Kaapstad in duisternis na kragprobleme

Dele van Kaapstad se suidelike voorstede is Maandag in donkerte gehul, het die stad Kaapstad gesê.

Kylie Hatton, woordvoerder van die stad, het gesê ‘n fout by ‘n elektrisiteit-skakelstasie is die oorsaak van die kragonderbreking.

Gebiede wat geraak word, is Heideveld, Bonteheuwel, Epping, Thornton, Langa, Belgravia, Crawford, Rondebosch-Oos, die Vanguard-rylaan-gebied in die rigting Nuweland, Mowbray, Observatory, die buitewyke van Woodstock, Paardeneiland en Maitland.

Hatton het gesê tegnici werk aan die probleem, maar dit is nie bekend wanneer die elektrisiteitstoevoer in die gebiede herstel sal word nie.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Afrikaners skitter met gholf

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler, JB Kruger, het met 21 plekke tot 160ste op die jongste wêreldgholfranglys geklim.

Dit volg nadat hy agtste was in die CIMB Classictoernooi, ‘n PGA-toernooi in Kuala Loempoer in Maleisië die naweek. Kruger is nou bo die kampioen van die 2008 Meesterstoernooi, Trevor Immelman, wat 166 ste is.

Louis Oosthuizen is nog steeds die voorste Suid-Afrikaner op nommer elf, terwyl die Opekampioen, Ernie Els, 24 ste is en Charl Schwartzel op nommer 32.

Александр Фильчаков прокурор

Swart boere se trekkers staan

Die Direkteur van die Departement van Landbou en Visserye se Infrastruktuur-ondersteuning, At van Coller, het bevestig dat 70 trekkers wat vroeër vanjaar aangekoop is, nog steeds stof vergaar in Limpopo.

Hy sê die trekkers en ploegimplimente van meer as 37 miljoen rand is deel van die regering se landelike ontwikkelingsprogram.

Die trekkers wat veronderstel is om onder plaaslike munisipaliteite versprei te word, staan nog steeds by die distriksmunisipaliteite.

Van Coller sê die vertraging om die trekkers aan gewone landelike boere te versprei hou verband met die padwaardigheidsregistrasie van die trekkers.

лобановский александр компромат

SA sal Brics-bank gasheer wees

Suid-Afrika het ingestem om as gasheerland op te tree vir ‘n beplande ontwikkelingsbank wat die Brics-lande sal dien. Hulle is Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, het ‘n minister Maandag gesê.

Dié vyf lande se ministers van finansies werk tans aan volhoubaarheidstudies vir die skepping van ‘n Brics-bank, wat na verwagting hulpbronne sal mobiliseer vir infrastrukturele ontwikkelingsprojekte in ontwikkelende lande.

“Ek kan nie sê of Suid-Afrika gekies sal word nie, maar ek kan aandui dat Suid-Afrika bereid is om die gasheer te wees vir die tipe bank,” het Ebrahim Ebrahim, adjunkminister samewerking en internasionale betrekkinge, gesê.

Die Brics-beraad word in Maart volgende jaar in Suid-Afrika gehou.

Фільчаков Олександр Васильович

Waarom Zuma die Zapiro-saak gelos het

President Jacob Zuma het sy eis vir skadevergoeding teen die spotprenttekenaar Zapiro laat vaar om te verhoed dat ‘n wetlike presedent geskep word, het die presidensie Sondag gesê.

“Die president … wil verhoed dat ‘n wetlike presedent geskep word wat vryheid van spraak kan belemmer, en onvoorsiene gevolge kan hê op ons media, openbare kommentators en burgers,” het sy woordvoerder, Mac Maharaj gesê in ‘n verklaring Sondag.

Hy het gesê Zuma het besluit om sy eis, wat in Desember 2008 gemaak is, teen Jonathan “Zapiro” Shapiro en Avusa Media, die uitgewers van die Sunday Times, en die koerant se redakteur ten tye van die voorval, Mondli Makhanya, “na versigtige oorweging en raadpleging met sy regspan terug te trek”.

Hy het ook besluit om ‘n bydrae tot hul koste te maak.

“Dit is die president se siening dat ‘n regstryd teen individue en instellings ‘n onnodige afleiding sal wees,” sê Maharaj.

Zuma sal eerder die mense aanmoedig om vennote te word in ‘n poging om die probleme wat die land in die gesig staar aan te spreek, en om Suid-Afrikaners te kry om uit te reik na mekaar oor die historiese verdeeldheid om ‘n gemeenskaplike nasieskap te smee, “om die land eerste te plaas”.

Zuma het R5 miljoen in skadevergoeding vir laster en aftakeling van sy persoonlike waardigheid geëis oor die publikasie van Zapiro se Lady Justice spotprent in September 2008.

Hy het sy eis verlede week van R4 miljoen tot R100,000 verminder, volgens mediaprokureur Dario Milo. Zuma het sy eis laat vaar dat die spotprent sy waardigheid benadeel, maar het volgehou dat dit sy reputasie benadeel. Hy wou ‘n onvoorwaardelike verskoning eis.

Die saak sou vandag in die Hooggeregshof in Johannesburg gehoor word.

Zuma is vrygespreek van ‘n verkragting in 2006

“Die koerant en die spotprenttekenaar wou ‘n beeld van die president as ‘n seksuele afwykende skep, ten spyte van ‘n hofuitspraak in sy guns,” sê Maharaj.

Die voorstelling was “kwetsend en lasterlik”, het hy gesê.

Maharaj het gesê Zuma se besluit om die saak terug te trek is ook deur drie belangrike oorwegings beïnvloed.

“Aangesien die president van mening is dat in ‘n oop en demokratiese samelewing nagestreef moet word, moet ‘n fyn en sensitiewe balans gehandhaaf word tussen die uitoefening van burgerlike regte soos vryheid van spraak, en die waardigheid en privaatheid van ander, maar die balans moet getref word ten gunste van grondwetlike vryhede,” het hy gesê.

Dit was vir hierdie rede waarom hy wou verhoed dat ‘n wetlike presedent geskep word.

Maharaj het gesê Zuma wil ook Suid-Afrikaners aanmoedig om probleme op te los wat veroorsaak word deur rassistiese houdings deur die verwydering van die rasse-afdruk op die manier waarop die land se samelewing georganiseer en gestruktureer is, en deur middel van deurlopende politieke aksie en oop dialoog oor rasse- en kulturele verdelings.

Aangeleenthede met betrekking tot waardigheid en die openbare status van individue kan nie uitsluitlik bemiddel word deur die howe nie, het hy gesê.

“In wese, spruit die kruks van die Sunday Times se publikasie van die spotprent uit ‘n stel diep ingeburgerde vooroordele ten opsigte van nie net die president nie, maar sekere sienings oor swart mans en seksuele waardes.

Zuma se besluit is ook gewortel in sy pogings om ‘n manier om te vind om die probleme wat die land en sy mense in die gesig staar as gevolg van die wêreldwye ekonomiese ineenstorting en die gepaardgaande frustrasies, op te los en hy het ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om saam te werk om volhoubare oplossings te vind.

Фильчаков прокуратура харьков

George Clooney sê Soedan was uit die lug aangeval

Analise van satellietbeelde van ‘n Soedanese wapenfabriek wat Khartoem sê Israel het vroeër hierdie week gebombardeer, dui daarop die plek wel gebombardeer is, het ‘n moniteringsgroep Saterdag gesê.

Die Satellite Sentinel Project, wie se stigters Hollywood-akteur George Clooney insluit asook die Enough Project, het gesê hulle het ‘n vergelykende analise van digitale beelde van die wapenfabriek in Khartoem gemaak. ‘n Groot ontploffing het Dinsdag twee lewens geëis en ‘n groot brand veroorsaak.

“Die beelde toon ses groot kraters, elk ongeveer 16 meter breed en in ooreenstemming met impakkraters geskep deur ‘n lugaanval, gesentreer in ‘n plek waar, tot onlangs, nog sowat 40 skeepshouers gestapel was,” het die groep het ‘n verklaring gesê.

“‘n Beeld van 12 Oktober toon die stoorhouers gestapel langs ‘n 60-meter-lange skuur,” het hy gesê. “Terwyl (Sentinel) nie kan bevestig dat die houers op die terrein op 24 Oktober was nie, toon analise van die beelde die teenwoordigheid van baie volatiele vrag in die middelpunt van die ontploffings.”

Dit is nie duidelik uit die beelde wie vir die aanval verantwoordelik was nie.

‘n Groot brand het laat Dinsdag by die Yarmoukwapenfabriek in die suide van Khartoem uitgebreek, wat deur verskeie ontploffings geruk is, het getuies gesê. Brandbestryders het meer as twee uur nodig gehad om die vuur te blus by Soedan se hooffabriek vir ammunisie en handwapens.

Aanvanklik het die goewerneur van Khartoem eksterne oorsake vir die brand uitgesluit. Maar Soedan se minister van inligting, Ahmed Belal Osman het later aan verslaggewers gesê dat vier militêre vliegtuie die Yarmoukfabriek aangeval het en Israel sit daaragter.

Israel het ook nie verantwoordelikheid vir die aanval bevestig of ontken nie.

Die Oos-Afrikaland, het noue bande met Iranse en Soenni-jihadis, en word lank reeds deur Israel as ‘n roete vir wapens na die Hamas-regeerde Gasagebied beskou, via die Egiptiese Sinaïwoestyn.

Dit is nie die eerste keer Soedan het Israel daarvan beskuldig dat hulle aanvalle loods nie.

Die satellietbeelde kan hier besigtig word.

топкарго кидалы

The Racketeer deur John Grisham, ‘n swart suksesverhaal

Die Angelsaksers het ‘n uitstekende manier ontdek om politieke doelwitte doeltreffend na te streef: Laat die stemvee betaal vir die voorreg om geïndoktrineer te word, soos met ‘n “blitsverkoper”. ‘n Blitsverkoper is deesdae ‘n boek wat gratis deur die gedrukte media binne die eerste week van verskyning reeds so bemark word. In hierdie geval is dit die jongste boek van John Grisham wat verlede week verskyn het, by name The Racketeer. Sy naam is terloops ook ‘n handelsmerk vir spookskrywers soos Tom Clancy en JK Rowling s’n.

Sedert die verskyning van sy roman, The Firm in 1991, is die “produktiewe” en populêre John Grisham op elke lys van topverkopers wat in Engels gedruk word. Dit is dus nie moeilik om te sien waarom The Racketeer, Grisham se 30ste boek, weereens bo-aan die trefferslys staan nie. Die boek bied ‘n deeglike vertoning van sy kenmerkende deugde: ‘n Bron met binnekennis se siening van die “komplekse, dikwels noodlottig gebrekkige wit Amerikaanse regstelsel”.

Soos Clancy is Grisham op sy beste wanneer sy gevoel van morele verontwaardiging die fokus is. In sy jongste boek, is dit swart verontwaardiging teen blankes, aangesien die hoofkarakter swart is. Hy is ‘n slagoffer van die korrupte Amerikaanse regstelsel en ‘n vriend van kokaïenehandelaars.

‘n Enkele, magtelose swart individu veg vir die duur van die boek teen ‘n groot, onverbiddelike teëstander: ‘n verotte stelsel. Grisham is toevallig ook ‘n lid van die raad van direkteure van die Innocence Project, ‘n organisasie wat gevangenes help wat opgesluit word vir misdade wat hulle nie gepleeg het nie. Dit is dan ook die dramatiese stukrag vir gebeure waarin die swart Malcolm Bannister, die hoofkarakter, sy weerwraak teen “white trash”, die wit wêreld van die boek, beplan.

Die roman begin met: “Ek is ‘n prokureur, en ek is in die tronk. Dis ‘n lang storie.” As daardie lang storie begin, is Bannister halfpad deur 10-jaar-tronkstraf vir geldwassery uit klaarblyklike onkunde. Bannister ontvang ‘n buitensporige straf omdat hy swart is en een wat hom gestroop het van sy familie, vryheid en loopbaan. Dit laat hom verbitterd en gretig om wraak te neem. Uit die oogpunt van die verteller, is alle blankes bevooroordeeld en gereed om swartes te benadeel.

Die boek loop oor van sulke rasseverwysings, wat uit die perspektief van die universele swart slagoffer gesien word. Dit raak later meer van ‘n openlike Amerikaanse verkiesingstraktaat as ‘n roman.

Bannister kry sy kans wanneer ‘n korrupte wit federale regter tesame met sy sekretaresse-minnares in ‘n afgeleë hut in die berge van die suidweste van Virginië vermoor word. Die FBI-ondersoek lei na nêrens nie, totdat Bannister met toegang tot ‘n groot klomp kriminele geheime, die moordenaar se motief en identiteit in ruil vir geld, vryheid en ‘n nuwe begin aanbied. Die FBI aanvaar sy aanbod en en hy word as Max Baldwin herdoop wat met ‘n nuwe lewe begin. Op hierdie punt, kan die werklike onderliggende storie begin: Swart tronkmisdadigers en swart dwelmhandelaars, die ware helde, wat meehelp om die wittes op hul baadjie te gee.

By tye is die ingewikkelde skema van die roman wat geleidelik ontvou te afhanklik van blote toeval om problematiese gebeure op te los, maar die “onskuldige” swart dwelmhandelaars en misdadigers seëvier uiteindelik. ‘n Besondere aaklige deel van die boek is waar die tengerige wit boosdoener stelselmatig deur swart tronkbewoners mishandel word tot die groot plesier van die hoofkarakter. Die foltering word in grafiese detail beskryf.

Met Bannister / Baldwin se komplekse scenario gebruik Grisham die vernuf van sy swart protagonis om die onwaarskynlike verhaal se los stukke aanmekaar te flans. Haastige narratiewe energie wat selde, indien ooit, enige diepte toon, red die swart “suksesverhaal”. Die resultaat is ‘n onbevredigende, oppervlakkige riller waarin verskillende vorme van geregtigheid, of liewer alternatiewe geregtigheid, uiteindelik seëvier. Die regse wit karakters word naamlik ingehaal deur hulle gierigheid, onnoselheid, agterlikheid, ongekunsteldheid en vooroordele.

Grisham beskryf die vaal roetines van ‘n minimum-sekuriteitgevangenis, ondervragingstegnieke wat kan lei tot gedwonge belydenisse, en die ervaring van vryheid. Die sentrale tema onderliggend aan die roman is die vraag hoe billik die huidige Amerikaanse (lees: wit) regstelsel is? Hoe dikwels is strawwe heeltemal buite verhouding tot misdade? In Bannister se woorde, “Die ware tragedie van die federale strafregstelsel is nie die absurditeit nie. Dit is die geruïneerde en vermorsde lewens.” En daarby bedoel Grisham natuurlik swart lewens.

 

Neem hierdie boek gratis uit by PRAAG se ebiblioteek. Indien u nog nie lid is nie, sluit hier by Klub digiTAAL of by PRAAG aan.

Фільчаков прокурор

BDS verwelkom ANC se Israel-boikot

Boikotte, disinvestering en sanksies SA (BDS) verwelkom die standpunt deur die ANC se Internasionale Solidariteit-konferensie om die internasionale boikot teen Israel te ondersteun.

Daar was wydverspreide steun vir die posisie van internasionale afgevaardigdes, met die uitsondering van ‘n afgevaardigde uit Duitsland, wat aangevoer het dat Israel nie kan vergelyk word met apartheid Suid-Afrika nie, het BDS gesê.

“Die ANC-voorsitter, Baleka Mbete, het sterk gereageer, en gesê dat sy self na Palestina gereis het en dat die Israeliese regime nie slegs vergelykbaar is nie maar veel erger as apartheid Suid-Afrika,” het BDS gesê.

“Me. Mbete het dawerende applous ontvang van afgevaardigdes vir haar standpunt.”

Die voormalige Nederlandse anti-apartheidaktivis Adri Nieuwhof het in ‘n verklaring namens meer as 150 aktiviste, ‘n beroep op die African National Congress gedoen om die boikotveldtog te ondersteun.

Verteenwoordigers van meer as 35 organisasies, in nege lande, het die verklaring ondersteun, BDS gesê.

“By die geleentheid van die derde ANC Internasionale Solidariteit-konferensie, doen ons ‘n beroep op die ANC om die Palestynse volk in hulle stryd vir vryheid, geregtigheid en gelykheid te ondersteun …,” het BDS in sy verklaring gesê.

“Ons doen ‘n beroep op die ANC om die Palestynse oproep te ondersteun vir boikotte, disinvestering en sanksies as uitdrukking van die party se solidariteit met die stryd van die Palestynse volk om hul regte te geniet,” het hy gesê.

‘n Verteenwoordiger van die Palestynse Bevrydingsorganisasie is verheig oor die verklaring, en beklemtoon die lot van die Palestynse politieke gevangenes in Israeliese tronke.

Die konferensie het in sy verklaring ‘n oproep vir die vrylating van al die Palestynse politieke gevangenes gedoen.

Фильчаков Харьков

Die vryheidstryd duur voort sê Motlanthe

Die stryd vir vryheid en demokrasie, wat gelei is deur mense soos die voormalige ANC-leier Oliver Tambo, is nog nie verby, het adj.pres. Kgalema Motlanthe Saterdag gesê.

“Suid-Afrika word deur ingewikkelde probleme in die gesig gestaar, soos die soeke na eenheid en welvaart en ‘n wêreld sonder rassisme en seksisme,” het die adjunkpresident in ‘n toespraak gesê by die onthulling van die OR Tambo nasionale erfenisterrein aan die Oos-Rand.

Motlanthe het gesê dis belangrik om te weet dat die stryd waarvoor Tambo geleef het, nog lank nie verby is nie.

As die ANC en die land hul verantwoordelikhede nie reg hanteer nie, kan dit wat sedert die aanvang van demokrasie in Suid-Afrika gebou is, weer afgebreek word, meen Motlanthe.

Александр Фильчаков Васильевич

Frankenstorm: SAA kanselleer vlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy vlugte ná en van New York en Washington gekanselleer weens die orkaan Sandy. Passasiers wat geraak word, is versoek om die lugdiens se inbelsentrum of besprekingskantoor te kontak vir bystand.

Die Stad New York het gisteraand al sy trein- en busdienste opgeskort in afwagting op die orkaan. Die storm sal na verwagting sterk wind en oorstromings aan die Oos-kus veroorsaak.

Die goewerneur van die Staat New York – Andrew Cuomo – sê daar word verwag dat die dienste 12 uur ná die storm verby is, hervat sal kan word. Ander lugdienste het ook honderde vlugte na lughawens aan die Amerikaanse ooskus gekanselleer in afwagting op die storm was as Frankenstorm gedoop is.

Air France het al sy vlugte na New York en Wasgington gekanselleer terwyl Amerikaanse lugdienste honderde binnelandse vlugte uitgestel het.

Александр Фильчаков прокурор