Pedrie Wannenburg se enkel het seergekry in die wedstryd teen die Valke Vrydag, maar spandokter Org Strauss sê hulle sal eers later vandag uitsluitsel hê oor die aard van sy besering.
Kaartjies teen 'n koste van tussen R100 en R200 sal van vandag af beskikbaar wees. Seisoenkaartjies, die bloues, is geldig vir die wedstryd, maar die rooies vir afrigters en skoolkinders is nie. Loftus se kaartjieskantoor sal van 8vm tot 4nm oop wees. Kredietkaartbesprekings kan by 012 420 0700 gemaak word asook by Computicket.
Die wedstryd begin om 5nm.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.