Odendaalsrus sonder krag

koperSekere dele van Odendaalsrus in die Vrystaat is sonder elektrisiteit nadat vier substasies gister onder koperdiewe deurgeloop het.

Die Mathjhabeng-munisipaliteit sê daar is sedert die begin van die week meer as R2,5 miljoen se koper by substasies gesteel, het RSG berig.

Volgens die munisipaliteit is die diefstal reeds by die polisie aangemeld.

3 thoughts on “Odendaalsrus sonder krag”

    1. Almal weet wie die kopers is. Daar waar ek grootgeword het, het die leeglêers by die vuilgoedgate die boere se duur besproeiingspype opgekap en dit dan aan skrootwerwe verkoop. Die sakke gekapte aluminium het daar rondgelê. Die eienaar se mening was: “F.. die boere.” Nie die polisie of justisie het iets gedoen nie. Al hoe ons hom gestop gekry het was om hom van oortreding van soneringsregulasies aan te kla. Eenkeer het ons die diewe laatnag gevang, die polisie laat kom en gou die oggend ingery om verklarings te maak. Toe ons terugry ry ons die diewe verby waar hulle terugloop vuilgoedgate toe. Hierdie w3tt3rs het tot die elektriese drade van die spilpunte afgesteel. Dit help nie eers om uit te vind wie die kopers is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae