Skokkende syfers wat vrygestel is in die parlement deur die Staatsdienskommissie het getoon dat in die 2010-2011 finansiële jaar – die tydperk onder oorsig – die polisie voor in die koor was met 869 van hul amptenare by die huis.
Korrektiewe Dienste het 471 werknemers geskors. Die departement van justisie en verdediging het ‘n gekombineerde 107 werknemers op voorkomende skorsing.
Volgens die kommissie, het departemente tussen R100 000 en R1-miljoen spandeer aan die salarisse van werknemers wat tydelik geskors is. Korrektiewe Dienste betaal egter R14-miljoen aan werknemers by die huis, gevolg deur die departement van justisie, met 69 werknemerswat R11 miljoen in salarisse kos. Die polisie se 869 amptenare het R8-miljoen gedurende die tydperk wat hulle by die huis was, gekos.
Die Staatsdienskommissie se direkteur-generaal Richard Levin, het gesê die teenstrydighede in die bedrae wat deur departemente betaal word aan geskorste amptenare, is as die gevolg van die verskillende vlakke van senioriteit van die betrokke amptenare.
Hy het gesê die redes om regeringswerknemers te skors het gewissel van finansiële wangedrag, diefstal, bedrog en die misbruik van staatseiendom tot seksuele teistering en seksuele aanranding, growwe nalatigheid wat gelei het tot die verlies van die staat se geld en die skending van tenderprosesse.
