Arabiese Lente bring geweld na Libië, Egipte

Ná twee dae van geweld in die suide van Libië is 37 mense dood, het die nuusagentskap Al Jazeera berig.

Sowat 120 mense is beseer toe gevegte tussen lede van die Afrika-Tabu-etniese groep en twee Arabiese etniese groepe uitgebreek het

Die staatsbeheerde Libiese nuusagentskap het vroeër berig dat gevegte uitgebreek het ná die dood van ‘n regeringswerknemer wat tydens ‘n rooftog ontvoer is.

Mohamed Abu Saif, veiligheidshoof in die stad, het Dinsdag gesê ‘n afvaardiging van etniese leiers in die gebied is besig om die struweling te probeer bylê.

Intussen is een persoon doodgeskiet en minstens 65 ander beseer nadat veiligheidsmagte met woedende sokkeraanhangers in Egipte se Port Said gebots het.

Dit is maar twee van die jongste voorvalle van geweld wat die Midde-Ooste teister.

“Bevry” van Gadaffi se diktatorskap van 42 jaar, is Libië se Sufi-Moslems onder hernieude druk van ander gewelddadige Islamiste wat hulle geloof as kettery bestempel.

Grafte wat aan Sufi’s en heiliges behoort, is in die afgelope maande deur mededingers geskend.

“Ek is bekommerd, maar ek is nie bang nie,” sê Al-Hadad, wie se Salafiskool in Tripoli deur gewapende mans binnegeval is wat sy biblioteek verbrand het, kantoortoerusting vernietig het en die grafte van heiliges wat daar begrawe is, omgedolwe het.

Op 13 Januarie, het ekstremiste met ‘n stootskraper deur die mure van die ou begraafplaas in die oostelike stad van Benghazi gery, grafte platgestoot asook ‘n nabygeleë Sufiskool gesloop.

Libië se Sufi’s is ook bekommerd dat hulle uitgestoot word polities. Baie nuwe godsdienstige amptenare het Salafi-neigings, sê hulle, en die aanstelling van Salafi-imams na moskees wat deur pro-Gaddafi predikers ontruim is, bekommer hulle. Salafi-preke is nou algemeen op die Libiese televisie en radio, sê hulle.

Nuwe politieke partye is besig om opgang te maak, met inbegrip van die Moslem-broederskap wat sterk vertoon. Libiese Salafis het nog nie bekend gemaak of hulle van plan is om ‘n party en verkiesings, soos in Egipte te begin nie.

топкарго отзывы

Taxi-geweld vat vlam in Noordwes

In die jongste voorval van openbare geweld is ses busse en ‘n aantal minibustaxi’s aan die brand gesteek in ‘n struweling wat tussen taxi-bestuurders in Marikana naby Rustenburg, uitgebreek het, het die polisie in Noordwes Woensdag gesê. 

Ao. Sam Tselanyane sê ses busse wat aan die Midbank-busmaatskappy behoort het, is Dinsdagoggend aan die brand gesteek.

Die busse was by die Middlekraal-stasie in die Lonmin-gebied van Wonderkop geparkeer.

Tselanyane sê die brandstigting kom ná taxi-geweld Saterdag wat tussen lede van twee taxi-verenigings in Marikana uitgebreek het.

‘n Geveg het tussen die groepe ontstaan en vyf taxi’s is aan die brand gesteek.

Die skade in die twee voorvalle beloop nagenoeg R17,5 miljoen.

Фильчаков

PVV: Beatrixstraat en Wilhelmina-laan moet bly

De Partij voor de Vrijheid wil actie van het Nederlandse kabinet voor behoud van de Afrikaanstalige straatnamen in Pretoria. De Nederlandse ambassade, gevestigd aan de Koningin Wilhelminalaan, zou moeten weigeren een nieuwe naam te gebruiken. De PVV stelt dit vandaag in Kamervragen aan staatssecretaris (onderminister) Halbe Zijlstra.

Het ANC wil 27 straten in Pretoria herdopen, waaronder de Beatrixstraat en de Koningin Wilhelmina-laan.

De 27 straatnamen herinneren veelal aan de anti-koloniale strijd van de onafhankelijke Boerenrepublieken tegen de Engelsen. PVV-Kamerlid Martin Bosma “De naam Koningin Wilhelmina-laan is een ode aan de jonge koningin die in 1900 het pantserschip Gelderland stuurde om president Paul Kruger te ontzetten. De Voortrekkersstraat herinnert aan de afstammelingen van onder andere Nederlandse immigranten die Pretoria hebben gesticht. Hetzelfde geldt voor straten vernoemd naar Louis Botha en Potgieter. De gedeelde Nederlands-Afrikaner geschiedenis dreigt weer verder te worden uitgewist. In het kader van internationaal cultuurbeleid moet Nederland hier iets tegen doen.”

Vragen aan staatssecretaris Zijlstra van Onderwijs, Cultuur en Wetenschap van het lid Bosma, Partij voor de Vrijheid

28 maart 2012

1) Heeft kennisgenomen van het bericht ‘Beatrixstraat Pretoria op de wip‘?

2) Deelt u de mening dat de plannen van het ANC om de namen Beatrixstraat en Wilhelmina-laan te schrappen een klap zijn in het gezicht van de Majesteit, onze Koninklijke familie en van Nederland?

3) Deelt u de mening dat de Afrikaanstalige straatnamen herinneren aan de anti-koloniale strijd van de Afrikaner boeren tegen het Engelse invasie-troepen?

4) Deelt u de mening dat de culturele erfenis van onafhankelijke Boerenrepublieken Transvaal en de Oranje Vrijstaat, waar het Nederlands de officiële taal was, verdedigd dient te worden door de Nederlandse ambassadeur te Pretoria? Zo ja, welke actie kunnen wij van onze ambassadeur verwachten?

5) Deelt u de mening dat de Nederlandse ambassade, gevestigd aan de Koningin Wilhelminalaan, moet weigeren gebruik te maken van een eventuele nieuwe naam?

лобановский класс

Die perfekte WB-president is dalk die laaste

Jim Yong Kim se verrassende nominasie vir die posisie van Wêreldbankpresident is ‘n deurdagte ideologiese besluit deur die Amerikaanse president. Die genomineerde is van Oosterse afkoms, besit ‘n Amerikaanse paspoort en bekommer homself oor Afrika.

President Obama het die mediese dokter en Dartmouth College se president uitgesoek want hy is ‘n Koreaan. Dit rym met die VSA se strategiese sorge oor China. Maar meer nog is die dokter saam met Paul Farmer mede-stigter van ‘n liefdadigheidsorganisasie wat gevorderde mediese sorg in Haiti, sub-Sahara Afrika en ander verarmde streke lewer.

Die lande sluit Lesotho, Malawi en Rwanda in. Dit is lande wat die VSA ook toevallig as sleutelande vir Afrika sien in die politieke speelveld.

Soos die lowende hoofartikel in die Financial Times dit stel, is dr. Kim bewus van allerlei “antropologiese” kwessies. Kennelik is die woord “etnies” nie een wat inslag gaan vind by die lesers van die koerant nie.

Partners in Health (PIH) fokus glo nie soseer op medisyne as “ondersteuning” van gesondheid nie, dws die kulturele en etniese aspekte van sorg en voorkoming.

Een uitdaging vir dr. Kim sal wees om ekonomiese groei daadwerklik te stimuleer asook menslike vooruitgang. Baie van sy biljoene in jaarlikse lenings vloei na lande soos China, Indië en Meksiko wat maklik toegang tot krediet kan kry in private kapitaalmarkte. Die bank het ‘n neiging om korrupte regimes op allerlei maniere te ondersteun wat ontwikkeling striem en soms aktief ondermyn ter wille van politieke doelwitte.

Kim het min ondervinding in die ekonomie, beleid of ontwikkeling, maar met die Bank se swak rekord in ontwikkeling, is die belangrikste argument vir Amerikaanse ondersteuning dat die instelling Amerikaanse belange dien.

‘n “Globale” kandidaat soos die Nigeriese minister van finansies, Ngozi Okonjo-Iweala, sal dus nooit die pyp rook nie, al ondersteun Suid-Afrika en die Afrikavasteland haar aanstelling ywerig.

Haar ongewilde optrede om weg te doen met die petrolsubsidie het onlangs tot opstande in Nigerië gelei.

Nog steeds sal van die VSA se belastingbetaler verwag word om meer geld as enigiemand anders te voorsien om die instelling relevant te hou terwyl die multinasionale elite die meeste voordeel daaruit sal trek.

Dalk is dr. Kim die perfekte kandidaat, maar die moontlikheid bestaan ook dat hy die laaste een kan wees.

Олександр Васильович Фільчаков

DA en ANC probeer Pretoria-name kaap

Die VF Plus het bewerings deur die burgemeester van die Tshwane-metroraad, mnr. Kgosientso Ramokgopa, dat daar konsensus rondom die verandering van 27 straatname in Pretoria bestaan, ontken.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, wat self by van die veelparty-gesprekke en ander onderhandelinge betrokke was, lyk dit asof die ANC en DA hierdie veelparty-forum misbruik om die skyn te wek dat daar konsensus bestaan rondom die naamsveranderinge – terwyl dit geensins die geval is nie. Die VF Plus sal dit ernstig oorweeg om hom te onttrek van die forum indien die burgemeester voortgaan om misbruik te maak van die forum en onwaarhede te gebruik om verkeerde persepsies by die publiek oor die naamsverandering te skep.

“Die VF Plus het dit pertinent by vergaderings gestel dat daar eers met party-strukture gekonsulteer sal word voordat die VF Plus deel van enige ooreenkoms sal word,” het Dr. Beyers gesê.

“Die DA was deurgaans in gesprekke entoesiasties oor die ANC se lys van straatname wat moet verander – die DA verander tans ook talle Afrikaansse straatname in Kaapstad. Die ANC en DA mag moontlik saamstem oor die verandering van die straatname, maar die VF Plus het op geen stadium ingestem tot die verandering van die straatname nie”, het Beyers bygevoeg.

Die VF Plus het dit weereens benadruk dat die party sal voortgaan met gesprekke rakende ‘n oplossing vir die naamdispuut in Pretoria. Die party het ook gesê dat die gebrekkige openbare konsultasieproses die naamsveranderingsproses oopmaak vir hof-aksie en die VF Plus hou alle opsies oop in die verband.

Фильчаков прокурор отзывы

Kaptein raak beserk op vlug

‘n Passasiersvliegtuig moes ‘n noodlanding in Texas uitvoer nadat passasiers die kaptein in bedwang gebring het. Die kaptein wat uit die stuurkajuit gesluit is het dinge begin skree oor Al-Kaïda en bomdreigemente.

Die vlug van die JetBlue-redery van New York na Las Vegas moes Dinsdagaand in Amarillo in Texas land ná die voorval wat volgens die redery die gevolg was van ‘n “mediese situasie”.

Volgens die Amarillo Globe-News het die kaptein net buite die stuurkajuit getree na die badkamer en toe hy terugkom, begin skree: “Irak, Al-Kaïda, terrorisme, ons gaan almal val [we’re all going down!]”.

“Manlike passasiers het na die voorkant van die vliegtuig gehardloop om die kaptein in bedwang te bring,” het me. Heidi Karg, wat ook op die vlug was, gesê.

Die Amerikaanse lugvaartowerheid het gesê die medevlieënier het besorg geraak omdat die kaptein vreemd begin optree het.

Nadat hy die stuurkajuit verlaat het, het die mede-vlieënier die deur gesluit om beheer oor die vlug oor te neem.

Nadat die vliegtuig veilig geland het, is die kaptein deur wetstoepassers in ‘n ambulans vir mediese evaluering in ‘n ambulanse weggeneem.

Фільчаков Олександр Васильович

Soldate in staatsdiens aangestel

Reeds byna ‘n duisend soldate is in die staatsdiens aangestel en nog 12 000 sal binne die volgende vyf jaar deur Transnet in diens geneem word, berig Beeld.

Die meeste sal in veiligheidsposte by Suid-Afrika se grensposte diens doen.

Lt.genl. Themba Michael Nkabinde, personeelhoof van die weermag, het gister in Pretoria gesê swart werklose jeugdiges word by 3 SA Infanteriebataljon in Kimberley opgelei.

Nkabinde het dié vrywillige diensplig van twee jaar en indiensneming deur staatsdepartemente as ‘n groot sukses bestempel.

Transnet en die departement van binnelandse sake is by uitstek die twee staatsdepartemente wat dié jong soldate van werk voorsien.

Die soldate is werksaam by die O.R. Tambo-lughawe en met die registrasie van Zimbabwiërs in Suid-Afrika.

 

 

лобановский александр биография

Wit twieter sit, swart twieters baljaar

‘n Britse student wat rassistiese kommentaar op Twitter uitgestuur het oor die swart sokkerspeler Fabrice Muamba se hartstilstand op die veld, is tronk toe gestuur vir 56 dae.

Liam Stacey, 21,  se twiet “LOL, **** Muamba. Hy is dood! # Haha ” is glo opgevolg met verdere rassistiese kommentaar nadat mense hom gekritiseer het.

Stacey het skuldig gepleit op die aanklag. Hy is tronkstraf opgelê weens “die openbare verontwaardiging” wat sy kommentaar veroorsaak het.

Stacey staar ook ‘n skorsing uit Swansea-universiteit waar hy studeer, in die gesig. Die derde-jaar biologiestudent het gehoop om ‘n forensiese wetenskaplike te word.

Stacey van Pontypridd, Suid-Wallis, het aan die polisie gesê ná sy arrestasie by sy huis in Swansea: “Ek was by die kroeg toe ek hoor wat gebeur het met Muamba.

“Ek weet nie hoekom ek dit opgelaai het nie [die kommentaar]. Ek is nie ‘n rassis nie en ‘n paar van my vriende is uit verskillende kulturele agtergronde.” Hy sê hy was aangeklam toe hy dit gedoen het en agterna spyt.

Gareth Jones, sy regsverteenwoordiger het gesê: “Vir ‘n oomblik van waansin, is sy loopbaan nou verby.”

Stacey se pa Neale, 49, en ma Hayley, 46, was sigbaar geskok oor sy kommentaar.

Intussen het swart skoliere van North Miami Beach Senior High School ‘n winkel geplunder tydens ‘n optog vir Trayvon Martin in die VSA.

North Miami Beach se polisie het gesê ‘n video vertoon die swart hoërskoolleerlinge waar hulle Vrydag ‘n Walgreenswinkel se rakke in puin lê.

Die voorval het plaasgevind tydens ‘n optog ter ondersteuning van Martin, 17, wat doodgeskiet is in Sanford.

Betogers het gevra vir die arrestasie van George Zimmerman, 28, wat nog nie aangekla is nie omdat hy beweer dat hy uit self-verdediging geskiet het, volgens die polisie.

Video toon tussen 80 en 100 swart tieners wat deur die winkel hardloop en die rakke vernietig, voor die skool se adjunkhoof.

Hulle optrede is deur simpatiseerders geregverdig omdat hulle “kwaad” voel oor die swart tiener se dood.

Intussen het Obama se herverkiesingsveldtog op dreef gekom met “hoodies”, sweetpakbostukke met kraaghoede, ter herinnering van Trayvon Martin. Martin het só ‘n sweetpakbostuk gedra toe hy geskiet is en sedertdien word dit by al die optogte vir Martin gedra.

Konserwatiewe kommentators het gevra dat pres. Obama die “vlamme blus” van rassewoede wat hy aanmoedig deur sy ondersteuning van Martin se volgers.

Die swart Moslemprediker Louis Farrakhan het getwiet: “Waar daar geen reg is nie, sal daar geen vrede wees nie. Gou, en baie gou, kan … die wet van vergelding toegepas word.”

Die Black Pantherleier het gewaarsku: “As die regering nie die werk doen nie, sal ons dit doen.”

Spike Lee, die swart rolprentregisseur was hulpvaardig genoeg om Zimmerman se huisadres aan miljoene mense te twiet.

Vriende sê Zimmerman vrees vir sy lewe. Een man is intussen in hegtenis geneem omdat hy gedreig het om Bill Lee, die uitgetrede Sanfordpolisiehoof dood te maak. Lee het reeds die ondersoek aan die staat, die Amerikaanse Departement van Justisie, die FBI en ‘n spesiale aanklaer oorgedra.

Volgens Jesse Jackson is “Swart mense is onder beleg. … Teistering, arrestasie, skuldigbevinding van swartes en uiteindelik maak hulle ons ​​dood. Dis soos ‘n groot besigheid.”

topcargo кидалы

Brics hou groot belofte in vir SA

Die 4de sessie van die BRICS-beraad (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) in Nieu-Delhi, Indië, begin vandag.

President Jacob Zuma beoog om Suid-Afrika daar te posisioneer as ‘n globale mag wat opkomende Afrika-ekonomieë van internasionale platforms sal voorsien. Zuma sal vergesel word deur die ministers van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Maite Nkoana-Mashabane en handel en nywerheid, dr Rob Davies.

Suid-Afrika beskou sy lidmaatskap as ‘n strategiese geleentheid waardeur Afrika se belange globaal bevorder kan word. Deur BRICS, wil die land verseker dat die stem van die vasteland elders gehoor word.

Hierdie jaar se beraad sal fokus op globale bestuurskwessies, wat die wêreldekonomie en internasionale vrede en veiligheid insluit, sowel as volhoubare ontwikkelingskwessies, soos klimaatverandering.

Die snelgroeiende opkomende ekonomieë van BRICS het ‘n belangrike rol om te vervul om die globale ekonomiese krisis aan te spreek, het die regering se woordvoerder, Jimmy Manyi, in ‘n verklaring gesê.

Zuma word vergesel deur ‘n sake-afvaardiging van meer as 50 maatskappye. Suid-Afrika sal ook poog om die ondersteuning van BRICS-vennote vir die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (NEPAD) in die ontwikkeling van infrastruktuur te monster. Die ondersteuning sal nywerheidsinisiatiewe op die vasteland van Afrika insluit en voorspraak maak vir die hervorming van internasionale bestuursinstellings.

Manyi sê vanjaar se beraad kan groot geleenthede vir BRICS-vennote en ander Afrika-lande beteken.

“Ons vennote by BRICS sien Suid-Afrika as ‘n poort na die vasteland en ons kan leiding gee oor Afrika-geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling.

Afrika word beskou as die derde vinnigste groeiende ekonomie in die wêreld, terwyl die BRICS-lande as blok nou die grootste handelsvennoot van Afrika geword het,” het Manyi gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

‘Afrikaners word nie gehaat nie’

Afrikaners word nie gehaat nie en hulle helde word nié geteiken in die proses om om die straatname van Pretoria te verander nie, het die stad se burgemeester gesê, volgens Beeld.

“Dit is nie die geval nie. Die Afrikaner word nie gehaat of verag nie, maar dit is ‘n feit dat al die strate in die stad na Afrikaners vernoem is.

“Daar sal nooit aangevoer word dat die Afrikaner geen rol gespeel het nie, maar die stad moet verteenwoordigend wees van almal se verlede.”

Ramokgopa Kgosientso het tydens sy toespraak Woensdag die kwessie só verduidelik.

Hy het gesê dit was ‘n wanbegrip dat Afrikaanse name geteiken word.

“Daar sal nooit aangevoer word dat Afrikaners nie ‘n rol gespeel het nie, maar die stad moet almal se verlede verteenwoordig.”

‘n Besluit oor Pretoria se naam is nog nie geneem is, het hy gesê.

“Al die opsies sal op die tafel bly.”

Brandon Topham, DA-leier in die raad, het gesê: “Die DA het die name van oudpres. FW de Klerk en Helen Suzman voorgestel.”

Afriforum is glo ook geken in die konsultasieproses oor die naamsvernaderinge, sê die burgemeester.

Ramokgopa het Dinsdag gesê hoewel die besluit “tegnies” in Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur se kantoor geneem moet word, is dit ‘n openbare proses waarin die ANC se mening swaar sal weeg.

Daar word verwag dat die 27 nuwe straatname bespreek en goedgekeur sal word tydens ‘n raadsvergadering Dinsdag, het Beeld berig.

лобановский харьков