'n Topamptenaar van die departement van landbou is in die Transvaalse Hooggeregshof in Pretoria aan moord skuldig bevind. David Linley Sonkosi het sy vrou Pumla Mkatali doodgeslaan ná 'n beweerde verhouding met 'n ander man deur haar kop en lyf herhaaldelik teen die vloer te stamp en deur haar met 'n leergordel te slaan.
Pretoriase middestad loop verder deur
Die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, gaan voort om te staak en om die middestad van Pretoria te ontwrig. Gister het die vakbond gewaarsku dat hy met sy aksies sal voortgaan totdat daar aan sy eise toegegee word. Afgesien van vullisblikke wat weer omgegooi is met vullis in die strate, het stakers gister ook brandslange oopgedraai.
Aluminium is gesteel van Mbeki se woning
Nie eens Thabo Mbeki se ampswoning is veilig teen Suid-Afrika se alomteenwoordige metaaldiewe nie. Aluminiumkabels wat R30 000 werd is, is van die dak van die presidensiële woning, voorheen bekend as Libertas, in Goewernementslaan, Pretoria, gesteel. Die aluminiumkabels is drie weke gelede geïnstalleer as 'n vorm van weerligafleiding om elektriese toebehore te beskerm.
Agt spelers van SA krieket uitgesluit
Agt Suid-Afrikaanse krieketspelers wat aan die Indiese Krieketliga gaan deelneem, is uitgesluit van deelname aan plaaslike
krieket. Hulle is: Andrew Hall, Johan van der Wath, Justin Kemp, Nicky Bojé, Dale Benkenstein, Lance Klusener, Nantie Hayward en Nic Pothas.
Redaksie
Uitgewer: Dan Roodt dan@praag.org Redaktrise: Karin Roodt redakteur@praag.co.za Webmeester: Albertus Kleingeld albertus@praag.org Sportredakteur: Gustav Venter gustav@praag.org Motors: André Olivier andre@praag.co.za Bemarking en reklame: reklame@praag.co.za Briewe: briewe@praag.co.za Kantoor: Elderstraat 10, Bryanston, Johannesburg Telefoon: 011 469 0598 Posadres: Posbus 3103, Dainfern, 2055 Privaatheidsbeleid kan hier besigtig word. free online casino no deposit bonusФильчаков
Ernie Elsuitnodingstoernooi gekanselleer
Die Ernie Els-uitnodigingsgholftoernooi sal nie in Desember vanjaar plaasvind nie omdat die toernooiskedule te vol is, het Els se sakebestuurder, Phill Cotton, aangekondig. Ernie Els het op sy beurt gesê dat die 2007 Ernie Els-uitnodingstoernooi die beste ooit was en heel geslaag, sodat dit jammer is dat die datums vir vanjaar so moeilik geblyk het.
Die pornomonster verwoes gesinne
Hier in die Kaap word ‘n porno-ekspo, dit staan bekend as Sekspo, tans groot gepromoveer – ook in die dagblaaie, soos Die Burger, en deur die e-pos. Dit gaan van 8 tot 11 Mei in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum aangebied word.
Nou wonder ek oor daardie 60 000 mans wat by die charismatiese aartappel-pastoor saamgetrek het, en die ander duisende wat nou landwyd oral agter hom aantrek. Sy boodskap gaan mos oor hoe om gesinsbande te verstewig en hoe mans weer die gerespekteerde hoof van die huis kan word.
Beveilig jou rekenaar – ‘n gids
Daar bestaan alllerlei gevare rondom die internet en e-pos. Iedereen wat die internet gebruik, moet bewus wees van die risiko's en ook hoe om jouself te beskerm teen sulke gevare. Alhoewel die internet 'n enorme bron van inligting is, bevat dit ook slaggate en is dit nie net wetsgehoorsame burgers wat die internet gebruik nie! Die lokaas wat kuberkriminele aantrek, is inligting wat die gewone internetgebruiker verskaf en stoor, hetsy op sy rekenaar, hetsy op webwerwe soos Myspace en Facebook. Hierdie gids is nie allesomvattend nie, maar kan as bron dien om van die risiko's verbonde aan internetgebruik te verminder.
Vyf gedood in Mogadisjoe-hongeropstand
Vyf mense is deur veiligheidsmagte gedood in die hoofstad van Somalië, Mogadisjoe, tydens 'n hongeropstand. Die opstand het uitgebreek as gevolg van stygende voedselpryse en rekordinflasie.
Yahoo! wil weer met Microsoft praat
Die hoof van die internetmaatskappy Yahoo!, Jerry Yang, het nou 'n toeskietliker houding jeens Microsoft ingeneem, nadat die programmatuurreus oor die naweek sy aanbod vir Yahoo! teruggetrek het.
