Die internasionale meubelwinkel IKEA het ‘n foto verwyder van sy Russiese webwerf van mense wat kleurvolle ski-maskers soos dié van die punkgroep Pussy Riot dra. Drie lede van die groep is tronk toe gestuur nadat die organisasie ‘n ortodokse kerk ontheilig het.Die foto, wat vier mense in die maskers toon wat sit op IKEA-meubels, is verwyder met ‘n kennisgewing op die webtuiste wat bevestig dat die beeld verwyder is. “IKEA is ‘n kommersiële organisasie wat sake doen buite die politiek en godsdiens.”
“Ons kan nie toelaat dat ons advertensieprojek gebruik word as ‘n platform vir ‘n veldtog van enige aard nie,” het hulle bygevoeg.
Pussy Riot het dieselfde helderkleurige klapmusmaskers gedra tydens die “protes”.
Die Russiese Ortodokse Kerk en Rusland het kritiek uit die buiteland as ‘n “botsing van beskawings” beskryf. President Wladimir Poetin het gesê die staat is verplig om die gevoelens van gelowiges te beskerm.
IKEA het sowat 2,5 miljard euro sedert 2000 in Rusland belê, ook in die bou van winkels wat ankerwinkelsentrums op die buitewyke van die groot stede is. Vir die rekordwinste van die fiskale 2010/11-jaar, het die maatskappy gesê dat van sy grootste verkope in Rusland was.
IKEA het in 2009 gedreig om verdere uitbreiding in die land stop te sit, met verwysing na korrupsie en rompslomp, maar verlede November gesê hulle wil ten minste die drie-winkelvoetspoor in Moskou verdubbel en hulle 14 megawinkelsentrums opknap.
