Laurent Nkunda is steeds in beheer van die DRK se sterk rebellebeweging en 'n teenstaander wat sy gesag uitgedaag het, gaan van hoogverraad aangekla word, het 'n woordvoerder Dinsdag gesê.
Die BBC het beweer dat offisiere van die NKVM Maandag klaarblyklik vir Nkunda ontslaan het.
'n Verklaring wat geteken is deur die rebelle se stafhoof, generaal Bosco Ntaganda, het Nkunda van "slegte leierskap" en "slegte regering" beskuldig.
Luitenantkolonel Seraphin Mirindi het Dinsdag aan AFP gesê dat Nkunda steeds die leier van die rebellebeweging is, wat Dinsdag sal vergader om Ntaganda se lot te bespreek.
Nkunda sou self die dissiplinêre verhoor bywoon wat gehou sou word in die Rutshuru-gebied van noord-Kivu, omtrent 60 kilometer noord van die provinsiale hoofstad Goma.
"Die beweging is nie daar vir die belang van 'n enkele individu nie," het Mirindi gesê. "Dit bly soos dit was en funksioneer normaalweg." Om sy punt te beklemtoon, het Mirindi gesê 'n rebelleafvaardiging het reeds vertrek na Nairobi, die hoofstad van Kenia, vir nog 'n rondte vredesamesprekinge wat Woensdag moet begin. Die gesprekke is in Desember beëindig toe die VN-bemiddelaar Olusegun Obasanjo gesê het die rebelleafvaardiging het nie die gesag om toegewings te kan maak nie.

Die cholera-uitbraak wat in Desember verlede jaar begin het, is onder beheer, het die departement van gesondheid Dinsdag gesê.
Leon Panetta, 'n voormalige lid van die kongres en die Withuis se stafhoof is deur Barack Obama gekies om die nuwe hoof van die CIA te wees. Die keuse, wat Maandag bekend gemaak is, het onmiddellik divisie in die party ontbloot nadat twee senior mense gevra het hoekom Obama 'n kandidaat nomineer wat baie beperkte ervaring het van intelligensie aangeleenthede.
Israel het Dinsdag vir die vierde dag voortgegaan met sy grondoffensief in die Gaza strook, ten spyte van nuwe internasionale oproepe vir 'n skietstilstand in 'n konflik waarin meer as 540 Palestyne reeds dood is.