Bodem 10: Die geskarrel

vlamtoring2

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter

Lees eers Bodem 9 en alle vorige episodes.

Waarskuwing: Skokkende en eksplisiete leesstof.

By voorbaat vra ek om verskoning vir my lesers. Dit was nooit my begeerte om so ʼn scenario te beskryf nie, net soos wat dit my innigste wens is dat so iets nooit mag, nooit sál, gebeur nie. Maar die moontlikheid van so ʼn gebeurtenis is tragies goed. Om die waarheid te sê, op ʼn klein skaal gebeur dit reeds, elke dag in ons land. Laat ons nie vra of ons dit durf om daaroor te praat nie. Laat ons eerder vra: Durf ons stilbly? – GV

Die trok is deur NAVO aangedui as ʼn “Mine-Resistant High Utility Transport,” maar dit het gou allerweë bemind geword as die ”Mutt” – die basterbrak – onder die Kanadese, Europese en Amerikaanse troepe wat dit in Irak en Afghanistan gebruik het. Dit is vervaardig in Port Elizabeth deur Defence Logistics en meer as ʼn duisend is uitgevoer. Orals waar dit gebruik is, is dit gewild. Dit is net so ʼn gewillige voertuig, groter en meer robuus as die Amerikaanse Humvee en kleiner en makliker om te gebruik en te onderhou as hulle MRAP. Dit is ʼn hoë, gepantserde, vyftonvragmotor wat bakbeen staan op groot wiele, met ʼn koeëlvaste kompartement wat ontwerp is vir agt swaargewapende soldate en ʼn masjiengeweerinstallasie op die dak.

Hierdie een was spierwit gewerf met die letters “UN” in groot blou letters op die deure, tot onlangs deel van ʼn oorspronklike besending wat  vir Verenigde Nasies-vredesoperasies in Sentraal-Afrika bedoel was. Dit het onverwags oor die hoogtetjie van Villiers se kant af verskyn, begelei deur twee Land Cruiser-bakkies en vier van die alombekende Hilux’e. Al die voertuie het gewemel van jillende swart milisie.

Die Mutt se 7,62 mm-tweelingmasjiengewere is bo, voorop die voertuig gemonteer en kan met afstandbeheer vanuit die kajuit gevuur word. In hierdie geval is dié beheer ontkoppel en die wapens is beman deur ʼn gesette, jong swartman met ʼn wit bofbalkeps agterstevoor op sy kop en sonder ʼn hemp. Hy staan halflyf uit die luik en hurk agter die masjiengeweerstellasie. Twee skroeiende kolligte is weerskante gemonteer en beweeg in gelid met die wapens.

Die voertuie het hulle hoofligte af gehou en eers aangeskakel toe hulle oor die kruin van die hoogtetjie gejaag kom. Die Mutt se kolligte het oombliklik in die donker ingesteek en toe begin die geskietery. Die koeëls van die eerste lang sarsie het 11 motors getref, deur sagte bakwerk metaal gefluit, stukke uit enjinblokke geruk, vensters verkrummel en tonnels geslaan deur stoffering, bagasie, klerasie en menslike organe en skelette. Agter die skut op die Mutt het sy kamerade gejubel en geskreeu en gefluit en sterspronge gedoen om sy werk goed te keur en hom aan te moedig.

Binne oomblikke het die motoriste gereageer soos hoenders as daar ʼn string klappers in hulle hok val. Voertuie het links en regs uit die rye geswaai; dié in die regterkantste baan meestal na regs in die rigting van Vereeniging en dié in die linkerbaan na Balfour se koers. ʼn Benoude asemhaling later en daar was reeds dosyne ongelukke in die chaotiese geskarrel. Motors het mekaar uit die pad gestamp. Ander was te laag om oor die middelmannetjie of deur die afvoerslote te kom en het vasgeval. Meeste van die insittendes het deure oopgegooi en uitgetuimel en begin hardloop; meeste van húlle is deur die dosyne milisie op die bakkies afgemaai voordat hulle enkele treë kon vorder.

ʼn Geel-en-wit Fiat Panda het reg voor die Mutt ingejaag en die dikvelvragmotor is sonder vertraging eenvoudig bo-oor sodat die breë swaar wiele diep dongas oor die karretjie gedruk het, soos wat koekrollerhoue met ʼn sagte sjokoladekoek sou doen. Vyf mense daarin is vergruis. Een tienerseun het minute gevat om in sy eie longbloed te verstik.

Vyftig meter verder het die Mutt eers die Hyundai-bussie wat Daan-Dirk uit die pad gestoot het en toe die BMW X5 getref en kante toe gekaats in ʼn boogreën van glasbrokkies en verskeurde voertuigstaal. Die Indiër wat vir Daan-Dirk ʼn stywe middelvinger gewys het, het gesterf met ʼn voorarmbreedte stuk metaal wat hom onder die ken getref en teen die kopleuning van die sitplek vasgesteek het.

Nagenoeg ʼn kilometer verder het die Mutt sonder meer kortom regs geswaai, ʼn Golf en ʼn Bantam-bakkie uit die pad geskouer en dwars agter die rye voertuie gaan staan en enige ontsnapping na daardie koers geblokkeer.

Nog twee Mutts het intussen verskyn en die pad in die rigting van Villiers geblokkeer. Tussen die voorste en die agterste versperrings is meer as 300 motors vasgekeer. Van dié wat regs geswaai het, het 34 die veld gehaal.

Heel voor, amper komieklik, was ʼn klein sportbuksie, ʼn Daihatsu Terios, wat oor die veld geskoert en gebokspring het soos ʼn vlakhaas voor ʼn pak windhonde uit. Die ander voertuie het in waaierformasie agter die Terios aan oor die veld geskarrel. Die sedanmotors het eerste vasgeval, toe ʼn Chrysler Voyager-bussie en ʼn Volkswagen Amarok. ʼn Chevrolet Captiva het skerp regs geswaai en die Nissan Murano langs hom het ewe heftig links gedraai en die twee voertuie het met groot vaart en met ooppoffende lugsakke teen mekaar gebots.

Drie van die Hilux’e en twee van die Land Cruisers het tussen die motors ingejaag en die bloedkoorsige milisie daar agter op het onbeheersd op alles en almal begin skiet, meestal met R4- en R5-stormgewere. Onder die wapens was ten minste vier 40-millimeter-enkelskootgranaatwerpers en die eerste ontploffings het diep en gedemp in die nag geknal.

Die eerste busse het nou opgedaag, ʼn streep van sewe passasiersdraers, die kleinste een gelisensieer om 64 sittendes te vervoer, almal van hulle met meer as ʼn honderd rasende, gierende mense aan boord. So gretig was hulle om uit te klim dat hulle by die deure uitgestroom het terwyl die busse nog in aantog na die toneel was en net twee busse het nie enige passasiers wat voor om gestorm het, doodgetrap nie. 11 mense is so dood, skreeuend, singend, sissend en selfs laggend onder die swaar wiele.

Die busse het in ʼn linie met lang gapings tussen hulle stilgehou en die passasiers is uit in ʼn woedende, krioelende, verterende stroom mense, mans en vrouens en heelwat kinders en in hulle swaaiende, kappende, flitsende hande was daar Lasher-kapmesse, pikke, skoffelpikke, byle, hamers en messe, selfs kaal stokke of ysterstawe vir dié wat niks anders kon kry nie.

Die nag se slagwerk het begin.

Hulle het begin met die voertuie wat op die snelweg vasgekeer is. Insittendes het, natuurlik, die deure gesluit. Maar dit het nie gehelp nie. Vensters is eenvoudig met sarsies hamer- of bylhoue in losbarstings van glas verpletter. Mans, vrouens, kinders en hier en daar troeteldiere, is uitgesleep aan arms, nekke, gesigsvelle wat vasgegryp is,  en hare. Die slagoffers is op die grond geslinger en tierende aanvallers het kringetjies om elkeen, of twee-twee, gevorm, soos bakterieë om ontblote weefsel, en die byle, hamers, stokke en ysterstawe het gerys en gedaal, gerys en gedaal, gerys…

Motors is omgekeer en aan die brand gesteek, soms met soebattende passasiers nog daarin.

Sporadies en in kolle het van die motoriste hulleself probeer verweer. Vuurwapens is getrek en skote gevuur. Aanvallers is getref en het geval. Maar die bloedlus was te oorweldigend en die weerstand te onsamehangend en die milisie het met hulle outomatiese gewere dit maklik en brutaal uitgedoof.

Daar was meer as vyftig motors wat wel links van die pad af kon kom, maar hulle roete is versper deur die rantjies waarop Daan-Dirk en Brian so ʼn  kort tydjie vroeër geklim het. Die massas het agter hulle aangestroom en die onheilige werk het voortgegaan.

In die oorkantste veld, toe hulle motors en bakkies vasval, het die meestegeknal insittendes te voet probeer vlug. ʼn Halfdosyn 4 x 4’s het die veld getem, maar is van agter af voos geskiet deur die milisie op die Toyota-bakkies. Een van die busse het roekeloos genoeg oor die pad gedraai en is holderstebolder die veld in waar dit skaars 200 meter verder vasgeval het. Maar dit was ver genoeg. Die moorddadige saamryers is uit en het oor die veld versprei en die voortvlugtendes maklik ingehaal en oorrompel of het dié wat in hulle motors gebly het, omsingel en die ruite gebreek of die rygoed omgegooi en aan die brand gesteek.

Net een voertuig het aanhou ry: Die verstommende Terios. ʼn Gemonteerde masjiengeweer op ʼn Land Cruiser het ʼn volle ammunisieband op hom leeggeskiet. Dit was duidelik hy is getref, want hy het in reaksie geswenk. Maar nie opgehou ry nie.

Agter die Terios, in die veld, het die bloedorgie voortgegaan.

Een man, middeljarig met teruggekamde grys hare, het self uitgeklim en al ses skote uit sy Taurus .357 Magnum op ʼn aanstormende bende leeggeskiet. Meeste van die kragtige koeëls is deur die lywe wat hy getref het sodat hy vier doodgeskiet en vier gewond voor die rewolwer leeg was. En daar was nog baie, so baie, wat na hom genael gekom het.

Hy het weggestaan en met sy linkerhand die sakke van sy reënbaadjie en sy langbroek geklop op soek na nog ammunisie toe hulle sy vrou, sy twee hoërskoolseuns en laerskooldogter uit die Audi gesleep het. Naderhand het hy sy rewolwer laat val en bloot die kante van sy kop vasgegryp terwyl hulle met sy seuns besig was en die klere van sy vrou en dogter op die grond geskeur is voordat hy amper terloops van agter met ʼn tuinvurk doodgesteek is.

Dit was uit die hel, ʼn bladsy uit ʼn gids van Oemghoenghoendloewoe, ʼn illustrasie van die Inferno. Hoë vure het by wrakke gebrand en in die gloed is daar gekap en gesteek en gedans, sulke hoogopskopdanse met knieë en elmboë. Daar is gesing en geskaterlag en gejou en dreigend gebulder. En daar is gegil, gesmeek, belowe, vervloek…

Hulle is verbrysel en vermoor; dikwels verbrysel, verkrag en vermoor. Man, vrou, kind, troeteldier. Jonk en oud. Blank, swart, kleurling en Indiër. Maar verreweg meestal blank.

Oorkant die veld het die Terios die dwarsgrondpad oorgesteek en die graanland bereik. Voor hom was daar tien voertuie in desperate vlug.

(Lees vervolgens Bodem 11)

6 thoughts on “Bodem 10: Die geskarrel”

  1. Wel, daar is dit nou. Gustav was aanvanklik onseker of ons dit moes plaas; vandaar sy waarskuwing hier bo. Maar ek voel hy beeld ‘n werklikheid uit wat eie aan Afrika is, soos ons dit in Rwanda, Liberië, Sierra Leone en die Itoeri-provinsie in die DRK gesien het. Maar ook in Suid-Afrika in die tagtiger- en vroeë negentigerjare in Natal veral. En natuurlik die sinnelose wreedheid van plaasmoorde.

    Wat vir my verder interessant van dié episode is, is hoe Gustav die kodes van gewilde leesstof en selfs Hollywood – bv. die Zombie-reekse en -films soos ‘World War Z’ – gebruik. Ook die motors wat so bots in die toneel is tipies van sulke Amerikaanse rampflieks of “disaster movies”.

    In Suid-Afrika is die werklikheid dikwels vreemder – en grilliger, grusamer – as fiksie. Daarom het ons amper nie meer woorde om dit mee te beskryf nie. Wat Gustav doen, is om die meer ekstreme genres van gewilde fiksie en films te gebruik om na ons plaaslike toestand “heen te wys”.

    Naskrif: Net toe ek hierdie plaas, sien ek die volgende berig raak wat sedertdien op die webwerf geplaas is en waar massa-optrede en klipgooiery deur ‘n skare ‘n bekende pad of “hoofaar” onbegaanbaar maak:

    http://praag.co.za/?p=21213

  2. Dit is n geweldadige beskrywing – my enigste kritiek is – is ons werklik so onnosel na die eerste bom gelanseer is dat ons nie op ons voete kon dink om uitmekaar te spat nie? Ons oorspronklike spannetjie – wat behoorlik voorberei het – is darrem nog daar soos die 10 maagde met die olie in hulle lampies.- Barry se motor is mos nie by nie.

    Twee verdere opmerkings:

    Die wat fotos van die blankes gesien het wat deur swartes
    vermoor is behoort te besef dat die beskrywing realisties is.

    Die wat hier lees en nog nie voorberei het vir so n gebeurlikheid
    nie – moet nie uitstel nie!

    EN nou gaan ek tee drink en n bietjie mooi musiek luister.

    1. Skaaf die nerwe ‘n bietjie Riempies ? Twee calmettes vir jou vandag ! Dis net ‘n verhaal op die stadium Rieme………. ‘n verhaal wat dalk weldra mag waar word. Die beskrywing is realisties soos jy se. Ons sien dit (reeds) daagliks in flieks en asook in die nuus.
      Ons mense sal meer paraat moet begin raak.

Maak 'n opvolg-bydrae