praag.co.za

‘Afrikaners word nie gehaat nie’

Written by

in

Afrikaners word nie gehaat nie en hulle helde word nié geteiken in die proses om om die straatname van Pretoria te verander nie, het die stad se burgemeester gesê, volgens Beeld.

“Dit is nie die geval nie. Die Afrikaner word nie gehaat of verag nie, maar dit is ‘n feit dat al die strate in die stad na Afrikaners vernoem is.

“Daar sal nooit aangevoer word dat die Afrikaner geen rol gespeel het nie, maar die stad moet verteenwoordigend wees van almal se verlede.”

Ramokgopa Kgosientso het tydens sy toespraak Woensdag die kwessie só verduidelik.

Hy het gesê dit was ‘n wanbegrip dat Afrikaanse name geteiken word.

“Daar sal nooit aangevoer word dat Afrikaners nie ‘n rol gespeel het nie, maar die stad moet almal se verlede verteenwoordig.”

‘n Besluit oor Pretoria se naam is nog nie geneem is, het hy gesê.

“Al die opsies sal op die tafel bly.”

Brandon Topham, DA-leier in die raad, het gesê: “Die DA het die name van oudpres. FW de Klerk en Helen Suzman voorgestel.”

Afriforum is glo ook geken in die konsultasieproses oor die naamsvernaderinge, sê die burgemeester.

Ramokgopa het Dinsdag gesê hoewel die besluit “tegnies” in Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur se kantoor geneem moet word, is dit ‘n openbare proses waarin die ANC se mening swaar sal weeg.

Daar word verwag dat die 27 nuwe straatname bespreek en goedgekeur sal word tydens ‘n raadsvergadering Dinsdag, het Beeld berig.

лобановский харьков

Comments

Leave a Reply