‘n Swart vrou van Limpopo is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat sy haar kind in Mankweng, Zone F, gelos het, het die polisie gesê.
Konst. Moses Molepo het gesê polisiebeamptes wat die gebied patrolleer het, het die kind omstreeks 22:00 Saterdagaand langs die pad gevind.
Die beamptes het toe probeer om die kind se ma op te spoor.
Die 28-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang het. Sy het toe erken dat sy die babaseun langs die pad gelos het.
Molepo het gesê die kind sal na ‘n plek van veiligheid geneem word.
Die vrou sal Dinsdag op aanklag van kinderverwaarlosing in die hof verskyn.
