Malema voel soos gebruikte toiletpapier of kondoom

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, het gesê die ANC het hom vir die party se eie doeleindes gebruik en hom toe weggegooi, is Donderdag berig.

eNews het berig dat Malema aan ‘n saamtrek van die Vriende van die Jeugliga in Mthatha in die Oos-Kaap gesê hy is misbruik deur die ANC se leierskap.

“Dié van ons wat lojaal gebly het en dié van ons wat verraderlike plekke betree het deur die ANC te verdedig… vandag wil hulle ons nie hê nie,” het hy gesê.

“Ons word gebruik soos toiletpapier wat in die toilet afgespoel word. Ons word soos kondome gebruik – dié wat kondome gebruik sal weet hoe kondome werk, hulle gebruik dit en dan gooi hulle dit iewers anders weg,” het hy gesê.

Die ANC-Jeugliga het hom gedistansieer van die nuut gevormde Vriende van die Jeugliga. Die groep is geskep om ‘n platform vir Malema te bied ná sy permanente skorsing uit die ANC.

Die jeugliga se provinsiale woordvoerder, Nathi Nomatiti, het Woensdag aan City Press gesê die provinsiale uitvoerende komitee in die Oos-Kaap het hom gedistansieer van die groep omdat hy niks van die groep weet nie.

Malema is aanvanklik vir vyf jaar uit die party geskors nadat hy verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het.

Hy het geappelleer, maar sonder sukses. Op 29 Februarie is daar aangekondig dat hy permanent uit die party geskors is.

Hy het weer geappelleer, maar dié appèl is op 24 April deur die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee verwerp.

Фильчаков прокурор отзывы

Nigerië dreig MTN oor ‘swak diens’

Nigerië se telekommmunikasie-owerhede het Donderdag gedreig om sanksies teen ‘n filiaal van Suid-Afrika se reuse selfoondiensverskaffer MTN in te stel oor die beweerde swak diens aan intekenare.

Die Nigeriese Kommunikasie Kommissie (NCC) het die waarskuwing aan MTN Nigerië in ‘n verklaring uitgereik.

Mense in Lagos, Nigerië se ekonomiese hoofstad en sy omgewing het in die afgelope dae probleme ervaar op hul selfone wat mbv die MTN-netwerk skakel.

Maar, het die NCC gesê, MTN het nie sy intekenare ingelig nie of na behore gekommunikeer oor die probleem soos vereis word met die staatsbeheerde reguleerder nie.

NCC het beveel dat die telekommunikasie-maatskappy ‘n verslag oor die situasie binne 24 uur moet indien, insluitende besonderhede van wat gedoen word “om die probleem dringend aan te spreek.”

Versuim om te reageer, kan lei tot sanksies het die agentskap bygevoeg, sonder om verder uit te brei.

Amptenare van MTN was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

MTN Nigerië het die grootste intekenaarbasis in wat Afrika se digsbevolkte land is, met meer as 90 miljoen kliënte daar.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Vier in Duitsland gevang wat terreur beplan het

Vier mans, almal lede van ‘n terreur-organisasie is Donderdag aangekla nadat hulle glo beplan het om ‘n Al-Kaïda-soort aanval in Duitsland te loods.

Die groep se leier – die 30-jarige Marokkaanse burger Abdeladim El-Kebir – word ook daarvan aangekla dat hy opleiding ontvang het by ‘n terreurkamp in die wettelose Afganistan-Pakistan grensgebied, het aanklaers gesê.

El-Kebir het glo die groep se ander lede – wie se vanne nie aangedui word nie omdat Duitse wetgewing oor privaatheid dit verbied – gewerf en geïndoktrineer.

‘n Twee-en-dertigjarige Duitse Marokkaan, Jamil S., word daarvan aangekla dat hy gehelp het om plofstof te maak, terwyl ‘n 20-jarige Duitse-Irannese burger, Amid C. en ‘n 27-jarige Duitser, Halil S., glo betrokke was met logistiek.

Halil S. word ook daarvan aangekla dat hy probeer het om die komplot ten uitvoere te bring nadat die ander drie mans op 29 April 2011 in die westelike Duitse stede van Dusseldorf en Bochum in hegtenis geneem is.

Nadat hy amptenare vir verskeie maande gefnuik het, is hy op 8 Desember 2011 ook in Bochum in hegtenis geneem.

Aanklaers sê die “Dusseldorfsel” was deel van ‘n plan deur Al-Kaïda-leiers om Jihadiste te werf en op te lei om terreuraanvalle in Duitsland en ander dele van Europa uit te voer.

“Volgens die uitslae van die ondersoek het die beskuldigdes beplan om ‘n groot terreur-aanval in Duitsland uit te voer,” het aanklaers in ‘n verklaring gesê.

“Nietemin het hulle nog nie ‘n spesifieke teiken gekies vir die aanval nie.”

Александр Фильчаков Васильевич

Vyf oproermakers by Vredefort vas

Vyf mense het in die Vredefort-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld ná oproer in dié dorp, het die polisie in die Vrystaat Donderdag gesê.

Volgens kol. Thandi Mbambo word die vyf ook aangekla van die besit van beweerde gesteelde goedere.

‘n Groep van 2 000 inwoners het Dinsdag begin oproerig raak en paaie in die Mokwallo-township met brandende bande en klippe afgesper.

Drie winkels wat deur buitelanders besit word, is deur brande beskadig. Die oproer het begin ná probleme met elektrisiteitsvoorsiening in die lokasie. Mbambo het gesê die situasie is kalmer sedert kragtoevoer Donderdag gedeeltelik herstel is.

Pogings om ‘n munisipale gebou in Mokwallo vroeër vandeesweek aan die brand te steek het misluk, maar die oproermakers het die meeste van die vensters gebreek.

Die polisie patrolleer steeds die gebied in  Mokwallo.

прокурор Фильчаков

Landbou-uitvoere na ooste neem dramaties toe

Tydens die Landboubegrotingsdebat in die Parlement het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, aangekondig dat die waarde van Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na Singapoer met 78% toegeneem het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit sluit produkte soos druiwe, appels, pere en avokado’s in. Die soortgelyke uitvoer van landbouprodukte na Maleisië het met 20% vermeerder en na Hongkong met meer as 5%.

In die lig van die ekonomiese probleme in Europa en die probleme wat Suid-Afrikaanse produsente ondervind om groter toegang tot landboumarkte in Europa te kry, moet nuwe markgeleenthede na byvoorbeeld die Ooste gevind word. Dit moet gedoen word sonder om die huidige Europese markte te verloor, volgens Mulder. Hy het teen hierdie agtergrond die groter markverspreiding verwelkom as ‘n gesonde bemarkingstrategie met die oog op die toekoms.

Hy het ook daarop gewys dat Suid-Afrika nie kan bekostig om enige landboukundigheid te verloor nie. In hierdie verband het hy verwys na Suid-Afrikaanse landbouers wat na ander lande vertrek.

“Dit is belangrik dat die Suid-Afrikaanse bevolking die waarde van ons eie kommersiële boere moet begin besef. Eers dan sal almal saamwerk om die verlies aan sulke landboukundigheid na ander lande te stop,” het dr. Mulder gesê.

Данильченко Харьков

Obama lieg oor wit vriendin

Een van die meer geheimsinnige karakters van President Obama se 1995-outobiografie Dreams From My Father is die sogenaamde “New York vriendin”. Obama verwys nooit na haar by name nie, maar hy beskryf haar voorkoms, haar stem en haar maniertjies in groot besonderhede.

Maar Obama het nou gesê die “New York vriendin” is eintlik ‘n saamgestelde karakter uit verskeie vriendinne wat hy in New York en Chicago gehad het.

“Tydens ‘n onderhoud het Obama erken dat, terwyl Genevieve sy ‘New York-vriendin’ was, die beskrywing in sy memoir ‘n verskeidenheid vriendinne, ingesluit het, ook Genevieve [Cook] toe hy in Chicago gewoon het,” skryf David Maraniss in sy nuwe biografie. ‘n Uittreksel is aanlyn gepubliseer deur Vanity Fair.

“In die boek het Obama verkies om ‘n rassekloof wat hom onvermydelik geskei het van die vrou wat hy beskryf as sy New York vriendin, te beklemtoon,” sê Maraniss. In ‘n gedeelte van die boek gaan Obama en sy vriendin ‘n toneelstuk sien deur ‘n swart dramaturg:

One night I took her to see a new play by a black playwright. It was a very angry play, but very funny. Typical black American humor. The audience was mostly black, and everybody was laughing and clapping and hollering like they were in church. After the play was over, my friend started talking about why black people were so angry all the time. I said it was a matter of remembering—nobody asks why Jews remember the Holocaust, I think I said—and she said that’s different, and I said it wasn’t, and she said that anger was just a dead end. We had a big fight, right in front of the theater. When we got back to the car she started crying. She couldn’t be black, she said. She would if she could, but she couldn’t. She could only be herself, and wasn’t that enough.

“Dit het nie met Genevieve gebeur nie,” skryf Maraniss. Dit is ‘n voorval wat gebeur het, maar later, toe Obama in Chicago gewoon het.

Obama het intussen erken dit was ‘n voorbeeld van ‘n samestelling van persoonlikhede. Cook was waarskynlik nie Joods nie.

“Ek was baie sensitief in my boek om nie te skryf oor my vriendinne nie, deels uit respek vir hulle. So dit was ‘n oorweging. Ek het gedink dat die staaltjie van die reaksie van ‘n wit meisie oor die woedende swart toneelstuk ‘n nuttige tema was oor die soort van interaksies wat ek in die verhoudings met wit vriendinne gehad het. En so, wat is twee paragrawe in ‘n boek? My houding was dit sou oneerlik wees vir my om nie te raak aan alle kwessies nie… “

Broadway Books, ‘n afdeling van Random House se Crown Publishing Group, het nie dadelik reageer op ‘n versoek vir kommentaar nie.

лобановский супермаркет класс

Israel roep ses bataljonne vir diens

Die Israeli-weermag (IDF) het ‘n noodoproep vir 6 reserwebataljonne uitgereik in die lig van nuwe gevare op die Egiptiese en Siriese grense. Die Knesset het aan die IDF toestemming om ‘n verdere 16 reserwebataljonne op te roep indien nodig verleen, het die Israeliese media Woensdag berig.

‘n IDF-woordvoerder het gesê intelligensieverslae het die ontplooiing van meer soldate genoodsaak.

Stygende spanning tussen Israel en Egipte en die deurlopende onrus in Sirië het veroorsaak dat die weermag die Knesset vir spesiale toestemming om meer soldate op te roep, gevra het.

Die versoek is onlangs goedgekeur, sodat die IDF tot 22 bataljonne vir aktiewe diens kan oproep vir die tweede keer in drie jaar.

“Dit beteken dat die IDF met betrekking tot die Egiptiese en Siriese grense ‘n potensiële bron van ‘n groter bedreiging as in die verlede sien,” het die voormalige adjunk-stafhoof, Dan Harel, Woensdagaand gesê.

Egipte se verslegtende beheer oor die Sinai word gekenmerk deur ‘n oplewing in die smokkel van wapens en ander goedere wat ‘n bedreiging van terrorisme in die Sinai inhou.

Die Siriese situasie is ook hoogs vlambaar, het Harel gesê, “en dit kan enige oomblik ontplof … en hou ‘n direkte uitdaging vir ons in.”

Die IDF-woordvoerder, het gesê al die oproepdokumente wat reserviste ontvang het, is deur die komitee van buitelandse sake en verdediging goedgekeur.

Фильчаков прокурор харьков

Franse debat: Temperatuur styg

Selfs die stand van die temperatuur van die ateljee moes dopgehou word in die enigste debat tot dusver tussen die twee Franse presidensiële kandidate. Die spanning loop hoog in aanloop tot die finale ronde Sondag.

In teenstelling Hollande se verklarings was die voorbereiding vir Woensdag se debat soortgelyk aan die dramatiese opbou wat gewoonlik gereserveer word vir ‘n swaargewig-bokskampioenskap.

Nicolas Sarkozy het aan die groot debat Woensdagaand tussen hom en Francois Hollande as die buiteperd vir die presidentskap deelgeneem, met die doel om die sewe-punt voorsprong wat Hollande hou in meningspeilings weg te kalwe.

Die Franse president het ‘n aggressiewe poging aangewend om sy Sosialistiese teenstander wat die eerste ronde van 22 April met 28,6% van die stemme teenoor 27,8% gewen het, in te haal. Maar meningsopnames gee Hollande konsekwent ‘n gerieflike voorsprong in die tweede ronde van 6 Mei.

Die formaat van die debat is na uitgebreide onderhandelings met die media-adviseurs vir beide kandidate vasgelê.

In die TV-gallery was 20 kameras opgestel, met elke kandidaat wat sy eie regisseur gehad het om billike dekking te verseker. Die reëls vir die aand het ingesluit geen foto’s van die kandidate en geen reaksieskote van een kandidaat terwyl die ander praat nie.

Die kamertemperatuur is tussen 19 tot 20C konstant gehou met elke kamp wat toegang gehad het om die temperatuur in die ateljee na wense te beheer.

Die kandidate het egter minder beheer oor die temperatuur van die gesprek gehad wat op ‘n stadium minder na ‘n debat as ‘n tweegeveg tot die dood toe gelyk het. Die aanvalle van albei was bitter en skerp.

Александр Фильчаков прокурор

R52 miljoen vir tuisbly

Die staat betaal R52 miljoen vir 1 559 amptenare wat by die huis sit omdat departemente meer as die voorgeskrewe 60 dae neem om dissiplinêre verhore te voltooi.

Skokkende syfers wat vrygestel is in die parlement deur die Staatsdienskommissie het getoon dat in die 2010-2011 finansiële jaar – die tydperk onder oorsig – die polisie voor in die koor was met 869 van hul amptenare by die huis.

Korrektiewe Dienste het 471 werknemers geskors. Die departement van justisie en verdediging het ‘n gekombineerde 107 werknemers op voorkomende skorsing.

Volgens die kommissie, het departemente tussen R100 000 en R1-miljoen spandeer aan die salarisse van werknemers wat tydelik geskors is. Korrektiewe Dienste betaal egter R14-miljoen aan werknemers by die huis, gevolg deur die departement van justisie, met 69 werknemerswat R11 miljoen in salarisse kos. Die polisie se 869 amptenare het R8-miljoen gedurende die tydperk wat hulle by die huis was, gekos.

Die Staatsdienskommissie se direkteur-generaal Richard Levin, het gesê die teenstrydighede in die bedrae wat deur departemente betaal word aan geskorste amptenare, is as die gevolg van die verskillende vlakke van senioriteit van die betrokke amptenare.

Hy het gesê die redes om regeringswerknemers te skors het gewissel van finansiële wangedrag, diefstal, bedrog en die misbruik van staatseiendom tot seksuele teistering en seksuele aanranding, growwe nalatigheid wat gelei het tot die verlies van die staat se geld en die skending van tenderprosesse.

Фильчаков Александр Васильевич

Taylor-verhoor is ‘Westerse slagyster vir swart leiers’

Die voormalige Liberiese president Charles Taylor se veroordeling is ‘n slagyster vir Afrikaleiers, het ‘n woordvoerder vir die Taylor-gesin Dinsdag gesê.

Die 64-jarige Taylor is op 26 April skuldig bevind nadat hy rebelle van Sierra Leone bewapen het in ruil vir “bloeddiamante”. ‘n Vonnis word op 30 Mei verwag.

Hy het tereggestaan op 11 aanklagte van moord, verkragting, die werwing van kindersoldate en seksuele slawerny gedurende oorloë wat in Liberië en Sierra Leone gewoed het, en wat uiteindelik die lewens van 50 000 mense geëis het.

“Ons glo die verhoor en daaropvolgende veroordeling van mnr. Taylor is ‘n slagyster wat Westerse leiers vir Afrikaleiers gestel het,” het Sando Johnson, ‘n Liberiese politikus, aan AFP gesê.

Johnson het gesê Afrikaleiers wat na Westerse magte wil uitreik, sal dit berou.

Hy het ook voorspel dat Taylor nie ‘n swaar vonnis opgelê sal word nie en het gesê Taylor se kamp is bereid om vergoeding aan te bied aan Sierra Leone se oorlogslagoffers.

“Mnr. Taylor gaan nie ‘n lewenslange vonnis of die doodstraf opgelê word nie, en wanneer hy gevonnis word, sal dit nie vir lank wees nie.

“Indien die mense van Sierra Leone besluit om vergoeding van Liberië te eis, sal ek een van die leiers wees wat sal opstaan en verseker dat Liberië die geld aan Sierra Leoners oorbetaal.”

Александр Фильчаков Васильевич