NBU wil hof toe oor R6 miljard se ‘onwettige belastings’

Daar was Dinsdag ‘n gesamentlike vergadering van die belastingbetalersverenigings, oftewel BBV’s, van Port Elizabeth, Oos London , St Francisbaai, Jeffriesbaai en nog ‘n paar ander klein dorpies in die omgewing, sê mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, die NBU, oor belastings wat glo onwettig op inwoners gehef is.

Daar is eenparig by die vergadering besluit dat die kwessie van nie-promulgasie en derhalwe die onwettige hef van eiendomsbelasting in die hele Oos Kaap op ‘n vergadering op Cradock op 4 Augustus met alle rolspelers in die Oos Kaap verder bespreek sal word.

Die BBV’s dreig met regstappe omdat hul munisipaliteite na bewering eiendomsbelastingtariewe op ‘n onwettige wyse hef.

Van die munisipale verordenings oor die hef van eiendomsbelastingtariewe is eers in 2009 gepromulgeer. Daar was tot dusver geen aanduidings gevind dat van die tariewe (waarvan sommige bedrae tot R6 miljard beloop) van 2005 tot op hede gepromulgeer is in die Staatskoerant soos vereis deur die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting (Wet 6 van 2004) nie.

Die vereniging gaan so gou doenlik ‘n hooggeregshofaansoek oor die kwessie bring.

Die ANC se LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake, Mlibo Qoboshiyane, het by monde van sy woordvoerder, Mvusiwekhaya Sicwetsha, gesê “dit sal geld wegneem van dienslewering indien die belastingbetalersverenigings hof toe gaan”.

топкарго развод

Bevolkingsontploffing gaan voedselsekerheid in Afrika striem

‘n Bevolkingsontploffing dwarsoor die wêreld sal voedselsekerheid ondermyn en dringende maatreëls is nodig, het die Landbank Woensdag gesê.

Hoofuitvoerendebeampte Phakamani Hadebe, het gesê ‘n nuwe benadering is nodig om voedselsekuriteit te handhaaf vir die 22ste eeu.

“Ons het regtig nodig om die manier waarop ons sake doen, te hersien. Voedselsekerheid sal nuwe denke en ‘n nuwe benadering vereis.”

Hadebe het ‘n inligtingsessie vir verslaggewers in Centurion gehou by die ondertekening van ‘n multi-miljardrand landbouleningsooreenkoms tussen die bank en landbougroep Afgri.

“Vir die wêreld om in staat te wees om genoeg kos te produseer, sal ons ons tegnologie moet verbeter. Ons moet ons produktiwiteit verhoog. Ons moet ook slimmer te werk gaan.”

Sonder voldoende voedsel, sal oorgrensmigrasie vinniger aangroei, het hy gesê.

“Die grense wat ons het, sal met verloop van tyd vervaag, wat beteken dat ons soos baie migrasielande wat beter (ekonomies) vaar, meer mense sal lok.”

Die Verenigde Nasies se voorspellings het aangedui dat die wêreld se bevolking waarskynlik nege miljard sal bereik teen 2050, met die grootste groei in ontwikkelende lande. Faktore soos watertekorte, klimaatsverandering, en die stygende groeikoerse in ontwikkelende lande sal ook voedselsekerheid in gevaar stel.

“Suid-Afrika is besig om die impak van die tekort aan water te voel met die land se bevolking wat teen 2050 tot 55 tot 60.000.000 miljoen mense kan wees. Hoe gaan ons hierdie doelwit bereik (van voedselsekuriteit)?”

Hadebe het gesê die Landbank/Afgri-transaksie is voordelig nie net vir Suid-Afrika nie, maar die hele Afrika-kontinent.

Afgri se uitvoerende hoof, Chris Venter het gesê Suid-Afrika se florerende bevolking sal binnekort druk plaas op die vasteland se kos-reserwes.

“Ons wil voortgaan om ons voetspoor in Afrika uit te brei. Ons het hierdie vennootskap om die volhoubaarheid van voedselsekuriteit te verseker nodig want ons kan dit nie op ons eie doen nie.”

Venter het gesê sy maatskappy is aktief in ondersteunende boerdery in lande soos Zambië en Zimbabwe.

“Deur ons betrokkenheid in Zimbabwe, het ons ‘n verbetering in landbou-aktiwiteite in die suiker (produksie) en tabak kant gesien, maar die land het nog steeds ‘n lang pad van waar dit was.

“Daar is ‘n algemene positiwiteit in terme van landbou oor die Afrika-kontinent heen. Meer Afrika-regerings besef dat hulle nodig het om voedselsekuriteit te verseker,” het hy gesê.

Verlede week het die Landbank aangekondig dat R1 miljard van die Afrika Ontwikkelingsbank beskikbaar gestel sal word, asook ‘n verdere R830 miljoen van Suid-Afrikaanse kapitaalmarkte.

Фильчаков Харьков

Die nuwe joernalis se naam is Al

Die nuwe verslaggewer op die Amerikaanse mediatoneel neem nie ‘n koffiepouse nie, kry nie griep nie, lewer artikels teen die spoed van lig, en werk sonder pensioenvooruitsigte.

Noem hom sommer Al, ‘n afkorting vir algoritme!

Dit is omdat dié verslaggewer nie ‘n mens is nie, maar ‘n rekenaaralgoritme, geslyp om rou data oor korporatiewe verdienste en sporttellingvooruitsigte in leesbare prosa te vertaal.

Algoritmes word in die vervaardiging van ‘n groeiende aantal artikels vir koerante en webwerwe gebruik.

Narrative Science, wat in die vervaardiging van sulke algoritmes spesialiseer, het byvoorbeeld die volgende geproduseer:”Wall Street is high on Wells Fargo, expecting it to report earnings that are up 15.7 percent from a year ago when it reports its second quarter earnings on Friday, July 13, 2012,” wat op Forbes.com verskyn het.

Terwyl rekenaars nie die subtiliteite van elke storie kan ontleed nie, kan hulle groot hoeveelhede rou data neem en dit na nuus omskakel, sê ontleders.

“Dit kan werk vir enigiets wat basies is en op formules staatmaak,” sê ‘n ontleder by ‘n media navorsingsgroep.

En met die mediamaatskappye onder geweldige finansiële druk, kan die skuif om nuusproduksie te outomatiseer “die herbou van die koste-ekonomie van joernalistiek beteken”.

Stephen Doig, ‘n joernalistiek-professor by die Arizona State University, wat rekenaarstelsels gebruik om te sif deur data wat dan aan verslaggewers gegee word, het gesê die nuwe rekenaar-gegenereerde nuus is ‘n logiese volgende stap.

“Ek het nie ‘n filosofiese beswaar teen hierdie soort van skryf wat uitgekontrakteer word aan ‘n rekenaar nie, indien die verslaggewer die tyd nuttig kan gebruik vir iets meer interessant,” sê Doig.

Ontleders sien dit as “die volgende generasie van inhoudskepping.”

“Oor die volgende 12 tot 24 maande, sal elke media-maatskappy ‘n mate van ‘n outomatisasie strategie nodig hê,” het ‘n ontleder aan AFP gesê.

Om die effek van die tuisdorpkoerant na te boots, sal sekere maatskappye wat in dié soort nuus spesialiseer, artikels genereer met ‘n ander “tonaliteit”, afhangende van die leser se voorkeur of plek.

Данильченко Юрий отзывы

SA se grootste koerantgroep te koop

Independent News and Media (INM), die land se grootste koerantgroep, is te koop, het Business Day berig.

Die nuus het tot heelwat gerugte gelei dat kopers met politieke doelstellings besonder baie daarin belangstel om die groep te koop.

INM besit koerante soos The Star, Cape Times en Sunday Independent.

Volgens die Financial Times is Cyril Ramaphosa se Shanduka Group en Iqbal Survé se Sekunjalo Investments onder die maatskappye wat waarskynlik die titels sal koop. Daar is egter baie ander belangstelling ook.

Tony Howard, hoof-uitvoerende beampte van INM SA, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Dit is alombekend dat gedrukte koerante wêreldwyd oor die afgelope drie jaar die helfte van hul inkomste moes inboet aan advertensieverliese wat die bedryf onvermydelik op ‘n afwaartse glybaan plaas.

Joernaliste het bekommerd gereageer op die nuus en gesê hulle vrees vir hulle werk omdat die transaksie waarskynlik tot grootskaalse afleggings sal lei.

Volgens toekomskundiges sal dié posbeskrywing aanstons verdwyn soos wat nuwe media groei.

Лобановский

Obama se broer oor SA en kolonialisme

Dinesh D’Souza gesels met Obama se broer, George Obama, oor die beweerde woede teen kolonialisme wat president Obama van sy eie (en George se) swart vader geërf het.

D’Souza stel dit in sy boek: “Hierdie rondloper, dronk Afrika-sosialis, wat teen die wêreld fulmineer dat sy anti-koloniale ambisies nie gerealiseer het nie, kan nou die die land [Die VSA] se agenda bepaal deur die reïnkarnasie van sy drome in sy seun.”

Hy gesels ook in die ekslusiewe onderhoud oor Suid-Afrika se posisie.
депутат лобановский

Grondgryp-debat spoel oor na Twitter, TV

Sedert Sondag woed daar ‘n onophoudelike debat oor grondgryp op Twitter tussen dr. Dan Roodt van PRAAG, Steve Hofmeyr, Adriana Stuijt en swart openbare persoonlikhede soos die radikale swart nasionalis, Andile Mngxitama.

Vanoggend op die etv-progam, Sunrise, wat oënskynlik oor maatskaplike samehorigheid gewentel het, is die oproep herhaal dat blanke grondeienaars afstand van hul plase moet doen. ‘n Swart inbeller van Welkom het gesê: “As blankes nie afstand van hul blanke bevoordeling gaan doen nie, gaan daar oorlog wees.”

Onder swart deelnemers heers daar konsensus dat blankes hul grond óf van swartes “gesteel” of “onregverdig bekom het”. Dr. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus het vanuit Kaapstad aan die program deelgeneem en hom op ‘n stadium vererg omdat die programaanbiedster voorgegee het “dat alle blanke kinders oor trustfondse beskik waarmee hulle vir private en universiteitsonderwys betaal”. Volgens Mulder gaan die meeste blankes lenings aan om te kan studeer.

Gisteraand het ‘n radiodebat op East Coast Radio tussen dr. Roodt en Mngxitama plaasgevind waartydens dit geblyk het dat daar geen gemene grond tussen hulle bestaan nie. Roodt glo dat eiendomsreg volgens bestaande wette nagekom moet word en dat daar selfs onder apartheid groot bedrae geld op swart onderwys, gesondheid en welvaar bestee is. Mngxitama, daarenteen, meen dat blanke plaaseienaars swart werkers op hul plase as “slawe” aanhou. Hy wil die bordjies verhang sien en “blanke slawe” op swart plase sien.

In een van sy twiets het Mngxitama ook gesê dat hy nie noodwendig wil boer nie. Hy wil net “sit en kyk na sy grond”.

Die skielike opgang wat Mngxitama in die Suid-Afrikaanse media maak – hy het gister ook ‘n rubriek in The Sowetan, ANC leaders have bought themselves out of blackness, gepubliseer – laat ontleders gis of hy nie dalk deur die ANC-regering gebruik word om die swart publiek verder rondom grondgryp te radikaliseer nie. Sodoende kan die ANC as “meer gematig” voorkom en moontlik voorstel dat blankes nie alle grond moet afstaan nie, maar bloot tagtig of negentig persent, sodat grondbesit “demografies verteenwoordigend” mag wees.

Лобановский Харьков

Heilige Winnie kla oor ANC se gebrek aan eerbied

Winnie Madikizela-Mandela het in ‘n driftige brief die ANC aangeval, en die party van “treurige behandeling” asook die misbruik van die Mandela-naam beskuldig.

Die veteraan het in ‘n brief gerig aan partywoordvoerder Jackson Mthembu, die ANC gekasty en gesê: “Ons [die Mandela-familie] maak net saak as ons gebruik word vir ‘n paar agendas.”

‘n Duidelik seergemaakte en woedende Madikizela-Mandela het die brief in reaksie op ‘n versoek vir ‘n vergadering gestuur. Die ANC wou eeufeesvieringe en die voormalige president Nelson Mandela se deelname daaraan tydens sy verjaarsdagmaand bespreek.

Madikizela-Mandela se brief sal lei tot verdere gespanne verhoudings tussen haar en die party wat sy vir baie dekades gedien het.

In die brief, gerig aan “Kameraad Jackson”, sê Madikizela-Mandela: “Ons is diep seergemaak as die familie. Ons het nie eers ‘n tafel gehad nie [by die vieringe in Mangaung] en die situasie is gered deur mev Bridgette Radebe [vrou van die minister van justisie, Jeff Radebe].”

Madikizela-Mandela, het gekla dat sy gedurende die voorbereidings vir die eeufeesvieringe ‘n toeskouer was. In 2011, het sy gesê, sy is gereduseer om bloot “deurentyd ‘n toeskouer” te wees.

Madikizela-Mandela sê die diep oneerbiedige hantering van haar en van Mandela deur die ANC is duidelik want die ANC wil Mandela se verjaarsdag wat die familie reël “gate-crush”. (Die korrekte Engelse uitdrukking is “gate-crash”)

Madikizela-Mandela beskuldig die party dat die fakkel van die eeufeesvieringe slegs na haar Sowetohuis gebring is ná ingryping deur die Gauteng ANC-leiers, provinsiale voorsitter Paul Mashatile en die provinsiale sekretaris David Makhura.

лобановский александр дочь

Chaos by Zuma-lesing in Limpopo

Vyf ondersteuners van die ANC-jeugliga, wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is op waarskuwing vrygelaat.

Die ondersteuners is aangekeer nadat geweld by ‘n saal in Limpopo uitgebreek het waar pres. Jacob Zuma ‘n lesing moes lewer.

“Hulle was ‘n weerbarstige groep mense wat in die middag reeds begin het om paaie te versper,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.

Minstens 300 ondersteuners van die geskorste president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het buite die Holy Worship-kerksaal in Thohoyandou saamgekom voordat Zuma opgedaag het.

Die groep, wat liedjies teen Zuma gesing het, was Dinsdagmiddag in ‘n stoeiery met die polisie betrokke toe lede van die liga geweier het om weg van die kerksaal se ingang te beweeg.

“Hulle het om 16:00 die saal binnegegaan waarna die ANC se sekuriteit probeer het om hulle onder beheer te bring en hulle aangerand het,” het Mulaudzi gesê.

Hy het gesê die polisie se hulp is ingeroep om die situasie te ontlont.

“Vyf van die ondersteuners is in ‘n polisiewa gebondel en weggeneem van die saal.

“Hulle is ‘n ernstige waarskuwing gegee om nie weer probleme by die verrigtinge te veroorsaak nie. Hulle het daarna ingestem en is op waarskuwing vrygelaat.”

Mulaudzi kon egter nie sê wat met die sekuriteitsbeamptes gebeur het wat die Malema-ondersteuners aangerand het nie.

Zuma het net na 17:00 begin om sy Nelson Mandela-gedenklesing te lewer.

Geweld het gedurende sy lesing buite die saal steeds voortgegaan.

Mulaudzi sê waterkanonne is gebruik om die skare uiteen te jaag en die situasie is onder beheer gebring.

Zuma se lesing het gehandel oor die nalatenskap van oudpres. Nelson Mandela.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Данильченео

Debat tussen dr. Dan Roodt en Andile Mngxitama vanaand om 21:00

Daar sal oor ‘n halfuur ‘n debat op East Coast Radio in Durban wees tussen dr. Dan Roodt van PRAAG en die radikale swart denker, Andile Mngxitama. Enigeen wat belangstel, maar nie in Natal woon nie, kan op die internet inluister by die volgende skakel:

http://www.ecr.co.za/kagiso/content/en/east-coast-radio/east-coast-radio-listen

Adriana Stuijt sal ook lopende kommentaar op Twitter lewer . Daar is insgelyks ‘n Twitter-debat tydens die program by .

Die program word aangebied deur Ndumiso Ngcobo, ‘n rubriekskrywer van die Sunday Times. Sy Twitter-rekening is .

лобановский класс

FNB kreun onder sjaria-las

Die geskil tussen FNB en hulle sjaria-direksie wat moet toesig te hou oor die Islamitiese Finansies-eenheid het sommige van die probleme beklemtoon om twee inherent verskillende stelsels binne dieselfde finansiële instelling te akkommodeer.

Verlede week het die sjaria-raad van FNB se Islamitiese Finansies bedank nadat vertroue tussen die raad en die bank negatief geraak is. Die voorsitter van die raad Moefti Ebrahim Desai het gesê die raad kan nie instaan ​​vir FNB se Islamitiese Finansies produkte nie.

Desai het aan die Mail & Guardian gesê dat daar voortdurende probleme tussen die raad en die bankamptenare was, sedert die nuus van misdaad binne die eenheid aan die einde van verlede jaar na vore gekom het.

Dit behels die wanbesteding van fondse, konflik van belange, onbillike arbeidspraktyke, en aantygings van bedrog.

Ebi Patel, die voormalige hoof van die afdeling, is op spesiale verlof geplaas terwyl ‘n interne ondersoek geloods is.

Patel is uiteindelik vervang deur die Amman Mohammed, voormalige besturende direkteur van Absa Islamic Bank, aan die begin van die maand.

Vrydag moes FNB sy Moslem-kliënte inderhaas verseker dat die beëindiging van die sjaria-direksie se dienste nie die sjaria-sertifisering ongeldig maak nie.

“Ongelukkig wil die verklarings die indruk te skep dat sjaria-nakoming dalk op die spel was,” sê ‘n lid van die Moslemraad.

Intussen, sê Stuart Grobler, voorsitter van die Bankvereniging se komitee vir Islamitiese bankwese, die integrasie van ‘n Islamitiese bank in ‘n konvensionele bank kan ingewikkeld wees.

“Die probleem vir ‘n organisasie soos banke is dat hulle ‘n normale bestuurs-hiërargie of aanspreeklikheid het. ‘n Sjariaraad bestaan uit sekere geleerdes, moeftis of imams, wat nie noodwendig sakegeoriënteerd is nie. Hulle is die finale arbiters wat moet bepaal of aan sjaria voldoen is, so elke finansiële komponent of elke transaksie moet goedgekeur word deur die sjaria-direksie,” het hy gesê.

“Jy kan dink hoe dit bestuursvoorregte, aanspreeklikheid en verantwoordelikheid raak.”

Moslems mag nie rente deur middel van die konvensionele bankwese se stelsels verdien nie, en dit word gewoonlik aan liefdadigheid geskenk.

In Desember verlede jaar het die Nasionale Tesourie bankinstellings genooi om voorstelle in te dien vir die voorsiening van raadgewende dienste vir die strukturering en die uitreiking van Islamitiese effekte, bekend as ‘n “soekoek” vir plaaslike en internasionale markte.

Die evaluering van die bod is voltooi en ‘n konsortium bestaande uit oa Standard Bank, Nova Capital, BNP Paribas, sal namens van die Republiek van Suid-Afrika ‘n soekoek uitreik.

лобановский класс харьков