DA gaan oorboord vir Erfenisdag

Die NY1 pad in Gugulethu, Kaapstad, is amptelik herdoop na Stephen Biko-rylaan Maandag. Dit is die DA se jongste siniese poging om swart kiesers te trek.

Die naamsverandering is in lyn met Biko se filosofie, het die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, gesê in ‘n toespraak wat voorberei is vir Erfenisdag,

Dit was omdat dit name uit die verlede vervang, wat verband hou met minderwaardigheid, name wat verband hou met magsmisbruik.

Die ou pad se naam “NY” verwys na “native yard”. ” Wat uniek in Suid-Afrika en die Swart Bewussyn-beweging is, is die mobilisering rondom die handhawing van eienaarskap van die geskiedenis … vir vryheid,” het De Lille gesê.

Dit behels die afbreek van die “geestelike gevangenis” wat deur semantiese middele gebou is om die gedagtes van swart Suid-Afrikaners te bevry.

“Soos baie groot profete wat moeilike waarhede oordra, is Steve Biko vermoor vir sy idees … [en] die krag van sy revolusie.”

Die naamsverandering van die pad in sy eer was ‘n gepaste huldeblyk, omdat dit mag sal gee aan toekomstige geslagte deur weg te doen met die terme wat verband hou met historiese onreg.

“… Dit is die verandering van ‘n versoeningprogram wat probeer om ‘n beter toekoms te skep uit ‘n verdeelde verlede.

“Dit is deur die bou, steen vir steen, van die Kaapstad van môre wat waarlik aan almal behoort,” het De Lille gesê.

[Nota: Praag het dié sinnelose retoriek net so vertaal. Die foute is die eiendom van die burgemeester.]

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae