Iran se standpunt oor kernontwikkeling

Iran het weer aangebied om sy verryking van uraan tot 20 persent te verminder, ‘n kwessie wat die Verenigde State as sy hoogste prioriteit geïdentifiseer het tydens kerngesprekke. In ruil vra Iran dat sanksies teen die land verlig word, volgens Iran se permanente verteenwoordiger by die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) 

Ali Asghar Soltanieh, het in ‘n onderhoud met IPS gesê dat Iran die aanbod op die vergadering tussen die EU se buitelandse beleid hoof Catherine Ashton en Iran se voorste kernonderhandelaar Saeed Jalili in Istanbul op 19 September gemaak het.

Soltanieh het ook aan die lig gebring dat die IAEA-amptenare verlede maand toegewings oor dokumente wat verband hou met sekere eise oor kernwapenontwikkeling skielik teruggetrek het.

“Ons is bereid om verryking tot 20% op te skort, mits ons ‘n wederkerige stap [van die ander kant] sien,” het Soltanieh gesê, en bygevoeg, “Ons het dit gesê in Istanbul.”

Soltanieh is die eerste Iranse beampte op rekord wat sê Iran sal sy 20-persent verryking geheel en al beëindig.

“As ons dit doen,” het Soltanieh gesê, “moet daar nie sanksies wees nie.”

Iran se posisie in die twee rondes van onderhandelinge met die P5+1 – China, Frankryk, Duitsland, Rusland, Brittanje, die Verenigde State en Duitsland – soos vroeër vanjaar berig, is dat ‘n beduidende verslapping van sanksies deel van die ooreenkoms moet wees. Anders maak dit nie sin vir Iran om toegewings te maak nie.

Die Verenigde State en sy bondgenote in die P5+1 het so ‘n ooreenkoms in die twee rondes van onderhandelinge in Istanbul en in Bagdad in Mei en Junie uitgesluit, en eis dat Iran nie net sy verryking stop tot 20 persent nie, maar dat die land sy hele voorraad van verrykte uraan uit die land verskeep en die Fordow-verrykingsfasiliteit heeltemal sluit.

Selfs indien Iran instem om dié verreikende toegewings aan die P5+1 te maak sal daar geen verligting van sanksies wees nie.

Soltanieh het enige ooreenkoms wat die sluiting van Fordow behels, afgewys.

“Dit is onmoontlik as hulle verwag dat ons Fordow sluit,” het Soltanieh gesê.

Die Amerikaanse regverdiging vir die sluiting van Fordow is dat dit gebruik sal word vir die verryking van uraan tot die 20%-vlak, wat dit baie makliker vir Iran sal maak om kernwapengraadvlakke te bereik.

Maar Soltanieh het verwys na die omskakeling van die helfte van die voorraad vir die Teherannavorsingsreaktor, wat in die 30 Augustus se IAEA-verslag gedokumenteer is.

“Die belangrikste ding in die (IAEA) verslag,” het Soltanieh gesê, is dat “reeds ‘n groot persentasie van die 20% verrykte uraan omgeskakel is na poeier vir die Teherannavorsingsreaktor.”

Dit beteken is wese dat die uraan nie beskikbaar is vir die omskakeling na ‘n vorm wat na kernwapengraadvlak verryk kan word nie.

Iran het begin om uraan tot 20 persent in 2010 te verryk nadat die Verenigde State feitlik ‘n ononderhandelbare aanbod in 2009 gemaak het om brandstofplate te voorsien vir die Teherannavorsingsreaktor in ruil dat Iran 75% van sy lae-verrykte uraan buite die land berg en twee jaar vir die brandstof-plate wag.

Die P5+1 se eis vir die sluiting van die Fordow-verrykingsaanleg is blykbaar ook gebaseer op die veronderstelling die fasiliteit uitsluitlik gebou is vir 20-persent-verryking. Maar Iran het amptelik die IAEA in kennis gestel dat dit vir beide verryking tot 20 persent en verryking tot 3,5 persent gebruik kan word.

Soltanieh het aan die lig gebring dat twee senior IAEA-amptenare ‘n belangrike Iranse toegewing in die mees onlangse onderhandelingsessie aanvaar het verlede maand dat ‘n “gestruktureerde ooreenkoms” oor “moontlike militêre dimensies” van sy kernprogram voorgelê word, maar die toegewing is teruggetrek aan die einde van die vergadering.

Die voormalige IAEA se direkteur-generaal Mohamed ElBaradei het in sy 2011-memoires onthul dat die Verenigde State Iran onophoudelik “op ‘n vae manier daarvan beskuldig [dat hulle kernwapens wil vervaardig] sonder dat Iran weet die spesifieke aanklag teen hulle is”.

“As die IAEA sy sin kry,” het Soltanieh gesê: “Sal dit nog 10 of 20 jaar duur.” Die IAEA weier om enige opgeloste kwessies en vrae oor Iran se kernprogram af te sluit en behou hulself die reg voor “om alle kwessies weer van voor af te ondersoek”.

Iran kla dat inligting wat versamel is deur die IAEA se inspekteurs, met inbegrip van data oor die personeel in Iran, beskikbaar gestel word aan die Amerikaanse, Israelse en Europese intelligensie-agentskappe.

 

лобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae