Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, sal nie Dinsdag in die hof verskyn nie, het sy prokureur Maandag gesê.
“Ons het nog nie bevestiging van aanklagtes ontvang nie… Ek kan bevestig dat mnr Malema nie môre [Dinsdag] in die hof sal verskyn nie,” het Nicqui Galaktiou aan Sapa gesê.
Sy het gesê ‘n mediaverklaring sal Dinsdagoggend uitgereik word.
City Press het Sondag berig dat Malema Woensdag op aanklagte van bedrog en geldwassery in die Polokwane-streekshof sal verskyn.
Die Sunday Times het berig dat hy saam met vyf individue en vier maatskappye in die getuiebank gaan verskyn.
‘n Lasbrief is Vrydag vir Malema uitgereik.
