praag.co.za

Drie mense sterf aan dodelike virussiekte

Written by

in

"Ons verkeer in 'n toestand van hoë gereedheid ná bevestiging dat drie sterfgevalle aan 'n onbekende hoogs aansteeklike siekte te wyte is," het die departement in 'n verklaring gesê.

 Volgens die departement was die eerste pasiënt 'n vroulike Zambiër wat in 'n baie ernstige toestand verkeer het toe sy op 12 September in Suid-Afrika aangekom het.

 Sy is vir bosluiskoors en ander potensiële besmettings by die Morningside Medi-Clinic behandel.

 "Twee dae later is sy dood. Bloedmonsters is geneem en die uitslae was nie onomwonde sover dit enige spesifieke siekte betref nie, die virale hemorragiese koorssiektes inkluis."

 Die tweede pasiënt was 'n manlike Zambiese paramediese beampte wat die eerste pasiënt vergesel het.

 Hy is op 27 September in dieselfde hospitaal opgeneem met griepagtige simptome en vir 'n verskeidenheid infeksies behandel.

 "Sy toestand het aanvanklik verbeter maar het later teen Woensdag 1 Oktober verslag en hy die volgende dag gesterf.

 Ondersoeke na virale hemorragiese koors en ander gevaarlike aansteeklike siektes is gedoen maar die uitslae was negatief.

 'n Verpleegster by die Morningside Medi-clinic wat met die eerste pasiënt in aanraking was het met griepagtige simptome siek geraak en is agterna teen Woensdag in die Sir Albert Robinson-hospitaal aan die Wesrand opgeneem.

 "Haar toestand het Saterdag versleg en sy is vandag (Sondag) oorlede. Virale hemorragiese koors en ander gevaarlike aansteeklike siektes was negatief."

 Volgens die departement is stelsels geaktiveer om almal waarmee die oorledenes in aanraking was te monitor.

 Verpleegpersoneel en famlilielede word dopgehou vir koors en griepagtige simptome vir 'n tydperk van 21 dae.

 "Die HF Verwoerd- en Johannesburgse hospitale is op 'n hoëgereedheidsgrondslag geplaas en is reg om enige gevalle wat met dié situasie verband hou te behandel."

 Lede van die gemeenskap wat gedurende die afgelope maand in Zambië was en wat aan koors of grieagtige simptome ly, word versoek om met die naaste gesondheidsdiens vir 'n ondersoek in verbinding te tree of kan dr. Chika Asomugha by 0823301490 skakel.

или насоснаялобановский александр игоревич

Comments

Leave a Reply