Iran se standpunt oor kernontwikkeling

Iran het weer aangebied om sy verryking van uraan tot 20 persent te verminder, ‘n kwessie wat die Verenigde State as sy hoogste prioriteit geïdentifiseer het tydens kerngesprekke. In ruil vra Iran dat sanksies teen die land verlig word, volgens Iran se permanente verteenwoordiger by die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) 

Ali Asghar Soltanieh, het in ‘n onderhoud met IPS gesê dat Iran die aanbod op die vergadering tussen die EU se buitelandse beleid hoof Catherine Ashton en Iran se voorste kernonderhandelaar Saeed Jalili in Istanbul op 19 September gemaak het.

Soltanieh het ook aan die lig gebring dat die IAEA-amptenare verlede maand toegewings oor dokumente wat verband hou met sekere eise oor kernwapenontwikkeling skielik teruggetrek het.

“Ons is bereid om verryking tot 20% op te skort, mits ons ‘n wederkerige stap [van die ander kant] sien,” het Soltanieh gesê, en bygevoeg, “Ons het dit gesê in Istanbul.”

Soltanieh is die eerste Iranse beampte op rekord wat sê Iran sal sy 20-persent verryking geheel en al beëindig.

“As ons dit doen,” het Soltanieh gesê, “moet daar nie sanksies wees nie.”

Iran se posisie in die twee rondes van onderhandelinge met die P5+1 – China, Frankryk, Duitsland, Rusland, Brittanje, die Verenigde State en Duitsland – soos vroeër vanjaar berig, is dat ‘n beduidende verslapping van sanksies deel van die ooreenkoms moet wees. Anders maak dit nie sin vir Iran om toegewings te maak nie.

Die Verenigde State en sy bondgenote in die P5+1 het so ‘n ooreenkoms in die twee rondes van onderhandelinge in Istanbul en in Bagdad in Mei en Junie uitgesluit, en eis dat Iran nie net sy verryking stop tot 20 persent nie, maar dat die land sy hele voorraad van verrykte uraan uit die land verskeep en die Fordow-verrykingsfasiliteit heeltemal sluit.

Selfs indien Iran instem om dié verreikende toegewings aan die P5+1 te maak sal daar geen verligting van sanksies wees nie.

Soltanieh het enige ooreenkoms wat die sluiting van Fordow behels, afgewys.

“Dit is onmoontlik as hulle verwag dat ons Fordow sluit,” het Soltanieh gesê.

Die Amerikaanse regverdiging vir die sluiting van Fordow is dat dit gebruik sal word vir die verryking van uraan tot die 20%-vlak, wat dit baie makliker vir Iran sal maak om kernwapengraadvlakke te bereik.

Maar Soltanieh het verwys na die omskakeling van die helfte van die voorraad vir die Teherannavorsingsreaktor, wat in die 30 Augustus se IAEA-verslag gedokumenteer is.

“Die belangrikste ding in die (IAEA) verslag,” het Soltanieh gesê, is dat “reeds ‘n groot persentasie van die 20% verrykte uraan omgeskakel is na poeier vir die Teherannavorsingsreaktor.”

Dit beteken is wese dat die uraan nie beskikbaar is vir die omskakeling na ‘n vorm wat na kernwapengraadvlak verryk kan word nie.

Iran het begin om uraan tot 20 persent in 2010 te verryk nadat die Verenigde State feitlik ‘n ononderhandelbare aanbod in 2009 gemaak het om brandstofplate te voorsien vir die Teherannavorsingsreaktor in ruil dat Iran 75% van sy lae-verrykte uraan buite die land berg en twee jaar vir die brandstof-plate wag.

Die P5+1 se eis vir die sluiting van die Fordow-verrykingsaanleg is blykbaar ook gebaseer op die veronderstelling die fasiliteit uitsluitlik gebou is vir 20-persent-verryking. Maar Iran het amptelik die IAEA in kennis gestel dat dit vir beide verryking tot 20 persent en verryking tot 3,5 persent gebruik kan word.

Soltanieh het aan die lig gebring dat twee senior IAEA-amptenare ‘n belangrike Iranse toegewing in die mees onlangse onderhandelingsessie aanvaar het verlede maand dat ‘n “gestruktureerde ooreenkoms” oor “moontlike militêre dimensies” van sy kernprogram voorgelê word, maar die toegewing is teruggetrek aan die einde van die vergadering.

Die voormalige IAEA se direkteur-generaal Mohamed ElBaradei het in sy 2011-memoires onthul dat die Verenigde State Iran onophoudelik “op ‘n vae manier daarvan beskuldig [dat hulle kernwapens wil vervaardig] sonder dat Iran weet die spesifieke aanklag teen hulle is”.

“As die IAEA sy sin kry,” het Soltanieh gesê: “Sal dit nog 10 of 20 jaar duur.” Die IAEA weier om enige opgeloste kwessies en vrae oor Iran se kernprogram af te sluit en behou hulself die reg voor “om alle kwessies weer van voor af te ondersoek”.

Iran kla dat inligting wat versamel is deur die IAEA se inspekteurs, met inbegrip van data oor die personeel in Iran, beskikbaar gestel word aan die Amerikaanse, Israelse en Europese intelligensie-agentskappe.

 

лобановский александр жена

Wouter Basson-ondersoek hervat

Die Raad op Gesondheidsberoepe se ondersoek na die gedrag van die biologiese wapenkenner, Wouter Basson, sal na verwagting vandag in Pretoria hervat word.

Basson staan tereg op vier aanklagte insluitende sy beweerde deelname aan die vervaardiging van die dwelms, Mandrax en Ecstacy en dat hy die destydse apartheidspioene van sianiedkapsules voorsien het.

Basson het vroeër gesê die dwelms is vir navorsingdoeleindes vervaardig en nooit in onluste-beheer of ‘n oorlogsituasie gebruik nie.

александр лобановский харьков

Stakings lê SA-ekonomie lam

Ekonome sê die land kan nie nog ‘n staking bekostig nie nadat minstens sestigduisend werkers in die vervoerbedryf gister begin staak het. ‘n Hoofekonoom van Investment Solutions, Chris Hart, sê die jongste arbeidsoptrede sal ‘n groot invloed hê op die belangrikste sektore, insluitende landbou, mynwese en die vervaardigingsektor, berig RSG.

Ekonome het vroeër ook gewaarsku dat die staking in die padvragbedryf tot grootskaalse brandstoftekorte kan lei. Die SATAWU-staking sal KwaZulu-Natal na verwagting die swaarste tref. Vakbondlede eis ‘n verhoging van tien persent, terwyl die werkgewers sewe persent aanbied. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragversenders in die provinsie sê hulle sal die situasie fyn dophou.

Samesprekings word intussen vanoggend gehou in ‘n poging om die twee weke lange staking van Anglo Platinum mynwerkers in Rustenburg in Noordwes te beëindig. Die werkers eis ‘n maandelikse salaris van R16 000.

Die mynbestuur, verteenwoordigers van die werkers en die Departement van Arbeid sal die samesprekings bywoon. Die werkers het intussen nie gehoor gegee aan ‘n oproep van die mynbestuur om na die werk terug te keer nie.

Bestuur dreig nou met regsoptrede. Gisteraand het slegs enkele werkers opgedaag. Die meerderheid het onderneem om met die staking vol te hou terwyl ander sê hulle voel nie veilig nie weens intimidasie.

Lonmin het aangedui dat slegs 2% van die werkers teruggekeer het na hul werk.

Александр Фильчаков Васильевич

Internasionale handelsmerk skrik vir politiek

Die internasionale meubelwinkel IKEA het ‘n foto verwyder van sy Russiese webwerf van mense wat kleurvolle ski-maskers soos dié van die punkgroep Pussy Riot dra. Drie lede van die groep is tronk toe gestuur nadat die organisasie ‘n ortodokse kerk ontheilig het.

Die foto, wat vier mense in die maskers toon wat sit op IKEA-meubels, is verwyder met ‘n kennisgewing op die webtuiste wat bevestig dat die beeld verwyder is. “IKEA is ‘n kommersiële organisasie wat sake doen buite die politiek en godsdiens.”

“Ons kan nie toelaat dat ons advertensieprojek gebruik word as ‘n platform vir ‘n veldtog van enige aard nie,” het hulle bygevoeg.

Pussy Riot het dieselfde helderkleurige klapmusmaskers gedra tydens die “protes”.

Die Russiese Ortodokse Kerk en Rusland het kritiek uit die buiteland as ‘n “botsing van beskawings” beskryf. President Wladimir Poetin het gesê die staat is verplig om die gevoelens van gelowiges te beskerm.

IKEA het sowat 2,5 miljard euro sedert 2000 in Rusland belê, ook in die bou van winkels wat ankerwinkelsentrums op die buitewyke van die groot stede is. Vir die rekordwinste van die fiskale 2010/11-jaar, het die maatskappy gesê dat van sy grootste verkope in Rusland was.

IKEA het in 2009 gedreig om verdere uitbreiding in die land stop te sit, met verwysing na korrupsie en rompslomp, maar verlede November gesê hulle wil ten minste die drie-winkelvoetspoor in Moskou verdubbel en hulle 14 megawinkelsentrums opknap.

 

Александр Фильчаков

Malema sal nie Dinsdag verskyn nie

Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, sal nie Dinsdag in die hof verskyn nie, het sy prokureur Maandag gesê.

“Ons het nog nie bevestiging van aanklagtes ontvang nie… Ek kan bevestig dat mnr Malema nie môre [Dinsdag] in die hof sal verskyn nie,” het Nicqui Galaktiou aan Sapa gesê.

Sy het gesê ‘n mediaverklaring sal Dinsdagoggend uitgereik word.

City Press het Sondag berig dat Malema Woensdag op aanklagte van bedrog en geldwassery in die Polokwane-streekshof sal verskyn.

Die Sunday Times het berig dat hy saam met vyf individue en vier maatskappye in die getuiebank gaan verskyn.

‘n Lasbrief is Vrydag vir Malema uitgereik.

topcargo

‘Haat-advertensies’ in NYC-metro

Anti-Moslemadvertensies sal in New York City se metro-stelsel vanaf volgende week verskyn, na ‘n federale regter beslis het dat die stad se Metropolitaanse Vervoerowerheid nie op juridiese gronde kan weier op die basis van “vernederende” taal nie.

So vroeg as volgende Maandag, sal tien NYC metro’s die advertensies vertoon waarop staan: “In ‘n oorlog tussen die beskaafde mens en die onbeskaafde een, ondersteun die beskaafde mens. Ondersteun Israel. Verslaan Jihad.”

Die veldtog is deur die Amerikaanse Freedom Defence Initiative (AFDI) van stapel gestuur, ‘n organisasie wat as ‘n haat-groep beskou word deur swart groepe.

Pamela Geller, die uitvoerende direkteur van die AFDI, staan by haar advertensieborde ​​ten spyte van ‘n oorvloed klagtes oor die veldtog.

Geller is al lank gekant teen “Islamitiese propaganda” in Amerika en het in die verlede dat ‘n tentoonstelling in Washington, DC museum wat Moslembydraes tot die wetenskap uitbeeld, toegemaak word.

“Ek woon in Amerika en in Amerika het ons die eerste amendement,” het Geller aan Sky News gesê.

Ibrahim Hooper, woordvoerder van die Raad van Amerikaanse Islamitiese Aangeleenthede, het gereageer op Geller se optrede deur die federale regter se besluit te ondersteun.

“Ons uitgangspunt is dat die eerste amendement beteken dat almal vry is om ‘n fundamentalis te wees of selfs ‘n idioot soos Pamela Geller. Ons wens sy wil nie haat aanwakker en geweld aanhits nie, maar in Amerika is dit haar reg.”

topcargo развод

DA gaan oorboord vir Erfenisdag

Die NY1 pad in Gugulethu, Kaapstad, is amptelik herdoop na Stephen Biko-rylaan Maandag. Dit is die DA se jongste siniese poging om swart kiesers te trek.

Die naamsverandering is in lyn met Biko se filosofie, het die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, gesê in ‘n toespraak wat voorberei is vir Erfenisdag,

Dit was omdat dit name uit die verlede vervang, wat verband hou met minderwaardigheid, name wat verband hou met magsmisbruik.

Die ou pad se naam “NY” verwys na “native yard”. ” Wat uniek in Suid-Afrika en die Swart Bewussyn-beweging is, is die mobilisering rondom die handhawing van eienaarskap van die geskiedenis … vir vryheid,” het De Lille gesê.

Dit behels die afbreek van die “geestelike gevangenis” wat deur semantiese middele gebou is om die gedagtes van swart Suid-Afrikaners te bevry.

“Soos baie groot profete wat moeilike waarhede oordra, is Steve Biko vermoor vir sy idees … [en] die krag van sy revolusie.”

Die naamsverandering van die pad in sy eer was ‘n gepaste huldeblyk, omdat dit mag sal gee aan toekomstige geslagte deur weg te doen met die terme wat verband hou met historiese onreg.

“… Dit is die verandering van ‘n versoeningprogram wat probeer om ‘n beter toekoms te skep uit ‘n verdeelde verlede.

“Dit is deur die bou, steen vir steen, van die Kaapstad van môre wat waarlik aan almal behoort,” het De Lille gesê.

[Nota: Praag het dié sinnelose retoriek net so vertaal. Die foute is die eiendom van die burgemeester.]

Александр Фильчаков

Vrou los kind langs die pad

‘n Swart vrou van Limpopo is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat sy haar kind in Mankweng, Zone F, gelos het, het die polisie gesê.

Konst. Moses Molepo het gesê polisiebeamptes wat die gebied patrolleer het, het die kind omstreeks 22:00 Saterdagaand langs die pad gevind.

Die beamptes het toe probeer om die kind se ma op te spoor.

Die 28-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang het. Sy het toe erken dat sy die babaseun langs die pad gelos het.

Molepo het gesê die kind sal na ‘n plek van veiligheid geneem word.

Die vrou sal Dinsdag op aanklag van kinderverwaarlosing in die hof verskyn.

лобановский александр игоревич

Polisie op die spoor van Sanders se aanvallers

Die polisie is op die spoor van die swart aanvallers wat verantwoordelik is vir die moord op die voormalige bokskampioen Corrie Sanders, het die polisie in die Noordwes gesê.

Brig. Thulane Ngubane, polisiewoordvoerder, het gesê ondersoeke is aan die gang om die verdagtes wat Saterdagaand by die Thatch Haven Country Lodge ingestorm het, vas te trek.

Die verdagtes het restaurantgangers beroof en skote afgevuur. Sanders, wat sy kleinneef se 21ste verjaardagvieringe by die restaurant bygewoon het, is in die maag en hand gewond toe hy sy dogter wou beskerm.

Hy is Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal in Pretoria oorlede.

Sanders het in 2008, met ‘n indrukwekkende rekord van 42 oorwinnings en slegs vier nederlae, uitgetree.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Intussen het die eienaar van die Thatch Haven Country Lodge gesê die aanvallers het vermoedelik toegang tot die restaurant verkry deur ‘n hek wat personeel gebruik.

данильченко юрій Харків

Corrie Sanders sterf agv 2 hospitale wat hom wegwys

Die voormalige wêreldkampioenbokser Corrie Sanders is Sondag oorlede nadat hy geskiet is deur drie gewapende swart mans, maar ook omdat twee hospitale geweier het om aan hom mediese behandeling te gee.

Volgens sy familie, kon sy lewe gered gewees het as hy gouer mediese behandeling ontvang het. Corrie Sanders is in die arm en maag geskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het deur sy liggaam as ‘n skild te gebruik tydens die skietery in ‘n ​​restaurant in Brits, noordwes van Johannesburg. Hy het die 21ste verjaardagviering van sy neef bygewoon.

Corrie Sanders is toelating tot ‘n privaathospitaal in die omgewing van die aanval geweier omdat hy nie mediese versekering het nie. Hy is daarna na die destydse HF Verwoerd Akademiese Hospitaal, ‘n staatsinstelling, geneem. Volgens sy vrou, Sunette Sanders het die staatshospitaal ook geweier om hom te behandel omdat hy geskiet is “buite die munisipale gebied van Pretoria”.

Suid-Afrika se staatsbeheerde mediese stelsel is verpolitiseer, onderhewig aan die regering se rasvoorkeurbeleid en rassekwotas vir mediese studente. Die destydse HF Verwoerd-hospitaal is hernoem na Steve Biko, ter ere van die Swart Bewussyn-leier en die hospitaal is nou onder swart beheer, in teenstelling met vroeër toe dit deur blankes bestuur is.

Corrie Sanders is uiteindelik toegelaat by die Kalafong-hospitaal in ‘n swart gebied waar hy gesterf het gisteroggend, blykbaar as gevolg daarvan dat hy dringende mediese behandeling geweier is.

Sy vriend en mede-bokser Kallie Knoetze, het gesê dit is “onmenslik dat mense wat dringende mediese behandeling nodig het weggewys word van privaathospitale sonder goeie rede”.

Corrie Sanders se familie het gesê dat die tragedie van sy dood ‘n “perfekte voorbeeld is van waarom die regering weer indringend moet kyk na die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel”.

topcargo