgeloer na die mense wat hier vlak onder sy neus die huis in- en uitgaan. Soms het hulle op die hek voor die oop deur gesit en die menslike aktiwiteite in die huis betrag.

Toe is daar blykbaar gebroei, en toe was daar ‘n rukkie ‘n geraas in die nes. Herrie het maar duim vasgehou die kleintjies kry behoorlik gevlieg as hulle uitgeskop word, want die Herries het ‘n kat wat gereeld rotte, muise en voëls huis toe bring.

En toe op ‘n dag is daar ‘n geskarrel. Herrie wonder nog of hy moet gaan besem haal om indringer-swaeltjies  te help verwilder, maar in ‘n stadium is een in die nes, en drie bekyk die mense in die huis redelik raserig. Kuiergaste of die kleintjies wat omtrent al so groot soos die ouers is?

Gelukkig, met al die jare se blootstelling aan swaeltjies, kan Herrie nou al Swaeltjie verstaan.

So hoor Herrie, rofweg vertaal: “Kinders, daardie is nou mense. Hulle is partykeer ons grootste vyande, en bly daarom veilig weg. En o gaats, daar kom Pumba die hond. Wees baie versigtig. Oeps, en daar is die kat. Van ‘n kat moet julle maar ver weg bly.”

Voorlopig dus. Lyk dit of Herrie tot die winter al moet wag om die nodige herstelwerk aan die dak en die plafon te doen, waar die onlangse reën bietjie skade voor die voordeur gemaak het. Saans bly die buitelig maar af, tensy die lig net vir ‘n rukkie benodig word, want daai hele lig word naderhand vuurwarm.

Alles ter wille van die swaeltjies.

Want Herrie voel bevoorreg dat swaeltjies weer sy huis as tuiste gekies het. Die regte soort swaeltjies.

средство для десеналександр лобановский супермаркет класс

Tshwane se moer!

Dankie aan almal wat opgedaag het, ook aan die Ooskaapse boer waarmee ek nog wou gesels.

Soos belowe het ons Saterdag by die Kwagga Inkopiesentrum (Quagga Centre) bymekaar gekom wees met my swart koei agter op my bakkie waarop die woorde TSHWANE SE MOER geverf staan. Nee, dis nie ‘n regte koei nie en ja, die woorde is lekker groot daarop geverf.

Ek het vir Anita gesê ons met net gou stop en praat oor waar ons verder deur Pretoria sou toer aangesien sy ‘n ander afspraak gehad het en ons tyd dus beperk was.

Die reaksie van die publiek was vir my van besondere waarde. Dink net wat sal gebeur as ons 10 of self 50 karre volgende keer sal wees met baniere wat uitskreeu: Pretoria bly Pretoria.

Oor die algemeen was die swartes se reaksie te wagte. Nou kan hulle voel hoe ons voel oor ons kultuurerfenis wat hulle so vernietig en plekname wat hulle uitwis.

Daar was drie swartes in ‘n wit kar wat my uitgejou het as ‘n verdomde Boer, ha ha. Hulle het voor ons ingery om ons af te sny in Hamiltonstraat in Arcadia. Ek het gemaak asof ek agter hulle gaan stilhou, maar toe hulle feitlik teen die motor voor hulle was, het ek van rat verander en in die regterbaan geglip en verby hulle gegaan. Ons het hulle nie weer gesien nie. Volgende keer moet iemand wat saam met my ry net asseblief gewapen wees.

Baie mense het langs die pad fotos geneem. Self ‘n dame van Beeld (ek wou haar nog vra of al die meisies by Beeld so mooi soos sy is) het my vir my telefoon nommer gevra met die oog op ‘n moontlike berig in dié skewe dagblad. Gelukkig het hull ook nie meer ‘n monopolie op inligting nie. Hoera vir die internet!

Mense in motors het die toeter geblaas en die duimop teken gewys en geglimlag. Sommiges het by hulle vensters uitgehang en ondersteunende goed geskreeu. Ek het laas hierdie entoesiasme in 1981 beleef toe ek vir die HNP in Vanderbijlpark plakkate teen die lamppale opgesit het. Ons het detyds in daardie verkiesing die meerderheid van die ou NP met duisende stemme gesny.

Nadat ek vir Anita ongeveer 12h30 by KITSTEKENS 2000 afgelaai het, het ek op pad huistoe ‘n draai by Wespark se inkopiesentrum gemaak.

Toe besluit ek om tog maar, aangesien ek eers 15h00 by die huis terug verwag was om tog maar ook ‘n draai in die Ooste van Pretoria te maak.

Daar in Middelstraat in die Brooklyne omgewing kry ek toe die wonderlikse ontvangs denkbaar. Duisende TUKS-studente het weerskante van die straat op die sypaadjie vir die dag uitgekamp om hulle jaarlikse joolfees te vier.

Ek het sover ek gery het vir hulle op die toeter geblaas en hulle het my luidkeels aangemoedig en met uitgestrekte arms die duimop teken gewys – amper soos ‘n Heil-groet. Ek het skoon hoendervleis gery.

Op ‘n stadium daar in Koningin Wilhelmienalaan het ‘n klomp mansstudente my voorgekeer en op die bakkie geklim en saam gery. Die girls het mal gegaan en fotos geneem van die jong manne. Dit was asof die studente hulle geheel en al geidentifiseer het met die slagspreuk TSHWANE SE MOER. Die damesstudente wat fotos geneem het, het die ouens gevra om so te staan dat hulle die woorde saam met die mans kon afneem.

Ek het ‘n hele paar keer so op en af gery. Ook met ander ouens. En elke keer as ons daar verby gery het, het die studente op die sypaadjies mal gegaan. Daar het selfs ouens op aandag gaan staan en ons salueer toe ons daar verby ry.

Dit was iets buitengwoons. En ek het eers 16h30 by die huis gekom – noodgedwonge om ander verpligtinge na te kom.

Ek hoop die ouens sit die fotos op hulle Facebook en RSG se fotoblad. Indien iemand skakeling met Radio TUKS het kan hulle die joernaliste vra om so ‘n aankondiging te maak.

En o ja – nie alle witmense was ingenome met die protesaksie nie. Een gesette vrou in haar vroeë dertigs van wie se laaste breinselle deur tv-strale weggeskroei is, reken toe dat Liewe Jesus ons almal gelyk gemaak het en ek nie mooi optree nie. Ag shame.

In elk geval, my volgende toer met die swart TSHWANE koei is op Saterdag 20 Februarie. So as daar van julle ouens is wat wil saamtoer is julle welkom.

Ek sal ‘n toerplan uitwerk en vooraf beskikbaar stel vir die van julle wat net ‘n entjie wil saamry.

online free slotsОлександр Фільчаков прокурор

Bloedpaspoorte gaan deurslag gee

Sportsterre wat nie positief vir verbode middels toets nie, maar wie se besonderhede op hul “bloedpaspoorte” te groot afwykings toon, kan deelname aan die volgende Olimpiese Spele ontsê word.

So altans, meen Jaques Rogge, voorsitter van die IOK.

“Ek kan die moontlikheid nie uitsluit nie,” is hy in die media aangehaal.

Die byhou van die bloedpaspoorte, meer algemeen as “biologiese paspoorte bekend, behels dat sportlui se bloed minstens ses keer per jaar geneem en ontleed word, en dat vier keer per jaar urinemonsters geneem word. Die gevolgtrekkings word dan in hierdie “paspoort” aangeteken, en as daar uitskieters op voorkom, is dit klaar met kees.

Die Duitse skaatser, Claudia Pechstein, is reeds op grond van uitskieters op haar biologiese paspoort geskors en deelname in Vancouver ontsê. Met die vorige twee winterspele het sewe deelnemers elk hul bloedtoetse gedruip.

100 free live chatАлександр Фильчаков

Tokyo se retoriese kaf

Dit is met geen verbasing dat ek van Tokyo Sexwale se poging om die regering se nie-prestasie te probeer toesmeer, lees nie. Hy het volgens aanduidings aan die parlementere komitee oor huisvesting die boeregemeenskap beskuldig van ‘n menseslagting en dit vergelyk met wat in Haïti gebeur het.

Volgens hom is die mense van laasgenoemde land uit hulle huise omdat die grond sodanig “geskud” het en hier in ons land blykbaar omdat die boere die horde plakkers tans in informele nedersettings, van hulle plase gejaag het.

Dit plaas hom ook in die koor saam met die Malemas. Boonop laat dit mens wonder of hy voorspraak maak vir die presidentspos van die ANC. Ons het mos deur ervaring geleer dat na so ‘n ou stappie die een van Staatspresident die volgende is. 

Sexwale reken dat hierdie nedersettings net deur eks-plaaswerkers bewoon word en nie deur buitelanders vanweë die swak grensbeheer die afgelope 15 jaar nie. Dit het meegebring dat hordes onwettige immigrante so ver as vanaf die Kongo by ons kom afpak het. Baie van die plaaswerkers kom vanaf Zimbabwe wat daar deur Mugabe saam met die grondeienaars van plase afgejaag is.

Baie van hulle was nie so gelukkig om die grens oor te steek nie en is deur mal Bob, ‘n troetelnaam vir die politieke dinosaurus, se waansinnige trawante vermoor. Baie van hierdie eks-plaaswerkers werk tans op plase tot in De Doorns waar xenofobie onlangs weer kop uitgesteek het.

Om die boere van so iets te beskuldig is niks minder as laakbaar nie. Ek het nog van geen werkgewer gehoor wat iemand ‘n werk en behuising aanbied en as hy nie langer werk nie en hy nog verblyfreg het nie. Is Sexwale bereid om dit op sy plasie in Franschoek vir my en my gesin te doen?

Die regering van die dag is al vir vyftien jaar besig met grondhervorming wat lyk asof hulle net plase aan uitverkoses soos Sexwale en van sy kaders oorhandig. Plase wat aan vorige benadeeldes gegee beland binne rekordtyd op die ashoop en word hierdeur nie-ekonomiese entiteite.

So verswak ons landbou-ekonomie jaarliks en sal ons toekomstig alle basiese stapelvoedsel moet invoer. Wat hy ook vergeet is dat sy regering die boeregemeenskap lankal uitverkoop het en baie boere finansieël ondergegaan het en noodgedwonge personeel moes verminder.

As ‘n sogenaamde ”suksesvolle” sakeman toon hy min begrip vir sulke kwessies en is sy uitlatings doodgewone retoriese kaf. Ons landbou is in ‘n haglike toestand en as hy dink dat die boer die werkverskaffer vir miljoene werkloses in informele nedersettings is, kan mens net wonder oor sy integriteit en ware bedoelings.

Die regering moet werk skep as deel van sy oorhoofse funksie deur die ekonomie te stimuleer sodat ons investering kry. Plaaslike markte moet beskerm word, andersins sal geen besigheid floreer nie, ingesluit die landbousektor. Hierdie basiese goed word nie gedoen nie en derhalwe sien die buitelandse belegger ons as riskant en ‘n onbetroubare vennoot. Daar’s hoevele ontluikende markte waar die risiko laer is.

Nee wat, Sexwale se opmerkings is deursigtig en tot die liberaalste van liberales sien teen die tyd ook al lankal deur mense soos hy se patetiese verweer vir sy regering se onbeholpenheid.

goldilocks and the wild bearsФильчаков прокурор