citizen.co.za
volksblad.com
litnet.co.za
dailymaverick.co.za
Tans het ons ongeveer 50 000 unieke gebruikers wat so 400 000 bladsye per maand aflaai. Ons Duitse bediener loop nou teen so 10% van sy kapasiteit, dus is daar nog heelwat ruimte vir groei!
Ons onmiddellike doelwit is om by die 500 000 bladsyonttrekkings uit te kom en dit te handhaaf, veral in die laaste paar maande van die jaar as internetverkeer begin afneem in ons land soos die vakansietyd naderkruip. Dan kom die groot uitdaging om die miljoenbladsykerf per maand te bereik. Blykbaar is dit die afsnypunt om in SA as ‘n ernstige webwerf gereken te word.
Gaan besoek gerus ons twee webwerwe praag.org (Engels) en praag.co.za (Afrikaans), want daar is altyd iets interesssants te lese wat nêrens anders verskyn nie. Beveel dit ook by vriende, familie en kennisse aan. Moet ook nie skaam wees om af en toe een van ons adverteerders te ondersteun as dit jul belangstelling prikkel nie. Elke bietjie belangstelling help ons!
Dit het ons twaalf jaar geneem om tot hier te kom en elke dag is dit ‘n nuwe uitdaging om iets te vind waarin lesers belangstel. Ons ding mee met Naspers wat meer as 100 miljard rand werd is en 5 miljard rand aan wins elke jaar maak, ‘n muggie wat teen ‘n olifant baklei.
Die Engelse stuk oor Woolworths, is egter meer as 10 000 keer op praag.org gelees – veel meer as enige rubriek op Beeld, Die Burger of Rapport se webwerwe en vergelykbaar met van die mees gelese artikels op News24. Daarbenewens het duisende mense dit vir mekaar per e-pos rondgestuur, sodat dit eintlik meer blootstelling gekry het as wat dit in ‘n Naspers-koerant sou gekry het.
Die potensiaal van die internet is enorm, maar dit verg baie harde werk en ‘n mens moet konstant nuwe idees en invalshoeke vind. Dankie aan ons lesers wat dit elke dag die moeite werd maak!
