‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar het motoriste afgeraai om Hoofrifweg en Corlettweg in Roodepoort te gebruik.
Protesoptrede deur die inwoners van die Princess-woonbuurt kan die roete onveilig maak, het hy gesê. Oproermakers bestook verbygaande voertuie met klippe.
Die betogers eis beter dienslewering en eis dat die regering vir hulle HOP-huise bou.
Hulle is ontevrede oor ‘n gemeenskaplike kraan wat deur talle gedeel moet word en geen behoorlike fasiliteite vir sanitasie nie.
Motoriste word aangeraai om Ontdekkersweg as ‘n alternatiewe roete te gebruik.