Ons Bolsjewistiese media

Soos genoem op Praag en ander media, is die hoofstroommedia besig om ’n mediaspektakel te skep oor die dood van Eugene Terre’Blanche. Diverse subtiele taktieke word gebruik om die indruk te skep dat Terre’Blanche se dood nie uit ’n Malema-geïnspireerde moordlus plaasgevind het nie, maar dat die onophoudelike geweeklaag van verdrukte swart plaasarbeiders en uitbuiting die belangrikste oorsaak was van hierdie brute moord. IOL se artikels oor Terre’Blanche stel diverse kere hoedat “swartes bekommerd is” oor wit agressie, dat Terre’Blanche in staat was tot afwykende seksuele dade twee weke na ’n hartoperasie, dat hy ’n slawedrywer was wat mense graag met swepe geslaan het, en dat e-tv volgende week ’n 1915 dokumantêre gaan wys oor die ontstaan van die KKK. 

Die artikel oor laasgenoemde stel dat die dokumentêr omstrede is omdat dit die “swartes as skurke voorstel.” Hoewel ek oor die algemeen nie veel tyd het vir mense met allerlei proto-fascistiese ophitserypraktyke nie (wit of swart), is die hoofstroommedia presies besig om hulself hieraan skuldig te maak.  Ek wonder of e-tv ook ’n dokumentêr sou wys oor Joe Slovo waarin hy oproep dat boere, tesame met hul vroue en kinders, vermoor moet word en dat hy swart polisiemanne geroep het om hul wapens teen blankes te keer en nie swart misdadigers moet bereg nie. Malema roep skaamteloos op om boere te skiet, maar enige vorm van simpatie vir sy slagoffers word deur sulke bogenoemde taktieke ontkrag.

Selfs met die bekende insident waar AWB’er André Visagie die tv-onderhoud kort beëindig het, was die omroeper besig om die vrae te stuur in die rigting van miljoene arm swartes en die onreg van wittes wat hulself wil beskerm hierteen. Hiermee bevestig die omroeper implisiet die afhanklikheid van swartes aan die arbeid van wittes. Dit word ook openlik beweer dat die moordenaars van boere die plaaswerkers self is.

Blykbaar het almal skoon vergeet wat dr.Philip du Toit geskryf het in Die Groot Suid-Afrikaanse Grondskandaal, dat 92% van alle swart plaasarbeiders meen dat hulle ’n gunstige verhouding met hul wit boere het, en dat 88% van swart plaasarbeiders nie die moordenaars van die boere ken nie. Die feit dat die hoofstroom propagandabuis hierdie ondersoekte feite ontken en alles in ’n Marxsties-Leninistiese paradigma wil plaas, mag ’n indruk gee aan wie se kant hulle is. Die media skets al lankal nie meer ’n beeld oor “wat is” nie, maar oor “wat moet wees”. 
 
Wat kan ons verder verwag die komende tyd?
·    Die web van karaktermoord op plaasmoordslagoffers sal stywer gewikkel word. Die idee van armoede gaan verder uitgebuit word om wraakaksies op boere te regverdig, en diverse “onafhanklike deskundiges” gaan meehelp om  hierdie beeld ’n realiteit te maak.
·    Die media gaan minder begrip vir die slagoffers toon en hul liewer voorstel as bloeddorstige uitbuiters en kapitaliste. Daar gaan verhale versprei word oor vermoorde boere wat na die dood van Terre’Blanche genadeloser opgetree het teen hul swart werkers en daarom vermoor was.  
·    Net soos Stalin na bewere agter die moord op sy “dissidente” partygenoot Sergei Kirof gesit het om sy terreurgolf te regverdig, kan ons iets soortgelyks verwag in Suid-Afrika. Sowel Kirof as die puber Pawlik Morozof was vermoedelik deur die party self gedood om martelaars van hulle te maak, en sodoende die party se belange bo te stel. Hierdie moord, veral die een op Kirof, was ’n taktiek gewees om onsuiwer elemente uit die party te verwyder en die onsuiweres self te beskuldig.  Blykbaar het die ANC ook ’n aandeel gehad in die moord op Chris Hani om ’n rewolusie te ontketen. Die klimaat is oorryp dat die ANC – dalk binne enkele weke – ook ’n interne suiwering gaan hou en ’n prominente lid gaan doodmaak ten einde die skuld by die wittes te lê en sodoende ’n nuwe golf van haat teen blankes te regverdig.  
·    Hierdie polarisasie gaan veroorsaak dat – soos Dan Roodt dit gestel het –  die middelgrond verdwyn. Die wittes het geen keuse nie as om hulself te skaar agter regse en verregse militante. Hierdie verregsing gaan help om die internasionale vyandbeeld van die Afrikaner te versterk en die res van die wêreld weereens te bewys dat Afrikaners nou eenmaal agressiewe, bloeddorsitige, rassistiese militante is. Oorlewing kom egter eerste.

Uiteindelik is die mens se enigste handelsmiddel sy geloofwaardigheid. As jy iemand se geloofwaardigheid kan aantas het jy die helfte van die werk al gedoen. Terre’Blanche word gereeld in die oorseese pers as “white supremacist” afgemaak, met slegs so hier en daar reaksies wat wys dat hy eintlik ’n seperatis was. In feite kan Terre’Blanche oor dieselfde kam geskeer word as die Koerde, Baske, Palestyne en derglike staatlose volke, maar ’n Afrikaner met sulke ambisies pas nie in die linkse wêreldbeeld wat mense van Afrikaners het nie. Gelukkig het die ANC ook ’n groot breuk in sy geloofwaardigheid veroorsaak eerstens vanweë hul korrupsie en tweedens deurdat Malema ’n BBC-joernalis die deur gewys het. Malema het kennelik geen idee hoevaal skade ’n joernalis kan aanrig nie. Ons daarenteen het hierdie skade al sedert die Boereoorlog ondervind, indien nie vroeër nie.

Vandaar hierdie oproep: Alle besorgde burgers in Suid-Afrika word versoek om enige gebeurtenis so krities en deeglik moontlik op te skryf oor vreemde gebeurtenisse. In hierdie geval sou die Ventersdorpers so veel moontlik moet vertel wat presies alles op die dorp afspeel. Hierdie gedagtes moet op internet versprei word en emosionele taal moet liewer vermy word. Daar moet so stellig moontlik op feite gefokus word met eventuele bewyse en logiese argumente. Om in Engels te skryf is uiteraard ’n goeie idee om die wêreld ’n beter beeld te gee van wat gebeur. Hierdie aksie is nie net om die internasionale perse se aandag te vestig op die werklike dag-tot-dag gebeurtenisse nie, maar dien ook as geskiedkundige bron vir die nageslag om nie te maklik te glo in die hoofstroommedia nie.

Slegs deur ’n frontale mediakonfrontasie te loods kan ons die hoofstroommedia ontbloot vir wat hulle werklik is, naamlik fasiliteerders in ’n Bolsjewistiese moordmasjien. Daar is baie onbesproke leed in Oos-Europa wat die gevolg is van die terreur van wrede diktature, wat ook as gevolg is van verdraaide mediaspektakels. Soos die priester Patrick Desbois geskryf het in sy boek The Holocaust by Bullets was hy die eeste westerling wat sedert die moordveldtog op anderhalf miljoen Jode aan die plaaslike inwoners uitgevra het oor wat presies gebeur het, en die ouer geslag het heel openhartig vertel waar die Jode selfs tereggestel was en die grafte was. Niemand het voorheen die moeite gedoen om ondersoek in te stel of vrae te stel nie. As dit nie daarvoor was nie, sou dit seker nooit bekend geword het aan die weste nie. 

Om ons sy van die realiteit te vertel skuld ons nie net vir onsself en ons naaste nie, maar ook vir ons nageslag eendag. 

пародонтолог москва отзывыФільчаков прокурор

Mediagroepe wil toegang met regsgeding verkry

Verskeie media-groepe het regsprosesse begin vir toegang tot die verhoor van die twee jeugdiges wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche, het Media 24 Maandag gesê.
“Media 24 het inderdaad regsgedinge begin om toegang te verkry tot die hofverhoor,” het woordvoerder Lutfia Vayej gesê. 
  
“In hierdie verband het ons Dario Milo van Webber Wentzel [Prokureurs] in Johannesburg genader. Hulle is ook namens ‘n aantal partye, waaronder die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Forum en eTV genader wat vir soortgelyke toegang aansoek gedoen het.” 
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die media het toegang tot die Ventersdorp-landdroshof. 
  
“In die finale instansie is dit die taak van die howe om te besluit,” het woordvoerder Mthunzi Mhaga gesê. Hy het gesê as die NVG enige versoeke ontvang, sal hulle na ‘n hof verwys word.

‘n Amptenaar het verduidelik dat die prosedure vir so ‘n versoek ingewikkeld is. “Hoe lank iets soos hierdie kan neem sal afhang van die voorsittende beampte in Ventersdorp. Die hof kan òf streng voorwaardes oplê aan die verslaggewing, òf weier om die media toe te laat.

Business Day se redakteur Peter Bruce het Maandag in sy rubriek voorgestel dat die proses oopgestel moet word aan die media op dieselfde wyse as president Jacob Zuma se verkragtingsverhoor. 

By die eerste hofverskyning van die twee beskuldigdes verlede  Dinsdag het Menzi Simelane, NVG-hoof, gesê dat die hele verhoor gehou sal word in kamera.

Hy het verduidelik dat omdat ‘n minderjarige betrokke is, die media geen toegang kan verkry nie.

куплю справку 086утопкарго

75 000 tasse van sokkertoeriste kan gesteel word

Oor minder as ‘n maand kom die eerste van 450 000 toeriste op Suid-Afrikaanse lughawens na ‘n lang reis aan en soveel as 75 000 kan vind hulle bagasie het reeds verdwyn voordat dit die carrousel bereik. 
 
Dit is volgens syfers wat onlangs aan die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings deur SAL en Transnet asook plaaslike lugdiens SA Express voorgelê is. Siza Mzimela, voorheen van SA Express wat by Chris Smyth van SAL oorgeneem het op 1 April, het aan die komitee verduidelik dat hulle sukkel om  bagasiediefstal onder beheer te bring. 

Smyth het aan parlementslede gesê die lugredery het te make diefstal van twee uit elke 1 000 sakke wat hanteer word. Hy het toegegee dit was “nogal baie hoër as internasionale gemiddeldes.” 

Die aantal is afgebring tot onder 1,5 per 1 000 sakke verlede jaar, maar hy het gesê dat dit hierdie weer jaar gestyg het. Smyth sê soveel as 25% van die bagasiepersoneel is oneerlik, 25% eerlik en die res is geredelik tot misdaad oorreedbaar.

Mzimela sê SA Express se bagasiehanteerders word elke ses maande vervang, want hulle wend hulle tot misdaad na ‘n kort tydperk in die pos. “Na vier, vyf maande, is hulle reeds deel van die probleem.”
 
WorldMate beveel aan dat reisigers basiese dinge saamneem op die vliegtuig. Goeie keuses sluit ‘n tandeborsel, deodorant, en ‘n vars stel klere in, ‘n paar van die dinge wat jy onmiddellik nodig sal kry as jou bagasie gesteel word of wegraak. 

Ongelukkig maak die Verenigde State se Land Security dit moeiliker vir mense om toiletware op die vliegtuig te neem; items soos tandepasta en bevogtiger kan dalk meer van ‘n probleem wees. En as jou juwele kosbare erfstukke is, los dit tuis.

Moet nooit enigiets wat jy van waarde beskou, inboek by jou bagasie as jy dit kan help nie, sê kenners.
 
Met doeanebeamptes en versekeringspersoneel stry ‘n mens nie. Onthou dit!

no red ikОлександр Фільчаков прокурор

Wat alle wit Suid-Afrikaners moet hoor

Waarom gebruik ons boere nog swart arbeid? Het hulle oë nog steeds nie oopgegaan vir die werklikhede wat met swart arbeid gepaard gaan nie? Is Afrikaner boere werklikwaar so verknog aan swart arbeid dat hulle bereid is om te verdra wat geen waardige man sal aanvaar nie – om sy vrou en kinders op risiko te stel net sodat hy sy swart arbeid kan hê?   

Geen argument ten gunste van swart arbeid kan staande bly ten koste van die veiligheid van jou gesin nie. Elke boer word voor die keuse gestel om te kies wat vir hom meer kosbaar is: Swart arbeid of sy gesin. Na meer as 3000 moorde oor die verloop van net meer as ‘n dekade waartydens talle vrouens onteer en kinders getraumatiseer is, blyk dit duidelik dat jy nie jou swart arbeid kan behou sonder om jou gesin op risiko te plaas nie.

Dit is die een òf die ander. Moet jouself nie bedrieg nie. Vir duisende is dit reeds te laat. Man tot man sê ek hier vir elke boer selfs deur net jou vrou en kinders aan hierdie risiko’s bloot te stel versuim jy you Goddelike plig.

Al is jy as boer dan nie mans genoeg om jou eie arbeid te doen nie en hunker jy na jou swart arbeid, dan verdien jou vrou en kinders steeds ‘n beter lewe as om onder ‘n dreigende aanval te moet leef. ‘n Waardige man koester sy geliefdes veel meer as om sy gesin aan hierdie gevare bloot te stel vir watter rede ookal.
 
Die tyd is verby dat boere wat slagoffers van plaasaanvalle is met simpatie bejeën word. Daar is geen rede meer vir verwarring rondom die feite nie. Die heel eerste Goddelike verpligting teenour jou naaste waarvoor die Here jou as man verantwoordelik hou, is die veiligheid van jou gesin.

Met die feite nou alombekend is elke aanval op ‘n boeregesin deur swart arbeiders van nou af die nalatigheid van die boer self wat as man sy plig versuim het om die veiligheid van sy gesin bo sy verknogtheid aan swart arbeid te plaas.

Dit is jou verantwoordelikheid om jou gesin ware veiligheid te bied. Die oplossing is vanselfsprekend en dit is totaal binne elke boer se eie mag. Die uitvoering daarvan verg wel durf en moed. Maar geen man wat die naam m-a-n werd is deins terug daarvoor om te doen wat nodig is sodat sy gesin veilig kan wees nie.

Vervolgens wanneer ek van ‘n plaasanval deur arbeiders lees dan sal ek weet, mnr. Boer, jy het jou plig teenoor jou gesin versuim deur op jou plaas swart arbeid bo jou geliefdes se veiligheid te gekies het.

Ja, ek sal weet dat jou liefde vir jou gesin vlakker gelê het as jou verknogtheid aan swart arbeid. En ek sal by myself dink oor die ongeluk wat ons boerevrouens en kinders getref het om mans vir eggenote en vaders te hê wat hulle gesin aan hierdie gevare blootstel terwyl waardige mans van regoor die wêreld hulle gesinne beter beskerm.

кровь из десенОлександр Васильович Фільчаков

Chancellor House gaan nie belang verkoop

Die ANC se omstrede beleggingsvleuel, Chancellor House Holdings, CHH, gaan nié sy belang in Hitachi Power Africa verkoop nie, het sy besturende direkteur Dinsdag aan Sake24 gesê.

Mnr. Mamatho Netsianda, uitvoerende hoof van CHH, het gister per SMS aan Sake24 gesê: “Asseblief moet my nie bel nie. Die amptelike posisie is: CHH verkoop nie sy belang in Hitachi Power Africa nie.

Die ANC se tesourier-generaal, mnr. Mathews Phosa, het volgens berigte die naweek gesê die ANC sal van die belang in Hitachi ontslae raak.

Hitachi Power Africa is die maatskappy wat ‘n multimiljardrand kontrak gekry het om Eskom se nuwe Medupi-kragstasie op te rig. CHH het ‘n 25%-belang in Hitachi Africa, wat kontrakte het om stoomketels vir die land se nuwe kragstasies te bou.

sponsored appsАлександр Фильчаков Васильевич

Tientalle diere dié naweek vergiftig

’n Gesin van Randfontein is erg geskok nadat hul drie honde oor die naweek vergiftig is, berig Beeld.

Die buurvrou het gesien hoedat drie swart jeugdiges die honde met gif wat in brood versteek is, voer.

Naby Parys op die plaas Tweespruit is 13 honde en ’n kat vergiftig. Daar was soveel gif in die vleis dat van die honde se bekke begin bloei het.

система брекетовФильчаков Александр Васильевич

‘Valse inligting word oor Terre’Blanche-moord versprei’ – AWB

Die AWB wil hê dat die minister van polisie, Nathi Mthethwa, die staat se inligtingsdienste aansê om hul veldtog met “valse inligting” oor die moord op hul leier, Eugene Terre’Blanche, te staak.

Die AWB-woordvoerder André Visagie het gesê dat die organisasie die kwessie met Mthethwa wil opneem weens berigte dat Terre’Blanche in ‘n homoseksuele verhouding met sy aanvallers betrokke was alvorens hy verlede Saterdag op sy plaas vermoor is.

“Ons wil met die minister hieroor praat,” het Visagie gesê. “Ons wil hom hy moet die inligtingsdienste hiervan weerhou… want hulle begin ‘n oorlog. Ons mense raak kwater en kwater.”

Visagie het gesê dat berigte dat Terre’Blanche hom aan sodomie skuldig gemaak het was “belaglik” en ‘n poging om die duisende nuwe lede wat by die AWB aangesluit het te ontmoedig.

“Hulle probeer om ‘n slegte persepsie oor mnr. Terre’Blanche te skep, maar al wat hulle regkry is om mense kwater en kwater te maak,” het hy gesê.

“Eers was daar nuusberigte dat hierdie ‘n rassistiese moord was en toe was daar berigte dat dit ‘n loondispuut was en nou weer al dié aantygings van sodomie. Ons wil nou weet wat hier aangaan,” het Visagie gesê.

Mtethwa se woordvoerder Zweli Mnisi het gesê ‘n datum vir die vergadering met die AWB moet nog gevind word, maar dit sal moontlik in die komende weke gehou word.

 

‘Seksmisdaad’

Die Valke het bevestig dat hulle besig is om te ondersoek of Terre’Blanche se dood ‘n seksmisdaad is, maar die woordvoerder Musa Zondi het gesê ander moontlikhede, waaronder ‘n dispuut oor betaling, word ook ondersoek.

Volgens Zondi is klere wat deur die twee verdagtes, die 28-jarige Chris Mahlangu en ‘n vyftienjarige seun, wat nie by die naam genoem mag word nie, op die dag van die moord vir forensiese toetse weggestuur.

Zondi het ‘n berig ontken dat ‘n gebruikte kondoom gevind is in die vertrek waar Terre’Blanche se liggaam gekry is.

Die polisiewoordvoerder vir Noordwes Adele Myburgh, wat die eerste was wat die kondoombeweringe as onsin afgemaak het, is van die Terre’Blanche-saak onthef. Myburgh het ‘n baie sterk ontkenning oor die bewerings uitgereik.

раскрутка сайтаФильчаков

Op verskillende golflengtes

Gister is Suid-Afrikaanse soldate afgesien wat ontplooi word. ‘n Duisend soldate word in die Soedan ontplooi, en sowat 500 aan die grense met Mosambiek en Zimbabwe.

Intussen nader die dag waarop Vrystaat Landbou en die staat mekaar in die hof ontmoet nadat dié landbou-organisasie die regering gedagvaar het oor beweerde pligsversuim om sy burgers te beskerm. ‘n Belangrike faktor is dat boere aan die Lesothogrens beweer die huidige beskerming is onvoldoende. Strooptogte op vee en weiding, en selfs plaasmoorde, is te algemeen.

Dat vredesmagte in Soedan nodig is, is ongetwyfeld so. Of Suid-Afrika kan bekostig om soveel soldate in ander lande te ontplooi, terwyl sy eie burgers se beskerming duidelik onvoldoende is, is ‘n heel ander vraag.

Die weermag sou volgens vroeë aanduidings die grensbeveiliging by die SA Polisie oorneem, nadat die weermag dit vroeër gedoen, en toe deur die polisie oorgeneem is maar nie die mas opgekom het nie.

Hoe nader 1 April gekom het, hoe moeiliker het dit geword om vas te stel of die polisie aan grense sal aanbly waar die weermag nie nou ontplooi word nie. Navrae is doodeenvoudig nie beantwoord nie.

Nou, ruim na 1 April, word aanduidings gegee dat die polisie aanbly tot hulle vervang word.

Boonop is dit ‘n ope vraag of die aantal soldate wat uiteindelik wel ontplooi gaan word, voldoende is. Hulle gaan minder wees as die polisie wat nie voldoende beveiliging kon verskaf nie.

Om soldate in vredesoperasies te ontplooi is nie noodwendig ‘n onbekostigbare luukse nie. Suid-Afrika word deur onwettige immigrante oorstroom, waarvan minstens ‘n deel vlugtelinge is. Om toestande in die lande van herkoms te stabiliseer, sal in beginsel die behoefte om te vlug verminder.

Word ‘n rand – vir rand – ontleding egter gedoen, lyk dit na meer lonend om die plaaslike grense behoorlik te beveilig, onder meer omdat die meeste onwettige immigrante nie vlugtelinge is nie, maar bloot ekonomiese migrante, wat beteken Suid-Afrikaners se reeds boomskraap werksgeleenthede word verminder, en hulpbronne moet aangewend word om dienste aan mense te voorsien wat nie hier hoort nie.

Om egter die plaaslike bevolking aan misdaad, soos moord, bloot te stel, is nie verdedigbaar nie, veral as die ontplooiing van vredesoldate ‘n prestige-aksie is.

Om soldate in die Soedan te ontplooi is ook deurspek met morele vrae. Soedan se president is gedagvaar om voor die internasionale geregshof op aanklagte van volksmoord tereg te staan.

Die vredesoldate moet die huidige verkiesing stabiliseer, nadat die vernaamste opposisiekandidate hulle van die presidentsverkiesing onttrek het, skynbaar omdat geglo word alles is nie pluis nie.

In die proses, so lyk dit, is die verkiesing nou eerder ‘n bemarkingsaksie om aan pres. Al Bashir ‘n kleed van legitimiteit te voorsien, terwyl hy eintlik krimineel vervolg moes word. 

Soedan is ‘n klomplekse, uiters heterogene land wat tradisioneel deur ‘n Arabies-Moslem-noorde oorheers word. Selfs ander Moslems, soos dié in Darfoer, word nie ontsien nie. Die swart suide is onderling hoogs gepolariseer en onderlinge slagtings kom periodiek voor. Dit is probleme wat staatkundig opgelos moet word, nie deur permanent soldate te ontplooi nie.

Die werklike vraag is of Suid-Afrika die luukse kan bekostig om daar ver betrokke te wees, sodat burgers tuis die staat hof toe moet sleep om hulle behoorlik te beskerm.

Die hoeveelheid kere wat die staat nou oor ander sake hof toe gesleep word, dui daarop die regering ‘n baie gebrekkige begrip het oor hoe om heterogeniteit te hanteer, en geen benul het van hoe om polarisasie te voorkom nie.

аппарат для бесконтактной мойкилобановский супермаркет класс

Stop die verkoop van militêre vliegtuie aan SA

Vier voorste Christelike persoonlikhede vra dat die verkoop van militêre vliegtuie, die JAS 39 Gripen uit Swede, aan Suid-Afrika gestaak moet word, berig die Sweedse dagblad Dagens Nyheter.

KG Hammar, voormalige Sweedse aartsbiskop, Karin Wiborn, voorsitter van die Sweedse Christenraad, Desmond Tutu en Thabo Makgoba, twee Suid-Afrikaanse aartsbiskoppe, het die versoek onderteken. Hulle beweer dat die transaksie ‘n golf van korrupsie, wat dreig om die oorgang van apartheid na demokrasie in Suid-Afrika te belemmer, geskep het.

Die skrywers sê dat die koste van Suid-Afrika se handel met verskeie Europese lande om militêre toerusting aan te koop, SEK 42 miljard (ongeveer 4,2 miljard euro) beloop. Die helfte van die bedrag is bestee aan JAS 39 Gripens. Hulle skryf dat dit moeilik is om aanvaarding in die Suid-Afrikaanse samelewing te bewerkstellig vanweë die feit dat hulpbronne toegewys word aan militêre beleggings in plaas van die stryd teen die “nalatenskap van die apartheid-era”.

Die transaksie was veronderstel om 65 000 werksgeleenthede te skep na wat belowe is, maar dit is volgens die skywers, hoegenaamd nie die geval nie. 

“Ons sal nie vergeet van die belangrike rol wat Swede gespeel het in die stryd teen apartheid nie. Dit is dan ook ‘n skande dat die militêre establishment hierdie welwillendheid misbruik het om militêre vliegtuie te verkoop.”

Die vier skrywers eis dat die Suid-Afrikaanse en Sweedse regerings die aantygings oor korrupsie ondersoek en stel voor dat die hele ooreenkoms opgeskort word totdat die ondersoek voltooi is.

чистка эйр флоуДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Eugene se broek nadoods afgetrek

Eugene Terre’Blanche se broek is wel nadoods afgetrek, wat die homoseksuele smeerstorie wat sedert Saterdag deur koerante versprei word, weerlê. Volgens ‘n polisieman wat die bewysstukke in die saak vervoer het, kan hy “onomwonde sê dat daar geen kondoom in daardie huis gevind is nie”.

Foto’s van die lyk toon dat daar slegs bloed op sy broek en hemp was, maar nie op sy skaamdele nie, wat bewys dat sy broek eers ná sy dood afgetrek is.

Intussen borduur die gedrukte media lustig voort op die homoseksuele tema.

гидроаккумулятор 24 л ценаФильчаков Александр Васильевич