Bulle, behalwe twee, is reg

Behalwe vir Bakkies Botha en Okona Ndungane is al die Vodacom Bloubulle reg vir Saterdag se Curriebekerhalfeindrondte teen die Cheetahs op Loftus. Frans Ludeke het bevestig dat Ndungane se liesbesering iets van die verlede sal wees sodat hy in die eindrondte sal kan uitdraf as hulle hierdie naweek dit regkry om deur te dring.

Lees verder: Bulle, behalwe twee, is reg

Oeganda gaan optree teen gay ‘siekte’

Minister James Nsaba Buturo, minister van Etiek en Integriteit van Oeganda, sê die toestand van sy land se morele gesondheid laat veel te wense oor. Hy het Saterdag gesê lesbianisme en homoseksualiteit is besig om soos paddastoele op te stoot. Sy regering beplan om strenger anti-gay wette in werking te stel en groter polisieoperasies van stapel te stuur teen die groeiende "siekte".

Lees verder: Oeganda gaan optree teen gay ‘siekte’