Stakings lê SA-ekonomie lam

Ekonome sê die land kan nie nog ‘n staking bekostig nie nadat minstens sestigduisend werkers in die vervoerbedryf gister begin staak het. ‘n Hoofekonoom van Investment Solutions, Chris Hart, sê die jongste arbeidsoptrede sal ‘n groot invloed hê op die belangrikste sektore, insluitende landbou, mynwese en die vervaardigingsektor, berig RSG.

Ekonome het vroeër ook gewaarsku dat die staking in die padvragbedryf tot grootskaalse brandstoftekorte kan lei. Die SATAWU-staking sal KwaZulu-Natal na verwagting die swaarste tref. Vakbondlede eis ‘n verhoging van tien persent, terwyl die werkgewers sewe persent aanbied. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragversenders in die provinsie sê hulle sal die situasie fyn dophou.

Samesprekings word intussen vanoggend gehou in ‘n poging om die twee weke lange staking van Anglo Platinum mynwerkers in Rustenburg in Noordwes te beëindig. Die werkers eis ‘n maandelikse salaris van R16 000.

Die mynbestuur, verteenwoordigers van die werkers en die Departement van Arbeid sal die samesprekings bywoon. Die werkers het intussen nie gehoor gegee aan ‘n oproep van die mynbestuur om na die werk terug te keer nie.

Bestuur dreig nou met regsoptrede. Gisteraand het slegs enkele werkers opgedaag. Die meerderheid het onderneem om met die staking vol te hou terwyl ander sê hulle voel nie veilig nie weens intimidasie.

Lonmin het aangedui dat slegs 2% van die werkers teruggekeer het na hul werk.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae